PROFESIE 47

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE!


Geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH, deur Apostel Sherrie Elijah.
21 April 2001

* * * * * * *
Ja, die temperature in die Hel is besig om op te styg. Besef julle nie dat die hitte van die Hel MY woede is wat al verby kookpunt beweeg het nie? Daar is geen barometer wat of MY Almagtige liefde of MY Almagtige woede kan meet nie. Nie een van die twee kan gemeet word nie, omdat dit sonder maat is.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Die mensdom is op die punt om MY woede te ervaar, maar dit is die aarde wat sal swaarkry, nie die ander planete nie. Dit is waar, julle lewe bo-op die Hel. Die Hel is diep onder die grond, maar julle loop bo-oor die Hel, julle loop bo-oor plekke waar demone woon, en waar siele 'n eindelose pyn en lyding deurmaak. Is dit enige wonder dat julle aanhoudend gebombardeer word om op die een of ander manier te sondig?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Net die RUACH HA KODESH (HOLY SPIRIT) kan jou help om Heilig te wees, en slegs die Lewe en die Bloed wat deur YAHUSHUA vir julle by Golgota vir julle sondes gegee is, kan julle sondes weg was. Slegs deur te glo dat YAHUSHUA op die 3rde dag opgestaan het, sal jy geloof kan hê om te glo dat YAHUSHUA die Almagtige GOD en REDDER is. MY enigste Gebore Seun, gebore van 'n maagd met die naam Miriam (Maria). Waar is jou geloof?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Vulkane is die ingange na die Hel, maar die siele in die Hel kan nie ontsnap nie, so ook kan niemand lewe om die Hel in 'n fisiese vorm te sien nie. EK het al ander 'n voorsmakie van die Hel gegee, soos dit gesê word met die ryk man en Lazarus, en nee dit is nie simbolies of 'n gelykenis nie. Die Hel was nie oorspronlik vir die mensdom gemaak nie. Dit was gemaak vir satan en sy gevalle engele. Maar EK het aan die mensdom 'n keuse gegee waar hulle 'n ewigheid wil spandeer. Wat sal jy met daardie keuse maak?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Diegene wie die mense wat van die Hel waarsku, bespot, die Poel van VUUR wag vir hulle. Diegene wat kan glo dat EK 'n Hemel geskape het, wat so mooi is dat woorde dit nie kan beskryf nie, en weet dat die enigste deur na die Hemel, deur die geskenk is, wat EK deur Golgota aan die mensdom gegee het. YAHUSHUA is MY Geliefde Seun se NAAM. YAHUSHUA is die enigste deur, daar is geen ander deur na die Hemel nie. Daar is geen ander weg na MY Troon of na MY Genade toe nie. Nee nie Buddha of Mohammed nie. Hulle was maar net gewone mense wat doodgegaan het, en nie weer opgestaan het nie. Hierdie is net mense wat nie die enigste perfekte, onbevlekte Lam van God kon wees, wat versoening vir sondes maak nie. YAHUSHUA is die engiste perfekte offer, en dit is omdat HY die Seun van YAHUVEH is, MY enigste Gebore Seun.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! EK het MY Seun gegee, MY Geliefde Seun, om die mensdom op die aarde se offer te wees, omdat dit die aarde is wat EK jammer gekry het. Dit was as gevolg van die aarde dat EK vir Lucifer uit die Hemel uitgegooi het. As gevolg van MY genade en liefde, wetend hoe kwaad Lucifer was en is, moes EK 'n manier vir MY kiders op die aarde vind om weer met hulle Skepper versoen te word. Lucifer het groot bedroefheid en groot vervolging, letterlik hier bo-op die Hel veroorsaak. Die Hel wat EK vir Lucifer, wat nou satan genoem word, en sy demone gemaak het. Julle word omring met boosheid wat vanuit die grond uit opkom, asook deur die owerhede, die magte, die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, demoniese geeste wat saamkom soos troepe om hierdie planeet met elke sonde te oortrek. En sonde is enige iets wat in teenstelling is met MY natuur, persoonlikheid en MY wil. Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die HEERLIKHEID van GOD.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Julle word omring met 'n wolk van getuies wat kyk wat julle met MY Seun YAHUSHUA doen. Van al die planete, is daar slegs een planeet wat 'n Redder nodig het. EK het slegs een Gebore Seun, en SY NAAM is YAHUSHUA. Daar is slegs een planeet met sondaars. Sonde kom omdat julle bo-op die Hel woon. En almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan MY Heerlikheid. 'EK IS' ALMAGTIGE GOD perfeksie. As jy sê dat jy nie 'n sondaar is nie, beteken dit dat jy 'n leuenaar is, omdat niemand op die aarde perfek is nie, behalwe een, en dit was MY Seun YAHUSHUA wat op die aarde geloop het.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! MY woede word grootliks opgeroer en dit sal in 'n groter mate uitgegiet word deur die storms, orkane en tornados. En soos 'EK IS' MY vuis op die aarde sal slaan, sal dit op 'n groot maat oopbreek, en MY woede word warmer en so ook die vulkane en so ook die Hel. MY Kinders wie MY liefhet en MY dien en MY eerste in hulle lewens plaas, weet hoe om 'n Vader se woede te laat bedaar, omdat dit nie hulle is vir wie EK kwaad is nie. Hulle hoef nie bang te wees nie, hulle is nie bestem vir MY woede nie, net vir MY liefde. Hulle is nie bestem vir MY vloeke nie, net vir MY Seëninge. OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! EK het in MY Woord gewaarsku wat sal gebeur wanneer die mensdom wil GOD speel. Dit is al wat hulle kan doen, is speel. Hulle verstaan nie, hulle sal betaal, terwyl hulle 'n GOD wil word, 'n skepper. Hierdie GOD van die Skepping gaan hulle wys. EK sal dieselfde kennis wat aan hulle gegee was neem en dit teen hulle draai.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Wees gewaarsku wanneer die mensdom gekloon word, word hulle sonder 'n siel gebore, en enige skepping sonder 'n siel is 'n gevaarlike ding. Dit is bedoel dat die mensdom 'n siel moet hê. EK het die asem van die lewe in Adam ingeblaas, maar wanneer die mensdom klone van Adam en Eva maak, wil EK julle nou vertel, daar word geen asem van die lewe in hulle ingeblaas nie. Instede daarvan sal dit die asem van die siellose een wees, satan sal die vader wees en die boosheid, sal die prys wees omdat daar GOD gespeel is. Hierdie klone sal nie die lewenstydperk soos die van MY Skepping hê nie, hulle sal ook nie die begeerte hê om die GOD 'EK IS' te dien en te aanbid nie! Hierdie klone sal geen gewete hê nie, omdat 'EK IS' die mensdom se gewete van reg en verkeerd is. Hierdie klone sal teen hulle eie makers draai, en teen die mensdom wat sulke verafskuwelike gediertes toelaat.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Wees versigtig wanneer julle siellose vleis eet, julle eet vleis wat EK nie geskape het nie. Julle liggame is nie bedoel om so besmet te word nie. Wanneer julle siektes en pes sien wat nuut is en julle geneeshere kan julle dan nie gesondmaak nie, sal EK sê, "Geneesheer, maak jouself gesond", en wanneer daardie geneesheer nie kan opstaan en sê, "Nee, dit is teen die wette van die Skepping" nie, sal EK die skepping teen homself draai. Julle is gewaarsku!

