PROFESIE 3
PASOP
VIR DIE SATANIESE VESTINGS IN DIE KERKE!
Gegee aan Eerw.
Sherrie Elijah op 17 Januarie 1997
* * * * * * *
Dit
is wat die sataniste die vestings (plants) noem. 'n Okkultiese gees
het in die volle evangeliese kerke verrys asgevolg van hierdie
vestings. Maar wanneer julle hulle sien, sal julle hulle herken, want
EK YAHUVEH, gee vir julle, die Ware Kerk van YAHUSHUA ha MASHIACH
(Jesus Christus) nuwe oë om te sien, nuwe ore om te hoor, 'n
dapper stem om te praat en nuwe hande om hulle uit te dryf. Want dit
is MY hande, EK het my regterarm ontbloot, die arm van Heiligheid en
soos MY Seun die boosheid uit die Huis van YAHUVEH uitgedryf het, so
sal dit weer gebeur.
Sommige bose pastore, die vestings, sal
hierdie jaar tydens hulle preke sterf. Want hulle preek MY Woord om
MY te spot. Maar hulle ken MY, die Woord wat vlees geword het, nie.
Satan ken die Woord, moenie mislei word nie, en vrees hy dit genoeg
om sy boosheid te stop? Nee, en die vestings ook nie, want hulle het
hulle siele verkoop aan satan en hulle sal die vernietiging maai wat
hulle gesaai het. Sommige is evangeliste, maar alhoewel hulle sê
hulle lei siele na Jesus Christus toe, is dit 'n ander Jesus waarheen
hulle hulle lei, na die voete van die antichris.
Die mense begin dan om die leier te aanbid en dit is julle teken. Hulle hou op om MY en MY reëls en Woord te soek en soek 'n ander woord van 'n nietige mens. Hulle gee nie om om die een en enigste YAHUVEH Almagtige, die Groot 'EK IS' te beledig nie maar is in plaas daarvan bekommerd om die pastoor te beledig wie 'n vesting van satan is, om verwarring, hopeloosheid, opstandigheid, vernietiging, armoede, leuen- en misleidende geeste in te bring om die bietjie geloof wat MY Skape eens gehad het, te steel.
Wanneer hulle onder die krag val terwyl die vesting (plant) vir hulle bid, val hulle nie aan YAHUSHUA se voete neer nie, maar aan die voete van die antichris en hulle besef nie eers dat hulle MY soek nie en dat 'n verstandbeheerde gees hulle 'n ander herder laat vind nie, die bose herder wat sy skape martel en afslag, wetende dat hulle by die vestings sal aansluit soos wat hulle as 'n offergawe aan satan gebied word. Dit mag vir sommige uitheems voorkom maar dit gebeur in 'Assembly of God' kerke en Pinksterkerke en in al die hoofstroom kerke.
Maar EK gaan bewys dat YAHUSHUA die enigste Goeie Herder is en EK gaan hierdie jaar MY Skape red, deur die wolwe uit MY kerke te jaag en EK sal julle gebruik om dit te doen. Soos EK MY Lewende Water en Nuwe Wyn uitgestort het, het Satan die vervalsing, die asyn uitgestort wat Ek geweier het, die gees van louheid om 'n vorm van goddelikheid te hê maar geen goddelikheid binne- in nie.
EK treur want MY Kinders en MY uitverkorenes is mislei. EK is 'n GOD vol van gedade vir hulle wat MYNE is, maar omdat hulle mislei word deur jeukende ore om te hoor net wat hulle wil hoor, is hulle weggelei om geslag te word. EK rig 'n magtige Gideonsbende op om MY Skape met 'n nuwe salwing terug te vat soos wat sommige van julle alreeds opgemerk het.
Soos wat julle hierdie profesieë lees, sal die gawes wat EK vir julle gegee het mekaar se RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gawes tot 'n hoër graad aansteek. Dit sal vir hulle wie intellektuele en logiese geeste het, wees soos die Ou Wyn en die Nuwe Wyn wat probeer meng. Hierdie evangelie van YAHUSHUA is so eenvoudig dat selfs 'n baba kan verstaan hoe om gered te word.
Moenie kompliseer wat EK opsetlik eenvoudig gemaak het nie. Die rede is dat EK nooit die hel bestem het vir die mens nie, dit was vir satan en sy gevalle engele geskape. EK het vir julle 'n uitweg gemaak; hy is die ENIGSTE uitweg, die enigste waarheid, lewe en weg na die Hemel en MY wagtende arms waar EK verlang om julle bymekaar te maak soos 'n moederhen haar kuikens vergader.
EK wil nie hê dat enigeen verlore moet gaan of vervloek word nie, waarsku hulle asseblief. Blaas die trompet deur die salwing wat EK vir julle gegee het. Soos 'n moeder of vader hulle kinders waarsku voordat hulle hul pakgee, sê Ek in My oneindige genade en liefde, waarsku hulle. Want wanneer EK MY woede loslaat, sal dit moeilik wees om MY te kalmeer.
As
julle hulle waarsku, hoewel hulle vir Moses gespot het, het hy
gehoorsaam en hulle gewaarsku, sal slegs MY Ware Kinders, wie MY stem
hoor en MY RUACH ha KODESH ken, en bedek is in MY Seun se gestorte
Bloed op Golgota, en die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACh, YAHUSHUA
MESSIAS, in watter taal julle praat, HY ken SY NAAM en die Gees deur
wie SY NAAM gespreek word, aanroep, gered word wanneer die aarde in
alle areas geskud word.
Roep die NAAM van YAHUSHUA ha
MASHIACH aan en jy en jou huisgesin wie die NAAM van YAHUSHUA
aanroep, sal gered word. Luister terwyl EK weereens, onverwags MY
Woorde deur MY Diensmaagd, MY Profeet, MY Kind, Kryger en Bruid van
YAHUSHUA geskryf het. .
Sherrie Elijah (Elisabeth) het weereens nie geweet EK gaan haar gebruik om hierdie trompetgeskal bekend te maak tesame met ander wat EK rondom die wêreld in verskillende dele van die wêreld geplaas het nie. Hoor die waarskuwende trompetgeskal, EK stuur die trompetgeskal voordat die oorlog begin.
Waarsku
hulle, en julle sal julle deel doen. Almal wie dit ontvang, het deel
daaraan om hulle te waarsku wat ore het om te hoor en luister en ja,
vir hulle wie verkies om doof te bly. Ten minste sal hulle nie kan sê
hulle was nie gewaarsku nie.
* * * * * * *
Gegee aan
Eerw. Sherrie Elijah op 17 Januarie 1997