Profesie 53

Nuutste Pasga (Passover) Profesie

"EK HET AAN JULLE DIE OORWINNING GEGEE!"

Pasga (Passover) profesie 28 Maart 2002

MY kinders, julle staar waarlik weer die Rooi See in die gesig. Die bose Farao en sy soldate is weer agter julle, maar MY kinders, net soos EK ‘n uitweg gegee het om te ontsnap vir Moses en die kinders van Israel, net so sal EK dit weer doen. MY kinders, in die dae wat sal kom, sal julle dinge in hierdie wêreld sien gebeur, dat julle julle koppe sal skud en julle laat wonder en sal laat vra, "Waar is YAHUVEH en YAHUSHUA vandag?"

Maar hou aan met glo en hou julle oë op MY en julle sal weereens sien hoe die Rooi See skei en julle sal dit veilig oorsteek, terwyl die vyande vernietig sal word. Almal wat julle aankla, almal wat julle jaag, hulle sal vernietig word. EK is YAHUVEH en EK het nie verander nie. EK is YAHUVEH en EK is dieselfde gister, vandag en vir altyd. Julle kan deur MY Seun YAHUSHUA se Bloed voor MY Troon kom staan en vir MY sê wat dit is wat julle benodig.

EK vertel dit vandag aan julle, EK het aan Nikomia die oorwinning gegee. EK vertel dit vandag aan julle, alhoewel Elisabeth dood moes gewees het. Vandag wil EK dit vir julle sê, EK sal niks toelaat om te gebeur wat die vyand beplan het om te doen nie. EK sê vir julle, EK het die oorwinning aan julle gegee, alhoewel MY Seun vir ure met die Swaard van MY Gees, in SY hand moes veg, terwyl HY SY hand teen Elisabeth se rug gehou het, en daardie deur weer ‘n keer geopen was.

MY kinders, weereens het julle die oorwinning gesien. Dit was nie ‘n maklike oorwinning nie. EK het nooit belowe dat dit ‘n maklike oorwinning sou wees nie. Wanneer EK aan julle vertel dat daar ‘n oorwinning sal wees, moet julle net onthou dat niemand vir julle gesê het dat dit maklik sal wees nie. Dit is waar dat MY juk sag is en dat MY las lig is, maar MY kinders, daar is ‘n prys om te betaal vir die salwing wat EK op almal van julle lewens geplaas het.

Julle eet hierdie Pasga maaltyd sonder om te mor en te brom, met ‘n dankbare hart, en julle moet onthou wat met die kinders van Israel gebeur het. Onthou julle die kinders van Israel wat vir 40 jaar rondgedwaal het. Dit sou nie so gewees het nie as hulle nie so gemor en gebrom het nie. EK het veroorsaak dat hulle al in die rondte geloop het, soos julle sal sê, in sirkels geloop het. EK het hulle in die rondte laat loop en oor en oor getoets.

MY kinders, EK wil waarlik dit vir julle sê, moenie mor nie, moenie brom nie, moenie kla nie, maak nie saak wat EK met julle laat gebeur nie. Lig eerder julle oë op na MY. Gee eerder aan YAHUVEH en YAHUSHUA die eer. En weet dat EK alleen julle Verlosser is. En weet dat julle die oorwinning het, alleen deur die gestorte Bloed van MY Seun YAHUSHUA. Julle het slegs die oorwinning deur die Heilige Naam YAHUSHUA. EK het dit aan julle belowe, as julle net gehoorsaam is. MY kinders, julle sal die oorwinning hê, as julle net julle ore instel op alles wat EK sê. Onthou, ‘n oorwinning kom met ‘n prys om te betaal. Onthou daar is geen soldaat wat in ‘n oorlog ingaan en nie moeg voel nie. Daar is geen soldaat wat nie op enige tyd wil weg hardloop nie.

Maar onthou MY kinders, onthou dit wat EK aan julle belowe het, die oorwinning, as julle maar net wil gehoorsaam wees, as julle maar net julle ore wil instel op elke woord wat EK sê, as julle net Heilig wil bly, as ‘n voorbeeld vir ander om te sien. MY kinders, EK wil dit vir julle sê, julle en hierdie ministerie sal ‘n totale oorwinning sien. Julle sal sien hoe julle vyande doodgaan deur MY hand alleen. Julle sal sien hoe julle vyande weg hardloop, deur MY hand alleen. Julle sal sien hoe julle vyande buig en kniel en erken dat YAHUSHUA die Here en Redder is. En soos EK besluit het, sal die oorwinning slegs in MY Seun YAHUSHUA se NAAM wees. En julle sal weet dat die prys wat julle sal betaal, die moeite werd sal wees, omdat EK aan julle die geleentheid gegee het om aan MY Glorie te bring deur julle swaarkry. Wanneer mense gaan sien hoe julle, net soos die profete van ouds sal staan, sal hulle weet dat dit MY hand is wat julle beskerm en lei.

MY kinders, geniet nou hierdie Pasga maaltyd wat EK op hierdie dag vir julle gee. MY seun Chuck, dankie dat jy gehoorsaam is aan MY, dankie dat jy luister. Die Seën van hierdie Pasga profesie is bedoel vir ander ook, nie net vir jou nie. Sê vir hulle, indien hulle die Pasga maaltyd "Seder" misgeloop het. Sê in ‘n nederige wyse aan hulle, solank hulle MY erken en weet dat EK dieselfde YAHUVEH is wat die kinders van Israel verlos het van die Egiptenare en die versoekings en die plae wat gekom het. Vertel aan hulle, as MY kinders maar net op ‘n nederige wyse MY wil erken, maak nie saak watter kalender dag dit is nie, waar hulle Pasga "Passover" is, dit is waar hulle geloof sal wees, en waar hulle geloof sal wees, daar sal hulle Pasga "Passover" wees.

EINDE VAN DIE PROFESIE

*******

Ons vra om verskoning. Ons webwerf bestuurder vra ook spesiaal om verskoning. Dele van hierdie boodskap was voorheen weggelaat, maar dit is nou weer teruggesit. YAHUSHUA het die webwerf bestuurder getugtig omdat hy dit gedoen het. Hy het berou en is daarvoor vergewe. Hy vra ook vir julle vergifnis.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

*******