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Die wetenskaplike weet dat die lewenstydperk van 'n kloon baie kort is, maar hulle wil dit weer aan die lewe bring, nadat dit doodgegaan het, satan sal die opstanding van die dooies in 'n oogwink namaak, tydens die blaas van die laaste basuin. "in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word." 1 Korintiërs 15:52. "Want dit sê ons vir julle deur die woord van die MESSIAS, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die MESSIAS, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want YAHUSHUA self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in YAHUSHUA gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die MESSIAS tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die MESSIAS wees." 1 Tessalonisense 4:15-17 Hulle probeer om hierdie klone as 'n ekstra liggaams winkel te gebruik. Die gruwel, terwyl 'n wolk van getuies kyk en hulle koppe in ongeloof skud. Onskuldige babas wat nog steeds in 'n moeder se baarmoeder is, en tog word hulle uitgeruk en vermoor, voordat die geboorte plaasgevind het, alles vir 'n gemaklikheids onthalwe, asook vir die liggaamsdele wat benodig word. Weereens, as dit nie vir die prys was wat MY Seun YAHUSHUA betaal het nie, sou EK spyt gewees het dat EK ooit die mensdom geskape het.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Wees versigtig, daar kom 'n tyd, dat indien jy naby 'n begrafplaas woon, dat jy sal sien hoe die vyand die bose dooies sal laat opstaan. Hierdie dooies sal nie 'n gees hê nie, die gees sal besig wees om in die Hel swaar te kry, maar die liggaam sal in werking gesit word, en deur demone wat vanaf die bodemlose put kom, gebruik word net om een ding te doen, en dit is om dood te maak en die geeste sal dan uit die siellose liggame uitgaan en binne in ander liggame met 'n siel, ingaan, om nog verder my Skepping van die mensdom pervers te maak. Selfs die diere sal op daardie stadium in gevaar wees.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Maar MY Kinders wie nou gewaarsku word, sal weet om op die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH te roep, en in SY NAAM 'n stuk hout optel en hulle in die nek slaan, omdat die animasie van die dood (dooie wat opgestaan het) 'n swakplek het. Is diegene wat die dooies wil "lewendig" laat lyk, dan nie 'n siellose ding wat deur 'n demoon van die bodemlose put, oorgeneem is nie? Die nek ondersteun die kop, maar MY Seun YAHUSHUA het die prys op daardie houtkruis betaal en die hout simboliseer die kruis wat satan op daardie dag oorwin het.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Wat EK nie voorheen bekendgemaak het nie, is dat dit nie sommer enige stuk hout kan wees nie. Dit moet hout wees wat gesfalf is met salwingsolie, gebed en geloof, dat net so seker soos YAHUSHUA die kruis oorwin het, alhoewel HY doodgegaan het en op die 3rde dag weer opgestaan het, jou geloof ook so sterk moet wees dat die hout wat met salwings olie gesalf is, die oorwinning oor die duiwel en sy demone voorstel, wat EK vir jou by Golgota gegee het. Wanneer jy hierdie demoniese gediertes slaan. Gediertes wat vanuit die graf uitkom, vermom as mense, sal jy sien hoe hulle opfrummel en na die grond toe val, wanneer jy hulle in MY Seun YAHUSHUA se NAAM slaan. Hoe kan jy verwag om hulle met fisiese wapens dood te maak, wanneer dit 'n geestelike oorlog is? Vleeslike wapens sal slegs die demoniese dooies wat "lewendig" geword het, vermeerder. Julle wapens van oorlogvoering is nie vleeslik nie, maar Geestelik en die hout stel dit wat geestelik is voor.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Bid dat jy nie op hierdie dag deel sal wees van MY woede nie, bid dat jy op hierdie dag veilig by MY boesem sal wees. Hierdie wêreld dink dat hulle al gruwel stories gesien het, maar julle besef nie dat satan selfs dit wat julle nou dink is 'n gruwel fliek, sal bespot nie, en dat dit is wat hy waarlik beoog om te doen, omdat hy kom om te steel, te moor, en om te vernietig en elkeen op die aarde is satan se teiken. Selfs diegene wie nou na satan roep besef nie, dat alhoewel hy 'n gedeelte van sy krag met hulle deel, hy dit slegs doen om ander en hulleself met hierdie krag te manupileer, te intimideer, om bang te maak, om te moor en om te vernietig.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Satan haat selfs die wat hom aanbid. Omdat die hele mensdom in MY beeld geskape is, is hy nie iemand wat jou sal behandel volgens die rang of posisie wat jy beklee nie. MY Seun YAHUSHUA was gebore in die beeld van 'n man, en tydens SY opstanding was dit soos 'n skou waar satan en alles wat hy probeer doen het, bespot was. YAHUSHUA het SY krag gegee aan SY Kinders wat op SY NAAM roep, HOM aanbid, liefhet en HOM dien! Satan haat MY Kinders omdat hulle ook dieselfde krag het om die werke van die duiwel te vernietig. Selfs diegene wat YAHUSHUA spot, is nog steeds in die vorm van die mensdom geskape en die duiwel weet dit en hy sal eendag hulle straf, omdat hulle MY Skepping is. Jy kan nie die duiwel tevrede stel nie. Hy het geen mense wat voorgetrek word nie, en hy sal almal wat hy kan, Hel toe vat. Satan ken sy toekoms, maar hy wil hê dat dit die mensdom se toekoms ook moet wees.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Dit is hoekom EK MY enigste Gebore Seun gestuur het om julle losprys te wees, omdat dit waar is, EK benodig 'n prys vir sonde. Die Bloed Offer wat MY woede kon laat bedaar moes Heilig en Onbesmet wees, en YAHUSHUA, MY Seun het vrywilliglik ingestem om julle Bloed versoening te wees. Wat doen julle met daardie Bloed versoening en MY Seun en die Woord wat vlees geword het? Studeer en wys jouself waardig, sodat jy kan staande bly in die dae wat aan die kom is. Steek dit in jou hart weg, waar geen mens dit kan steel nie. Doen dit, voordat dit vanaf jou weggeneem gaan word.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Vra MY Seëninge op alles wat jy eet of drink. Niks is meer onbesoedel nie, maar dit is die seëninge wat in die NAAM van YAHUSHUA gesê word wat sal maak dat dit wat nie skoon is nie, skoon is, en dat 'n vloek in 'n seën sal verander.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Diegene wat glo dat die Hel nie werklik is nie, sal binnekort die vlammende vure van die Hel proe. Vure wat nie soos die vuur op aarde is nie. Dit is onbeskryflik in sy gruwel, net soos die Hemel onbeskryflik is in sy skoonheid. Diegene wat glo dat hulle in die verdrukking sal loop, dat EK nie 'n pad sal maak om hulle te spaar nie. Hulle verdrukking sal wees waar hulle geloof is. Onthou dit altyd. Dit is onmoontlik om YAHUVEH gelukkig te maak sonder geloof.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Wees versigtig vir 'n regering wat sê, "Doen dinge op my manier, nie op die Almagtige YAHUVEH se bybelse manier nie!" Wees versigtig vir enige een wat sê, "Die bybel is outyds," maak nie saak watter denominansie dit spreek nie. Die Woord van YAHUVEH kan nie lieg nie en EK het genoeg bewyse aan hierdie aarde gegee dat wat EK spreek, in vervulling sal kom, of het in vervulling gekom.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Om vooraf gewaarsku te word is 'n proses om met die wapenrusting toegerus te word. Wees versigtig vir enige Apostel of Profeet of geestelike leier wat vir jou sê dat 'EK IS' nie dieselfde gister, vandag en vir altyd is nie. Wat vir jou sê dat jy nie die Bybel moet glo nie, omdat dit 'n outydse boek vol stories is, en alhoewel dit interessant is, is dit nie van toepassing op vandag se tye nie. Wees ook versigtig vir enige geestelike leier wat vir jou vertel dat satan nie 'n ware vyand is nie, maar slegs iets in jou verbeelding is.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Die bose mense sê die Gebooie is outyds en dat jy nie langer skuldig hoef te voel wanneer jy MY vasgestelde Sabbat Dag, waarvan daar in Genesis gespreek word, vanaf die skepping van die mens, ignoreer nie. Hulle sê ook dat jy nie hoef bang te wees wanneer MY Gebooie nie onderhou word nie. In plaas daarvan herskryf hierdie bose geestelike leiers MY Gebooie, en vertaal hulle die Heilige Woord volgens hulle lewenstyle. Hierdie bose geestelike leiers speel God en dring daarop aan om YAHUVEH se Glorie te vat, asook om die Eerbied te vat, wat vir 'EK IS' en MY Seun YAHUSHUA en MY RUACH HA KODESH bedoel is.

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! Hierdie bose geestelike leiers moet openlik tereggewys word en vermy word, en daar moet vanaf hulle weggehardloop word. Enige geestelike leier wat dit vir jou vertel, stuur leuens direk vanaf die put van Hel. Die bose mense sê, "YAHUSHUA is nie perfek nie en enige godsdiens sal doen, en indien jy enige God dien, is dit beter as niks." Die bose mense sê, "Enige doktrines sal aanvaarbaar vir die Elohim van die Skepping wees." of dat "Jode automaties Hemel to sal gaan, selfs al haat hulle YAHUSHUA en weier hulle om HOM as die MESSIAS en ELOHIM ALMAGTIGE te aanvaar." Of daar is ook leuens dat Moslems, Buddhiste of enige ander geloof wat op enige ander naam roep of hom dien, gered sal word. Wees versigtig vir enige een wat leer dat dit nie belangrik is om die Bybel te lees en te bestudeer nie, en dat ander boeke meer waarde het. Hoe sal jy YAHUVEH ken, wie jou geskape het, wie jou bevry het, indien jy nie MY Boek lees en op MY beloftes mediteer nie?

OM VOORAF GEWAARSKU TE WORD, IS 'N PROSES OM VOORAF TOEGERUS TE WORD MET DIE WAPENRUSTING, VIR 'N TYD SOOS HIERDIE! 'EK IS' praat nou en EK waarsku julle vooraf dat enige geestelike leier wat jou leer om te sondig, van die bose is, wie jou vernietig en jou siel soek. Weereens, om vooraf gewaarsku te word is 'n proses om met die wapenrusting toegerus te word, vir 'n tyd soos hierdie.

* * * * * * *

Beledigend vir sommiges, ophelderend vir ander, in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH,.
Apostel Sherrie Elijah. 9 namiddag, 21 April 2001

Bevestigende droom omtrent die Vleis wat Besoedel is: Die Droom was op 23 April 2001. "Ek en Apostel Elisabeth het in 'n wegneemete restaurant ingegaan, Popeye's Chicken, om presies te wees. Ons het soontoe gegaan en 2 stuk hoender etes gekoop. Toe ek ons bestellings kry, was daar op die Popeye se boks, die volgende woorde gedruk, 'is met kunsmatige produkte vervaardig - kan newe effekte veroorsaak'". EK het na die rooi, wit en blou Popeye boks gekyk en ek was geskok om te sien dat selfs die hoender almal siek gemaak het." Hierdie interpretasie was aan Elisabeth gegee, dat die hoender besoedel was en die Popeye boks het bevestig dat dit Amerika was wat dit aan ons gedoen het, as gevolg van die rooi, wit en blou kleur skema.