PROFESIE 42

GEE OOR!!! VYANDE VAN MY, LAAT VAL JULLE WAPENS, BEIDE GEESTELIK EN VLEESLIK!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
18 Desember 2000

* * * * * * *

O GEE OOR! So spreek YAHUVEH. O GEE OOR, GEE OOR, GEE OOR! EK sê weer aan die vyande van MY, die vyande wat hierdie Apostoliese/Profetiese Bediening omsirkel en omring, hierdie Diensmaagd van MY, Sherrie Elijah, die vyande wat ander gesalfde Apostoliese/Profetiese Bedienings omsirkel EK spreek dit weereens, “Al diegene wat Israel omring, al daardie wat Jerusalem omring, laat val julle wapens, beide geestelik en vleeslik voordat EK, die Groot ELOHIM ‘EK IS’ sal veroorsaak dat vuur vanuit die Hemel val en EK sal almal van julle verdelg en uitwis. (Esegiël 38:23).

GRUWEL, GRUWEL,GRUWEL, geween, klaagliedere, dood en so baie begrafnisse dat daar nie genoeg plek sal wees in die begraafplase om hulle te begrawe nie. Die hand van MY Oordeel, wat julle eens geklap het, sal nou in ‘n vuis verander en EK sal julle verpletter. EK, die Groot ELOHIM ‘EK IS’, in MY Genade, waarsku elke nasie, elke mens, elke verwantskap, elke taal, los MY Geliefde Jerusalem alleen. Die bloed van die gevallenes deurweek die grond en roep uit na MY. Die bloed van die gevallenes in Israel was nie tevergeefs nie. EK hoor die geween en innige klaagliedere van die mense wie MY, YAHUVEH liefhet, EK hoor MY NAAM wat uitgeroep word deur hulle wat doodgemaak is.

Watter land, watter nasie het die lojaliteit, watter staat, watter provinsie, watter eiland, het die liefde en die lojaliteit wat Israel toon terwyl hulle veg om die land te behou wat die Groot ELOHIM ‘EK IS’ YAHUVEH lank gelede aan hulle voorvaders gegee het? EK praat met die geestelike leiers, onthou julle vir Dawid en Goliat? Dawid het nie weggehardloop van Goliat af nie, maar het na Goliat toe gehardloop, wetende dat die geveg MYNE is. Die vyand bring nou vreemde gode in julle land in, O Israel, en nogtans is hulle geen god nie. Die vrouens en mans van die vyande bring hulle vreemde leerstellinge en wou probeer om die mense van Isael in ‘n vorm van slawerny te verstrik wat Ek nie gebied het nie. Israel, Ek spreek voort uit hierdie Diensmaagd, onthou julle is die land van melk en heuning, julle is die land wat Abraham geseën het, julle het niks om te vrees nie, maar vrees self.

Gaan elke geveg voortuit met musikante, lofliedere, aanbidding en gebede, soos dit in die verlede gedoen was. Glo julle nie die woorde in die Torah nie? Israel, julle is die nasie wat die wêreld nie verstaan nie, so beny en mishandel, so sonder oorsaak gehaat. Want julle begeer vrede en nogtans het julle nooit vrede gehad nie. julle gee grond en huise weg wat EK nie vir julle gesê het om weg te gee nie, slegs om vrede te behou. Weet julle nie hoe meer julle weggee, hoe meer sal hulle eis nie? Weet julle nie julle kan nie die gees van gulsigheid bevredig nie? Kyk weereens na MY O Israel, want die Groot ELOHIM ‘EK IS’, YAHUVEH is julle Verlosser.

Die Hanukkahfeesviering kom, vir almal wie die feesviering waarneem, verwag weereens wonderwerke want .'EK IS' die Lig wat julle pad in duisternis sal verlig. Bedek julle leiers met gebed want julle word deur satan gesif soos sandkorrels. Julle was deur leiers verraai wie julle vertrou het van die kleinste tot die grootste vir vieslike geldmakery wat nie hulle siele kan koop nie. Vas en bid sodat MY perfekte wil kan geskied want EK is opgekrop met woede teen die moordende, leuenagtige, misleiding wat gedoen is.

EK beveel almal om te bid vir die vrede van Jerusalem. As julle dink dit is nou sleg, die moorde het maar slegs begin, maar moenie vrees nie want julle Vader ELOHIM YAHUVEH sien en hoor. MY laaste opdrag is, seën dié wat jou seën, O Israel, moet niemand wegwys wie vir Israel, Jerusalem, of MY Uitverkore Mense liefhet nie. EK sal almal seën wat jou seën, O Israel! EK die Groot ELOHIM ‘EK IS’ sal almal vervloek wat jou vervloek, O Israel..

‘n Waarskuwing aan MY vyande, onthou Bileam se Donkie. Moenie ‘n Bileam wees nie (Num 22-24). EK gaan een stap verder, EK praat deur hierdie Apostel en waarsku julle, die vernietiging wat julle uitdeel sal sewevoudig terugkeer. Die seëninge wat julle aan Israel en MY Joodse mense uitgee, sal sewevoudig na julle terugkeer. Seëninge of vloeke, julle besluit, Deut. 28 lieg nie. So is dit gespreek, so is dit geskrywe 18 Desember 2000 om 2:53 nm en dit sal verseker volgens MY tydsberekening gebeur.

Sommige word beledig, sommige word verlig. Toevertrou aan MY Kind, Soldaat, Bruid, Eerw. Sherrie Elijah.

* * * * * * *

Persoonlike nota van Eerw. Sherrie Elijah

As hierdie profesie jou bemoedig of geseën het, sal jy my asseblief e-pos na die onderstaande adres en lig asseblief my naam op in gebed. Enige bemoediging en finansiële ondersteuning sal welkom wees. (Elijah is my nooiensvan en ek is nie skaam vir hierdie Joodse bloed in my nie).