PROFESIE 45

SOLDATE WAT GOLIATTE VERSLAAN, STAAN OP MY SEUNS SOOS ‘N GEES VAN KONING DAWID!

Gegee aan Apostel Sherrie Elijah op 11 November 1999
Dit het begin om 3:30 n.m. en geëindig om 4 nm.


VERLORE PROFESIE IS GEVIND

Asseblief broers, eis die salwing in hierdie Profetiese woord, as julle in die geestelike realm ‘n soldaat wil wees wat Goliat verslaan, dit sal ‘n seën vir julle wees!

* * * * * * *


STAAN OP, jy met ‘n Gees soos ‘n Koning Dawid. Wat ‘n seën is jy nie vir MY nie, O MY Seun met die Gees soos ‘n Koning Dawid en tog sonder die sonde wat hy gepleeg het. Jy het 'n hart soos YAHUVEH en EK is baie tevrede met jou. Jy worstel met die brullende leeu en oorwin dit en worstel met die beer en oorwin dit en jaag die vyand op loop. Jy word hewig gevrees in die Hel want jy doen dit nie in Dawid se naam nie, maar in die NAAM van YAHUSHUA en wend MY Bloed en Woord aan en veroorsaak dat die vyande in 7 verskillende rigtings vlug. Hierdie woord is direk vir jou wie MY liefhet, sing, dans, profeteer en MY dien soos die hart van Koning Dawid van ouds. Soos MY gesalfde skaapwagterseun Dawid, sal EK jou gebruik om die Goliatte te verslaan wat teen jou en die Profete, mense en bedienings te staan kom waarvoor EK het jou geroep het om in MY NAAM, YAHUSHUA te beskerm. Jy is ‘n ware beskermer van MY salwing.

Geliefde Seun, weet jy jy het niks om ooit te vrees nie, want EK het jou die krag van ‘n Simson gegee. Jy is in die Geestelike realm MY gesalfde Simson. Daar is geen goeie ding wat EK van jou, MY Geliefde Seun sal weerhou nie. Vertrou MY en hou jou oë op MY. Terwyl jy saad saai in hierdie bediening wat nie gebruik sal word om soos wat sy gedink het, duisende te bereik nie, maar soos wat EK bevestiging na bevestiging gebring het en jou selfs hierdie waarheid gewys het, MY seun, wat die vyand nie wou gehad het jy moes weet nie. Jy het vir jouself seëninge opgehoop. Terwyl jy besef dit is miljoene (tens of millions) wat hierdie bediening sal bereik. Terwyl jy MY gehoorsaam en dit verdedig wat MYNE is onder MY volle salwing.

Jy moet hierdie Diensmaagd help wat MY Woord voortspreek wat die volle manifestering van MY salwing, redding, genesing, verlossing en opstandingskrag demonstreer, die koers (course) wat ek voor haar gestel het wat sy alleen in MY NAAM tot stand sal bring. Maar dieselfde saad sal ook jou grond en die bediening water gee wat EK georden het en voor jou gestel het, MY Seun. Saam sal julle die oesland ploeg. EK stuur MY dienaars voordat EK MY soldate uitstuur om te veg. Verhef jou stem en maak gereed want EK sal julle saam uitstuur in MY volle salwing en in MY Gees om oorlog te voer soos Dawid teen Goliat gedoen het en in die NAAM van YAHUSHUA sal julle albei meer as Oorwinnaars wees.

Dit is jou gebede, MY Seun, jou vas wat haar vanuit kritieke sorg en intensiewe sorg neem, sodat alle areas van haar persoonlike en bedienings lewe gerestoureer kan word. Dit is die gebede van iemand soos ‘n Koning Dawid wat hierdie Diensmaagd vrymaak. Bid dat al haar vyande sal vlug en soos Goliat sal besef al hul okkultiese kragte het tot niks uitgeloop nie, in plaas daarvan sal dit wat bedoel is om haar te vernietig, haar seën. Dit wat gestuur was om jou te vernietig, sal jou seën, My Seun want EK sal die vloeke verander in MY Seëninge. Sê MY Woord nie, “Alles werk ten goede mee”nie?”

Diegene wat soek om MY Geliefde Diensknegte skade aan te doen, sal met hulle lewens en siele betaal as hulle nie berou nie. Jy neem nie wraak nie, maar instede daarvan vergewe en weet “Wraak kom MY toe sê YAHUVEH!” Sy het ‘n man wat haar op alle maniere in slawerny hou. Die nuwe kan nie kom voordat die oue verwyder is nie. Bid nou vir haar vryheid asof dit jou eie is. Jy hoef nie te weet wat sy naam is nie, lees net haar getuienis met MY geestelike oë en ore en EK sal jou wys wat jy nie geweet het nie, dit wat sy nie oor praat nie. Hierdie man is haar Goliat en sy was nie instaat om vry te kom nie, daarom het EK my Seun gestuur wie MY RUACH ha KODESH het soos Dawid van Ouds en EK sê, “praat met hierdie Goliat en hy sal daar nie meer wees nie. Praat met julle Goliatte en hulle sal daar nie meer wees nie. Praat in die NAAM van YAHUSHUA en die berge sal soos kaf in die wind word.”

