Profesie 66

6 = nommer van ‘n mens
2 6’s, 2 = sukkel, skeiding, getuienis
12 (6 + 6) = toediening

= Toediening van Oordeel oor die mens, terwyl hy worstel teen YAHUVEH, die skeiding tussen die mens en sy Skepper. Elisabeth is ‘n getuie hiervan, deur middel van ‘n droom\profesie wat HY aan haar gegee het om aan die publiek bekend te maak.

"Blaas die trompet en waarsku, YAHUSHUA kom nie
vir die Kerk nie, maar vir SY BRUID!"

Gegee op 8 Desember 2002, in ‘n droom en met ‘n profesie wat saam met dit gekom het.

*******

Op die 8ste Desember 2002 het ek (Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah) gedroom dat ek STERRE SIEN WAT ONTPLOF EN ‘N MISSIEL WAT OPPAD IS NA AMERIKA! BID DAT YAHUVEH DIT ONSKADELIK SAL MAAK, daar waar julle bly, voordat dit te laat is!

Ek het profesie 66 ook heeltemal onverwags gekry. Ek het begin om die woorde te tik, "Profesie 66, Blaas die trompet en waarsku, YAHUSHUA kom nie vir die Kerk nie, maar vir SY BRUID!"

Titus 2:13-14

KYK OP AMERIKANERS, BEROU EN WEES NEDERIG; BID DAT YAHUVEH SE OORDEEL UITGESTEL SAL WORD! DIE MISSIELE GAAN BINNEKORT KOM, EN SLEGS GEBED OF VAS KAN MAAK DAT HULLE ONSKADELIK GESTEL WORD, OF DAT DIT UITGESTEL SAL WORD! NEEM ASB. HIERDIE PROFETIESE DROOM ERNSTIG OP, VOORDAT DIT TE LAAT IS! YAHUVEH PRAAT IN DROME EN VISIOENE, ASOOK IN PROFESIEË. 8 Desember 2002.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

www.allmightywind.com
"mirror site"
www.almightywind.com

*******

Kopieër asseblief en gee vir ander mense. Gee ook aan ministerie webwerwe. Niemand kan sê dat hulle nie gewaarsku was nie! Bid vir wysheid van YAHUVEH vir President Bush en die twee-ster generaals en al die mense in die regering, insluitend Collin Powell. Dit is nie nou die tyd om politieke speletjies te speel nie! Bid terwyl ons nog steeds die vryheid het om te bid!

Ek het ‘n droom gehad waar ek sterre sien wat ontplof en missiele wat na Amerika toe kom! Bid dat YAHUVEH dit onskadelik sal stel, waar julle nou leef, asook regoor die hele Amerika.

Dit is my profetiese waarskuwings droom. Ek wil vir julle vertel hoe ek aan die slaap geraak het, sodat julle nie dink dat ek te veel CNN gekyk het, voordat ek gaan slaap het nie. Die 7de Desember was ons 9 maande troudag herdenking. YAHUVEH het ons vertel om dit maandeliks te herdenk, nie net jaarliks nie. Dit is wat ons gedoen het, dit was omtrent 2 uur in die oggend toe ons liefdevol, met vrede in mekaar se arms aan die slaap geraak het. Ek het nie aan enige terroristiese aanval gedink, voordat ek aan die slaap geraak het nie.

Daarvan gepraat, hier volg die droom.

Droom

My man, Apostel Nikomia en ek was buitekant, terwyl ons na die sterre gekyk in ‘n oostelike rigting. Ek was stomgeslaan oor die pragtige sterre wat ons daardie nag gesien het. Die lug het soos ‘n swart, fluweel doek gelyk, en die sterre was so helder, mooi en groot! Ek het gesê, "Kyk na die sterre liefling, ek het hulle nog nooit so mooi helder gesien nie!" Hy het ja gesê, hy het al die lugruim so in Minnesota gesien. Ons het op ons knieë gegaan en begin bid en vir YAHUVEH en YAHUSHUA bedank omdat HULLE sulke pragtige dinge geskape het. Ons het ook vir YAHUVEH (GOD) dankie gesê vir die seëninge en beskerm wat ons in Amerika gehad het. (Let wel: Ons het nie jasse aangehad nie en dit was nie sneeu waarin ons gekniel het nie,maar waar ons nou bly het ons nog net een keer sneeu gehad. Dit het ook weer so vinnig gesmelt en die weer was nie so koud nie).

Die volgende ding wat ek in my droom gesien het, is moeilik om te verduidelik. Terwyl ek gebid het en opgekyk het, het ek iets gesien wat lyk soos ‘n ster wat ontplof. Die ster het ontplof met ligte reg rondom dit, in allerhande kleure. Ek het aanhou bid, omdat ek nie geweet het wat dit was nie. Terwyl ek die ster vir my man gewys het, het hy aangehou bid saam met my en vir YAHUVEH geprys vir SY seëninge en beskerming en die prag wat YAHUVEH (GOD) geskape het. Ek het weer opgekyk en toe was ons nie meer alleen nie, mense het gekyk hoe ons bid en vir YAHUVEH en YAHUSHUA prys. ‘n Menigdom mense het saam met ons na die lug gekyk. Vyf vrouens het langs ons kom kniel en ook saam met ons gebid en YAHUVEH en YAHUSHUA geprys vir HULLE beskerming. Dit was ons eerste vriende wat ook nou in die droom by ons aangesluit het en hande vas gehou het. Menigtes het net gestaan en na ons gekyk, sommiges het ons bespot. Ek het aanhou kyk na die lug en gedink dat daar nie nog ‘n ster sal wees wat ontplof nie. Tot my verbasing was daar nog een gewees, en toe weer een! Ons het aangehou bid en meer mense het by ons aangesluit en op hulle knieë gegaan om te bid.

Daar was ten minste 4 sterre wat ontplof het, sommige groter as ander. Ek het agtergekom dat die mense wat by ons aangesluit het, diegene is wat vir ons is, die ander wat geweier het om te bid en tussenbeide te tree vir Amerika, diegene is wat teen ons is. Ek kon nie verstaan wat die sterre, wat ontplof het, beteken het nie. Ek het vir my man gesê, "Dit is snaaks. Dit is nie vuurwerke nie. Dit is ook nie die 4de Julie nie". Daarna het ek ‘n kleurvolle streep in die lug gesien wat ‘n stert gemaak het.

Ek het ‘n harde geluid gehoor. Soos iets wat die grond getref het! Ons het nader gehardloop om te sien wat die grond getref het. Daar het baie mense rondgestaan. Hulle het rondom ‘n groot donker grys missiel, wat halfpad uit die grond gesteek het, gestaan. Aan die missiel se stert was daar twee rooierige vinne wat uitgesteek het. Die mense was bang gewees, maar terwyl ons naderkom en gebid het, het ons ‘n wonderwerk gesien…dit was ‘n missiel wat nie ontplof het nie!

Prys YAHUVEH en YAHUSHUA! Die missiel in die grond was onskadelik! O! Ons het toe eers besef dat dit ons gebede was wat ons gered het! Net YAHUVEH en YAHUSHUA kon verhoed dat die missiel ontplof het! Mense het toe begin om ons te volg, en hulle wou presies gaan waarookal ons gaan, omdat hulle geweet het dat hulle veilig sou wees. As hulle by ons in gebed sou aansluit, sou ons mekaar kon bedek in gebed. My man en ek het geweet dat ons die plek, waar ons nou was, sou verlaat, en ons het ook met geloof geglo dat ons sou veilig wees. Dit was regtig gevaarlik daar gewees, omdat die sterre nog steeds in die lug ontplof het terwyl ons daarna gekyk het.

