Profesie 67

Profetiese droom en Profesie 67

"Daar Gaan Meteoriete Kom Wat Verwoesting Sal Saai, Bid Sodat Die Oordeel Uitgestel Sal Word!"


Profesie gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
19 Desember 2002

Op 19 Desember 2002 was daar 'n profetiese waarskuwings droom aan my gegee. Ek het 7 uur, namiddag wakker geword na 'n 2 ure lange middag slapie. Ek weet nie of julle telling hou nie, maar in hierdie maand alleen was daar 3 profesieë en 2 waarskuwings drome. Nog nooit in 27 jaar het YAHUSHUA my vir iets so belangrik gebruik nie. Dit het begin op die 1ste Dag van Desember en Chanukah.

Vroeër die middag het my seun my vertel dat hy 'n droom gehad het van meteore wat sekere State getref het. Die HERE YAHUSHUA wil hê dat ek my seun, Profetiese Seun Elia "Elijah" moet noem. Ek moet dit duidelik stel en verduidelik, omdat hy ook in die droom is. Daar is vir Profetiese Seun Elia vertel dat hy die droom moes neerskryf, sodat ons mense kon waarksu en dat hulle kan bid dat die Oordeel uitgestel moet word, in die naam van YAHUSHUA. Dat hulle vir GENADE en meer tyd kan uitroep,om die verlore siele in Amerika en die wêreld te kan bereik. My seun het die woorde van haat en vervolging, wat deur mense teen my toegespreek was, op ander webwerwe gesien. Hy wil nie op dieselfde wyse behandel word as wat ek behandel word nie. Sou jy graag wou?

Daarom het hy nie die droom neergeskryf nie. Ek sê toe, "YAHUVEH, dit was U wat die droom aan hom gegee het, nie ek nie. So ek sal hom nie kan dwing om dit te doen nie." Daarna het ek en my man weer gaan lê, omdat ons baie moeg was. Ek het toe die onderstaande droom gehad. Wat nog meer interessant was, was dat ek dieselfde droom as my seun gehad het. Ek het wakker geword en my man daarvan vertel, sodat ek nie dit vergeet nie. Ek het die volgende gesê, "Skat, ek het 'n droom gehad. Moet asseblief nie dat ek daarvan vergeet nie?" Hy het gesê, "Goed, dis reg.", en wag toe dat ek moet begin vertel van die droom. Net toe ek begin praat, het ek weer aan die slaap geraak en van dieselfde droom, wat ek voorheen gehad het, begin droom. Die droom het sommer ook begin waar dit die vorige keer opgehou het!

Wanneer YAHUVEH eenkeer in 'n droom praat moet ons dit toets. Maar wanneer HY TWEEKEER praat, nadat jy uit 'n droom wakker geword het, weer aan die slaap geraak het, en met dieselfde droom aangegaan het, dan moet jy EERDER WAKKER WORD EN OPLET WAT HY WIL SÊ! Ek weet dat ek weer as 'n valse profeet deur my vyande gebrandmerk sal word, en dat my naam weer sleggemaak sal word deur diegene wie hulself Heilig noem en die massas om die bos lei. Hulle is Fariseërs en nie amper Profete nie. Ek weet dat ek die vervolging as blydskap moet sien, maar ek moet erken dat ek nog steeds nie die slegsê van mense, en bedreigings kan sien as BLYDSKAP nie. Dit maak seer, en wanneer jy my sny, bloei ek net soos enige ander een. Ek het nog nooit 'n maand soos Desember 2002 gehad nie. Dit het begin op 1 Desember 2002, die eerste dag van Chanukah, met Profesie 65, "VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!". Op 8 Desember was daar 'n profetiese waarskuwings droom, genaamd, "STERRE EN MISSIELE WAT ONTPLOF". Terwyl hierdie droom op band opgeneem was, het 'n nuwe profesie 66 na vore gekom, "YAHUSHUA kom nie vir die kerk nie, maar vir SY BRUID!"

Ek het meer e-pos terugvoer van hierdie twee profesieë ontvang, as van enige ander profesie ooit tevore. Al die e-pos boodskappe het my aangemoedig. In sommige boodskappe het die mense gebid vir seëninge, omdat ek net die waarheid voortspreek. Mense het ook briewe met die pos gestuur, waarin hulle net "Dankie!" sê. YAHUSHUA het geweet dat daar mondelingse aanvalle agter my rug sou wees, en sommiges het dit wel gedoen. Eerstens het YAHUSHUA SY troepe gestuur om my aan te moedig en vir my te profeseer dat ek moet aanhou om SY waarhede voort te spreek en nie 'n kompromie moet aangaan nie, en ook nie toelaat dat die duiwel my ontmoedig nie. Dankie vir almal van julle wat hierdie werk van YAHUVEH en YAHUSHUA ondersteun, en diegene wie die tyd geneem het om hierdie handgemaakte Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA aan te moedig. Ek het selfs 'n profetiese boodskap van 'n profeet in Mexico gekry. Sy naam is Samuel. Die eerste keer wat ons gepraat het, het hy onder die salwing van YAHUVEH gesê, "Jy sal weet dat die vervolging die moeite werd sal wees. Wag totdat jy die verrassings en belonings in die Hemel gaan sien."

As julle wonder hoekom die werk by ons ministerie webwerf uitgestel was, en hoekom dit so stil was. Dit was omdat ek my kop soos 'n skilpad weggesteek het as gevolg van die vervolgings wat so vol haat was. Hierdie vervolgings is van 'n ander webwerf wie hulleself WAARDIG noem, maar daar is niks WAARDIGS IN DIE NAAM VN HULLE WEBWERF, OF IN DIE MENSE WAT HIERDIE MINISTERIE AANVAL EN ALMAL WAT SAAMSTAAN MET AL HIERDIE LEUENS NIE. Hulle webwerf moet eerder "UNWORTHYNEWS.com" wees, in plaas van "WORTHYNEWS.com". OORDEEL sal kom na die Fariseërs, wat met 'n vorm van goddelikheid hierheen kom, maar met geen GODDELIKHEID binne in nie. In plaas daarvan dat hulle luister na die profetiese drome en profesieë, is hulle meer gepla om die vrou, wat die boodskappe vanaf die Hemel stuur, aan te val. Ag wat. Hierdie skilpad sal weer uit haar dop kom, gereed vir die aanvalle wat nog moet kom. Hieronder is die droom. Ek sal dit presies soos ek dit gedroom het, oor vertel. Daar is 'n paar dinge wat ek sal moet verduidelik, omdat dit 'n persoonlike saak vir my is.

---DROOM---

Verwoestende Meteoriete Gaan Kom Na Die State, Bid Dat Die Oordeel Uitgestel Sal Word!

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Ek het 'n lys van telefoon nommers gevind met 'n nommer daarop van iemand wat eens op 'n tyd my vriendin was. Haar naam is Shoshanah. Ek het haar nommer op 'n lysie gevind. Ek het haar jare gelede gebel, omdat ek weet dat sy 'n Christen was wat 'n Messiaanse Jood geword het en ander nou leer wie JESUS is, en SY Joodse naam YAHUSHUA gebruik. In die droom het ek geweet dat Shoshanah nie langer 'n vriendin en 'n suster is nie, omdat sy 'n Ortodokse Jood geword het, wat begin het om ander mense, op 'n groot webwerf te leer dat Jode nie YAHUSHUA (Jesus Christus) as die Messias hoef te aanvaar nie, en dat hulle net die wette van die "Torah" hoef te gehoorsaam en dan gered sal word! Dit is 'n vrou wie ek gerespekteer het as 'n profeet en geestelike leier, wat siele na YAHUSHUA gelei het. Kyk hoe ver het sy nou geval. Dit is een ding om soos die Ortodokse Jode te glo, maar om jou webwerf steeds 'n Messiaanse Joodse webwerf te noem en alle leuens vir mense te leer, is godslastering! Ek het vir jare nie aan hierdie vrou gedink nie, en nou is sy in my droom. (Neem kennis: Ons het net onlangs die lys met haar telefoonnommer daarop, verloor.)

Ek het haar telefoonnommer gevind en my geliefde man vertel dat ek haar dadelik moet bel en haar waarsku van die meteoriete wat gaan kom. Ek het haar foon nommer gelui en 'n ander vrou het geantwoord en gesê dat Shoshanah nie daar was nie. Sy moes al terug gewees het, maar hulle weet nie waar sy is nie. Ek het toe gesê, "Dit is Apostel Elisabeth Sherrie Elijah wat praat". Sy ken my as Sherrie. Ek vra toe dat die vrou net my telefoonnommer moet neerskryf. Sy skryf dit toe neer. (Dit is ook presies die telefoonnommer wat ek nou het). Die vrou het 'n hoë stem toon gehad. Sy was eintlik besig om te eet, maar sy wou toe sommer saam met my bid.

Ek het saam met haar begin bid in Hemelse Tale wat aan my gegee was. 'n Boodskap het na vore gekom en sy het ook in tale gebid. Ek moes waarsku van die Verwoestende Meteoriete wat aan die kom is. Daar is ook 'n mandaat aan my gegee om die troepe op die muur bymekaar te maak. Ek moes bid en tussenbeide tree en vir meer tyd vra om nog verlore siele te bereik. Ek het gevra vir nog mense wat tussenbeide sou kon tree en vir YAHUVEH te bid sodat SY Oordeel uitegestel moes word!

Ek het haar gewaarsku van die Staat waarin sy bly, Georgia, die ander State was gewees, Louisiana, Dallas, Texas, St. Louis, Missouri, Indiana, California en New York. Ek weet dat die verwoestende meteoriete nie net na hierdie State sal kom nie, maar dit is die State wt in my droom gegee was. Hierdie verwoesting sal wêreldwyd wees, omdat YAHUVEH baie kwaad is. Maar SY kinders, wie YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hul lewe plaas en ook aanbid en gehoorsaam is, hulle huise sal gespaar word.

Daar sal meteoriete kom wat hierdie wêreld nog nooit gesien het nie, met 'n massa verwoesting en menigdes sal doodgaan. Die vrou het harder begin bid. YAHUVEH het toe gesê, "EK gee aan jou dieselfde profetiese waarskuwing wat EK aan jou seun, Profetiese Seun Elia, gegee het. Maar hy het dit nie ernstig opgeneem nie. EK bevestig dit nou weer deur jou, omdat EK weet dat jy MY mense sal WAARSKU en sy droom sal neerskryf. Oordeel is alreeds uitgestel. Dit sal nie gestop word nie, maar dit kan uitgestel word as MY mense tussenbeide tree en bid op 'n magtige manier!"

Ek het in 'n visioen in my droom gesien hoe groot klippe en rotse uit die lug begin val! Vure het op dieselfde tyd uitgebreek. Ek het haar vertel dat ons die mense moet waarsku. Ek het haar vertel dat daar profetiese waarksuwings van groot aardbewings, storms, missiele, biologiese oorlogvoering, kern oorlog, plae en nou ook verwoestende meteoriete wat nog nooit gesien is nie, aan my gegee was.

Ek onthou hoedat sy in die droom vir my gesê het dat sy my sou help en saam met ons sou toer om die mense te waarsku! Terwyl ons in die droom gepraat het, het ek gekruisde bene op 'n bank gesit en my een been vinnig gewieg. My geliefde man het langs my gestaan en na my gekyk. Hy wou ook met haar praat nadat ek geprofeseer het. Dit het nie saak gemaak of ek die vrou se naam ken nie, maar ek het wel die HEILIGE GEES in haar herken! Ek het toe die gesprek in die droom beeïndig, omdat ek agter gekom het dat my man en ek nog glad nie daardie dag geët het nie. Ons moes seker gevas het. Daar was ook 'n skerp pyn in my been gewees.

---EINDE VAN DIE DROOM---

Ek het wakker geword en was toe honger gewees. Daar was ook 'n skerp pyn in my regterbeen, en my man het gebid vir die pyn in my been, daarna het dit verdwyn. Ek moet eers 'n paar dinge verduidelik wat ek nie eintlik wil sê nie. Shoshanah is vir jare al nie meer my vriendin nie. Ek kan haar nie eers meer Suster noem nie, omdat sy nou van 'n Messiaanse Joodse ministerie is en aan die Jode vertel dat hulle maar slegs net die "Torah" moet hou, sodat hulle siele gered kan word! Ek weet hoekom sy nie daar was in die droom nie, hoekom hulle haar terug verwag het en sy nie opgedaag het nie. Ek het ook verwag dat sy sou terugkom en YAHUSHUA dien en die Jode en nie-Jode sou leer dat daar geen ander pad na die Hemel is, behalwe deur die geskenk wat YAHUVEH aan ons by Golgota gegee het, en dit is YAHUVEH se Enig Gebore Seun YAHUSHUA, wie ons sonde offer is. Sover ek weet het sy dit nie in die regte lewe gedoen nie. Die enigste rede hoekom ek haar naam aan julle vertel het, was omdat dit in die droom genoem was.

Ek ken nie die naam van die vrou met die hoë stem toon nie. Ook weet ek niks van haar af nie, behalwe dat ek die salwing van YAHUVEH herken het. Sy was besig om te eet toe ek gebel het, dit was omdat sy die woord van YAHUVEH geëet het. Sy was besig om op vleis gevoed te word. Sy was by Shoshanah se huis, so ek weet dat sy in Georgia bly. Ek was gestuur om die State van Georgia en Louisiana eerste te waarsku! In my droom het my geliefde man, Apostel Nikomia by my gestaan en geluister. In realiteit is ons altyd 24 uur 'n dag bymekaar. Ons is 'n gebalanseerde, gesalfde span. Ek weet nie hoekom ek my been so vinnig gewieg het nie, en hoekom my been gepyn het nie. Ek weet ook nie hoekom ons gevas het nie. Beide my man en ek voel die noodsaaklikheid om te spreek van gevaarlike tye wat nog gaan kom, en ons soek nou vir YAHUVEH sodat ons kan weet hoe om voor te berei vir die komende jaar. Terwyl ek hierdie boodskap geskryf het, het die salwing oor my gekom en daarna het Profesie 67 na vore gekom! Weereens het die droom en die profesie op dieselfde tyd gekom.

Ek wil almal van julle bedank, wie hierdie profesieë en waarskuwings ernstig opneem en dit na ander ministeries stuur, en dit ook in julle e-pos lyste insluit. Julle sal aan dieselfde belonings van ons deel, wanneer hierdie mense gespaar en gewaarsku word. Ons is soos 'n GOUE ketting, elke skakel het 'n ander een nodig. Ek wil graag vir dominee Carolu bedank vir die waarskuwings in haar e-pos boodskappe. Ek het vir haar teruggeskryf, maar ek dink nie dat sy my e-pos gekry het nie. Carolu en almal wat saam met my werk om mense te kry wat tussenbeide sal tree as gebeds stryders en wat sal waarsku soos in Esegiël 3:17-21. Julle sal deel hê in dieselfde belonings in die Hemel, omdat julle gehoorsaam is aan YAHUVEH en julle SY stem hoor deur hierdie profetiese waarskuwings.

Ek wil almal van julle bedank, wie vir Jim Bramlett geskryf het en gevra het om Profesie 66 te pos. (YAHUSHUA kom nie vir die kerk nie, maar vir SY BRUID!). So baie van julle het sy e-pos gebombardeer, en ek het uitgevind hoekom YAHUVEH sy naam in daardie profesie ingesluit het. Dit het my geskok, terwyl 'n nuwe baba in Christus vir my die onderste gedeelte geskryf het. Ek weet ook nie of die profesie op die "Five doves" webwerf gepos was nie. Ek treur, omdat Jim uitsien na die wederkoms, maar hy glo nie in die vinnig komende Bruidegom wat YAHUSHUA is nie, hy glo nie in die Seun van YAHUVEH nie. Ek wonder wat die lesers van die "Five doves" webwerf sal sê, wanneer hulle dit uitvind? Vir wie het YAHUSHUA gebid, as HY ook die Vader was? Ek wonder of Jim dink dat YAHUSHUA met homself gepraat het, veral met SY laaste woorde, "Vader, hoekom het U MY verlaat?"

Elisabeth en Nikomia

* * * * * * *

Dit is wat Jim gesê het, nadat ek vir hom e-pos gestuur het. Dit lyk of hy teen die Drie-eenheid ingaan.

Broer Ivan,

Baie dankie, maar enige een kan op die "Fives Doves" webwerf iets pos. Ek glo dat dit deur die een gepos moet word aan wie dit gegee was.

So terloops, YAHUVEH is nie die Vader en YAHUSHUA die Seun nie. YAHUVEH is die naam van God in die ou Testament, wie waarlik die die Seun is wat die woord van God is.

Jim

* * * * * * *

My seun se droom het vinnig gekom, op die 19de Desember 2002.

My seun het my vertel dat hy jare gelede hierdie droom gehad het, sonder die name van die State. Ek het dieselfde droom gehad, waar ek dan wakker word en praat en weer aan die slaap raak en met dieselfde droom aangaan! Waarsku asseblief julle geliefdes dat hulle vandag YAHUSHUA as hulle MESSIAS moet aanvaar! Waarsku hulle dat hulle moet Heilig lewe, soos YAHUVEH ons beveel om te lewe. Waarsku hulle dat hulle sal moet berou en wegdraai van hulle sondes voordat dit te laat is! Waarsku hulle dat hulle YAHUVEH moet vrees en liefhê en YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hulle lewe moet plaas!

Profetiese Seun Elia se droom…

Ek het ons ou swembad gesien in 'n huis waarin ons gebly het. (Dit was in Indiana gewees en die swembad het gelek en ons het dit so 3 of 4 jaar gelede uitgereek.) Daarna het ek groot meteoriete gesien wat rondom ons val! Ek het meteoriete gesien wat New York, St. Louis Missouri, Dallas Texas, and California vernietig het.

Einde van die droom.

(Die rede hoekom YAHUVEH die swembad vir my seun gewys het, was omdat dit 3 of 4 jaar gelede uitgebreek was. Die Oordeel van die meteoriete is dan ook al vir so lank uitgestel, as gevolg van die gebede van die regverdiges.)

* * * * * * *

Profesie 67

"Daar Gaan Meteoriete Kom Wat Verwoesting Sal Saai, Bid Sodat Die Oordeel Uitgestel Sal Word!"

Profesie gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
19 Desember 2002 8:00 namiddag.

EK, YAHUVEH gaan oorlog verklaar vanuit die Hemel met groot Meteoriete van Massa Verwoesting.

EK, YAHUVEH gaan die meteoriete vrylaat soos stortreën, soos julle nog nooit gesien het nie. Net soos dit vertel is in die boek van Openbaring. Geen wapen van julle oorloë sal instaat wees om dit te vernietig nie!

EK, YAHUVEH verklaar OORLOG op die aarde, vir sy sonde, OMVANGRYKE VERWOESTENDE METEORIETE gaan kom. Slegs Heilige gebede sal dit uitstel! Oordeel kan nie gestop word nie, maar dit kan uitgestel word. Soos julle jul missiele vanaf die aarde vuur, so sal EK MY missiele vanuit die Hemel vuur. Wie kan teen YAHUVEH baklei en wen?

Selfs die heidene in ander nasies, vir wie julle kwaad is, hou by hulle wette van die god wie hulle dien. Amerika, wie is julle God wie julle dien en vertrou? Amerika, wat sal dit neem om te berou vir die egbreek en verraad wat julle teen YAHUVEH gepleeg het. Die EEN wie julle nasie apart geplaas het en julle geseën het omdat julle 'n vriend vir Israel was en haar beskerm het. Amerika, die dag wanneer julle 'n hand teen Israel lig, dit is die dag wanneer EK MY hand van seëninge en beskerming sal wegvat van Amerika.

Julle sê ander nasies hou daarvan om oorlog te maak, maar wat is julle Amerika? Dink julle nie EK hoor die geskreeu van die onskuldiges wat afgemaai en doodgemaak is in oorloë wat nie deur mense gemaak is nie? EK vermaan en wys nie net Amerika tereg nie, maar alle ander nasies wat deelgeneem het in oorloë wat nie MY wil was nie. EK wil hierdie wêreld vra, dink julle nie EK hoor nie die gekerm van die babas wat in die moeders se baarmoeders gemartel word nie, omdat die ma's net aan hulle eie selfsugtigheid dink, aan hulle eie lewens en nie aan die van die ongebore baba s'n nie. Dink julle dat EK een lewe belangriker ag as 'n ander? Julle wette beskerm lankal nie meer die onskuldiges nie, maar die skuldiges.

Julle mensgemaakte wette probeer nou om julle GOD GEGEWE vryheid weg te vat wat EK vir Amerika gegee het. Julle noem dit nou "Home Security". Daar is geen sekuriteit wanneer mense soos kriminele behandel word nie, wanneer hulle sonder bewyse ge-arresteer word nie, wanneer hulle skuldig bevind word en vervolg word sonder 'n verhoor of 'n jurie van hulle eie edelmanne. Dele van die wêreld is alreeds besig om dit te doen. Amerika julle skud julle koppe en julle vingers, maar nou skryf julle wette om dieselfde te doen? Wat is die prys van Privaatheid? Wat is die Prys van vryheid om te Aanbid? Vra vir Israel daardie vraag, omdat sy 'n groot prys betaal, asook die Christene regoor die wêreld.

Wanneer sal hierdie wêreld begin omgee oor wat in die geheim gedoen word deur ander in die Politiek? Daar is vyande van YAHUVEH wat hul harte uitpraat en die Amerikaners se vryheid wil verdedig ("ACLU"), maar omdat hulle ook vyande is van die EVANGELIE, ignoreer julle hulle, wanneer hulle julle probeer oorreed om besorgd te wees oor julle vryheid en privaatheid wat van julle weggeneem word. Onthou julle toe EK gewaarsku het dat wanneer die Vryheid van spraak van een persoon weggeneem word, dit van almal sal weggeneem word. EK het dit in 'n ander profesie genoem, wat deur hierdie handgemaakte Diensmaagd gespreek was.

EK, YAHUVEH sê vir julle, julle sal mekaar nie langer op die naam ken nie, maar deur die salwing van die RUACH HA KODESH, MY HEILIGE GEES! EK beveel julle om saam te span, saam met diegene wat julle vreemdelinge noem, EK span julle saam om mekaar te ondersteun, omdat julle nie mekaar sal herken op julle aardse name nie, maar deur MY SALWING! Julle sal reis saam met MY gesalfdes, en die een se benodighede sal almal se benodighede wees, en julle sal deel wat julle het met mekaar, terwyl EK, YAHUVEH julle seën.

Verwoestende Meteoriete gaan kom, net soos EK, YAHUVEH MY dogter Elisabeth se seun, wie ook Profetiese Seun Elia genoem word, vertel het. Hy wou nie die waarskuwing gee nie, en nou spreek EK dit weer voort deur MY dogter. Waarsku die mense dat slegs die magtige toetrede van gebed die Oordeel van Amerika en hierdie wêreld sal UITSTEL. Oorlog vanuit die Hemel, groot Meteoriete gaan vrygelaat word, en geen wapen van oorlogvoering sal instaat wees om dit te stop nie! Slegs gebedsvergters sal MY Oordeel uitstel, terwyl hulle uitroep vir GENADE op hierdie land wat geen genade verdien nie! EK het geprofeseer dat die storms en aardbewings sou kom, en hulle het! Wat moet EK doen voordat mense sal besef dat EK Profete en Apostels waarsku om die mense te vertel om te berou, voordat EK die Oordeel stuur!

MY troepe wat gesalf is deur die Hemel, sal nie bekommerd wees met mekaar se name nie, omdat hulle die HEILIGE GEES binne in MY kinders sal herken. Julle sal saam vergader in MY Naam en in Heiligheid en Waarheid loop in MY gestalte, en sy aan sy beweeg, waar julle saam sal reis met een doel, en dit is om mense te WAARSKU dat MY Oordeel vinnig nader kom! In die jaar 2003 sal MY gesalfde, weggesteekte mense uit hulle skuilings kom en saam met MY dogter hierdie dinge voortspreek, en bid vir die UITSTEL VAN MY OORDEEL, en as genoeg mense berou sal EK MY hand van OORDEEL terughou tot 'n ander keer.

Julle nasies wat wapens bou en dit fyn instel sodat julle mekaar se missiele kan afskiet, vra julleself dit, "Hoe kan ek myself verdedig teen 'n oorlog vanuit die Hemel", terwyl EK Meteoriete na die Aarde, insluitend Amerika gaan gooi. Meteoriete wat julle huise, besighede, stede gaan verpletter. Dit sal julle genoeg vertel van julle dwaasheid. EK, YAHUVEH sal julle 'n oorlog wys van ontsettende grote, as julle nie gaan berou en wegdraai vanaf julle slegte weë nie. Leef Heilig en wees Heilig en roep op MY Naam, in die Naam van MY Seun YAHUSHUA! Julle kan al die ongoddelike wette uitvaardig wat julle wil, maar EK, YAHUVEH IS DIE ENIGSTE WETGEWER en daar sal strawwe gevolge wees vir die wat hulleself MAKERS VAN DIE WET NOEM, terwyl hulle eintlik VERBREKERS VAN DIE WETTE IS! Julle vermaak MY, YAHUVEH nie; ook sal julle nie vermaak wees wanneer EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA klaar is met julle nie!

Vir die van julle, wat dit waag om hierdie boodskappe, soos hierdie een wat EK voortstuur, te bespot, hou julle hande op en verdedig julleself teen die oneindige Skepper, die EEN wie genoem word, Die Antieke van Dae, EK het geen begin en geen einde nie, EK is die "ALEPH" en die "TAV". Julle wie julself Christene noem en nog steeds nie die weë van MY Seun YAHUSHUA volg nie, en nie die Heilige Tye waarneem nie.

Die van julle, wie julleself Christene noem, wie spog en sê, "Ek is nie 'n JOOD nie", en tog het EK gesê, julle is ingegraveer wanneer julle YAHUSHUA volg en aanvaar as MESSIAS. Waar julle HOM liefhet en YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in julle lewe plaas en daarna streef om gehoorsaam aan ONS wette te wees, wetende dat julle iemand het wat sal tussenbeide tree, 'n Redder in MY Seun YAHUSHUA wanneer julle sonde doen, maar nie met opset die HEILIGE GEES laat treur nie en ook weet dat julle jul siel in gevaar stel wanneer julle sondig. Hoeveel van julle onthou dat julle almal jul eie redding met vrees en bewing sal moet uitwerk?

Die meerderheid van julle wie julleself Christene noem, is anti-semanties! Julle vermy die weë van die Hebreeuse mense, die "Torah", die "Tanakh", en maak net aanspraak op die Nuwe Testament. Julle wil slegs saamkom op 'n mensgemaakte Sabbat [Sondag], nie die ware Sabbat nie! Hoeveel Christene wil slegs die mensgemaakte heidense vakansiedae vier en die ware Hebreeuse HEILGE DAE vermy! Hoeveel van julle gebruik net die kerk om MY te paai, of as 'n mode parade of 'n skinder fees! Julle Christene besef nie dat die Pinkster nie meer in die meeste van julle kerke gevind word nie, omdat julle MY HEILIGE GEES laat treur het en die RUACH HA KODESH uitgejaag het!

Julle lees van die twaalf dissipels en julle haal aan uit die Joodse Skrifte, en julle maak aanspraak op die Bybel vir julle beloftes. Tog sny julle julleself af van alles wat Hebreeus is en julle spog dat julle nie Jode is nie. Julle waag dit om te spog hoe EK, YAHUVEH die natuurlike wingerstok afgesny het om julle nie-Jode in te plant, sodat die natuurlike wingerdstok suinig sal word. Tog verwerp julle die natuurlike wingerdstok en die dinge wat EK, YAHUVEH vir hulle geleer het. Julle wie julleself Christene noem het toegelaat dat Rome die dag verander wat EK apart gestel het, geseën en heilig gemaak het, en julle sê dat enige dag sal doen om 'n Sabbat genoem te word! EK het nie enige ander dag gekies nie. EK het op die Sewende Dag gerus[Vrydag Sononder to Saterdag Sononder]!

Hoekom studeer julle nie en wys julleself waardig nie? Julle weet wat die waarheid is, en tog het julle nie julle Pastore verantwoordelik gehou, sodat hulle die dag van samekoms sal terug verander na die ware Sabbat dag nie! As julle jul Pastore vertel het, "Julle sê vir ons die Bybel is die waarheid en tog volg julle nie die waarheid nie, ek sal nie deel wees van 'n samekoms wat nie in die waarheid loop nie!". Julle sal maar eerder die waarheid fluister en dit nie uitvoer nie. Geen Pastoor het tot dusver hierdie dogter waardeur EK hierdie boodskap spreek, gekontak nie, om dankie te sê of om haar aan te moedig dat sy hulle in YAHUSHUA se naam moet teregwys nie. MY kinders wie hierdie profetiese boodskappe van teregwysing na die Pastore neem, word verwerp en op die kop getik en dan word daar gesê, "Dankie, maar ons sal maar op dieselfde manier voortgaan". MY kinders is dan ongehoorsaam en sit in dieselfde kerke wat weier om van die WAARHEID te spreek en dinge op YAHUVEH se manier te doen, maar doen dit maar op 'n man of vrou se manier!

Hoekom spreek die kerke nie van HEILIGHEID of BEROU nie? Hoekom waarsku hulle nie dat die pad die Hemel baie nou is nie, en die pad na die hel baie breed is nie? Vra jouself, "Sal 'n boodskap van voorspoed, siele na die Hemel bring?" Vra jouself, "Hoekom verkondig die hoof ministeries van die wêreld nie 'n boodskap wat beledigend gaan wees aan sekere mense nie?" EK, YAHUVEH IS DIE WAARHEID, en wanneer MY SEUN YAHUSHUA die waarheid voortgespreek het aan die Fariseërs, was dit beledigend gewees! Wanneer MY dissipels die WAARHEID voortgespreek het aan die Fariseërs, was dit beledigend aan hulle gewees. Fariseërs met 'n vorm van goddelikheid, maar met geen GODDELIKHEID van binne nie! Vra jouself, "Hoekom moedig die pastore nie die mense aan om te bid teen goddelose wette wat nou 'n realiteit word nie!" Vra jouself, "Hoekom lei so baie pastore die skape na die wolwe se lêplekke!"

Christene, julle gaan weereens aan die Romeinse Ryk oorhandig word. Julle wie julself Christene noem, EK sal julle oordeel, omdat julle die wette van "Constantine" gevolg het, en nie die wette van YAHUVEH en YAHUSHUA nie! Christene, julle het heidense vakansiedae gevier, en nie YAHUVEH SE HEILIGE DAE NIE! Christene, EK sal julle oordeel, omdat julle sê, julle dien die KONING van KONINGS, die HERE van al die HERE, en julle sing liedjies van roem aan YAHUSHUA, en tog dring julle daarop aan om Hom JESUS te noem, terwyl die kennis alreeds aan julle vertel is! Dit doen julle nie langer meer in onkunde nie! YAHUSHUA het gesê, "In MY NAAM sal julle duiwels uitdryf." Dit is die naam van YAHUSHUA, omdat MY naam YAHUVEH is, JAH is ingesluit in daardie naam! Word YAHUVEH se naam in die woord JESUS gevind? Wat is MY Naam? Baie van julle ken MY op verskillende name, maar wat sê die heilige skrifte? Hou eerder op om net die Griekse vertalings te bestudeer, maar begin ook om die Hebreeuse en Aramese vertalings te bestudeer!

DIE NAAM
"Ons hulp is in die Naam van YAHUVEH wat hemel en aarde gemaak het."
Psalm 124:8

Julle wie julleself Christene noem, EK YAHUVEH sal julle beskuldig! Julle wie preek dat GOD, YAHUVEH en YAHUSHUA, Liefde is, en steeds dit nie wys of daarvolgens lewe nie! Julle dien die Koning van die JODE, maar tog vermy julle MY Joodse mense, wie julle bespot en belaster, en dan laat julle ook ander toe om dit te doen. Julle volg tog die waarhede van die hierdie ministerie in die geheim, maar steeds doen julle niks om dit te ondersteun nie. Julle doen niks om hierdie ministerie te verdedig nie. Julle herken die Stem van julle Hemelse Vader wat voortspreek, maar bly steeds stil terwyl hierdie Apostoliese handgemaakte Diensmaagd geterg en beskinder word, net omdat EK hierdie ministerie gebruik om te leer van die JOODSHEID van YAHUSHUA, wat julle JESUS CHRISTUS noem! Julle is die enigste godsdiens wat mense van julle eie godsdiens vermink, slaan, en probeer doodmaak! Julle sal dit nie in enige ander godsdiens kry nie.

Dit is die Oordeel wat EK besluit het en voortspreek deur MY Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah. Moenie kwaad word vir haar, omdat sy maar net die boodskapper is nie. Menigde noem hulleself Chrsitene, hulle het 'n vorm van goddelikheid, maar is steeds nie-Joodse Fariseërs! Julle wie die waarheid weet en weier om dit te aanvaar, julle noem julleself Christene? Julle het MY JOODSE mense, hulle Wette, hulle ware Heilige Dae en feeste verwerp, julle was weereens soos 'n Judas teenoor YAHUSHUA.

Julle waag dit om te dink dat julle beter is as Joodse mense en julle spog hoedat julle ingeënt was en die Jode afgesny was vir 'n seisoen, julle spog en sê die Jode is so onnosel, deur nie vir YAHUSHUA as die Messias te sien nie, die een wie julle JESUS noem. Julle moet eerder vir hulle bid, lief wees vir hulle en besef dat dit EK, YAHUVEH was wat hulle blind gemaak het vir 'n seisoen. Julle wie dit waag om te spog hoe EK die natuurlike wingerd afgesny het en julle ingeënt het deur die BLOED van YAHUSHUA, julle sal onder 'n vervloeking kom. Wat sê MY woord, wanneer julle die natuurlike wingerd bespot en tart, die ongelowige Joodse mense, wat nog nie die openbaring gehad het dat YAHUSHUA die MESSIAS is nie, in Grieks noem julle HOM JESUS. Sê MY woord nie dat wanneer EK besluit het om nie MY natuurlike wingerd te spaar nie, EK dan ook nie, diegene wat spot en tart en dink hulle is beter as die natuurlike wingerd, sal spaar nie?

Julle wie daarop aandring om "Constantine" te volg, luister na MY. Die eerste probeerslag wat gemaak was deur "Ha" Satan in die vorm van 'n Slang (Genesis 3:1-22) in die Tuin van Eden, was dodelik suksesvol. Satan het Eva om die bos gelei, en Eva het vir Adam laat sonde doen, deur hom te laat dink dat hulle niks daaruit sou kry om YAHUVEH se wette, die "Torah", wat die Tien Gebooie insluit, te volg nie. Nog 'n voorbeeld was die geval van Kain, vir wie daar vertel was dat gehoorsaamheid aan YAHUVEH se instruksies, redding en seëninge sal bring, maar hy het besluit dat hy van beter weet en die uiteinde daarvan was dat hy vervloek was omdat hy sy broer Abel doodgemaak het.

Dan was daar Korag wie Moses se outoriteit ondermyn het, en toe 'n baie slegte einde tegemoet gekom het, terwyl die aarde oopgemaak het en Korag en sy volgelinge lewendig in die put van hel ingesluk het, en daarna weer oor hulle toegemaak het. (Numeri 16:1-35) Moses waarsku ons teen 'n valse profeet wat probeer om gebooie, wat nie van YAHUVEH is nie, aan mense te leer, en selfs ander mense aangemoedig het om nie respek vir Moses en sy salwing te hê nie. (Deutoronomium 18:20-22).

Wee oor al die van julle wie nie geestelike ore het om te hoor nie, en nie geestelike oë het nie, om te sien dat die Christelike kerke en Tempels vandag ook vol van Korags is wat ook dieselfde noodlot sal oorkom! (Numeri 16:1-35). Net soos in die tyd van Moses, profeseer EK vandag weer, deur MY dogter Elisabeth. EK stuur 'n waarskuwing aan julle, julle wie julself Christene noem, maar nie 'n Christus binne in julle het nie! Julle kan nou maar belaster, terg en dit ignoreer, maar onthou dat julle sal maai wat julle saai.

Wee oor die van julle wie weier of opgehou het om hierdie ministerie by te staan, julle sê julle is nie Joods nie en wil ook nie 'n Messiaanse Joodse Ministerie bystaan nie. O, maar EK sal ander laat oprys om julle plekke in te neem, dit sal hulle wees wie die seëninge en belonings gaan kry wat jou naam daarop gehad het. (Deut 28:1-14) Nou sal die vervloekings wat YAHUVEH in Deut 28:15-68 geskryf het, julle lot wees.

Gaan gerus voort en tart, julle Kerke, julle valse profete, en die met 'n bose gees soos die van Korag en sy volgelinge. (Numeri 16:1-35). Julle sal nie meer tart wanneer dit gebeur nie. Al julle geestelike leiers wie MY kinders lei, om te sorg dat hulle nie MY wette wat EK vir Moses gegee het, volg nie, julle sal julle sogenaamde huise van god na die grond sien tuimel en die hel sal julle, en die met 'n gees van Korag, weereens insluk. Almal wie hulleself Christene noem, maar dieselfde doen as die geestelike leiers, julle het ook 'n gees soos die van Korag en sal dieselfde noodloot deurmaak, indien julle weier om ag te slaan op hierdie waarskuwing wat EK deur hierdie handgemaakte Diensmaagd dogter van MY, gee. Moenie die woorde van Guns en Genade bespot nie, omdat dit teen 'n hoë prys kom, teen die koste van MY Seun YAHUSHUA se lewe en bloed, wat EK, YAHUVEH HOM laat opoffer het op Golgota, sodat julle iemand gehad het wat tussenbeide kon tree, voor MY, YAHUVEH, die GOD van alle Skeppings.

Daniël het gepraat van 'n "Dier" wat YAHUVEH se Priesters gaan uitmergel, en ook die tye en die wette van YAHUVEH sal verander! (Daniël 7:25). Paulus het nie die Sabbat gekanseleer nie, hoe kon hy? Is hy die een wie die Sabbat gemaak het? Nee, EK IS, het die Sabbat gemaak vir julle rus, sodat julle in MY kan rus en EK julle weer sal ophou. Paulus se woorde was verkeerd vertaal, hy sou nooit vir julle leer om ongehoorsaam aan die "Torah" te wees nie. Sy woorde was verdraai om aan te pas by 'n man se beeld, nie by MY, YAHUVEH s'n nie. Paulus het met die Joodse mense gepraat en gesê, "Moenie dat enige iemand julle oordeel, omdat julle sekere dae Heilig sal hou nie, of Heilige dae sal nakom nie". Hy het nooit gesê dat hy nie die Sabbat gehou het nie, en hy het ook nie ander aangemoedig om nie die Sabbat te hou nie. Paulus het MY Joodse wette onderhou. Paulus het geleer dat daar genade en guns deur YAHUSHUA is, en hy het ook geleer dat julle gehoorsaam aan YAHUVEH moet wees.

Sien julle nie dat die boek van Daniël voor julle oë gedekodeer word nie? Dit wat eens op 'n tyd 'n geheim was en toegemaak was, word nou aan julle geopenbaar. As julle maar net MY wil soek vir die waarheid. Nuwe openbaringe is nou besig om voort te kom deur MY gesalfdes, soos hierdie vaartuig, deur wie EK, YAHUVEH profeseer. Luister nou en kom saam en waarsku saam, omdat julle mekaar nodig het op 'n nuwe manier in die komende jaar vn 2003! Dit is hoekom EK hierdie droom aan MY handgemaakte Diensmaagd gegee het, om julle te waarsku om saam te begin kom!

Die vyande val nie alleen aan nie, wolwe reis in troppe, net so moet YAHUVEH se skape en lammers dit ook doen! Christene, julle moet ophou om die Jode, die Heilige Dae, die feeste en dit wat julle die Ou Testament noem, te vermy. EK is die OU en die NUWE boek, hou op om dit in twee te deel, dit wat nooit bedoel was om te deel nie. 'n Huis wat verdeel is, sal nooit kan bly staan nie. Christene, reik uit na die Joodse Mense, omhels Israel nou in liefde, omdat hulle blind gemaak is vir 'n seisoen, maar Israel sal gered word, omdat MY Seun YAHUSHUA die oë van die blindes in Israel weer sal heropen!

EK, YAHUVEH het besluit dat die blinde oë en die dowe ore in Israel, weereens MY Seun YAHUSHUA HA MESSIAS, sal aanskou. Lees en wys julleself waardig, almal van julle wie die woorde van julle Hemelse Vader herken, studeer die woorde hieronder, wat MY dogter hieronder geplaas het, deur middel van MY instruksies, om julle weer in herinnering te bring.

"Deut 30:17 But if518 thine heart3824 turn away,6437 so that thou wilt not3808 hear,8085 but shalt be drawn away,5080 and worship7812 other312 gods,430 and serve5647 them;"
"Deut 30:18 I denounce5046 unto you this day,3117 that3588 ye shall surely perish,6, 6 and that ye shall not3808 prolong748 your days3117 upon5921 the land,127 whither834, 8033 thou859 passest over5674 (853) Jordan3383 to go935 to possess3423 it."

"(Deut. 30:19 KJV+) I call5749 (853) heaven8064 and earth776 to record this day3117 against you, that I have set5414 before6440 you life2416 and death,4194 blessing1293 and cursing:7045 therefore choose977 life,2416 that4616 both thou859 and thy seed2233 may live:2421"

"(numbers in light superscript are Strong's concordance in Greek and Hebrew)"

(Mattheus 5:17-18)
5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

5:18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

(Elisabeth praat nou…)

Lees asseblief die gedeelte hieronder, as jy jouself 'n Christen noem en sê dat jy GLO in JESUS CHRISTUS. Jy sal verras wees met jou antwoorde, daar is 'n verskil om te glo, te volg en om gehoorsaam te wees.

Glo die Christene in YAHUSHUA, in Grieks JESUS genoem, wanneer HY sê, "Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie."? (Mattheus 19:17). Onderhou die Christene die Gebooies? Daar is geen twyfel daaraan dat YAHUSHUA, in Grieks JESUS genoem, verwys het na die Wet van Moses, omdat daar geen ander Gebooies was nie. YAHUSHUA (JESUS) het nie gesê dat 'n mens in die Koningkryk van die Hemel sal kan kom deur net in HOM te glo nie! Die bybel sê dat selfs satan glo dat hy die Seun van GOD, YAHUVEH is. Dit verg Liefde, en jy moet YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in jou lewe, liefde en huwelik plaas, selfs in jou ministerie, as jy een het. YAHUSHUA het ook gesê, "Hoekom noem jy MY Here, maar jy is nie gehoorsaam aan MY nie?" Julle moet die Tien Gebooie onderhou, dit sluit ook die Ware Sabbat in! Dit sluit ook in dat jy moet ophou om deel te neem aan byeenkomste by kerke waar die waarheid aan die geestelike leiers vertel was, maar hulle nog steeds weier om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH se 4de gebod.

'n Vriendin, wie tiendes aan hierdie ministerie gegee het, en wat geglo het dat die profesieë waarlik van YAHUVEH en YAHUSHUA is, sê dat haar man en haar familie dit moeilik maak om gehoorsaam te wees, en om die ware Sabbat te onderhou. Omdat daar nie 'n Messiaanse Joodse Tempel naby is nie, is sy maar weer terug by 'n Sondag kerk, waar sy iemand anders nou weer Pastoor noem. Al het sy my op 'n tyd Pastoor genoem. Sy herken die waarheid omtrent die Sabbat en sy het die profesieë aan die Pastoor gegee, maar sy het hom nooit verantwoordelik gehou toe die waarheid in die profesieë aan hom gewys was nie. Sy laat die Heilige Gees treur, terwyl sy nog steeds die kerk bywoon, waarin die Pastoor vir haar vertel het dat dit nie meer langer nodig is om gehoorsaam te wees aan die 4de gebod in die Nuwe Testament nie. Slegs 9 van die tien gebooie is van toepassing op vandag!

Ander wie vennote of vriende was van hierdie ministerie, doen nou dieselfde. Dit is makliker om aan te pas by 'n mens se manier van dinge doen, omdat dit roetine is. My hart is gebreek omdat ek baie vriende en vennote, wat ek kon vertrou, nou verloor het, mense wat ons in die verlede gehelp het. Hulle was grootliks geseën, omdat hulle 'n seën vir ons was. Elke gebed van hulle was beantwoord. Wanneer ek hulle gevra het wat hulle van YAHUVEH nodig het, het hulle gesê, "Niks nie, al ons skuld is betaal deur 'n onverwagse bedrag geld wat na ons toe gekom het". Hierdie persoon het gesê dat hulle weet dat hierdie seëninge gekom het, omdat die ministerie geseën was, en beskerm was teen die vyande. Jammer om te sê, maar 'n rukkie later het hierdie mense laat weet dat hulle nou hul tiendes stuur om Jode in Rusland te help.

Ek het gebid tot Vader YAHUVEH, en HY het vir my gesê dat die duiwel hierdie familie mislei het. YAHUVEH het hulle gestuur om 'n seën aan ons Messiaanse Joodse Ministerie en familie in Amerika te wees. Hulle moes ons dan beskerm teen die vyande. Die waarheid is dat hierdie familie worstel met die Sabbat kwessie, omdat hulle Baptiste is. Ons het hierdie mense gesien as ons eie vriende en familie, so dit maak regtig seer, soos wanneer daar sout in 'n oop bloeiende wond gegooi word. Ons waardeer nog steeds wat hulle vir ons op daardie stadium gedoen het. Binnekort sal alles wat ek onder salwing geskryf het, waar word. Die mense sal dan onthou hoe hulle opgetree het teenoor die woorde wat hulle gehoor het, en of hulle enige iets gedoen het om hierdie boodskapper aan te moedig of te seën, en of hulle my en hierdie ministerie vermy, getart en bespot het.

Sommige mense weier om YAHUVEH te soek en gehoorsaam aan HOM te wees. Hulle sal verlang na die belonings. Diegene wie gehoorsaam is aan YAHUVEH en die Tien Gebooie, sal nog hulle belonings kry. Ja, wanneer ons sonde doen, het ons versoening vir daardie sonde, en SY naam is YAHUSHUA. Ons moet nie nou met opset sonde doen nie, omdat ons nie langer die verskoning het dat ons nie van beter geweet het nie, nadat ons YAHUSHUA, in Grieks JESUS genoem, aanvaar het as ons SALIGMAKER. Daar is Christene wat die skrifte verdraai en sê, "Almal het gesondig en het nou kortgeval van YAHUVEH se glorie", bedoelende dat ons almal sonde doen en nie bekommerd hoef te wees dat daar 'n straf gaan wees vir die sonde nie, omdat YAHUSHUA se bloed almal se sondes sal weg was! Paulus het gesê dat ons versigtig moet wees om so te dink! As ons glo dat dit onmoontlik is om nie die Tien Gebooie te breek nie, dan moet ons ook geforseer word om tot die gevolgtrekking te kom dat Moses gejok het, toe hy sê, "Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie"… "Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen." (Deut 30:11-14).

"En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe--en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen"…" dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie."…" Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe."

Esegiël 33:14
(Esegiël was 'n profeet van YAHUVEH. Hy was nie 'n nie-Joodse Christen Prediker nie, hy was 'n JOOD)

Beledigend vir sommiges, ophelderend vir ander, in die Liefde van YAHUSHUA HA MESSIAS (JESUS CHRISTUS)

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah