Profesie 58

AMERIKA, BEROU OF VERGAAN!

VOORDAT DIT TE LAAT IS!

12 September 2001

Terwyl ek hierdie boodskap voortspreek, moet julle asseblief verstaan dat ek ‘n Amerikaner is en nou in Amerika woon. Ek spreek hierdie voort met ‘n groot vrees van dit wat nog gaan kom as ons nie berou voor ons Skepper YAHUVEH en YAHUSHUA HA MESSIAS nie. Groot vrees wat YAHUVEH gespreek het, wat ek gehoor het en neergeskryf het, wat YAHUVEH wil hê, ek en jy moet hoor. Ek streef daarna om elke woord duidelik te hoor en ek vra om vergifnis in die naam van YAHUSHUA as ek dit nie gedoen het nie.

Daar was aan my gesê om die mense te waarsku dat iets groots en geesteliks gaan gebeur, en dat dit in die Geestelike Koningkryk sal manifesteer, naby die Sabbat van die Rosh Ha Shanah, die Joodse datum wat die Priesters daar gestel het, 17-18 Sept, tog voel ek in my gees dat die datum nie reg is nie. YAHUVEH het aan my vertel om vir die mense te sê dat hulle die dae naby September 14 se Sabbat moet dophou. Ek wil ook byvoeg dat julle ook kyk wat gebeur op Yom Kippur, die Dag van Versoening, of die 10 dae van Ontsag, en die 1 dag vir berou van ons sondes. Rosh Ha Shanah en Yom Kippur is die hoogste heilige dae, en as julle dink dat net die Jode hierdie dae moet eer, is julle verkeerd. Jy is ‘n Jood as jy vir YAHUSHUA as julle God en MESSIAS aanvaar, YAHUSHUA is die Koning van die Jode. Ons moet ook dit wat HY Heilig gehou het, as Joodse Heilge Dae en Feeste sien. Moet ons dan nie ons Redder se voorbeeld volg nie?

Die Jode glo dat die Rosh Ha Shanah die tyd is wanneer hulle Messias gaan kom, maar hulle in Israel besef nie dat hulle vir die anti-messias wag nie. Hulle weier om YAHUSHUA as die Seun van YAHUVEH, wie ook "EK IS" genoem word, te erken. Die Jode glo die Rosh Ha Shanah is die Nuwe Jaar en hulle verwys na die koms van die Oordeelsdag van YAHUVEH. Hulle sê selfs vir mekaar, mag jou naam in die Lam se Boek van die Lewe ingeskryf word. Ek is ‘n Messiaanse Jood, alhoewel my bloedlyn en my nooiensvan Joods is. Dit is nie wat my ‘n Jood maak nie, dit is deur die Bloed van YAHUSHUA dat ek ‘n Jood is, en ek is nie skaam om dit oor die internet uit te skree nie! Ek is lief vir my Joodse broers en susters wat Lief is vir YAHUSHUA en HOM dien. Ek is ook lief vir die Jode wat lief is vir "HaShem Adonai", al haat hulle my, of verwerp hulle my. Ek is deur ‘n skrywer vertel dat hy sy eie godsdiens het en gemaklik is daarmee.

Ek is bedroef, omdat Jesaja 53 dit pleinweg stel wie YAHUSHUA is en watter prys HY betaal het. Omdat die Jode wil leef by die wette van Moses, sê die skrifte dat Moses hulle self sal oordeel en nie YAHUSHUA nie. Wee diegene wat geoordeel wil word deur Moses. As jy net een wet sou breek, was jy waardig om hel toe te gaan. Daar is geen opoffering, geen bloed versoening, geen genade, tog is ek dankbaar dat YAHUSHUA, die perfekte lam wat in my plek doodgemaak is, die Heilige Seun van YAHUVEH, wat nooit sonde gedoen het nie, gewillig was om SY lewe te gee, sodat my sondes vergewe kan word met die gestorte bloed by Golgota en sodat my lewe gered kan word. Die Jode ken die wette, maar nie die Verlosser van die wette nie. Wat sal dit neem vir Israel om YAHUSHUA as die Koning van Konings, die Here van Here, Almagtige GOD se enigste gegewe Seun, te aanvaar. HY is die MESSIAS, die Heilige Lam van YAHUVEH.

*******

PROFESIE BEGIN

EK YAHUVEH sê, "Mense julle moet berou, staan in die gaping, vas en bid vir Amerika, voordat die oordeel weer op haar val." Pos asseblief ‘n gebed vir Amerika. EK, YAHUVEH beveel julle om alle profesieë oor Amerika, te publiseer. Moenie bang wees om Amerika te beledig nie, maar as julle nie gehoorsaam is nie, moet julle bang wees om MY, YAHUVEH te beledig. EK, YAHUVEH sê aan jou, President Bush, roep ‘n spesiale dag van vas, rou, ‘n dag van berou, en julle moet op julle gesigte voor MY neerval, voor die wêreld, julle moet julleself nederig maak, berou, huil, vas en bid dat MY hand van oordeel sal opgelig word weg vanaf Amerika. Chrsitene en Jode, luister na die skrifte, "en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees." (2 Kronieke 7:14).

Israel, moenie skaam wees vir MY nie, anders sal EK vir julle skaam wees, moenie die mense vrees wat jou liggaam kan doodmaak nie, wees eerder bang vir MY, wat jou, al skreeuende binne in die ingewande van die Hel, die poel van vuur kan instuur (Mattheus 10:28), en die ween en geklaag het skaars maar begin. Aanvaar nou vir YAHUSHUA, voordat dit te laat is. Berou nou, terwyl daar nog tyd is. Roep na YAHUVEH en YAHUSHUA en jou siel sal gered word as jy gehoorsaam is aan MY en MY eerste in jou lewe plaas. Draai weg en wys onheiligheid en die wat onheilig is, tereg. Draai weg van alles wat onheilig is en hou op om MY wette wat EK daar gestel het, wette wat met MY vuur vinger in die steen in geskryf is, te verander. EK IS wie EK IS, en EK verander nooit nie.

Julle President Bush moet onthou wie hom in sy posisie geplaas het. Dit was MY hand, die hand van YAHUVEH. Oordeel het gekom vir die onheilige wette wat uitgevaardig is, wat veroorsaak dat mense sonde doen, dat hulle sonde oorsien, kinders vermoor terwyl hulle nog in die baarmoeder is, dat hulle eksperimenteer, martel, en maak of hulle die skepper is. Maar jy is nie die skepper nie, jy is ‘n moordenaar. Julle dink EK gaan julle seën met die genesing van julle peste, siektes, swakhede, deur ongebore kinders te vermoor. Julle dink EK sal julle dokters en julle wetenskaplikes seën? EK wil vir julle vertel, nog ‘n slegter plaag gaan oor julle kom, omdat julle hierdie wreedaardighede doen en dan noem julle dit mediese vordering en geneesmiddels van dit wat julle siek maak.

EK noem julle slagters, moorddadige slagters! Dokters en wetenskaplikes, julle lot sal dit wees van ‘n moorddadige slagter. Julle noem dit, Hooggeregshof van Amerika, die heidense politikusse het hierdie oordeel oor Amerika gebring. Julle het niemand anders om te blameer as julle self nie. Julle maai wat julle gesaai het. Hoekom dink julle dat EK nie die stille geskreeu van die ongebore babas hoor nie? Julle het julle ore doof gehou en julle oë toe gehou vir hierdie moord. Weet julle nie dat EK die siele van die ongebore sowel as gebore babas gemaak het nie? Heidene, Fariseërs. Hoe durf julle dit waag om dit wat EK moord noem, te herskryf? Wie dink julle politikusse is hulle om dit wat EK ‘n sondige lewenstyl noem, goed te keur?

Dink julle dat EK beïndruk is met julle nuwe wette? EK het vir julle oordeel oor Amerika gewys, en EK sê vir julle, wag totdat julle die tekens in die lug sien, en die aktiwiteite op die aarde, terwyl vulkane, aardbewings, vloede, orkane, tornados almal saam gaan span in ‘n koor en die lied gaan sing vir die veroordeeldes. As julle dink dit is gruwelik, dan het julle nog nie MY woede gesien neerkom nie. En EK praat nie net met Amerika nie, sy is net ‘n klein babatjie wat haar neus vir MY rondswaai.

EK praat met Israel, alhoewel so baie van julle sê dat julle jode is, is julle nie, omdat julle die wette van Abraham ontken het. Julle het julleself en julle land aan die een verkoop wat die hoogste bod geplaas het. Diegene wie EK nie wou gehad het moet die land besit nie, besit dit nou. Julle het geen reg om dit, wat EK vir julle voorvaders gegee het, weg te gee nie. Julle gee selfs julle water weg, terwyl julle nie weet waar julle nuwe water vandaan gaan kom nie. Word wakker, MY Joodse mense! Die wat op HaShem Adonai roep, word wakker. Wil julle waarlik terugkom na EK IS, of wil julle die lot van Nineve en Sodom en Gomorra, ervaar? Julle is geen beter nie, Israel, jy is ‘n hoer in MY oë.

Julle maak ook die onskuldige babas dood en verander MY wette, net omdat Amerika en ander, regoor die wêreld dit doen. Israel, EK skaam MY vir jou. Ja, jy ook Jerusalem! EK skaam MY vir die land wat moet staan vir heiligheid, en tog sit julle Fariseërs in julle regering, wat nie eers ‘n vorm van goddelikheid het nie, asook geen goddelikheid binne in hulle nie. Julle luister na bose priesters wat MY nie eers ken nie. Hulle ken die wette en hulle is nie eers gehoorsaam daaraan nie. Julle hemel hulle op asof hulle heilig is, en tog is daar geen heiligheid binne in hulle nie. Nie al MY Priesters het die RUACH HA KODESH binne in hulle nie, maar julle weet wie het en wie het nie.

Israel, julle sit en kyk met ‘n groot verwagting, omdat julle weet dat die oordeel nie meer ver is nie. EK het julle oor en oor vertel om na die Skepper van julle Voorvaders te draai. Maar luister julle? Draai julle terug na Heiligheid? Prys julle MY vir alles wat EK gedoen het? Nie almal van Israel is die appel van MY oog nie. Slegs diegene wie MY soek en wie heiligheid volg en wie dit waag om alles wat onheilig is teen te gaan, is die appel van MY oog. Slegs diegene wat die geskenk aanvaar, wat EK vir Israel gegee het. Deur hulle het EK die wêreld geseën, toe EK MY Seun YAHUSHUA gegee het. Maar as julle HOM ontken, dan ontken julle MY, YAHUVEH.

Hoekom dink julle dat EK minder huil oor die vermoorde, gemartelde, ongebore babas, as oor die honderde duisende lewens, wat veel meer is as wat julle in een dag kan tel. Die hel het die meerderheid van hulle in sy besit geneem. Julle weet nog nie hoeveel lewens geneem was nie, maar julle sal besef dat diegene wat vir julle voorskryf wat om te hoor en wat om te sien, julle op die verkeerde spoor lei. Chrsitene, hoekom laat julle toe dat sonde in julle huise inkom? Hoekom spreek julle nie hardop uit teen hierdie sondige lewenstyle nie, asook dit wat EK ‘n verafskuwing noem nie? Israel, selfs julle spreek nie uit teen dit nie. Julle maak eerder wette om ‘n bose bespotting aan te moedig, van dit wat EK ingestel het as ‘n huwelik, julle weet waarvan "EK IS" praat. Moenie dink dat EK MY oog knik vir hierdie alternatiewe lewenstyl nie. Julle maai wat julle gesaai het.

EK het aan MY Diensmaagd vertel om vir die mense te sê om die tyd rondom die Rosh Ha Shanah, en die maand van Oktober, dop te hou. Onthou julle wat EK, YAHUVEH gewaarsku het, "Amerika, EK het die ergste vir laaste gebêre." Julle moet wakker word en besef dat julle ‘n land is wat apart gestel was om glorie aan YAHUVEH en YAHUSHUA te bring. Maar hoeveel roem en eer het Amerika vir "EK IS" gebring? Wee hierdie land as hy nie terugkeer na heiligheid nie. EK is die Here GOD YAHUVEH en dit is die droewigste dag vir Amerika, sonder om een skoot terug te vuur om haarself te beskerm, sonder enige een wat notisie geneem het van dit wat EK deur MY Apostels en Profete gespreek het, en hoeveel het geluister? Amerika het baie ongevalle en sterftes gehad. EK moes toelaat dat satan julle sif, omdat julle ver van MY paaie van heiligheid afgewandel het. Julle sê, dit is een nasie onder GOD, maar wees dan gehoorsaam aan MY. Wees gehoorsaam aan die Heilige Skrifte. Ontken en verwerp alles wat onheilig is, en gaan terug na die land wat EK liefhet en apart gestel het.

Wee jou, indien jy nie ag gee op hierdie waarskuwing nie. EK praat deur MY Apostels en Profete, diegene wat pastore nie in hulle kerke wil hê nie, diegene wat weier om ‘n kompromie met MY woorde aan te gaan, diegene wat weier om gesensor te word, diegene wat weier om hulle voete onder enige ander tafel, behalwe MYNE, te sit. Diegene wat weier om MY woorde sag te maak, net sodat hulle nie iemand sal beledig nie. MY Ware Apostels en Profete sal nie stil gemaak word nie. Dit veroorsaak net dat hulle harder sal skree. Julle dryf hulle uit julle kerke uit, en tog dryf julle hulle net in MY arms in, waar hulle vertroos word. Hulle besef dat die meeste kerke in Amerika en regoor die wêreld, hoere is vir satan, uitverkoop aan die een wat die hoogste bod geplaas het.

MY mense is verkoop en word gesien as persoonlike eiendom, terwyl die pastore hulle e-pos lyste verkoop. Terwyl hulle die koppe van die mense in die kerke tel en hulle toe-eien soos skape. Wee julle. Julle bose skaapwagters wat eintlik wolwe in ‘n skaap se klere is. Wee julle, diegene wat hulleself miljoenêrs noem en afkyk op ander. Onthou, EK is jaloers op MY skape en lammers. Julle sal betaal. O, julle sal na MY toe kom en sê, "Maar Here ek het duiwels in jou NAAM uitgedryf en geprofeseer in jou NAAM, en ‘EK IS’ sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid, EK het jou nooit geken nie." (Mattheus 7:21-23)

Julle wie ‘n snaakse vuur na die gemeentes neem, wie MY Glorie vat en ministeries na hulleself vernoem, HARDLOOP, HARDLOOP, HARDLOOP weg vanaf sulke ministeries. "EK IS" het maar toegelaat dat julle saad gesaai het in suinige, arrogante, manipulerende, bedrieglike en trotse predikante en ministeries. Omdat "EK IS" hulle nie geseën het nie, het hulle na valse leerstellings gedraai, sodat dit lyk of hulle die geheime by MY geleer het, en tog leer hulle die geheime by satan homself. Wees versigtig vir enige een wat MY Glorie wil steel. Hoe groter die naam, hoe meer Glorie steel hulle. EK sal julle verantwoordelik hou vir die saad wat EK aan julle gegee het om te plant. As julle saad saai in korrupsie, sal julle die vrugte van MY verwoesting maai. Voorheen was julle nie gewaarsku nie, maar nou stuur EK hierdie Apostel om julle nou te waarsku. EK stuur MY apostels en profete om julle te waarsku voordat die oordeel kom. EK is ‘n GOD van balans in alle dinge, seëninge en vervloekings ook. Berou en draai weg van hulle wat hierdie bose dinge doen.

EK huil vir Amerika. O EK wil julle nie seermaak nie. Julle is soos ‘n eiesinnige kind wat afgedwaal het na ‘n lewe van sonde. Julle is soos die seun wat net wil verkwis. Die een wat sy pa se erfgeld gevat het en dit op rykdom en dwaashede verkwis het. EK is daardie Heilige Vader, daar is geen ander nie. Alles wat jy het, het EK vir jou gegee. EK was geduldig met julle. EK het julle toegelaat om keuses te maak, maar nou waarsku EK julle om uit te kom vanuit daardie stinkende varkhokke van die wêreld. Hou op om die varkkos van die wêreld te eet. Kom na MY toe, en EK sal MY Seun YAHUSHUA se kleed van regverdigheid om jou sit. EK sal MY eie ring van belofte aan jou sit, die ring wat jou een met MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH sal maak. Jy sal met die waarheid, regverdigheid en heiligheid getroud wees, as jy aan MY gehoorsaam is. Kom terug na heiligheid.

EK, YAHUVEH en YAHUSHUA knik nie vir sonde nie. EK word nie vermaak, terwyl julle MY verder en verder toets nie. Nou is daar selfs godlastering op julle luggolwe, gedurende spitstyd, waar julle babas op die verkeerde weë gelei word. EK is YAHUVEH, julle Skepper. EK het julle gewaarsku, maar wou julle luister? Kom laat ons dit saam uitredeneer, EK is dieselfde vandag, gister en vir altyd, en EK, YAHUVEH sal nie verander nie. Net omdat julle julle definiesie van sonde verander, en julle MY gebooie verander, asook julle definisie van Heiligheid. "EK IS" het nie verander nie. Wat sonde op die aarde is, is sonde in die Hemel, en daar word geen sonde in die Hemel toegelaat nie. Net omdat julle geleer was om sonde oor te sien, en julle oë en julle ore toe te maak, terwyl MY NAAM bespot en vervloek word, en julle nie gehoorsaam is aan dit wat EK in die Heilige Skrifte geskryf het nie. Dit word bespot en gedraai om iets te bedoel wat jy nie gesê het nie. Dink julle dat EK teen MY eie wette sal ingaan, MY eie woorde wat vlees geword het?

Amerika, julle moes ‘n voorbeeld vir die wêreld gewees het. Julle is nou onder MY oordeel, en dit is net die begin. Amerika, julle moet berou, en elke man, vrou, en kind wat homself ‘n Amerikaner noem, julle moet berou hê vir die woede wat julle opgewek het in die Skepper, die Grote GOD, "EK IS". Daar is geen ander skepper nie, YAHUSHUA is die enigste Bloed bedekking wat EK sal aanvaar. Die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) is die enigste Gees wat verbintenisse van jou af sal breek, en jou sal bevry uit die hande van die bose. Nineve het berou en EK het haar meer tyd gegee. Dit is waar dat sy later teruggegaan het na haar sondige weë, wat MY baie kwaad gemaak het en EK het Nineve verwoes.

Maar ten spyte van dit wat EK vir Jona gesê het, het EK haar ‘n kans gegee en vir Nineve gespaar, en EK sal jou ook spaar, Amerika, as jy weer sal begin om MY wette te volg en ophou om wette uit te vaardig wat probeer om MY wette te verander. Wette wat met MY eie vuur vinger in ‘n tablet van steen geskryf was. EK het hulle uitgestuur, met die waarskuwing van Jona, en hoe min het geluister, totdat EK die gruwel toegelaat het wat vandag oor Amerika gekom het. MY kinders, sê dit vir MY, terwyl julle vasgenael sit voor julle televisies en radio’s en met vrees en skok kyk en wonder hoekom dit alles gebeur?

Wat is die verskil tussen Amerika wat ‘n terroristiese aanval deurmaak, en Israel wat ‘n terroristiese aanval in Kosovo deurmaak, of Afrika, en baie ander plekke regoor die wêreld? Julle lees dit heel rustig in julle koerante, julle hoor dit op julle radio’s en televisies, of julle sien die hoofopskrifte verskyn op julle rekenaars, en tog voel julle lande nie die pyn nie, totdat ek toelaat dat dit julle eie lande tref, totdat die groeiende dodetal, diegene van julle eie ras, taal en nasie is. Hipokrate! Julle ween en huil nou, omdat dit julle eie nasie is. Sal julle dit nou ernstig opneem as ander swaarkry in oorloë? Amerika, berou en kom terug na die land wat EK apart gestel het vir MY Roem, Eer en Glorie, wees weereens ‘n voorbeeld van Goddelikheid. Het julle so vinnig die depressie vergeet en die wonderwerke wat EK gedoen het? Dit is hoekom julle ekonomie geseën was. EK wil julle nie weer terug vat na dit toe nie, om daardie les te leer nie. Oordeel is vir te lank al uitgestel.

Julle Apostels en Profete soos hierdie een, het julle gewaarsku, maar het die kerke ooit berou? NEE! Deur stil te bly, het hulle gehelp dat die onheilige wette uitgevaardig word, omdat hulle bang was dat hulle die gemeentes sou beledig, en tog het hulle geen vrees gehad om MY, YAHUVEH te beledig nie. Hulle het slegs die Apostels en Profete, wat probeer het om MY waarskuwings aan hulle te gee, weggejaag, beledig, sleg gesê, asook die een wat nou praat. Hoe min van julle hoof denominansies sal selfs toelaat dat hierdie Apostel julle sal waarsku oor die gruwels van die hel, of sal waarsku oor MY oordeel wat gaan kom? Nee, julle sê dit mag dalk die mense ontstel, en tog het julle geen vrees dat julle MY, YAHUVEH gaan ontstel nie. Julle bespot die Apostels en Profete omdat hulle nie ‘n kerk het nie. Tog is die kerk nie ‘n gebou nie, en ook nie die pastoor nie. Die kerk, MY tempel, is die liggaam van YAHUSHUA, en dit is MY mense wie MY stem hoor, en aan dit gehoorsaam is en lief is daarvoor, en MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH eerste plaas in hulle lewens. ONS word selfs voor hulle families geplaas, al beteken dit dat daar ‘n swaard sal kom wat hulle van hulle geliefdes sal skei, diegene wat MY, YAHUSHUA en die salwing van die RUACH HA KODESH, ontken. Wee jou, as EK nie MY Apostels en Profete gestuur het om tussenbeide te tree en te waarsku, soos EK nou doen nie. Wee jou, omdat EK MY Apostels en Profete stuur om te waarsku, voordat EK MY woede en oordeel stuur. Maar hoe min het waarlik die moeite gedoen om hulle te bedank? Hoe min het waarlik selfs probeer om hierdie een wat MY woorde nou tik, te onderhou?

EK, YAHUVEH vra julle hierdie vraag, aangesien julle weier om haar te help in haar uur van nood. "Hoekom wil julle die ryk en bekende predikante ondersteun. Predikante wat MY Glorie steel, deur hulle name op die ministeries te plaas?" Hulle is besig om te werk onder ‘n ander vuur, wat nie MY RUACH HA KODESH salwing is nie, wat EK nie aan hierdie apostel gegee het nie. Dit is ook aan ‘n ander apostel gegee. Een wat ‘n seën of vervloeking sal wees, afhangende wat hulle met YAHUSHUA doen, en of hulle die apostels en profete as ‘n seën en nie ‘n vervloeking sal aanvaar nie. (Mattheus 10:41-42)

EK, YAHUVEH wil vir julle dit vertel. Aan diegene wat hulle oë toegemaak het vir haar swaarkry, en hulle ore doof gehou het toe sy uitgeroep het. EK, YAHUVEH gaan dieselfde aan julle doen, wanneer julle na MY roep vir julle gebede om gehoorsaam te word, in MY Seun se NAAM, YAHUSHUA HA MESSIAS.

EK, YAHUVEH wil vir julle dit vra, antwoord MY as julle dit kan waag, "Hoeveel van julle is gered, genees, verlos en aangemoedig. Hoeveel sou selfmoord gepleeg het en na die hel (Lukas 17:11-18) gegaan het, as dit nie was vir hierdie ministerie was wat EK opgerys het nie?" Julle is persoonlik geseën en tog het so baie van julle nooit probeer om ‘n seën vir MY dogter te wees nie. Sy het oor en oor haar verstand, liggaam, gees en siel uitgestort, die laaste van haar krag, finansies en sy het haar gesondheid geignoreer, terwyl sy vertel was om te rus en sy nie eers die betekenis van rus ken nie. Hoekom doen sy dit? Vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA se Glorie en ook vir julle onthalwe.

EK, YAHUVEH wil vir julle dit vra. Dink baie versigtig, omdat EK jou verantwoordelik sal hou vir wat jy sê en doen, "Wat is die prys van jou siel, gesondheid. Wie sal na jou wonde omgesien het as EK nie vir haar gesalf het om MY woorde voort te spreek nie? Hoeveel word geseën deur middel van hierdie ministerie? Dink julle dat EK dit sal toelaat sonder om julle verantwoordelik te hou?" Julle wie kom en spot en aan haar boodskappe stuur dat ‘n vrou nie ‘n man mag leer nie. Besef julle nie dat dit satan is wat voortspreek vanuit julle monde, om haar en ander vroue met soorgelyke take, af te kraak nie? Vroue wat met die hand uitgekies was, deur "EK IS". Besef julle nie, diegene wat dink dat hulle die skrifte ken, maar dit nie ken nie, dat die brief doodmaak en die Gees lewe gee nie? (2 Korintiërs 3:6)

Hou op om vir MY te sê watter geslag EK kan gebruik om hierdie boodskappe af te lewer, en wie EK moet leer en gebruik as MY apostels en profete. (Galasieërs 3:27-29) Die RUACH HA KODESH salf diegene waarop EK besluit het, nie diegene waarop julle besluit nie. EK kies nie MY apostels en profete voordat EK hulle nie eers deur ‘n toets sit nie, en wie is julle om te sê of dit ‘n man of ‘n vrou sal wees? Het julle nie MY woord gelees nie? Weet julle meer as EK, YAHUVEH? Dit is EK wat MY werktuie salf en MY salwings olie en Lewende Water onmeetbaar uitstort. Nou praat EK met diegene wat nog net gevat het en nog nooit weer aan hierdie ministerie of priester iets teruggegee het nie, nie eers ‘n woord van aanmoediging nie.

EK, YAHUVEH het vir Elia "Elijah" van ouds na die weduwee van Sarfat gestuur, omdat EK, YAHUVEH voor die tyd geweet het dat daardie kleine vroutjie besig was om haar laaste ete vir haar seun voor te berei, en dan sou sy en haar seun doodgegaan het, as EK nie vir Elia "Elijah" gestuur het nie om haar olie en die kos in die drom te vermenigvuldig nie. Sy moes net die salwing in die Profeet Elia "Elijah" van ouds herken en daaraan gehoorsaam wees, en sy het dit gedoen. Elia "Elijah" het die salwing gehad om water vanuit die Hemel te roep om ‘n stroom wat droog geword het, op te vul en weer te laat vloei. Maar EK, YAHUVEH het dit nie toegelaat nie, omdat EK vir Elia "Elijah" van ouds wou stuur om die weduwee van Sarfat te toets. (1 Konings 17:8-24). Alhoewel die skrif sê dat daar baie vrouens was, is Elia "Elijah" van Ouds net na daardie spesifieke vrou gestuur. (Lukas 4:25). EK gebruik haar soos die Elia "Elijah" van Ouds. EK, YAHUVEH het aan haar instruksies gegee sodat sy sal praat van haar nood, en dat sy dit sal neerskryf, maar hoeveel het die toets geslaag. Miljoenêrs het hierheen gekom en gespot, nou sal hulle nie meer die miljoene veel langer hê nie. EK sê nou vir julle, gebruik daardie papier en plastiek kaarte, terwyl julle kan om hierdie Elia "Elijah" van Nuuts te help, nie vir haar ontwil nie, maar vir julle ontwil.

EK, YAHUVEH spreek hierdie aan diegene wat MY stem in hierdie profetiese woorde wat hier geskryf is, herken, en wat die RUACH HA KODESH wilde vuur salwing, wat oor haar is, herken. EK, YAHUVEH wou die mense seën, maar hulle het MY seëninge ontken. EK het hierdie handgemaakte Diensmaagd gesalf om MY seëninge voort te spreek, net soos Elia "Elijah" van Ouds dit gedoen het. Wanneer julle papiergeld nikswerd is en die kredietkaarte nikswerd is, en die aandele en die verbande en die CD’s nikswerd is, en julle armoede, hongersnood, siektes in die gesig staar, asook wanneer julle sonder ‘n huis is, sal julle onthou toe julle gevra was om ‘n seën te wees, net soos die weduwee van Sarfat, wie MY Elia "Elijah" van Ouds onderhou het. Julle sou geseën en beskerm gewees het net soos die weduwee van Sarfat, maar julle het verkies om ‘n dowe oor te draai na YAHUVEH se waarskuwings, om hierdie handgemaakte Diensmaagd, MY Elia "Elijah" van Nuuts te seën.

EK is YAHUVEH en EK het Elia "Elijah" van Ouds gesalf, so het EK ook MY handgemaakte Diensmaagd, wie EK MY Elia "Elijah" van Nuuts noem, gesalf. Jy sal verantwoordelik gehou word, of jy ‘n seën of ‘n vervloeking vir haar is. EK salf haar om profetiese boodskappe voort te spreek. Boodskappe wat min mense sou waag om voort te spreek, vir die vrees dat hulle belaglik sal klink, maar diegene wat dit waag om te spot, en wat ontken dat dit nie EK is wat hier praat nie, julle het ‘n vinger in MY oog gesteek. Moenie MY glo nie, wag maar net en kyk totdat dit wat ek geprofeseer het, sal waar word. Dan sal dit te laat wees vir diegene wat haar vervloek en ontken het. Wee diegene wat dit waag om MY, YAHUVEH te toets! EK, YAHUVEH weet dat julle die profetiese boodskappe aan julle gemeentes lees, en dan lieg julle en sê, "YAHUVEH spreek dit aan julle!" Julle het nie die prys betaal vir die salwing, soos wat sy en ander moes betaal het nie, en tog waag julle dit om die woorde voort te spreek. Dan nooi julle haar nie eers om self te kom en die woorde te spreek, onder die salwing wat EK oor haar en ander geplaas het, toe EK met hulle gepraat het, deur middel van die salwing nie. Jy is niks beter as ‘n dief en ‘n leuenaar nie.

Julle wil nie ‘n apostel, soos die een waardeur EK spreek, uitnooi nie. Julle stel eerder belang om die ryk en bekende mense, wat met hulle eie trots en ego’s opgepof is, uit te nooi. Diegene met hulle snaakse vuur van valse goud, wat EK noem, "the gold dust gold teeth laughing false revival!" Dit neem slegs dwase om te dink dat "EK IS", die begeertes van hierdie wêreld sal gebruik om MY salwings krag te bewys. EK is ‘n Skepper, nie ‘n namaker nie. EK het alreeds hulle wat hierdie leuen, vanuit die put van die hel versprei het, gevonnis. Asook die wat nie berou het omdat hulle dit bekendstel, en wat aanhou om hierdie valsgoud bekend te stel. EK sal oordeel, net so seker soos EK vir Ruth Heflin en Bob Shattles veroordeel het. Hulle is nie langer op hierdie aarde nie, en ander sal hulle volg, omdat hulle in ‘n lyn staan soos dominoes wat gereed is om te val. Hulle sal omtuimel saam met die okkultiese snaakse vuur in die kerke waar MY RUACH HA KODESH nagemaak en bespot word, en waar hulle lag vir die Heilige Skrifte en hulle dit die laggende herlewing noem. Daar is niks om oor te lag nie. Dit is die demone wat spot, wat deur die mense se monde lag, en die demone spot en lag vir hulle, wetend dat MY woede aangewakker word.

Die blydskap van YAHUVEH is julle krag, maar dit is nie chaos en ‘n bespotting nie. Dit is nie oordraagbaar soos ‘n plaag nie. Wees versigtig vir die mense wat in veelvoude na hierdie kerke toe gaan, en wat dit beoefen, hulle hoop slegs "EK IS" se woede en oordeel vir hulleself op! As julle nie berou nie, is julle dae getel. Almal van julle wat saamdrom by die kerke en die ministeries wat MY Glorie steel (Nahum 1), en die mense wat hulle name op die ministeries plaas, julle is besig om "EK IS" se woede en oordeel op te berg, en waar julle julle saad gaan plant, sal die grond hard en vervloek word. Voorheen het julle nie van beter geweet nie, maar julle beter berou, voordat ek die vervloekings van Deut. 28 oor julle bring. (Vervloekings en Ongehoorsaamheid).

15" Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

16" Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.

17" Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

18" Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

19" Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.

20" Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.

21" Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

22" Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.

23" En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.

24" Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

25" Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug—en jy sal ‘n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.

26" En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.

27" Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.

28" Die HERE sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,

29" sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is.

30" Jy sal jou met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man sal haar skend; ‘n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ‘n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.

31" Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ‘n helper is.

32" Jou seuns en jou dogters word aan ‘n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.

33" Die vrugte van jou land en al jou werk sal ‘n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.

34" En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

35" Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene—waarvan jy nie gesond kan word nie—van jou voetsool tot jou skedel.

36" Die HERE sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ‘n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.

37" En jy sal ‘n voorwerp van verbasing, ‘n spreekwoord en ‘n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.

38" Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet.

39" Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet.

40" Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.

41" Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.

42" Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.

43" Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.

44" Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.

45" En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;

46" en hulle sal by jou ‘n teken en ‘n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.

47" Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,

48" sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.

49" Die HERE sal teen jou ‘n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ‘n arend vlieg—’n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,

50" ‘n nasie hard van aangesig, wat ‘n grysaard nie ontsien en vir ‘n seun geen genade het nie.

51" En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.

52" En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.

53" En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.

54" Die vertroetelde en baie verwénde man by jou—sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;

55" sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.

56" Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie—haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,

57" ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.

58" As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie,

59" dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;

60" en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.

61" Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

62" En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie.

63" En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

64" En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

65" En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ‘n bewende hart gee en smagtende oë en ‘n kwynende siel.

66" En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.

67" In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! —vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

68" En die HERE sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.

Berou, draai weg, waarsku en hardloop weg vanaf sulke ministeries, omdat julle slegs sulke ministeries aanmoedig om MY te beledig, en dat EK hulle dan nie terselfdertyd ook seën nie.

Wee enige iemand wat MY gebooie oorskryf en MY mense leer om dit te verbreek en ander mense op die verkeerde pad te lei met valse leerstellings, en wat slegs hande klap vir die apostels en profete wat woorde spreek wat soet om die mond is soos heuning, sodat dit maklik in hulle kele en in hulle ore kan afgly, en hulle dan nie iemand beledig nie. Wanneer julle waarlik MY Apostel en Profeet is, sal julle "EK IS" eerder vrees, voordat julle sal vrees om einge iemand op die aarde te beledig. EK is die EEN wat julle verantwoordelik sal hou. "EK IS" het julle op hierdie dag gewaarsku om dankbaar te wees en hierdie Diensmaagd van MY te seën, omdat sy ‘n mandaat het om die Bruid voor te berei vir YAHUSHUA, omdat die Bruidegom vinniger gaan kom as wat julle dink.

4 Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel—insettinge en verordeninge.

5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.

  1. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie. (Maleagi 4:4-6).

EK het MY Apostel Elisabeth Sherrie Elijah gesalf om ‘n seën vir julle te wees, nie ‘n vervloeking nie, en daar is geen tussenweg nie. Sy het ‘n mandaat om niks te seën wat EK, YAHUVEH vervloek het nie, en niks te vervloek wat EK, YAHUVEH geseën het nie. Wat gaan jy met die woorde doen wat jy op hierdie dag gelees het? EK is YAHUVEH en EK sal die minderheid, wat MY stem gehoor het, beskerm, en EK sal ‘n seën vir haar wees, in YAHUSHUA se NAAM. Net soos EK die weduwee van Sarfat geseën het op ‘n tyd wat julle dit nie kon dink nie, net so sal EK julle met wonderwerke onderhou, in ‘n tyd wat julle dit nie sou kon dink nie.

Net soos nou het julle nog nie van MY Glorie gehoor nie. EK het so baie beskerm wat sou dood gegaan het van die terroristiese aanvalle, maar julle hoor slegs van die gruwel dade. Julle sal nog van MY wonderwerke hoor. Julle sal selfs hoor waar diegene wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA dien en eerste stel en lief het, engele gesien en gehoor het wat MY kinders beskerm het, toe hulle op MY en YAHUSHUA se NAAM geroep het. As julle maar net die menigdom engele kon sien. Engele wat vanuit die Hemel gestuur was, wat MY kinders se erfenis is. Waar hulle oor die mense wag gehou het en hulle beskerm het, dan sou julle verstom gewees het en MY nog steeds geprys het.

Julle het gehoor van die gruwels en die tragedies wat plaasgevind het, julle het gehoor van MY oordeel, maar nou wil EK julle vertel, "EK IS" is genadig, en vir die mense wat aan MY behoort was die wonderwerke by verre meer as die dodetal. EK is die Skepper en die EEN wat seën met wonderwerke wat nog nie aan julle vertel was nie. So, Prys vir YAHUVEH, die Grote GOD, "EK IS" en Prys vir YAHUSHUA julle MESSIAS, die enigste EEN wat tussenbeide sal tree en voor MY in die Hemel staan en tussenbeide tree vir MY kinders. Mag almal wat gesalfde, geestelike oë en ore het, gehoorsaam wees aan hierdie woorde en daarop ag slaan en dan daardeur geseën sal word soos in Deut. 28.

1 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

7 Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

8 Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee.

9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.

10 En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.

11 En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee.

12 Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

13 En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,

  1. en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.

*******

Die seëninge van YAHUVEH word gestoor vir MY gehoorsame kinders. Wee al die ander wie dit verkies om doof en blind te bly, dit is jou keuse.

So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 12 dag van September 2001. ‘n Kind, Soldaat, Bruid van YAHUSHUA ha MESSIAS, Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah.