PROFESIE 41

SAL MY WARE BRUID ASSEBLIEF OPSTAAN!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
17 September 2000

* * * * * * *

Terwyl Profesie 41 gespreek en geskryf is op 17.9.2000, was daar 3 polisiemanne in ‘n ongemerkte wit motor wat voor my huis gestop het, en my huis omsingel het. Ek het die hoof van polisie herken wat aan my deur geklop het. My seun het ‘n ander een agter die huis en nog een langs die huis gesien. Hy het gesê hy het gekom na aanleiding van vier 911 oproepe vanaf daardie adres. Ek het vir hom gesê dat ek dit vreemd vind, want daar was niemand behalwe my seun nie en ek was op daardie tydstip besig om met ‘n ander vriend oor die foon te praat. Dit het in werklikheid plaasgevind minute nadat ek die foon neergesit het, nadat ek die profesie oor “Moenie Deel Wees Van die Vals Bruid nie!” gelees het. Bid asseblief vir my beskerming.
Sherrie Elijah

MY Bruid kan nie ingaan sonder die geur van MY salwing nie. Julle kan nie die geur van MY salwing nalaat nie. Julle moet na hierdie hoër salwing soek. Laat dit bekend word dat geen man of vrou julle hierdie salwing kan gee nie; slegs MY Soete RUACH ha KODESH kan julle met hierdie soet parfuum van MY salwing reinig wat vir MY Bruid gereserveer is. Maak gereed om huistoe te gaan en deurweek julleself in die krag in die RUACH ha KODESH se salwing. Trek julle trourok aan. Dit is MY kleed van geregtigheid. EK het ‘n doringkroon gedra. Julle sal ‘n tipe tiara dra, ‘n kroon van MY Glorie wat op julle hoof geplaas is. Soos Ester haarself voorberei het vir die koning, moet julle julself voorberei vir DIE KONING VAN KONINGS, DIE HERE VAN HERE, JULLE ALMAGTIGE GOD, YAHUSHUA IS MY NAAM EN EK IS JULLE SPOEDIGKOMENDE BRUIDEGOM!

Soos ‘n bruilofsaankondiging uitgestuur word en uitnodigings gestuur word, stuur EK ook MY aankondiging deur Gabriël wat die shofar blaas, en slegs dié wie MY Bruid is, sal die aankondiging vir MY Bruid hoor. Dit sal dan te laat wees om te dink julle kan gereed maak, so wees gereed vir die komende aankondiging. Gaan nou voort, moenie skaam wees nie en gee die uitnodiging. Moenie verbaas wees oor hoe baie dit sal weier nie, maar moenie treur nie, want hulle was nie geskik nie en het ook nie die vraag oor die lojaliteitstoets, die liefdestoets, die opofferingstoets of die gehoorsaamheidstoets geslaag nie. Daarom is hulle nie geskik om MY Bruid genoem te word nie. Daar sal diegene wees wat die uitnodiging sal aanvaar en dit dan opskeur, daar sal hulle wees wat die uitnodiging sal aanvaar en dit dan vir ‘n lang tyd op die rak neersit en nooit gebruik nie. Geeneen van hulle sal EK Myne noem nie.

MY Bruid het angstig vir MY gewag en EK kom om MY Bruid op te eis. EK sien nooit ras of godsdiens nie. Dit maak nie saak wat jou ras of wat jou godsdiens is nie, EK soek ‘n verhouding met MY en EK kyk na een ding, dit is die kleur rooi wat MY gestorte Bloed op Golgota is. Julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet om langs MY sy te wees terwyl julle lewendig is. MY voete sal nie die grond van hierdie bose wêreld raak soos dit nou is nie, so wees gereed MY Bruid om opgeraap te word terwyl julle lewendig is. Laat hulle skimp en spot, EK staan by die deur en EK sal klop. Al wat hulle hoef te doen is om die deur van hulle harte oop te maak en te berou en MY in te nooi en EK is getrou en sal hulle al hulle sondes vergewe.

Vra vir hulle hoekom wil hulle in die Hel gemartel word of in die Poel van Vuur gebrand word? Dit was nie vir hulle voorberei nie. Dit was voorberei vir die boses. EK het die prys op Golgota betaal om die ganse mensdom uit satan se greep te ruk sodat hulle vry kan wees. Maar EK is ‘n gentleman, EK sal nie die deur afbreek nie. EK klop net en wag om ingenooi te word. So, EK sal hulle nog eenkeer vertel dat YAHUSHUA ha MASHIACH, ander noem MY Here Jesus Christus, weer kom. Sê vir MY Bruid EK kom om haar huistoe te neem. Wees gereed om huistoe te kom want MY huis is julle huis. Maak gereed om huistoe te kom, want EK kom om MY Bruid huistoe te neem. Julle sal binnekort Gabriël se ramshoring hoor en julle sal opgeraap word om aan MY sy te wees wanneer EK julle uitroep as MY Bruid. Julle sal die woorde “Kom op hierheen” hoor soos ‘n stem van die aardsengel terwyl hy die shofarhoring blaas. Maak gereed om huistoe te gaan want EK kom vir MY Bruid. Een sal aangeneem word die ander sal agtergelaat word.

Geskryf op 17 September 2000 om 6:15 nm. So is dit gespreek, so is dit geskryf. Gegee aan hierdie Diensmaagd Sherrie Elijah.