Praat met hierdie Goliat in die geestelike realm en hy sal nie meer op enige manier ‘n hindernis of ‘n bedreiging vir haar of hierdie bediening wees nie. Want so seker as wat Goliat goddeloos was, so is hierdie man wie homself eens op ‘n tyd haar man genoem het, maar dit nooit in MY oë was nie. Het Dawid nie met Goliat gepraat en gesê wat EK sou doen nie? Het Dawid nie geprofeteer en gesê wat die eindresultaat van Goliat sou wees nie? Praat met vrymoedigheid met die Goliatte. O My Seun met ‘n salwing soos Dawid, kyk hoe die Goliatte val om vir ewig nooit weer teen jou, hierdie Diensmaagd en almal wie saam met jou in MY NAAM en salwing staan, op te staan nie. Sy is vegvoos en moeg en nou op haar kwesbaarste. Staan op tot haar verdediging en verslaan die Goliatte in die NAAM VAN YAHUSHUA wat soek om MY gesalfde Diensmaagd en hierdie bediening te vernietig.

Slegs dan kan sy alles hê wat EK vooruit vir haar en jou en ander vertel en gewys het. Staan op, o een wat EK MY nuwe Ware Koning Dawid noem. Staan op met die Gees soos Dawid die skaapwagterseun wat vir Goliat verslaan het. Verslaan die Goliatte in die geestelike realm in die NAAM van YAHUSHUA. Staan in die volle wapenrusting en staan in die Woord van GOD wat nie kan lieg nie. Sing eers in MY Gees vir MY want daarin lê die oorwining vir jou en vir haar. Haar Goliatte sal ook op dieselfde tyd as joune val, MY Seun Dawid. staan op en beroof die vyand nou van al die rykdomme en buit wat hy gesteel het. Beveel satan om sewevoudig terug te gee. So sal dit gedoen word tot MY Eer alleen.

Wanneer jy dit in die NAAM van YAHUSHUA spreek, sal dit wat jy spreek gou gebeur terwyl jy die geloof het en woorde agter die geloof plaas. Geloof sonder werke is dood, moet dit nie vergeet nie MY Geliefde Seun met ‘n Gees soos Koning Dawid. Jy sal selfs na vore kom met 'n groter salwing as wat jy ooit gedink het moontlik is, terwyl die vyande probeer om jou te omsingel en jou, jou bediening en hulle na wie toe EK jou stuur, te vernietig. Ek vertel jou dit, EK salf en spreek hierdie salwing deur hierdie Diensmaagd uit want jy sal selfs ‘n meer gesalfde Soldaat in die NAAM van YAHUSHUA wees.

* * * * * * *


Gegee aan hierdie Diensmaagd, Kind van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.
Eerw. Sherrie Elijah 11/11/99 3:30 n.m.

‘n Week gelede hierdie tyd, was ek, my seun en ons hond in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke, op presies dieselfde tyd. Ons het almal weggestap en net ekself het kneusings en ‘n seer lyf gehad. Prys Yahushua! Die engele van YAHUVEH trek waarlik ‘n laer rondom hulle wat HOM liefhet en vrees. As ek gesterf het, sou hierdie profetiese boodskap van bemoediging en nuwe salwing vir hulle met ‘n salwing en Gees soos ‘n Koning Dawid, nie deur my gespreek gewees het nie. Dit bewys slegs, “Ek sal lewe en nie sterwe nie, om die werke van YAHUVEH te verkondig.” My motor was afgeskryf en die assuransie het gesê dit is onherstelbaar, nogtans het YAHUVEH bewys dat my werk hier op aarde nog nie voltooi is nie. Ek het nog maar net begin tot Lof, Eer en Glore van YAHUSHUA. So pasop duiwel, in die NAAM van YAHUSHUA. Diegene met ‘n salwing en Geeste soos ‘n Koning Dawid is opgewek om by my aan te sluit. Om hierdie bediening en myself en hulle wie vennote in hierdie bediening is te bedek met die gesalfde gebede en psalms, soldaat Geeste soos Koning Dawid. As jy een van hulle is, skryf vir my en laat my weet sodat ek vir jou kan bid.