Profesie 65

MAAK GEREED! MAAK GEREED! MAAK GEREED!
WEES VOORBEREID, DIE BOSE DAE IS OP JULLE!

*******

Dit is die eerste "Chanukah" profesie wat ooit aan my gegee was. Dit het te voorskyn gekom gedurende ‘n tyd wat ons dit die minste verwag het. Ek en my man, Apostel Nikomia was besig om te bid vir ons Suster in YAHUSHUA, Tricia, wat huweliks probleme het. Terwyl haar man besig was om die kersboom op te slaan, kon sy nie anders as om die waarhede, wat sy by hierdie ministerie geleer het, vorendag te bring nie. Die waarhede wat sê dat Kersfees niks met YAHUSHUA te make het nie.

Ons het gebid vir vrede sodat die ander haar sal verstaan en dat die waarheid haar man sou vrystel. Hierdie profetiese boodskap het na vore gekom, terwyl ek in tale gebid het. My man het dit met band opgeneem. Ons het nie eers tyd gehad om ‘n "Menorah" aan te steek nie. YAHUVEH het my vertel dat HY vir my ‘n vars RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) SALWINGS OLIE gegee het om met die mense te deel. Nie net om ‘n lantern aan te steek nie, maar om hierdie RUACH HA KODESH salwing te deel. Dit is ‘n "Chanukah" geskenk aan die wêreld, vir almal wat geestelike ore het om te hoor, en geestelike oë het om die waarheid te sien wat hulle sal vrystel, in die naam van YAHUSHUA. Een ding wat anders was, wanneer die profetiese boodskap deur my gespreek word, is dat ek kon uitken of dit YAHUVEH of YAHUSHUA was wat dit voortspreek.

Gelukkige "Chanukah"! Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah.

*******

MAAK GEREED! MAAK GEREED! MAAK GEREED!
WEES VOORBEREID, DIE BOSE DAE IS OP JULLE!

Profesie gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

29 November 2002, geëindig op 3:50 namiddag.

MAAK GEREED! MAAK GEREED! MAAK GEREED! Raak voorbereid MY kinders. Die bose tye gaan oor julle kom. EK stuur hierdie nasie nie voort na ‘n oorlog nie.

As hulle ‘n oorlog wil hê, sal hulle ‘n oorlog kry, maar dit sal MY wapens wees, die wapens van die Hemel, die arsenaal van die weer, die arsenaal van die elemente. EK sal opskudding in die nasies veroorsaak, die wat dit waag om MY uit te daag, wat spog met hulle eie krag, hulle sal sien dat hulle krag tot niks kom nie en dat dit niks beteken nie. Die leiers van hierdie wêreld stoei nie teen mense nie. Die leiers van die verenigde nasies stoei nie teen mense nie, nee hulle stoei teen MY, YAHUVEH, DIE GROTE GOD WAT EK IS!

Hulle sê, "ek sal dit op my manier doen, nie op YAHUVEH se manier nie". Die sterkes in die wêreld met hulle uitvindsels, dink dat hulle die weer en die elemente kan beheer, maar EK is op die punt om hulle dronk te slaan, terwyl hulle eie wapens teen hulleself gaan draai. Hulle eie masjiene, hulle eie uitvindsels. Hulle eie gif wat hulle aan ander wil gee om te drink, sal hulleself drink. Nie eers hulle geliefdes sal beskerm word nie, al het hulle gesê dat hulle die geliefdes sou beskerm.

Diegene wat daarop aandring om vakansiedae te vier wat nie deel is van MY "Torah" nie, die van julle wie nie MY WARE HEILIGE DAE herken en onderhou nie, julle sal uitvind dat julle MY woede op ‘n magtige manier sal voel. Diegene wat geroep is deur MY Seun YAHUSHUA se naam, omdat hierdie waarheid hulle vrygestel het, julle moet HEILIG wees net soos EK HEILIG is. Maar in plaas daarvan om dit te doen, dring hulle daarop aan om deel te wees van die heidense vakansiedae en om dit goed te praat. Hierdie mense sal nie MY nabyheid voel nie, hulle sal nie MY Gees hoor wat met hulle praat nie. Hulle sal vind dat hulle nie langer in MY ark is nie, waar MY kinders apart gestel word.

O MY dogter, EK weet jy wou nie hierdie woorde voortspreek nie, omdat die mense wat jy op ‘n tyd vriende genoem het, jy nou vyande sal noem, maar weet dit, jy het dit op MY manier gedoen, nie op jou manier nie. EK gebruik hierdie ministerie om die Bruid van YAHUSHUA voor te berei. EK het jou al vertel, en EK vertel jou nou weer, EK KOM NIE VIR ‘N ONGEHOORSAME BRUID NIE!

MY Seun kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie! Of julle is MY kinders, of julle is nie. Lig en Donker moet skei. EK neem MY swaard wat verdeel, en EK skei nou dit wat EK nooit saamgevoeg het nie! Maar EK doen dit vir die veiligheid van MY kinders, die wat waarlik vir YAHUVEH en YAHUSHUA soek en volg, die wat gevul is met MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES).

MY kinders, die kerke verkondig a leuen, slegs die Hoogs heiliges sal MY Bruid genoem word! Daar is vereistes om YAHUSHUA se Bruid te wees, een van hulle is, alhoewel julle in hierdie wêreld is, hoef julle nie soos hierdie wêreld te lewe nie. Julle moet HEILIG en REIN bly voor MY, gewas in MY Seun se bloed by Golgota. MY dogter, EK het jou gesalf om voort te spreek vanuit hierdie ministerie, om die Bruid te help met die voorbereiding vir daardie troudag, om hulle te help om hulle lampe vol te maak van MY HEILIGE OLIE, sodat hulle nog oor sal hê om te spaar. EK gebruik jou MY dogter, om die waarheid voort te spreek. EK gebruik hierdie magtige ministerie om die koring van die kaf te skei. Ja die aanvalle was hewig gewees. O, maar die belonings sal soveel meer wees!

MY kinders, onthou julle dat EK gesê het, "Gaan en kruip net vir n rukkie weg, totdat die storm bedaar het". EK het vir julle die drome gegee van die tornados wat gaan kom, en wat nog nooit gesien is nie. Die aarde sal bewe en skud wanneer EK albei MY voete daarop stamp!

EK is kwaad! EK is vol woede! Het EK nie gesê, "Moenie enige ander gode bo MY stel nie?". EK sal dit wat julle in onkunde gedoen het, nie teen julle hou nie, maar dit wat MY kerk doen met die kennis wat hulle het, maak MY waarlik kwaad! Tsunami golwe gaan kom, en dit sal MY hand wees wat hulle in die see oproer! Oor en oor gee EK hierdie waarskuwings, wat moet dit neem om julle knieë vir MY te buig? EK gaan nie langer ‘n vorm van ongoddelikheid duld nie. Diegene van die louwarm kerke, julle gebede is ‘n verafskuwing vir MY! EK het gewaarsku en gewaarsku wat EK met diegene wat louwarm is, gaan doen. EK sal hulle uit MY mond spuug en braak! Julle is soos gal wat in MY keel opkook! EK is YAHUVEH en julle maak MY siek. Satan bespot MY en sê, "Aanskou JOU louwarm kerke wat leuens verkondig. Hulle doen dit in YAHUSHUA se naam en hulle het nie berou nie en hulle draai ook nie weg van die heidense weë nie."

Maar MY geliefde kinders, die wat gevul is met MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), EK is nie kwaad vir julle nie. EK omhels julle, EK bedek julle met soene. Wanneer julle val, is EK daar om julle op te tel en julle af te stof en in MY arms vas te hou. Julle wat die waarheid soek, die volle waarheid, julle sal geen leuens ontvang nie, dit is julle lampe wat EK sal vol maak totdat dit oorloop. Julle is die mense deur wie die "Shikinah" glorie, helder skyn, omdat julle liggame die ligte is van die lampe wat EK oorvol maak van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Julle sal nog oorhou om te spaar, omdat julle aan ander getuig in YAHUSHUA se naam. Julle weet dat hierdie olie nie gekoop kan word nie, maar dit kom teen ‘n prys, en dit is om Heilig te wees, soos EK Heilig is! Hou julle verstand Heilig, hou julle liggame Heilig voor MY. Die enigste manier hoe dit gedoen kan word is deur die gestorte bloed van YAHUSHUA HA MESSIAS by Golgota.

Vandag het EK ‘n droom aan MY dogter gegee dat sy vergiftig was. MY kinders, julle weet nie wat julle inneem, elke keer wanneer julle kos eet nie. Daar is hormone en peste wat deur julle liggame opgeneem word. MY kinders, vra MY hoe om dit te reinig en EK sal julle wys, omdat die liggaam die Tempel is van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES), en dit moet gereinig word. Dan sal julle ook uitvind dat julle baie makliker van MY sal hoor. Daar is oorlog binne in julle liggame. Dit is nie net geestelik nie, maar ook fisies. EK sal nie net jou gees en bloed reinig nie, EK sal ook die gifstowwe uit julle bloed, uit julle liggame en uit julle kosbakke was.

MY kinders, terwyl julle in hierdie sterflike liggame van vlees en bloed is, moet julle voorbereid wees op dit wat gaan kom. Julle moet sterker gemaak word, julle moet gesond gemaak word, omdat daar ‘n siekte oor julle gekom het wat julle nie ken nie. Julle weet nie eers dat die lug vergiftig is nie. Julle weet nie eers dat die kos vergiftig is nie. Omdat julle ‘n seen gevra het oor die kos wat julle eet en dit wat julle drink is EK getrou en sal EK julle wys wat om te doen. MY kinders, soms is die beskerming nie deur MY bonatuurlike hande nie, dan moet julle ook deel daarvan neem in die fisiese ryk. Reinig julle liggame MY kinders, net soos julle jul gees en siel reinig. Maak julle liggame gereed, omdat daar ‘n oorlog oppad is, waarvan julle nog nie vertel was nie.

Moenie vertrou dat die regerings van hierdie wêreld julle sal beskerm nie, omdat julle geen beskerming by hulle sal vind nie! Vertrou op die GOD wat julle geskape het, die EEN wat elke molekule, elke atoom, elke sel, elke deel van julle DNA ken. Elkeen van julle is ‘n individu, en EK ken elkeen van julle op jou GOD gegewe naam. Bid tot MY en EK sal jou wysheid gee, EK sal ander op jou pad bring, omdat EK versteekte mense opgerys het om vir jou op hierdie tyd wysheid te gee, en om te sorg vir hierdie Tempel van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Gebruik alles wat EK vir jou gegee het vir YAHUVEH en YAHUSHUA se glorie, terwyl jy dit nog het om te gebruik. Die satan probeer om julle kaal uit te trek, maar moenie bekommerd wees nie MY kinders, EK sal julle bedek. Julle politikusse en leiers kan maar alle goddelose wette uitvaardig wat hulle wil, maar net wat EK, YAHUVEH sal toelaat, sal uitgevaardig word.

MY kinders moenie bekommerd wees nie, EK sal julle nooit verlaat nie. Solank julle ore ingestel is op MY ore, en solank julle luister wanneer EK praat, solank julle gebede nie ‘n verafskuwing vir MY is nie, solank julle begeer om Heilig te wees net soos EK HEILIG is, solank julle die "Torah" hou en dit nie uitgooi nie. Dit is nie twee boeke nie, dit is een boek. Die mens het dit opgedeel, die een boek versterk net die ander. Die boek van die ou tye en die boek van die nuwe tye is waarlik een. Net soos EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA, EK is in MY Seun, en MY Seun is in MY, net so is dit dieselfde vir die Boek van die Ou tye en die Nuwe Boek. Studeer en wys jouself waardig studeer en wys die kennis wat EK aan jou gee. Die boek is nou al oor en oor vertaal. Soek na MY om uit te vind watter vertaling om te studeer. Studeer dit in meer as een taal, as net Grieks. Studeer die Hebreeuse vertaling, studeer die Aramese vertaling, lees en luister wat MY woord werklik sê, moenie die heidense weë van die mense volg nie, die heidense weë wat afbuig na afgode. Wanneer dit kom, sal EK julle net soos Sadrag, Mesag en Abednego in die vuuroond beskerm.

*******

Beledigend vir sommiges, ophelderend vir ander, in die Naam van YAHUSHUA HA MESSIAS.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Hierdie profetiese woord het op ‘n tyd gekom wat ons dit nie verwag het nie. Ons was besig om ‘n ander suster in gebed op te dra. Haar huwelik is verdeel en sy is nie ‘n lang ruk gelede daar weg nie. Geliefde Tricia, ons het jou nou net in gebed opgedra. Omdat jy begeer om die weë van YAHUVEH en YAHUSHUA te volg, het daar ‘n salwing oor my gekom. Dit is ook wanneer die profesie na vore gekom het.