Profesie 39

GESALFDE HEILIGE ARENDE, KOM VORENTOE

Geskryf/gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
Augustus 10, 2000

DRINGEND !!!!!!!!!!!!! SOS


Gesalfde Heilige Arende, kom vorentoe. Hierdie is 'n Arende Roep, Baba Arende kom vorentoe. Aandag alle Hindoes en Buddiste en al die ander godsdienste, Die God van die Skepping roep julle om te luister na hierdie profesie. Ons staan saam of val saam al julle godsdienstige vryheid word bedreig. Ons aanbid 'n verskillende god maar in hierdie area van godsdienstige vryheid, wanneer een geneem word, sal almal geneem word. Gesalfde Heilige Arende, staan op. Kom na vore in YAHUSHUA se NAAM. Veg teen die aanvalle van die onheilige aasvoëls. Gesalfde Heilige Arende van MY, Ek het julle veilig weggesteek van die oë van hierdie wêreld, weg van die kerkstelsels. EK het julle weggesteek en geleer hoe julle moet vlieg en hoër vlieg vir 'n tyd soos hierdie. Julle is uit die nes en is nie meer Baba Arende nie, maar julle is geestelik volwasse, onderskei met die oë van die arend en julle ken MY stem.

Dié wat hier lees en nogsteeds Baba Arende is, moenie bekommerd wees nie. Die meer geestelik volwasse Heilige Arende sal julle koester en beskerm en selfs onderrig hoe om in die geestelike ryk oorlog te voer, in 'n hoër ryk as wat julle vroeër in gesweef het. Gesalfde Heilige Arende wees gewaarsku. Die onheilige aasvoëls is besig om bymekaar te kom teen julle en gaan probeer om julle as prooi te verslind. Maar julle sal hulle nie ten prooi val as julle MY aangesig soek en julle self verneder en bid vir MY instruksies nie, maar hoër vlieg wanneer EK julle aansê om te vlieg en die vyand te duikbom wanneer EK julle aansê om te duik. Hùlle sal die prooi wees in MY Heilige Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH. Gesalfde Heilige Arende van MY, EK het julle weggesteek en onderrig vir 'n tyd soos hierdie. Soek MY aangesig op 'n nuwe manier. Glo dat julle MY stem gehoor het in die wildernis, want EK het geroep en julle weet wat om te doen as die tyd aanbreek.

Gesalfde Heilige Arende, EK het julle die ywerige visie van 'n Arend gegee. Julle kan julle vyand en prooi van veraf onderskei. EK het julle vlymskerp kloue gegee wat MY tweesnydende swaard dra, gebruik dit tot MY eer. Onthou niks is onmoontlik as julle MY NAAM YAHUSHUA aanroep nie. Wat voorheen onmoontlik was, sal nie meer wees nie, as julle net glo en julle sal met jul eie oë sien. Die onheilige aasvoëls vergader teen julle en soek om lewens noodsaaklikhede weg te neem van julle soos water, voedsel, hitte, skuiling, finansies, elektrisiteit, petroleum, olie, klere, kommunikasies. Die onheilige aasvoëls soek om julle godsdienstige vryhede van julle weg te neem. Hulle kyk na julle en bespot die GOD wat julle dien. Gesalfde Heilige Arende, hulle soek om julle neste te vernietig wat EK so liefdevol met MY eie hande gebou het. Hulle soek om julle kleintjies te verslind. Die onheilige aasvoëls verslind nou julle kleintjies en julle het gestaan en toekyk hoe julle elke jaar meer vryheid verloor, terwyl julle kinders dinge geleer is wat EK hulle nie geleer het nie. Nie alle kennis is voordelig vir die jonges nie.

Julle jong kinders word onder dwang dikgevoer aan gemors wat hulle verstand, liggame, gees en ja, siele vergiftig. MY gesalfde Heilige Arende het gesë : "Wat kan ek doen, want dit is buite my beheer?" Julle het na MY, die Vader Arend, geroep en EK sê vir julle, vat terug wat die vyand gesteel het. Vat terug wat die onheilige aasvoëls gesteel het en nogsteeds steel. EK het julle die voorkennis gegee hoe om dit te doen. Julle het gesê dit is te hard. Is dit nie te hard om te kyk hoe julle kinders na die hel gelei word nie? Julle het julle reg om julle kinders te dissiplineer verloor en julle staan by as die staat aan julle dikteer hoe julle julle kinders moet opvoed en watter moraliteit om aan hulle te verkondig. Is dit dan 'n wonder dat julle jonger generasie nou so rebels is? Het EK julle nie vooraf deur die Profete en Apostels gewaarsku dat dit gaan gebeur nie? Het EK julle nie vooraf deur MY Heilige Woord gewaarsku dat dit gaan gebeur nie? Hoekom het julle nie die onheilige aasvoëls beveg nie? Is dit omdat julle gedink het hulle is meer as julle?

Gesalfde Heilige Arende, julle moet saam vergader en vas en bid vir hierdie wêreld. Die onheilige aasvoëls soek nie net een godsdiens as prooi nie, die onheilige aasvoëls soek nie net een nasie of land of provinsie nie. Die onheilige aasvoëls wat teen julle vergader soek om die HELE WêRELD te bederf en te beheer. Daar is geen godsdiens wat in 'n God glo wat die onheilige aasvoëls nie soek om as prooi te verslind nie. Dit is nie net MY Kinders wat die onheilige aasvoëls soek om te verslind nie, maar waarsku ook hulle wat MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH nie aanbid nie. Die onheilige aasvoëls soek om te verslind en sal onder andere ook die Boediste, Hindoes en ander godsdienste verslind, alhoewel hulle nie onderdanig aan MY gesag is nie. Soos wat hulle hulle godsdienstige vryheid sal verloor, so sal julle ook, as julle nie nou saamstaan en veg teen die onheilige aasvoëls wat saam vergader teen julle almal nie.

Wanneer een hul godsdienstige vryhede verloor, sal almal dit verloor. Almal sal hul vryheid om te aanbid, verloor. Nou, sal julle omsien na mekaar? Julle het die goud en silwer om afgode te maak, gebruik dit om teen die onheilige aasvoëls te veg. Die afgode kan nie praat of oorlog voer nie, maar diegene wat julle teenstaan, sal teen julle praat en oorlog voer. Gebruik watter middele EK julle ookal gee, nie net geestelik nie maar wetlik en finansieel. Satan soek om MY vooruit te gaan. Satan soek om te vernietig voor die tyd wat EK bepaal het. EK sal dit toelaat as julle nie saamstaan en bid dat julle nie kos word vir die die onheilige aasvoëls nie. Moenie toelaat dat ras, geloof, taal of godsdienstige oortuigings julle verhoed om teen hierdie dier te veg, wat in die gedaante van 'n onheilige aasvoël kom, maar in werklikheid 'n massiewe groot ondier is nie. Want dit is soos 'n vetgemaakte gedierte en dit het oral stukkie vir stukkie aan julle vryhede geeët totdat die woord 'vryheid' nie meer vryheid is nie, maar in werklikheid slawerny agter 'n masker is.

Die onheilige aasvoëls kom in hierdie gedaante om MY RUACH ha KODESH, wie in die gedaante van 'n duif kom, te bespot. Die onheilige aasvoëls vergiftig selfs die lug wat julle inasem en sal julle op maniere MERK wat julle nie verwag nie, om julle sodoende eenkant te sit, weg van ander omdat hulle weet wie MY Gesalfde Heilige Arende is en wie die kleintjies vir die onheilige aasvoëls is. Pasop, julle eie bloed sal julle verraai en julle sal gedwing word om uit te skree en julleself te identifiseer. Geen geslag of nasionaliteit sal geheim gehou word as die bloed eers gedwing word om uit te skree nie. Wees versigtig vir alle sjirurgiese prosedures, want julle liggame sal uitroep en julle verraai. Neem kennis van MY natuurlike medisyne en soek die weggesteekte Gesalfde Heilige Arende wie EK opgelei en versorg het en opgerig het vir 'n tyd soos hierdie. Minag nie hulle wysheid nie, want dit is EK, YAHUVEH wie hulle geleer het hoe om julle lewens te red wanneer julle nie langer na die geneeshere kan gaan nie, omdat hulle nie meer deel van die Heilige Arende sal wees nie, maar sal behoort aan die onheilige aasvoëls sodat hulle medisyne kan praktiseer.

Dit is min dat dokters nie sal doen wat die onheilige aasvoëls hulle beveel om te doen nie. Julle is gewaarsku. Pasop vir enige inspuitings, want die onheilige aasvoëls beplan om dit as 'n wapen teen julle en julle jong Arende te gebruik. Moenie ontsteld wees nie en glo wanneer EK sê julle moet hoog vlieg soos 'n Arend, en vlieg elders. Moenie MY bevraagteken nie. Beweeg net wanneer EK sê beweeg. Kan 'n Arend stilstaan in die lug? Nee, julle ook nie. Al MY Gesalfde Heilige Arende sal mekaar volg en nie eers verstaan wat hulle doen as hulle vlieg nie, want hulle sal in perfekte formasie vlieg, en geen vlerk sal 'n ander oorvleuel nie, almal sal dieselfde prooi as die onheilige aasvoëls omsirkel en sal onderskei wie is 'n gesalfde Heilige Arend en wie is 'n onheilige aasvoël. Die Baba Aasvoëls wat nie alleen kan vlieg nie, sal op die vlerke van die meer geestelik volwasse Gesalfde Heilige Arende gedra word. EK sal meer hieroor spreek wanneer julle onthou wat EK alreeds hier gespreek het.

Nog 'n ding, onthou dit en moenie dit ligtelik opneem nie. Julle moet vanaf hierdie oomblik MY Seën en beskerming vra vir elke stukkie kos wat julle eet en elke drankie wat julle drink en dank MY daarvoor. Kom nou in die gewoonte want daar kom 'n tyd wat julle vind dit is nodig om te eet wat julle liewer nie wil eet nie en drink wat julle liewer nie wil drink nie, maar alles sal tot seën vir julle liggame wees. Ja, selfs dit wat EK julle voorheen gewaarsku het onrein is, sal MY Seun YAHUSHUA se Bloed reinig wanneer dit noodsaalik is. Leer nou om dankbaar te wees in die klein dingetjies en neem niks wat EK julle gee as vanselfsprekend aan nie. Selfs julle vrugte en groente het nie meer dieselfde voedingswaarde soos wat EK dit geskep het nie. Die water en lug het dit vergiftig en die grond is ontneem van die nodige minerale. Julle weet nie eers meer hoe 'n vrug of 'n groente moet smaak nie. Dit is seldsaam as julle wel weet. Wat vleis aanbetref, weer sê EK vir julle dat julle nie verstaan dat wat julle geeët het, die onheilige aasvoëls op so baie maniere vergiftig het nie. Die water wat julle drink, julle besef nie eers dat julle liggame nie meer daarna smag om water te drink soos wat EK dit geskape het om te dors nie. Dit is omdat selfs die water nie meer is soos wat ek dit geskape het nie. Dit is hoekom julle moet seëninge bid in die NAAM van MY Seun YAHUSHUA oor alles wat julle inneem. Vra MY om die kos en drank te seën sodat dit 'n seën vir jule liggame sal wees en nie 'n vloek nie.

Laastens, EK vertel al hierdie dinge vir julle, al verstaan julle dit nie, maar MY Gesalfde Heilige Arende moet MY eer op die Ware Sabbatdag. EK sal op hierdie dag met hulle praat as hulle MY erken en MY aanbid op 'n spesiale manier op hierdie dag. Sit julle werk eenkant op hierdie dag en wees lief vir MY en Eer MY meer as enge ander dag van die week. Laat dit ons tyd saam wees. EK is so jaloers op julle tyd. Selfs dié wat MY werk doen, sit hierdie tyd opsy vir MY. Dit is nie net gesond vir julle verstand, gees en siel nie, maar ook vir julle liggame. Vra MY wat EK wil hê julle op hierdie dag moet doen en sluit MY in want dit is ons dag van rus saam. Elkeen het 'n verskillende manier van rus in MY, maar op die Sabbat sluit slegs vir MY in. Ek is die Here van die Sabbat en moet dit nie vergeet nie. EK sal op 'n Sabbat terugkeer. Nie die een wat die onheilige aasvoëls afgekondig het nie. (Sondag).

Neem nou hierdie woorde en verteer dit as voedsel vir julle verstand, ligaam, gees en siel. Meer sal volg, maar luister as EK verder die woorde spreek deur MY ander Gesalfde Heilige Arende, want geen enkel Gesalfde Heilige Arend het al die antwoorde nie. Julle het mekaar nodig en moenie dat EK sien 'n beseerde Heilige Arend word verslind deur 'n ander Heilige Arend nie. Help mekaar om hoog in die lug te vlieg en glo. Psalm 91 is julle geheime nes waar EK woon.

So is dit gespreek, so is dit geskryf, gegee aan een van MY Gesalfde Heilige Arende, Eerw. Sherrie Elijah.

*******

DRINGEND!

ASSEBLIEF HEILIGE ARENDE STAAN OP EN VERGADER IN GEBED OM DIE AASVOëLS WAT TEEN ONS VERGADER, GEESTELIK TE BEVEG! 8/10/00

Op 9/9/99 was ek in Quebec Kanada en dit is toé dat die HERE my vertel het dat alles opgestel is vir die Merk van die Dierstelsel! Dit wag nog net vir die regte tyd! Ons is nou een jaar verder en GOD sê aan my om die alarm te gee en gereed te wees vir geestelike oorlogvoering en om die aasvoels en hulle planne te stop. Ek is niemand spesiaal nie, glo my, moenie dink ek is nie. Ek het geen idee hoekom die RUACH ha KODESH my hierdie boodskappe gee om aan die mense te gee terwyl HY iemand meer gewild en bekend kan stuur na wie die mense sal luister nie. Ek is slegs gehoorsaam en praat omdat ek weet ek sal verantwoordelik gehou word vir dit wat ek weet GOD vir my gesê het.

As julle saamstem dat hierdie waarskuwings belangrik is, sal julle dan asb vra vir gebedsintersessie en bid dat krygswet nie geImplimenteer sal word nie, ook dat ons eiendomsreg nie weggeneem sal word nie, ook dat geen wêreldregering, bedoelende Verenigde Nasies, skole, lande, polisie, noodsaaklike dienste ensovoorts, sal oorneem nie en kontantlose samelewing nie in Oktober 2000 tot stand sal kom nie. Ek kan vanselfsprekend nie op die webwerf dieper op hierdie inligting ingaan nie. Bid ook asb dat GOD die maatskappye op wie ons vir dienste staatmaak, soos die telefoon, water, elektrisiteit, riool, gas, sal stop om pryse so te verhoog dat die gemiddelde persoon dit nie kan bekostig nie. Dit is DRINGEND! Besoek ons gasteboek. 'n Suster in YAHUSHUA, het my ingelig dat dit alreeds gebeur in Kalifornia. In Suid-Kalifornia, het 'n ander suster aan my gesê dat die waterrekening verdubbel het. Lees ook die droom op Die Rooiplaag Droombladsy van ons suster wie se man in die tronk gegooi is omdat hy daarvan beskuldig is dat hy NIE sy waterrekening betaal nie. Ek verstaan dat YAHUSHUA ons sal beskerm, maar ek weet ook dat HY veilige hawens het wat vir 'n tyd sal beskerm, buite bereik van die dierstelsel. Aangesien ek van Joodse afkoms is, dink ek aan die groot menseslagting (Holocaust) en die Jode wat daar gesit en geglo het YAHUVEH sal hulle beskerm. Ek huil en wonder hoekom het Hy nie. Ander het HY beskerm deur vir hulle te vertel om te vlug. Julle sien geliefdes, wanneer GOD die wolk van Verheerliking stuur, moet ons bedags beweeg, en wanneer GOD die vuurkolom in die nag stuur, moet ons beweeg, ons moenie net daar sit en niks doen nie en net aanneem dit is wat GOD wil hê nie. Daar is vir 'n beperkte tyd veilige toevlugsoorde. Ek probeer so hard om uit te vind waar dit nou is. Ek weet GOD het my vertel daar waar die berge en oseane bymekaar kom .... (ek weet, nie veel van 'n leidraad nie), matige klimaat wat nie te warm of te koud is nie, meer van 'n afgesonderde area, en iemand wat meer antwoorde as ek het, is aan die kom.

Glo my, ek sal weet as daardie man opdaag, want hy is 'n vegter in die geestelike en in so baie areas vol van die wysheid van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees). Terwille van ons almal, stem asb saam dat hierdie man nou te voorskyn sal kom. Dit sal die 10de Desember 12 jaar wees dat ek vir hierdie man wag. GOD het hom op sy geestelike naam Nikomia geroep. (Nikomia is 'n sekere gesalfde, het 'n ander profeet gesê). Ek het slegs in hierdie jaar uitgevind dat in Grieks beteken : oorwinning behoort aan my..... of in Hebreeus klink dit foneties dieselfde as Nehemiah. Vreemd, omdat GOD sê ek is soos Nehemia op die Tempelmuur en ek moenie afkom nie weens die vyand se aanvalle. Ek voel gelei deur die HERE om dit met julle te deel.

Vir diegene wat glo dat hulle geestelike openbaring en onderskeiding, instruksies het, e-pos my asb gou want ons tyd is kort om te doen wat ons moet doen. Bid asb ook vir die losmaak van finansies aangesien ek aangesê is om te help met die versorging van die profete en dié wie gestuur is en het tans geen ekstra finansies om dit te doen nie. As julle, terwyl julle bid, glo dat julle weet waar die veilige toevlugsoorde vir 'n kort tyd, geleë is, weg van waar die Dierstelsel beplan word, kontak my dadelik. Ek moet bely dat ek so besig is om die aanvalle uit alle oorde af te weer, dat dit voel asof ek nie volkome kan fokus om hiervoor te bid soos ek moet nie. Ek wend my nou tot julle vir intersessie nie net vir hierdie dienaar en bediening nie, maak ook vir wysheid van die HERE YAHUSHUA ha MASHIACH. Die Bybel sê " as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. (Jak 1:5 Ou Verteling). So, laat ons ALMAL saam vra en dat iemand sal hoor wat ons moet weet en mag al die gawes van die RUACH ha KODESH aangewakker word terwyl julle hierdie lees. "Wanneer die vyand kom, sal GOD soos 'n saamgeperste stroom teen hom kom". (Jes 59:19 Ou Vertaling).

Liefde, julle Suster in YAHUSHUA ha MASHIACH

Eerw Elisabeth (Elisheva) Elijah