PROFESIE 46

WAARSKU DIE VYANDE EENMAAL .... EN AS HULLE NIE LUISTER NIE,

SÊ HULLE MOET DIE DAE AFTEL VOORDAT YAHUVEH SE WOEDE VAL!

Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
18 Maart 2001

* * * * * * *

(Op 18 Maart 2001 tydens Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah se inhuldigingsdiens, het God bogenoemde woord voor getuies gespreek aan al die vyande wat teen hierdie Messiaans Joodse Apostoliese Bediening en dienaar en al die ware apostels en profete te staan kom.)

Deut 32:41

As EK my glinsterende swaard skerpgemaak het en My hand na die strafgerig gryp, sal EK wraak oefen op My teëstanders en My haters vergelde.

Jesaja 35:3-4

Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. Sê aan die wat vervaard is van hart; Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.

* * * * * * *


O Barbara en alle louwarm Christene en al die vyande van MY Ware Apostels en Profete, alhoewel julle MY Apostels en Profete spot, stuur EK vir julle hierdie profesie. Dit is julle keuse wat julle met die woorde doen. Julle sal verantwoordelik gehou word omdat julle dit ‘n cult noem omdat julle dit wat goed is boos noem en omdat julle dit wat boos is, goed noem. Want dit is nie die handewerk van ‘n persoon nie, dit is die werk van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees).

Jy toets in werklikheid die genade van YAHUSHUA. EK het jou swak gesondheid verleng, maar EK sê nou vir jou, pasop, jou gesondheid het die lyn oorgesteek na geleende tyd. As jy volhou om MY gesalfdes aan te raak en MY Apostels en Profete en hierdie bediening en ander ware apostoliese bedienings skade aan te doen, sal jy maai wat jy gesaai het. EK waarsku jou dat jou mond soos ‘n oop graf is en jy het die graf gevul met ‘n oorvloed vullis terwyl jy jou haat, woede, geskinder, laster, boosaardigheid, jaloesie, afguns, rassisme en antichris gees uitskep . Pasop, want jy laster die RUACH ha KODESH.

Jy het ‘n godsdiensgees en nie ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met die een wie jy jou Verlosser noem nie, maar EK ken jou nie meer as MY Kind nie. Jy het so ver afgedwaal. Jy is soos die Verlore seun en die wêreld is jou varkhok, alhoewel jy kerk bywoon. Die kerk wat jy bywoon is slegs 'n formaliteit en jy en ander gebruik dit as ‘n afgodediens. Die pastoor is nie die Goeie Herder nie. EK, YAHUSHUA is die enigste Goeie Herder en Redder. EK alleen het daardie prys op Golgota betaal.

EK sal hierdie woorde gebruik om ander te waarsku, alhoewel dit jou haat vir hierdie Apostoliese Diensmaagd is wat MY woede laat opvlam het, want jy sê, jy sal haar en hierdie bediening vernietig? Jy en watter weermag van satan? Julle kan nie vernietig wat EK, Almagtige GOD gebou het nie. Pasop, al die vyande van hierdie Apostoliese Bediening en ander ware Apostoliese Bedienings, want EK het hierdie bediening opgestel as ‘n seën vir die wêreld en nie om ‘n vloek te wees nie. En tog sal die wyse waarop jy hierdie dienaar en bediening behandel, die manier wees waarop EK jou terug sal bedien. Jy is gewaarsku en EK stuur altyd MY Apostels en Profete om te waarsku, voordat EK MY Oordeel stuur.

EK vermaan en bemoedig sowel as bestraf en waarsku hulle om te bely en slegs hulle wie se harte nie so koud soos die bose farao s’n is nie, sal ore hê om te hoor. Wanneer mense na jou kyk, dink jy regtig hulle sien vir YAHUSHUA? Jy maak my hartseer, want om ‘n kerk te besoek gaan jou nie in die Hemel bring nie en ook nie hoeveel tiendes jy gee nie. EK is nie beïndruk met julle warm kerkbanke, julle modeparades of julle klieks nie. EK is ALMAGTIGE GOD en EK was tot dusver genadig, maar julle toets MY geduld wanneer julle teen hierdie Apostoliese Diensmaagd praat en Shandra minag, wie ‘n magtige vrou van GOD is en ook ‘n Profeet van MY. Julle sien die kind in haar en weier om die vrou van 19 jaar oud te sien. EK treur as EK die woorde hoor wat jy sê wat haar tot in die murg van haar gebeente sny . EK is die een wat haar gehuil hoor wanneer sy verlang om geliefkoos en gewaardeer te word en nogtans dink julle sy is te koop? Watter pryskaartjie plaas julle op haar? Sy is onskatbaar in MY en MY Dogter se oë.

EK het MY Diensmaagd, Sherrie, opgerig en alhoewel die kleur van haar vel verskillend is van joune, deel beide van hulle MY RUACH ha KODESH met 'n begeerte om ander lief te hê en te seën en hulle Hemel toe te lei. Dit gaan nie oor ‘n denominasie nie, maar oor ‘n persoonlike verhouding met YAHUSHUA. Wat se tipe verhouding het jy werklik met MY? Wat se soort geloof het jy werklik in MY? Jy sê jy glo die Bybel en tog bewys jy jy doen nie, deur die woorde wat jy nou uitspreek teen MY Dogter en die een wat jy jou dogter noem, en MY ander bedienings wat jy laster. Pasop, jy laster die een aan wie die bedienings behoort en dit is die Groot GOD YAHUVEH en die RUACH ha KODESH..

Moenie kritiseer wat jy nie verstaan nie, dit is beter om jou mond te bedek en nederig te wees. EK het vir Shandra ‘n geestelike moeder gegee omdat jy haar nie liefhet, versorg, onderrig, bemoedig in die weë van die Here nie. EK, ALMAGTIGE GOD YAHUVEH waarsku jou dat jy louwarm is en EK ken jou hart en motiverings wanneer jy die kerk besoek en dit is vir een rede, en dit is omdat jy so opgepof is met trots en wil hê dat almal moet dink jy is meer Heilig as wat jy is. Jy het ‘n Fariseër Gees. EK ken jou hart en dit is boos en EK hoor jou vloek en uitvaar teen MY en teenoor hulle wie waarlik geseënd is. Jy oordeel ander deur die grootte van hulle geldsakke en oordeel hulle nie aan die vrugte van MY RUACH ha KODESH nie. Wees gewaarsku, MY Dogter is na jou toe gestuur met hierdie profesie, alhoewel jy haar en andere haat en spot, jy sal verantwoordelik gehou word vir wat jy nou weet.

Luister waar jou volgende tuiste sal wees AS jy voortgaan in jou louwarm weë. (Kyk na ‘Citizen in Hell’). EK sal jou uit MY mond spoeg en die Hel sal jou volgende blyplek wees. BELY, vyande van MY, jy ken nie die Apostoliese Diensmaagd wat jy aanraak nie, ook nie die Heilige Vloeibare Vuur salwing wat op haar en hierdie bediening is nie. Maar jy sal weet wanneer EK gate in jou sakke sny en alles wat verkeerd kan gaan, verkeerd gaan. Jy sal gedwing word om toestelle te vervang wat nie vervang moes word nie. Jou voertuie sal duur herstelwerk benodig. Jy het nie langer die guns of gees om iets op 'n mooi manier voor te stel nie. Jy het ander gekul en hulle sien jou vir wie jy is. Jy sal in die spieël kyk en die beeld haat wat jy sien en jy sal sien hoe jy voor jou oë oud word. Wanneer jy dokter toe gaan en slegte verslae ontvang, sal jy die dag onthou toe jy MY Dogter en Apostel Sherrie Elijah ontmoet het. Jy sal onthou en die dag berou toe jy haar probeer vervloek het en hierdie bediening en ander soos dit, probeer vernietig het. Jy sê jy het jou privaat speurders? Jy weet EK ken die waarheid en nogtans hou jy aan om vir MY Dogter te lieg en haar en hierdie bediening te laster terwyl jy haar gladnie ken nie. Hou op om ander in te sleep om te deel in jou straf.

MY Apostel doen slegs MY Wil en is lief vir MY Dogter Shandra en ander, met ‘n liefde wat EK vir haar gegee het. En sy onderrig hulle in MY Heilige weë in die Bybel. Sy doen Shandra of hulle geen skade aan nie. Maar jy noem jouself ‘n moeder en tog is jy gladnie ‘n moeder nie. Dit verg meer as om geboorte te skenk aan ‘n kind om die woord ‘moeder’ te verdien. Omdat jy MY Apostoliese Diensmaagd gespot het toe sy deur tye van toetsing gegaan het, sal jy nou die smart ken wat sy gely en jy sal die trane huil wat sy gestort het, want EK het die laste van MY Dogter gelig, maar jy sal nou die volle vrag dra. Selfs die skeidingswaard sal op jou huishouding kom en jou eie man sal met walging en oneer na jou kyk. Bely!

Jy het hierdie dinge oor jouself gebring soos wat Deur 28:19 dit duidelik verklaar aan almal wat MY Woord nie gehoorsaam nie. Jy sal vervloek wees as jy ingaan en vervloek as jy uitgaan. Die seëninge sal nie meer daar wees nie. Jy het die geeste van manipulasie, intimidasie en die gees van vrees gebruik om jou eie sin te kry. Selfs jou eie man ken jou ware hart van vernietiging, alhoewel hy sal probeer om beswaar te maak. Jy dink jou manier is die enigste manier, maar kom terug na MY toe, terwyl daar nog tyd is en laat ons die saak uitmaak, bely en draai weg van jou bose weë. Die vrou na wie jy kyk as ‘n vyand, is slegs MY Boodskapper wat MY Woorde voortspreek. EK kan al hierdie vloeke verander in seëninge as jy maar net MY Woord wil glo wat jy vir so baie jare gehoor het, en tog glo jy nie eers dat EK gister, vandag en môre dieselfde GOD is nie.

Hou op om MY gesalfdes aan te raak en doen MY Profete geen skade aan nie. EK het jou gesondheid aangeraak om jou aandag te kry, wat meer moet EK doen? Want EK kasty diegene wat EK liefhet. Hoeveel meer straf moet EK vir jou gee om te veroorsaak dat jy sal erken dat MY weg, en nie jou weg nie, die enigste manier is om in die Koninkryk van die Hemel te kom? Leer van MY Apostels en Profete want in hulle rus MY salwing. Hou op om na Shandra te kyk as ‘n kind, sy is soos ‘n arend wat leer om te vlieg, en binnekort sal sy soos die ander arende en gesalfdes sweef. Hou op om die magtige vrou van GOD terug te hou of EK sal jou verantwoordelik hou.

* * * * * *

20/4/01. Beledigend vir Sommige, Verligting vir Ander, hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA, Apostel Sherrie Elijah