Profesie 61


WAAR IS AL MY HEILIGE MENSE WAT HULLE
HEILIGE HANDE VIR MY, YAHUVEH, OPLIG!

11 September 2002, 11:45 in die oggend
Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Ek is wakker. Op die 11de September word ek wakker. Die Vader het met my begin praat terwyl ek nog geslaap het. HY het my wakker gemaak met hierdie woorde. En nou, nou dadelik, selfs al is my oë toe, gaan ek tussenbeide tree vir hierdie land op die 11de September. Ek sal die woorde voortspreek wat HY wil hê ek moet sê. [Begin praat met ‘n vertaling in tale.]

*******

Nikky en Elisabeth, EK gee julle die verantwoordelikheid om hierdie woorde nou voort te spreek. Hierdie ministerie gaan nou hierdie waarskuwing voortspreek. Selfs toe Elisabeth nog geslaap het, het EK met haar gepraat en haar vertel wat om te sê, selfs terwyl haar vlees nog begeer het om te slaap. Terwyl haar oë nog toe was, het EK hierdie woorde voortgespreek.

Dit is die 11de September 2002. Wat is dit wat EK daar sien, terwyl EK oor die mensdom kyk, om te sien wat hulle gedoen het met die ekstra tyd wat EK vir aarde gegee het? Wat is dit wat MY oë aanskou? EK beantwoord die gebede van die regvergdiges, wie uitroep in MY naam, in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIAS, MY Seun. Hulle roep na MY en sê, "Gee ons meer tyd om die verlore siele te bereik". En so het EK dan ook gedoen.

Dit is wat MY oë aanskou. Mans wat by mans lê, vrouens wat by vrouens lê, babas wat in die baarmoeder vermoor word, die mens wat net meer oorbuig en boos word. Daar is geen verskil met die tyd van Noag, toe EK die aarde vernietig het nie. Maar EK het die regverdiges, die gehoorsames, Noag en sy familie gespaar. So EK sê weer en EK waarsku. EK sal slegs die regverdiges se lewens spaar.

Regoor die wêreld word daar gepraat oor die 11de September 2001, maar net oor die tragedie en die verwoesting. Hoeveel gee MY die Glorie, omdat EK lewens gered het wat nie eers verdien het om gered te word nie. Maar in plaas daarvan om te onthou om aan MY Glorie te bring vir al die wonderwerke wat EK gedoen het, hoor EK eerder hoe MY Naam belaster word, "Hoe kon God dit gedoen het?"

Selfs MY eie priesters, wie MY woorde preek, praat asof EK geen reg gehad het om oordeel oor hierdie aarde te bring nie. EK is die Skepper. Julle het vergeet dat julle diegene is wat geskape is. Dit is hoekom EK op hierdie dag bedroef is, omdat EK dit oor en oor moet hoor. Het julle vergeet wie die Regter van alle oordeel is? Van wanneer af kan die geskape mense die Skepper veroordeel?

EK kyk na die woord "troue". EK sien wat dit vir julle beteken. EK het Adam en Eva geskape. Nou hoekom trou mense met dieselfde geslag met mekaar? Hoekom maak die aarde alles wat EK gesê het ‘n verafskuwing? Dit is asof hulle met trots hierdie sondes neem en dit in MY gesig gooi en dit waag om te sê, "Ons is die skeppers, ons sal ‘n nuwe mensdom maak."

Waar is al MY heilige manne wat hulle heilige hande na MY toe oplig? Hoekom is hulle nie die geestelike hoofde van die huishoudings nie? Hoekom beheer die vrouens die huwelike? Hoekom sit die mans soos ‘n lafaard in die hoek? Weer sal EK die Deborah’s regoor die wêreld moet oprys om die werk te doen wat die mans veronderstel was om te doen. Dit is die vrouens wat MY woord ken, nie almal nie, maar in so baie gevalle is dit die vrouens wat sê, "Dit is die Ware Sabbat Dag, ons sal dit eerbiedig." Dit is die vrouens wat die kinders neem en hulle geestelik grootmaak, en dan wonder julle hoekom die huishoudings val. Nou wonder julle hoekom die oortredings van die jeug soveel vermeerder, julle wonder hoekom julle skole ‘n plek is waarvoor selfs ‘n geharde krimineel bang is. Nou wonder julle hoekom die kinders die ouers beheer. Dit is omdat julle nie na MY stem wil luister nie. JULLE SAL NIE MY STEM HOOR NIE!

Daar word verwys na MY goeie boek, as maar nog net ‘n boek. Daar word gesê dat die wette, waarna in die boek verwys word, verouderd is. EK hou julle vandag dop, wat doen MY kinders met die nuwe kennis wat hulle nie voorheen gehad het nie. Julle sal verantwoordelik gehou word vir wat julle weet. As julle nie geweet het dat hierdie heilge feeste, slegs heilige dae vir MY was nie, dan sal julle nie verantwoordelik gehou word nie. Maar EK wys nou vir julle die hoë heilige dae, hoe die heilige fees dae goed genoeg was vir MY Seun YAHUSHUA om dit na te kom!

MY Seun YAHUSHUA is die Here van die Sabbat, die Here van die Sabbat. Selfs al weet jy wat is die regte dag, hoeveel van julle vul nog steeds die kerke op Sondae? Julle priesters gaan verantwoordelik gehou word. Oor en oor het EK gesê, "Julle eer die mensgemaakte Sabbat en stoot MY Ware Sabbat na eenkant." Dit is goed genoeg vir die Skepper, maar die skepsels dink dat hulle ‘n beter manier het.

So, op hierdie dag van 11 September, kyk EK na die aarde, en as dit nie vir die gebede van die regverdiges was wat BAIE beteken het nie, sou daar GROOT VERWOESTING na die aarde, op hierdie dag gekom het! Maar in plaas daarvan het EK julle nog meer tyd gegee, alhoewel EK MY ware kinders hoor sê, "O kom YAHUSHUA, kom vinnig, vandag!" Die aarde is vir die hel bestem. Selfs die aarde bewe en skud in vrees, omdat die aarde weet dat die regter van alle Skeppings, die aarde gaan oordeel, en dit gaan vinnig kom. Julle water is besoedel as gevolg van mens gemaakte sonde. Julle wis diere spesies uit, slegs omdat julle wil vermoor. Of julle wil hulle habitat uitwis vir julle eie dwase redes. Maar EK het elke spesie in die Hemel bewaar, spesies wat hierdie aarde nie langer meer sien nie. MY kinders wie se huise in die Hemel gaan wees, wees verseker, hierdie spesies word vir julle gespaar.

EK is lief vir julle, MY geliefde kinders, die wat nie bang is om alles te doen wat EK sê nie. Diegene wat die heilige dae respekteer, die wat uitroep en daarna uitsien vir YAHUSHUA om te kom, hulle huil net soos die vyf (5) wyse maagde.

Terwyl hulle wag het hulle die olie in hulle lampe. Hulle het ook ekstra olie byderhand, omdat hulle nie weet watter uur of watter dag nie. Hulle weet dat HY [YAHUSHUA] op ‘n Sabbat sal terugkom, maar watter Sabbat? EK het vir hierdie Diensmaagd gesê dat dit op ‘n Rosh Ha Shanah sal wees. Die eerste koms sal dan plaasvind, maar watter Rosh Ha Shanah?

MY woord sê dat HY in die middernag uur sal kom…maar watter middernag uur? So terwyl MY geliefdes probeer uitwerk watter uur MY Seun gaan kom. MY dierbares, dit is dwaasheid. Werk eerder vir MY en hou julle lampe verlig, werk om die enigste skat saam te bring wanneer jy die aarde verlaat. Niemand gaan weet as ‘n dief in die nag gaan verskyn nie, net so sal die Liefde van jou lewe. Maar sal HY jou sonder vlek of kreukel vind?

Vrouens, julle simboliseer die Bruid, mans, julle simboliseer die Bruidegom. Dit is hoe julle sal weet as julle MY bly maak. Die vrouens wat gelowige mans het, wie uitroep in YAHUSHUA se naam, wie alles doen wat hulle kan om gehoorsaam aan MY en MY woord te wees. EK wil julle dit vra…Doen julle alles wat julle kan om gehoorsaam te wees aan daardie gelowige man? EK wil dit vir die mans, wat die Bruidegom simboliseer, vra…Doen jy alles wat jy kan om haar lief te hê en te beskerm? Om die kop te wees en nie die stert nie? Verdien jy haar respek, dat sy aan jou gehoorsaam sal wees, net soos die Bruid van YAHUSHUA aan HOM gehoorsaam moet wees? Bid jy saam met jou familie? Is jy saam met jou vrou, op julle knieë? Hou jy haar hand vas wanneer julle bid? Seën jy jou kinders? Kom julle MY Heilige dae na? Eer julle MY op die ware Sabbat, of het julle maar net plesier op julle manier? Is jy ‘n voorbeeld van goddelikheid?

Dit is die vrae wat EK vandag aan julle vra. Staan julle op vir regverdigheid en heiligheid…of besoek julle die internet vir pornografie? Dink julle dat julle sonde weggesteek is in die geheim? Selfs die wat agter die kansel staan? Verdien jy om die respek te hê as ‘n wêreldse eggenoot, omdat jy wel staan vir die Bruidegom wat gaan kom? MY Seun regeer met liefde en medelye. Dink jy dat jy jou huishouding met niks anders as brute krag gaan beheer? Berou vandag, die wat julleself mans noem, omdat so baie van julle nie die respek van julle vrouens verdien nie. Die mans wat ‘n refleksie is van die vinnig komende Bruidegom, julle is waardig vir daardie respek en julle moet vereis dat julle huishouding alles respekteer waarvoor jy staan. Hulle sal jou dan liefhê en eer en begeer om gehoorsaam te wees aan jou. Net so seker soos die Bruid van YAHUSHUA begeer om gehoorsaam te wees.

So in plaas daarvan om op hierdie 11de September julle Skepper te beskuldig, of om te luister na diegene wat julle Skepper beskuldig, hang julle koppe in skaamte, omdat die geskapenes wat uit stof gevorm is, wat net ‘n klont in ‘n hand was, waarin EK ingeasem het en die mens gemaak het, GEEN REG OF PLEK HET OM DIE ALMAGTIGE GOD YAHUVEH, DIE SKEPPER, TE OORDEEL NIE! Die Oordeel gaan weer afreën na die aarde toe. Die Oordeel het alreeds begin. Dit het eers by die Huis van die Here begin, by diegene wat deur YAHUSHUA se naam geroep was. As EK nie eers MY eie huis spaar nie, hoeveel te meer sal EK die heidene vir die stank van hulle sondes oordeel.

So het EK aan die Diensmaagd gespreek, op hierdie dag, en sy was gehoorsaam aan MY en gee nou vir julle hierdie woorde op die 11de September 2002. So is dit gespreek, so is dit geskryf. Hoeveel van julle sal MY toelaat om julle kledingstukke vlekloos en wit te kry, voordat EK MY Seun stuur. Watter bruid sal in ‘n trourok staan wat oortrek is met vlekke en kolle? Vra julleself hierdie vrae wanneer julle MY Seun smeek om te kom. Sal jy gereed gevind word? Is jou trou rok rein en skoon? Is daar genoeg olie in jou lamp om aan te hou om te wag vir HOM [YAHUSHUA]? Of sal jy soos die vyf (5) huilende en wenende en dwase maagde wees, wie se olie van die lampe opgeraak het, wie moeg geword het om te wag? WEES NOU GEREED, MY KINDERS, OMDAT DIE MIDDERNAG UUR AL LAAT IS!

--------------------------------------------------------------------------

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH HA KODESH, op 11 September, waar dit begin het op 11:45 in die oggend en geeïndig het op 12:13 in die middag.

Ek gee dit aan julle, net soos dit aan my gegee was. En ek gee dit nederig aan julle. En ek bid dat diegene met ore sal luister.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah