Profesie 50

Hoor, O Yisrael!
DIE KRAG! DIE KRAG! DIE KRAG!
Is in YAHUVEH se NAAM!

Deut 12:1-4
Dit is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat YAHUVEH, die ELOHIM van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neem al die dae wat julle op die aarde lewe. Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom.
En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn.
So mag julle nie doen met YAHUVEH julle ELOHIM nie.

Joël 2:32
En elkeen wat die Naam van YAHUVEH aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos YAHUVEH gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat YAHUVEH sal roep.

Jeremia 16:19-21
O YAHUVEH, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie. Sal ‘n mens vir hom gode maak wat tog geen gode is nie? Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet dat my Naam YAHUVEH is.

Psalm 118:26
Geseënd is hy wat kom in die Naam van YAHUVEH! Ons seën julle uit die huis van YAHUVEH.

Johannes 5:43
Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

Lukas 13:35
Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van YAHUVEH!

Doen ‘n bietjie navorsing. Soek die naam Jesus in die "Strong concordance". Dit is nommer 2424 in die Griekse een. Dit verwys na 3091 in die Hebreeuse een. Kyk dit op, 3091 is Yehowshuwa; wat beteken "YAHUVEH Red". "Halleuyah! Prys JAH!" Vervang al die name, Here en Jesus, in die Skrif. Dan sal jy dinge op ‘n hele ander manier verstaan. Gaan besoek hierdie webwerf: http://www.fossilizedcustoms.com/stoned.html vir ‘n uitstekende artikel.

Hierdie woord het met baie geween en met geestelike tale na vore gekom. YAHUVEH het gesê dat die res van die interpretasie, deur ander profete and apostels deurgegee sal word. Ek sal hierdie bandopname aan mense stuur, na wie die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), my lei. Hierdie boodskap het heeltemal onverwags na vore gekom, terwyl ek en ‘n ander suster in gebed was. O Vader YAHUVEH, spreek die woorde voort wat U wil sê…

*******

NEE! NEE! NEE! NEE! NEE! … (‘n Baie diep gehuil..)

O, MY hart is gebreek, MY hart is gebreek, MY hart is gebreek. Dink julle dat julle ELOHIM YAHUVEH se hart nie gebreek kan word nie? O, MY hart is gebreek. O, EK huil, EK gee die mens ‘n keuse. EK gee aan hulle vrye wil en wat doen hulle? EK gee hulle kennis. Weet julle nie hoekom EK vir julle gesê het om nie van die vrugte van goed en kwaad te eet nie? Dit is omdat EK geweet het dat die mens sou verkies om van die vrugte van goed en kwaad te eet. Dit is omdat EK geweet het dat die mens sou verkies om van die vrugte van die slegte kennis te eet. EK gee aan hulle kennis, en wat doen hulle? Hulle maak wapens om mee oorlog te voer om die hele mensdom uit te wis. Elke een wil groter wees as die ander. Elkeen is nie tevrede met dit wat EK aan hom gegee het nie, so nou wil hulle net soos Kain wees, wat vir Abel geslaan het en sy eie broer doodgemaak het. MY kinders, MY kinders, MY kinders, moenie MY blameer vir wat julle doen nie, EK het dan tog aan julle ‘n vrye wil gegee. Dit is julle wat hierdie leiers kies. Dit is julle wat hulle in die regering aanstel. Dit is julle wat nie omgee as hulle nie die Tien Gebooie en die "Torah" onderhou nie. Dit is julle wat nie omgegee het of hulle wel vir Yisrael lief het nie.

Die Bloed, die Bloed, die Bloed is op julle hande. Dit is julle wat uit vrees, nie wil opstaan teen aborsie nie. Dit is julle. Dit is julle wat stilgemaak was, toe julle sê dat homoseksualiteit verkeerd is. Julle maak die kerke vol en julle maak die kerkbanke vol, en julle sit agter ‘n skaapwagter, wat glad nie ‘n skaapwagter is nie. Julle kyk na hulle, terwyl hulle miljoene inpalm, en dan sê hulle dat dit deur MY hand is wat hulle dit kry. Terwyl dit eintlik bloedgeld is, wat aan hulle gegee word deur die krag wat hierdie land beheer. EK het MY magtigste vegters uit die kerke gehaal. Hulle sit daar sonder enige skaapwagter, maar, die grote ELOHIM, "EK IS", is daar vir hulle. MY ware skaapwagters weet nie waarvandaan die volgende dollars sal kom nie, maar hulle weet dat die grote ELOHIM, "EK IS" aan hulle benodighede sal voorsien. Dit is hulle wat EK sal seën en aanhou seën. Hulle huil en ween vir dit wat hulle sien. Maar hulle bly nie stil nie. Daar is vuur in hulle ledemate. Net so voel MY Diensmaagd dat sy aan die brand is, omdat dit MY vuur is. MY vuur wat binne in hulle brand. Hulle kan nie stil bly nie, al wil hulle. Dit is die Merk van MY ware mense. Dit is die Merk van die Uitverkorenes.

O Yisrael, O Yisrael, O Yisrael, sal jy nou, ten einde laaste na die groot ELOHIM, "EK IS" draai? As dit goed genoeg was vir jou Vader Abraham, sal dit dan nie weereens vir jou goed genoeg wees om te doen nie? Nee Abraham was nie ‘n god nie. "EK IS" sy Vader, ELOHIM. Selfs daardie tyd, het mense na Abraham gekyk asof hy ELOHIM was. Moenie meer na die mens kyk asof hy ‘n ELOHIM is nie. O Yisrael, O Yisrael, hoor wat EK sê, die krag, die krag, die krag is in MY NAAM! Moenie na die Priesters en die bose mense luister wat MY NAAM gesensor het, sodat dit nie meer op julle lippe is nie.

(Satan, ek wys jou tereg en ek bind jou: jy probeer nou verhoed dat hierdie boodskap na vore kom. Ek neem nou gesag oor jou, in die Naam van YAHUSHUA ons MESSIAS. Die Bloed, die Bloed is teen elke gees wat wil verhoed dat hierdie boodskap na vore kom, en wat dit wil verhinder dat ek dit kan hoor. Die Bloed van YAHUSHUA ons MESSIAS is teen julle! Ek roep nou Migael na vore, om my te help om hierdie boodskap uit te stuur. Help my, Help my, Help my! Moenie toelaat dat die gees wat my deurmekaar maak, teen hierdie boodskap kom nie. Dankie! Dankie!)

MY kinders, MY kinders, Yisrael, EK het ‘n krag in julle eie stad geplaas. Selfs in die stad se mure. Dit is waar Isak geoffer moes word. Maar ek het self ‘n ander offer gegee, sodat Abraham nie sy seun moes offer nie. Dit is waar EK MY offer geplaas het, op julle eie grond, op Golgota. Yisrael, roep op die NAAM van YAHUVEH. Moenie skaam wees vir die krag in daardie NAAM nie. Moenie dit langer uitvee nie. Moenie langer jou mond toe hou nie. Maar roep op MY NAAM, die enigste NAAM wat kan red. Moenie langer MY Seun YAHUSHUA ontken nie. HY kom vanaf julle eie land. As HY vanaf ‘n ander land gekom het, sou EK verstaan het, maar HY kom vanaf julle eie land. HY is op julle eie grond gekruisig. SY Bloed het in die grond ingevloei. Dit was in julle grafte, waarin HY neergelê was, vanuit julle eie grond het HY weer opgestaan. Dit was vir julle sondes, en die sondes van die wêreld, dat HY doodgegaan het, en dit was vir julle en die wêreld, dat HY opgestaan het. Moenie die enigste een wat red, ontken nie. Roep op die NAAM van YAHUSHUA. Roep op die NAAM van YAHUVEH.

Moenie na die bose priesters luister, wat julle op die verkeerde pad lei nie. Net soos EK die waarskuwings aan die kerke gegee het, gee ek die waarskuwings aan die tempels. Die tempels is vol mense, maar MY Gees is nie daar nie. Julle het die wette, maar julle het nie die RUACH (HEILIGE GEES) nie. O MY kinders, MY kinders, MY kinders, weet julle hoekom is daar nie water op die land nie? Julle is dors, en wonder hoekom is daar droogte in Yisrael. Dit is omdat julle die Lewende Water, by die vrou wat by die put gestaan het, verwerp het. EK hou aan om MY priesters, profete en apostels na julle toe te stuur. Hulle kom in MY Seun YAHUSHUA se NAAM. Hulle bied aan julle die Lewende Water, maar julle stoot net hulle hande weg. Dit is julle, O Yisrael, wat julle leiers se leuens aanvaar het. Die priesters wil nie hê dat julle moet weet dat die krag in die NAAM is nie. MY NAAM is YAHUVEH! Julle Redder, die MESSIAS, se NAAM is YAHUSHUA. Sal julle nou luister en in daardie NAAM begin bid?

Kyk om julle Yisrael, sien julle ‘n vriend? Yisrael, kyk rond, julle sal nie meer staatmaak op dit waarop julle altyd staatgemaak het nie. Sal julle nou luister, waar EK deur hierdie Diensmaagd, op hierdie dag praat? Sal julle nou uitroep in die NAAM van YAHUVEH en die geskenk van YAHUSHUA, wat EK aan julle gegee het, aanvaar? Sal julle die NAAM wat EK aan julle gegee het, aanvaar, sodat julle gered sal word? O Yisrael, julle moet die Messiaanse Christene verwelkom, diegene wat deur MY NAAM geroep is, omdat dit julle beskerming is. Hou op om hulle weg te gooi. Roep uit na MY, na die ELOHIM, YAHUVEH. Hulle roep uit na MY in die NAAM van YAHUSHUA. Hou op om hulle weg te gooi, luister na MY profete, luister na MY apostels, en luister na die wat EK na julle stuur. Hulle kom met MY hart, MY hart van liefde vir jule, O Yisrael.

Elke keer wat julle voor die Westelike Muur staan, moet julle opkyk, omdat MY Seun uit die Ooste sal kom. Moenie langer deur hierdie leuens mislei word nie. EK het elke traandruppel getel wat gestort was by daardie Westelike Muur. Dit is dieselfde plek waar Abraham gedink het dat hy vir Isak sal moet offer. Dit is dieselfde plek waar Jakob ‘n leer na die Hemel toe gesien het. Dit is waarlik Heilige Gewyde grond. Vir die wat in MY NAAM uitroep, sal EK weer die wonderwerke doen wat EK destyds gedoen het, Yisrael. Moenie soos die wêreld maak nie. Moenie enige wapen of ’n mens vertrou nie. Draai eerder na die grote ELOHIM YAHUVEH, die een wat genoem word, GROOT ELOHIM "EK IS"! Yisrael, eendag, binnekort sal julle die wapens van mense aanskou, waar dit op julle gerig sal wees. Julle moet vas, en huil en ween in die NAAM van YAHUVEH en in die NAAM van YAHUSHUA. EK sal julle hoor en julle land bevry.

Ja dit is waar, ‘n bose een sal kom en hy sal sê dat hy "EK IS" is! Hy sal die "Torah" wegvat en MY wette herskryf. O Yisrael, hy gaan aan julle vertel dat hy die antwoorde het, dat julle nooit weer honger of dors hoef te wees nie, en nooit weer hoef oorlog te maak nie. Maar weet dat hierdie die woorde van ‘n bose man sal wees, wie homself gaan instel as die Messias van die hele mensdom. O Yisrael, EK wil julle nou waarsku, voordat die bloed in al die strate gaan vloei. Die bose een wat gaan kom, sal op die ou einde van die dag, sneuwel. So, lig julle stemme op, O Yisrael, en almal wat Yisrael lief het. Roep op die enigste NAAM YAHUVEH en in die NAAM van YAHUSHUA, wie alleen kan red! O Yisrael, O Yisrael, julle is nog steeds die appel van MY oog, omdat julle steeds nie MY Fees dae en die Sabbate verafsku nie. Bevraagteken enige leier wie nie in MY NAAM bid nie. Wie nie die "Torah" onderhou nie. En wat vir mense vertel dat ons hierdie oorlog nie sal kan wen met vas en gebed nie, maar slegs met wapens.

Wees gewaarsku, elke vyand van Yisrael. O Yisrael, julle word beskerm deur Amerika. Maar wee Amerika, wanneer hulle hulle rug op Yisrael sal draai. Selfs die Skrif bevestig dit dat julle vir die vrede van Jerusalem moet bid. Wanneer julle enige iets doen wat teen MY woord is, moenie dan dink dat EK dit nie gehoor het nie. Nou praat EK met die ganse wêreld. Los die appel van MY oog uit! EK het haar gestraf. Sy ken nie vrede nie. Maar dit is vir MY om dit te doen, nie julle nie. Sy sal weer ‘n keer uitroep na MY, die ELOHIM van hulle voorvaders. EK het ‘n verbond met Abraham gesluit en EK sal dit nie verbreek nie. EK het ‘n belofte aan YAHUSHUA gemaak, omdat HY gesê het, hulle weet nie wat hulle doen nie. HY het gesê, "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie." Maar julle Amerika, en die wat deel is van die Verenigde Nasies, EK waarsku julle nou, moenie teen die appel van MY oog te staan kom nie. Alhoewel sy baie verkeerd gedoen het, het sy ook gedoen, wat reg is in MY oë. Die mense van Yisrael is soos een groot familie, wanneer jy een seermaak, maak jy almal seer. Wanneer jy een doodmaak, is dit asof hy deel was van hulle eie familie.

O Amerika, julle dink, net julle ken verdriet. Julle moet tog in die skoene loop waarin Yisrael geloop het. Hulle veg en hulle sukkel vir elke asemhaling, vandat EK hulle nasie daar gestel het. Vandat hierdie baba gebore was, was sy oor en oor getoets. Hulle het probeer om haar dood te maak. Maar EK het elke keer net weer asem in haar in geblaas, soos EK dit oor en oor gedoen het. Almal wat haar wil vernietig, weet dat "EK IS" dit weer sal doen. Hulle is honger en dors vir regverdigheid, maar hulle weet nie hoekom nie. As hulle maar net die vars manna en die Brood van die Lewe en die nuwe Wyn wil aanvaar. Dan sal hulle lewe en nie doodgaan nie. Maar hulle sal, EK sê vir julle, hulle sal. EK het ‘n oorblyfsel wat vanuit Yisrael sal kom en sal lewe en Yisrael sal staan, maar sy sal nie deur ‘n mens beskerm word nie.

EK het ‘n geheim in Yisrael geplaas. En die krag is in daardie boks. ‘n Krag soos geen ander nie. Met al julle atomiese wapens, kan julle nie amper begin om te vergelyk met die Staf wat EK in daardie Boks geplaas het nie. Dit sal weereens die rivier bedding van die Rooi See, opdroog. Die wonderwerke wat Moses gedoen het, sal weer gesien word. As hulle maar net weereens wil glo. Die NAAM, die NAAM, die NAAM, die krag is alleen in die NAAM. Roep uit na MY in die NAAM van YAHUSHUA, omdat die bose nie kan bly staan in YAHUSHUA se NAAM nie. Roep uit na MY in die NAAM van YAHUSHUA. Die Bloed bedekking van hierdie land en die wêreld. HY is waarlik YAHUSHUA julle MESSIAS. Nie net van Yisrael nie, maar van die hele wêreld. SY Bloed het in die grond in gevloei, binne in Yisrael se grond in. Dit het regoor die wêreld gevloei na elke man, vrou, seun en dogter. MY kinders, julle moet die krag van daardie NAAM ken. In die NAAM van YAHUSHUA sal MY kinders gered word.

(Elisabeth bid: Dankie, Dankie Vader, Dankie, Dankie, Dankie) Sê net vir Yisrael dat EK ‘n baie groter offer vir hulle gegee het, as die offer wat Abraham vir MY moes gee. Dit sou sy seun gewees het. Maar EK het MY eie Seun gegee, en SY NAAM is YAHUSHUA. Dit was net daar waar die Westelike Muur is, waar hulle kniel en bid. Hulle sal nie amper verstaan hoe heilig daardie land is nie.

(Elisabeth bid: Dankie Here, Dankie Vader, Dankie YAHUVEH, Dankie YAHUSHUA. EK roep uit vir genade, genade vir Yisrael. Ons weet nie wat aangaan nie. Ons het nog nie na die nuus geluister nie. Ons loof en prys en dank U YAHUVEH, vir U woorde. U het gesê dat hulle die appel van U oog is. Hulle is die appel van U oog. O, wees genadig! Wees genadig, O wees genadig! EK roep uit vir meer genade vir Yisrael as wat EK doen vir Amerika. Vader, EK roep uit vir meer genade. Die visioen wat EK gesien het, was die bloed, die bloed toe YAHUSHUA doodgegaan het, en die bloed het in die grond ingegaan. YAHUVEH het vir my gewys dat dit regoor die wêreld rooi is. Dit bedek die hele wêreld. Alhoewel ‘n mens dit nie kan sien nie. Halleluja! Dankie Vader! Dankie YAHUSHUA!

*******

Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah op die 8ste Oktober, (Tishri die 21ste), tussen 3:00 en 4:00 in die oggend, gedurende die Fees van die Tabernakels.