Profesie 70

WAT SAL YAHUVEH DOEN WANNEER ONGELUK BY JOU DEUR KOM AANKLOP?


Profesie gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
12 Januarie 2003 11:30 namiddag

Geliefde Gemeente,

Dankie, uit die diepte van ons hart en siel, aan almal wat vir ons geskryf het, tiendes, offerande en liefling geskenke wat gestuur is vir die nuwe behoefte wat hierdie ministerie gehad het. Dankie Carol B. Jy sal nie weet watter groot antwoord op ons gebede, jou offerande wat jy vir ons gestuur het, vir ons was nie. Die offerande wat op 'n Sabbat in die pos gekom het, nadat ek 'n paar minute voor die tyd "'n vlies neergelê het" vir die presiese bedrag geld wat jy vir ons Wonderwerk Bus gesaai het!

Vandag, gedurende intense gebed van wat aan die gang was op die derde dag van die vas wat op die 11de Januarie begin het, het ek en my geliefde man vir Vader YAHUVEH gevra hoekom daar nie meer mense opgestaan het en ons gehelp het met hierdie finansiële wonderwerk nie. Sommige het na vore gekom, maar die meeste van die inskrywers op die "injesus" e-pos het glad nie eers geskryf nie.

YAHUVEH het op die 2de dag van die vrugte en groente vas, geprofeseer.

* * * * * * *

Profesie 70

WAT SAL YAHUVEH DOEN WANNEER ONGELUK BY JOU DEUR KOM AANKLOP?


EK, YAHUVEH het notisie geneem van wie 'n seën vir hierdie ministerie is, wie nou finansiële saad saai en wie julle verhinder, deur net te kyk of en wanneer EK hierdie finansiële wonderwerk vir die wonderwerk bussie, sal laat plaasvind. EK, YAHUVEH wil vir julle dit sê, EK het dit gebruik as 'n toets aan die mense, wie weet dat EK, YAHUVEH voortspreek deur jou, as my gesalfde vaartuig. Hierdie ministerie was daar gewees om die kinders, wie hulleself MYNE noem, te troos, aan te moedig en te waarsku. En wanneer hierdie ministerie nou ook aanmoediging en seëninge nodig het, maak EK notas wie 'n seën is en wie nie. Hoe min het saam met jou in gebed en gesalfde vas gegaan, waar dit vir hulle ook is dat jy dit doen, en waar jy ook in die deur staan vir die nasies, vir MY genade, om MY woede uit te stel. EK het gekyk na diegene wat net die ministerie dophou en nie finansieël help of selfs 'n gebed vir jou onthalwe opstuur nie.

Die tyd kom so vinnig nader, wanneer die wat net terug sit en kyk en niks doen nie, sal sien dat EK, YAHUVEH net sal terug sit en kyk en niks doen nie, wanneer ongeluk aan julle deure kom klop! Wanneer ongeluk aan die deure kom klop van die wat die ministerie help en gehelp het, sal EK dat MY engele waghou oor julle, hulle sal julle beskerm en omvou met 'n gasalfde koepel, waar die bose julle nie sal aanraak nie. EK het al baie kere gesê, EK gebruik hierdie ministerie as 'n barometer, vir hoe goed die mense sal luister na MY RUACH HA KODESH, MY HEILIGE GEES.

Sommige wat die lees, dink dat hulle ryk is en niks nodig het van enige aard nie, maar EK sê vir julle, dat julle ellendig en naak voor MY, YAHUVEH en YAHUSHUA se oë is. Sommige wat die lees, sê, "Ek het my skatte, besittings, eiendomme en bank rekeninge hier op aarde," maar EK sê vir jou dat jy bankrot is in die Hemel! Sommige bou hulle krediet hier op die aarde op, maar EK sê vir julle, dat julle geen krediet sal hê, wanneer die bose tye gaan kom nie, en MY ore sal nie julle roeping na MY hoor nie, dit sal tevergeefs wees.

EK het hierdie handgemaakte Diensmaagd gesalf om die vergadering voort te roep, om te vas en te bid vir 'n groter salwing en beskerming, omdat die bose tye nie meer ver is nie. Die van julle wie MY stem in hierdie ministerie hoor en gehoorsaam is en honger ly gedurende die vas, en diegene wie daarvan weet en aanhou eet en vol word, wanneer EK 'n heilige vas geroep het om plaas te vind, julle wie eet en vol word sal honger ly wanneer die tye van nood kom. Die van julle wat nou vas en nou honger ly, EK, YAHUVEH sal julle voed in tye van nood. Diegene wie hulle beursies en tjekboeke nou wegsteek, julle is inhalig met wat julle met jul oë kan sien, julle sal vind dat wanneer die tye van nood kom, EK ook vir julle sal teruggee wat julle gegee het.

MY dogter, weer herinner EK jou, EK gebruik jou as 'n Jeremia 6:27-30 toets. Ek weet dat dit nie maklik is nie, maar MY wil sal gedoen word. EK sal jou seën, en al die ander wie gehoorsaam was en opgeoffer het en nie net gekyk het nie, maar wat deelgeneem het in hierdie gesalfde vas en gebed, en heilige saad gesaai het in hierdie ministere se benodighede. Die wie nie MY Ministeries en Priesters help nie, julle is teen MY Ministeries en Priesters. Weer en weer het julle gehoor, "Die oes is groot en die landbouers is min", en tog kom julle nie na vore nie! Wees gewaarsku! EK hou diegene dop, wat slegs staan en kyk. Wees eers uitvoerders van die woord as net hoorders en lesers daarvan.

Die van julle wie gevas het en hulle vloeke teen hierdie Priester en Ministerie gestuur het, julle wie julle vloeke van gebrek aan die Ministerie gestuur het, weet dit, julle vloeke het slegs teruggegaan na julle eie skoot! Julle probeer dit vervloek wat EK geseën het, julle baklei teen die GOD van alle Skeppings, en julle vermaak MY nie!

* * * * * * *

Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie. EK is gehoorsaam aan YAHUVEH.

So is dit geskryf op hierdie dag van 12 Januarie 2003
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
11:30 namiddag.