Profesie 68

WAAG DIT OM MY, YAHUVEH TE SPOT!


Profesie gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah 26 Desember 2002

MY geliefde kinders, EK is nie kwaad vir julle nie. EK treur oor die pyn wat die wêreld aan MY verskaf. Eerstens word EK stil en treur, dan sal julle sien hoe MY woede losgelaat sal word.

'n Woord van waarskuwing aan MY vyande, SO JULLE WAAG DIT OM MY YAHUVEH TE SPOT? SO JULLE WAAG DIT OM DIE 2DE KOMS VAN YAHUSHUA TE SPOT? Gaan gerus voort en spot en julle sal sien hoe MY woede neerkom op so 'n manier, dat dit soos 'n geweldige storm sal wees, soos 'n rukwind wat waarlik die kaf sal wegvee! Soos die golwe van ongoddelikheid die Hemel bereik het, net so sal EK golwe voortbring, die golwe van die oseaan en die see sal brul, die storms van die Hemel sal wees soos iets wat niemand nog ooit gesien het nie! Hael en swael sal weereens val net soos EK jou in 'n droom gewys het, wanneer die meteoriete begin val, sal dit met vuur ontplof! Net soos in die droom wat EK jou vanaand gegee het, sal daar hael kom, gekombineer met winde, soos nog nooit vantevore gesien nie. Dit sal vensters breek. Die koulikheid wat van julle teen MY, die Skepper en MY Seun YAHUSHUA gewys het, sal EK weer as YS oor julle neerstort!

Ys sal uit die Hemel val. Vuur sal uit die Hemel val! Die aarde sal skud en bewe! Blindheid sal die mens slaan, net soos hulle geestelik blind was, net soos hulle blind was vir die waarheid en dit geweier het, net soos hulle blind was vir heiligheid! Net soos in die dae van Sodom en Gomorra, sal swael en hael en blindheid oor hulle kom! SO GAAN GERUS VOORT, EK GEE JULLE DIE GELEENTHEID, WAAG DIT OM TE SPOT! EK praat nou met MY vyande. Julle grawe slegs nou na julle eie vlak in die grond, na die put van vuur, na die hel wat vir julle wag, na die gat waarin julle sal afsak! Met elke woord wat uit julle mond uitkom, wat tart en spot, wat MY genade en MY liefde en MY Seun YAHUSHUA weier! Gaan gerus voort, spot maar, julle vyande van MY, wat MY Sabbat onrein maak! Julle wat die Sabbat spot! Julle wat die Joodse mense spot! Wat Israel haat! Die wie Israel verraai, die wie MY mense verraai wat gekies is, MY babas, MY Bruid, MY uitverkorenes! GAAN VOORT EN SPOT!

Dit is EK, YAHUVEH, EK sal die laaste lag! Julle het die kwaad in MY opgewakker, julle het die woede in MY opgewakker! Julle sê, ek sal GOD speel, met die kennis wat EK julle gegee het. Julle maak die mens volgens sy eie beeld, wanneer MY woord sê dat julle volgens MY BEELD GESKAPE IS! Julle speel julle speletjies met die weer! Nou sal EK julle die Skepper van daardie weer wys! Julle eie klone sal teen julle draai! Julle eie uitvindsels sal teen julle draai! Elke wapen wat julle sal probeer teen MY kinders gebruik, sal terugkom na julle toe! EK oordeel Sodom en Gomorra weer 'n keer! EK kyk oor die ganse oppervlak van die wêreld. EK weet wie MY engele geseël het, en die dinge sal nie oor hulle kom nie.

Wee oor die res van julle! Julle beter nou op julle knee val en berou hê, terwyl daar nog tyd is. Roep op die naam van YAHUSHUA, MY geliefde Seun, roep uit vir genade vir die boosheid wat julle gedoen het! O, maar julle geharde generasie, julle goddeloses, julle is so ryk en vol van prag, roem en glorie. Julle maak julleself glorieryk in jul eie beeld! Julle aanskou julle eie skoonheid slegs in die spieël. EK sal julle skoonheid wegneem! EK sal julle roem en rykdom wegneem! EK IS die enigste EEN wat bevorder en EK IS die enigste EEN wat weggooi! EK IS YAHUVEH, EK IS die begin en die einde! EK het geen begin en geen einde nie!

Aan MY vyande wil EK sê, EK ken julle begin en EK ken julle einde! So gaan voort en waag dit om te beledig! Skud julle vuiste vir MY en terg! EK sal in julle gesigte lag! Dit is slegs as gevolg van die genade en liefde wat EK deur MY Seun YAHUSHUA gewys het, dat EK nie die hele mensdom wegvee nie! Maar EK het mense wie EK MY kinders noem, die wie voor MY huil, die wie voor MY tussenbeide tree, die wie hulle bes probeer om gehoorsaam aan MY te wees, en MY te eer. Dit is vir hulle dat EK nie die hele mensdom uitwis nie! MY SEUN GAAN WEER KOM! Julle hoef nie net op die getuienis van die mens staat te maak nie, lees MY woord! Bestudeer MY woorde! Die wie MY en MY SEUN YAHUSHUA waarlik lief het! Die wie MY waarlik begeer, die wie MY SEUN YAHUSHUA waarlik begeer. Hulle, MY geliefde kinders, is julle susters en broers.

Dit het julle in gemeen, dit is die rede hoekom julle liefde vir mekaar moet hê.

Dit is nie belangrik wat jou naam op die aarde is nie. Julle sal mekaar erken deur die salwing van die gees, julle sal die liefde van YAHUSHUA in mekaar se oë aanskou, en julle sal die salwing van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees), van binne, erken. EK skei die skape van die bokke, en EK ruk die maskers van die bokke af, terwyl hulle soos 'n skaap of 'n lam gemasker was, dit is deel van die skeiding van die koring van die kaf, waar die kaf slegs waardig is om te brand!

Einde van die profesie.

So is dit gespreek, so is dit geskryf
26 Desember 2002 deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

* * * * * * *

Hieronder is 'n persoonlike profesie wat YAHUVEH op dieselfde tyd gespreek het. Die droom waarna HY in die profesie verwys, is hieronder gepubliseer. Albei het op dieselfde dag gekom, op dieselfde tyd, en onder dieselfde omstandighede as wat hierdie profetiese boodskap gekom het. Soos beveel, was hierdie profesie teruggehou. Dit sal op die 31ste Desember 2002 gepubliseer word. YAHUVEH het ook 'n verrassing aan ons bekend gemaak. HY het ook aan ons 'n nuwe mandaat gegee, dat ons hierdie ministerie met 'n bussie na die mense sal neem en hulle vra of hulle nie deel sal wil wees van hierdie finansiële wonderwerk nie. Sodat ons meer vrylik sal kan reis en meer mense persoonlik sal kan aanraak. (Die wie ons help, sal geseën word.)

Hierdie boodskap is nog nie gereed om vrygestel te word nie (26 Desember 2002), omdat EK nog meer het om te vertel. MY liefling dogter, jy sal weet wanneer om hierdie boodskap vry te stel. EK sal dit met jou bevestig wanneer jy bid. Omdat jy vandag gesmeek en gesoek het om MY stem te hoor, het EK MY stilte verbreek en het EK gepraat. Nikky, jy maak MY so bly, moenie dink dat jy nie die beste is in MY oë nie, julle is waarlik vir mekaar gemaak. MY seun, wanneer jy praat en MY dogter beskerm op 'n manier hoe EK jou gesalf het, het die duiwel geen ander keuse as om te hardloop nie. EK sal 'n boodskap voortspreek en dit sal weereens van MY Diensmaagd kom, maar daar is 'n tyd en 'n seisoen. Nikky, EK praat deur Elisabeth, hou haar gefokus op die vraag wat sy hierdie dag vra.

(Ek het 'n antwoord gesoek oor hoekom Dr. Richard doodgegaan het voor hy met die wegraping weggeneem sou word. Ek het geglo en geglo dat hy sou lewe om die wegraping te sien, omdat YAHUSHUA dit vir hom vertel het voordat hy teruggestuur was na die aarde, toe hy die eerste keer doodgegaan het en weer opgestaan het. Ek het gesmeek vir 'n antwoord, omdat ek, net soos ander geglo het dat Dr. Eby gebruik sou word as 'n teken vir die vinnig komende wegneming, genaamd die wegraping.)

Vader YAHUVEH praat…

Moenie dink dat jy so baie weke agter is om dinge gedoen te kry nie. Wanneer EK dit op jou hart plaas, MY seun, dan sal jy weet wat jy sal moet doen, wat EK jou vertel om te doen. Wanneer EK dit op MY dogter se hart plaas om tussenbeide te tree en te bid en nie die Torah vandag te bestudeer nie, weet dan dat dit EK is wat deur haar praat, met haar praat, omdat EK baie het om te sê. Jy vra hierdie vraag oor MY seun, Dr. Eby, die naam waarop die wêreld hom geken het. EK sal nog meer bekend stel, en dit baie eenvoudig stel. Julle moet vandag saamkom met ander wat gesalf is, praat vandag met hulle oor die foon en begin om tussenbeide te tree, sodat die salwing opgewek sal word en dit bevestig sal word in meer as een persoon. Dit sal in die monde van twee of drie getuies geplaas word.

MY kinders, EK gaan vir julle 'n Tempel gee, dit sal 'n Tempel op wiele wees. Julle sal in staat wees om vrylik te reis en na plekke gaan waar EK julle sal roep om heen te gaan. Maar Nikky, (Nikky is my geliefde man, Apostel Nikomia se bynaam, wat YAHUVEH gebruik. Dit is kort vir Nikomia. In Grieks beteken dit, "Oorwinning behoort aan my" Slegs YAHUVEH en ek mag hierdie bynaam gebruik.) (ek lag vir die volgende woorde) probeer jy vir MY, YAHUVEH op 'n begroting plaas? (Nikky sug diep) EK het waarlik vir julle 'n bussie uitgesoek, wat ook 'n huis sal wees. Dit sal nie net prakties wees nie, maar ook mooi, sodat jy aan ander kan sê, aanskou die wonderwerke wat YAHUVEH gedoen het. Moenie MY in 'n boks sit nie. Moenie vir MY sê wat EK kan doen en nie kan doen nie. Dit is net soos Elisabeth wat die dollar note tel, van wat die huurmotor gekos het. In een dag sal EK dit in 'n ander seun (Matt C.) se hart plaas dat hy $60 moet stuur. So julle sien MY kinders, omdat julle so gelowig is aan MY, Nikky, omdat jy gehoorsaam is aan MY, Elisabeth, omdat jy MY stem hoor, sal julle, MY kinders, saam dit nie mis nie. Julle sal saamstem. So, Nikky luister na MY stem. Wanneer EK jou vertel om 'n foon oproep te maak, dan moet jy dit doen. Moenie bekommerd wees op watter dag dit sal wees nie. (Sabbat) Jy moet net seker maak dat jy sal gehoorsaam wees.

Elisabeth jy moet tussenbeide tree en aanhou bid. Jy moet aanhou om MY gesig te soek. Jy moet vir jou man luister en gehoorsaam wees, omdat jy nie die wapens ken wat na jou liggaam van vlees gerig en gevuur word nie, MY kind dit is hoekom EK jou beveel om te rus! MY dogter, spaar jou energie om tussenbeide te tree, omdat jy en Nikky vandag weereens in die gaping gestaan het, en MY herinner het hoekom julle en MY ander kinders uitroep vir genade op hierdie mensdom. Dit is hoekom EK nie elke mens van die aarde afgevee het nie, omdat EK steeds MY oorblyfsel het, en sal hê. Die wat waarlik MY lief het en dien en MY eerste plaas, die wat in YAHUSHUA se naam uitroep, dit is hulle wat EK weer hoor. MY dogter, die nuwe boodskap sal die titel hê, WAAG DIT OM MY, YAHUVEH TE SPOT! Maar dit is nie nou al die tyd om dit vry te stel nie, omdat EK baie meer het om te sê, terywl jy tussenbeide tree en MY soek terwyl jy bid.

Elisabeth praat…

(ek het begin lag, omdat ons hande begin lam raak het as gevolg van die swaar salwing, terwyl ons hande styf vasghou het en die profetiese boodskap na vore gekom het.) (Ons was vertel om alles te deel en niks te sensor nie, omdat ander sal besef en dit hulle help verstaan dat ons nie enigsins anders as hulle is nie.)

(Dit was 26 Desemer 2002. Ek het gesê ek sal teen die Hemel se deur klop totdat ek 'n antwoord kry oor hoekom Dr. Eby doodgegaan het. Ek kyk al na hom vir 27 jaar lank, en is ook al die tyd gespaar. Toe ek die eerste keer die naam van Dr. Eby hoor, het ek regtig gedink dat hy nie sou doodgaan nie en dat hy sou weggeneem word met die wegraping. Ek sou ook daar wees. Toe hy op daardie dag doodgaan, het ek en baie ander ons Hemelse Vader bevraagteken en 'n rede gesoek hoekom dit moes gebeur? Ek het toe gesê dat ek op daardie dag teen die Hemel se deur sou klop en tussenbeide tree en bid, totdat ek 'n antwoord kry. Ek het alreeds baie e-posse gekry en geweet dat die RUACH (Heilige Gees) my vertel het dat daar nog baie meer sou kom. Mense sou wou hê dat ek 'n antwoord moet gee, terwyl ek vir myself nie 'n antwoord gehad het nie. Maar YAHUVEH het nie vir my 'n antwoord gegee op die 26ste Desember 2002 nie. YAHUVEH het my vertel om te wag en te bid en tussenbeide te tree, en dat HY wel vir my 'n antwoord sou gee.)

(EK moet verduidelik hoekom ek en my man gelag het op die band opname, sodat julle kan verstaan. Daar is niks anders as blydskap en liefde tussen die twee van ons nie. Hy is waarlik die beste op die gebied waar ek gewoonlik die minder goeie deel van 'n man sien. Die salwing is so intens dat ons hande letterlik lam word. Sy hand sal baie keer lam word, wanneer hy aan my hand raak, omdat sy vlees nie die salwing kan inneem, wanneer ons saam in gebed gaan nie. Of my hand sal doodgaan, en dan raak dit slegs los, wanneer YAHUVEH ons hande los. Ons verwag nie dat enige een dit sal verstaan nie, maar ek wil vir julle dit sê, die man aan wie ek getroud is, die man wie my sielsgenoot is, my geliefde man, daar is niemand wat ek in 27 jaar ontmoet het, wat 'n groter salwing het as my geliefde Apostel Nikomia nie. Daar is 'n hitte wat tussen ons inkom terwyl ons bid, ons liggame voel asof daar 'n vuur diep binne in brand. Dit is so warm wanneer die twee salwings saamkom, en dit is waarlik 'n unieke salwing van die vuur van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees). Die Bybel sê, Johannes het met water gedoop en YAHUSHUA doop met die vuur van die HEILGE GEES.)

(Ek wou net verduidelik wanneer julle ons hoor lag op die opnames. Julle moet die rede vertstaan hoekom ons dit doen. Ons hande was ligtelik ingehaak en elke vinger was heeltemal lam. Dit was pynlik wanneer ons mekaar se hande gelos het. Dit is nie meer 'n ongewone gebeurtenis nie, dit gebeur nou gereeld.)

Die Vader het nou net aan ons verduidelik dat dit moeilik vir hierdie liggame van vlees is, om daardie tipe intense salwing in te hou. 'n Salwing wat elke dag groei. Ek besef dat die meeste van julle nou my stem hoor. Bedoelende dat YAHUVEH en YAHUSHUA die boodskappe nog vir baie jare sal voortspreek. Soos julle weet, is ek en my geliefde man al 'n jaar lank getroud. My sielsgenoot waarvoor ek al 13 jaar lank gewag het. Die een waaroor daar geprofeseer was, wat sou wys dat die huwelik 'n seën is, en nie 'n vloek nie.

Wat julle nie besef nie is dat hierdie profetiese boodskappe nie na vore sou kon kom nie, as dit nie vir die salwing van my geliefde man was, wat my beskerm het nie. Hy doen dinge op die agtergrond, en hy word waarlik besig gehou, omdat dit 'n 24 uur, 'n dag, se werk is om my lyfwag, man, pa en leier van hierdie ministerie en magtige gebeds vegter te wees. Ons is mekaar se beste vriende hier op die aarde. Ons het iets belangriks geleer, en dit is die volgende…Ons plaas YAHUVEH eerste in ons liefde, lewe, huwelik en die ministerie. Ons salf mekaar amper elke dag. Dit is nie net ons liefde wat na vore kom nie, maar die liefde van die GOD, Vader YAHUVEH en SY Seun YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) wat na vore kom. Ons besef dat ons nie net staatmaak op ons passie en liefde vir mekaar nie, maar ons bid en weet dat dit waar is dat ons kan staatmaak op die passie en liefde van YAHUVEH en YAHUSHUA wat na vore kom. So voel ons elke keer wanneer ons mekaar aanraak, wanneer ons soen, mekaar omhels, julle sal ons nie sien, dat ons nie aan mekaar raak nie. Elke keer wat ons mekaar raak, word die salwing net groter. Ek is waarlik dankbaar vir die grootste beloning op die aarde, tesame met my redding en die salwing is my geliefde man wat bewys dat die huwelik 'n seën is, en nie 'n vloek nie.

Baie dankie vir almal van julle wat oor die jare heen gebid het vir 'n man in my lewe en die ministerie wat na vore gekom het. Die twee salwings het waarlik saamgekom en nog meer siele is besig om na YAHUSHUA te kom. My geliefde man wil almal bedank wat tussenbeide getree het in gebed en gehelp het om ons bymekaar te bring. YAHUVEH het bewys dat HY hulle sal beloon wat aanhoudend na HOM, YAHUVEH en YAHUSHUA soek. Hieronder is die droom wat ek van Hael en Blindheid gehad het. Hierdie droom het op 26 Desember gekom. Vader YAHUVEH het dit ook in die profesie 68 genoem. In die maand van Desember het 5 profesieë en twee profetiese waarkuwings drome voort gekom. Dit het begin op die 1ste dag van Desember, Chanukah. Nou is die laaste een op die laaste dag van die jaar, 31 Desember. Ek het 'n nuwe een vandag ontvang. Op 26 Desember voeg ek nou notas by. Julle kan dit apart lees. Baie het al lankal gewonder waaroor profesie 70 sal handel. Slegs die tyd sal vir ons kan sê of ek die eer sal hê om nog 'n boodskap te ontvang.

* * * * * * *

26 Desember 2002

Ek het 'n droom gehad waar my man en ek in 'n hoë wolkekrabber gebou was. Oral om ons was daar mans gewees. Ek dink nie daar was enige vrouens in die kamer gewees nie. Oral om ons was daar gille gewees, terwyl een na die ander skielik blind geraak het. Gille soos, "Help my, ek is blind!" was oral om ons gewees. Niks kon gedoen word nie. Ons was nie bang nie, omdat ons nie blind was nie. Daarna het die droom gespring na 'n gedeelte waar ek hael in verskillende grotes gesien het wat vensters stukkend slaan, met groot ys balle wat uit die lug uit val, tesame met winde van 100 myl per uur. Nog nooit is daar hael met daardie grootte gesien nie. Nie die groottes van golf balle nie. Daar was so baie dat dit gelyk het of daar ysklippe vanuit die lug val in 'n geweldige storm. Ek het probeer om deur hierdie storm te ry op 'n pad waarop daar nie baie karre was nie. Die wind was so sterk dat dit karre buite beheer geruk het en binne in ander karre vasgegooi het. Die hael het die windskerms gebreek en deur die dakke van die karre geval. Ek was besig om aan die regterkant van die pad te ry, toe die wind my kar in die rondte begin tol het. 'n Ander kar, in die linker baan, het ook buite beheer, in die rondte getol. Ons het nie teen mekaar gebots nie. Ek het die kar voor my ook gemis. Daarna het ek geskreeu, "JESUS HELP!" (Ek moet eerlik wees, ek was al voorheen in 'n motorongeluk gewees. Dan roep ek nie die naam YAHUSHUA nie, omdat dit te veel lettergrepe het. EK dink terug waar ek die eerste keer JESUS geroep het, en ek daarna gered was.) Die kar het opgehou tol, en ek was veilig.

Nadat ek wakker geword het, het ek YAHUSHUA gesoek vir die betekenis van die droom. HY het my vertel dat YAHUVEH die Nasies en die State weer met vuur, swael, hael en blindheid sal oordeel. Net soos HY met Sodom en Gomorra gedoen het, sal HY weer doen. Slegs die wie uitroep na YAHUSHUA, sal gespaar word. Blindheid sal gaan na die homoseksuele mense, wie daarop aangedring het om seks te hê met die 2 engele in Sodom en Gomorra, net soos die Bybel dit stel. Ek weet nie wie die blinde mans nog simboliseer nie, dit kan dalk ook iets geestelik en fisies beteken. Die meeste geoganiseerde kerke is blind. Op 19 Desember was daar 'n waarskuwings droom, waarin meteoriete soos stortreën geval het en in vlamme uitgebreek het wanneer dit val. Vuur het vanuit die lug geval. In hierdie droom is dit hael, wat ys is. As jy al die drome en die missiel droom saamvoeg, dan kry jy die WOEDE VAN YAHUVEH aan die goddeloses en die ongehoorsames.

Ek het die droom probeer onthou volgens die beste van my vermoë.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah