Boodskap van Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
(Skakel is slegs in engels)


(Klik hier om die epos boodskappe te lees)

Hierdie profesie was op die eerste dag van Sukkot (Skakel is slegs in engels)
(Begin op die aand van die 2de Oktober 2008)

Profesie 49

WEES VERSIGTIG, JULLE IS SOOS SKAPE WAT NA DIE SLAGPALE GELEI WORD!

Geskryf/gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
1 OKTOBER 2001

* * * * * * *

Wee MY Kerke en Tempels wat die mense nie lei om te bid teen hierdie oorlog in Amerika nie. Hierdie 3de Wêreld Oorlog sal elke nasie in die wêreld affekteer. Moenie julleself 'n kerk noem, indien julle dit nie doen nie. Moenie jouself MY Pastoor, Profeet, Apostel of Leraar noem nie, omdat julle nie van MY salwing hoor nie, omdat julle nie nou dit wat gespreek word, hoor nie. Geestelike leiers, julle sal aan 'EK IS' YAHUVEH moet verduidelik, omdat julle nie die mense gelei het om teen ID kaarte en ander dinge wat inbreek maak op julle privaatheid, te bid nie. Julle sal verantwoordelik gehou word omdat julle nie uitgespreek het teen diegene wat julle vryheid en privaatheid wil wegneem nie. Julle gee dit vrylik weg. Besef Amerika nie watter prys hy moes betaal om hierdie vryheid te kry, en dit te behou nie? Julle sal eers na die Groot Verdrukking, wanneer YAHUSHUA weer kom, sien hoe dit teruggegee word.

Wee julle Pastore. Veral julle wie die meeste hieruit wil kry, omdat julle jul belasting vrystellings status neem en aan die hoogste bieër verkoop. Julle is 'n hoer in MY oë. Julle kerke wat nooit dit teengepraat het of vir MY Mense gesê het dat dit verkeerd is toe julle die dag van samekoms gehou het, die dag van herinnering en gebed. Julle het MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) diep bedroef gemaak, omdat julle nie gewaarsku of geleer het dat dit verkeerd is wat hulle gedoen het nie. Dit is 'n sonde om vir enige ander GOD as YAHUVEH en YAHUSHUA (Jesus) te bid. Dit is verkeerd en julle het nie die regering daarvan laat weet nie. Die vyande in ander nasies bespot julle Amerika. In geen ander plek as in Amerika sal so iets gebeur het nie. Amerika, julle was apart gestel vir MY Glorie en toe sê julle, "Enige een se god kan 'n gebed beantwoord" Julle het 'n kompromie aangegaan met siele. Eendag sal julle by MY Oordeels sitplek 'n antwoord hiervoor moet gee.

Skaam elkeen van julle wie stil gebly het en niks gedoen het om te verhoed dat dit nie op die lug uitgesaai word nie. So EK julle Vader GOD YAHUVEH sou nie weer kwaad vir Amerika gewees het nie. EK het dit op Pat Robertson se verstand geplaas dat hy vir die Pastore moet bid, maar hy het nie gesê hoekom hy dit doen nie. Hy weet dat die pastore 'n kompromie aangegaan het, en tog het meer gevrees om hulle kwaad te maak as wat hy gevrees het om 'EK IS' kwaad te maak. Wee die pastore in Amerika en regoor die wêreld, EK vermaan julle nou, 'Moenie langer soos lafaards optree nie.' Moenie jouself 'n Pastoor, Profeet, Apostel, Leraar, Evangelis, Geestelike leier noem as jy 'n lafaard is nie. Tree nou uit, voordat jy nog meer verantwoordelik gehou gaan word omdat jy MY skape op 'n verkeerde pad gelei het. Hou op om MY mense te leer om 'n kompromie aan te gaan. In die tye van Ouds het hulle geveg vir die reg om 'EK IS' te dien. Diegene wie YAHUSHUA gevolg het, was doodgemaak, maar hulle het nie 'n kompromie aangegaan nie.

MY Kerk, staan weer op en word die lewende Tempel van MY RUACH HA KODESH. Hou op om vir MY Skape en lammers melk te voed wat slegs vir babas bedoel is. Skaam julle. EK sal julle verantwoordelik hou. Julle pastore wie 'n kompromie aangegaan het en nie iets onheilig noem, wanneer dit wel is nie. Diegene wie 'n kompromie aangegaan het, sal nie in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie. Julle vrees julle eie diakens, gemeentelede en regerings meer as wat julle 'EK IS' vrees. Hoe kan EK aanhou om MY seëninge en beskerming uit te stort, as julle aanhou om 'n kompromie aan te gaan met dit wat julle weet verkeerd is, en dan gee gebruik julle nog die Heilige Bybel en Skrifte om julleself reg te bewys.

EK vonnis julle pastore en EK beskuldig julle nou. Skaam julle! Julle het gesê, wat die regering en die gemeente, wat julle gekoop het, vir julle vertel het om te sê. Pastore julle het gewaarsku wie die terroriste van Amerika is, maar julle het nie gewaarsku wie die vyand van YAHUVEH is nie, en die ware vyand van MY kinders is nie, die naam is satan en satan kom in baie vorme, in baie godsdienste. Satan dwing julle in 'n oorlog in, wat hy weet alle nasies ook op die een of ander manier in sal deelneem. Wees gewaarsku wanneer julle dit die 3de Wêreld Oorlog gaan noem, want dit is dan presies wat dit sal wees. Amerika, jy word mislei. MY Mense word wakker en praat teen dit. Moedig julle president aan om meer vreedsame wyses as oorlog te vind. Hierdie oorlog sal selfs biologiese en bakterieë oorlogvoering insluit. Dit sal nie langer 'n oorlog slegs met koeëls wees nie. Dit sal 'n oorlog wees met 'n grootheids graad wat hierdie wêreld sal ruk. Die woorde, 3de Wêreld Oorlog sal waarlik nooit vergeet word nie. Geen nasie sal ook daarna meer dieselfde wees nie. Julle is gewaarsku.

Amerika, julle maak MY siek met julle liedere van "GOD Bless America". Vir watter GOD sing julle dit? EK het julle dag van herinnering en gebed gehoor. EK het in stilte aanskou, en die hele Hemel het in stilte aanskou, terwyl EK gehoor het hoe 'n nasie oprys teen MY, YAHUVEH, terwyl julle saamgekom het in gebed, Kerke, Tempels, Moskees, huise, strate, maar hoeveel het tot die GOD van hulle Skepping gebid? Hoeveel het in die NAAM van YAHUSHUA, die GOD van julle Redding gebid? Wee julle. EK het gehoor hoe julle leier sê, bid tot enige god wie jy aanbid. EK het gesien hoe selfs julle regering se leiers in die naam van 'n ander god bid, wat net 'n gewone mens is. Die duiwel kom in baie vermommings. Die vermetelheid! Dit is as gevolg van die gebede van MY Mense wat vir genade op Amerika gebid het, dat EK nie weer daardie dag MY hand van beskerming van julle afgehaal het nie. Dit is as gevolg die handjievol van hulle in die regering dat EK Amerika weer op daardie dag gespaar het. Terwyl die boosheid opgerys het, het EK die gebede van die regverdiges gehoor en dit het harder in MY ore geklink as diegene wie elke godsdiens wou bevredig het.

Amerika, hou op om MY te toets. Wee enige baba wat sy vuis in die gesig van die Almagtige Lewende GOD, YAHUVEH skud. Daar is geen ander. 'EK IS' wie 'EK IS' en daar is geen ander GOD nie. Amerika, as julle nie ophou om daardie rooi, wit en blou vlag in 'EK IS' se gesig te waai nie, en begin om meer Goddelik te lewe, en die bybel op te hou, en die Torah te gehoorsaam nie..Die Torah is 'n goddelike standaard teen die boosheid in hierdie wêreld, sowel as die boosheid wat teen julle nasie kom. 'EK IS' gaan MY greep wat op julle is, nou weer losmaak en toelaat dat satan julle 'n loesing gee, waar die trane nie sal stop nie, ook nie die geween van hierdie nasie, wat regoor die wêreld gehoor sal word nie. 'n Satanistiese nasie sal julle slaan en julle liggame sal lyk of hulle rooi, wit en blou geslaan is.

EK sal toelaat dat satan sulke wonde op julle liggame aanbring, indien julle nie ophou met hierdie trotse, arrogante houding nie. Hierdie houding dat hierdie nasie perfek is en dat hulle nooit niemand enige skade aangedoen het nie, of nooit verkeerd gedoen het nie. Julle trots is 'n stank in die Hemel en veroorsaak dat EK skaam kry vir julle, terwyl die hele Hel opgewonde is en julle veroorsaak dat satan MY spot en MY herinner hoeveel MY genade en seëninge al oor Amerika uitgestort was. Omdat julle dit gedoen het, moet julle versigtig wees vir die prys wat julle gaan betaal, as julle gaan aanhou om soos 'n Babilon te wees. Dan sal julle nie weer opstaan nie. Babilon sal waarlik val, maar dit sal nie nou wees nie. Satan wil voor MY tyd gaan, maar Amerika, EK wag vir ware berou.

Julle nasie moenie trots wees op 'n vlag wat van gekleurde linne gemaak is nie, omdat die grootste deel deur julle vyande se eie hande gemaak is. Vyande wie julle vernietiging soek. Julle vlag is aanmekaar gewerk deur julle vyande se hande. Julle weet dit nie, maar wanneer daardie nasie julle vlae maak en aanmekaar stik, dan sit hulle hul vloeke daarop en op alles waarvoor julle vlae staan, en dan bid hulle tot hulle gode vir Amerika se verwoesting. O Amerika hoe bedroef is EK nie vir hierdie jong kind van 'n nasie nie. 'n Nasie wat so bederf is. Het EK te veel seëninge vir julle gegee? EK het waarlik vir julle op so 'n mate geseën dat die wêreld jaloers is. O Amerika, EK het vir julle meer as die res van hulle gegee, en julle tree op soos bederfde kinders wat net meer wil hê. En dan vra julle vir MY om maar minder van julle af te verwag. Julle moet berou hê voordat dit te laat is. Draai terug na MY. Moenie 'n ooreenkoms met 'n gewone vlag maak nie, maak 'n ooreenkoms met die GOD van julle Skepping en Redding. YAHUVEH en YAHUSHUA is ONS NAME.

O Amerika, EK huil en treur oor julle. EK stuur julle voort met die Evangelie van MY Seun YAHUSHUA en julle eie land draai hulle rug op MY, behalwe as daar slegte tye van nood is. Hoekom moet EK MY hand van beskerming van julle afhaal om julle aandag te kry? Dink julle dat EK daarvan hou dat julle voor die wêreld se oë swaarkry? Het EK nie deur hierdie Diensmaagd gesê, "Amerika, EK het die laaste vir julle gebêre" nie? Weet jy nie dat slegs jyself in beheer is van jou eie noodlot nie? Toe Amerika die vloedhekke oopgemaak het en toegelaat het dat elke geloof na hulle kus toe kon kom. Dink julle regtig dat EK wou hê dat julle al die vreemde gode wat vreemdelinge saam met hulle gebring het, moes verwelkom het? Het julle so vinnig vergeet waar julle vandaan kom en hoe julle gebore was? Het julle so vinnig die wonderwerke vergeet, wat EK gedoen het om geboorte aan hierdie nasie te gee?

O Amerika, moenie so maklik julle vryheid, wat EK vir julle gegee het, opgee nie. O Amerika, moenie so maklik vergeet dat daar slegs een GOD is, en dit is 'EK IS' wat julle bedek en beskerm. 'EK IS' dieselfde Skepper wat julle vir MY eie doel geskape het. EK gebruik julle om die ander nasies van hierdie wêreld te toets. Sal hulle julle sondige weë navolg? Ja MY jong kind Amerika, jy het sondige weë, en as gevolg van julle voorbeeld, het julle hierdie wêreld deurtrek met 'n voorbeeld van onheiligheid. Julle het die Evangeliste uitgestuur met 'n boodksap van Redding en hoeveel in julle eie nasie, eet tog van die vrugte van verdoemenis en onbelyde sondes? Wanneer julle dit wat Heilig is, onheilig noem, is dit godslastering in MY oë.

O Amerika, kom laat ons vrede maak met mekaar. Julle sing "God Bless America", maar julle weet nie dat die Boediste sê, "Dit is ons god vir wie julle, in Amerika, in daardie lied sing". Die Moslems sê ook, "Dit is ons god". Die sataniste sê, "Dit is ons god". NOEM die GOD wat julle dien, en NOEM die NAAM van die enigste een wie julle Skepper en Redder is! NOEM die NAAM YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH, ook Jesus Christus deur ander genoem. Dit is ONS NAME en hulle moet oral op elke luggolf uitgespreek word. Is julle so skaam om op YAHUVEH te roep dat julle MY NAAM vanuit julle skole en howe gesensor het? Hoekom word elke ander naam in Amerika gevind, selfs diegene wie vreemde gode dien?

Vreemdelinge wat na Amerika toe kom, en tog is hulle nie skaam om die name van diegene wat net 'n mens is, te noem nie, die duiwel in vermomming, wat nog steeds as gode gesien word. En tog is julle, wie apart gestel is vir MY Glorie, skaam om die NAAM bo alle NAME te noem. Dan durf julle dit om na MY vir genade te roep vir Amerika. O as dit nie vir die gebede van die gebeds intersessors, MY Ware Kinders, was nie, sou EK alreeds toegelaat het dat Amerika van die aarde afgevee word. Vir MY Babas, Bruid, Uitverkorenes in Amerika, sowel as diegene wat in ander nasies vir haar uitroep, sou EK julle al teen hierdie tyd uit MY geheue uit gevee het. Dit is hoe kwaad julle MY gemaak het. Maar hoe kwaad soos EK is, hoe huil EK nie vir julle nie, en vra EK dat julle moet berou, omdat EK nie wil hê dat enige een moet omkom en na 'n plek gaan wat nie vir mense gemaak is nie, maar vir satan en sy demone. Dit was gemaak vir die gevalle engele.

Ja Amerika, EK het weer MY hand van beskerming om julle gevou. Maar sien wat gebeur wanneer EK MY greep verswak? Sien hoe vinnig word julle nasie deur ander aangeval wat jaloers is op die seëninge wat EK vir Amerika gegee het. Laat die waarheid nou maar uitkom, Amerika, julle het geen vriende nie. Hulle is almal vyande in vermomming, en indien dit moontlik was sou hulle alles wat julle het geplunder het. 'EK IS' julle enigste ware vriend en 'EK IS' julle Skepper en Vader. Hoekom is julle skaam vir wie 'EK IS', en vir dit waarvoor 'EK IS' staan, en dit is Heiligheid, en vir dit waarteen 'EK IS' staan, en dit is alles wat onheilig is? Amerika julle moet berou hê, voordat dit te laat is. O Amerika, so jonk en dwaas. Dink julle dat EK tevrede is met die gebede wat julle aan ander vreemde gode opdra? Gode wat 'n gewone mens is, 'n duiwel in vermomming. Julle dag van gebed en herinnering het min gedoen om MY te eer. EK het slegs julle nasie gespaar, omdat die vurige gebede van die regverdiges groot krag het. Weet julle dat satan MY permissie gevra het om julle op daardie dag plat te druk? EK het geweier omdat die vurige gebede van die regverdiges groot krag het.

Amerika, wees gewaarsku, die volgende Wêreld oorlog, die 3de Wêreld oorlog sal die begin van die einde wees vir julle en baie ander nasies sal net soos julle, soos "dominoes" in 'n ry val, soos 'n huis van kaarte sal val. Wees versigtig en dink hard hieroor. Hoe kan EK julle seën om 'n oorlog te wen, as julle nie langer vir Heiligheid staan nie. Julle leiers is meer daarin geinteresseerd om die mense gelukkig te hou, as wat hulle die GOD van Redding vrees. MY Seun se NAAM is YAHUSHUA, en of julle HOM op SY Heilige NAAM noem, of die naam Jesus wat meer gereeld in Amerika gebruik word, is HY nog steeds dieselfde MESSIAS vir ewig en daar is geen ander nie. YAHUSHUA is die enigste weg om na 'EK IS' te kom. Daar is geen ander GOD as die Heilige Drie Enige GOD nie, en al drie is EEN.

Wees versigtig vir die valse messiasse wat rondom julle oprys. Wees versigtig, satan wil alles wat in die bybel is namaak. Wees versigtig, indien moontlik kan MY Babas, Bruid en Uitverkorenes ook mislei word. Satan kom as 'n engel van die lig en gee voor dat dit vir jou eie beswil is om beskerm te word. Wees versigtig wanneer julle na enige mens vir beskerming draai, voordat julle na YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA draai. Dan het julle in die strik van misleiding en bedrog getrap. Wees versigtig, wanneer YAHUSHUA mense vrygemaak het, en EK sê vir hulle hulle is waarlik vry, dan sal daar kragte van hierdie wêreld kom en julle vryheid van spraak, en om te reis, wegneem. Selfs die manier hoe julle saad saai, gaan weggeneem word. Wees versigtig, die bose mense sal selfs probeer om dit wat julle eet, drink en dra, te rantsoeneer. Hulle sal selfs vir julle sê WATTER DAG JY MOET AANBID!

Al die dae moet julle MY aanbid, maar daar is net een Ware Sabbat en dit is die dag wat YAHUHSUA vir julle gegee het, terwyl HY 'n voorbeeld gestel het en Here van die Sabbat geword het. Aanbid en Loof YAHUVEH en YAHUSHUA elke dag, maar veral op die Ware Hebreeuse Sabbat Dag. Rus op daardie dag in YAHUVEH, omdat EK gerus het nadat EK die wêreld geskape het. Wie is jy, 'n gewone mens wat dink jy het nie rus nodig nie. Volg MY Torah. Eer die Ware Sabbat Dag en hou dit Heilig voor MY. Rus op hierdie dag. Probeer om hierdie dag van MY te hoor, en vra vir MY wat jy op hierdie dag moet doen. Word los van die wêreld en eer die GOD van jou skepping en Redding. Sal 'n mens GOD besteel? Ja, selfs die Ware Sabbatte word vir jou en 'EK IS' eenkant gesit. Julle sien, dit sal vir nou en 'n ewigheid 'n dag van rus wees.

Kyk op watter dag hou die wêreld partytjie en is dit in dronkenskap, en die sonde heers. Weet dat dit 'n misleiding van die duiwel is om 'EK IS' kwaad te maak. So min verstaan werklik watter dag die Ware Sabbat is. Lees julle Skrif. Sê MY Woord nie, "6 dae moet jy arbeid en die sewende dag moet jy rus"? Dit is nie wetties nie. Dit is 'n seën wat vir jou en MY gereserveer is. YAHUSHUA sal op 'n Ware Sabbat dag terugkom vir SY Bruid, maar julle weet nie watter Sabbat dag nie, so wees gereed. Moenie dat HY jou kry waar jy drink of partytjie hou en werk soos die wêreld werk nie. Wanneer dit gebeur sal jy huil soos die vyf dwase maagde wat geen olie in hulle lampe het nie. Steek julle lampe nou aan die brand en hou dit aan die brand, totdat jy YAHUSHUA in al SY Glorie sien terugkom vir SY Bruid wat haar Bruidegom afwag.

Wees versigtig, die "World Trade Centre" torings is soortgelyk aan die pilare wat Simson geskud het. Amerika dit is waar julle jul geloof, vertroue en hoop ingesit het. Hierdie was torings waarin daar baie tale en nasies was, en julle het hierdie toring hoog gebou, en as dit julle kon, sou dit die hoogte van die toring van Babel bereik het. Net soos die toring van Babel voor die wêreld geval het, het EK toegelaat dat dit na die grond geslaan word. Nou is die land deurtrek met die bloed van diegene wat geval het en onder die torings lê, ter herinnering vir die sonde van trots in daardie torings. Niemand praat van die sonde wat in daardie torings was nie. Die sonde wat die julle wêreld aanbid het. Die sonde van gretigheid, diefstal, bloedgeld, in baie verskillende vorme. Sonde in meer vorme as wat EK kan noem. Die hele wêreld het van daardie beker van Babilon gedrink toe EK MY greep oor julle op daardie dag verswak het. Die vyand het ingekom en aangeval.

Die wêreld het in angs gekyk, terwyl hulle gesien het hoe julle wêreld torings in vlamme opgaan en op die grond neerval. EK toon genade op julle finansiële stelsel, vir een rede. Moenie dink dit is omdat Amerika so sterk is nie, niemand kan 'n depressie na vore bring nie, omdat dit die vurige gebede van die regverdiges in MY Seun se NAAM is, wat verhoed het dat EK nie toegelaat het dat die ekonomie na die grond geval het nie. Nog nie! So lank as wat julle gebede opgaan en daar meer geloof in 'EK IS' is as wat daar in hierdie regering of enige ander regering is.

Amerika, dink hard en lank voordat julle in nog 'n oorlog betrokke raak. Teen watter nasie sal julle veg? Julle het geen een-nasie om teen te veg nie. Julle is so klein in vergelyking met die groter nasies. Julle is soos 'n jongste wat die oudste wil oorwin. Die enigste rede hoekom julle die oorloë in die verlede gewen het, is omdat julle die meeste van die tyd na 'EK IS' en MY Seun YAHUSHUA gedraai het, en dat julle geweet het dat sonder ONS elke oorlog sou verloor het. Selfs julle eie voorletters is aan julle, deur 'EK IS' gegee. ONS (US) YAHUVEH en YAHUSHUA is die ONS (US) en die A staan vir Almagtig. Hierdie nasie moes staan vir "United States of Almighty". Julle het eens op 'n tyd die Almagtige GOD 'EK IS' en YAHUSHUA gedien. Dit was 'EK IS' se genade, liefde en wysheid wat EK aan julle politieke en geestelike leiers gegee het.

Wie sal nou luister? Watter gees praat nou deur julle leiers? Bid vir hulle. Julle Wit Huis is besmet en is nie skoon gemaak van geeste wat skeiding wil bring nie, en ook nie van geeste van egbreuk, moord, selfmoord, hoerery, gemeenskap buite die huwelik, gretigheid, jaloesie, antichris geeste, aborsie, homoseksualiteit, trots, ateïste, geen liefde, haat, selfsugtugheid, omkopery, leuen en misleidende geeste, sataniste, kranksinnigheid, verraad, kommunikeer met die dood, moet EK nog aangaan? Watter gees is daar nie nou in julle Wit Huis, waar julle leiers besluite maak nie? Waar is die Bloed van YAHUSHUA wat moet gebruik word om julle regerings huise skoon te maak? Waar is die berou waarvoor EK in Washington DC geroep het? Berou vanaf julle leiers wat verantwoordelik is omdat hulle onheilige wette uitgevaardig het. Mense, staan in die gaping vir julle politieke leiers wêreldwyd.

Amerika, moenie sonder 'EK IS' aan julle sy, na 'n oorlog toe gaan nie. Moenie toelaat dat julle politieke leiers julle oorreed om met hierdie onsigbare vyand te gaan oorlog maak nie. Kan julle waarlik die 60 nasies of meer beveg om die manne wat julle terroriste noem, te ontwortel? Hoe kan julle hoop om te wen? O Amerika, julle vat 'n wêreld vol van boelies aan. Boelies wat as jou vriend sal optree, maar wat as hulle die kans kry, jou sal verraai. Hulle sal aanval wanneer julle dit die minste verwag. Julle bied julle hand vol van geld en omkopery aan, en hulle haat julle daarvoor. Julle is gewaarsku! Amerika julle is so na aan MY hart. Selfs wanneer julle vyand dors en honger is, wil julle vir hulle kos en water gee. Kom julle nie agter dat julle soms julle vyand net sterker maak, in plaas daarvan dat julle hulle eerder moet swakker laat word nie? Julle maak hope kole en vuur op die koppe van mense wat nie julle GOD van julle voorvaders aanvaar nie. Hulle haat julle, wanneer julle liefde en medelye aan hulle betoon. Hulle kyk na julle en dink dat julle eerder swak is, as wat julle sterk is. Amerika, selfs nadat julle oorlog gemaak het, gaan julle en herbou julle die vyand se land, maar julle kan nie die trane wat julle veroorsaak het wegvee nie, omdat julle vinnig is om dit wat julle dink julle arms van krag, julle spiere is, te bult. En tog, wanneer julle spiere nie versterk word deur die Heilige Woord van YAHUVEH nie sal julle vind dat dit nog meer sal neem om te doen wat julle gewoonlik maar gedoen het.

Wees versigtig vir die hand van die een wat teregstel. Moenie julle vyande vertrou nie. Wees versigtig om jou rug te draai op die een wat teregstel. Daar is nou meer as een nasie en teregsteller oor wie jy moet bekommerd wees. EK het hierdie Diensmaagd, deur wie EK nou praat, gewaarsku, WEES VERSIGTIG VIR PAKISTAN, en hoeveel het dit waarlik uitgespreek om die leiers van hierdie nasie te waarsku? Amerika, julle glimlag en die nasies, wie julle dink glimlag terug, hou missiele agter hulle rûe. Oorlog sal julle op maniere seermaak, wat nog nooit tevore gebeur het nie. Die enigste manier hoe dit nie sal gebeur nie, is wanneer die vurige gebede van die regverdiges MY RUACH HA KODESH (Heilige Gees) aanspoor om Amerika te bedek, en om dan berou te hê, en op te staan vir Heiligheid en dan met vrypostigheid onheiligheid teregwys en dan op geen ander Naam as YAHUVEH en YAHUSHUA te roep nie. Bedek julle President Bush in gebed, en wee julle wanneer die volgende president kom. Wee julle wanneer die volgende Pous kom. Die volgende Pous sal nie 'n man vrede wees nie, en hy sal deur satan beheer word.

Onthou julle die Romeinse Ryk en wat dit gedoen het? Woorde van wysheid vir diegene in YAHUVEH, bid nou, vir die tye wat kom, omdat dit so vinnig op julle sal wees, nou is die tyd om dinge reg te stel met MY, EK praat nou met die hele wêreld. Amerika, julle kan 'n voorbeeld stel, asook Israel. As MY kinders maar net wou luister, dan sal hierdie wêreld nie die beker van MY woede hoef te drink nie. Ah, maar dit was vooruit vertel, en so besluit, so moenie MY tyding aanjaag nie. Daar is steeds tyd, as almal wat beweer hulle ken 'EK IS' net nie langer wil stil bly nie. Hierdie wêreld oorlog kan nog langer uitgestel word. Daar sal geen ander wees nie. Na die tyd sal daar 'n oorlog teen die Hemel self wees. Bid dat jy aan die Hemel se kant sal wees en nie aan die anti-messias se kant nie.

Om mee af te sluit, wil EK MY Babas vertroos. Hulle wat na MY toe kom met trane in hulle oë en wat bang is vir wat moet gebeur indien hierdie woorde van wysheid nie in ag geneem word nie. 'EK IS' het nie vir julle 'n gees van vrees gegee nie, maar 'n gees van krag en liefde en 'n normale verstand. Sê vir MY voor die tyd dankie vir julle Glorieryke Liggame wat julle sal hê. Liggame wat deur geen tralies teruggehou kan word nie, liggame wat nie doodgemaak kan word nie, liggame wat steeds nog sal doen wat die heiliges gedoen het toe MY Seun YAHUSHUA uit die graf uit opgestaan het. So ook het die heiliges in Jerusalem opgestaan, terwyl hulle geeste een geword het met hulle liggame en hulle opgestaan het met hulle eerste opstandings liggame, om 'n getuie te wees dat YAHUSHUA lewe en regeer en dat HY die MESSIAS is. EK sê weer, dit is hoe dit was, en so sal dit weer wees.

YAHUSHUA het eerste gekom en toe het die heiliges opgestaan en aan Jerusalem getuig. Lees MY Heilige Woord. Soos dit voorheen was, so sal dit weer wees. Dit is die dooies in die MESSIAS wat weer aan die wêreld sal getuig. YAHUSHUA is die MESSIAS, tesame met die wat lewendig is en MY Bruid genoem word. Hulle wat uitkyk en wag en tog die werk doen, wat deur hulle Hemelse Vader aan hulle gegee is om te doen. Hulle sal opgeneem word en YAHUSHUA in die lug ontmoet. Nie meer met liggame van vlees en bloed nie, maar met Glorieryke Liggame, waarmee hulle nog meer vir 'EK IS' sal doen, as met hulle gewone liggame van klei.

As julle MY Heilige Woord glo dan sal julle weet dat dit nie die eerste keer is wat 'EK IS' dit sal doen nie. Onthou julle vir Elia "Elijah" van Ouds, en vir Henog? Hoekom dink julle dat EK dit net twee keer kan doen? Is 'EK IS' nie daartoe instaat om dit weer te kan doen vir diegene wat geloof het en glo dat EK dit weer sal doen nie? Toe die kinders van Israel langs die kinders van Egipte was, het die plae nog steeds nie naby hulle gekom nie. Selfs die donker het hulle nie oorval nie. Die bloed van die geofferde lam, was oor hulle deurposte. Nou het julle 'n ander Geofferde Lam, die enigste Heilige Lam sonder vlek of kreukel. Daar was geen sonde in YAHUSHUA gevind nie. So ook al diegene wie se lewende Tempels in SY Gestorte Bloed by Golgata gewas het, vir die vergifnis van hulle sondes. Die wat berou gehad het en weggedraai het van hulle sondes. Hulle wie YAHUVEH en YAHUSHUA lief het en eerste soek in hulle lewens, wat gevul is met MY RUACH HA KODESH.

Net soos in die tyd van die Bose Farao. Wanneer die gees van die bose farao weer kom, sal die wonderwerke ook weer kom, soos met Moses en die kinders van Israel. As julle maar kan glo, dan sal wonderwerke waarvan nog nie vertel is nie, gesien word. EK sal steeds martelare hê, omdat dit vooruit besluit was, en hulle weet dit alreeds in hulle gees en is voorbereid daarop. Maar MY Kinders wie hull geloof in 'EK IS' plaas en na MY stem luister, sal weet wat om te doen en waarheen om te gaan en hulle sal die hand van die vyand elke keer vryspring. Nie almal sal Glorieryke Liggame kry nie, omdat nie almal glo nie. Sommiges wil MY toets en saam met hulle ongeredde geliefdes bly. Julle moet geloof hê vir die wonderwerke wat nodig is, om te probeer om hulle te waarsku sodat hulle nie die Merk van die Dier sal aanvaar nie. Ander sal weet dat hulle Glorieryke Liggame gaan kry, en dit is hoekom daar nou skeiding is, omdat albei groepe reg is. EK het dit al lankal in julle gees geplaas of julle MYNE is, of julle gemartel sal word, of julle sal moet doodgaan in die MESSIAS, waar julle dan weer eerste sal doodgaan en opstaan. Julle sal ook weet of julle opgeneem sal word om MY in die lug te ontmoet, terwyl julle lewendig is.

Hou op met hierdie dwase argumente. Kan julle nie sien nie, dit is hoekom EK hardop met hierdie Diensmaagd Sherrie Elijah gepraat het en gesê het, "Eers die eerste wederkoms en dan 'n volgende vir die wie EK liefhet!" EK het hulle albei lief! Die wat dood is in die MESSIAS en wat gaan opstaan en die wie lewendig is om opgeneem te word om MY in die lug te ontmoet. Kan julle nog steeds nie sien nie? Dit is hoekom EK hardop met haar gepraat het en gesê het, "Moenie sê dat julle 'n 'pre-trib', 'mid-trib' en 'post-trib' is nie, omdat dit geen van hierdie dinge is nie." Kan julle nie al sien dat julle almal reg is nie? Selfs die wie glo dat YAHUSHUA na die Verdrukking gaan kom. Sal HY nie kom om te regeer op aarde net soos HY in die Hemel nou doen nie? Julle het veroorsaak dat daar so baie woede in MY opgebou het oor hierdie dwase verdeeldheid. Kan julle nou maar hierdie debat met rus laat? Is daar nie genoeg haat en kwaad gevoelens onder MY kinders opgewek as gevolg van hierdie debat nie? Dit is satan wat dit binne in julle aanwakker. Werk saam, nie apart nie. Hou op om die Apostels en Profete te verwerp. Julle het die oë en die ore van die liggaam van YAHUSHUA nodig. Pastore, hou op om te dink dat die troppe skape niemand anders as net jyself nodig het nie. Die trop skape behoort nie aan jou nie, maar aan die enigste Goeie Herder. Genoeg is Genoeg!

Wat sal jy sê vir diegene wat agter gelaat is? Net omdat jy nie wou toelaat dat MY Profete en Apostels die skape en die lammers, asook die swart skape wat kon wit geraak het, moes waarsku nie. Maar julle was te besig om julle sakke vol te maak met goud, as om enigsins om te gee wanneer die skape en lammers wegdwaal. Solank die skape en lammers nie jou vermaan om berou te hê nie. Die skape en lammers eet dieselfde kos dag in en dag uit. Julle is bang dat enige iemand anders hulle voed. Bang dat die gemeente wie EK MY Skape en lammers noem, eerder geestelike kos vanaf die Hemel sal verkies. Vars nuwe wyn, julle is bang dat hulle daarop sal aandring dat die pastore die ou wyn uitgooi, sodat die wynsak nie sal bars nie.

Pastore, julle word verantwoordelik gehou vir elke siel in jou gemeente wat verlore gaan en die Hemel mis, omdat julle meer bekommerd is oor julleself, en met die bou van julle geestelike ryke, en julle reputasies, terwyl julle MY Skrif verdraai om by julle beeld te pas, om te verduidelik hoekom julle so wel af is. En MY Kinders kry swaar, terwyl julle julself met trots op pof en ryk word, deur nie die waarheid te praat nie, omdat julle bang is dat die skape en lammers beledig sal word. Julle is baie arm in die Hemel. Dra maar julle deftige pakke wat deur kleremakers gemaak word en bly maar in julle herehuise hier op die aarde. Waarlik, dit wat julle het, is wat julle op die aarde het. Julle is bankrot in die Hemel, maak nie saak hoe goed julle preek en die mense leer nie. EK het nie MY gawes weggeneem toe julle die weg van die wêreld gekies het nie. Julle het baie mislei, maar nie al MY Kinders nie, omdat EK die gawe van onderskeiding gegee het en hulle weet watter gees jou nou beheer, die gees van Mammon en gulsigheid. Jy is niks meer as 'n hoer in MY oë nie.

Julle kristal Tempels sal in stukke breek, terwyl julle aanhou om daar te staan in julle mensgemaakte glorie. MY Glorie is nie in jou nie. Diegene wie versoek om jou pastoor te noem, sal eendag dit ervaar en sien hoe die Glas Tempel na die grond toe val, terwyl EK dit skud, en almal daarin sal omkom. Hoe min sal die Hemel sien, wanneer dit gebeur. Het EK julle nie daarteen gewaarsku om nie Geestelike leiers te gaan soek wat net 'n voorwerp is om julle jukkende ore te streel nie. Julle is gewaarsku! Mensgemaakte torings wat 'EK IS' bespot, sal val. Ja selfs die wat homself as 'n toring beskou en MY NAAM gebruik en MY aanroep, maar wat tog nie meer MY ken nie. Julle sal val, wanneer hierdie geestelike leiers val. Die skape en die lammers sal uitmekaar spat en so min sal weer die Goeie Herder vind.

* * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van die 1ste Oktober 2001, 12:10 in die oggend. Ek stel hierdie vry en ek vra om vergifnis vir YAHUVEH, as ek nie alles geskryf het wat ek moes skryf nie. Ek het die beste gedoen wat ek weet hoe om te doen, om die gees te toets wat praat. Laat my asseblief weet indien julle die stem van ons Hemelse Vader hoor? Ek het ook aanmoediging nodig, omdat hierdie profetiese boodskappe die vyande oproer, wat hierdie Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA wil stil maak. Maar ten spyte daarvan sal ek eerder YAHUVEH en YAHUSHUA gelukkig maak as wat ek mense gelukkig maak. Apostel Sherrie Elijah. N.S. Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie.

Hierdie ID kaart is 'n voorganger van die Merk van die Dier. Ek het wakker geword, nadat ek deur YAHUVEH, in my slaap, die insig gegee is, oor wat 'n ID kaart is. Dit is 'n Merk wat jou apart stel van ander. Waar gaan hierdie inligting heen? Na 'n rekenaar in België wat die "BEAST" genoem word. Wees versigtig vir die voorganger van dit wat in die boek van Openbaring, die Merk van die Dier genoem word. Bid dat almal wie op die NAAM van YAHUSHUA roep, nie hier sal wees, wanneer dit in vervulling sal gaan nie. Niks sal gekoop of verkoop kan word nie, sonder hierdie Merk. Tony Blair probeer hard om dit in Engeland te kry. Mense, verhef julle stemme, of julle vrede sal vir altyd daarmee heen wees.

E-posse wat ek ontvang het:
Die hoof ding wat ek in hierdie Woord van ons Almagtige God sien, is dit. Indien die Pastore, Evangeliste, Leraars, Profete, Apostels wat nie ophou om jukkende ore te streel nie, en om te begin om die mense die waarheid te vertel nie, sal hierdie nasie ondergaan. Jy is een brawe hart wat vir die waarheid staan. Hou aan om te staan en bid dat ander jou dapper voorbeeld sal volg. Indien die kerk nie gaan saamstaan in ware berou, en uitroep na God om hom te vergewe omdat hy 'n kompromie met die wêreld, vlees en die duiwel aangegaan het, sal ons ondergaan.

Hierdie ding hang oor die koppe van die kerk wat verkondig dat hulle die Ware God en SY Heilige Woord ken. Ek het TBN aangeskakel en toe sien ek vir Paul en Jan Crouch. Hy het die Koran in sy hand gehou en vir miljoene Christene in Amerika vertel hoe vredeliewende mense die Moslems is en dat Mohammed 'n goeie mens was. Dit is twee weke voordat die Torings aangeval was. Dit is 'n voorbeeld van die mate van onkunde waarin die pastore en predikers ingesak het. Ek sien dat hulle letterlik in 'n valse lering en kompromie ingesak het. Nou vertel julle die wêreld, deur die internet. Hulle beter ag slaan hierop en luister en tot aksie oorgaan, ander sal ons ondergaan!!! "Die kompromie, O die kompromie het MY Kerk in hierdie bedroefde gemors laat beland", sê die Here God. "Vlug weg vanaf hierdie kompromie of word saam met hierdie huidige bose wêreld se gemors gemeng, en sak dan dieper in hierdie gemors in", sê die Here God.

Dankie Sherrie dat jy sterk staan vir GOD se Waarhede. Ek voel gelei om 'n voorstel te maak dat hierdie boodskap naby aan die nuwe profesie op julle webwerf geplaas moet word. Dit sal die kragtige Woorde van ons Almagtige GOD komplimenteer. Woorde wat die Groot 'EK IS' vir julle gegee het. Ons bied ons lof en danksegging aan, en gee eer en glorie aan die Vader God, die Heilige Gees en aan YAHUSHUA, ons God en ons REDDER. Dit sal ook ander op hulle hoede maak oor wat in die wêreld van kerke aan die gang is. Maar gebruik julle eie diskresie. Liefde Linda.

* * * * * * *

Suster Sherrie, ek het uiteindelik Boodskap #54 gelees en ek het die Heilige Gees in elke woord gevoel. Elke geseënde, gesalfde woord, veroorsaak 'n eggo van Waarheid in my siel en ek prys ons Almagtige God dat HY SY hart vir ons wys! Ek bid ook dat almal wie hierdie boodskap lees, sal oplet. Verseker doen ek ook my deel om hierdie boodskap te kopieër en te versprei na my vriende en geliefdes. Ek besef hoeveel tekortkominge ek self het, maar ek word waarlik gegrief, as ek kyk hoe die mense vir God vergeet het, in die naam van "kompromie". En hoe hulle die gebruik van die naam van die enigste een deur wie ons gered kan word vermy. Die naam YAHUSHUA! Hierdie profesie is waarlik gespreek sodat Amerika en die wêreld sal wakker skrik. Ek stem baie saam met die gedeelte waar almal rondgespring het en die Amerikaanse vlag gewaai het en gesê het, "God Bless America". Hoe kan God ons waarlik in ons sonde, rebellie en arrogansie seën? Waarlik! Berou en vernedering is wat waarlik nodig is. Ek bid vir alle siele om terug te draai na die enigste Ware en Lewendige God, YAHUVEH! Dankie suster, dat jy n vaartuig is, waardeur hierdie direkte profesie met goeie tydsberekening na vore gekom het om ons te waarsku, voordat dit te laat is. God seën jou vir altyd! Olga.