Profesie 48

YISRAEL, JULLE VYANDE WIL HÊ DAT JULLE ANDER SE BLAAM MOET DRA!

Geskryf/gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
29 Mei 2001 12 uur tot 12:30 in die oggend

* * * * * * *

NEEM NOTISIE: 'n Waarskuwing aan Israel en al diegene wie Israel en die Jode liefhet met 'n liefde wat nie van jouself afkom nie, maar van ELOHIM. Maak asseblief soos die skrif vir ons sê en bid vir Jerusalem. Bid en stem saam dat Vader ELOHIM YAHUVEH, HaShem, Adonai, die mense wat uitroep na HOM, sal spaar. Selfs die mense wie nog nie YAHUSHUA as die MESSIAS ken nie. Bid dat diegene wie in Israel werk, hulle baie vinnig sal bereik. Iets in my gees voel baie belangrik. Die woorde hieronder het onverwags gekom, terwyl ek besig was om 'n e-pos aan my webbestuurder te stuur. 'n Profesie het na vore gevloei. Hierdie een was nie soos vuur in my bene nie. Ek wag vir die regte tyd om dit vry te stel. Daar is iets wat ek nie verstaan nie. Indien iemand die antwoord het, laat my asseblief weet. Alhoewel ek die datum vir Pinkster "Pentecost", Shavot, as die 27ste Mei het, voel ek nie vrede oor die feit dat die 27ste en die 28ste die regte datum is nie.

Iets is verkeerd. Dit moet op die Sabbat wees. Nie op 'n Sondag of 'n Maandag nie. Nee iets is heeltemal verkeerd, en ek het nie die korrekte datum nie. Indien iemand dit kan bevestig, laat weet my asseblief. Dit is asof ek nog steeds wag vir Pinkster "Pentecost" of Shavot om te kom om dit te vier, omdat iets groot in die geestelike ryk, al dan nie die fisiese ryk gaan gebeur. Ek het 'n nare gevoel dat iets op die kalender datum verander was. Enige een wat so voel? Bel my asseblief. Ek gee nie voor dat ek 'n geleerde met datums is nie. [Nota: Ons het geleer dat die datum vir "Pinkster", Shavot, die 2de Junie 2001 is.]

Geliefde Jode, julle moet besef dat ek nie daarop uit is om julle na Christenskap te verander nie, maar om julle eerder aan YAHUSHUA bekend te stel. Julle wie HaShem Adonai liefhet. Die EEN wie die wette aan Moses gegee het. Ons wil net vir julle voorstel aan die SEUN van HaShem ADONAI, SY NAAM is YAHUSHUA HA MASHIACH. Sommiges noem HOM op SY Griekse naam (Jesus). HY maak ons vry wanneer ons die wette van HaShem Adonai verbreek. HY bedek ons sondes met die Gestorte Bloed by Golgota. HY is die onbevlekte, opgeofferde Lam. Net soos die bloed van die lam op die deur kosyne in Moses se tyd gesmeer was, sodat die engel van die dood verby die huise sou kon gaan en hulle gespaar was van die vloeke wat bedoel was vir die Egiptenaars en die bose Farao.

Dit beteken nie dat die Egiptenare nie vir YAHUHSUA aanvaar het nie, of dat alle Egiptenaars na die Hel sal gaan nie. YAHUSHUA red elkeen wie HOM as die MESSIAS aanneem en vanaf hulle bose weë wegdraai. Om ELOHIM die Vader YAHUVEH lief te hê. Om SY Seun as die MESSIAS en Here YAHUSHUA lief te hê en om die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) toe te laat om jou te lei om glorie vir YAHUVEH, ons ELOHIM HaShem Adonai, te bring. Ek word gestuur na beide die Jode en diegene wat dit nie besef dat wanneer hulle YAHUSHUA as Here en MESSIAS aanneem, dat hulle in die takkie van die olyfboom ingeënt word en ook 'n Jood word nie. Die Bloedlyn na die Koning van die Jode en die Here van alle Here, is wat ons in die Hemel sal bring. Daar is net een wat voor ELOHIM die Vader tussenbeide tree, en dit is nie Maria nie, ook nie die heiliges nie, nie Mohammed of Budda nie. Nie een van hulle is die MESSIAS nie. Slegs YAHUSHUA was perfek, sondeloos en HY het SY lewe vir ons neergelê, en SY Bloed is vir ons gegiet om ons sondes weg te was. Omdat YAHUSHUA HaShem Adonai se Seun is, wat nog die heeltyd saam met HOM in die Hemel was, vanaf die begin van tyd.

* * * * * * *

YISRAEL, JULLE VYANDE WIL HÊ DAT JULLE ANDER SE BLAAM MOET DRA!


EK HaShem Adonai en YAHUSHUA het 'n spesiale liefde vir jou Yisrael. 'n Liefde soos vir geen ander land nie. MY Geliefde Seun YAHUSHUA het SY Bloed op daardie grond uitgegiet. Nêrens anders in die wêreld was MY Seun se fisiese Bloed uitgegiet nie, net in Jerusalem. Geen ander planeet behalwe die aarde, het 'n Verslosser nodig nie. Die plek waarheen satan gegooi was, toe hy uit die Hemel gewerp was toe hy rebels geraak het. MY Seun YAHUSHUA was gekroon as die Koning van die Jode. Selfs daardie woorde was bokant HOM op die kruis vasgespyker. Dit wat gespreek en geskryf was as om 'n bespotting te wees, was waarlik MY Profesie wat duisende jare gelede vooruit vertel was, nog voor die geboorte van YAHUSHUA op die aarde. Selfs nog voor die sonde van Adam en Eva, het EK geweet wat gaan gebeur, nog voordat dit gebeur het. 'EK IS' die ELOHIM van alle kennis en 'EK IS' die ELOHIM van tyd. 'EK IS' is waarlik Vader Tyd en in MY oë is daar geen begin of einde nie.

Na die val van Adam en Eva het die mensdom 'n Verlosser nodig gehad. Al wat EK kon sien was julle sondes voor MY. EK het die wêreld met 'n vloed vernietig as gevolg van sonde. Maar nie almal het omgekom nie. EK was goedgunstig teenoor Noag en sy familie, so EK het hulle gebruik om weer 'n generasie op die aarde te begin. Met die eerste moord was daar bloed gestort, vanuit Adam en Eva se saad. Kain het vir Abel doodgeslaan. Dit het 'n bloed offer geneem om die bloed op Kain se hande weg te was. Adam en Eva as seun was doodgemaak en hulle ander seun was die moordenaar. Satan het weer die saad van Adam en Eva mislei, as gevolg van die oorspronklike sonde van rebelsheid, toe Adam en Eva van daardie boom geët het, waarvan hulle verbied was om te eet. Diere bloed offers was maar net 'n skaduwee van dit wat in MY tyd sou kom. 'n Meer perfekte, onbevlekte, Opofferings Lam wie EK liefhet, en wie julle liefhet, MY eie Seun YAHUSHUA. Hoe vinnig het julle nie vergeet van al die wonderwerke wat EK deur hierdie Heilige Profeet gedoen het nie. Die een waarvan daar in al julle Heilige Skrifte Geprofeseer was. Dit was nie die meerderheid wat geskree het, "Kruisig hom" nie. Dit was 'n plan wat baie fyn uitgewerk was deur die godsdienstige en politiese stelsels.

Diegene wie YAHUSHUA LIEFGEHAD het. Wie deur HOM geleer was. HY het duisende met slegs 'n vis en broodjies gevoed. En HY het dat die massas vir HOM sing, "Hosanna aan die Koning". Hulle het nie "kruisig hom" geskree, soos baie van julle geleer was nie. Baie groot groepe mense het hom gevolg, oral waar hy gegaan het. Hoeveel was daar nie genees nie, en bevry nie, en uit die dood uit verwek nie? Die Skrif sê nie dit alles nie, maar hierdie stemme het nie ongesiens verby gegaan nie. Menigte van hierdie wonderwerke was gedokumenteer en teen hom gebruik in 'n bespotting van 'n verhoor. Vra jouself af, indien YAHUSHUA nie MY Seun is nie, deur watter krag het HY hierdie wonderwerke gedoen? Sal satan die mense op so 'n manier seën, dat hulle sal goed doen en gehoorsaam wees aan die ELOHIM van die Skepping? Selfs julle eie boekrolle en Rabbis kon nie fout vind in HOM nie, behalwe dat HY dit gewaag het om op die Sabbat Dag te genees en wonderwerke te doen. Besef julle nie dat die politieke stelsel bang was dat so 'n goeie Koning in beheer sou kom nie? En dat die godsdienstige stelsel bang was omdat die Rabbis nie sulke genesings, bevrydings en opstandingskrag gehad het nie? Jaloesie, vrees, gretigheid, en die sonde om te begeer, was die hoof redes hoekom MY Seun deur 'n mens veroordeel was.

Dit was MY goeie plan vir julle onthalwe, dat EK toegelaat het dat dit gebeur het. YAHUSHUA kon enige tyd 10 legioene engele roep om te kom en te veg, en geen mens sou lewendig gewees het nie en niemand wat hierdie nou lees, sou van hulle sondes kon gered word nie. Almal wie hierdie nou lees sou gedoem gewees het om die prys vir sy eie sondes te betaal. EK, YAHUSHUA het julle opofferings Lam geword, omdat dit die plan van HaShem ADONAI was. HY het vir MY gevra om julle plek te neem vir julle sondes, waar 'n Bloed verbond van Heilige Sondelose Bloed nodig is, sodat julle vergewe kan word en herenig kan word met die ELOHIM van julle Skepping, en saam met ONS in die Hemel lewe. EK, YAHUSHUA is die een waarvan daar in JESAJA 53 gepraat word. Moenie dat julle onheilige Rabbis enigsins verder vir julle leuens vertel nie. Yisrael het nie die prys betaal wat EK betaal het nie. Hoe kan Yisrael die een wees waarvan daar in Jesaja 53 gepraat word?

EK praat nou deur MY Apostel Sherrie Elijah, julle Jode het nie vir MY, YAHUSHUA gekruisig nie. Dit was die Romeine wat MY aan die kruis vasgespyker het. Die Romeine het MY Kinders, wie MY in waarheid aanbid het, geoffer. Die Romeine het 'n colloseum gebou om MY te bespot, terwyl hulle MY Kinders gemartel het. Terwyl hulle MY Kinders onthoof het en hulle in stukke gesaag het. Terwyl hulle baie ander maniere van dood, marteling, steniging gebruik het en waar hulle ook vir die leeus gevoer was en hulle het mans, vrouens en kinders vir die sport en plesier doodgemaak. Wees versigtig, die Romeinse Ryk beoog om dit weer te doen, ja, met julle ook, Yisrael. Yisrael, wees versigtig vir die een wat na julle toe kom, wat 'n lang kleed en 'n septer dra, wat op 'n troon sit en vrede in MY NAAM soek, terwyl daar geen vrede in hom is nie. Hy dien nie die ELOHIM van vrede nie. Hy sit in daardie onheilige tempel en hy trek selfs sy skoene uit en trek wit pantoffels aan, wat geen reinheid bevat nie. So asof dit beteken dat dit heilige grond is. Hy wie probeer instaan as die ELOHIM van die Skepping het sy siel op 'n nuwe manier, op daardie dag verdoem.

Hierdie man wat aanbidders het wat hom aanbid, het net so waarlik HaShem ADONAI se wet gebreek, soos in die tyd toe die goue kalf, wat Aäron gemaak het, aanbid was. Julle sal geen ander ELOHIM voor MY hê nie. Die woord moenie sê, "Voor MY" nie, dit moet sê, "Julle sal geen ander ELOHIM behalwe vir MY hê nie!" 'EK IS' het geen ander naam nodig nie. 'EK IS' wie 'EK IS' en daar is geen ander nie! Wees versigtig vir die geestelike leiers wat vanaf die Romeinse Ryk kom. Yisrael julle word verkoop aan die een wat die hoogste bie en julle besef dit eers nie. Maar Yisrael, niemand kan verkoop wat nie eers aan hom gegee was nie. Yisrael behoort aan HaShem ADONAI. EK het 'n belofte aan julle voorvader Abraham gemaak en EK is nie 'n mens dat EK sal lieg nie.

Die bloed van die martelare is soos pleister wat die stene van die colloseum bymekaar hou, bloed wat uitroep vir wraak op MY vyande. Diegene wie so hoog sit en dink dat hy soos 'n ELOHIM is, moenie mislei word nie, 'EK IS' nie 'n ELOHIM wat vir baie langer bespot sal word nie. Diegene wie MY Kinders doodmaak, sal in daardie colloseums in die Hel wees. Dit sal op dieselfde wyse afspeel, en die maniere wat die vyande gebruik om MY Kinders dood te maak en te martel, sal aan hulle gedoen word vir 'n ewigheid, oor en oor en oor. MY Seun YAHUSHUA het nie wraak geneem nie. Instede daarvan het HY gebid. Nie net vir die wie HOM gekruisig het en geslaan het en gemartel het en HOM verneder het nie, maar vir die hele Yisrael en die wêreld. Julle glo dat EK HaShem ADONAI voortspreek vanaf die Profete van Ouds, hoekom kan julle nie glo dat EK HaShem ADONAI en YAHUSHUA voorspreek vanaf MY Dienaars, Apostels en Profete nie?

EK YAHUSHUA het gesê, "Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!" EK, YAHUSHUA het vir Yisrael lief, en so ook HaShem ADONAI en die RUACH HA KODESH. Het EK nie MY Gees onder julle mense in Jerusalem losgelaat nie? Was MY moeder nie 'n Joodse diensmaagd en maagd nie? Het EK tekens, wonders en wonderwerke in 'n ander vreemde land gedoen? Julle weet dat dit op die grond van Yisrael was waarop EK gereis en geloop het, gepreek, genees, bevry het, die dood opgerys het, geleer, gelewe, gewerk en saam met julle aanbid het. Yisrael vir hoe lank sal jy MY nog ontken?

Het julle ooit MY gevind waar EK gesondig het, terwyl EK tussen julle geloop het? Nee, EK was versoek soos enige sterflike mens, maar EK het nie geswyg deur die versoeking nie. EK, YAHUSHUA het die lewe van 'n Jood gelei, en EK het elke Joodse wet onderhou. EK het nie gekom om die wette wat deur MY Vader daargestel was, te kanselleer nie. Wette wat MY Vader met SY vinger op 'n deel van 'n klip geskryf het. Terwyl HY die wette in 'n klipsteen ingebrand het, het HY ook dit in julle harte ingebrand, sodat julle geen verskoning sal hê dat julle nie reg van verkeerd kan onderskei nie. Selfs daardie wette veroordeel julle omdat julle nie die wette onderhou nie. Julle het iemand nodig om vir jou onthalwe tussenbeide te tree, en EK, YAHUSHUA het MY Heilige Sondelose Bloed gestort en MY lewe neergelê vir almal wie op MY NAAM roep. Daar is vergifnis van sonde. HaShem ADONAI sien nie langer julle sondes raak nie, maar HY sien MY Bloed wat julle sondes bedek en dit weg was. Moenie dink dat dit beteken dat jy nog steeds soos satan kan lewe en nog vir HaShem ADONAI liefhet en HOM dien nie. Daar is geen verskoning om met opset sonde te doen en ELOHIM die Vader bedroef te maak nie. Net om te sien hoe naby jy aan die Hel kan lewe is baie gevaarlik vir jou, en jy weet nie die watter tyd of uur jou lewe op die aarde beëindig gaan word nie. Wees gewaarsku, die dood is slegs die begin van 'n ewigheid in die Hemel of in die Hel.

As dit net genoeg was om die Hoog Heilige Dae te onderhou, om te verseker dat jy in die Hemel sal wees, dan sou EK nie die prys vir julle sondes met MY aardse lewe betaal het nie. As dit net genoeg was om die wette te onderhou, sou dit nie vir MY nodig wees om julle offer te wees nie. Niemand op hierdie aarde is sondeloos nie. Almal het gesondig en is nie perfek nie, omdat die sonde van rebelsheid op aarde losgelaat is deur die vader van alle rebelsheid en leuens, sy naam is satan. EK YAHUSHUA sou nie julle MESSIAS gewees het nie, of EK sou nie waardig gewees het om julle onbevlekte Lams offer te wees nie, indien EK vir sonde geswyg het nie. Wys die Torah and Tanakh (Ou Testament) nie oor en oor, deur die Profete van Ouds, 'geen man het so 'n groot liefde nie, want nie een mens sal sy lewe aflê om 'n ander een te red nie'? HaShem ADONAI het vir MY gevra om dit vir julle onthalwe te doen. EK sou dit weer gedoen het, as net een moes gered word. EK dra die littekens van MY liefde vir julle, in MY hande en MY voete. Julle is altyd voor MY, julle is selfs in die palms van MY hande ingegraveer. EK was gekruisig in jou plek, almal wie sondig, almal wie gesondig het en wie ontbreek van ELOHIM se heerlikheid. ELOHIM, julle Skepper, wie julle HaShem ADONAI noem, ander noem HOM YAHUVEH. HY is alles in een, die enigste ELOHIM, die Vader, die Groot ELOHIM wie geen naam nodig het nie, behalwe 'EK IS'.

Niks het in die Politieke stelsels verander nie, en dieselfde gees van godsdiens wat MY skuldig bevind het, sal dit vandag weer doen. Dit is korrup en besmet deur diegene wie hulleself Jode noem, maar wie nie regtig is nie. Hulle is eerder van die sinagoge van satan en dienaars van satan. Hulle lê 'n las op MY mense, terwyl hulleself weier om hulle eie belasting te dra en hulle weier om dit te betaal. Yisrael en MY Kinders regoor die wêreld, wees versigtig, die vyande soek nou mense wie YAHUVEH in waarheid aanbid en hulle sal julle gebruik om die blaam van ander te dra, hulle sal julle blameer vir wreedaardighede wat julle nie gedoen het nie. Julle sal blameer word vir moorde wat gepleeg was deur ander wat jou val bewerkstellig. Jou grootste vyande lyk soos jy, praat soos jy, en tog het hulle jou uitverkoop, net soos Judas MY uitverkoop het vir 30 stukke silwer. Onthou, Judas was ook 'n Jood wat net soos jy gelyk het. Satan probeer en kyk wat jou prys is om die ELOHIM, wie jy dien, uit te verkoop. Wat is jou prys? "n Siel het geen prys nie, net so ook die Koninkryk van die Hemel.

Jy het vyande wat teen jou oorlog maak en tog besef jy dit nie dat selfs die oorlog wat teen jou kom, 'n Politiese plot is om jou aandag weg te lei van die ware vyande wat jou en jou geloof in die ELOHIM wat jy dien, wil vernietig. Hierdie vyand wil die land waarin jy woon vernietig, alhoewel hulle in dieselfde land en nasie woon, Hel sal hulle volgende tuiste wees.

Hongersnood is nie deur MY gemaak nie, droogte is nie deur MY gemaak nie, alles is deur 'n mens, wat wil ELOHIM speel, gemaak, om 'n mens te vernietig. Diere wat peste dra is nie deur die Skepper gemaak nie, 'n mens het dit gemaak, nie ELOHIM nie, alles vir dieselfde rede wat Judas gehad het, alles vir gulsigheid. Mense gaan wêreldwyd dood en gesonde diere word vernietig, en niemand vra eers hoekom nie? Dit is sodat die vyand julle kos voorrade en die koste daarvan kan beheer. Verhongering in lande wat nooit hongersnood geken het nie, en droogte. Lande sal hongersnood en droogte ken, voor die einde van die jaar sal julle hoor van wreedaardighede wat gedoen is, en hulle sal sê dat ELOHIM die blaam daarvoor sal moet dra. Tog het ELOHIM niks gedoen om MY Geliefde Kinders te vervloek nie, hulle word net geseën. Satan en sy dienaars lieg vir julle, en laat julle dink dat HaShem ADONAI doof is vir julle gebede en julle kwellende geroep. Maar dit is 'n leuen, omdat julle Vader ELOHIM vir julle huil, en HY sal julle verdedig, en wraak neem op julle vyande en almal bevry, wie dit durf glo dat HY dieselfde ELOHIM is wat in die tye van Ouds bevry het. Wees gewaarsku, nou is die tyd waarvan daar voor die tyd vertel was dat enige iets wat goed is, 'n boosheid genoem sal word, en dat dit wat boos is, goed genoem sal word. Hoeveel sal opstaan en besluit dat hulle vir Heiligheid sal staan. Die Skrif sê wat Heiligheid is, moenie dat enige mens daardie standaarde stel nie.

EK is bedroef oor wat met Yisrael moet gebeur voordat julle berou sal toon omdat julle die een en enigste MESSIAS verwerp het. EK is YAHUSHUA, daar is geen ander MESSIAS wat die prys betaal het wat EK betaal het nie. Daar is 'n ander valse messias, wees versigtig vir die seun van verdoemenis, wat binnekort sal kom om jou te mislei, en om jou in nog 'n groter knegskap te plaas, as wat die bose Farao of Herodes gedoen het. Selfs Hitler kan nie vergelyk word met die bose antimessias en die valse profeet wat aan die kom is nie. Yisrael, hy kom eertse na jou toe om jou te mislei. EK, YAHUSHUA was in Betlehem gebore en EK was gemartel vir ander se sondes. Geen mens het MY doodgemaak nie. EK het met opset MY lewe vir julle neergelê en doodgegaan vir almal wie gesondig het, en EK het uit die dood uit opgestaan, nie in 'n vreemde land nie, maar weereens in Jerusalem, op MY Sabbat.

EK het vanuit Jerusalem na die Hemel toe opgevaar en EK sal weer terugkom na Jerusalem toe. EK YAHUHSUA sal nie MY voete plant op enige berge, behalwe die Olyf Berge nie. EK, YAHUSHUA sal regeer vanaf Jerusalem en die bose mense verslaan op die grond van Yisrael. Yisrael, O Yisrael, verstaan julle nie hoeveel liefde HaShem ADONAI en EK, YAHUSHUA vir julle het nie? Ons rys selfs Apostels en Profete regoor die wêreld op om julle te herinner hoe lief ONS julle het. Hoe lank nog sal julle ONS geduld beproef? Hoeveel bloed moet nog vloei voordat julle terugdraai na Heiligeheid en julle die prins van donkerte verlaat? ONS weet alles, en ONS weet alreeds wat dit sal neem, en so sal dit in vervulling gaan. ONS weet hoe lank dit sal neem, voordat julle sal terugkom en die moderne manier van dag aanbidding verlaat. 'n Aanbidding wat net met julle lippe gedoen word, waar julle net woorde herhaal met julle monde, maar nie met julle hart of Gees nie.

Vra julleself af, 'hoe lank nog voordat julle sal glo soos julle voorvaders, soos Abraham, Isak, Jakob, Moses, Noag, Daniël, Josef, Joshua en Elia', moet EK hulle almal opnoem? Julle ken die Torah en die Tanakh, nou hoekom sê julle dit net op, maar julle het nie geloof dat net soos die ELOHIM van julle skepping vir Yisrael voorheen bevry het, kan 'EK IS' en sal 'EK IS' dit weer doen nie. O Yisrael, jy is en jy was 'n ongehoorsame kind, vol van rebelsheid, wat dinge op jou manier gedoen het, en nie op 'EK IS' se manier nie. Julle ken die Torah en die Tanakh, hoe lank nog voordat jy dit glo wat jy aan ander leer en wat jy opsê? Hoe lank nog voordat julle op julle knië val en HaShem ADONAI vra om by julle oorloë in te gryp? Wanneer sal jy erken dat die vyand te groot is vir jou en sal jy nederig voor HaShem ADONAI raak, sodat EK vir jou sal wraak neem? Hou op om self wraak te neem. Kom terug en bid tot die ELOHIM van julle voorvaders. Begin weer om MY te prys in die Psalms voordat julle oorlog maak.

EK stuur MY Apostel, Diensmaagd na julle toe, om julle weer te vra om terug te kom na MY toe op die manier hoe dit in die ou tyd gedoen was, en moenie julle geloof verlaat op 'n tyd wanneer julle dit die meeste nodig het nie. Hou op om die boodskappers wat EK na julle toe stuur te stenig. Hou op om hulle te arresteer en hulle dood te maak en hulle weg te jaag. Tel eerder die Tempel hoeksteen op wat julle verwerp het en bou julle huise op daardie rots. Dit is julle enigste hoop, dit is julle enigste redding. Moenie afkyk op hierdie dienaar van MY nie, net omdat sy 'n gewone vrou is nie. Onthou julle Deborah en hoe EK haar beveel het om 'n Regter en 'n Profeet vir die hele Yisrael te wees. EK het nie haar eie man gekies nie, alhoewel hy by die hek gesit het en 'n Heilige man was. Omdat mense dit durf waag het om te sê wat HaShem ADONAI sou doen en nie sou doen nie, wie EK sou gebruik en wie EK nie sou gebruik nie, het EK diegene wat hulleself wys geag het, dronkgeslaan. EK het dit eenkeer gedoen, en EK sal dit weer doen. EK HaShem ADONAI gee aan julle MY Seun YAHUSHUA as 'n geskenk vanuit die Hemel. Een dag sal julle aan MY 'n antwoord moet verskaf, wat julle met HOM gedoen het? Het julle HOM aanvaar of het julle HOM ontken? Het julle HOM weer van voor af probeer kruisig? Het julle die geskenk wat EK aan julle by Golgota gegee het, aanvaar?

Hoe verlang EK nie daarna om dit wat moet gebeur, stop te sit nie. Bloed sal in die strate af loop, en dit het alreeds begin. Vrees sal 'n pyniging wees, selfs op so 'n wyse dat wanneer jy slaap, jy met een oog oop sal wil slaap. Julle sal die blaam vir ander moet dra. Julle sal as offers gebruik word, terwyl julle eie politikusse dit wat julle vyande sal doen, sal toesmeer. Want hulle weet dat hulle nie wil erken dat die vyande alreeds die politiese poste wat julle vertrou het, geinfiltreer het nie.

Julle moet niemand vertrou behalwe HaShem ADONAI, ELOHIM van julle skepping, en YAHUSHUA, ELOHIM van julle redding nie. Vertrou HaShem ADONAI terwyl julle na MY uitroep vir genade, en MY aangesig soek, en die waarsoek soek, oor wie YAHUSHUA is. EK sal getrou vir julle bewyse stuur van dit wat MY Diensmaagd in MY NAAM voortspreek. Moenie vertrou dat al julle Rabbis die waarheid spreek nie, omdat so baie van hulle nie langer MY waarhede voortspreek nie, maar die waarhede verkondig wat die antimessias sal voortspreek. Die bose Rabbis, onderwysers en politikusse verkondig dit wat 'n valse profeet sal voortspreek. Die valse Rabbis sê hulle is Jode en tog behoort hulle aan die sinagoge van hasatan. Wees versigtig, julle is gewaarsku. Hulle vertel vir julle om op maniere te lewe wat 'n groot opoffering van jou verg, en tog plaas hulle 'n las op julle wat hulleself nie sal dra nie. Hulle hoop net die laste en die vrees op MY mense op.

EK vra nie vir jou om jou Joodsheid op te gee nie. EK vra nie vir jou om 'n Christen te word nie. Christene het die Jode nodig om hulle te leer wat in die meeste Kerke verwaarloos word, die Joodsheid van YAHUHSUA. Draai weereens na die ELOHIM van julle voorvaders, en erken dat YAHUSHUA MY Seun is, en MY geskenk is wat EK aan julle by Golgota gegee het vir die vergifnis van die wêreld se sondes, vir diegene wie MY Heilige Bloed offer wil aanvaar en wegdraai vanaf hulle bose weë, en YAHUSHUA as die Koning van die Jode, en as die Here van die Here en die Koning van Konings aanvaar. Aanvaar YAHUSHUA as die enigste gebore Seun van ELOHIM YAHUVEH, ook HaShem ADONAI genoem.

MY Seun YAHUSHUA is 'n Jood en HY dra nie die etiket van 'n Christen nie. Wees lief vir YAHUSHUA op die manier hoe julle lief is vir MY. Neem HOM aan as julle MESSIAS en moenie bekommerd wees dat julle jul familie se respek gaan verloor nie, wees eerder bekommerd dat die ELOHIM van julle skepping julle gaan verwerp. Julle kan die Hemel kry en die Hel vermy, dit is julle keuse. Yisrael, O Yisrael, julle is 'n appel in MY oog, maar op hierdie oomblik is daar wurms in dit. Onderskei die wurms en ontbloot hulle. Wees versigtig, julle sal die blaam van ander moet dra en julle sal wêreldwyd geblameer word, omdat julle dit wat julle tot dusver moes verdra, vernietig het. Die vyand wil julle so graag vernietig, hulle wil dit vernietig wat hulle weet hulle kan herbou. Mense se hande het daardie koepel gebou. En die vyand weet dat mense se hande weer daardie Tempel sal bou. Maar die Tempel wat nie met 'n mens se hande gebou kan word nie, is binne in jou. EK, HaShem ADONAI sal Yisrael oplig en verdedig, wanneer dit lyk of alle nasies teen julle is. Wannneer julle erken dat julle hulp net vanaf die Hemel kan kom en geen ander plek nie. Wanneer julle op HaShem ADONAI se NAAM roep, in die NAAM van YAHUSHUA, sal EK kom om julle te bevry.

Maar EK waarsku julle nou voor die tyd, daar is 'n komplot teen julle , sodat julle die blaam vir ander sal moet dra. Daar word gelieg vir MY mense, wie slegs verlang om vrede te hê, maar wat nooit vrede geken het nie. Hulle word ook belaster. Daar is diegene wie die wêreld wil draai teen MY klein nasie, wat EK Jerusalem noem. Wanneer jy dors is, sal jy dors wees vir regverdigheid, omdat jy die enigste Lewende Water verwerp het. Aanvaar MY Lewende Water nou en julle sal nooit weer dors wees nie. MY NAAM is YAHUSHUA. EK is die Lewende Water wat voort vloei. Terwyl die Romeine my sy gesteek het, het dit uit MY sy uit gevloei, gemeng met MY Bloed. In MY Bloed is daar genesing, bevryding, opstandingskrag, redding en die salwing van die RUACH HA KODESH. 'EK IS' het Yisrael met hierdie verborge skatte geseën. Goud en silwer en olie, die beste vrugte en groente, rose wat in die woestyn blom, edelgesteentes wat julle nie ken nie. EK het vir Yisrael geseën met kennis van uitvindsels, wat van nêrens af kom, behalwe dat dit deur ELOHIM geïnspireer was. Julle grond het die bloed van die martelare wat uitroep. Wanneer julle honger is, besef dat dit julle sterflike liggame is wat honger is vir Heiligheid. Alhoewel julle die Heilige Land genoem word, het julle toegelaat dat julle land besmet word met die sondes van hierdie wêreld. Toon nou berou, omdat hierdie verafskuwings gedoen was in die teenwoordigheid van die NAAM van HaShem ADONAI, wie die wette vir Moses en vir die hele Yisrael en vir die wêreld gegee het.

EK het nie verander nie, 'EK IS' dieselfde vandag, gister en vir ewig. Loop in die skoene van julle voorvaders, en luister in geloof na diegene wie EK oprys en deur hulle praat. EK praat nog steeds deur MY Apostels en Profete voordat die oordeel kom. EK praat in drome, openbaringe, visioene en profesieë, maar hoeveel in Yisrael of in die wêreld sal luister? Diegene wie dowe ore het, of dit is nie nou die tyd vir julle ore om oop te gaan nie, omdat daar 'n sekere tyd en seisoen is, of julle is soos die bose Farao en julle ore het oopgegaan, maar ook weer toegegaan, en julle eindig dan op waar julle 7 keer meer doof is en verharde harte het, indien julle nie berou het nie. Julle noodlot sal dit wees wat die bose Farao gehad het, maar vir MY Kinders sal EK die Rooi See weer oopmaak en na die berge hardloop en EK sal julle in die beskerming van MY vlerke neem.

Roep op MY NAAM, in die NAAM van YAHUSHUA en EK sal jou beantwoord en jou bevry. Moenie MY RUACH HA KODESH (Heilige Gees) bedroef maak nie, omdat 'EK IS' nie altyd met die mensdom sal wedywer nie. Wanneer jy YAHUSHUA verwerp, verwerp jy een van jou eie, verwerp julle SY Vader, wie julle HaShem ADONAI noem. YAHUSHUA was gebore vanuit 'n Heilige maagd, en wat sy en Josef gespreek het, is die waarheid. Moenie mislei word deur diegene wat versoek om haar 'n ELOHIM te wil maak nie. Sy het selfs vir YAHUSHUA Here genoem. Respekteer haar en wees lief vir haar, vir die prys wat sy as 'n moeder moes betaal. Sy het ook 'n Redder nodig gehad. Niemand is perfek nie, nie eers YAHUSHUA se ma en Josef, sy aardse pa nie.

YAHUSHUA het gesê, "EK het nie gekom om MY Vader se wette te vernietig nie, maar om dit te vervul." Eer die Sabbat dag, en hou dit Heilig, was geskryf deur die vinger van ELOHIM. Julle moet studeer en julleself waardig wys, maar wees versigtig vir die verskillende vertalings van die waarheid. Sommige is die waarheid en sommige is korrupte vertalings wat die Joodsheid van YAHUSHUA wil wegneem en wat selfs MY Tien Gebooie wil verander, sodat dit in lyn sal wees met die woorde van 'n mens en nie met die woorde wat deur MY Profete en dissipels gespreek word nie. Wat ookal nie inlyn met die Torah en die Tanakh is nie. Soek MY, en kyk of 'n mens nie die oorspronklike woorde verander het nie, omdat bose leiers probeer het om die Heilige Skrifte korrup te maak. Daar is 'n suiwer vertaling. Soek MY en vra MY en EK sal vir julle die suiwerste vertaling wys, die manier hoe dit oorspronklik geskrywe was. (Aramese of Hebreeuse bybels.)

MY Seun YAHUSHUA was eerste na die Jode en toe na die nie-Jode gestuur. Omdat julle MY Geliefde Seun verwerp het en SY reddings bloed teruggegooi het in SY gesig, het EK HOM na die nie-Jode gestuur. Nou stuur EK HOM weer terug na julle toe, O Yisrael. Hoeveel sal berou hê en YAHUVEH se geskenk by Golgota wil aanvaar? Hoeveel sal nie hulle harte hard maak en gewilliglik hulle reputasies en godsdiens neerlê nie? En ja, selfs die liefde van julle families, terwyl julle doen wat die eerste gebod leer, "Julle sal die Here julle ELOHIM met julle hele hart lief hê." En hoeveel van julle sal die ELOHIM van julle Skepping en julle Redding eerste in julle lewens plaas, selfs al beteken dit dat jy jou lewe vir 'n ander een sal moet aflê? Hoeveel sal geloof soos Joshua hê? Menigtes gaan die noodlot van Sodom en Gomorra maai. EK sal nie bespot word nie. Wat sonde toe was, is sonde vandag.

Net omdat julle jul idees verander het van wat sonde is, beteken dit nie dat 'EK IS' verander het nie. Net omdat julle geestelike leiers julle verseker dat daar geen prys is om te betaal vir sonde nie, lieg hulle en vertel hulle vir jou dat daar nie 'n Hel is nie. EK het nie MY mooiste engel, Lucifer gespaar as gevolg van sy rebelsheid nie. Lucifer, sowel as al die ander gevalle engele maai nou wat hulle gesaai het. 'EK IS' nie iemand wat 'n ander hanteer volgens sy rang of posisie nie. Daar is 'n baie hoë straf vir sonde, en slegs MY Seun YAHUSHUA se Bloed verbond van vergifnis van sondes sal jou sonde weg was, totdat EK nie meer jou sonde kan sien nie. Wanneer EK na 'n mens kyk wat YAHUSHUA as Here en MESSIAS aanvaar, word EK herinner aan die prys wat MY Seun betaal het om jou uit die Hel, wat bestaan, uit te hou. Die wat enige iets anders vir mense leer, sal uitvind watter prys hulle sal moet betaal omdat hulle ander en hulleself op 'n verkeerde pad gelei het. Wee die blindes wat die blindes na die put toe lei. Wee die dowes, wie ander leer om doof te wees vir MY waarkuwings en oordeel wat EK vanaf MY Apostel en Profete voortspreek. Wee die geestelike en politiese leiers wat lewens opgeoffer het, sodat hulle in weelde kan lewe en soos konings en koninginge kan lewe. Wee die Judas van hierdie aarde, jy sal jou noodlot ontmoet, net so sekerlik soos Judas syne ontmoet het.

So is dit geskryf, so is dit gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH.
Apostel Sherrie Elijah