Profesie 60

KRUIP WEG, MY KINDERS, NET VIR ‘N RUKKIE LANGER!

 

31 Augustus 2002

Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

O hoeveel keer het EK nie al berou gehad dat EK die mens gemaak het nie. Ja EK weet wat gaan gebeur. Dit is omdat EK alwetend is. EK is alomteenwoordig. EK weet alles. Dit maak dit nie makliker nie. O hoeveel keer het EK nie al berou gehad dat EK die mens gemaak het nie. EK kyk oor hierdie wêreld wat MY voetstoel is. EK kyk in die harte en siele van elke kreatuur op die aarde. EK kyk in die geheime plekke in hulle harte. EK sien die boosheid daarbinne. Selfs diegene wat die kerke volmaak. Selfs diegene wat die tempels volmaak. En EK kyk na hulle harte. En O hoeveel van hulle is so ver van MY. Die Kruisiging, hoeveel het hulle eie vlees gekruisig? Hoeveel het sy eie kruis neergelê en vir MY Seun YAHUSHUA gevolg? Weer en weer het EK MY apostels en profete gestuur om te waarsku. O julle geharde generasie. Julle bedek julle ore. Julle ore is vol van was, julle harte is yskoud. Julle maak julle oë toe. En dan waag julle dit nog om julle monde te bedek, sodat julle nie eers iemand waarsku nie.

OORDEEL HET GEKOM! GAAN WEG MET JULLE HIPOKRATIESE GEBEDE EN LOFPRYSING. HOE MIN VAN JULLE HET JULLE KNIEË VIR MY GEBUIG EN BEROU GETOON VIR DIT, VIR DIE SONDES, DIE SONDES VAN DIE LANDE WAARIN JULLE BLY. EK PRAAT MET DIE WÊRELD, NIE NET MET AMERIKA NIE. VANUIT DIE VERSTE UITHOEKE EN INLATINGS VAN DIE HIERDIE AARDE.

Die sonde respekteer nie die mens nie. Die sonde is in al die nasies. Vanuit die kleinste land. Die provinsies. Stede en dorpe. Sommiges so klein, dat hulle nie eers name het nie. En tog bly die sonde dieselfde.

Ek is die EEN wat die sagte huilgeluide van MY babas hoor. Die wat nog nooit ‘n geleentheid gehad het om hulle eerste asem in te trek nie. JULLE MAAK HULLE NIE NET DOOD NIE…JULLE MOORDDADIGE SLAGTERS! JULLE MARTEL HULLE. EK GAAN SINKGATE ONDER DIE ABORSIE KLINIEKE SIT. DIE VOUTLYNE IS ALREEDS DAAR. DIE BLOTE OOG KAN DIT NIE SIEN NIE. MAAR WANNEER EK BESLUIT DAT DIE TYD REG IS, SAL DIT WEES ASOF ‘N GROOT HAND VANUIT DIE AARDE SAL UITRYK, EN WAARLIK, NET SOOS MY DIENAARS GESÊ HET, SAL HULLE INGETREK WORD BINNE IN DIE INGEWANDE VAN DIE HEL EN DIE AARDE SAL OOR HULLE TOEMAAK.

EN AL DIE BOSE MENSE SAL DAARIN WEES. Julle weet EK verafsku daardie bose leefstyl wat die geboue bevorder. Wil julle weet wat dit is? Lees dan MY Skrifte. EK SAL DIESELFDE DING VIR JULLE DOEN! Die aardbewings foutlyne is alreeds daar. Moenie dink dat enige bose mense sal kan wegkom, wanneer dit met ‘n sekere gebied gebeur nie…Hulle sal na ONDER gaan, en dit sal EK, die Grote God wees wat op hulle, onder die grond sal trap. Maar die regverdiges wat in my naam staan, diegene wat nie skaam is vir die naam YAHUVEH en YAHUSHUA nie, diegene wat MY Sabbat dae eer en heilig hou, diegene wat weet dat om MY lief te hê, is om gehoorsaam te wees aan MY, diegene wat MY Skrifte lief het en die woord in hulle hart wegsteek…Dit is die mense wat hulle huise op soliede rots gebou het en hulle sal nie diep in die sand insink nie. EK gaan hierdie wêreld in MY woede skud, en die dae gaan kom dat julle aardbewings op ongereelde tye gaan sien, soos nog nooit tevore nie, en hulle sal in ‘n baie groter maat skud, as wat ‘n ouer sy humeur verloor en sy kind sal skud, wanneer hy kwaad is vir hom. DIT IS HOE EK HIERDIE AARDE SAL SKUD, EN SÊ, "WORD WAKKER! WORD WAKKER! WORD WAKKER!"

HOE LANK, HOE LANK, HOE LANK GAAN JULLE NOG DIE GEDULD VAN JULLE SKEPPER TOETS? MOET JULLE DIE GEDULD VAN DIE VERLOSSER UITTOETS? EN EK SAL MY VOET OP DIE GROND STAMP EN ALLES WAT KAN GESKUD WORD, SAL GESKUD WORD! ALLES WAT KAN ONTWORTEL WORD, SAL ONTWORTEL WORD!

EK sal julle politikusse oproer. EK gee nie om in watter land jy is nie, jy sal nie langer kan staatmaak op jou regering om vir jou te voorsien. MY kinders gaan dan weet dat daar maar net EEN is wat sal voorsien. Dit is dieselfde een wat water vanuit ‘n klip laat kom het, wat manna op die grond gesit het. Dit is dieselfde een wat gesê het, EK sal aan julle benodighede voldoen, net soos daar verwys word na MY rykdom en Glorie. [Filipense 4:19]. En EK het geen tekort aan Glorie nie. In MY woede het EK nie net oor die Verenigde State uitgeblaas nie, maar ook oor baie verskeie lande MY WARM ASEM UITGEBLAAS! Temperature verhoog soos MY woede verhoog. Droogte kom soos MY Lewende water geweier word.

Het enige een geluister? Het enige een gewonder hoekom? EK staan net en kyk na die mens se onmenslikheid teenoor ander. MY kinders, weet dat julle nie deur die Groot Verdrukking hoef te gaan nie. Die wat MY kan vertrou. Maar dit beteken nie dat julle nie die verdrukking van die mens sal vryspring nie…die mens se onmenslikheid teenoor ander. Mense wat honger is vir krag en gretig is EN WAT TOT IN SY DIEPSTE WESE BOOS IS! Diegene wat regverdigheid van die aarde wil afvee, wat MY Seun YAHUSHUA se naam van die aarde wil afvee.

Van die begin af was daar nog altyd ‘n oorlog…en dit is Satan wat teen alles oorlog voer wat heilig is. Sy tyd is aan die kom. Maar tot dan sal alle vlees baie moeg word. Julle is alreeds getoets. Hoeveel van julle was nie nou al in ‘n vurige oond, op baie verskillende maniere nie, en voor die skare van getuies, het julle jul liefde en geloof behou. Terwyl die bose meer boos geraak het en die vrouens geteel het met demone en siellose gedaantes, vol van boosheid, voortgekom het. Julle kan nie amper eers begin om te verstaan nie. Hulle het geen gewete nie, geen konsep van reg en verkeerd nie, geen liefde vir enige iets of enige iemand nie. Julle noem dit ‘n kloon, maar dit is nie ‘n kloon nie, omdat ‘n kloon ‘n duplikaat van MY sal moet wees. En julle kan nie duplikate maak nie, omdat julle nie die Skepper is nie. Dit is satan wat die nabootser, deur middel van hierdie klone is.

Julle dink dat wanneer julle gekloonde vleis eet, dit voedsaam vir julle liggame is, maar hoe kan dit wees as daar geen lewe in daardie vleis is nie? Deur dit te eet, vervloek julle julle eie liggame! EK het jare gelede deur hierdie Diensmaagd geprofeseer dat water gerantsoeneer gaan word…en nou sien julle dit gebeur in plekke waar dit nog nooit gerantsoeneer was nie. Skroeiende temperature in lande waar dit nog nooit so warm was nie. Die aarde skud in plekke waar dit nog nooit voorheen geskud het nie.

EK IS KWAAD! Maar nie vir diegene wat MY stem kan hoor nie. EK IS KWAAD VIR DIE MENSE WAT WEIER OM MY STEM TE HOOR! Die Hel was nie gemaak vir ‘n mens nie. Nie eers die Poel van Vuur was gemaak vir ‘n mens nie. EK het ‘n Verlosser gestuur. MY eie Seun. Om julle uit daardie plekke te hou. EK het MY Seun, vir wie EK so lief is, gegee. EK het Adam verlos van wat hy gedoen het, en tog is daar nog so baie van julle wat oorbuig na die Hel toe! Hoeveel van julle is bang om aan julle families te getuig? Hoeveel van julle bly in huise met ‘n ongelyke huweliks verbinding, saam met ‘n eggenoot wat MY naam haat? Met ‘n eggenoot wat alles haat wat Heilig is? En tog sê hulle, "Ek doen dit in YAHUVEH en YAHUSHUA se naam."

JULLE EER MY NIE! INTEENDEEL, JULLE DOEN MY EERDER ONEER AAN. EK HET JAKOB LIEFGEHAD EN ESAU GEHAAT! O, HOE WIL EK DIT NIE NET UITSKREE NIE! MOET JULLE NIE OOK DIE MENSE HAAT WAT ALLES WAT HEILIG IS HAAT EN VERAFSKU NIE? MOET JULLE NIE OOK DIE MENSE HAAT WAT MY HEILIGE GEES BELASTER NIE? WATTER BROEDERSKAP HET YAHUSHUA MET LEUENAARS? WATTER BROEDERSKAP HET DIE DONKERTE MET DIE LIG, EN TOG DRING JULLE DAAROP AAN OM IN HIERDIE HUWELIKE, WAT NIE ‘N HUWELIK IN MY OË IS NIE, TE BLY. DIT IS ‘N VERBINDING WAT EK VERAFSKU, OMDAT EK DIT NOOIT SAAMGEVOEG HET NIE. EN TOG DINK JULLE DAT JULLE VIR MY ‘N GUNS GEDOEN HET…AL WAT JULLE GEDOEN HET, WAS OM MY SIEL BEDROEF TE MAAK.

Die kinders word in heidene se huise grootgemaak. EK het vir julle vertel dat ‘n huis wat verdeel is, nie sal kan staan nie. En die eggenoot roep uit na MY, "Bevry my!" O, as hulle maar net van die begin af geluister het. As hulle maar net agtergekom het dat EK lank gelede al verdeel het.

So MY kinders, julle moet GEREED MAAK! EK wil aan julle herinner dat julle julle broer se oppasser is. Die van julle wat omgegee het toe julle sien dat jou broer of suster agteruit gaan, onthou net dat EK notas geneem het en dat iemand anders sal opstaan vir jou, wanneer jy agteruit gaan. Diegene van julle wat julle oë en julle ore toegemaak het vir die roep van ‘n broer of ‘n suster, onthou net dit...EK sal julle uitroep en gebede een dag VERAFSKU! Julle is getoets en EK weet wie die toets geslaag het.

O, maar hoe bedroef is EK nie oor diegene wie beweer dat hulle aan MY behoort nie, toe EK hulle liefde en medelye getoets het nie. En EK het hierdie ministerie en ander oor en oor gebruik om dit te doen…en tog was julle nog steeds behoeftig. Julle was gretig en selfsugtig, en het net omgegee vir julle eie behoeftes. En nou sal julle uitvind wanneer julle bid, en die Hemel sal nie na julle luister wanneer julle pleit nie.

MAAK GEREED, MY KINDERS! Maar moenie bang wees nie. MY kinders, stel julle ore in vir elke woord wat EK sê. Toets die geeste wat praat, omdat daar baie valse profete opgestaan het en julle verseker met valse woorde van voorspoed wat na ‘n nasie, of na ‘n land, of na ‘n staat sal kom. Woorde, wat alles wat Heilig is, sal VERAFSKU en uit die skole, uit die regering, uit die wette, sal UITGOOI! Julle sal sien hoe hierdie nasies, lande, provinsies, stede, dorpe, maak nie saak waar hulle is nie, onder MY oordeel gaan kom, onder MY bevele. DIE WRAAK IS MYNE…EK SAL TERUGBETAAL!!

*******

MY babas, Bruid, uitverkorenes, gaan steek julleself weg in julle huise, net vir ‘n rukkie! Gaan bout julle deure vas! MY kinders, die tyd het gekom dat julle vir ‘n klein rukkie moet gaan wegkruip. Julle het alreeds julle huise gesalf. Staan en glo in Psalm 91, dat julle alreeds onder MY vlerke kan beskerming kry, terwyl die bose aanhou om onmenslik teenoor die mens te wees, terwyl hulle aanhou om wette uit te vaardig, wat dit moeilik sal maak vir MY kinders om staande te bly. Steek julleself weg, MY kinders, onder die beskerming van MY vlerke. MY kinders, dit is julle gebede wat MY ore sal hoor. Dit is MY hand, MY kinders, wat elke traan van julle sal wegvee. Maar nog net vir ‘n klein rukkie, MY kinders, vir ‘n klein rukkie langer.

EK ken die name van elkeen wat huil en ween, terwyl hulle uitroep, "Kom YAHUSHUA kom!" Maar moenie dit doen omdat julle vrees nie, MY kinders. Doen dit uit liefde, omdat EK nog steeds verdeel en omdat EK nog steeds die skape, wêreldwyd van die bokke skei. En die bokke sal na die ewigdurende vuur gaan…En EK sal aanhou om ‘n Herder vir MY skape te wees.

Ja, MY kinders, hou styf aan die kleed van YAHUSHUA vas, en moenie los nie, omdat julle in die vurige oonde staan. Onthou dat EK altyd met julle sal wees, tot aan die einde van die aarde. Onthou MY kinders, selfs diegene wat sal doodgaan vir YAHUSHUA se naams ontwil. Hulle kan slegs die liggaam doodmaak, maar nie die siel nie. En jy sal saam met MY in die Hemel wees, binne in julle ewige huis. En wanneer julle die woorde, "Derde Wêreld oorlog" hoor, sal julle die ergste graad van onregverdigheid sien.

Bid vir Israel! Moenie Israel versaak nie! EK het Israel so lief. EK het MY Seun YAHUSHUA soontoe gestuur. SY Bloed was in die grond gestort. Moenie alle hoop met Israel opgee nie! Omdat EK daar ook ‘n oorblyfsel het.

Steek julleself weg, MY kinders. Ja, kruip weg, selfs vir die Grote God, EK IS, se woede. Alhoewel EK nie kwaad is vir julle nie, sal julle MY hoor skree, sal julle MY voet hoor stamp, sal julle MY sien skud, waar selfs die aarde sal bewe en skud van vrees. Julle gaan die vloede van MY trane sien. En julle het alreeds dit begin sien. Die vloede wat gekom het, was MY trane gewees.

O, hoeveel keer het EK berou gehad dat ek mans en ook die vrouens gemaak het. Julle het vergeet dat ek alles weet, vanaf die begin tot die einde toe. En alles sal verlos word. Alles sal weer heelgemaak word. Dit sal weer teruggaan na die tyd van Adam. En alles wat verlore gegaan het, sal EK weer verlos. Dit was alreeds klaar gedoen by die Kruis. Moenie dink dat daar nie ‘n oorlog verdien word nie. Moenie dit in jou naam doen nie, maar doen dit in die Naam van YAHUSHUA, omdat dit die Here se oorlog is.

En MY kinders, onthou dit…julle kan dalk sommige oorloë verloor, julle het definitief die wonde, maar in MY Naam en in MY Seun se Naam, YAHUSHUA, julle MESSIAS, SAL JULLE HIERDIE EINDTYDS OORLOG WEN!

------------------------------------------------------------------------------------

 

 

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH HA KODESH vir die Roem, Eer en Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA. EK skryf hierdie woorde soos dit aan my vertaal word, terwyl ek daardie Hemelse taal spreek.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah, 31ste Augustus 2002, 8 uur in die aand.