Profesie 69

DAAR SAL 'N TYD KOM WANNEER DIE BEWAKERS VERVANG SAL WORD!


Profesie gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah 31 Desember 2002
Vrygestel op 1 Januarie 2003

Op die 31ste Desember 2002 was ek en my man besig om te bid vir antwoorde op persoonlike vrae. Omdat ons nie die boodskappe, van ons Hemelse Vader YAHUVEH of ons Messias YAHUSHUA, sensor nie, deel ons selfs die gedeeltes wat persoonlik is. Dalk sal dit iemand anders help. Selfs wanneer ek of my man tereggewys word deur YAHUVEH, erken ons nederig dat ons ook foute maak en nie beter is as enige van YAHUSHUA se ander kinders nie. Die gedeelte is ook op die hoorbare band, so dit is hoekom ons dit ook insluit op die geskryfde deel. Ons het probeer om dit op 31 Desember te pos, maar ons het onder swaar geestelike aanvalle deurgeloop, en kan dit nou eers vrystel. YAHUVEH het geweet dat dit sou gebeur, so dit moet deel wees van SY plan.

* * * * * * *

Persoonlike Woord

MY kinders, bring vir MY een vraag op 'n slag. Elisabeth, jy jaag met so baie treë, in so baie verskillende rigtings. Kan jou voete in twee verskillende rigtings, of in vier verskillende rigtings, op dieselfde tyd gaan? DIT IS HOEKOM EK AANHOU DAAROP AANDRING, EEN TREE OP 'N SLAG. Goed (ek wat lag), ons sal weer vra, "Watter vraag wil U hê moet ons eerste stel, Vader?" (Dit het ek gevra gedurende gebed, terwyl ek in tale gespreek het en 4 of 5 persoonlike vrae gevra het.) O wonderlik! (My man praat) "Ons wil net weet wat is die volgende tree, dit is al wat ek wil weet" "Ek het nie al die vrae wat my vrou het nie, en U weet dit Vader (ek wat lag) en ek wil net weet wat ek vandag moet doen?" (Ek wat nog steeds lag, my man wil altyd net weet wat is die volgende tree, maar ek wil sommer ten minste die volgende twintig weet, maar ek leer nog.) (My man sê), "Ek het nie die antwoorde nodig nie, ek het net die een tree nodig, Vader, dit is al wat ek vra, net die een tree" (Ek het begin lag en in tale begin bid, min wetende dat 'n profesie sou voortkom.)

Vader GOD YAHUVEH, wat is die volgende stap? Ek het berou, omdat ek op een slag in te veel rigtings wou loop. Wat is die volgende stap, vandag? (Biddend in Hemelse Tale) Ek hoor die heeltyd dat U 'n profesie wil voortspreek, maar Vader, terselfde tyd hoor ek ook ons persoonlike behoeftes en ek raak deurmekaar, omdat ek nie weet watter een U eerste wil voortspreek nie. (My man praat) "Vader, ek vra dat U vir ons en die mense 'n woord voortspreek. Hulle wag om 'n woord van 'n U af te hoor, en ons ook". (Bid in tale). Profesie 69 kom na vore!

* * * * * * *

Profesie 69 DAAR SAL 'N TYD KOM WANNEER DIE BEWAKERS VERVANG SAL WORD!

Profesie gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah 31 Desember 2002
Vrygestel op 1 Januarie 2003

Soos julle in 2003 ingaan, sal julle omring word deur mense wat sal tart en spot. Hulle gaan sê, "Waar is die YAHUSHUA, wat julle sê, sal kom?", maar EK het 'n woord vir julle. EK herinner julle aan die wie gespot en getart het, en vir Noag omring het. Hierdie dinge moet ook gebeur. Dit is MY manier om die koring van die kaf te skei. WAAG MAAR OM MY TE TART! Dit is die boodskap wat EK aan die vyande gee. 'n Vyand van julle is 'n vyand van MY. Die vyand is enige een wat hulle verset teen die boodskappe wat Ek gee. EK het jou waarlik as MY spreker gesalf. Wanneer die vyande teen hierdie boodskappe, wat direk vanuit die Hemel kom, spreek, dan spreek hulle teen MY, YAHUVEH en MY GELIEFDE SEUN YAHUSHUA.

MY dogter, moenie dink dat hulle jou verwerp nie, hulle verwerp MY. Selfs die valse profete vat hierdie boodskappe wat EK jou gee en hulle studeer dit en maak kopieë daarvan, sodat dit lyk of die woorde wat EK vir julle spreek, van hulle af kom. Moenie verbaas wees nie MY dogter, omdat selfs die duiwel weet dat die waarheid uit jou mond kom, omdat dit EK, YAHUVEH is wat die woorde in jou mond plaas. Die wat namaak, het die mense mislei en het hulle geleer, sodat hulle die woorde gevat het en dit verdraai het in dit wat EK nie bedoel het nie.

Daar kom 'n tyd wanneer die bewakers vervang sal word! Dit is wat julle in 2003 sal sien! Die vervanging van bewakers in julle polisie, in julle regering, politiese en geestelike plekke. Hulle is bose bewakers wat sal kom. Hulle neem die poste van die bewakers wat EK oorspronklik daar geplaas het. Hulle is satan se volgelinge wat julle vryheid sal wegneem, en veroorsaak dat MY kinders sal uitroep na MY en ween en vreesbevange sal wees. So baie sal sê, "O YAHUVEH, waar kan ons U vind? O gesalfde van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees), hoekom spreek U nie?" Waar sal julle MY vind, MY kinders? Hoeveel kerke het MY GEES binne in hulle?

EK sal julle vertel waar julle MY kan vind. Dit sal 'n persoonlike gesprek met MY moet wees. Jy beter styf vashou aan die soom van YAHUSHUA se kleed, omdat baie van julle deur die modder sal gaan, baie van julle sal deur die sneeu gaan, baie van julle sal deur die hitte van die son gaan. Dit wat vir baie van julle maklik was in 2003, sal julle dan moeilik vind. Baie van julle wat luister, is MY kinders wat MY stem deur MY handgemaakte Diensmaagd herken, maar hulle wil die woord na buite neem en dit aanpas op hulle manier van dink, asof dit nou MY woorde sal uitkanseleer en onbelangrik maak.

Dit wat EK profeseer sal waar word! MY ware aanbidders wat tussenbeide tree, sal oprys en vra vir uitstel. Julle vra MY, "Hoekom het dit met Richard Eby gebeur?" Dit is die woorde wat EK nou wil sê, "Richard het moeg geword, terwyl sy gesondheid afgeneem het. Hy het elke dag getreur en verlang om die Hemel se deur te sien. Elke dag wat hy wakker geword het, het hy verlang om in die Hemel te wees. Julle sien MY kinders, julle gebede het die koms van YAHUSHUA uitgestel.EK het nie Richard se wil teengegaan nie, omdat hy MY dag na dag gesmeek het. Omdat hy MY GLORIE aanskou het en dit weer wou hê, wou hy niks anders op die aarde aanskou nie. Nie eers die liefde van sy familie en vriende nie, nie eers die missie wat EK hom beveel het om te doen nie. Dit was om te wag vir YAHUSHUA om te kom. Hy wou nie langer dit eers aanskou nie."

Maar waarlik, neem kennis MY kinders, skryf alles neer, daardie dag toe hy voor MY aangesig in die Hemel verskyn het, neem notisie van wat op die aarde gebeur het, hy was waarlik 'n temperatuur en barometer, en satan het dit geweet en dit is hoekom hy sy hande gewys het en gespog het voor die wêreld, dat hy nou mense kan kloon. Julle sien, dit wat in die geheim vir jare gedoen was, verskyn nou voor die wêreld se ore. MY kinders, julle weet dat dit waarlik die einde is, wanneer 'n mens sê, "ek het god geword", omdat niemand behalwe die groot Skepper, EK, YAHUVEH 'n gees en 'n siel in 'n mens kan sit nie, so dit is siellose skeppings wat slegs onder MY woede is. Dit is satan wat daardie kennis gegee het om MY weereens te bespot. Maar MY kinders, EK wil julle dit vertel, NIKS kan gebeur wat EK nie toelaat nie! Die wat spot en sê dat die hel nie werklik is nie en slegs iets is wat julle julself verbeel, hulle sal nie net die hel proe nie, maar ook in die poel van vuur swem. Die wat dit waag om die 2de koms van YAHUSHUA te bespot, EK het julle eenkeer vertel, en EK sal julle weer sê, HY kom nie vir die Kerk nie! HY kom nie vir enige georganiseerde Kerk nie! Die volgende keer kom HY vir SY BRUID! Nie net enige een kan YAHUSHUA se BRUID genoem word nie, is hulle lojaal, is hulle eerlik en opreg, is hulle getrou? Sal hulle verkies om gehoorsaam te wees aan HOM? Loop hulle HEILIG voor MY? Is MY NAAM daagliks op hulle lippe? Roep hulle uit in die NAAM van YAHUSHUA? Of gooi hulle MY Tien Gebooie neer, en vertrap hulle dit onder hulle voete, totdat dit in stukke op die grond verkrummel? Vertel hulle die mense om nie die weë van die ou tye te volg nie, omdat ons nou dinge op 'n nuwe manier doen, op ons eie manier?

MY kinders, dit is MY teken, soos EK julle nou apart gestel het, die wat alreeds gemerk is, hulle het MY SEËL van beskerming. Die engele het julle vir 2003 gemerk. Die boosheid sal die wie hulleself by MY Seun se naam noem, oorval en hulle sal wonder hoekom. Dit is a.g.v. die rede, omdat julle dit waag om te spot, omdat julle dit waag om dit uit te gooi wat EK voortgespreek het! Omdat julle na die boodskapper kyk en nie na die boodskap nie! Julle sien slegs 'n eensame vrou. En omdat julle nie MY gesig van woede kan sien nie, slinger julle jul woorde na haar, maar EK wil hê dat julle moet weet, dat nie een woord wat julle gespreek het, voor MY ore gekom het nie! Terwyl julle haar aangeval het, het julle ook 'n naald in MY oë gesteek! So wanneer julle uitroep van pyn, sal EK julle stemme haat!

Julle wie in prag en roem en glorie lewe. Julle kyk af na MY Profete en MY Apostels, julle mae is vol, die beste klere is oor julle rue getrek, julle het 'n oormaat van oorvloedige inkomste, julle is geseën. Maar weet julle, julle het nog nie die woord swaarkry geken nie! Maar in 2003 sal julle! Dit sal die begin wees van die swaarkry van die wie dink hulle is bo MY woede! MY woede sal op hulle uitstort. EK gaan MYSELF nie weer herhaal, deur vir julle te vertel hoe die aarde gaan skud en bewe nie. Soos YAHUSHUA al nader kom, sal die aarde, soos EK geprofeseer het, begin skud en bewe! Selfs die aarde skud uit vrees! O dwase mans en vrouens! Terwyl selfs die aarde bewe en skud uit vrees, tart julle en ontken julle dat EK hier is!

Julle draai na wetenskap as julle god? Julle draai na politiek om julle behoeftes te bevredig? Dwase! Dwase! Dwase generasie! Julle draai na die kennis van die wêreld en julle verklaar dat MY boek nou oud is, die boek wat gevul is met alle waarheid en kennis, die boek waarvan die Profete vooruit van vertel het. Gaan weg! Gaan weg! Gaan weg van MY! Gaan weg van MY met julle godslasterlike aanbidding! Terwyl julle die kerkbanke vul op Sondae en julle die ware Sabbat aanbidders wegjaag! EK sal julle weereens wys dat oordeel waarlik by die huis van die HERE begin! Weereens sal YAHUSHUA die geldwisselaars slaan en hulle by die deur uitjaag!

EK het julle gewaarsku omtrent ongelyke huwelike wat gebind is, maar julle het daarop aangedring om vas te klou aan daardie maat! Wetende dat hulle MY eie naam en die naam van YAHUSHUA, verafsku en haat! So, klou vas aan julle maats! Doen wat EK julle verbied het om te doen! MY kinders, julle sien nog nie dat EK die beste het wat vir julle wag nie. Dit wat EK nie saamgebind het nie, die wie se naam nie in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE gevind word nie. Die wie julle nog steeds beweer is julle man of vrou, hulle sal jou aan die een wat die hoogste aanbod gemaak het, verkoop in die bose tye wat nog sal kom. Dit sal MY kinders wees wat nie besef het dat hulle verkeerd was nie, totdat hulle hul hoofde verloor het!

Hoeveel van julle hardloop weg van julle roepings? Hulle luister na hierdie Apostel wat praat en sê dan, "Ek staan agter hierdie ministerie, maar ek sal nog steeds my tiendes en offergawes hou!" Het julle nie alreeds besef dat praat maar net goedkoop is nie! As julle nie help nie, is julle besig om te verhinder, terwyl julle die woorde wat EK spreek, aanneem. Julle sal voor MY staan op Oordeelsdag, en EK sal julle vra, "Het jy haar op enige wyse gehelp?"

Plae is aan die kom! EK het julle alreeds vooruit vertel wat sal gebeur as julle na die Regering draai vir beskerming, of as julle na die mediese gemeenskap draai. MY kinders, niks sal gebeur voordat EK nie eerste MY Profete en Apostels daarvan vertel het nie. Selfs die bose mense, hoog op die berge, luister, alhoewel hulle MY nie volg nie, hulle bewe van vrees, wetende dat EK MY geheime voortspreek wat geen mens nog vertel het nie! Hoeveel van julle hardloop weg van julle roeping? Hoeveel van julle laat ander maar die evangelie verkondig? Hoeveel van julle wat die lees of nou luister, is in die oeslande, en besig om die eindtyd oes in te bring?

Ja, EK sal martelare hê, net so seker soos Stefanus se bloed in die grond geval het, en daar 'n man gestaan het met die naam Saulus, die een wie se naam EK na Paulus verander het. Terwyl Stefanus se bloed op die grond gespat het en hy sy kleed vasgehou het, het die salwing op Stefanus oor Saulus gekom, die een wie Paulus geword het. So wat sê EK nou eintlik as EK dit vertel? 'n Martelaar se bloed word nooit verkwis nie. Dit sal net meer Stefanusse laat ontstaan, Saulusse wat Paulusse geword het. Aan MY geliefde vertrouelinge, gevul met MY salwing, 2003 sal vir julle seëninge inhou, terwyl EK die afval materiaal wegbrand. MY kinders, die beproewing van julle geloof is meer waardevol as enige goud. MY kinders, julle moet leer om MY te prys, dit maak nie saak wat in julle lewe aangaan nie.

EK hoor die gebede van die wie na MY toe kom met 'n dankbare hart. Dit is die gebede wat MY bly maak. Net soos in die dae van Moses, is dit die kinders vir wie EK sal voorsien en voed. So hierdie boodskap is nie vir die wat tart en spot nie. Die boodskap is nie vir almal nie. Slegs die met geestelike ore om te hoor en slegs die met geestelike oë om te sien, sal MY stem hoor praat.

EK stuur hierdie woord na Israel, EK stuur hierdie Apostel na julle, om julle te vertel, wees versigtig vir die wie as 'n vriend kom, hulle hande is in jou sak, hulle is besig om jou te besteel. In hulle ander hand is daar 'n mes en hulle sê, "Doen wat ek jou sê om te doen", maar Israel EK plaas julle in herinnering, as julle maar net wil roep na die GOD van Abraham, Isak en Jakob, na MY, YAHUVEH. As julle maar net wil ophou luister na die "Rabbi's" Priesters, wanneer hulle vir julle vertel om nie MY Heilige naam te noem nie. EK het MY Gesalfdes, wie in Jerusalem sit en gevul is met die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Hulle aanvaar YAHUSHUA as die MESSIAS en hulle roep na MY en tree tussenbeide vir MY. Dit is hoekom Israel tot dusver nog gespaar is. Israel, al was julle eens op 'n tyd die appel van MY oog, het julle ook 'n wurm binne in.

Israel, die wêreld kan nie langer na julle kyk in heiligheid nie. Julle het ook aborsies, julle het die homoseksueles, julle het pornografie, daar is geen sonde wat nie vir Israel deurdring het nie. Fariseërs is nou in beheer van julle Regering, en tog het hulle nie enige vorm van goddelikheid nie. In 2003 sal EK die State en die nasies oordeel, die wat as Sodom en Gomora aan MY verskyn. EK wil nie eers praat van wat in 2004 gaan gebeur nie. As julle dink dat MY oordeel in 2002 geval het, en die wêreld nou sy asem ophou vir 2003. Die woorde sal so vreesaanjaend wees dat hierdie Apostel selfs te bang sal wees om te praat.

So, MY geliefdes, EK het hierdie boodskap vir julle. Vat EEN TREE OP 'N SLAG, VAT EEN DAG OP 'N SLAG, omdat dit waarlik al sal wees wat julle in 2003 sal kan hanteer. Luister na MY, luister na MY WOORDE, leer om MY vir jouself te soek! EK wil net weer hierdie woorde wat EK deur MY handgemaakte Diensmaagd spreek, bevestig. Neem enige van julle nog kennis van hoe, vinnig die dinge gebeur, nadat dit uit hierdie mond gespreek is. Dit is omdat dit nie net 'n gewone vrou se woorde is nie, DIT IS DIE GROTE GOD, EK IS!

Weer sê EK, julle sal nie mekaar by elkeen se naam ken nie. Julle sal nie omgee oor mekaar se verlede nie. Julle sal jul ware familie van YAHUVEH en YAHUSHUA herken, deur die salwing van binne. EK praat veral met die Apostels en Profete, EK het julle eenkant gesit, omdat julle jul ore vir MY instel, 24 uur 'n dag vra julle MY, "O Vader GOD YAHUVEH, watter woorde wil U sê?" Julle het jul liggame 'n Tempel van opoffering gemaak. Julle was bereid om vervolg te word vir MY SEUN YAHUSHUA se onthalwe. Moenie dink dat EK al die opofferings wat julle gemaak het, net as vanselfsprekend sal aanvaar nie. Groot! Groot! Groot sal julle belonings in die Hemel wees, maar EK sal ook nie vergeet om julle net daar op die aarde te seën nie. Alles wat julle opgegee het, sal EK sewevoudig vervang. Maar dit is waar MY kinders, dit sal met vervolging kom, terwyl julle hulle aanskou, die wat tart en bespot en die wat julle lewe bedreig.

EK het die een wat nou praat, asook haar man, gesalf. Hulle sal weet waarheen om te gaan en wat om te doen, veral in die jaar van 2003. EK sal nie dat hulle vir julle op die verkeerde pad laat lei nie. Dit sal net soos in Elisabeth se droom wees. (Sien die missiel droom). (Ek het ook 'n droom jare gelede gehad waar ons 'n groot groep voertuie met die pad langs gelei het, te veel voertuie om te tel. Ons het 'n ruk gelede ook 'n openbaring van die droom gehad, maar dit is nie nou die tyd om dit te deel nie.) (Sien ook die Meteoriet droom.)

Die waarheid is gespreek vanaf hierdie ministerie. Dit is die waarheid wat sal red, omdat die waarheid in YAHUSHUA se naam kom. Vir die van julle wie hierdie profesieë kopieër en maak of dit EK, YAHUVEH is wat deur julle monde praat, julle sal die prys betaal vir die salwing waarvoor sy betaal het, en slegs EK sal dit een honderd duisendvoudig vermeerder. Omdat julle iets gesteel het en nie die prys betaal het nie. Soos EK MY handgemaakte Diensmaagd vertel het, hoe groter die salwing, hoe groter die opoffering.

SO MY Kinders, terwyl julle in die jaar 2003 ingaan, die wie EK waarlik MY geliefde kinders noem, MY babas, bruid, uitverkorenes, julle moet net aanhou opkyk na MY. Julle moet net aanhou om MY woorde te aanskou. Julle moet net aanhou gehoorsaam wees en glo. Dan sal julle geloof nie net julle heel maak nie, maar dit sal MY bly maak, soos julle aanhou om geestelik te groei. Roep na MY NAAM, wanneer julle die aarde voel skud en bewe! Roep op die NAAM YAHUSHUA (sommige noem hom JESUS), die enigste naam wat kan red! Plaas MY in herinnering van Psalm 91, sodat plae nie naby julle woning sal kom nie. Steek MY woord weg in julle harte, sodat dit nie 'n boek is nie, maar 'n liggaamsdeel van jou.

MY geliefdes, EK het julle lief. BRUID, maak gereed vir julle BRUIDEGOM WAT KOM! Die wat nog nie voel dat hulle die prys van 'n Bruid kan betaal nie, hulle kyk maar net na Haar en huil. Dit is waar MY kinders, daar is net een Bruid. Gehoorsaamheid is selfs beter as Opoffering.

Richard Eby het nie'n leuen vertel nie! Hy het slegs moeg geraak vir die sondes van die wêreld. Hy sal beloon word vir die jare wat hy spandeer het, maar hy het nie die missie, waarvoor EK hom gestuur het, voltooi nie. Moenie jou geloof in enige man of vrou plaas nie, maar slegs in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. Plaas julle geloof in die woorde, die woorde van MY Heilige Boeke, dit is hoe julle sal weet dat YAHUSHUA weer gaan kom. Die mens sal misluk, selfs wanneer EK hom terug sal stuur op 'n missie. Julle sien MY Kinders, EK het hom toegelaat om te misluk, om nie daardie missie te voltooi nie. Om julle almal 'n les te leer. Sal julle geloof hou? Vir die van julle wat net soos MY dogter gebid het dat Richard Eby weer lewendig moet word, hy het nie verkies om weer terug te kom aarde toe nie.

Julle het die waarkuwing. Hy was die temperatuur en barometer op die einste dag van sy dood. Terwyl julle aanskou hoe die Sodoms en Gemorra's voortspreek, soos julle die bose sien oprys. Tel nou af tot en met Oordeelsdag! Oordeel aan MY en julle vyande, alhoewel hulle dink hulle is die koppe, is hulle minder as die stert. MY kinders, daar sal 'n vervanging van bewakers wees, die wie die posisies so lank gehou het, die wie julle wette geskryf het, bevind hulleself nou sonder 'n werk. Rou en ween MY kinders, terwyl julle die vervanging van die bewakers sien! Hulle wie Heilig is, sal vervang word en is vervang met die onheiliges. Die wie julle kon vertrou, of dit nou jou bankier, jou polisieman, of posman is, die bewakers gaan vervang word! Julle dokters, die bewakers gaan vervang word! Julle Regerings, julle bewakers gaan vervang word! Julle geestelike leiers, wees versigtig vir die vervanging van die bewakers!

O, maar julle sien, vyande van MY! WEES VERSIGTIG VIR DIE VERVANGING VAN DIE BEWAKERS! EK gaan die met 'n groter salwing, die wie nederig is, voor MY gesig plaas. Hulle is MY geheime versteekte mense. Hulle weet hoe om MY woorde en MY gesig te aanskou. Hulle staan in die gaping en roep uit in YAHUSHUA se naam. Aan die vyande van MY, regoor die wêreld…WEES VERSIGTIG VIR MY VERVANGING VAN MY WAGTE! Hulle het maar net meer Heilig geword. Hulle het net meer gedetermineerd en dapper geraak. Hulle sal van heiligheid preek en die wêreld teregwys! SO WEES VERSIGTIG VIR DIE VERVANGING VAN MY WAGTE, wie aangetrek is met MY volle wapenrusting (Efesiërs 6), wie nie na julle sal kom in hulle naam nie, maar in die naam van YAHUVEH en YAHUSHUA! Hulle dra nie vleeslike wapens vir oorlog voering nie, maar MY wagte wat vervang sal word, het die geestelike wapens, waarvan daar nog nie vertel is nie.

Hulle het 'n arsenaal van die hele Hemel! Al wat hulle hoef te doen is om na MY uit te roep in YAHUSHUA se naam! Hulle gaan julle vervanging van die bewakers in skaamte bring! So spot MY, YAHUVEH, as julle dit waag! MY vyande, EK vertel julle dit, wees gewaarsku, terwyl julle bose mense julle bewakers vervang, het EK ook MY BEWAKERS VERVANG! Hulle is die wie julle die minste sal verwag, die laagste man, vrou en selfs 'n kind. EK spreek nie net in profesieë voort aan hulle nie, oor dit wat gaan kom nie, maar ook in drome en visioene. Hierdie gawes sal net sterker groei, terwyl EK MY bewakers vervang, die wie EK bevorder en ook inrig!

Wees op julle hoede, Kerke wie gewaarsku is, die vervanging van die bewakers het reeds gekom, hulle sit in julle eie kerkbanke en konfronteer die onheiligheid in julle, die ongehoorsaamheid in julle. EK is dieselfde YAHUVEH, en EK het nie verander nie, nie vir enige een nie! MY woorde kom nie ongeldig terug na MY toe nie, nie vir enige een nie! Omdat MY dogter tussenbeide getree het en gehuil het en gebid het voor MY, toe sy van die dood van Richard Eby gehoor het. Omdat so baie van julle geskryf het en gevra het en so baie nog wil skryf en vra, "Het Dr. Richard 'n leuen aan my vertel?" Nee hy het nie! Sy enigste sonde was dat hy ongeduldig en moeg geraak het, maar EK het nie fout daarmee gevind nie!

So is dit gespreek op hierdie dag van 31 Desember, die laaste dag van 2002. YAHUVEH en YAHUSHUA wees asseblief genadig oor ons, terwyl ons in die jaar 2003 ingaan.

Ophelderend vir sommiges, beledigend vir ander, in die naam van YAHUSHUA.

Ek bly julle Suster Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Dit het op 6:45 die oggend geeïndig.

Einde van profesie. Verduideliking gaan volg.

* * * * * * *

Ek was 5:00 die oggend wakker gemaak en YAHUVEH het my gesê om SY gesig te soek en voor SY TROON te gaan en te bid. Terwyl ek begin het om dit te doen, het YAHUVEH my vertel om terug te gaan en my man te gaan haal. (My man praat) "Nee ek het wakker geword en gevra of alles nog reg is?" Ja, dis reg, ek was besig om te bid, met my hand op my kop, toe my man wakker word en vra of iets verkeerd is. Hy vra toe, wat is jy besig om te doen? EK het gelag en gesê, "Ek is besig om te bid". Hy sê toe, "Goed, hou gerus aan met bid". Ek vertel hom toe, "Ek moet in tale bid en na die sitkamer gaan." Hy sê toe, "Nee dis reg, gaan gerus." Ek was onder die indruk dat hy weer gaan slaap het. Ek het weer begin bid, toe sê die Vader, "Gaan terug en kry jou man en gaan voor die troon, saam met jou man." Ek sê toe, "Maar hy slaap". YAHUVEH sê, "EK gee nie om nie, gaan kry jou man, EK het 'n boodskap, kry jou man." Ek het teruggegaan en aan my man gesê, "Skat, die Vader sê ons albei is veronderstel om voor die troon te gaan en te bid", en seën my geliefde Nikky, omdat hy dit wel gedoen het.

Dit is hoekom hierdie woord na vore gekom het. Terwyl hy my hand vasgehou het, en ons tussenbeide getree het en gebid het, het ek 'n hele lys van dinge saam met gebed geneem. Dinge soos byvoorbeeld die bussie wat benodig word as 'n veiligheidshawe, waarvoor ons met geloof glo, asook al ons persoonlike benodighede. Ek het te veel vrae op een slag gevra. Soos julle kan sien is ek tereggewys voor die hele wêreld. Die belangrikste was dat die boodskap eers na vore moes kom. YAHUVEH het my man vertel dat dit die eerste ding was wat ons moes soek.

Ek is nou dood eerlik, wanneer ek julle vertel dat ons nie geweet het dat die woord na vore sou kom nie. Ons het geweet dat 'n ander boodskap aan die kom was, omdat daar okkultiese aanvalle, die vorige dag, op 30 Desember was, en dit was sekerlik die sterkste nog tot dusver. Maar soos julle kan sien, is dit YAHUVEH en YAHUSHUA se oorlog en die Oorwinning is ons s'n! Vandag het die nuwe woord na vore gekom om aan te moedig, tereg te wys, en om hopelik 'n geloof te bou in diegene wat geloof nodig het, en diegene wat sal moet berou hê. Sodat hulle op hul gesigte sal moet val en berou hê, en 'n nouer verhouding moet soek, en nader moet loop aan YAHUVEH en YAHUSHUA, voordat dit te laat is en dit hulle hoofde sal kos.

Kopieër dit asseblief, en waarsku ander, en stuur dit na ander webwerwe, en tree asseblief tussenbeide vir ons, in gebed. Gaan asseblief in gebed en oorweeg dit of julle nie vennote moet word van hierdie ministerie, waar ons dieselfde belonings sal deel nie.

Liefde en seëninge in YAHUSHUA se naam.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah