Profesie 71

WAT VERSEËL WAS, WORD NOU BEKEND GEMAAK!


EK het maande gelede MY Heilige Engel met 'n profetiese boodskap na MY Diensmaagd gestuur. Terwyl MY Heilige Engel langs haar bed gestaan het en gedikteer het, het sy hierdie profetiese boodskap neergeskryf, 'n geheim wat EK wil deel, wat tot nou nog toe nie vertel was nie. Op daardie stadium het MY Engel haar vertel dat dit nie die regte tyd is om die boodskap vry te stel nie. Nou is egter die tyd om dit wat verberg was, bekend te maak! EK vertel MY geheime aan MY Apostels en profete en aan almal wie wil luister.

Gegee onder die salwing aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah 1 November 2003 (Ek het baie skrifte hier bygevoeg om tesame met YAHUSHUA se woorde wat HY deur MY gespreek het, nog meer vir julle te leer). Ek weet dat vervolging met hierdie nuwe openbaring sal kom, maar onthou dat ek slegs maar die boodskapper is en dat ek ook meer openbaring soek, oor wat dit alles beteken. Moet asseblief nie die boodskapper stenig met julle belediginge nie. As julle dit doen, weet ek, dat dit nie vir my is wie julle vervolg nie, maar vir die GOD YAHUVEH en YAHUSHUA wat my salf en my voort stuur na beide Jode en nie-Jode.

EK is YAHUVEH, Antieke van Dae; MY vereiste van Heiligheid het nie vernader nie!

EK, YAHUVEH was geduldig, maar EK kan nie langer geduldig wees nie, of EK sal moet om verskoning vra vir Sodom en Gomora. (Genesis 18:20; 19:30)

O bose en perverse eindtyd generasie, julle kan nie toegewyd wees en vir MY seëninge vra oor die saad van satan nie, of oor 'n biskop, bestem uit die hel, wie EK uit MY mond sal uitbraak nie. (Openbaring 3:16). Kerk van "Episcopalians", EK waarsku julle nou, julle wie hierdie boosheid goedkeur, die wie nie eerste protes aangeteken het teen aborsie nie, en nou homoseksualiteit nie, julle het julle bed gemaak saam met Jezebel (Openbaring 2:20-23), as julle nie wegvlug vanaf hierdie kerk van Babilon nie, sal julle jul bed maak in die hel en in die poel van vuur.

MY Woord kan nie jok nie, die heiliges het meer heilig geword en die bose het meer boos geword. Waar is MY heiliges, om protes aan te teken teen die sondige verafskuwings wat nou plaasvind, nie net buitekant dit wat soos Sodom en Gomora is nie, maar nou is daardie soortgelyke sondige verafskuwings binnekant die geboue wat die mense beweer is heilig.

As julle hierdie sondige, perverse leefstyle en ander sondige verafskuwings toelaat, en nie diegene wat deelneem aan die verafskuwings, teregwys en waarsku nie, is julle besig om geeste soos die van Sodom en Gomora in julle kerke en tempels te verwelkom en in te nooi. EK lê 'n eed af, almal wie dit gedoen het, julle ken MY nie!

Julle wie MY Tien Gebooie , ook die "Torah" genoem, weggevat en ontken het, julle het bygestaan en gekyk, sonder om protes aan te teken, terwyl 'n tablet van steen weggeneem is in Alabama. Julle het dit gedoen sonder om 'n gebed op te stuur, of om protes aan te teken, of te huil, of te ween, of om Regter Roy Moore op enige manier te help.

EK wil julle dit vertel; JULLE KEN MY NIE EERS NIE! EK het hierdie toets toegelaat, terwyl EK vir MY handgemaakte Diensmaagd en haar man vertel het om die profesie in Esegiël 9 te vervul. Hoe min het protes aangeteken en teken ook nou protes aan. Waar is die miljoene regoor die wêreld, wie eintlik MY gebooie moet beskerm? Slegs 'n oorblyfsel het dit gedoen. Julle wie MY Heilige naam en MY "Torah" ontken het, en aanhou leef in sonde, alhoewel julle op 'n tyd die gestorte bloed van vergifnis van MY SEUN YAHUSHUA aanvaar het. Omdat julle daarop aangedring het om in die varkekraal te lewe en satan te dien, het julle die gestorte bloed en genade van MY SEUN YAHUSHUA onder julle voete vertrap! (Hebreërs 10:26-29).

Daar is geen meer vergifnis vir die wat weet dat dit verkeerd is, die wat gekyk, geluister of deelgeneem het aan hierdie sondige verafskuwings wat EK haat nie. EK spreek hierdie waarskuwing aan die wie beweer dat hulle een van MYNE is, nie aan die heiden wat nie van beter weet nie. OORDEEL BEGIN BY DIE HUIS VAN DIE HERE! (1 Petrus 4:14)

EK wys diegene tereg, die wie nie vir dieselfde GOD YAHUVEH gebid het nie, die EEN wie vuur en swael laat neerkom het op dieselfde sondes soos die van Sodom en Gomora nie. Julle het nie gebid dat EK, YAHUVEH sal wraak neem vanuit die Hemel op die saad van satan, terwyl dit weer gedoen word nie. (Psalm 94:1) (Romeine 12:19)

EK, YAHUVEH is nie blind of doof nie! EK, YAHUVEH is dieselfde Skepper en MY geliefde Seun is dieselfde MESSIAS, ONS is dieselfde GOD, Gister, vandag en vir ewig. ONS pas nie aan by die mens se beeld nie, of by mensgemaakte leerstellinge nie, of by dit wat 'n mens se idee van sonde is nie. EK, YAHUVEH is HEILIG en vereis Heiligheid van die wie beweer dat hulle aan MY en MY Seun YAHUSHUA behoort. EK vereis Heiligheid van al die wie sê, hulle is gewas in die gestorte bloed van MY Seun YAHUSHUA.

'n Foutlose opofferings lam was aan YAHUSHUA gegee om die sondes van die mens weg te was; tog doen hierdie mense, wie aanspraak maak op hierdie bloed, sondige verafskuwinge, selfs boosheid van agter die kansels af. (Hebreërs 6:4-7). Hulle bewys dat hulle nie MYNE of YAHUSHUA s'n is nie, maar die saad van satan.

Daar is die wie hou daarvan om oorlog te maak, hulle is trots en in genoeë met hulleself, deur onskuldige bloed te vergiet vir begeertes, rykdom, lande en voorspoed. Hulle is ook die saad van satan. EK vra jou, "Wat is die prys van olie?" "Wat is die prys en die waarde van 'n lewe?" (Mattheus 6:26)

Julle wie hierdie dinge doen en dit goedkeur, of stilbly en nie protes aanteken nie, of nie bid teen hierdie sondige verafskuwings nie, julle is lafaards en sal wonings in die hel maak en vir ewig swem in die poel van vuur, saam met julle ware vader, satan. Julle het gekies om satan te volg, julle het hom geglo, julle was aan hom gehoorsaam en het ander mislei! So, julle sal satan se beloning maai.

Wee oor Amerika! EK het julle in die verlede deur profetiese waarskuwings, deur hierdie handgemaakte Diensmaagd van MY, gewaarsku dat Amerika sou brand as hy nie berou nie. EK, YAHUVEH is 'n GOD van Verterende Vuur (Deutorenomium 4:24), MY asem is vol van brandende woede wat die hel 'n warm plek hou. Woede wat al te lank opgesluit is. (Openbaring 18:2-24). Inteendeel, hoe meer genade EK bewys het, en hoe meer tyd EK gegee het om te berou, hoe meer het die wêreld vol geword van onheiligheid, perverse dinge, verafskuwings en geen berou nie.

Waar is die wie hulleself heilig noem? Waar is die wat tussenbeide tree met gebede en die vegters? Hoekom teken julle nie protes aan nie, en wys julle nie tereg nie, en waarsku julle nie, die van julle wie van MY Woorde van ouds en nuuts praat? EK het 'n oorblyfsel, maar hulle is so min. (Sefanja 3:13) (Amos 5:15).

Die van julle wie saam vergader om na 'n ou siek man, vol van demone, te gaan kyk. Hy is onder MY woede, omdat hy MY glorie gesteel het en die mense aangehits het om hom te dien, om te kniel voor hom of enige ander idole, om sy hand te soen, 'n hand wat maar slegs van stof gemaak is. Miljoene streef daarna om na hom te luister en aan die een gehoorsaam te wees, wie homself 'n pous noem. Julle wie julself Katolieke noem, EK beveel julle nou, VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!

MY "Torah" sê pleinweg, "julle sal geen ander gode voor MY hê nie". (Exodus 20:3). EK is julle Skepper, hoeveel van julle het dit nog steeds gedoen. Julle noem julleself MYNE, tog KEN JULLE MY NIE EERS NIE, omdat julle nie vlug nie! Die Hel en die poel van Vuur is wat julle sal sien.

Moenie mislei word nie, EK weet wie MY skape is en wie van satan se saad is, ook die bokke genoem. MY skape wei slegs waar die Goeie Herder, YAHUSHUA hulle na groen weivelde heen lei. Satan se bokke, sy saad, sal enige iets eet en sluk, valse leerstellinge of leuens.

Satan saai sy eie saad van rebelsheid en ongehoorsaamheid, binne in die bokke. Die bokke wat alles tart wat heilig en waar is, wat die skrifte verdraai om aan die mense se siek, pervershede te pas. Hulle verwerp, herskryf en keer MY "Torah" en gebooie af. Satan se saad doen dieselfde sondes wat in die begin daar was, voor die grondlegging van die aarde, toe julle siele in die Hemel gevorm was.

EK, YAHUVEH, wie julle siele gemaak het, het geweet wie MY sou volg, liefhê, en gehoorsaam en lojaal teenoor MY sou wees. (Jeremia 1:4-5). EK, YAHUVEH, weet wie in rebelsheid sou volg en MY gesag en heerskappy sou begeer.

Net soos satan voor die grondlegging van die wêreld geveg het om god te wees, (Jesaja 14:12-15), het hy sy saad nou oorreed dat hulle seuns van GOD is wat geopenbaar is, gelyk in YAHUSHUA, in alle weë.

Indien iemand vergeet het, jy kan slegs deur YAHUSHUA en die gestorte bloed, toegang kry tot MY, YAHUVEH. Hoeveel was mislei, omdat hulle vergeet het dat EK al die wie EK heilig noem, ingegraveer het. (Romeine 11:13-36). Almal het gesondig het kort gekom van die Glorie van MY, YAHUVEH, almal behalwe een, SY naam is YAHUSHUA. Dit is slegs a.g.v. 1 Johannes 3:15-21.

Al die siele wie MY, YAHUVEH verraai het, in die oorlog voor die grondlegging van die aarde, het en sal MY, YAHUVEH weer verraai! Dit is hoe EK, YAHUVEH uitverkies en vooraf geweet het wie se name gevind of nie gevind sou word in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE NIE. (Openbaring 17:8).

Waar sal jou naam gevind word wanneer die 3 boeke oopgemaak gaan word? Sal dit in die boek van verlossing wees, of in die boek van die wat uitgeklad is (Exodus 32:32-33), of in die boek van die vervloektes? Nou kan julle MY Heilige Skrifte verstaan wat sê, julle almal werk aan julle eie verlossing met vrees en bewing. (Filipense 2:12).

Reinkarnasie is 'n leuen, die vader van alle leuens. Jy gaan nie dood en hou aan terugkom in ander lewens, totdat jy gepas is vir die Hemel nie. Soos die Heilige Skrifte sê, 'n mens is bedoel om eenkeer dood te gaan en dan die oordeel te kry. (Hebreërs 9:27).

Elke siel het alreeds daardie keuse gemaak, voordat die grondlegging van die aarde gevorm was. Of julle verbond nou met MY, YAHUVEH of met satan, die vader van alle leuens, was. Die eerste leuen wat satan vertel het, was dat hy soos EK, YAHUVEH sou word, en MY volmag sou hê. 1\3 van alle engele het hierdie leuen geglo, tesame met menigde siele wat kante gekies het. In elke siel het EK hulle die geskenk van eie-wil gegee. (Openbaring 12:4-9).

Terwyl EK satan, die een wie se naam Lucifer is, geoordeel het, het ek hom ook en al sy gevalle engele en al die siele wie MY, YAHUVEH en YAHUSHUA verraai het, veroordeel en gevonnis. EK het die siele wat lojaal was aan MY, YAHUVEH, wat voor die grondlegging van die aarde gevorm was, asook die siele wat MY, YAHUVEH verraai het, na die aarde gestuur, deur die saad van Adam en Eva. Satan was ook neergewerp. Satan wil weer MY skeppings teen MY draai, beide mens en dier. Weer was MY kinders ongehoorsaam en rebels teenoor hulle liefdevolle Vader.

Satan se motivering was om MY, YAHUVEH uit te lok tot so 'n woede, om dit te vernietig wat EK, YAHUVEH en YAHUSHUA met soveel liefde geskape het, maar na die val van Adam en Eva het MY eie geliefde Seun YAHUSHUA HOMSELF as 'n Verlosser geoffer, om as 'n mens gebore te word en bonatuurlik, net deur MY, YAHUVEH gemaak te word.

YAHUSHUA het soos 'n Tweede Adam geword, met vlees en bloed, maar terwyl Adam sonde in die wêreld ingebring het, het MY HEILIGE BLOED IN YAHUSHUA,die sondes en die begeerte om te sondig, weggewas van almal wie MY,YAHUVEH se GESKENK, wat EK by Golgota gegee het, aanvaar het. Slegs die siele wie lojaal was teenoor MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, voor die grondlegging van die aarde, sal ONS nou aanneem, liefhê, gehoorsaam wees, en veg teen satan, onheiligheid en al hierdie verafskuwings.

Die siele wat geskape was voor die grondlegging van die aarde, wie Lucifer gevolg het in rebelsheid teen MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en MEESTE VAN MY HEILIGE ENGELE, (Openbaring 12:9), was op daardie tyd 'n keuse gegee, voor die grondlegging van die aarde, maar wanneer hulle op die aarde gebore was, was die keuse van daardie siele alreeds gemaak. Die siele wat Lucifer toe gevolg het, het geen ander keuse as om satan weer op die aarde te volg nie, en dan maai wat satan gesaai het. Dit is die oordeel van die mens!

Redding was alreeds vooraf bestem. Die goddeloses sal goddeloos bly, vir ewig. (Jeremia 6:27-30) sê duidelik dat EK, YAHUVEH hulle silwer noem, hulle is soos vuilheid in 'n metaal, of soos lood, dooie gewig. Die siele wie nie MY, YAHUVEH aanbid en gedien het nie, voor die grondlegging van die aarde, sal geen begeerte hê om MY, YAHUVEH op die aarde te dien nie.

Net so kon die bose Farao nie berou hê en wegdraai van die bose nie, alhoewel hy oor en oor 'n kans gegee was, omdat EK, YAHUVEH sy hart hard gemaak het, en sy siel MY al verraai het, voor die grondlegging van die aarde. (Exodus 7:13) Nou kan jy verstaan hoekom EK Jakob lief gehad het en vir Esau gehaat het; (Romeine 9:13) (Maleagi 1:3) tesame met Goliat, Ahab, Jezebel, Judas, "Ananais", "Sapphira" (Handelinge 5:1-10), om maar net voorbeelde te gee van wie gebore was vir verwoesting.

Die keuse wat hulle op die aarde gemaak het, was alreeds in die Hemel gedoen, toe die oorlog tussen goed en kwaad die eerste keer gevoer was. Die keuse van elke siel wat gebore word op die aarde, word gestel in elke baba wat gebore word op die aarde.

Julle loop oor die bokant van die hel, en die hel was gemaak vir satan en sy engele wat teen MY, YAHUVEH gerebelleer het (Mattheus 24:41). EK, YAHUVEH, die Skepper van julle siele, het alreeds geweet of julle saam met hulle in die hel sal gaan. (2 Petrus 2:2-10) En of julle jul woning in die poel van vuur saam met satan, die valse profeet, die anti-messias, sou maak. (Openbaring 19:20) (Openbaring 21:8) Saam met al satan se saad, wie hom voor die grondlegging van die aarde gevolg het. Nie een siel, wat voor die grondlegging van die aarde gemaak was, wie se naam alreeds in die Hemel opgeneem was, sal verlore gaan nie, net soos YAHUSHUA dit in die Heilige Skrifte gestel het.

Enige een wie nie YAHUSHUA as GOD\MESSIAS aanvaar nie, die enigste gebore Seun van YAHUVEH ons Vader GOD, Skepper van alles, daardie siele het alreeds die besluit geneem, voor die grondlegging van die aarde, en hulle verstand en harte kan nie verander word nie! Maak nie saak aan watter godsdiens julle behoort nie, slegs die siele wat nie MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, verraai het nie, voor die grondlegging van die aarde, sal gered word van die hel en die poel van vuur! Al die ander is goddeloos en sal in dieselfde noodlot deel, of is alreeds in die hel. NOU IS DIE TYD VAN REDDING!

Terwyl jy dit lees, is daar 'n salwing soos geen ander wat EK, YAHUVEH nog aan niemand anders tot dusver gegee het nie. Lees hierdie hardop en die skille sal van jou oë afval, jou dowe ore sal geestelik geopen word. Wanneer julle MY, YAHUVEH hoor en hierdie profetiese boodskap glo, sal julle nie langer in staat wees om 'n vorm van Goddelikheid met geen Goddelikheid binne in, te hê nie, waar julle ander sal mislei nie. Die besluit wat jy geneem het, voordat jy op die aarde gebore was, sal voor almal geopenbaar word. Dit is 'n waarskuwing aan al die goeies en slegtes.

Die siele wie in die oorlog was voor die grondlegging van die aarde, wie begin het om te veg aan die kant van Heiligheid teen Lucifer en sy 1\3 van engele, en daarna toegelaat het dat Lucifer se leuens hulle siele binnedring, het ook MY, YAHUVEH verraai. (Openbaring 13:8).

Hulle betaal nou die prys, omdat hulle name geskryf is in die boek van die wat uitgeklad is! Verraaiers, eerstens in die Hemel en nou op die Aarde! Hierdie mense het begin om MY, YAHUVEH en YAHUSHUA te volg en die bybel te glo, waar hulle MY Bevele en MY "Torah" gehoorsaam het, maar toe het hulle alles verlaat wat Heilig is. Hierdie siele was gevorm en binne in 'n mens se liggaam geplaas, hulle is gevonnis om satan se beloning van die hel en die poel van vuur te maai.

Elkeen wat hierdie nou lees, hoor dit, EK, YAHUVEH beveel julle om dit te deel met al die mense wat julle ken, om hulle te verseker dat nie een persoon wie se naam in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE geskryf is, die dier sal aanbid of die merk van die Dier sal aanvaar nie! (Openbaring 13:15-17).

EK, YAHUVEH sal nie een persoon verloor aan satan en sy koningkryk nie! Nie een wie lojaal was teenoor MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA, in daardie groot oorlog voor die grondlegging van die Aarde, sal na die hel of na die poel van vuur gaan nie!

Net soos EK, YAHUVEH MY SEUN YAHUSHUA gestuur het om MY geliefde kinders te red van die sonde wat voortgebring is deur Adam en Eva, net so sal EK, YAHUVEH weer MY Geliefde Seun YAHUSHUA stuur om MY lojale, heilige Kinders te red. KYK OP KINDERS! Alhoewel die wêreld tart en koggel, KOM JULLE REDDING WAARLIK NADER! (Lukas 21:28).

Geliefdes, hierdie wêreld is nie julle huis nie! Julle is slegs maar reisigers wat deur beweeg. Julle paleise, skatte en belonings wag vir julle in die Hemel. Moenie aardse skatte opberg, wat julle nie sal saam kan vat nie, maar stoor dit in die Hemel, laat julle pakhuise vol word in die Hemel! (Mattheus 6:19-20) (Maleagi 3:8-12)

So Kinders, terwyl julle sien hoe hierdie wêreld verteer word deur MY, YAHUVEH, 'n GOD wat 'n Verterende Vuur is (Hebreërs 12:29), weet dit, dit is die lewende water, (Johannes 4:10), die NAAM, die BLOED van YAHUSHUA wat julle sal beskerm van die Vuur van MY WOEDE! Kinders, weet dit, dit is slegs die NAAM en die BLOED van YAHUSHUA wat julle sal wegsteek, ook net as julle YAHUSHUA aanbid en dien en daarna streef om gehoorsaam te wees. EK is YAHUVEH en sal nie getart word nie!

California, Phoenix Arizona, Montana, Kanada en regoor die wêreld het julle die hitte van MY WOEDE op die een of ander manier al gevoel! Hoekom plaas julle nie julle Skepper en Verlosser, eerste in julle liefde en lewe nie? Hoekom het julle jul huise meer lief as die Skepper wat julle huise, lande, rykdomme en besittings gegee het? Besef julle nie hoe die vure gekom het nie, en ook hoe baie lewens gespaar was, a.g.v. MY genade en liefde? Dit is slegs 'n voorbeeld van wat nog gaan kom, voor die Groot Verdrukking! Julle moet julle prioriteite reg kry, voordat dit te laat is! (Deuteronomium 9:3)

Nou ervaar hierdie wêreld en die mense geboorte pyne. Die aarde wandel in pyn, terwyl die grond bewe en skud, voordat EK, YAHUVEH geboorte gee aan die Groot Verdrukking wat sal wees soos geen ander gruwel wat nog ooit gesien was nie! (Mattheus 24) (Markus 13:8).

EK, YAHUVEH sal nie een siel wat MY beskerm het, voor die grondlegging van die wêreld, verlaat nie. MY GROOT WOEDE IS VIR MY VYANDE! Net soos dit toe was, sal dit weer wees!

Die van julle wat stilbly in die Kerke, julle wie kerkbank verwarmers is en dienste gereeld bywoon, julle wie Psalms en Gesange sing aan MY, YAHUVEH, julle wie die Heilige Skrifte aanhaal, en nog steeds nie julle geestelike leiers beveel om uit te spreek en protes aan te teken teen hierdie sondige verafskuwings nie. Julle sien, die wie hulself biskoppe, pastore, geestelike leiers, politieke leiers en Christelike musikante noem, hulle lei siele na die verkeerde pad, deur niks te doen om protes aan te teken nie, en selfs ook nie eers deurnag gebeds aande te hou nie.

Aborsie is moord! Homoseksualiteit is 'n verafskuwing! Julle wie jullself MYNE noem, julle noem julleself heilig, en tog waarsku julle nie ander nie, EK hou julle en jul geestelike leiers verantwoordelik. Julle het te lank stil gebly.

Julle wie julleself Geestelike leiers noem, in MY oë is julle geen leier nie, omdat julle julleself verkoop het aan die wat die hoogste aanbod gemaak het, soos 'n gewone hoer, waar julle die belastingvrye omkoopgeld gevat het en toegelaat het dat die Regering julle monde snoer. Jy het 'n verraaier en 'n lafaard geword! Moet EK julle herinner in die Boek van Openbaring, waar Lafaards en Verraaiers gaan opeindig? Gemeentes, wees versigtig, die Gees van die Pastoor of die Geestelike leier, is die Gees van Kerke en Tempels. Julle met geestelike ore, om te luister en geestelike oë, om te sien, aan julle is die geskenk van onderskeiding gegee. EK, YAHUVEH gee julle NOU die bevel om uit te spreek voordat dit te laat is en julle vryheid van spraak heeltemal weggeneem word!

Hoekom herenig, boikot of teken MY Heilige mense nie hardop protes aan nie, wanneer lesbiese musikante die gees van homoseksualiteit bervorder, waar dit gerig is op die jonges van die wêreld? Met 'n oopmond soen tussen Britney Spears en Madonna, wat op 'n tartende wyse 'n soen genoem word, wat regoor die wêreld gesien en gehoor was! Erken julle nie die saad van satan nie! Is dit wat julle wil hê wat julle Kinders moet word? Daar was 'n ander soen, wat regoor die wêreld, lank gelede gevoel en gehoor was, en dit was toe Judas vir YAHUSHUA op die wang gesoen het. So satan gebruik 'n soen om weer te tart, en waar is die Heilige mense wat hardop moet uitskree en protes aanteken? (Levitikus 18:22) (Romeine 1:24-32).

Waar is die Heilige mense wat EK, YAHUVEH oorvloedig geseën het met die rykdom en besittings van die wêreld? Wie sal die klein oorblyfsel soos die handgemaakte Diensmaagd wat die trompet blaas, help? Wie sal bymekaar kom op hierdie muur? Onthou, julle sal verantwoordelik gehou word vir wat julle doen met die seëninge, talente en gawes wat EK, YAHUVEH vir julle gegee het.

Satan gee rykdomme aan sy dienaars, wie sy saad is, om die menigdes te mislei. Waar is MY HEILIGES wat EK oorvloedig geseën het? Hoekom staan julle nie op in 'n tyd soos die nie? Hoekom vat julle nie hande met hierdie ministerie en ander ministeries, wie EK, YAHUVEH as MY mondstukke gebruik nie? Verstaan julle nog nie dat EK, YAHUVEH julle geseën het met julle werke, julle rykdomme, besittings, lande en huise nie, dat julle nie net dit vir julle eie benodighede gebruik nie, maar vir die Koningkryk van die Hemel se Glorie, om voort te spreek, te veg, tereg te wys, en te waarsku van alles wat onheilig is.

EK, YAHUVEH gee julle nie die rykdomme, lande en besittings om julle skatte op te bou op die Aarde, waar vure, vloede, aardbewings, orkane, tornados, vulkane en diewe dit in sekondes kan wegneem nie. EK vermaan julle nou om julle inkomste en besittings te gebruik, om MY, YAHUVEH en YAHUSHUA die roem, eer en glorie te bring. Moenie jou skatte op die aarde opgaar nie, maar in die Hemel. EK waarsku julle nou, almal wat nou lees, besef julle nie, dat diegene wat wel na die Hemel toe gaan, dalk bankkrot sal wees in die Hemel nie. Julle pakhuise en kluise is leeg!

Aan diegene wat miljoene aan liefdadigheid in hulle eie name gee, vir hulle glorie en belasting ontheffings; geen belonings sal vir jou in die Hemel wag as jy dit nie in YAHUSHUA se naam doen nie, as jy dit nie as 'n kind van YAHUSHUA doen nie. Jou goeie werke sal jou na die Hemel volg, slegs nadat jy YAHUSHUA as MESSIAS aanvaar, as jy daarna streef om gehoorsaam te wees aan HOM, en HOM eerste lief te hê in jou lewe. Slegs wanneer jy dit doen vir YAHUSHUA se glorie en vir die Koningkryk van die Hemel se part, sal dit staan.

Aan almal wat heidene is en weier dat YAHUSHUA hulle MESSIAS is, wat weier om MY Tien Gebooie te gehoorsaam, enige goeie werke wat julle doen, maak nie saak hoeveel miljoene julle gee nie, dit sal nog steeds nie vir julle 'n huis in die Hemel koop nie. Weer sê EK, julle goeie werke sal nie onthou word nie en julle sal in die hel bly, tesame met die heidene wat arm is.

EK het aan hierdie handgemaakte Diensmaagd 'n belofte gegee wat sy nou voortspreek, asook 'n voorsmakie van haar belonings. Nou gee EK dieselfde belofte aan julle, wie vennote in hierdie ministerie is, wat werk saam met hierdie ministerie, terwyl julle jul tiendes en offerandes saam met hulle opoffer, dit is 'n herinnering van waar julle jul skatte sal berg. Almal van julle sal saam staan en dieselfde belonings in die Hemel deel.

EK het MY Apostoliese profetiese handgemaakte Diensmaagd, Apostel Elisabeth Elijah in 'n visioen gewys dat die grootste beloning, die ontmoeting en die omhelsing van al die siele regoor die wêreld sal wees, die siele wat geseën is deur hierdie ministerie, en wat die geheime waarhede gehoor het, wat EK, YAHUVEH bekend gestel het.

Het jy nie gewonder hoekom jy al soveel keer getuig het van die reddende bloed van YAHUSHUA, waar jy geweet het jy praat onder die salwing, onder die volmag van YAHUSHUA, en steeds was jy weggewys, beledig en getart? Nou verstaan jy op 'n manier wat jy nie voorheen verstaan het nie.

Daar sal 'n man wees wat homself voor die wêreld gaan bekend maak, (02\11\2003) waar hy spoggerig sal laat weet dat hy homoseksueel is en ook trots is daarop. Julle sal hom sien staan, as 'n geestelike leier, agter die kansel van 'n kerk, maar ek vertel julle dit, almal wat die verafskuwing toelaat, almal wie stilbly, of selfs iemand wie homself by daardie denominansie se naam noem, jou naam sal nie gevind word in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE NIE! Dit is alreeds lank terug besluit. (Levitikus 18:22).

EK, YAHUVEH het eerste Adam en Eva as man en vrou gemaak en dit is 'n tarting van die huwelik, en EK, YAHUVEH sal nie getart word nie! Al julle mense, pastore, geestelike en politiese leiers, wie stilbly en MY wette verander, julle sal die woede van YAHUVEH voel, op 'n manier wat julle nog nie geken het nie. Moenie mislei word nie, EK het nie op huwelike van dieselfde geslag besluit nie!

Hoe lank sal julle aanhou om MY, YAHUVEH te tart, Amerika? Wee, Wee, Wee oor jou, Amerika! Julle het gedoen en sal nog doen wat geen nasie op die aarde nog ooit gedoen het nie. Het EK, YAHUVEH nie deur hierdie handgemaakte Diensmaagd geprofeseer nie, Amerika, EK, YAHUVEH het die ergste vir jou gebêre! California, voel jy nie die hitte van MY woede, terwyl EK, YAHUVEH die vure laat aanwaai het en die vlamme met MY asem oor julle geblaas het nie? Phoenix, Arizona, het EK, YAHUVEH nie deur MY profete gewaarsku dat julle sou brand nie, en hoeveel het steeds berou gehad.

Julle politieke leiers vaardig wette uit, om MY weer 'n keer sleg te maak. Selfs, terwyl hierdie nou geskryf word, word daar gedebatteer wanneer om die woord GOD uit julle geldeenheid te vat, om die konstitusie te verpand en te herskryf, terwyl hulle die tien gebooie uit die publieke oog wegneem. Al die wie dit gedoen het en nie protes aangeteken het nie, en nie gebid het nie, en nie teen dit geween het nie, weet dit, julle is getoets soos in Esegiël 9.

EK, YAHUVEH het die Tien Gebooie in 'n tablet van steen geskryf, nou is julle harte so hard soos 'n steen. Julle was rebels voor die grondlegging van die aarde, en julle het nog nie verander nie! Al die wie nie ween en protes aanteken teen aborsie nie, julle is ook rebels en het nie verander nie! En julle kan slegs verander afhangende van die keuse wat julle gemaak het in die oorlog tussen goed en sleg, voor die grondlegging van die wêreld.

Al die wie homoseksualiteit uitbeeld, daarmee spog, dit vertoon, daaraan deelneem, of ander leer dat dit maar net nog 'n leefstyl is, of ander leer dat hulle so gebore is, dit is 'n leuen van satan, en julle wie weier om te berou, julle is rebels en sal nie verander nie! Julle sal maai wat julle gesaai het, voor die grondlegging van hierdie wêreld. (Romeine 1:24-32).

EK is YAHUVEH, die Skepper van skeppings. Julle rebelle wie soos 'n Judas is, julle rebelle aanbid die skepping en aanbid die gemaakte voorwerpe. Julle rebelle het geweier om gehoorsaam te wees aan MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, voor die grondlegging van die Aarde, en nou weier julle om vandag aan YAHUVEH en YAHUSHUA gehoorsaam te wees.

EK, YAHUVEH het 'n waarskuwing aan al die politiese en geestelike leiers wat weier om te teen te praat, en te stem, teen dit wat julle weet My Heilige Skrifte Veroordeel, as verafskuwings en sonde. Julle het onderhandel met satan. Julle het MY, YAHUVEH verraai, voor die grondlegging van die Aarde, en julle verraai MY, YAHUVEH nou ook! Wees maar gemaklik in julle rykdomme en besittings, maar waarlik, dit sal die enigste gemak wees wat julle vir ewig sal hê! Julle volgende bed sal in die hel wees, en dan in die poel van vuur! Waar wurms julle lakens sal wees en maaiers, julle komberse!

Satan het julle wêreldse musikante die gawe gegee om mense te mislei in dit wat musiek genoem word. EK, YAHUVEH het sommige siele geseën, wie EK met 'n pragtige stem en musikale talente, gemaak het. Wanneer EK hierdie gawe gegee het, was dit veronderstel om 'n seën aan MY, YAHUVEH te wees, maar toe het julle MY, YAHUVEH verraai, voor die grondlegging van die wêreld, maar nou gebruik die meerderheid dit om glorie aan satan te gee, om siele te sus in 'n geestelike slaap, om demoniese geeste diep binne in te plant, en om mense op die verkeerde pad te lei met 'n hipnotiese stem en 'n sataniese ritme!

Sommige van julle, wie julleself musikante noem, besef nie eers wat satan besig is om te doen nie, en hoe satan jou gebruik het nie. As jy nie berou nie, sal jy op die deuntjie dans by satan se voete! En saam met hom sal jy gemartel word in die poel van vuur, wat O, so diep is! Jy kan nie eers begin om te dink wat se swaarkry dit sal wees nie.

'n Waarskuwing aan die meeste akteurs en musikante, julle het jul siele verkoop vir satan se belofte van roem en rykdom, en julle het satan se kontrak geteken en 'n ooreenkoms aangegaan. Julle vertoon julle sondige leefstyle aan die wêreld, julle spog met julle liggame, julle openbaar homoseksualiteit en julle probeer dit nie eers langer weg te steek nie! TART NOU, BETAAL LATER! Julle sal MY, YAHUVEH se Groot woede binnekort voel.

Weet dit, alle menslike skeppings, weet dat almal sal buig en kniel voor MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA se TRONE! Alle siele was gemaak en getoets op dieselfde tyd. Slegs die siele wie lojaal was en teen Lucifer geveg het, voor die grondlegging van die wêreld, dra nou die verlossings seël.

Dit is die waarheid, en EK het MY handgemaakte Diensmaagd en dogter gebruik om dit bekend te maak, dit wat satan probeer het om weg te steek. Al diegene met geestelike ore om te hoor en geestelike oë om te sien, sal MY, YAHUVEH se stem hoor, omdat julle MY skape is. Julle sal nie langer blind gemaak wees vir die waarheid nie. Alle siele wie eens rebelle was, sal weer wees, en geestelik blind en doof bly en aanhou om satan se pad te volg en satan se leuens te sluk!

Aan die van MY kinders wie gebid en gehuil het, en gewonder het hoekom EK, YAHUVEH hierdie verafskuwings toelaat, EK herinner julle weer dat Oordeel by die huis van die HERE begin. Bestudeer Esegiël 9, watter een is jy? Die oorlog tussen goed en kwaad, speel weer af op die Aarde, net soos dit in die Hemel was, voor die grondlegging van die Aarde. Elke siel wat geskep was, was getoets.

Slegs as jy lojaal was tydens die oorlog met Lucifer, sal jy MY Seun YAHUSHUA nou op die Aarde as Messias\God aanvaar. Die eerste oorlog was in die Geestelike Koningkryk in die Hemel, nou voer julle oorlog teen satan en sy dienaars hier op Aarde, en gebruik YAHUVEH en YAHUSHUA se geestelike wapens wat EK, YAHUVEH aan julle gegee het in die naam van YAHUSHUA, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA!

EK, YAHUVEH het MY Heiliges gestuur om aan die bokant van die hel te veg, om te veg teen satan en alles wat onheilig is. Om 'n getuie vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Glorie te wees, en om te bewys dat MY Kinders meer as veroweraars is, deur YAHUSHUA HA MESSIAS. Die Naam en die Bloed van MY enigste Gebore Seun.

Baie sê hulle gee om, maar hoeveel bewys dat hulle omgee! Dit het EK aan MY handgemaakte Diensmaagd vertel, toe sy en haar man gebid het en gevra het hoekom die meerderheid van die mense, wie sê dat hierdie ministerie en die profesieë en dit wat hulle leer, wat EK, YAHUVEH voortspreek, 'n seën is, maar tog doen baie van hulle niks om die swaar las minder te maak of om enigsins self 'n seën te wees nie.

Ek spreek dit weer deur haar, julle moet aksie agter julle woorde sit! Julle moet nie net sê julle gee om nie, maar julle moet bewys dat julle omgee. Waarsku en stel diegene tereg, wie verafskuwings doen. Wees lief vir en behulpsaam aan die wie oorgaan tot aksie, agter MY Heilige woorde! Geloof sonder werke is dood.

Wee oor die skepping, wie nie die Skepper van alles aanbid nie. Slegs die pottebakker het die volmag om sy klei vaartuie te vernietig. Sommige vaartuie was geskep om Glorie aan MY te bring; sommiges verdien slegs om verwoes te word. Kyk om julle, selfs die son ontpolf met MY vuur woede, soos nog nooit tevore nie!

EK het MY Heilige Engel na die handgemaakte Diensmaagd, maande terug gestuur met die profetiese boodskap. Terwyl MY Heilige engel dit aan haar voorgeskryf het, en Hy langs haar bed gestaan het, het sy hierdie profetiese boodskap neergeskryf, waar EK 'n geheim deel, wat tot nou toe nog nie vertel was nie. MY Heilige Engel het haar vertel dat dit toe nie die regte tyd was om die boodskap vry te stel nie, dat dit vir 'n vasgestelde tyd is. Nou is die tyd om dit te openbaar, wat versteek was! EK vertel MY geheime aan MY Apostels en profete en aan almal wie luister.

EK, YAHUVEH het dit geseël, omdat sy nie haar eie handskrif kon lees nie, behalwe die gedeelte wat sê, "MY grootste weermag is nie geregistreer op die aarde nie, maar is geregistreer in die Hemel!" (Openbaring 4:8) (Openbaring 15:3) (Openbaring 16:7)

Hierdie handgemaakte Diensmaagd word nou uitgestuur en vrygestel, soos Esegiël 9, om met hierdie woord te seël, die wie gemerk is met die seël van beskerming, en die pragitge kleed wat gedra word, beteken die regverdigheid van MY SEUN YAHUSHUA! Die voorgestelde Dag is die dag, voordat 'n homoseksuele biskop in die "Episcopalian" Kerk, vanuit die hel beveel word! EK spreek van hierdie geheime en waarsku weereens, KOM UIT DIE KERKE VAN BABILON! VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 1 November 2003 11:15 voormiddag tot 2:45 namiddag.

Gegee aan hierdie Handgemaakte Diensmaagd Kind van YAHUVEH en YAHUSHUA, op die Sabbat Dag, terwyl ek gevas het en wakker geword het, waar ek gebid het en die woord skielik en onverwags voort gekom het.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah