Profesie 52

DIE TROMPET ROEPING VIR DIE WAT WEGGESTEEK IS.
EK, VADER YAHUVEH SAL JULLE WEEREENS VERLOS!

Geliefde kinders van MY, soveel van julle roep uit na MY met ‘n geween en trane en julle steek julle vrees weg, vir die wêreld en vir julle vriende. Tog moet julle net op julle PAPPA YAHUVEH en MESSIAS YAHUSHUA vertrou. Julle kom na ons met nat gehuilde gesigte, in die Naam van MY Seun YAHUSHUA, en dan sê julle, "Wat moet ons nou doen? Waarheen moet ons gaan?" Geliefdes van MY, EK is nie nou kwaad vir julle nie, dit is vir die bose mense vir wie EK baie kwaad is. EK sien hoe die bose mense skelmstreke het en planne maak, en dit is net soos in die tye van ouds met die slang in die Tuin van Eden, waar hulle vir julle probeer mislei en julle laat dink dat julle nie sal kan wen sonder enige wêreldse kennis nie. Julle VADER, EK, YAHUVEH is alle kennis, en wanneer julle vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES ) soek, is julle op soek na waarheid en kennis.

Wees verseker, solank as wat julle soek, sal julle, wanneer die tyd daar is, die antwoorde kry. As julle nie weet wat om te doen nie, wees dan verseker dat dit nog nie tyd vir julle is om te weet waarheen om te gaan en wat om te doen nie. EK, YAHUVEH sal nie vir julle die reiskaartjie gee, totdat die tyd nie reg is vir julle om weg te gaan nie. EK, YAHUVEH is nooit te vroeg of nooit te laat nie, maar EK is altyd daar, reg op tyd. Soms, met tye, nie ‘n sekonde om te spaar nie. Maar EK, YAHUVEH sal jou nooit agter los of verlaat nie. EK, YAHUVEH is die Skepper van die hele mensdom. Julle hoef nie bang te wees vir wat die bose mense wil doen nie, omdat EK, YAHUVEH, gewone dingetjies soos julle gebede gebruik om die sogenaamde wyse mense van hierdie wêreld, dronk te slaan.

EK, YAHUVEH is selfs instaat om julle DNA te verander. Het julle dit geweet? Ja, wanneer EK dit so goed dink. EK, YAHUVEH kan selfs die kleur van jou vel en jou oë verander. Moenie verbaas wees nie. Onthou julle, EK YAHUVEH is die Skepper? EK, YAHUVEH is daartoe instaat om julle deurskynend te maak, as EK wil. Julle het nie ‘n idee watter standaard EK teen die bose mense sal bring nie. Die houvas, siektes en plae wat die bose mense, wat die kinders van satan genoem word, oor julle wil bring, sal hulleself dronkslaan. ‘n Magdom van MY kinders sal nie seerkry nie. Die bose mense se eie families sal eerder hierdie plae en siektes kry, en hulle sal geen antwoord hê, waarom dit gebeur nie. Hulle sal maar net moet erken dat dit EK, YAHUVEH was wat dit gedoen het.

Die bose mense streef daarna om hulleself te beskerm, en hulle dink hulle is wys, omdat hulle selfs hulle families, geliefdes en vriende ook inent. En tog sal EK, YAHUVEH daardie beskerming tot niet laat gaan. Die bose mense, die wat voorgee, die wat MY kinders wil seermaak, sal met dieselfde graad gestraf word, as dit waarteen hulle beplan om MY kinders aan te doen. Die seerkry sal oor hulleself kom. Begin nou om hiervoor te bid. Daar is groot krag in julle gebede vir MY, YAHUVEH, in die Naam van julle MESSIAS, MY enigste Seun, YAHUSHUA. Bid dat EK, YAHUVEH, groter geestelike wapens aan julle sal gee, sodat julle dit teen die vleeslike mense wat teen julle versamel, kan gebruik. Die wat teen MY geliefdes, hulle wat MY gesig daagliks soek, wil versamel.

Bid dat julle, net soos Elisa gesien het hoe die mantel van Elia "Elijah" van ouds af val, ook dit weer sal aanskou, en dat julle toegerus sal word met nog meer van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) se salwing. Wanneer dit gebeur hoef julle nie bekommerd te wees hoe julle na ‘n ander nasie toe sal gaan nie. Wanneer EK, YAHUVEH julle stuur, sal julle net verskyn. Dink julle dit is vreemd? Lees julle Skrifte en dan sal julle sien hoeveel het alreeds die krag gehad om sommer net op ‘n plek te verskyn. En julle moet ook weet dat die bose mense alreeds sulke kragte gebruik vir bose redes.

Die bose mense het donker geheime en EK YAHUVEH sal MY geheime aan almal vertel wat die lig, wat leiding gee, wil volg. Die lig is YAHUSHUA. EK, YAHUVEH sal MY babas, Bruid, uitverkorenes, beskerm. YAHUSHUA is die lamp by julle voete. Wanneer die bose mense julle lig wegneem, moet julle na MY, YAHUVEH kom, dan sal EK MY engele stuur om lig op jou pad te bring. Die bose mense wil julle hoop, geloof, vertroue, privaatheid, vryheid, blydskap met volle glorie en julle finansies, vanaf julle wegneem. As julle na die gees van vrees en al die slegte nuus berigte luister, sal dit vir hulle maklik wees om dit te doen. Lees eerder die goeie berigte in Skrif, as wat julle so baie na ander dinge luister. MY kinders, kry ten minste ‘n balans. Hoe kan julle hoop hê om die vrees te oorwin, wanneer julle julleself net meer en meer bang maak?

Diegene van MY wat weggesteek is, het die kennis. Hulle het ook ‘n uitweg, wat verby elke wapen van die vyand kan gaan. Hierdie vyand wil MY kinders en die wêreld vernietig. Moenie op dit wat julle verstaan staatmaak nie. Neem eerder vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, in alle weë, in ag, en EK, YAHUVEH sal julle dan op die regte pad lei. Dit alleen, wat julle verstaan, veroorsaak dat julle die onbekende sal vrees. EK, YAHUVEH slaap nie. EK, YAHUVEH sluimer nie. MY oë is op die nasies waar mense in gebed uitroep na MY, sodat EK hulle kan red. Moenie luister na diegene wat net die heeltyd oordeel verkondig en dan sê dat EK, YAHUVEH nie ‘n plek van beskerming vir MY kinders en MY geliefdes gereed sal hê nie. MY kinders wat vir YAHUSHUA volg en hulle bes doen om gehoorsaam te wees aan MY wette. Hoekom wil MY kinders gehoorsaam wees aan MY, YAHUVEH? Omdat hulle hulle Hemelse Vader liefhet.

Die mense wat hierdie oordeel verkondig behoort aan die kerke, hulle is politikusse, en ook nuusverspreiders. Hulle vertel vreesaanjaende dinge vir MY kinders. Hulle praat van ondergang en nie oorwinning nie. Hulle skep betwyfeling in julle geheue, "Sal EK, YAHUVEH MY kinders red?" Hulle waarsku dat almal gereed moet wees om aangeval te word, almal sal doodgaan of swaar getref word, sonder dat EK, YAHUVEH en YAHUSHUA aan julle kant is. Dit is waar, maar wat hierdie nuusverspreiders en politikusse vergeet, is dat EK, YAHUVEH nooit MY kinders in die steek sal laat nie. Hoe sal EK dan enige Glorie ontvang? Ja dit is waar, MY kinders sal eendag saam met MY in die Hemel wees, maar as EK dan nie enige uitkom kans vir ontsnapping sal bied nie, hoekom noem EK dit in MY Skrif, dat EK dit wel sal doen? MY woord sal nie ongedaan terugkom na MY toe nie. Dit sal doen waarvoor EK dit bedoel het. EK is YAHUVEH, en EK het nie verander nie.

Wat EK, YAHUVEH vir Israel in die tyd van Moses gedoen het, sal EK weer doen. Wat EK vir Lot gedoen het, sal EK, YAHUVEH weer doen. Wat EK vir Josef en Maria gedoen het, sal EK, YAHUVEH weer doen. Wat EK vir Noag gedoen het, sal EK, YAHUVEH weer doen. Wat EK, YAHUVEH vir die drie Hebreeuse kinders gedoen het, sal EK weer doen. Wat EK vir Elia "Elijah" van ouds gedoen het, sal EK, YAHUVEH weer doen. Wat EK vir Henog gedoen het, sal EK, YAHUVEH weer doen. Wat EK vir Elisa gedoen het, sal EK, YAHUVEH weer doen. EK, YAHUVEH sal hulle aan die galg ophang, wat Haman gebou het. EK het ‘n Ester, en EK, YAHUVEH sal net soos in die ou tye, MY kinders weer bevry. EK het ‘n koning Dawid en EK sal musiek en lofsange gebruik om die vyand te verslaan, terwyl die Psalms weer in geloof na MY toe sal oprys, sal EK, YAHUVEH weer bevry.

Wys vir MY in julle Skrif waar EK nie MY mense bevry het nie. Die wat MY bevele gehoorsaam het. Die wat MY lief gehad het. Die wat MY, YAHUVEH, eerste in hulle lewens geplaas het. EK, YAHUVEH sal MY kinders bevry vanuit die strik van die voëlvanger. Al wat julle moet doen is om te bid en geloof te hê en om te glo dat EK groter is as al hierdie dinge vol van vrees, wat oor MY kinders wil kom! EK, YAHUVEH sal julle gebede beantwoord, indien julle na MY roep in die Heilige Naam, YAHUSHUA julle MESSIAS. Kom staan dapper voor MY troon en vra vir MY wat julle wil hê. EK, YAHUVEH is nie kwaad vir MY geliefde kinders nie. By tye dwaal julle af, en is julle ongehoorsaam en dan is die wolf gereed om julle te verorber. Dan word EK gedwing om net soos ‘n skaap jou been te breek, maar dan dra EK jou, met liefde in MY arms, totdat jy gesond is en weer kan loop. Wanneer het die Goeie Herder al ooit sy skape, onversorgd gelos? Wanneer het ‘n Goeie Herder al ooit sy skape en lammers geslaan? Nog nooit! Maar EK beloof julle, dat diegene wat julle wil verorber, jammer sal wees dat hulle ooit gebore was!

Het EK, YAHUVEH nie vir Lot gewaarsku en engele na hom toe gestuur, om hom te verhoed om terug te gaan na die stad van sonde toe nie? EK het vir hom en sy familie beskerm teen die vuur en swael, behalwe sy vrou, wie dit verkies het om ongehoorsaam te wees. Die vuur en swael was ‘n tipe van groot verdrukking vir Lot en sy familie. Het EK, YAHUVEH nie vir Josef en Maria gewaarsku om te vlug met hulle baba, YAHUSHUA nie? In die ou tye was dit soos ‘n tyd van groot verdrukking vir die moeders en hulle babas. Alle babas moes doodgemaak word omdat die bose mense die ware MESSIAS wou vind en HOM doodmaak. EK, YAHUVEH het ‘n engel gestuur om vir Josef in ‘n droom te waarsku. EK het ook aan hom vertel waarheen om te vlug en wanneer om te terug te kom. Dink julle dat EK, YAHUVEH dit nie ook vir julle sal doen nie?

Het EK, YAHUVEH nie ‘n ark aan Noag verskaf, voordat die groot verdrukking van water, die aarde deurdrenk het nie? Wat van Ester? Dink julle nie dat dit ‘n vorm van verdrukking was, waar sy vooruit gesien het hoe die Jode om haar vermoor word nie. En tog het EK, YAHUVEH ‘n uitkom kans vir die Jode gegee, anders sou daar geen Jode vandag gewees het nie. Het EK, YAHUVEH nie dieselfde wapen wat vir Mordeggai en Ester bedoel was, teen hulle vyande gebruik nie? Die galg wat Haman gebou het en hy gedink het dat hy ‘n streep getrek het vir Mordeggai en Ester. Al die Joodse mense sou doodgemaak word, en tog het Haman aan dieselfde galg gehang.

Hoe kan die mense wat sê dat hulle profesieë hoor, ontken dat EK, YAHUVEH nog altyd ‘n manier gehad het om MY mense te beskerm? Wees versigtig vir mense wat hierdie dinge profeseer en jou heeltemal hulpeloos los. Maak nie saak watter verdrukking dit is nie, EK, YAHUVEH sal altyd ‘n uitkom kans bied, vir diegene wat op MY staatmaak en vertrou, in alle weë. Vertrou meer op YAHUVEH en YAHUSHUA as op jou vrou, jou man, vriende of die regering.

EK, YAHUVEH wil nie aan julle belowe dat dit altyd ‘n maklike pad vir almal sal wees nie. EK wil nie belowe dat daar nie martelare sal wees wat hulle lewens sal aflê vir YAHUVEH en YAHUSHUA nie. EK wil wel julle belowe dat hierdie martelare nou saam met MY in die Hemel is en dat hulle nooit weer sal swaarkry nie. EK wil nie belowe dat al MY kinders veilig gehou sal word nie, maar EK, YAHUVEH sal hulle beskerm soos EK MY kinders van Israel in die ou tyd beskerm het, toe die plae, die donker en die dood oor hulle gekom het. EK het hulle, wat die bloed van MY verbond in die ou tyd gehad het, gespaar. Hoeveel te meer sal EK nie nou doen met die bloed van die nuwe verbond, YAHUSHUA julle MESSIAS nie?

Wees gewaarsku, wolwe, julle sal bekend gemaak word. MY skape sal julle name en julle planne ken. EK, YAHUVEH sien en ken elke persoon met die hart van ‘n bloeddorstige wolf. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is alleen die Goeie Herder. EK, YAHUVEH sal julle wolwe tugtig met julle eie skeppings en wapens van oorlog. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is die Staf van Woede wat julle weg sal slaan, vanaf MY skape en MY lammers. Moenie mislei word nie. EK sal die wolwe in MY tyd doodmaak en hulle nie in die hel gooi nie, maar in die poel van vuur! Aan almal wat die vernietiging soek van Amerika, Israel, al die Christene en die Jode, wat is die prys vir julle siel? As julle aanhou om dit te doen, sal julle siele vir ewig gedoem wees. As jy vanaf dit wegdraai, en na YAHUSHUA draai, sal jy vir ewig gered wees. Dit is jou keuse.

*******

Beledigend vir sommiges, ophelderend vir ander, vir die liefde, gehoorsaamheid en glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Profetiese Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA,
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Vrydag, 2 November 2, November 2001, 1:50 in die oggend.

Bid dat julle sal uitvind waar in hierdie wêreld julle ark is, en wanneer julle daarbinne sal moet gaan om die boosheid wat gaan kom, vry te spring. Bid in die Heilige Naam van YAHUSHUA. Maria het nie vir haar Joodse baba die naam "JESUS" gegee nie. Daar is ‘n salwings krag in die NAAM wat beteken, "YAHUVEH sal Red".

*******