Ons moes voorsorg maatreëls tref vir die reis. Ons het in ‘n baie besige winkel ingegaan, waar daar lang rye mense getsaan het. Mense het ons gevolg, omdat hulle nuuskierig was oor wat ons volgende sou doen. Hulle het geweet dat die missiele onskadelik gestel sou word, waarookal ons gaan. Dit was die belofte aan ons, van YAHUVEH en YAHUSHUA, ons sal beskerm word, en daar sal vir ons gesorg word. Ek het aan my man gesê, "ek weet dat daar vir al die mense wat ons in die winkel in gevolg het, gesorg sal word, en dat hulle beskerm sal word". Ons het ‘n tree geneem, en al die mense wat ons gevolg het, het ook agter ons aangestap! Die mense wat alreeds in die winkel was, was gulsig en het net aan hulleself gedink. Hulle het mekaar gestoot en gestamp. Al ons ander, wat saam in die winkel ingeloop het, het omgegee vir mekaar se behoeftes.

Die mense in die winkel het my erken as die persoon wat die ontploffende sterre uitgewys het, en wat gebid het en gewaarsku het. Sommige in die winkel het van my gehou, ander nie, en sommige het my geïgnoreer of hulle was ongeskik en vol haat. Terwyl ek in die ry gestaan het, het mense vir my plek gemaak by hulle, sodat ek vinniger die nodige goedere kon koop. Ek het ‘n paar items gekry en in my hande vasgehou, dit was alles kos gewees, daar was ook ‘n groot sak aartappel skyfies. Ek het voor in die lyn gekom en die kassiere het my goedere opgelui, dit was ‘n klein bedrag gewees, ek het in my beursie gekyk en agtergekom dat ek geen geld het nie, daar was net ‘n $700.00 geld koepon. Die gedeelte op die koepen, "Betaalbaar aan…" was nie ingevul nie. (Let wel: As enige iemand weet waarom dit hierdie bedrag was, en hoekom dit nie ingevul was nie — ek het nog nie die verduideliking gekry nie — e-pos my asseblief as julle ‘n openbaring vanaf die RUACH ha KODESH, Heilige Gees, kry.)

Nota: Terwyl my webwerf bestuurder dit gelees het, het hy ‘n verduideliking gekry. $700.00 geld koepon. 7 = Die Vader se nommer van PERFEKSIE. ‘n Tjek van die Vader wat perfek aan my verwagtinge sou voldoen!!! My man Nikomia het bygevoeg: Die bedrag van $700.00 is ingevul, maar dit is aan niemand uitgemaak nie. Die Vader sal vir ons ekstra geld gee sodat ons ons benodighede sal kan koop, en HY alleen sal weet aan wie dit uitgemaak sal word.

Ek het gebid dat die kassiere genoeg geld in die geldlaai gehad het, sodat sy dit kon wissel. Ek het toe vinnig ‘n gebed opgesê, sodat sy dit kon wissel. Ek het vir haar gesê, "Dit is al wat ek het. Het jy genoeg geld in die geldlaai? " Dit was in die middag gewees en ek het gebid dat sy genoeg gehad het, veral omdat ek baie kliënte gesien het wat sy daardie dag gehad het. Sy het gekyk en sy het toe genoeg gehad. Sy het vir my ID dokument gevra, en ek het besef dat my man sy beursie by hom gehad het, hy was agter in die ry gewees, omdat mense nie vir hom ook plek in die ry gemaak het nie. Ek het gesê, "Wag net asseblief, ek moet net my bestuurslisensie by my man gaan kry." Die mense wat nie van my gehou het nie, was kwaad omdat ek die ry opgehou het, die ander het verstaan. Ek het na die agterste deel van die winkel gegaan waar my man in die ry was. Ek het toe my ID dokument by my man gekry en toe teruggegaan na die kassiere toe. Sy het na my ID dokument gekyk en gesê dat sy nie dit gewoonlik doen nie, maar sy het my erken en die klein bedrag opgelui, en my kleingeld teruggegee vir die geld koepon. Ek het vir haar gesê dat ek baie dankbaar is. Ons het die winkel verlaat en die mense het ons nog steeds gevolg, waarookal ons gegaan het. Hulle het geweet dat daar vir ons gesorg sou word en dat ons veilig sou wees.

Einde van die droom.

Uitlegging van die droom:

Ek het 10:30 die Sondag oggend wakker geword en my man van die droom vertel. Ons het toe saam gebid. Ons is die eerstes wat oor die ontploffende sterre gebid het. Ek het die ontploffende sterre eerste in my droom gesien en hulle vir my man gewys, ons het in die droom gebid en nou bid ons terwyl ons ook wakker is. Ek het gesê, "Ek verstaan nie wat die ontploffende sterre beteken nie?" YAHUVEH het onmiddelik met my gepraat, toe ek hierdie woorde spreek. HY het gesê, "Wat is op julle vlag?" Ek sê toe, "Sterre". YAHUVEH sê toe, "Vir wie verteenwoordig hierdie sterre?" Ek sê toe, "Die State". YAHUVEH sê toe verder, "Bid dat die missiele wat die State gaan tref, dieselfde aantal ontploffende sterre is wat jy in jou droom gesien het, almal onskadelik gestel sal word!" YAHUVEH het ook gesê,

"BLAAS DIE TROMPET EN WAARSKU, YAHUSHUA KOM NIE VIR DIE KERK NIE, MAAR VIR SY BRUID!"

(Let wel: Hierdie profesie begin met ‘n bevel om vir Jim Bramlett van die "Fives Doves" ministerie iets te sê. Almal wat nou hierdie lees, gee asseblief hierdie profesie en droom aan Jim, omdat ek nie dink dat hy ‘n e-pos van my sal aanvaar nie. Help my asseblief om gehoorsaam te wees. Nog nooit tevore was daar aan MY ‘n bevel gegee om ‘n profesie aan ‘n sekere persoon te gee nie, of om iemand se hulp te kry om die boodskap uit te kry nie! Ek is nou gehoorsaam. Net die tyd sal leer of Jim gehoorsaam sal wees en die profetiese boodskap sal aanvaar. YAHUVEH sal jou seën as jy dit vir hom en vir ander mense stuur. Stuur asseblief vir my ‘n e-pos indien jy dit gedoen het en my daardeur geseën het. Ek dank u!)

*******

Profesie 66

"Blaas die trompet en waarsku, YAHUSHUA kom nie
vir die Kerk nie, maar vir SY BRUID!"

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

8 Desember 2002

Sê vir Jim Bramlett van die "Five Doves" ministerie, dat hy hierdie droom en profesie moet pos en almal moet waarsku wat wil luister. Oordeel gaan na Amerika kom! Diegene wat saam met julle gaan wees en bid, sal gespaar word, en die missiele sal onskadelik wees en hulle sal julle nie seermaak nie. YAHUVEH en YAHUSHUA sal diegene seën, wat vir julle ‘n seëning is. Aan die mense wat die boodskappe vervloek en bespot. Boodskappe wat ek vir jou gee as waarskuwings, voordat dit te laat is! EK, YAHUVEH en YAHUSHUA sal toesien dat hulle sonder kos en skuiling sal wees, en die missiele sal gaan waar hulle bly, en dit sal nie onskadelik wees nie!

Vir jare het EK jou al voortgestuur en nou stuur EK jou, as MY Elia "Elijah" van nuuts, na die weduwees van Sarfat in Amerika en regoor die wêreld. Hulle weet nog nie dat hulle behoeftig sal wees nie, omdat die tyd nog nie gekom het nie, maar dit is baie naby. Diegene in die winkel wat nie van jou gehou het nie en nie saam met jou gebid het nie, of jou gehelp het nie, wat slegs die boodskappe wat EK aan jou gegee het, bespot het, hulle sal die mense wees wat sal swaarkry wanneer die boosheid oor die aarde gaan kom, op ‘n manier waarop dit nog nooit was nie.

Net diegene met geestelike oë en ore sal hoor wanneer jy die troepe op die mure waarsku. Troepe van wie EK jou vertel het om bymekaar te bring. Moenie jouself bekommer oor diegene wat teen die waarhede, wat EK jou laat voortspreek, rebelleer nie. Moenie bekommerd wees oor die hoeveelheid mense wat sal ophou om jou finansieël te ondersteun nie, omdat EK diegene sal seën wat jou seën, en die mense vervloek wat jou vervloek, en ander sal oprys om hulp aan jou te verleen en nie jou sal verhinder nie. Die ministerie is nie na ‘n man of ‘n vrou vernoem nie, maar bring eerder vir YAHUVEH die Glorie, selfs in die naam.

Hierdie ministerie het nie woorde voortgespreek vir ore wat jeuk nie, maar spreek dit eerder voort aan HEILIGE ore wat YAHUVEH wil bly maak en gehoorsaam wil wees aan HOM, soos Henog en Elia "Elijah" gedoen het, net so sal diegene wat luister en gehoorsaam is en YAHUVEH bly maak, dit ook doen, hulle word ook die Bruid van YAHUSHUA genoem. EK, YAHUVEH stuur nie MY Seun om die Kerke weg te neem nie, maar om eerder die Bruid van YAHUSHUA, wie die eerste vrugte is, weg te neem. Daar is vereistes om YAHUSHUA se Bruid te wees! EK, YAHUVEH het dit hoorbaar aan julle gesê, "YAHUSHUA kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie!" Onthou julle die 5 wyse maagde met olie in hulle lampe? Onthou julle dat die 5 dwase maagde ongehoorsaam was? Albei was gewaarsku dat die BRUIDEGOM gaan kom! Albei het gewag! Die Bruid sal hulle verheerlikte liggame kry, en die wêreld sal nie eers notisie daarvan neem nie, terwyl sy weggeneem word en voorberei sal word, hoe om die gaste te help en te beskerm, diegene wat nie waardig is om die Bruid genoem te word nie. Die gaste het nie daardie ekstra myl geloop om gehoorsaam en Heilig te wees nie, deur die dinge van die wêreld te verlaat vir die Koningkryk van YAHUVEH nie.

Die gaste is lief vir die BRUIDEGOM, maar nie genoeg om die heidense weë en vakansie seisoene te verlaat nie, insluitend die Kerke van Babilon en die mensgemaakte geestelike wette. Die gaste weet wie JESUS is, maar hulle het geweier om meer te leer oor wie, YAHUSHUA is, die KONING van die JODE, julle JOODSE HOOF PRIESTER, wie gehoorsaam was, en die JOODSE HOË HEILIGE DAE en FEESTE gehou het. Die gaste het daarop aangedring om gemaklik te bly en deel te neem aan ‘n samekoms wat hulle slegs broodkrummels gevoer het, in plaas daarvan dat hulle manna, direk vanaf die Hemel kon kry. Die Bruid van YAHUSHUA sal die gaste voorberei vir die bruilofs onthaal, net soos hulle dit nou doen in hulle sterflike liggame, sal hulle ook aanhou help om die gaste voor te berei, nadat hulle in hulle VERHEERLIKTE LIGGAME verander het. Hulle sal ook die gaste waarsku om nie die merk van die dier te neem nie, en hulle sal ook help om die gaste in die fisiese en geestelike koningkryk te beskerm!

Hoeveel van julle wat dit nou lees of hoor, weet dat EK, YAHUVEH en YAHUSHUA die waarheid voortgespreek het deur hoorbare woorde, profesieë, drome, visioene en gesalfde leerstellings, vanaf MY

Joodse Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah. Julle het met opset julle ore toegemaak en opgehou om hierdie ministerie by te staan, sodat julle nie beledig word nie en erken dat julle gesondig het nie. Hoeveel van julle het vir gerieflikheids onthalwe agtergebly in die Kerke van Babilon? Hoeveel van julle het die ou wyn met die nuwe wyn gemeng en gewonder hoekom dit bars? Hoekom wil die Pastore in die ander kerke nie die waarheid aanvaar, wanneer julle hulle daarmee konfronteer nie? As julle nie berou nie, IS JULLE DIE GASTE, of selfs nog die slegter Louwarm kerk wat EK uit MY mond sal braak!

EK, YAHUVEH gebruik hierdie ministerie om die mense te toets, net soos in Jeremia 6:27-30, hoe min van julle het geluister, die mense sal spot totdat die missiele gaan tref, daarna sal hierdie bid vir genade, beskerming en goedere wat hulle sal benodig, dan sal hulle ook na die ministerie kom vir antwoorde. Vir sekeres sal EK genade hê, en vir ander sal EK geen genade hê nie. Die weduwee van Sarfat sou doodgegaan het as sy nie vir Elia "Elijah" van ouds geluister het nie. EK stuur MY apostels en profete om te waarsku. En tog, hoe min luister en gaan saam met hulle in gehoorsaamheid, berou, aanbidding en roem, sodat EK, YAHUVEH diegene sal spaar wat hulleself nederig hou en vra dat die oordeel uitgestel sal word, sodat nog meer verlore siele bereik sal word. Hierdie tyd van die jaar gaan dit net oor gretigheid en selfsugtigheid. EK het julle selfs in ‘n droom, aan MY handgemaakte Diensmaagd Elisabeth, gretigheid en selfsugtigheid gewys, asook wat die resultate daarvan sal wees. EK het haar vertel om die TROMPET TE BLAAS en om al die troepe op die muur bymekaar te bring. Hoeveel van julle is doof en hoor nie die trompet nie? Hoeveel sal hierdie lees en hulle plekke inneem op die muur?

EK, YAHUVEH gee hierdie belofte aan MY geliefde dogter en aan al die ander wie saam met jou die waarhede glo wat EK jou geleer het, waarhede wat in lyn is met MY HEILIGE SKRIFTE. Waarookal jy bly MY dogter, waarookal die getroue kinders van MY is, kinders wat hierdie waarskuwing en ander waarskuwings, wat EK deur jou voortgespreek het, ernstig opneem, en wat bid en tussenbeide tree vir Amerika, en wat gehoorsaam is aan MY, in HEILIGHEID, en wat in YAHUSHUA se voetspore volg, een tree op ‘n slag. EK, YAHUVEH sal hulle seën en beskerm. Wie ookal saam met jou gestaan het in jou droom, en besef het dat EK jou geroep het om ‘n wag op die muur te wees, en dat EK jou gesalf het om MY troepe bymekaar te roep, en om te help met die voorbereiding van die Bruid vir die koms van MY Seun, YAHUSHUA. Wie ookal jou seën en nie vervloek nie en doen wat hulle nie normaalweg sou doen nie, en dit is om ‘n seën te wees vir hierdie ministerie. Ek sal hulle seën en beskerm en versorg, terwyl hulle saam hande sal vat en bid dat die Oordeel op Amerika uitgestel sal word, omdat dit nie gestop kan word nie, anders sal EK, YAHUVEH moet verskoning vra vir Sodom en Gomorra, tesame met ander dele wat EK vernietig het as gevolg van hulle sonde en afgodery.

EK, YAHUVEH waarsku al die manne wie hierdie boodskap sal bespot en aflag, omdat dit vanuit die mond van ‘n vrou kom, moet EK julle herrinner hoe EK Deborah van ouds gebruik het? Die troepe op die muur is magtige vroue van YAHUVEH en hulle is baie meer as die manne! EK gebruik die vroue, sodat die manne sal skaam kry, net soos EK met Barak gedoen het! Slegs EK, YAHUVEH weet wat dit sal verg vir die manne om MY geestelike leiers te wees, en nie net volgelinge nie. Van MY Magtige vroue Soldate het eggenote wat in die oë van die wêreld is. Hierdie manne dring daarop aan om volgelinge te wees van die kerke van Babilon, wat leuens verkondig, hulle volg die vlees en nie die HEILIGE GEES nie, hulle is nie leiers van die waarheid en heiligheid nie, en hulle sal in die oopte, in skaamte gebring word!

Ek vertel nie vir die vrouens, wie EK gesalf het soos in die Boek van Joël 2:25-28 om ongehoorsaam te wees aan MY gebooie nie, selfs al sê die vrou se man dat sy aan hom moet voorlê nie! Die instruksie wat aan die vrou sê, "Vrou, jy moet alles aan jou man voorlê", is nie bedoel vir die wat in ‘n ongelyke huwelik is nie, waar die een party ongelowig is nie! MY woord is verdraai om ‘n vrou te dwing om by ‘n heiden se beeld aan te pas, wanneer dit deur ‘n heidense man gebruik word! EK gebruik nou MY dogter om hierdie waarhede voort te spreek, sodat dit julle kan vrystel! ‘n Magdom vrouens worstel nou met dit, maar die waarheid is dat julle daardie maat gekies het met julle vlees. Manne wat maats het wat die HEILIGHEID en die redding van YAHUSHUA verwerp, julle het daardie vrou gekies. EK het nie en sou ook nooit ‘n gelowige en ‘n ongelowige, wat nie in YAHUSHUA glo nie, bymekaar gebring het nie, maar EK het julle toegelaat, en sal julle toelaat om julle eie besluite te neem. EK wil julle herrinner aan Nehemia en Esra. (Esra 9:1-4) (Nehemia 13:23-30). Die Jode was nie toegelaat om heidene as ‘n vrou te neem nie! MY kinders, wat in die Tak van YAHUSHUA ingeënt is, alhoewel julle nie biologiese Jode is nie, is julle geestelik maar net sowel ‘n JOOD. Hierdie Hebreeuse wette is ook van toepassing op julle!

As ‘n man nie vir YAHUVEH en YAHUSHUA in heiligheid en waarheid volg nie, en daarop aandring dat sy vrou ongehoorsaam is aan die "Torah", wat al die gebooie insluit, en MY Gesalfde Vroue verhinder om YAHUVEH en YAHUSHUA se wil, eerste in hulle lewens te plaas, dan noem EK, YAHUVEH hierdie huwelik, ‘n ongelyke verbintenis, en dan sal EK YAHUVEH die huwelike verdeel, waar die man of die vrou, weier dat die ander een, die beroep sal kan doen, waarvoor EK hom\haar geroep het om te wees.

EK sal doen, waarvoor die man of vrou, sonder ophou, in geloof gebid het. As hulle gehoorsaam en Heilig is, sal EK nie toelaat dat enige iets of iemand tussen MY, YAHUVEH, die Vader en Skepper, en MY Seun YAHUSHUA, Die Messias, kom nie.

As ‘n man of ‘n vrou nie hom\haar bemoei met die saak van hoe die ander een hulle Skepper en Messias in waarheid en gehoorsaamheid aanbid nie, en tog oopkop is oor die redding, dan sal EK meer verdraagsaamheid en geduld met hom of haar hê. Die vrou sal steeds wees soos ‘n Deborah van Ouds, en EK sal haar met mag gebruik, terwyl sy tussenbeide tree vir haar man. Solank hy haar op geen manier sal seermaak nie, en haar ook nie verhoed om gehoorsaam te wees aan MY gebooie nie, en haar ook nie verhoed om die roeping, wat EK, YAHUVEH op haar lewe geplaas het, uit te voer nie. EK spreek nou voort, saam sal julle in geestelike oorlogvoering ingaan, deur te bid en tussenbeide te tree vir die nasies en die mense van alle rasse, soorte en tale. Om dan die werk uit te voer, waarvoor EK julle gestuur het, met die herrinnering dat baie geroep sal word, maar min gekies sal word, afhangende van hoeveel julle geestelik wil groei. Hier binne lê julle keuses. Sal julle die weë van die wêreld liefhê en daaraan gehoorsaam wees? Of sal julle aan MY, YAHUVEH en MY Seun, YAHUSHUA gehoorsaam wees? Dit is julle keuse. Voor die grondlegging van die aarde het EK, YAHUVEH al klaar geweet wie se naam in die Lam se Boek van die Lewe gevind kan word.

2 Kronieke 7:13-14
7:13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,
7:14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Esra 8:21-23
8:21 Toe het ek daar 'n vastyd uitgeroep aan die rivier Ahawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom 'n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed.
8:22 Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.
8:23 So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.

Joël 2:25-29 (Lees asseblief die hele Joël 2)
2:25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het--my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.
2:26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
2:27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
2:28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
2:29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

Kontak my asseblief en laat my weet of die waarskuwings werk wat ons doen, nie verniet is nie.

Beledigend vir sommiges, ophelderend vir ander, in die naam van YAHUSHUA.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Gegee aan my op die 8ste Desember 2002. Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie.