Profesie 59

EK GAAN NIE VIR ‘N ONGEHOORSAME BRUID KOM NIE!

18 Augustus 2002

Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah gedurende

‘n private gebeds sessie saam met haar man.

Ons het ‘n ruk gelede geluister na ‘n opname van ‘n ander profeet van die "Prophecy Club", wat gesê het dat Amerika ‘n hele heining van beskerming om hom sal hê. Toe ek dit hoor het ek ‘n eienaardige visioen gehad. Nie een keer nie, maar twee keer. Ek het my man ook van die visioen vertel. Ek weet dat ons slegs deur middel van intersessie, vas en berou, in YAHUSHUA se naam, dit sal kan verhoed om te gebeur.

Ek wil graag wil glo dat YAHUVEH genadig sal wees, omdat ons ook in Amerika woon. Hier is die visioen. Bid dat dit nie sal gebeur nie. Ek het die Amerikaanse vlag gesien en dit was aan die brand, vanaf die regter onderkanste hoek tot by die linker boonste hoek. Ek weet nie wat dit simboliseer nie. Moet asseblief nie hierdie boodskapper stenig nie. Ek weet ook dat die "Prophecy Club" ook al gewaarsku het van die woede wat nog gaan kom…en ander mense wil maar net sê wat jou laat goed voel. Ek word verantwoordelik gehou vir wat ek sê en wat ek nie sê nie, in YAHUSHUA se Naam.

Die begin van die bandopname is my man wat praat. Ek en die webwerf bestuurder was besig om die webbladsye te organiseer. Ons het agtergekom dat dit moeilik was om op die webwerf te navigeer. Ons het onlangs ‘n petisie met die naam, "Red die Belofte van Getrouheid", op die webwerf geplaas. Ons het julle gevra om hierdie petisie aanlyn te teken. Ons het ook die petisie skakel bokant die prentjie, van YAHUSHUA wat op SY perd wag staan, geplaas, sodat hierdie ministerie beskerm sal word. Dit is waarna YAHUVEH verwys, wanneer julle na hierdie boodskap luister. Terloops, my man is so besig met hierdie ministerie se werk. My geliefde man het ongelukkig nie die huis gesalf nie, alhoewel almal met wie ek gepraat het, aangesê was in die vorige profetiese boodskap, om dit te doen.

Hy het later besef dat dit ‘n gesalfde woord vanuit die vorige boodskap is en dat ons ons eie huise moet salf, sodat die engel van die dood verby dit sou gaan. Hy het dit ook onmiddelik na die boodskap gedoen en berou gehad daaroor en hy wou hê dat ek moet weet dat daar geen verskoning vir ongehoorsaamheid is nie, maar dat daar wel vergifnis deur die gestorte bloed van YAHUSHUA is. YAHUVEH het die leier van hierdie ministerie laat nederig word vir ‘n ander doel. Het julle jul eie huise gesalf?

*******

"EK GAAN NIE VIR ‘N ONGEHOORSAME BRUID KOM NIE!"

(YAHUVEH gee hier vir ons leiding van hoe om die ministerie webwerf te hanteer) MY Geliefde kinders, moenie julleself op hierdie stadium daaroor bekommer dat die vlag aan die bokant van die bladsy is nie. Julle sien, MY kinders, net soos EK vir Elisabeth gewys het, vir MY Glorie is dit reg net soos dit nou is. EK het gesê, dat daar op dieselfde webbladsy, waar Amerika geleer word om ‘n belofte van getrouheid aan ‘n vlag te maak, daar ook MY woorde van krag, salwing en antwoorde neergeskryf sal word. EK gebruik dit as ‘n aantrekmiddel om ander mense te kry om te lees wat daar staan. Moenie op hierdie stadium bedroef wees dat die skakel bokant ‘n prentjie is nie, omdat EK nie ‘n prentjie is nie, dit is net ‘n simbool. Die woorde bokant dit is wie EK is. EK is die Alfa en die Omega. Dit is MY RUACH ha KODESH wat hierdie ministerie salf. Dit is MY ministerie waaroor EK waghou en beskerm.

Julle moet baie vinnig hierdie boodskap vrystel. Moenie so baie bekommerd wees oor die orde waarin dit geskryf is nie. EK het inderdaad daardie visioen vir Elisabeth gegee, toe daar een gespreek het vir mense met jukkende ore en beloftes gemaak het wat EK nie gesê het nie. EK het haar daardie visioen van die Amerikaanse vlag gegee. Net soos MY naam uitgevee is en afgehaal is vanaf die geldeenheid, net so sal die beskerming van Amerika uitgevee word. En soos EK vir haar die vlag gewys het wat vanaf die onderste, regterkanste hoek tot by die boonste, linkerkanste hoek brand, is dit MY woede wat dit verdelg.

Hoe kan New York dit waag, nadat EK MY genade en liefde uitgestort het. EK het baie siele vanaf die 11de September 2002 en vorentoe gespaar. Siele waarvan daar nie eers gepraat was nie. Terwyl hulle mense gekry het wat hulle gedink het was dood. Terwyl EK MY engele na hulle gestuur het om hulle uit te jaag, voordat die geboue inmekaar gestort het. Nou waag hulle dit om dit wat EK as Heilig verklaar het, onheilig te maak. Hulle waag dit om die woord, ‘huwelik’ goddeloos te maak. Dit wat EK as ‘n simbool gegee het vir die bruid en die bruidegom. Dit is nie ‘n man-man nie. Dit is nie "Adam and Steve" nie, maar "Adam and Eve". MY woede sal New York verbrand as hulle daarmee aanhou. EK het hulle gewaarsku. EK het hulle ook gewaarsku dat 11 September maar net ‘n voorsmakie sal wees. Hoe kan hulle, en elke staat, Kanada ingesluit, en die provinsies, dit waag om dieselfde te doen. EK wil julle herinner wat met Sodom en Gomora gebeur het. Hulle lot sal dieselfde wees.

Moenie dit waag om te sê dat daar ‘n muur van beskerming rondom Amerika is nie, want dit is ‘n leuen direk vanuit satan se profete se monde. Die muur van beskerming is rondom MY mense, diegene wat uitroep in MY NAAM. Diegene wat YAHUSHUA aanbid en wat MY Ware Sabbate vereer, diegene wat berou en hulleself nederig maak, diegene wat opkyk en weet dat die verlossing nader kom. Die muur van beskerming is om MY babas, Bruid en uitverkorenes. EK het die muur van beskerming rondom Amerika afgebreek, en julle sal daardie vlag sien brand. Moenie kwaad wees vir MY apostels en profete wat EK stuur om te waarsku van die oordeel wat gaan kom nie. Bedank MY eerder, omdat EK soveel omgee om julle te waarsku.

EK het hierdie Diensmaagd oor en oor gewaarsku, EK het aan haar ‘n woord gegee, ‘n hoorbare woord, EK het aan haar vertel om vir die mense te sê, "EK sal alles doen wat EK beloof het EK sal doen." Dit is nie net die woede wat sal kom nie, maar ook die beskerming wat aan julle gebied sal word. EK het haar in 1999 gewaarsku. Mense, neem notisie van die datum, as dit nie was vir die gebeds stryders wat tussenbeide getree het nie en op die 11de September 1999 gevas het nie, sou dieselfde lot van die 11de September 2001 hulle getref het. Dit is omdat EK MY woede terughou, as gevolg van die gebede van die regverdiges wat baie beteken. Nou word die apostels en profete vals genoem.

Wat sou julle gesê het as EK nie MY woede teruggehou het nie? Sou julle dan MY apostels en profete geglo het? Is dit wat julle regtig wil hê? EK het dit teruggehou vir diegene wat skud en beef en in trane is van vrees. MY kleine mensies, MY babas wat EK in MY arms vertroetel. Ek het dit tot dusver teruggehou, nie vir ‘n glorieryke Amerika se toedoen nie, ‘n land waarin hulle vir hulleself ‘n god in hulle eie oë gemaak het. Maar EK het MY woede teruggehou vir MY kleine mensies, wat soos ‘n kindjie opkyk na sy Vader, met liefde en vertroue in sy oë. Maar Amerika, julle sal brand. EK ken hierdie profeet wat nou voorspreek, hulle gaan nie haar stem wil hoor nie. Dit is die teenoorgestelde van wat gesê word op die "The Prophecy Club" se boodskappe. Dit is boodskappe van mense wat net oorvloed en voorspoed verkondig. Mense wat praat van beskerming, alhoewel dit onverdiend is.

Daar was nog altyd profete gewees wat net woorde voorspreek wat mense wil hoor. Maar EK gebruik hierdie Apostel en Diensmaagd om die waarheid voort te spreek, sodat mense sal berou hê en op hulle gesigte val en hulleself nederig maak voor MY. Sodat hulle vanaf hulle bose weë sal wegdraai en nie onkant betrap word nie. MY Seun kom soos ‘n dief in die nag, maar MY Bruid weet alreeds dat sy haarself moet gereed kry. Watter Bruid maak nie haarself gereed, wanneer die Bruidegom gaan kom om haar met die paadjie af te lei nie? Sy maak seker dat haar rok sonder vlek of kreukel is. As julle die muur van beskerming rondom julle huise, wonings, besighede wil hê, dan moet julle maak soos EK sê. YAHUSHUA gaan nie vir ‘n ongehoorsame Bruid kom nie.

Die Heiliges het net meer Heilig geword. Die bose het net meer boos geword. Die wat koud is het net kouer geword. En MY woede het na so ‘n hoë vlak opgerys, dat as dit nie vir MY babas, Bruid en uitverkorenes was nie, sou dit al alles oor gewees het. Hoekom huil die kerke nie, en is hulle nie bedroef oor die dinge wat nou gedoen word nie? Hoekom protesteer hulle nie oor die dinge wat nou gedoen word nie? Hoekom is hulle stil? EK sal julle vertel, hulle is omgekoop deur mammon om hulle oë en hulle monde toe te hou, en om vir mense te laat verstaan dat alles goed en wel is. Hoekom is hulle nie bedroef nie? Hoekom is daar nie elke dag gebede wat uitgaan vir die aborsies en die moorde en die wette wat uitgevaardig word om MY NAAM te laster nie?

EK wil nou dit vir julle vertel, elke priester wat agter die kansel staan, elke geestelike leier wat nie MY mense geleer het om die Ware Sabbat Dag te eer en heilig te hou nie, selfs al is jou naam in die Lam se Boek van die Lewe, sal jy die minste in die Koningkryk van die Hemel wees. Jy sal nie belonings kry nie. Julle geestelike leiers, ek wil dit vir julle vertel, julle het nie MY mense gely om te vas en te bid teen die ongoddelike wette wat uitgevaardig is nie, asook teen die wette wat uitgevaardig gaan word nie. As jou naam in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is, sal jy die minste wees in die Koningkryk van die Hemel. Julle werk sal soos stoppels en hooi wees, indien julle nie alles op die altaar van opoffering neergelê het nie.

Weet julle wie EK die meeste eer? Dit is mense soos hierdie Diensmaagd en haar huishouding. Hulle besit geen wêreldse dinge nie. Hulle weet nie waarvandaan hulle volgende bord kos gaan kom nie. Hulle het alles op die altaar van opoffering neergelê. Hulle het weggeloop vanaf hulle wêreldse besittings. Selfs hulle familie en vriende dink dat hulle mal en kranksinnig is. Maar hulle volg MY, hulle volg MY woord, hulle volg in MY voetstappe. Hulle gaar nie hulle aardse skatte in die wêreld op nie. Hulle gaar eerder hulle hemelse besittings op, omdat hulle nie van hierdie wêreld is nie, alhoewel hulle nou op hierdie stadium in die wêreld is. Dit is die soort mense wat EK eer. Dit is die mense wat hulle belonings sal maai. Hulle is die rykstes van die rykes. Julle kan nie hulle hemelse skatte sien nie, julle kan nie hulle belonings sien nie, omdat dit in MY skatkis van die Hemel is, waar dit geberg word. Julle kan nie hulle herehuise sien nie. Julle kan nie hulle pragtige kledingstukke sien nie. Omdat julle na hulle kyk met oë van hierdie wêreld, maar EK kyk na hulle deur die oë van die Koningkryk van die Hemel.

EK laat MY ware apostels en profete swaar kry, om die mense te toets. Sê MY woord nie, "As jy net koppie water vir iemand aanbied, in YAHUSHUA se Naam, doen jy dit vir MY". Het EK julle nie beveel om die armes kos en klere te gee nie? Het EK nie vir julle gesê, "As julle dit vir MY kinders doen, in MY NAAM", nie? EK sê nie vir julle dat julle dit vir die heidene moet doen nie, EK sê vir julle om dit vir MY kinders te doen, julle broers en susters. Hoe kan jy sê, jy het MY lief, en dan laat jy hulle maar honger ly? Hoe kan jy sê, jy het MY lief, en dan laat jy hulle dors kry? Hoe kan jy sê, jy het MY lief, en dan laat julle hulle maar verslonste klere dra? Hoe kan jy sê, jy het MY lief, en dan laat julle hulle maar sonder ‘n huis bly? Hoe kan jy sê, jy het MY lief, en dan gee julle vir hulle niks? Jy sal antwoord op die Dag van Oordeel.

EK lê dit baie keer op jou hart om ‘n antwoord te wees op ‘n gebed. Sê MY woord nie, "Diegene wat MY woord aan ander leer, moet ook daarvolgens lewe nie?" Maar hoe kan julle sê, julle is lief vir MY wanneer julle selfsugtig en gretig is en al waaraan julle kan dink is julle eie benodighede. Hierdie Diensmaagd betaal ‘n prys, haar man betaal ‘n prys. Aan al MY kinders wat gesalf is, hoe groter die salwing, hoe groter is die swaarkry in hierdie wêreld. Hoe groter is die aanvalle van die vyand. As julle nie daar is om hulle te beskerm nie, om tussenbeide te tree vir hulle nie, om vir hulle te vas nie, dan wil EK weet hoekom, en wil EK julle nou vra, "Hoe kan julle sê julle het MY lief?"

EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie. Julle gaan soos daardie vyf, dwase maagde wees, wie net genoeg olie in hulle lampe gehad het vir ‘n kort rukkie. Julle leer nie, julle tree nie tussenbeide nie, julle kom nie eens saam in gebed en skriflesing nie, en julle het ook nie ‘n verhouding met MY nie. Julle soek nie die hoër salwings nie, julle weier MY geskenke, en julle sal eendag uitvind wanneer EK sê, "Gaan weg van MY af, EK ken jou nie."

So dit is MY boodskap op hierdie dag, terwyl julle sien hoe die naam "GOD" weggevat word uit die Belofte van Getrouheid. Terwyl julle sien hoe die woord "GOD" weggevat word vanaf julle geldeenheid. Net soos in die visioen wat EK aan MY dogter op hierdie dag gegee het, sal julle die Amerikaanse vlag sien brand, en handelaars van ver sal huil en die wêreld sal huil en ween, maar sal hulle ‘n les by haar leer? O hoe min van hulle luister? Hulle ore is vol was. Hulle oë is blind, hulle wil net vanuit hulle eie oë sien, hulle wil nie deur MY oë sien nie.

Amerika, julle sal maai wat julle saai. EK herhaal weer, die beskermings muur is nie rondom Amerika nie. Die beskermings muur is rondom MY Geliefde babas, Bruid en uitverkorenes. Kyk op MY kinders, moenie julle geloof ontken nie, moenie die NAAM van YAHUSHUA HA MESSIAS ontken nie. Moenie die NAAM YAHUVEH ontken nie. Moenie die salwing van die RUACH HA KODESH ontken nie. Moenie MY gebooie en MY wette en MY instellings en die woord wat vlees geword het nie, ontken nie. Kyk op, MY kinders, omdat julle verlossing waarlik nader kom.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH HA KODESH vir die Roem, Eer en Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA. EK skryf hierdie woorde soos dit aan my vertaal word, terwyl ek daardie Hemelse taal spreek.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah, 18de Augustus 2002.