PROFESIE 6

EERS WEEN EK, DAN IS EK KWAAD!


Gegee aan Sherrie Elijah op 12 Mei 1997

* * * * * * *

In 'n boodskap gedateer 97-05-12 01:15:00 EDT, skryf KT Jerome : Ek is trots op Christene soos jy wat dit sal waag om die waarheid te spreek in die aangesig van vervolging en/of kritiek.

Liewe Kelly,

Jy weet nie hoe baie ek dit nodig het om jou hierdie woorde te hoor sê nie. Ek was net vanaand so wreedaardig aangeval. Dit is die derde keer in 'n week en dit kom van gelowiges wie sê hulle dien YAHUSHUA. Ek bely teenoor jou, dat ek vanaand gehuil het omdat ek aangeval was en goddeloos genoem was as gevolg van my gawe, my foto, want ek het lang blonde hare en dra grimering. Dit het so seer gemaak en ek het gehuil en YAHUSHUA het niks gesê om my te versterk nie. Dit het my net slegter laat voel.

Dan, toe ek gesê het, "YAHUSHUA, gee U nie om dat ek seer het nie, ek wil slegs 'n seën vir U mense wees, hoekom val hulle my so aan? Hoekom bly U stil?" Ek weet nie hoekom ek vir jou dit vertel nie; ek het nie gedink ek sou dit vir iemand vertel nie want ek is so verleë. Snaaks, ek voel die salwing terugkom op my om hierdie woorde te spreek en op te hou en om in die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) te bid.

* * * * * * *

YAHUSHUA (Jesus) het met my in my Gees gespreek en gesê, "Ja EK gee om en die rede hoekom EK nie praat nie is omdat EK saam met jou huil. Want EK stuur jou na MY Mense toe om 'n seën te wees en sommige het jou as 'n vloek behandel. Maar EK, YAHUSHUA, is ook as 'n seën gestuur en hoe baie het MY as 'n vloek behandel? EK huil saam met jou en vir jou en vir almal wat van beter weet, maar nogtans MY gesalfde boodskappers aanraak, alhoewel hulle gewaarsku was. EK huil vir wat MY Kinders wie hulself by MY NAAM noem, aan mekaar doen. Die afguns, die jaloesie, die wantroue, die beskuldigings, die liefdeloosheid en haat. Die leuens wat aan 'n ander vertel word en hulle koppel MY NAAM aan die leuen asof EK dit gespreek het. EK huil, want MY hart breek, want daar is so baie onvolwassenheid selfs in die volwasse Christene.

Die Profete was vir so lank alleen. Hulle was so baie maal verwerp, hulle weet nou slegs hoe om mekaar te verwerp en te isoleer, alhoewel MY begeerte in hierdie eindtye is vir julle almal om te vergader in MY NAAM, in een akkoord. Hierdie gekibbel en getwis moet in hierdie eindtye stop. Julle, MY Apostels, Profete, Onderwysers, Evangeliste en Pastore moet eensgesind wees. Julle is MY eindtyd weermag. Al vyfvoudige bedienings, julle moet ophou om julleself te isoleer en in MY liefde bymekaar kom. Julle moet ophou om dodelike wonde aan mekaar se Gees toe te dien. Julle moet ophou om dodelike wonde aan mekaar se Gees toe te dien en begin om die wonde te verbind wat julle onder julself toegedien het. EK huil oor julle almal, want almal van julle is seergemaak deur iemand wat gesê het hulle was van MY Gees. Ja, julle, die meerderheid het en dit is raar as julle sê julle was nie deur die vyand mislei wat na julle kom as 'n skaap maar instede 'n wolf is wat daarop uit is om MY kudde te verslind nie. Maar julle kan nie voortgaan om mekaar te verslind nie. EK sal dit nie toelaat nie.

EK spreek weereens deur MY Diensmaagd om vir julle te sê EK huil nie net oor wat van die vyande van die Evangelie gaan word nie, maar EK huil oor julle, MY Kinders. Want die manier waarop julle mekaar behandel, is geensins van MY liefdevolle Gees nie. Sê MY Woord nie, "Hieraan sal julle hulle ken, deur die liefde wat hulle vir mekaar het". Besef julle nie dit is die vyand wat na julle toe kom en hierdie bose dinge sê om MY Krygers aan te hits om onder hulself te veg en om nie saam te vergader en die vyand te beveg nie en te dink hulle kan dit alleen doen nie? Sê MY Woord nie, "1 laat 'n duisend op die vlug slaan nie?" Hoeveel meer demone sal op die vlug slaan as julle saamstaan en nie teen mekaar nie? Dit is wat Gideon se weermag verdeel het. Die onenigheid wat hulle onder mekaar gehad het. Dit is wat baie weermagte verdeel. Julle is in die groot 'EK IS' se Weermag. Julle is die eindtydse bataljon wat EK gekeur het. Ja, die vyand het julle mislei, KOM OOR DIT!

EK was deur Judas verraai. Behandel EK almal soos 'n Judas? Nee. EK was deur Petrus verloën. Verloën EK julle? Nee. Stop dit nou. EK kies nog 'n maal om uit te spreek en sê die einde is in sig, as julle maar net kon sien hoe naby MY koms is. Wat julle ookal geroep is om te doen, doen dit nou, met alles waarmee EK julle toegerus het. Daar is geestelike gawes wat in julleself opgesluit is waarvan julle nie weet nie. Julle moet mekaar se gawes oproer, nie mekaar se woede nie. Julle maak MY kwaad as julle dit doen. Julle baklei nie vir MY nie, julle baklei teen MY. As julle nie vir MY is nie, is julle teen MY. Hou op om 'n ander volgens hulle voorkoms te oordeel. Hoeveel maal moet EK myself herhaal? Hoekom wil julle nie luister nie? Hoekom dink julle julle is beter as 'n ander as gevolg van velkleur, of ras, uiterlike kleredrag of voorkoms?

Verstaan julle nog nie? Hoe lank moet EK met julle wedywer? Die vyand verdeel julle selfs voor EK julle bymekaar kan voeg. Moenie dink julle is onmisbaar nie. Want EK sal ander vegters oprig om julle plek te vul. Dit is julle laaste kans! BELY! Julle het nie almal dieselfde gawes nie. EK het unieke gawes vir 'n paar uitgesoektes gegee. Moenie MY gesalfdes aanraak nie en moenie MY Profete enige leed aandoen nie. Ja, oordeel dit wat gespreek is, is dit in lyn met die Heilige Woord? Is dit in konteks of buite konteks? Julle sal weet. Maar hou op om MY Profete stil te maak. Hou op om MY Apostels stil te maak. Hou op om vir hulle te vertel hulle sal misluk, want die taak is te groot en hulle moenie van YAHUVEH of YAHUSHUA hoor nie. Hou op om MY in 'n kas te sit. Is EK nie die GOD van die onmoontlike nie? Is enigiets vir MY te moeilik?

Hoekom oortuig julle hulle dat hulle sal misluk, wanneer EK gesê het hulle sal slaag? Hou op om hulle te ontmoedig wat julle eintlik moet bemoedig. Is hulle taak nie moeilik genoeg nie? Moet hulle nie alreeds genoeg belediging van die vyand verduur nie? Moet dit van hulle kom wat veronderstel is om hulle lief te hê, hulle te ondersteun, hulle te help en vir hulle te bid vir sukses? Is EK nie die outeur en voleinder van hulle geloof, julle geloof nie? As EK julle aansê om iets te doen, al sê ander vir julle dit is onmoontlik? Dit is wanneer julle weet EK het dit gespreek. EK het weereens beheer oor hierdie Diensmaagd geneem en haar gesalf om die woorde te spreek wat EK wou hê sy moet spreek. Sy is MY woordvoerder. EK het toegelaat dat SY seerkry sodat sy hierdie woorde kon uitspreek. Onthou, sê EK nie, "Hoe groter die salwing hoe groter die vervolging nie?" Maar die vervolging kom nie deur MY nie, maar van die vyand wat julle wil ontmoedig. Die vervolging kom direk uit die monde van MY eie diensknegte teenoor mekaar.

EK gaan begin om skerp te oordeel want Oordeel begin by die huis van YAHUVEH en EK het julle weereens vooruit gewaarsku. EK is op die punt om hulle te verwyder wat EK geördineer en geroep het, maar omdat hulle probeer om diegene te vernietig wat EK geördineer het, en bewustelik en met voorbedagte rade en haat in hulle harte hulle vernietiging gesoek het (alhoewel hulle geen twyfel het dat hulle om MY ontwil spreek nie). Nogtans sê EK, "Verwoesting sal oor hulself kom", dit sal na hulself terugkeer. Julle is gewaarsku. Eers huil EK, dan is EK kwaad! Maar julle wil nie julle Bevelvoerder kwaad sien nie. Glo MY. EK was net eenmaal daardie lam wat terwille van die wêreld geslag was. EK is nie langer daardie nederige en sagmoedige lam nie, maar EK kom soos 'n leeu uit die stam van Juda. EK moet MY Kerk gereed kry sonder vlek of rimpel.... alle vertraging moet end kry.

Doen wat julle weet om te doen en doen dit gou. Vertroos hulle vir wie julle beledig het. Moenie vir my offerande en offers bring tensy julle die booshede bely wat so baie van julle voor MY aangesig gedoen het nie. Bely voor MY en bely voor julle broers en susters, julle mede vegters van YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle is gewaarsku. Moenie dat EK myself herhaal nie. "Wees lief vir mekaar", want dit is julle bewys dat julle MY liefhet en julle bewys julle LIEFDE en dien MY bo enigiets anders. Moenie MY Here noem as julle MY nie gehoorsaam nie, moenie sê julle het MY lief as julle MY nie gehoorsaam nie. Want 'n Heer is 'n Meester, regeerder en hoe kan julle MY Here noem as julle MY nie gehoorsaam nie? Wees lief vir mekaar; dit is MY opdrag aan elkeen van julle.

Staan saam en veg vir Heiligheid. Staan saam en beveg onheiligheid. In MY KRAG, in MY WOORD, in MY NAAM, onder MY SALWING, deur MY BLOED sal julle meer as oorwinnaars wees deur YAHUSHUA ha MASHIACH julle Meester. Maar julle moet by mekaar aansluit. Geen gelowige is 'n ketting nie, slegs 'n skakel in 'n goue ketting. Sommige is groter skakels as ander, maar julle het mekaar nogtans nodig in hierdie ketting, wat satan sal vasbind en hom in die poel van vuur gooi op sy vasgestelde tyd. Onthou, EK is vir julle, die Hemel staan op MY bevel. Julle sal nie misluk tensy julle verkies om nie na hierdie woorde te luister wat EK op hierdie dag gespreek het nie. Maar selfs dan sal EK nie misluk nie. Want EK is nie 'n GOD wat kan misluk nie, EK sal slegs meer eindtyd troepe oprig om julle plekke te vul. Julle sal nie misluk sokank as wat julle ag gee op hierdie woorde wat op hierdie dag, 12 Mei 1997 deur MY Diensmaagd, Sherrie Elijah gespreek is nie.

Julle wie geestelike ore het om te hoor sal luister, al die ander sal doof bly. So is dit gespreek en opgeteken op hierdie dag. Seëninge of vloeke sal julle rigting kom, afhangende van wat julle op hierdie dag met hierdie profesie gaan doen. Bely nou MY Kinders voordat dit te laat is.

* * * * * * *

Gegee aan Profeet Sherrie Elijah op 12 Mei 1997

Kelly, jy is die eerste om dit te ontvang. Dit is omdat jy die RUACH ha KODESH gehoorsaam het en vir my geskryf het en my geseën en bemoedig het toe jy nie eers geweet het ek het bemoediging nodig nie. Dit is nou die 6de profesie wat die RUACH ha KODESH sedert 31 Desember 1996 deur my geskryf het. Al die profesieë kan op my webwerf vir YAHUSHUA op http://www.almightywind.com of http://www.allmightywind.com gevind word. Alpha & Omega AlmightyWind Holy Ghost Fire Church".

Lees dit asseblief en sê vir my as jy die stem van die RUACH ha KODESH deur dit hoor. Ek is so verbaas. Ek het sedert die 9de en 11de gevas en miskien is dit hoekom hierdie boodskap uitgekom het. Ek weet nie .... Dankie omdat jy A.S.A.P antwoord en asseblief YAHUSHUA laat U mense duidelik U woorde hoor en nie myne nie. As dit regtig U is, laat Kelly die eerste een wees wat die magtige salwing sal voel. Seën hierdie liewe hart wie U stem gehoor, en aan my 'n woord van bemoediging geskryf het alhoewel sy my nie geken het nie, maar U gehoorsaam het sodat hierdie salwing na vore gekom het. Seën haar magtiglik en ek bid dat die mense wie mekaar bewustelik seergemaak het, mekaar ontmoedig het, openlik teenoor U en mekaar sal bely. EK vra dit in U NAAM YAHUSHUA. Ek vergewe hulle wie my so wreedaardig sonder rede aangeval het, en ek beskou dit as 'n vreugde omdat U iets goed hieruit voortgebring het. Alle dinge werk mee ten goede vir hulle wat vir YAHUVEH liefhet en na Sy voorneme geroep is. Ek het U lief YAHUSHUA. Ek het jou lief liewe Kelly omdat jy YAHUSHUA gehoorsaam. Ek wil jou e-pos hou soos dit is, sodat ander kan sien dit was nie versin nie. Mag ek dit gebruik soos dit is? Moet asseblief nie verleë voel nie want YAHUVEH het jou gebruik om die gawes in my aan te wakker. YAHUSHUA sal jou magtiglik seën want jy het hierdie diensmaagd in die vroeë-oggend 3:35 vm sentrale tyd geseën.

Persone nota saam met hierdie Profesie 6:

Ek voel weereens gelei om te vra dat aangesien dit binnekort gelowiges dwars oor die wêreld sal bereik, dat ek op soek is na 'n ander lewende profeet van YAHUVEH , sy voornaam is Nikomia, miskien in Kanada omgewing, wat Frans vlot praat. YAHUVEH het my hierdie naam gegee en gesê hy is 'n lewensnoodsaaklike bate vir hierdie bediening waarin ek is. E-pos my asseblief as julle weet van enigeen met hierdie naam. YAHUSHUA sal julle waarlik magtiglik seën. Geloof sonder werke is dood daarom hou ek aan vra; bid asseblief 'n gebed dat ek hom gou sal vind vir YAHUSHUA ha MASHIACH se Glorie!

Net om daardie gebed deur die RUACH ha KODESH te bid sal 'n seën vir hierdie diensmaagd wees en ek twyfel nie daaraan dat julle geseënd sal wees deur die een deur wie alle seëninge vloei nie. As julle hierdie profesie kopieër, stuur asseblief hierdie persoonlike nota saam met dit. Baie dankie. Ek kyk uit vir 'n wonderwerk van 'n GOD wat nie kan lieg nie.