Profesie 51

DIE TROMPET ROEPING VIR DIE 144 000.
MOENIE BANG WEES NIE, MY GELIEFDE KLEIN MENSIES,
EK IS BESIG OM ‘N STANDAARD OP TE RIG TEEN DIE BOSE!

Ek gee hierdie boodskap aan julle, vir die vrees van YAHUVEH en YAHUSHUA, onder die Salwing van die RUACH (HEILIGE GEES). Ek wil nou vra dat as enige iets nie in lyn is met die Heilige Skrif nie, julle my sal laat weet. Ek toets elke gees wat spreek, veral in ‘n profetiese boodskap. Omdat baie mense vir my e-pos gestuur het, en hulle so vol van vrees was, het ek gebid vir ‘n woord van aanmoediging, vir myself ook. Hierdie profetiese boodskap het na vore gekom, toe ek dit die minste verwag het. Ek was besig om ‘n e-pos vir ‘n suster, wat ook aanmoediging nodig gehad het, te stuur. Ek bid dat hierdie woorde ‘n seën vir jou sal wees, en jou sal help, wanneer daar nuus, vol van vrees gaan wees. Ek weet dat dit my sal help. Dit is ‘n angsvolle werk om die mondstuk vir YAHUVEH te wees, en ek bid dat ek elke woord skryf soos YAHUVEH wil hê dit moet gesê word.

Voel asseblief vry om hierdie te kopieër en aan ander te stuur, wanneer daar ‘n tyd met groot vrees gaan wees.
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Psalm 2

"Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!"

*******

DIE TROMPET ROEPING VIR DIE 144 000.
MOENIE BANG WEES NIE, MY GELIEFDE KLEIN MENSIES,
EK IS BESIG OM ‘N STANDAARD OP TE RIG TEEN DIE BOSE!

Wanneer die vyand soos ‘n vloed gaan inkom, sal EK ‘n standaard teen hom oprig. Net omdat jy dit nog nie gesien het nie, moet jy nie bang wees en dink dat EK MY belofte vergeet het om dit te doen nie. MY geliefdes, moenie bang wees nie, weer sê EK, YAHUVEH, moenie bang wees nie, MY geliefde klein mensies. EK, YAHUVEH het julle nie grootgemaak vir hierdie uur en die kennis aan julle oorgedra, sodat EK julle nou sal verlaat nie. Jy is een van MY gesalfde, versteektes. Nou is die tyd om op te staan en jou broers en susters in YAHUSHUA te hulp te snel. EK het aan jou lande, eiendoms, skepe, eilande, huise en finansies gegee. EK het miljoenêrs wat in die geheim is. Ja selfs multi miljoenêrs. Tog was julle nie baie bruikbaar vir MY Koninkryk nie, omdat julle in die wêreld se oë gebly het en tog ook probeer het om op MY fyn lyn te loop. Julle het MY lief en dien MY in die geheim. Julle het self gesê, "Wat kan ek doen vir die Koninkryk van YAHUVEH? Hoe kan ek die evangelie van YAHUSHUA versprei?" So julle bly maar stil en kruip weg en bid dat iemand anders sal doen wat julle nie kan doen nie. Binnekort gaan dit te laat wees om MY profete en apostels te help. Verstaan julle nie watter prys, hierdie een, waardeur EK spreek, moet betaal nie? Die aanvalle wat afgeweer moet word, nie net in die fisiese ryk nie, maar ook in die geestelike ryk? Help jy, of verhinder jy net?

EK, YAHUVEH stort baie geskenke binne in jou in. MY versteekte mense het ‘n Godgegewe wysheid. EK het julle nie net in hierdie wêreld geseën nie, maar ook in die RUACH HA KODESH (HEILIGE) Geestelike Ryk. Jy het saam met die wêreld gewerk, maar tog het jy versteek gebly. Baie van julle is geniaal. EK het julle as dokters, prokureurs, onderwysers, filantrope, bankiere, beleggers, skilders, rekenaar geleerdes, elektrisiëns, polisielede, mense in die regerings, senatore, mense in die kongressie, staatsmanne, verkopers, eienaars van store, mense van agentskappe, eiedomsagente, kapteins, eienaars van skepe, van restuarante, alle vorms van vervoer, akteurs, film industrie, sangers, makelaars, skrywers, kokke, ontwerpers, kontrakteurs, daar is geen beroep waarin EK nie MY geliefdes in versteek het nie. Hierdie is MY dissipels wie MY Seun YAHUSHUA volg en begeer om gehoorsaam aan YAHUVEH se wette te wees. Hierdie versteektes is regoor die wêreld. Die manier hoe hulle ‘n mens se wette meet, is as volg; Is dit in lyn met die Skrif? Dit is die standaard waarmee hulle alles meet. As dit waar is, sal die Skrif en die Tien gebooie dit bevestig.

EK, YAHUVEH het julle weggesteek vir ‘n tyd soos hierdie. Bid sodat jy sal weet hoe om jou talente, geskenke, wysheid, eiendom, finansies en geestelike geskenke, kan gebruik. Alle wysheid is nie altyd teen MY Skrif nie. Julle moet hierdie dinge gebruik om ander te help, wanneer daar geen ander manier gaan wees om te koop of verkoop of om ander te help nie. Julle wysheid, openbarings, kennis om gesond te maak en die opleiding wat aan julle gegee is, sal handig te pas kom vir ander, op so ‘n tyd. Julle sal weet wanneer om dit te gebruik, waar om hulp aan te bied en vir wie om te help. Dit sal nodig wees vir julle om MY apostels en profete te versteek op ‘n tyd soos hierdie. Hulle sal versteek moet word. Omdat daar bose mense gaan wees wat hulle verwoesting soek. Nou kan niemand sê dat hy nie gewaarsku was, voordat die oordeel gekom het nie.

EK, YAHUVEH stuur altyd eers die profete en apostels om te praat. Nie net om te berou nie, maar om ook vooraf te waarsku van die gevare wat gaan kom, asook hoe om uit die vyand se kloue te ontsnap. MY versteekte mense moet dapper wees wanneer julle julle versteekte kennis en openbarings wat EK, YAHUVEH daagliks aan julle gee, met hulle deel. Wees versigtig, moenie net op julle eie krag staatmaak nie, maar maak ook staat op die krag van YAHUSHUA, omdat daardie krag genoegsaam is, maak nie saak wat op julle pad gaan kom nie. Is enige iets te moeilik vir YAHUVEH om te oorbrug? Dit wat in julle pad staan, voel vir julle soos ‘n hoë muur waaroor daar nie geklim kan word nie, of waar daar nie om geloop kan word nie. Met MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) salwing sal julle nie misluk nie. EK, YAHUVEH breek nou die mure af, wat julle in tronke gevange gehou het, waar julle apart gestel was, weg van ander.

EK, YAHUVEH voeg julle nou saam met ander. Hulle sal ook MY versteektes wees wat EK onder MY vlerk van beskerming sal plaas. Wag totdat julle die wonderwerke sal sien wat EK gaan doen. Julle sal dit sien. Julle sal sien hoe EK, YAHUVEH weereens, die mense wat deur ander vernietig wil word, sal bevry, net as gevolg van MY NAAM. EK, YAHUVEH het hierdie profeet gekies om die Trompet Roeping vir die 144 000 uit te stuur. Leer die lied van Moses. Daarbinne is die oorwinning in MY, YAHUVEH se NAAM! MY nuwe mandaat aan hierdie apostel dogter van MY, is: Dit is nou die tyd om YAHUVEH se gesig, YAHUVEH se wil en YAHUVEH se bevele te soek. Loop, wanneer YAHUVEH sê, loop. Hardloop, wanneer YAHUVEH sê, hardloop. Praat, wanneer YAHUVEH sê praat. En doen niks wanneer daar vir julle gesê word om net te sit en wag. Maak nie saak hoe klein die besluit is nie, leer om te bid, sodat EK MY wil aan jou kan bekend maak, nie jou eie wil nie.

EK, YAHUVEH salf MY uitverkorenes op ‘n groter manier as wat EK dit ooit van tevore gedoen het. Studeer en wys dat jy waardig is, sodat niemand jou kan mislei met die Skrif nie. EK, YAHUVEH maak nou MY troepe op die muur bymekaar, om satan en sy demone wat jou omsingel, te kan oorwin. Die wapens wat jy het is nie fisies nie, maar geestelik. Geen wapen kan vergelyk word met die onbekende salwings wat EK onwetend in elkeen van julle geplaas het nie. In MY tyd sal julle sien hoe EK, YAHUVEH ‘n standaard oprys teen diegene wat die Christene en die Jode wil seermaak. Alle Israeliete wie op MY NAAM roep, diegene wat nie bang is om die Heilige Name te gebruik nie. Hulle besef dat hulle mislei is en verkeerd geleer was. Daar is salwing, bevryding en genesende krag in die Name van YAHUVEH en YAHUSHUA.

EK, YAHUVEH wil dit aan julle vra, sal julle die beloftes wat EK aan julle gegee het, verlaat? Die geseënde hoop wat EK aan julle gegee het? Hoekom sal EK sê julle is nie onder MY woede nie, maar onder MY genade. Dan leer julle aan ander dat EK, YAHUVEH geen uitweg sal bied aan die Christene wie uitroep in MY en YAHUSHUA se NAAM nie? EK, YAHUVEH het ‘n ark vir julle. Al MY kinders, wie op MY vertrou, wie MY stem duidelik hoor, glo net, en hou aan om MY te vra. Dink julle dat EK, YAHUVEH julle so ver gebring het, net om julle nou in die steek te laat? EK, YAHUVEH sal nie vir Israel spaar net omdat haar mense meer heilig is nie. Om die waarheid te sê, haar sondes is net so groot soos ander nasies in die wêreld. Die stank het die Hemel bereik! Geen nasie of mense is beter is ander nie. EK, YAHUVEH sal nie toelaat dat Israel heeltemal vernietig word nie, omdat EK, YAHUVEH ‘n verbond met Abraham en sy saad gesluit het.

MY kinders wie in MY Seun se Bloed ingegraveer is, moenie bang wees nie. EK, YAHUVEH sal die Bloed Verbond wat EK met jou het, ook eer. Deur die geestelike Bloedlyn van YAHUSHUA is julle ook Jode. Diegene wie YAHUSHUA se Bloed Verbond weier, en sê hulle doen dit omdat hulle Jode is, diegene wie YAHUSHUA as MY Seun en julle MESSIAS verwerp, wees gewaarsku. Aangesien julle die geskenk weier, wat EK, YAHUVEH by Golgota vir julle gegee het, sal slegs die wat glo en die "Torah", en die Sabbatte en die fees dae hou, gered word. EK, YAHUVEH wil julle herinner dat sonder enige sonde offer, wanneer julle sondig, is daar geen heilige, sondelose offer nie. Julle sal nie deur YAHUSHUA veroordeel word nie, maar deur Moses en die wette van Moses. Wee hulle, wanneer dit gebeur.

Daar sal geen genade wees wanneer Moses gaan oordeel op die dag van Oordeel nie. As dit so maklik was, dink julle dat EK MY geliefde Seun, YAHUSHUA sou stuur om swaar te kry en dood te gaan in julle plek? Almal het gesondig en is ver van die Perfekte Skepper af. Dit is soveel beter vir MY kinders, wie weet dat hulle sondaars is en tog hulle beste doen om gehoorsaam te wees en berou te hê en om vergifnis te vra in YAHUSHUA se NAAM en weet dat YAHUSHUA hulle Bloed Verbond is, wie ook geoffer was vir hulle sonde. YAHUSHUA sal hulle, wie HOM op die manier aanvaar het, veroordeel. Nie die wette van Moses, of Moses self nie. YAHUSHUA sal die heidene, wie weier om heilig voor MY te lewe, veroordeel. Hulle wie die enigste heilige sondelose bloed versoening vir sondes, verwerp het.

Is EK nie daartoe in staat om julle te bevry en te beskerm nie? Die planne wat EK, YAHUVEH vir julle het, is bedoel om goed te doen, nie vir enige boosheid nie. Vertrou MY en hou op om self te probeer verstaan. MY kinders weet dat EK, YAHUVEH alleen die antwoorde het. EK, YAHUVEH belowe dat ek die rigting vir julle sal aandui, terwyl julle in MY voetspore volg. As julle julle eie voetspore alleen wil volg, sal julle weggelei word. MY voetspore is soliede treë wat na die oorwinning lei. Glo en ontvang die oorwinning. Veg vir dit wat julle weet is reg. Daar is mense in julle lewens met wie julle alledaags te doen gekry het, wat EK nou gaan verwyder. Dan sal EK ander in julle lewens inbring om julle aan te moedig en julle in alle weë te ondersteun.

Moenie sê dat daar nog nie tyd is om dit of dat te doen nie. Besef eerder dit, is EK nie die Vader van alle tyd nie? Die een wat tyd hou, EK, YAHUVEH is tyd vanself. Wie kan MY verhoed om dit te stop of terug te wen? Geliefde kind, en alle kinders van MY, wie vir YAHUSHUA op SY NAAM roep, en weet dat hulle niks kan doen sonder daardie Heilige NAAM nie. EK het julle opgelig vir ‘n tyd soos hierdie. Julle is deel van MY versteekte gesalfdes. Alhoewel die vyand hulle tande sal kners en probeer om julle seer te maak, waar hulle julle name neergeskryf het. Maar EK het ook hulle name neergeskryf in die boek van vervloektes. Hierdie bose mense sal ‘n ewigheid in die poel van vuur spandeer, waar hulle sal maai wat hulle nou saai!

EK sal weereens aan MY kinders bewys dat as julle na MY stem luister en in MY voetspore volg, julle die vyande wat julle wil vernietig, sal oorwin. En al MY kinders wat elke woord van MY hoor en gehoorsaam is aan MY, of ten minste probeer, en weet dat wanneer hulle wel gesondig het, hulle YAHUSHUA se bloed vir vergifnis van sonde het. EK, julle Vader YAHUVEH sal hulle dronkslaan met die bose mense se eie tegnologie. EK sal hulle dronkslaan met hulle eie uitvindsels. Die strikke wat vir MY kinders gestel is, sal vir geen aardse of wetenskaplike redes terug boemerang na die bose mense toe en hulle dan self in die strikke vang. Hulle wat die volgelinge van YAHUSHUA wil vernietig. Wat EK eenkeer alreeds met die bose Farao gedoen het, sal EK weer doen. Die Goliatte van hierdie wêreld sal altyd by die hand van YAHUVEH val.

Diegene wat bose geheime hou, hulle wie dinge soos geheime van die okkult, demoniese metodes, wetenskaplike en politiese kennis en mensgemaakte wette, wil gebruik om MY kinders te vernietig. Hulle wil die vryheid wat EK aan MY kinders gegee het, wegneem. EK, YAHUVEH het ‘n verrassing wat wag vir hulle. Dit sal al hierdie bose mense wat dink dat hulle wys is, dronkslaan. Hulle wil MY kinders seermaak. EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA beloof plegtig om diegene wat voortgeroep is en gesalf is vir hierdie uur, te beskerm.

Diegene wat MY stem, meer duidelik as enige ander stem wil hoor, hulle is MY ware skatte op die aarde. Almal wie uitroep na YAHUVEH en YAHUSHUA, en wat vertrou op die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), sodat hulle gelei sal word deur ‘n baie onbekende salwing. ‘n Salwing wat uniek is en nog nooit gesien is nie. Hulle moet besef dat EK hulle nou snoei en alles in hulle lewens verwyder wat verwyder moet word. Ja, selfs julle geliefdes moet gesnoei of verwyder word, deur YAHUVEH se hand, omdat EK MY Geliefdes moet beskerm. As hulle nie enige hulp vir jou aanbied nie, en eerder ‘n verhindering is, dan moet jy weet dat EK hulle gaan verwyder, omdat hulle jou sal verraai, selfs tot die dood toe, as YAHUVEH nie dit verdeel wat nooit bestem was om een te wees nie.

Bid en tree tussenbeide vir julle geliefdes, maar wanneer EK vir jou sê om weg te gaan, en dat jy nie jou geliefde moet saam neem nie, sal dit ‘n toets wees vir jou liefde vir YAHUVEH. Sal jy alles vir MY ontwil opgee, net soos Lot, toe daar aan hom vertel was om te vlug? Hy het geen keuse gehad om van sy vrou geskei te word nie. EK het haar in ‘n pilaar van sout verander. EK moes vir hom en sy dogters op die harde manier wys. EK vereis gehoorsaamheid, veral wanneer EK ‘n engel stuur om te waarsku, "Gaan uit, vlug, hierdie plek is op die punt om vernietig te word." Lot se vrou het gevlug, maar sy het haar kop gedraai en teruggekyk en sy was bedroef oor al haar besittings, haar huis en vriende in die stad. Dit is ‘n les. Wanneer EK aan jou vertel om te vlug, maak nie saak wat nie, wees gehoorsaam of die lot van Lot se vrou, sal MY kinders se lot wees.

Vertrou MY en weet dat die planne wat EK vir jou het, vir ‘n goeie doel is, en nie vir enige boosheid nie. EK lag as EK hoor hoe die vyande planne maak en sê dat alle Christene en Jode sal doodgaan. Verstaan die vyande dan nie, dat alhoewel hulle hard probeer het om MY mense uit te wis in die tyd van die Romeinse Ryk en in Hitler se tyd, hoe meer mense geoffer was, hoe meer het EK nuwes opgerys? Die bloed van die priesters wat geoffer word sal net meer priesters na die Koninkryk van die Hemel bring. Nog Saulusse sal Paulusse word. Die vyande is so dwaas. Dink hulle nie dat die Hemel self sal neerkom oor hierdie demoniese vyande, en dat die hemelgewelf MY woede sal neerstort oor MY vyande wat ‘n masjien wil gebruik wat God speel nie? Selfs nou, slaan EK vyande dronk, op maniere waarvan julle nie eers weet nie. MY vyande, wees gewaarsku, EK sal jull eie skeppings teen julle en julle families draai. MY kinders sal gespaar word.

Hoeveel keer het Ek nie al nasies, nie net in Amerika nie, maar in Israel ook, in hierdie laaste maand gespaar nie? Maar nie net dit nie. Die hele wêreld sou homself al verwoes het, omdat nasies dodelike oorlog speletjies teen mekaar speel. En waarvoor? Vir wraak, gulsigheid, krag en ‘n begeerte vir meer krag en beheer. Net EK YAHUVEH, alleen sal opbou en wegneem. Hoe kan EK MY ore doof hou, selfs al wil EK, wanneer MY mense in MY Seun se NAAM uitroep vir genade vir die land waarin hulle leef, asook ander wat nie eers in daardie land leef nie? EK het MY woede uitgestel, net vir een rede, en dit is as gevolg van die gebedstryders wat tussenbeide tree en die wêreld in hulle gebede bedek, in MY Seun YAHUSHUA se NAAM. Julle ark van veiligheid is daar as gevolg van die aanhoudende gebede van die regverdiges.

EK is YAHUVEH en daar is geeneen soos EK nie. Die bose mense wil wapens gebruik om die gedagtes van MY kinders te manipuleer. Hulle sal gou uitvind dat die standaard wat EK gaan oprig, hulle wapens buite werking sal maak. EK sal elke uitvinding, masjien, wapen, siekte, biologiese wapens en kiem oorlogvoering, teen hulle self draai. Selfs hulle eie families sal vir hulle skaam kry en die bose mense se liggame sal nie te lank aanhou lewe nie. Dit is MY wraak teen diegene wat die verwoesting van YAHUVEH se gelowiges en YAHUSHUA se volgelinge soek. EK is lief vir julle. Ja, selfs vir die wat vir YAHUVEH haat. EK alleen het julle geskape. Dit sal YAHUVEH se eie hand wees, wat vanuit die Hemel gestuur gaan word, wat beide liggaam en siel sal vernietig en dit na die Poel van Vuur sal stuur, indien julle nie berou het in julle gebede, en om vergifnis vra, in YAHUSHUA se NAAM nie.

Los Amerika uit! Los Israel uit! Gee aan MY kinders die vryheid om MY in waarheid en met ‘n salwings krag te aanbid en te dien. EK het Amerika apart gestel om die land van die vryes en die geseëndes te wees. Geen oorlog het na haar kus toe gekom, soos die jare verby gegaan het nie. Amerika, moenie so maklik, uit vrees, dit weggee waarmee EK julle geseën het nie. Begin praat en moenie deel wees van die meerderheid wat stilbly nie. Laat julle stemme gehoor word. Onthou, wanneer jy jou geloofsvryheid verloor en wanneer die reg om dit wat verkeerd is te sensor, ook verloor word, dan is almal in gevaar om hulle geloofsvryheid te verloor. MY kinders, dit gaan nie net omtrent ‘n geloof wat net weggeneem gaan word nie, dit is ‘n verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA wat gaan verander word na ‘n vorm van geloof, wat ‘n vorm van goddelikheid, met geen goddelikheid daarbinne in sal wees nie.

Vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA wees gewaarsku. Julle eie wapens van massa verwoesting sal oor julleself kom. Julle sal dit in een rigting stuur en die engele van die Hemel sal dit in ‘n ander rigting laat gaan. EK sal MY kinders beskerm soos ‘n leeu wyfie haar welpies beskerm.Wees gewaarsku, vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA, julle sien, EK hoor hoe MY kinders uitroep in vrees en verwondering. Ek het hulle geleer om vredemakers te wees en nie oorlogsugtiges nie. Dit maak dat hulle verstom is vir die vlak van boosheid en die mens se onmenslikheid teenoor mans, vrouens, seuns en dogters. EK hoor MY kinders se uitroepe van vrees, omdat hulle besef dat hulle nie hulleself in die natuurlike Ryk sal kan beskerm nie. Nou sien julle hoekom EK hulle MY skape en lammers noem. Watter skaap of lam kan homself beskerm? Het ‘n lam of ‘n skaap skerp kloue of skerp tande, soos EK aan ander diere gegee het? NEE! ‘n Skaap maak slegs staat op die Goeie Herder wat hulle na die groen weivelde en skoon water kan lei. MY ware skape en lammers het geen tekort aan manna of Lewende Water nie. MY Ware Skape vertrou MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en weet dat ONS hulle Goeie Herder is. MY NAAM is YAHUVEH. MY skape sal slegs na die stem van "EK IS" en MY Geliefde Seun YAHUSHUA, kom. Hulle sal slegs ONS stille klein stem, deur die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) kan hoor.

EK is daardie Goeie Herder! EK sal MY skape en MY lammers beskerm van die wolwe van hierdie wêreld. Dit is waar, sommige van MY skape word deur die wolwe doodgemaak, en sommiges sal ‘n groot teregstelling deurmaak. Maar dit is hoe dit nog altyd was. Hulle belonings word nie hier op die aarde gesien nie, maar dit is in die Hemel vir ‘n ewigheid. EK lag wanneer EK hoor hoe die vyande dink dat EK, YAHUVEH blind of doof of stom is. EK sal eerder nie dit aan MY apostels en profete herhaal wat EK gehoor het nie. EK waarsku MY kinders, deur met hulle gees te praat. MY kinders, is MY arm te kort om julle te bevry? Glo julle dat EK julle Skepper, YAHUVEH is, wat die Hemel en die Aarde geskape het? Is YAHUVEH nie die een wat julle oë en julle ore gemaak het nie? Dink julle dat EK ‘n dowwe sig of dowe ore het, en nie julle gebede en uitroep krete hoor nie? Dink julle EK sien nie wat die vyand doen nie? MY kinders dink julle nie dat EK ‘n standaard sal oprig, en alreeds opgerig het, teen die bose mense nie? Hulle het hulle gespesialiseerde metode van rondkyk, maar EK het engele wat 24 uur ‘n dag wag staan en kyk en rapporteer wat die bose mense doen!

Sommiges gebruik selfs MY Seun YAHUSHUA se NAAM om MY kinders te mislei. Hulle kruip tussen MY troppe skape en lammers in, en glo dat hulle nie gesien word nie, maar tog sien EK hulle harte. EK weet waarvoor hulle gestuur was om te doen. EK ken ‘n wolf as EK een sien. EK sien vir satan hoe hy kom soos ‘n brullende leeu, terwyl hy kyk wie hy kan opvreet.

MY kinders, julle kan net vir ‘n kort rukkie mislei word, maar net vir die tyd wat EK dit sal toelaat! Wee die wolf wat ‘n masker van ‘n skaap opsit om op MY kinders te spioeneer, en wat hulle wil vang. Wat is die prys vir jou siel? Dit is wat dit jou sal kos! Jou siel sal in die Poel van Vuur gewerp word. Berou vandag, voordat dit te laat is! Hardloop weg van die boosheid wat jy gedoen het, en maak ook die boosheid bekend. Help MY kinders. Word een van MY versteekte mense wat sal beskerm en nie MY Babas, Bruid en uitverkorenes sal seermaak nie. Toon berou aan almal aan wie jy verkeerd gedoen het. Daar is nog tyd vir die wolwe om baba lammers te word. Dit is slegs moontlik, deur MY Seun, YAHUSHUA se Bloed verbond. Hardloop wolf, hardloop omdat EK, YAHUVEH jou sien. Jy dink net dat jy onsigbaar is en maklik inskakel.

EK het dopgehou hoe die onkruid en die gars hand aan hand groei, maar nou het die tyd vir die wêreld aangebreek waar MY engele binnekort die onkruid gaan uittrek en hulle verbrand. Hulle sal vir ewig brand, eers in die hel en dan in die Poel van Vuur. MY oë staan altyd wag, omdat EK MY skape en MY lammers met jaloesie lief het en beskerm. Julle in ongelyke huwelike, wees gewaarsku, omdat julle eie eggenote wolwe in vermomming is. ‘n Huwelik wat nie deur YAHUVEH beveel is nie, sal nie staande bly in die bose dae wat oppad is nie. Bose dae vir die bose mense. EK het weer die boosheid in die kerke en die ministeries gesien, waar satanistiese aanlegte, met krag en populariteit gegroei het en die doktrines van duiwels verkondig is. Die wolwe het skelm ingekruip en speel ‘n speletjie van mense wat voorgee dat hulle pastore, apostels, profete, onderwysers en selfs evangeliste is. Julle kan mense mislei, maar wees gewaarsku, julle kan nie vir YAHUVEH om die bos lei nie. Julle gebruik die Naam van MY Seun YAHUSHUA en julle vernoem ministeries na julleself, om sodoende dan ook self die glorie te kry, maar julle het ‘n donker geheim.

Daardie geheim is dat julle nie julle sondes, harte, lewens en siele vir YAHUSHUA gegee het nie. Instede gebruik julle okkultiese kragte en julle gebruik MY Seun se NAAM om mense te manipuleer, om julle torings en herewonings, wat julle kerke noem, te bou. EK kyk na hierdie multi miljoen dollar herewonings, wat julle kerke noem, en EK noem dit "mausoleums". MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) is nie binne in hulle nie. Julle mishandel, beledig en jaag MY ware apostels en profete weg, wat julle kom waarsku. Weg met julle voorgee aanbidding, EK luister slegs na die wat na MY toe kom met ‘n skoon hart. Weg met julle voorgee lof en prysing. Die meeste sangers wat van die noot af is, het harte wat ingestel is om MY wil te doen. Hulle lewe ‘n heilge lewe en plaas alles wat YAHUSHUA is, voor hulle eie begeertes en benodighede. Dit is die hoogste vorm van lof en prys musiek in MY ore. Nie julle gekoreografeerde lof en prysings dansers nie. Die ware dans in die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) word nie deur ‘n mens gekoreografeer of geleer nie, maar slegs deur die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Dit word nie gedoen net omdat jy voor YAHUVEH en YAHUSHUA wil dans nie. Dit is jou voete wat gesfalf word om dit te doen. Niemand kan dit leer nie. EK draai eerder weg wanneer ek julle wêreldse dinge in julle tempels en kerke sien.

Ware apostels en profete kan nie deur ‘n eenvoudige onderwyser van hierdie wêreld opgelei word nie. Selfs jou sogenaamde profetiese skole is ‘n bespotting. Hoe kan jy iets aan ander leer, wat nog nooit deur ‘n mens vir jou geleer was nie? Slegs die RUACH HA KODESH praat en vloei vanuit MY apostels en profete. Diegene in sulke skole, beter berou hê en moet besef dat ‘n mens nie ‘n profeet of ‘n apostel kan maak nie. Selfs nie eers die kantore van ‘n evangelis nie. Dit is die salwing van die RUACH HA KODESH wat die mense nader trek. Dit is niks wat geleer of aan ander geleer kan word nie. Om ‘n goeie pastoor te wees, moet jy die voorbeeld van die Goeie Herder navolg. Pastore en evangeliste, hou op om julle herewonings hier op die aarde te probeer bou. Hou op om julle rykdomme op die aarde te stoor. Julle sê aan MY mense dat hulle nie hoef gereed te maak vir enige rampe nie, en tog, hoeveel van julle is daar wat die beste van alles opgaar vir homself? Hoeveel van julle ryk pastore het nie ‘n geheime skuilplek nie? Julle het alreeds planne gemaak en julle gee glad nie om vir julle gemeentes nie. Hoekom dink julle dat EK die geld, van die tiendes wat aan julle gegee word, wil hê om vir julle kristal katedrale of die grootste kerke in Amerika of in die wêreld te bou? Sal die geld nie beter spandeer word, as julle MY mense help om gereed te maak vir die rampe wat gaan kom nie? Julle besit julle eie diamant myne, en tog gooi julle die ware edelgesteentes, MY Geliefde kinders, weg.

O bose mense, in hierdie wêreld het julle hulle mislei, maar julle dae is ook in hierdie wêreld getel. Wat gaan jy dan doen? Die prokureurs firma wat veronderstel is om MY mense te verdedig, met geld wat na hulle toe gestuur word. Hulle is veronderstel om te help om MY kinders te verdedig, maar nou skeer julle die troppe skape. Julle help eerder diegene wat die privaatheid van MY kinders wil wegneem. Julle het julleself aan die een verkoop wat die hoogste bod geplaas het, en sy naam is satan. EK koop nie MY mense of hulle liefde of lojaliteit of vertroue nie. EK sal nie met die bose mense onderhandel nie. Berou in YAHUSHUA se NAAM!

Julle valse pastore, evangeliste, apostels, profete en onderwysers maak MY, YAHUVEH siek. Hou op om MY troppe skape te skeer. Kinders, wanneer julle ‘n priester sien wat ‘n miljoenêr is en spog met sy weelde in julle gesigte, hoekom gee julle hom nog net meer, en maak MY, YAHUVEH nog verder kwaad? Wanneer julle ‘n pastoor sien spog met sy Rolex horlosie of Mercedes Benz of Rolls Royce of ander luukse motor of met sy luukse herewoning, weet julle dan nie dat ‘n wolf tussen julle ingekruip het nie? Moenie net na sy of haar seremonies luister nie, oordeel eerder hulle vrugte. Besef dat as dit regtig MY priester was, sou hy meer gegee het as wat hy gevat het. Het julle ‘n kerk wat julle bywoon, waarin daar mense is wat werkloos is, of wat deur die welsyn dopgehou word, of wat baie arm is? Hoe kan julle dan geld in daardie kollekte bordjie gooi en die ryk pastoor voed? Julle voed die wêreldse gees en die gees van gulsigheid. Dink julle nie dat EK vir hulle, asook vir julle verantwoordelik sal hou nie? Ryk pastore, met mense wat arm is in hulle kerke, terwyl hulle in oorvloed lewe en hulleself voed en MY skape laat honger ly? Bose pastore wat MY troppe skape skeer en alles vat wat hulle het en dan nog hulle naaktheid bespot. Pastore wat vrylik ontvang, moet vrylik weggee. Dan is daar apostels en profete wat dit wat EK vrylik aan hulle gegee het, sommer verkoop. Dinge wat deur die salwing van die RUACH HA KODESH aan hulle gegee was.

Een pastoor maak MY baie bedroef, hy was eens op ‘n tyd ‘n simbool van YAHUSHUA se liefde, nou drip hy van die diamante en dra hy die duurste snyers pakke, omdat hy ‘n mans klere winkel besit. En wat gee hy terug aan diegene wat nie snyers pakke het om te dra nie? Hou op om vir MY mense te sê dat YAHUVEH vir jou vertel het om daardie 10 miljoen of 7 miljoen dollar gebou te bou! Groter is nie altyd beter nie. Wie kyk na die skape en lammers, wanneer jy honderde duisende in jou gemeente het? Hoe kan jy amper voorgee dat jy die gemeente ken, met sulke groot getalle? Is dit nie die pastoor se werk om MY skape te ken nie? Die meeste kan nie eers ‘n telefoon oproep of ‘n brief by jou uitkry nie.

Die meeste van MY skape en lammers drom saam in die kerke, net om groot, mooi geboue te sien. Die pastore, of dit nou ‘n man of ‘n vrou is, staan ver weg, en is ook onbereikbaar vir die massas mense. Wie dink hulle is hulle? Het MY Seun, YAHUSHUA nie die tyd geneem om die massas mense te voed nie. HY het die mense aangeraak, gesond gemaak, bevry, vir hulle gebid en hulle geseën.

Skaam julle, pastore met die groot getalle skape en lammers. Julle ken nie eers die name van die mense wat julle ondersteun nie! Wanneer julle hulle gesigte sien, of hulle name hoor, ken julle hulle nie eers nie. Hierdie mense kan nie eers jou aandag kry vir ‘n afspraak nie. Die rykes in jou gemeente kry vinnig jou aandag. Hulle kry alles wat hulle nodig het, selfs ‘n huis besoek is nie te moeilik vir die pastore of evangeliste om in hulle skedules te pas nie. Hipokrate. Skaam julle, julle wie sulke ministeries en pastore ondersteun.

Vra jouself af, sal enige van hierdie baie bekende pastore of groot kerke, die woord wat EK nou hier aan julle verkondig, self aan julle mense oordra? Sal hulle dit aan julle oordra, net soos hierdie apostel, wat EK nou gebruik om dit aan julle bekend te maak? Nee, hulle sal nie. Vra jouself af, sal hierdie apostel van MY welkom wees in julle kerke, om hierdie harde woorde van oordeel en die mandaat van berou, aan julle oor te dra? Die antwoord is Nee, en julle ondersteun hulle met julle tiendes en offergawes. Dan is julle mos in sonde. Ja, skok dit jou? Wanneer jy iemand help om aan te hou om te sondig, dan is jy mos deel van daardie sonde. Berou vandag!

Moenie sommer net ‘n ministerie ondersteun, net omdat dit vernoem is na iemand wel bekend in hierdie wêreld nie. Of omdat dit die grootste en mees bekendste kerk het nie. Wat sê MY woord van die feit dat as alle mense jou lief het, en die dinge in die wêreld lief het, maak dit dan dat jy MYNE is? Is almal van die ganse mensdom lief vir YAHUSHUA, en ontvang hulle vir YAHUSHUA? Nee! Wanneer jy in YAHUVEH se NAAM praat, net soos hierdie apostel nou doen, dan is dit nie ‘n kompetisie van wie die mees populêrste is nie. MY ware apostels en profete sal in die wêreld se oë verloor. Hulle het baie tekortkominge, terwyl satan vir die mense jok. Mense wat EK opgerys het om die finansiële, emosionele en fisiese las ligter te maak. MY eie kinders maak MY stem stil. MY stem wat aan hulle vertel om die paar brawe, uitgesproke mense, MY mense, te help, lief te hê en te ondersteun.

Is jy een van hierdie mense wat YAHUVEH se stem, wat voortgespreek word, hoor, en ‘n begeerte het om MY ware apostels en profete lief te hê, te help en te ondersteun? Sal julle julle huise vir hulle oopmaak en hulle help om hulle las ligter te maak, sodat die boodskappe van die hemel, MY mense kan bereik? MY ware apostels en profete betaal die prys vir die salwing. Hulle is gewoond aan bedroefdheid, swaarkry, verwerping en vervolging. Het jy al ooit gedink wat dit regtig kos om’n boodskap soos hierdie een, aan mense oor te dra? Hoekom moet jy? Solank dit nie jy is wat die prys hoef te betaal nie, reg? EK weet wie hierdie lees en dit hoor, en EK sal eendag vir jou vra wat jy gedoen het om hierdie priester se las ligter te maak? Het jy haar ooit aangemoedig? Noem jy ooit haar naam in gebed? Besef jy hoe min pastore haar sal nooi om in hulle kerke te preek, nadat hierdie profetiese boodskap uitgegee is? EK YAHUVEH praat nou hier, nie hierdie Diensmaagd nie! So dit het EK teen julle sogenaamde pastore, wat geen pastore regtig is nie. Dit sal beter wees om te bedank as om die woede van YAHUVEH in die gesig te staar, omdat julle MY skape en lammers seermaak.

Pastore, skaam julle. Jy is nie ‘n pastoor as MY kinders nie eers jou advies kan kry, sonder om ‘n lid van die kerk te wees en die toets van julle tiendes te slaag nie. Een van die toetse: Jy kan net as ‘n lid aanvaar word as jy ‘n sekere bedrag van donasies gee en die kerk ‘n sekere aantal kere bygewoon het. Hou op om MY skape te skeer! Onthou wat ‘n pastoor regtig is. Onthou jy is nie die Goeie Herder nie. As jy besluit het om ‘n pastoor te wees, moet jy ‘n seën vir MY skape wees. Jy moet fisies daar wees vir hulle, om hulle met MY woorde aan te moedig. Wees lief vir hulle en bid vir hulle, bid vir hulle bevryding en redding van die siel en leer hulle om gehoorsaam te wees aan MY "Torah", MY gebooies. Jy moet vir hulle ‘n voorbeeld wees. As jy nie MY salwing het nie, dan is jy nie ‘n apostel of profeet of evangelis of onderwyser of pastoor nie. EK is nie beïndruk met die plek van opleiding "seminary", waar jy gegradeer het nie, deesdae moet dit eerder ‘n begrafplaas "cemetary" genoem word. Die brief maak dood en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) gee lewe. As die kennis wat jy het, jou eie is, en jy maak staat op daardie kennis om te preek, dan preek jy nie met volle oorgawe, onder die geskenke van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) nie.

Gaan weg van MY af, mense wat voorgee, julle wie tussen MY skape ingekruip het, wat hulle leer, hulle skeer, en tog is julle nie een van MYNE nie. Jy hoort nie saam met die skape en die lammers nie. Jy is ‘n wolf wat op soek is om te verorber. Jy is gestuur deur die brullende leeu wat nie MY Seun YAHUSHUA is nie. YAHUSHUA is van die stam van die Leeu van Juda.

*******

Beledigend vir sommiges, ophelderend vir ander, vir die liefde, gehoorsaamheid en glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA. 2 November 2001, 1:50 in die oggend.

Profetiese Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA, Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Die Encarta Wêreld woordeboek definieer "clarion call" as ‘n roeping om oor te gaan tot aksie. ‘n Dringende, inspirerende beroep vir mense om iets te doen. [Die "clarion" was gebruik as ‘n teken om oorlog aan te kondig.]