Profesie 55

WAARSKU DIE MENSE

VERWOESTING GAAN KOM!

[Hierdie laaste profesie vanaf YAHUSHUA sluit lesse in om vlytig die Here te soek, dit sluit ‘n droom in waar HY roep na SY Apostels en Profete om hierdie te lees en te vertolk, en nie toe te laat dat die salwing gesmoor word nie, asook ‘n streng waarskuwing aan diegene wie HY roep om hierdie ministerie by te staan, maar wat SY stem ignoreer.]

MY geliefde seun [Nikomia], jy herinner MY altyd dat ek die mense wat EK lief het, moet tugtig en teregwys. Maar MY Geliefde seun besef jy nie dat EK ook diegene wat MY soek, vlytig sal beloon nie. Julle drie, soek vlytig, 24 uur ‘n dag, selfs terwyl julle slaap, soek julle vlytig na MY. Hoeveel te meer sal EK nie MY kinders beloon wie vlytig na elke woord van MY soek nie?

Verwoesting gaan kom. Wees gereed. Verwoesting gaan kom. Dit is waarom EK MY dogter nou vertel; spreek dit voort met woorde wat gespreek word. Dit is nie net in die krag van die woorde wat geskryf word nie. Jare gelede het EK beveel dat hierdie woord voort gespreek moet word, en tog het EK geweet dat die webwerf bestuurders nie gehoorsaam sal wees nie. Nou is dit die tyd. Hierdie profetiese woorde word nou voortgespreek. Elke dag sal daar ‘n nuwe een bygevoeg word. Al die woorde sal ook gehoor kan word, nie net gelees kan word nie.

Verwoesting gaan kom. MY seun Chuck, jy moet daardie droom soek, die laaste een wat EK vir MY dogter gegee het. Verwoesting gaan kom. Gee dit hierdie titel. Waarsku die mense. Vertel hulle dat EK MY Apostels en Profete stuur om mense te waarsku voordat die verwoesting gaan kom. Verwoesting gaan kom, maar nie na MY Babas, nie na MY Bruid, nie na MY uitverkorenes nie, EK sal hulle beskerm net so seker soos Noag en sy familie in die ark beskerm was, as hulle dit maar net wil glo. Vertel hulle, EK sal hulle beskerm van die vloed van goddeloosheid. EK sal hulle beskerm van die vloed van gevare wat nog wag.

Vertel hulle, "Gaan in die Ark in". Vind uit waar hulle sal moet wees. Vertel hulle om MY aangesig te soek. As hulle nie weet waar hulle moet wees nie, vas, bid, ween en weeklaag, maar vind uit waar hulle ark is. Solank hulle net bewus is van waar hulle moet wees, solank hulle net onder die sambreel van MY veiligheid is, dan is hulle in die ark, maak nie saak waar in die wêreld hulle is nie. Maar MY kinders, EK vertel julle weer, roep die Apostels en Profete nader om die droom wat EK aan Elisabeth gegee het, te vertolk. VERWOESTING GAAN KOM!

MY seun Chuck jy moet die droom publiseer en EK sal aan jou ‘n uitlegging van die droom gee. Roep die Apostels, roep die Profete nader. Elkeen het ‘n gedeelte. As hulle maar net wil gehoorsaam wees, sal hulle die volle openbaring van die droom vir jou gee. MY kinders, die heidene bring verwoesting en EK laat dit toe. Maar diegene wat na MY roep in MY Seun YAHUSHUA se Naam, hulle sal in die Ark van MY veiligheid wees, EK sal hulle beskerm teen verwoesting en pyn. Jy moet hierdie datum en tyd, tesame met die droom in groot letters plaas. Sê vir hulle, net soos in die dae van Noag, net soos in die dae van Lot.

VERWOESTING GAAN KOM!

Julle weet nie watter uur nie, julle weet nie watter dag nie. Maar op ‘n Sabbat dag. [Telefoon lui in die agtergrond.] Julle beter in gebed wees! Boodskap van verwoesting – Onderbreking smoor die Salwing – Waarskuwing. [Elisabeth word onderbreek deur die telefoon wat lui, sy hou aan om in tale te bid]. Daar waar jou geloof is, daar sal jou veiligheid wees. Julle veiligheid is nie.. [‘n Boodskap word op die antwoord masjien gehoor][Nikomia: Ons sal hom terugbel.] Julle sal getugtig word, omdat julle toegelaat het dat die salwing gesmoor word. MY kinders laat dit vir julle in die vervolg ’n les wees. Ontkoppel daardie foon. Julle moet nooit weer ‘n kans vat nie. Die salwing sal gesmoor word. [Elisabeth hou aan om in tale te bid, sy sukkel om haar aandag weer terug te kry waar YAHUSHUA met haar praat.]

Dit maak MY kwaad. Niko, volgende keer moet jy die nodige voorsorg tref. Broer ***** het nie geweet nie. Hy het nie verstaan nie, en hy het in satan se hande in gespeel. EK vergewe jou, MY seun. Maar dit is nog ‘n les van hoe maklik die salwing gesmoor kan word met ‘n enkele afleiding. Dit is hoekom EK jou beveel Niko, wees in absolute afsondering saam met Elisabeth, met so min as moontlike afleiding. Julle albei word ryklik gesalf en enige afleiding kan die salwing smoor. EK het toegelaat dat dit gebeur terwyl MY dogter besig was om woorde te spreek wat van MY af kom, net om vir julle te wys hoe maklik haar aandag afgelei kan word en sy nie meer woorde van MY af hoor nie. VERWOESTING GAAN KOM!!!

Waarsku die mense dat daar verwoesting gaan kom.

‘n Ernstige waarskuwing vanaf YAHUSHUA: "Ignoreer jy die feit dat EK jou nou vertel om hierdie ministerie te help?" "Wat ookal hulle vir MY gaan doen, wat ookal hulle beloof het om vir MY te doen, het EK het dit op hulle harte geplaas om hierdie ministerie te help?" Het hulle uitgestel en gesê, "Ag more, of dalk ‘n ander dag. Ek sal net hier lees, maar ek gaan hulle nie kontak nie". Hulle het geskenke, en tog verkies hulle om nie te deel nie, omdat hulle sê, "Ag op ‘n ander dag." Maar EK wil dit vir julle sê, en EK spreek dit voort.

VERWOESTING GAAN KOM!

En wat ookal hulle doen vir MY, wat ookal hulle doen in MY Seun se Naam. Maak nie saak hoe hulle gehelp het om hierdie goeie nuus te versprei nie, dit is hulle wie se geroep EK sal aanhoor. Daardie dag sal EK notisie neem van alle opofferings wat hulle gemaak het. EK sal notisie neem van wie hulle ore toe gehou het. EK sal notisie neem van wie hulle oë toe gehou het. EK sal notisie neem van toe hulle gesien het hoe julle swaarkry, waar EK dit op hulle harte geplaas het om saam hande te vat en getrou te wees saam met diegene wat MY goeie saad in die oeslande saai. Dan skud hulle hulle koppe en sê, "Nee wat, HY praat nie met my nie." EK waarsku hulle nou, EK sal notisie neem. EK stuur haar voort soos die Elia "Elijah" van Ouds. EK stuur haar voort na die weduwees van Sarfat, alhoewel hulle dit nie weet nie. EK sal notisie neem op die dag wanneer verwoesting gaan kom.

Het hulle gehelp om MY profete kos te gee? Het hulle water aangebied? Het hulle enige woorde van aanmoediging gegee? Het hulle skuiling aangebied? Dit word oor en oor in die Woord vertel dat EK ook aan die profete van ouds gevra het. EK het hulle altyd met MY boodskap gestuur. En dit was nog altyd die mense se keuse of hulle wou hoor en of hulle met ‘n godsvresende vrees sou optree, en of hulle die profete sou wegjaag. Niks het tot en met vandag toe verander nie.

So vertel hulle, MY dogter, vertel hulle vir MY part, sodat hulle nie kan sê hulle was nie gewaarsku nie.

VERWOESTING GAAN KOM!

Is hulle gereed? Vra vir hulle wat hulle vir MY gedoen het?

 

Profesie 55 - Droom, YAHUSHUA! Ons is U Bruid! Ons wag vir U!

Dringende droom wat ek onlangs gehad het. Slegs gebede kan verhoed dat dit plaasvind. Op die onderkant van die bladsy is daar droom uitleggings van Jeff en Chuck. Help my asseblief om die "shofar" horing van waarskuwing te blaas. As julle pastore nie luister nie, dan word julle in elk geval verantwoordelik gehou om dit uit te spreek. Ek het ‘n baie sterk gevoel van dringendheid in my gees. Ek het ‘n droom gehad op 19 Desember 2001. Die enigste rede hoekom ek hierdie droom met julle deel is nie om vrees te wek nie, maar om eerder vir julle gebede te vra, sodat hierdie droom nie plaasvind nie. YAHUVEH praat met ons deur middel van drome, visioene, openbarings en ook op ‘n profetiese wyse. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal verhoed dat hierdie droom ‘n nagmerrie word. Deel dit asseblief met ander en vra julle kerke om op hulle gesigte te val en berou te hê, en om weereens om genade vir Amerika te smeek. As die kerke of die pastore weier, dan moet julle gebedsgroepe stig en tussenbeide tree.

Dit is dringend. Ek bly in Amerika. Hoe sal ek dan nie omgee nie? Is dit Amerika wat ek sien? Die land sal twee keer getref word wanneer hulle dit die minste verwag. Ons het ‘n baie sterk militêre beskerming, maar slegs YAHUVEH sal instaat wees om dit wat die duiwel wil doen, stop te sit. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal maak dat dit verhiner word of gestop word! Ons moet omgee. Hoeveel ken julle wat nie gered is nie?

*******

Droom van ‘n baba wat van die honger omkom

Ek het buite gestaan en na die pragtige blou lug gekyk. Alles was rustig. Terwyl ek opkyk, sien ek hoe 4 sirkels in die lug vorm. Dit was YAHUVEH se vinger wat hulle stadig geteken het. Toe die 4de sirkel geteken was, het ek ‘n harde brul geluid gehoor. Toe ek in die huis ingaan, het ‘n baie sterk wind die huis vernietig, asof dit ‘n kern ontploffing van ‘n kern bom was. Ek het in angs die dood en verwoesting aanskou. Binne in my huis het ek ‘n vrou met ‘n klein baba in haar arms gesien. Voordat ek die baba by haar kon vat, het sy hom by die venster van die tweede verdieping uitgegooi. Ek het uitgehardloop, binne in die bestraling en die verwoestende wind in, en het net betyds die baba in my arms gevang. Die baba het weer begin asemhaal. Terwyl ek daar gestaan het, het ‘n man verby my gestap. Sy gesig was baie sleg verbrand van die bestraling en hy het 3de graadse brandwonde opgedoen. Hy het nie ‘n woord gesê nie en het net verby gestap. Ek het in die huis in teruggegaan. Die huis was heeltemal beskerm teen die bestraling, en ek het geweet dat niks vir my of die baba kon seermaak nie. Ek het toe die baba met melk uit ‘n bottel begin voer. Ek sê toe, "Die baba lyk of hy baie ondervoed is en nie meer lewe nie." "Hoekom het jy nie die baba gevoer nie?", vra ek toe aan die vrou. Sy het uitdrukkingloos na my gekyk en gesê, "Omdat die baba nou vas."

Na ‘n ruk het die verwoestende winde opgehou. Alles het weer rustig voorgekom. Ek het weer na die lug gekyk en toe sien ek hoe daar weer ‘n sirkel gevorm word. Ek het begin om uit te roep, "Bekeer julle en draai julle harte na YAHUSHUA, omdat die oordeel weer gekom het." So min het geluister! Ek het weer gesien hoe die sirkels een na die ander gevorm word. Nadat die 4de een gevorm was, het ek weer die harde brul geluid gehoor. ‘n Geluid wat ek nie kan beskryf nie. Weer het daar ‘n verwoestende wind gekom en dit was asof daar ‘n tweede kern ontploffing plaasgevind het.

Ek voel die vrou wat ek gesien het, is simbolies vir godsdiens en die baba is die gemeentes. Die georganiseerde godsdiens is besig om die mense honger te laat lei. Hulle dwing hulle om meer te vas vir geestelike kennis, profetiese waarhede en openbaringe. Ek is gewoond daaraan om die mense wat in hulle eie kerke honger lei, te voer. Die pastore offer die mense vir hulle eie dinge soos rykdom en beheer. Hulle dink hulle besit die skape. Maar hulle het vergeet dat daar net een Goeie Herder is.

Waarsku asseblief alle mense! YAHUVEH het met my in die droom gepraat en my gewaarsku dat HY die omhulsel van beskerming weer sal oplig. Selfs die heidene aanbid ‘n heidense god. Wie aanbid Amerika?

*******

In November het ek ‘n soortgellyke droom gehad.

Ek was besig om met ‘n pad langs te loop, terwyl ‘n koei wat nog vol melk is, my oral waar ek loop, gevolg het. Dit was nie my koei nie. ‘n Boer het skielik my beskuldig dat ek sy koei gesteel het. Ek het gesê dat ek nie die koei kan verhoed om my te volg nie; dit was sy eie keuse. Ek sien toe hoe YAHUVEH se vinger skielik drie vierkante in die lug teken. Ek hoor toe ‘n brul geluid. Ek kan dit nie verduidelik nie. Die volgende oomblik verskyn ek toe skielik tussen ‘n reeks berge. Groot rotse het na my kant toe begin val. Ek het na die see toe gehardloop, waar my huis in die droom was. Ek het in die huis ingegaan. Daarna sien ek toe weer hoedat daar 3 vierkante in die lug geteken word. Ek het dit in angs aanskou en het probeer dink, wat is die minste pynlike manier om dood te gaan. Ek het gedink dat die oseaan oor die huis sou spoel en dat ek sou verdrink as ek nie daar padgee nie. So toe besluit ek maar om weer terug te gaan na die berge toe. Ek het weer die brullende geluid gehoor. Net nadat die 3de vierkant geteken was, voordat ek kon beweeg, was daar vuurwerke in die lug. Eers was die vuurwerke nie baie kleurvol nie. Toe het dit helderkleurig met ‘n verskeidenheid kleure begin raak. Dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie gehardloop nie, maar het slegs die vuurwerke aanskou.

Stuur asseblief vir my julle uitleggings vir hierdie droom. Ek weet dat die koei, simbolies is vir mense wat gevul is met ‘n pastoor se leerstellings, maar hulle wou meer hê. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal van nut wees. As MY mense maar net op hulle gesigte wil val en hulleself nederig maak, sal EK hulle gebede aanhoor en hulle land genees! Neem asseblief hierdie drome ernstig op. YAHUVEH het 3 jaar gelede, hoorbaar met my gespreek, en 2003 sal die vierde jaar wees. HY het gesê, "In vier seisoene sal jy weet." As ons die droom reg uitlê, dan is vier seisoene, vier jare. Het ons regtig nog soveel tyd oor, of sal die einde nog vinniger kom? Daar is te veel wat die begeerte en die mag het om Amerika te vernietig. Maar slegs YAHUVEH en YAHUSHUA kan dit verhoed. HY sal ons gebede gebruik. Wie sal ons help om tussenbeide te tree? Ons het meer tyd nodig om hierdie wêreld te bereik, vir die koningkryk van die Hemel.

Die een goeie ding is dat ek beskerm word. Net so sal julle ook beskerm word as julle onder die vlerke van YAHUVEH is, soos dit in Psalm 91 gesê word. Die geheime plek van die Aller Hoogste GOD. Is enige iets te moeilik vir GOD? Die drie hebreeuse kinders was in die vuuroond gegooi. Die oond was 7 keer warmer gemaak en niks behalwe die toue waarmee hulle hande en voete vasgemaak was, was verbrand nie. GOD, YAHUVEH kan ons ook van enige leed, in hierdie tyd beskerm.

Vertel ook asseblief aan ander van die redding van YAHUSHUA, sodat hulle gered sal word. Moenie vir ‘n mens bang wees wat die vlees kan vernietig nie, maar bewerkstellig eerder jou eie redding, deur vrees en bewing, met YAHUVEH wat jou vlees kan doodmaak en jou siel in die poel van vuur kan gooi. Ek waarsku julle omdat ek julle lief het. Esegiël 3:17-21. Die bloed is nie op my hande nie. Onthou asseblief die ware Sabbat dag en hou dit Heilig. Om die Sabbat te hou, beketen nie dat daar nou ‘n wet gemaak moet word nie, wees versigtig vir sulke wette en verbindinge. Die Sabbat is ‘n seën en ‘n rustyd vir YAHUVEH se kinders. Net soos in die tyd van Moses sal daar seëninge en beskerming wees vir die mense wat die ware Sabbat hou, uit liefde vir YAHUVEH en YAHUSHUA. Hierdie instruksies is al aan ons gegee tydens die tyd van Adam en Eva. Die bybel sê die Sabbat is ewigdurend en sal nooit verander nie. Die Katolieke het die ware Sabbat verander. Aanbid elke dag, maar kom nog nader aan mekaar en aan YAHUVEH en YAHUSHUA, op die ware Sabbat. YAHUSHUA het gekom om die wet van Moses te vervul, nie om dit te kanselleer nie. Die huis waarin ek gehardloop het, is my Ark van veiligheid. Wees verseker dat julle in die Ark is, onder die beskerming van Psalm 91, wanneer hierdie dinge gaan gebeur. Onthou, roep op die Name, YAHUVEH en YAHUSHUA. Daar is krag in daardie Heilige NAME.

Liefde en seënwense in die wonderlike NAME van YAHUVEH en YAHUSHUA.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Uitlegging van Jeff

Geagte Sherrie

Ek bid oor hierdie droom. Ek glo dat die Here vir jou ‘n slegte vrou wys en sy is nie bereid om aan haar kind, die vleis van die Here te voer nie. Daarom het die Here ‘n oordeel oor haar uitgespreek. Oordeel is besig om te kom en dit begin by die slegte vrou. Sy is die slegte vrou waarvan daar geskryf is. Die een wat die dier ry. God het oneindig baie kere met haar gepraat en mense dit is nou tyd om uit haar uit te kom. Doen dit, om nie deel te wees van haar sondes nie. Hoekom hou julle aan om na slegte vrouens (kerke) se huise te gaan om gevoed te word op geestelike melk wat julle nie meer volwasse kan maak nie?

En nou het die Here toegelaat dat julle siele uitegeteer raak en steeds versuim julle om uit haar te gaan. En hoekom? Sodat julle goeie vriende, mooi huise, mooi karre en mooi plekke kan hê, om te aanbid? Waarom behoort julle al hierdie dinge te hê, en tog vergeet julle MY daagliks, en onophoudend. Die Here het julle lief, en het julle gered en julle gevoed en julle gaan agter die hoer en slegte vrou aan? Hoe kan sy julle voed. Vertel MY dit, mense wat MY onophoudelik en daagliks vergeet? Waarom het julle die slegte vrou en haar nes van lokvalle gesoek, in plaas daarvan om MY te soek?

Omdat julle die slegte vrou gesoek het, en nie MY gesoek het nie, en nie gehoorsaam was aan MY stem wat sê, kom uit haar uit nie, sal EK nie luister wanneer EK MY oordele oor haar stuur nie. Julle moes nie deel gewees het aan hierdie dinge nie. Maar jy het vir jouself gesê, "Is daar ‘n ander manier? Is die weg van die slegte vrou nie die enigste weg wat ek kan volg nie? Is daar nie geboue op elke hoek waar ek vleis kan kry nie?" Maar jy het vir jouself gesê, "Wat daarvan? Gelukkig het ek ‘n plek langs die pad om in te bly, waar hulle my kan voed en voer. Waar ek ook rykdom en voorspoed kan hê!"

Maar die slegte vrou was opgewonde en baie bly en sy het jou ingetrek en jy het die brood op die delikate plekke geëet en ‘n bietjie vrede gevind. Maar EK het gesê, "Hierdie mense sal nie na MY luister nie. EK sal ‘n sterker roeping moet stuur, omdat hulle die slegte vrou te veel geniet en sy my mense aan die slaap sus." Wanneer die verwoesting kom, sê EK, "Kyk nou en sien, gaan sy berou, sal die mense besef dat hulle MY nodig het?" Sal hulle berou hê, deurdat hulle vir hulself gelewe het en hierdie huise in MY Naam gebou het. Of sal hulle hoor wanneer hulle sien dat hulle huise, wat in MY Naam gebou was, hulle nie nou kan red of beskerm nie? Kan ‘n huis van marmer en klip julle beskerm, MY kinders? Sal die mense, die priesters wat MY Naam aan julle verkoop, sal hulle julle help wanneer EK die bevel van oordeel oor haar gee? Sal sy na jou begrafnis kom? Sal sy jou doodsbed vir jou voorberei? Sal sy by jou begrafnis sing? EK sê Nee!

EK sal haar oordeel, sê die Here. En wanneer die oordeel kom, sal almal wat beledig, met vuur verbrand word. Elke laaste gesang waarin jy glo. Elke laaste toring en klok en musiek en instrumente sal vernietig word. En hoekom, sê jy? Was dit nie genoeg om op ‘n Sondag kerk toe te gaan en op ‘n Woensdag bymekaar te kom en tiendes te betaal en ook nog gawes aan die kerk te gee nie? Het ek nie dit waaraan ek skuldig was betaal, met gebede vir die Here nie? Maar jy het MY nie geken nie. Jy sou MY nie ken nie. Jy wou nie die tyd spandeer om die een wat jou gered het, te leer ken nie. Jy het jou dae spandeer om met ydelheid te lewe, met verwaendheid in jou geheue en jy het die een wat jou lief het en vir jou gesterf het, vergeet.

En nou kan ek jou nie meer verdra nie. Die dae het aangebreek vir jou om te weet dat die een wat vir jou gesterf het, werklik bestaan. As jy berou het en wegdraai van jou sonde en voor MY kniel en MY volg, sal jy gered word. EK sal self die slegte vrou veroordeel en vervloek is diegene wat op daardie dag in haar gevind word. Sherrie, dit wat die Here wil doen is aan my bekend gemaak. Ek is al vir jare lank nie meer in die slegte vrou nie. Sherrie, die groot slegte vrou is ‘n valse godsdienstige stelsel wat vir Jesus verkoop op die straathoeke en in die beste geboue wat op die aarde gebou is. Hulle verkoop Jesus vir dollars en gee vir die kinders brood, terwyl hulle nog meer vir hulle kon gee. Maar hulle soek die weelde van die dollars van die mense en hulle voer die kinders melk. En die melk word net swakker soos die gretigheid groei. Alhoewel baie pastore die vleis, en meer gewigtiger inligting in hulle, en in hulle harte het, deel hulle dit vir hierdie rede nog steeds nie. Hulle is bang dat hulle die mense sal beledig en dan gemeente lede sal verloor, asook die geld wat die geboue en programme en soveel meer moet betaal.

Wel, dit is ‘n groot sonde en ‘n groot stank in die neusholtes van God. Hoe is dit dat die ware Apostels en Profete net werk om hulleself te onderhou, en hulle net klein groepies het wat hulle volg, terwyl die huurlinge van die kerke hulle sakke vol maak met die weelde van die kinders. Was dit nie ook so met Jesus se eerste verskyning nie? Hulle het duiwe in die tempel verkoop en aangekoop. Nou verkoop hulle bandopnames, boeke, beeldjies, aandenkings, koffie, kos en allerhande dinge, en dit nadat hulle die tiendes en die offergawes opgeneem het. Sal God nie ‘n kerk soos hierdie oordeel nie? Kan God toelaat dat hierdie boosheid aanhou? Nee, en ‘n duisend keer Nee!!! Nou is die woede van die Here teen alles wat vals is en HY sal haar uit SY mond uitspoeg.

HY roep steeds SY ware Bruid om uit die valse, slegte kerke uit te kom. Dit beteken dat as jy in ‘n denominansie is, kom daar uit. Volgers van Luther, kom weg daar. Metodiste, kom uit. Presbitaanse, kom uit. Kom uit alles uit wat hulleself bo die Here en die ware kerk stel. Haar sondes het die hoogtes van die hemel bereik en die Here onthou haar sondes. God sal hierdie Hoer, wie soos ‘n koningin sit en dink dat sy nooit enige bedroefdheid gaan sien nie, ten sterkste veroordeel. Hoe durf sy haarself so hoog ag. Wie dink sy is sy, dat sy en almal wat saam met haar is, as haarself koningin verklaar, eerder as om ‘n weduwee te wees! Mense, kom uit haar uit. Is jy ‘n katoliek? Kom uit! Kom uit! Kom uit! Ja die trompet is besig om geblaas te word, kan julle dit hoor? Die dae het alreeds verby gegaan. Julle kan nie die slegte vrou verander nie. Die slegte vrou gaan jou verander!

Niemand kan die slegte vrou verander nie. As dit moontlik was, sou die Here haar verander het. Maar nou gaar sy net die weelde op van MY kinders wat ondervoed is en sy sal hulle nie met die weelde en openbarings van MY woord voed nie. Sy het die sondes van Judas gepleeg, die een wat MY vir dertig stukke silwer uitverkoop het. Laat hom wat ore het, hoor wat sê die Gees aan die kerke. Vandag is die dag om dit te hoor. Moenie julle harte hard maak soos in die dae van tarting, toe die kinders van Israel in die wildernes geval het, toe hulle nie tevrede was met die ware brood wat uit die hemel uitgekom het nie. Kom uit! Kom uit! Kom uit! Dit sê die Here.

Uitlegging van Chuck

My uitlegging van die droom is regtig baie eenvoudig. Ek hoop ander sal ‘n baie dieper bedoeling sien in hierdie droom. Verwoesting gaan uit die bloute, baie vinnig kom. Almal sal omkant gevang word. Die vier sirkels verwys terug na die volgende wat op hierdie webwerf geplaas was: Sherrie Elijah het wakker geword waar Vader YAHUVEH met haar gepraat het. Dit was op 16 Oktober 1999, ongeveer 7 uur in die oggend…"Binne vier seisoene sal jy weet. Die geskenk van genesing. Die geluid van die trompet!" Die vier sirkels verwys na die vier seisoene [Somer, Lente, Winter en Herfs]. Daar was aan Elisabeth gewys wat aan die einde van die vierde seisoen gaan gebeur. Die feit dat sy dit ‘n tweede keer gesien het, beteken dat dit waarlik ‘n profesie van YAHUVEH is, wat wel gaan plaasvind. Daar sal ook dan twee golwe van verwoesting wees. Die geluid van die trompet (shofar) roep die Bruid huis toe, na veiligheid, voordat die verwoesting kom. Daarna kom die Bruilofsmaal van die Lam.

Selfs wanneer hierdie storm oor ons land gaan woed, sal hierdie goddelose kerke aanhou om ‘n vlies oor die gemeente te trek en aanhou om hulle geestelik uit te honger. Die vrou in die droom is die kerk wat haar gemeente vanuit die tweede verdieping se venster gooi. Elisabeth verteenwoordig diegene wat die waarheid leer en die mense voed wat na hulle draai vir hulp. Sy voed die baba wat honger ly. Sy en die baba was heeltemal beskerm van die radioaktiwiteit in die huis, as gevolg van haar geloof en haar gehoorsaamheid aan die roeping van YAHUSHUA.

*******