Profesie 57

WEES VERSIGTIG VIR DIE "TROJAN HORSE"!

Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah, wat uitroep met ‘n stem na ‘n nasie, net soos wat Jona na Nineve uitgeroep het. Nineve het vir ‘n seisoen berou gehad, sal Amerika? Of sal ons pragtige land, wat met skoonheid geseën was, en wat eens op ‘n tyd na heiligheid en vryheid gestreef het, aanhou loop op die doodloop straat en soos Nineve en Sodom en Gomorra opeindig het? Ek is nie die enigste apostel en profeet wat voortgestuur is met hierdie waarskuwing aan Amerika nie. Die vraag is, wie gaan luister? Wat sal jy met hierdie profetiese waarskuwing doen? YAHUVEH stuur altyd eers apostels en profete om alarm te maak, sodat daar berou sal word en teruggedraai word na heiligheid, na die GOD wat jou geskape het, en na die Redding toe. As gevolg van YAHUVEH se genade en liefde, waarsku HY eers voordat HY sy oordeel stuur.

*******

30 Junie 2002, 11 uur in die oggend

MY kinders, julle vra MY om genade oor Amerika te hê, maar EK, YAHUVEH vra, "Wanneer sal MY kinders genade teenoor MY hê?" EK het voorheen gesê, "Wees versigtig vir die "Trojan Horse"." EK het oor en oor vir hierdie dogter wat nou profeseer, gesê, "Wees versigtig vir die "Trojan Horse"." Amerika, julle is daardie "Trojan Horse". Julle kom as ‘n seën na Israel. Julle kom met ‘n helpende hand na Israel, maar agter julle rûe, dra julle ‘n bloedbevlekte mes om in die rûe van Israel se leiers te steek.

Amerika, julle is soos ‘n "Trojan Horse", julle sal ‘n prys daarvoor betaal indien julle nie berou nie. Enige een wat vir Israel verraai, verraai ook vir MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA. Enige een wie ‘n vyand van Israel is, het homself opgestel as ‘n vyand van MY, YAHUVEH, die Skepper van Israel, ook die Skepper van Amerika en MY, YAHUVEH, die Skepper van die heelal. Enige leier wat homself oppof en homself soos ‘n god maak en sê, "ek sal vir Israel vernietig", en sy vuis skud in MY, YAHUVEH, die Skepper, se gesig. Amerika julle sal sekerlik betaal. Amerika, julle het alreeds begin om te brand, julle brand met MY woede. Julle roep om genade vir Amerika, maar tog wil julle nog steeds die NAAM van GOD doodtrek en weghou vanaf julle kinders se geheue af.

MY kinders, wees hiervan verseker, diegene wie MYNE is, wie in MY ark is. Die wie MY stem hoor, en die wie huil en uitroep vir genade, julle is bang dat EK julle sal slaan, wanneer EK die res gaan slaan wat weier om gehoorsaam te wees, julle hoef nie bang te wees nie. EK het sakke regoor die wêreld, en julle is veilig binne in MY sakke, MY woede is nie bestem vir MY kinders nie. Wanneer EK slaan, weet EK, YAHUVEH wie om te slaan, EK gebruik MY hande om die mense te beskerm. Niemand kan julle uit MY hande ruk nie. Nie een haar op jou kop kan aangeraak word nie, behalwe as EK dit toelaat. As EK, YAHUVEH dit toelaat sal MY kinders net meer soos ‘n Stefanus word wat meer Paulusse sal grootmaak. Dan sal hulle belonings in die Hemel soveel groter wees. (Handelinge 6-7).

MY kinders, EK is kwaad, omdat julle om genade uitroep vir Amerika, terwyl die leier van Amerika homself oppof soos ‘n god, maar hy is nie ‘n god nie. EK hoor die geroep van MY mense in Israel, selfs die wie nie MY Seun YAHUSHUA erken nie. Maar MY kinders, hulle roep uit na MY, hulle eer MY Sabbat dae, hulle hou MY Joodse feeste en is gehoorsaam aan MY "Torah". Israel dra die Bloed van YAHUSHUA, en Jerusalem dra die Bloed van YAHUSHUA, alhoewel hulle dit nie kry nie. Amerika, wees versigtig, julle is die "Trojan Horse". EK, YAHUVEH wil julle herinner wat met ‘n "Trojan Horse" gebeur. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA profeseer nou deur MY handgemaakte Diensmaagd, EK, YAHUVEH sal daardie "Trojan Horse" platslaan, en wanneer ek dit platslaan, sal EK dit nooit weer oprys nie. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA sal die Perd se kop afkap. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA sal die Perd se hoewe afkap. Amerika, julle sal nie meer instaat wees om te beweeg nie, en die handelaars sal van ver af uitroep, terwyl hulle Amerika van ver af sien brand. (Openbaring 18).

O Amerika, EK huil vir julle, terwyl julle gereed maak om nog ‘n verjaarsdag te vier. Julle het vergeet dat dit EK, YAHUVEH was wat julle apart gestel het vir MY en YAHUSHUA se Glorie. Jy’s net ‘n klein babatjie en tog skud jy jou vuis in MY gesig, jy ontken die een wat jou gemaak het. Hierdie boodskap is nie vir MY kinders wie MY in waarheid en liefde aanbid, en probeer om gehoorsaam te wees nie. Hierdie waarskuwing is vir diegene wie hulleself opstel as MY vyande. Wees versigtig, Amerika! Jy is soos ‘n "Trojan Horse". Israel was jou vriend, nou hanteer jy hom as die veragtelike vyand. Jou leiers gaan om een hand te skud, en dan word daar ‘n bloedbevlekte mes binne in Israel se rug gesteek, met die ander hand. Julle bespot Israel. Julle verkondig nie die waarheid nie. Julle laat MY hebreeuse mense in Israel lyk soos die terroriste. Julle trap op hulle rûe en op hulle ekonomie.

Julle verkondig vrees oor die wêreld en sê, "Bly uit Israel uit, dit is te gevaarlik om daardie plek te besoek", en tog hemel julle die Palestynse vyande op soos helde. Vyande wat MY NAAM verag. En dan sê julle dit nog ook hardop, vir almal om te hoor. O Amerika, julle maak hierdie belofte aan die Palestyne, julle sê valslik, "Ek, Amerika, sal vir Israel, veral Jerusalem teruggee aan die vyande van MY, YAHUVEH." Die Palestyne het hulleself opgestel as MY, YAHUVEH en YAHUSHUA se vyande. Die Palestyne het MY Hebreeuse kinders doodgemaak. Die Palestyne probeer om die appel van MY oog te steel. So Amerika, omdat julle vir hulle gehelp het, het julle MY woede aangewakker, en nou, Amerika, verag EK, YAHUVEH en YAHUSHUA selfs julle naam. EK het tot dusver genade gehad vir MY ware kinders wat uitroep. Maar MY ware kinders moet dit weet, hoe langer EK MY woede teruggehou het, hoe kwater het EK en YAHUSHUA geword. Amerika julle sal daarvoor betaal.

So dit is ‘n boodskap aan MY geliefde kinders, salf julle huise weereens, roep uit om genade vir jou eie huis, en EK, YAHUVEH sal julle weer hoor, MY kinders. Berou vir julle eie huise se onthalwe, omdat julle nie kan berou vir die sondes van Amerika nie. Die stank van die sondes het die hemel bereik, en almal in die hemel hou hulle neuse toe, omdat geen nasie nog gedoen het wat Amerika gedoen het nie, en tog was geen nasie ook nie geseën soos Amerika geseën was nie. Julle wil die woorde, "Een nasie onder GOD", doodtrek, dan sal julle een nasie onder MY voete wees. EK, YAHUVEH sal op julle trap, omdat julle so pas julle genade doodgetrek het, julle het so pas MY guns doodgetrek. Julle wil die woorde "Op GOD vertrou ons", op julle geldeenheid doodtrek. Al wat julle dan sal hê is "Op (Amerika) vertrou ons".

EK sal julle wys wat gebeur met ‘n nasie wat nie onder die beskerming van GOD YAHUVEH en YAHUSHUA se beskerming is nie, dit sal nie ‘n mooi gesig wees nie. Amerika, julle sal uitvind hoe tingerig julle krag en mag is. Julle wil "Op GOD vertrou ons" doodtrek. Amerika, al wat julle dan sal oorhê is "Op vertrou ons". Net daar het julle dit soos volg gestel dat EK, YAHUVEH, die GOD wat julle apart gestel het, se genade nou doodgetrek is, julle het so pas MY beskerming doodgetrek, omdat julle op julleself staatmaak. So Amerika, laat die wêreld sien wat gebeur as dit net julle is waarop julle vertrou.

Kanada EK, YAHUVEH en YAHUSHUA gee aan julle hierdie waarskuwing. Moenie in jou suster se voetspore volg nie. Julle noem julleself Noord-Amerika, nou dra julle die naam wat EK verag. As julle nie berou en wegdraai vanaf die sondes van Amerika nie, sal die lot van Amerika ook julle s’n wees. Julle sal deel hê aan die bedroefdheid. Julle sal deel hê aan MY woede, as julle nie in YAHUVEH en YAHUSHUA se voetspore volg nie. Kanada en die Kanadese Christene, kom stel julleself nou apart, begin om te bid vir Kanada, omdat julle politieke leiers julle provinsies aan diegene met die hoogste bod verkoop het. In Amerika is daar state wat probeer het om apart te word, as gevolg van die skaamte wat hulle gevoel het. In Kanada is daar ‘n provinsie wat probeer het om apart te word, omdat hulle dieselfde gevoel het. EK, YAHUVEH sal diegene wat apart wou word, in ag neem. EK, YAHUVEH sal hulle op daardie dag apart stel en die volle woede sal nie daardie dag op hulle val nie.

O Amerika, EK ken julle streke en julle planne, Julle politieke leiers probeer om vir Arafat te vervang. Van twee soorte booshede, is Arafat is die een wat minder boos is. Die Palestynse leier wat gaan kom, sal Arafat na ‘n skoolseun laat lyk. Hy sal ‘n verraaier en ‘n Judas wees. Hy sal sy eie mense verraai. Dit is nie meer lank voordat Arafat vervang gaan word nie. Wee diegene wat die wegneming van Arafat sal toejuig, omdat daar ‘n groter boosheid sal kom. Die wat bly gaan wees, sal rou. Die wat nou lag, sal verag word. Amerika se politieke leiers gaan ‘n baie groot prys betaal, omdat hulle vir Israel wil verkoop aan die een wat die hoogste bod aanbied, alles vir hull eie motivering en hulle eie gretigheid.

‘n Baie groter boosheid is aan die kom, groter as wat jy ooit van kan droom of inneem. Wee Amerika, omdat julle direk in satan, asook die anti-messias se hande in speel, julle speel reg binne in die "blueprint" wat opgestel is, van die anti-messias wat gaan kom. Amerika, dit is julle wat EK nou aankla. Julle is die "Trojan horse", en daarvoor sal julle betaal. Amerika, geniet jou voorspoed, geniet jou luukshede, geniet jou gretigheid, geniet jou roem en jou rykdom, omdat dit nie lank sal hou nie. MY Ware geliefde kinders wat in Amerika bly, julle moet berou as julle julleself Amerikaners noem. Moenie dat die bloed van Amerika op jou hande gevind word nie.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH HA KODESH (Heilge Gees), gegee aan hierdie Apostoliese profetiese Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA op die 30ste Junie 2002 op 11:00 uur in die oggend. Dit is nederig gegee aan hierdie Apostel Diensmaagd Elisabeth (Elisheva) Elijah, gedurende ‘n telefoon gesprek met ‘n getroue broer en ondersteuner van hierdie ministerie, genaamd, Brian. Ons was besig met gebed, toe die RUACH HA KODESH my gestop het toe ek in engels gebid het. Tot my verbasing het hierdie woord na vore gekom. Asseblief, Amerikaanse Christene, berou en bid vir hierdie land, voordat dit te laat is. Dit was eens ‘n vry land. Bid asseblief vir die vrede van Jerusalem en wees lief vir ons Joodse broers en susters, omdat ons almal die Koning van die Jode, ons Messias en GOD, wie se naam YAHUSHUA is, dien.

Bid asseblief en begin ‘n petisie, sodat ons leiers nie teen Israel sal draai nie. Ons weet dat ons Christelike geloof in YAHUVEH en YAHUSHUA en die bybelse skrifte, die waarheid is, omdat Israel nooit vernietig sal word nie. Israel sal altyd staande bly. Amerika en al die ander nasies, wees versigtig, omdat hierdie belofte nie aan julle, in die Heilige Skrifte gegee was nie. As Israel nie meer bestaan nie, dan is alles waarin ons glo, maar net ‘n leuen. Die Bybel is die woord wat vlees geword het, deur YAHUSHUA, en YAHUSHUA sal eendag SY voete plant op die Olyfberg en vanaf Jerusalem regeer. Ons sien uit na daardie koms en dag en ons sê, "Kom YAHUSHUA, kom vinnig. Dit is ons gebed". (Openbaring 22:6-7, 12-13, 17, 20)

Lees dit asseblief. Ons YAHUSHUA ha MESSIAS gaan weer kom. Gaan jy gereed wees?