Profesie 54

DIT IS NOU DIE TYD!
"Bly Gefokus, Wees Gehoorsaam Aan Julle
Generaal En Volg Nou MY Bevele!"

Boodskap ontvang op die 5de April 2002

MY kinders, dit is ‘n les wat julle sal moet leer. Dit is ‘n les wat julle baie goed sal moet leer. Wanneer EK vir MY seun Niko iets vra om te doen, doen hy dit, en sommer ook onmiddelik. Hy kyk nie eers links en dan regs voordat hy iets doen nie. Hy bly gefokus op die taak wat voorlê. MY dogter [Elisabeth] en my seun[Chuck], dit is wat julle by hom moet leer. Wanneer ek vir julle sê om iets te doen, moet dit nou gedoen word. Nie in julle uur, of in julle minuut, of in julle sekonde nie, maar in MY tyd. Hoe lank het dit geneem om die pasga "passover" profesie op die webwerf te kry? Hoe lank neem dit om die woord voort te spreek? Vandag gee EK nog ‘n boodskap. Hoe lank sal dit neem om hierdie een op die webwerf te plaas?

EK wil vir julle dit vertel, EK maak staat op julle, EK maak staat op die woorde wat EK deur julle spreek. Woorde wat MY mense moet bereik, wat MY mense moet aanmoedig. Nou vra julle MY wat dit is wat julle moet leer? Julle moet leer om dinge in MY tyd te doen, nie in julle tyd nie. Julle moet leer dat julle aandag nie afgetrek moet word nie. EK het dit binne in MY seun Niko geplaas. Dit is hoekom hy die leier van hierdie ministerie is. Hy weet watter taak nou gedoen moet word en hy bly daarop gefokus. Wanneer enige afleiding van links of regs kom, weet hy hoe om dit tereg te wys, en weet hy ook dat dit nie EK is wat dit stuur nie. So MY kinders, dit is ‘n les wat julle sal moet leer. Julle moet leer om gehoorsaam te wees. En die man wat EK na julle toe gestuur het is ‘n Moslem wat ‘n Christen geword het. HY was een wat aanhou soek het. EK wil vir julle hierdie vraag vra: Hoe verlos ‘n mens slegte saad? Hoe verlos ‘n mens ‘n slegte daad? Saai dit in goeie grond. Moenie diegene wat EK stuur, wegwys nie, al dink julle hy is vals. MY seuns, daar is ‘n les wat julle hier uit moet leer. Die volgende keer wat julle dit na drie neem en nie na een nie.

MY seun Niko, EK wil dit vir jou sê: jy moet ander die geleentheid gee om jou te seën. Hoeveel mense weet nie dat julle in nood is nie? Hoe weet jy dan nie dat EK hulle sal laat oprys nie? Daar is mense wat EK alreeds in die verlede gebruik het. Hoe sou die weduwee van Sarfat geweet het dat Elia honger was, as EK hom nie na haar gestuur het om dit aan haar te vertel nie? Dan sou die weduwee van Sarfat nie geseën gewees het nie. Dan sou die weduwee van Sarfat en haar seun nie bly lewe het nie. As EK nie MY profeet gestuur het, waar hy iets nodig gehad het, en sy dan ‘n geleentheid gehad het om dit aan hom te gee nie. So het EK dan ook ‘n geleentheid geskep waar EK kon bewys dat EK YAHUVEH is, dieselfde GOD, gister, vandag en vir altyd. Julle moenie na hulle toe gaan en bedel nie. Dit is ‘n seën vir hulle om die geleentheid te hê om belonings te ontvang wanneer hulle na die ministerie kom en hulp aanbied. Wanneer EK julle na hulle toe stuur met benodighede, en hulle draai ‘n dowe oor, dan sal daar ‘n vervloeking oor hulle kom. Dit is hulle wat sal bang wees wanneer hulle sien dat niemand vir hulle daar sal wees in hulle uur van nood nie. EK het dit op MY dogter se hart geplaas, en vandag wil julle nie hoor nie. Maar EK spreek dit nou, vandag voort. Al die mense vir wie EK vir julle gesê het om dit te vertel. Selfs jou suster Olga sou gehelp het. Nie een van hulle sou toelaat dat julle sonder ‘n huis is nie. MY kinders, EK wil dit vir julle vra, toe YAHUSHUA die 5000 gevoer het, het HY nie hierdie woorde gespreek nie, "Wat is daar oor om te eet?" En daar was ‘n klein vissersman seuntjie. Het die dissipels nie gegaan en die seun gevra om sy middagete te deel nie? En het HY nie dit gebruik om die 5000, en selfs meer, te voed nie? En hoeveel was daar na die tyd oor gewees?

Moenie te trots wees om te sê wat julle nodig het nie. Sê MY woord dan nie, "Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee.." Maar hoe kan hulle dit doen, MY kinders, as julle dan nie vir hulle vertel watter nood julle het nie? Julle sal weet wie julle kan vertrou. En as hulle nie antwoord nie, dan is dit nie julle verantwoordelikheid nie. Hulle sal dan net ‘n vervloeking oor hulle hoofde kry. MY kinders, het EK dan nie aan julle vertel dat hierdie ministerie uniek is nie? Die wyse waarop hulle julle behandel, is die manier waarop hulle MY behandel. Dit is nie die mense wat aan julle benodighede voldoen nie. Dit is EK wat deur die mense praat. EK praat met die mense, en satan praat met die mense.

Dit is ‘n toets. Wat sal hulle doen wanneer EK julle stuur? Sê MY woord dan nie, "As jy net ‘n sluk water aan ‘n profeet aanbied, dan sal daar ‘n seën wees." So nou stuur EK julle drie met hierdie benodighede vir die ministerie. EK stuur julle drie om hulle te toets. Sal hulle MY stem hoor? Indien nie, sal EK in tye van nood MY ore doof hou vir hulle stem. EK stuur julle na die weduwees van Sarfat, alhoewel hulle nie weet dat hulle weduwees is nie. EK stuur julle na diegene wat honger ly, alhoewel hulle nie weet dat hulle honger ly nie. EK stuur julle na die wat dors is, alhoewel hulle nie weet dat hulle dors het nie. As hulle nie omgee dat julle honger is nie, dan sal EK nie omgee wanneer hulle honger is nie. As hulle nie omgee dat julle sonder ‘n huis is nie, dan sal EK nie omgee wanneer hulle sonder ‘n huis is nie.

EK sal ‘n manier vind, maar MY kinders EK wil julle dit vertel, julle moet nederig wees en dit op MY manier doen, nie op julle manier nie. Wanneer EK julle vertel om ‘n opdrag uit te voer, dan moet julle dit onmiddelik doen. Julle moenie wag en sê in my minuut, in my sekonde, in my tyd nie. Julle moenie enige afleidings meer toelaat nie. EK het julle getoets om te sien hoe gefokus julle is. MY Niko Nikomia, hou aan om alle take te doen wat gedoen moet word. MY Niko laat nie sy gedagtes toe om in ander rigtings te gaan nie, soos MY dogter en MY ander seun dit toelaat nie. Weer wil EK julle vertel, leer by hom. Dit is nie iets waaroor hy sommer sal spog nie. HY weet dat dit MY geskenk is wat EK aan hom gegee het.

Maar dit is sy keuse of hy gehoorsaam is of nie, en vandag voel hy hoe bedroef MY hart is, asook MY dogter en MY ander seun. Dit is nie oor ‘n lae moraal dat MY Gees bedroef is nie. Wees nou gehoorsaam. EK het julle al voorheen vertel; die krag is in die woorde wat gespreek word, nie net in die geskrewe woord nie. Hoeveel keer moet EK dieselfde ding oor sê? EK raak kwaad wanneer EK moet herhaal. MY kinders, EK vergewe julle wanneer julle foute maak. Berou en doen dit op MY manier, nie op julle manier nie. Onthou, niemand kom na hierdie ministerie as EK hom nie hiereen gestuur het nie. Die man waarvan Chuck gepraat het, het EK wel gestuur. Daar is ‘n les wat geleer moet word en julle het dit op hierdie dag geleer. Nou moet julle bid dat EK dit sal vergewe, en dan moet julle dit op MY manier doen.

MY seun Niko weet selfs wanneer Elisabeth in gevaar is, voordat sy dit weet. Soms kla en dreig sy. Sy hou nie daarvan om te luister wanneer EK sê dat Niko in gevaar gaan wees nie. Maar sy is besig om te besef dat sy diegene wat EK stuur, kan vertrou. Totdat die bose Farao verdrink het en julle die nuus gehoor het, moet hy aanhou om haar te beskerm teen al die nuwe aanvalle. Hulle begin baie kwaad word, omdat alles wat hulle doen misluk, so jy hoef nie kragteloos te voel nie. Jou krag het nie ‘n uitwerking nie, maar die hand van YAHUVEH en YAHUSHUA het wel ‘n uitwerking. Vandag salf EK MY seun Nikomia weer met ‘n groter salwing, soos die van ‘n leier. EK gee aan hom groter gesag en selfvertroue, as nie net ‘n leier van hierdie ministerie nie, as nie net ‘n man vir Elisabeth nie, as nie net ‘n pa nie, maar as MY Aspotel. En hy beter ophou om weg te skram van die woord Apostel, omdat hy ‘n Apostel is wat gestuur word.

Chuck, jy moet dit neerskryf sodat almal kan sien dat hy Apostel Nikomia is. EK het daardie titel aan hom gegee, nie aan geen ander man of vrou nie. EK het daardie titel aan hom gegee, en hy sal in daardie titel bly staan, in MY NAAM. EK gaan aan hom die woord gee en EK gee nie om hoe lank dit neem nie, hierdie woorde moet geplaas word. Hy het ‘n belofte aan sy vader en sy broers gemaak, en EK gee nie om hoe Elisabeth skud en beef nie. Hy sal die woorde spreek wat EK in sy mond sit, nie die woorde wat sy in sy mond sit nie. MY seun hoor MY stem. Hy plaas MY eerste in sy lewe. HY begeer om SY Vader eerder gelukkig te maak, meer as wat hy sy vrou gelukkig maak. Dit is hoekom EK sê, EK is trots op MY Nikomia, omdat hy dinge op MY manier doen. EK sal geen goeie ding van julle weerhou nie. Dink julle dat EK nie weet wat julle benodig nie? Julle moet tog soos daardie vrou wees wat voor die regter gestaan het, en meer as een keer dinge van MY verwag. Julle moet aanhou klop totdat EK antwoord. Julle moet aanhou soek totdat julle vind. Hoekom? EK skuld julle geen verduideliking nie.

Onthou wie GOD is. EK is die pottebakker en julle die klei. EK vorm julle en bou julle op en vorm julle op MY manier. EK weet hoe warm die temperatuur moet wees. EK sal nie die vuuroond te warm maak nie, tog weet EK hoe warm die temperatuur moet wees dat julle geloof sal hê en op MY vertrou. Dit waardeur julle nou gegaan het, het te doen met die dae wat nog sal kom. As julle MY nie nou kan vertrou nie, hoe sal julle MY dan vertrou? Hoe sal julle ander kan leer om MY te vertrou? So, dit is net soos MY seun Niko gesê het, daar is ‘n doel vir die dinge wat gebeur het.

Klou vas aan julle geloof, MY kinders, maak nie saak wat gebeur nie, moenie los nie, omdat EK julle nooit sal los of verlaat nie. Staan by MY woord, dit sal julle nooit faal nie. Plaas julle herinneringe in MY woord, dit sal julle nooit faal nie. Steek MY woord weg, dit sal julle nooit faal nie. Wees lief vir MY woord, dit sal julle nooit faal nie. Glo MY woord, dit sal julle nooit faal nie. Spreek die berge van skuld aan en sê, "Word nou verwyder in MY Seun YAHUSHUA se Naam". Glo en moenie twyfel nie. Leer hierdie les.

MY kinders, sodat EK dit nie hoef te herhaal nie, julle word ook getoets. EK roep nie die wat gekwalifiseer het nie, EK kwalifiseer die wat geroep is, en julle drie is geroep. Vertel vir Jeff wat julle nodig het. Vertel vir Wendy wat julle nodig het. Vertel vir Olga wat julle nodig het. Gee hulle ‘n kans om ‘n seën te wees. EK sal dit aan julle en die ander vertel. Chuck, wanneer EK vir jou sê om jou baas te bel en ‘n betaling op ‘n tjek te stop, beteken dit nie dat jy dit in jou tyd moet doen nie, dit beteken dat jy dit in MY tyd moet doen.

Van nou af moet julle drie hierdie woorde hoor, nou is die Tyd. Wanneer EK ‘n bevel gee, is dit soos ‘n generaal wat ‘n bevel aan ‘n soldaat gee. Julle beter nie dan soos ‘n soldaat sê, "ek sal dit op my tyd doen, op my manier". So hoeveel te meer moet julle nie nou berou hê deurdat julle dit gewaag het om vir die GOD van die heelal te sê, "Wag Here, wanneer ek tyd het." Weer sê EK, die soldate kry bevele, hulle gee nie bevele nie. Julle is MY kinders, maar julle is ook MY soldate. Julle is MY vaartuie wat EK gebruik om ander te bereik. Nou is die tyd! Nou is die tyd! Bly gefokus op die taak wat op hande is, een tree op ‘n slag. Nou is die tyd! Nie ‘n sekonde later nie! Nou is die tyd!

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

*******