Profesie 73

OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL!


2 Junie 2004
Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Geliefde familie in YAHUSHUA…

Hierdie profetiese waarskuwing het na vore gekom, terwyl ek en my man besig was om te bid, nadat ons die Bill O' Reilly nuus kommentaar gesit en kyk het. Selfs hy het 'n vrees vir GOD, a.g.v dit wat gebeur met die Christelike simbole wat weggeneem word vanaf die "Los Angeles County Seal". Hierdie nuutste profesie sal na hom gestuur word, en ons wil ook ander vra om dit na hom toe te stuur met 'n oornag pos, sodra dit op die webwerf gepos word. Miskien sal hy YAHUSHUA en SY beskerming aanvaar, wanneer hy dit lees. Bid asseblief dat hy dit doen. As sy naam in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is, voor die grondlegging van die aarde, sal hy dit doen. Dalk sal hy selfs hierdie profetiese waarskuwing oor die lug lees.

Mense kan my maar tart net soos hulle wil, solank ek net weet dat ek die mense gewaarsku het. Soos Esegiël 3:17-21 sê, hulle bloed sal nie op my hande wees nie. Vader YAHUVEH was so kwaad toe hierdie boodskap afgelewer was, dat daar eintlik 'n verduideliking in elke sin moes wees. Totdat die hoorbare boodskap nie vrygestel is nie, is daar geen manier om die stemtoon met julle mee te deel, waarmee VADER YAHUVEH deur my gespreek het nie. 'n Stem van woede aan SY vyande en liefde aan SY Geliefde Kinders. Ek moet byvoeg, ek het aanhoudend 'n visioen gesien van 'n mond wat wyd oop geforseer word, met 'n tregter wat binne in geplaas word, en 'n Groot hand wat bloed in sy keel afgegooi het. Ek is slegs maar die boodskapper. Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie!

OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL!

2 Junie 2004
Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

* * * * * * *

OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL! Julle wie nie die gestorte bloed van YAHUSHUA HA MESSIAS wil ontvang nie. EK praat met al diegene wie MY tart! EK praat met al diegene wie godslasterlik is teenoor MY! EK praat met al diegene wie MY SEUN YAHUSHUA verwerp, julle wie nie die gestorte bloed wat vir julle gestort was, sal ontvang nie, dan sal EK bloed in julle kele afgooi! EK sal jou jou eie bloed laat wegsluk! EK sal jou laat wegsluk vir die sondes wat julle in Amerika alleen gedoen het!

Moenie dink dat die ander nasies in die wêreld MY nie teleurgestel het nie. Omdat die 'n profeet van Amerika is, so sê EK, spreek EK die oordele voort wat na Amerika sal kom. As sy van Duitsland was, sou EK Duitsland se Oordeel voortgespreek het. As sy van Australië was, sou EK die Oordeel voortgespreek het wat bestem is vir Australië. As sy van Kanada was, sou EK die Oordeel voortgespreek het wat bestem is vir Kanada. Daar is nie 'n nasie op die oppervlak van die aarde, vir wie EK nie 'n Oordeel bestem het nie!

Bloed sal in julle strate vloei! Bloed sal na julle eie strande toe kom! Peste, siektes en sieklikheid waarvan julle nog nooit gehoor het nie, sal oor MY vyande kom, die wat besluit het hulle is MY vyande! So julle wil MY simbole van enige iets Heilig uit julle gesig verwyder, af van die seëls af, uit die beloftes uit, af van die vlae af. Julle wil MY uitsit, vanuit julle nasies, EK sal julle wys, EK sal dat jy jou eie bloed wegsluk!

Omdat julle dink daar is niks verkeerd om 'n baba dood te maak terwyl hy in sy ma se baarmoeder is nie, sal EK julle eie babas doodmaak, EK sal hulle voor jou laat doodgaan. Deur die hand van Almagtige Lewende YAHUVEH sal EK julle wys, EK is 'n GOD wat nie getart word nie! Omdat julle MY getart het vir MY genade, sal julle baie kortliks sien daar is geen genade meer nie! EK sal nie verskoning maak vir Sodom en Gomora en die ander omliggende stede nie. EK sal nie verskoning maak vir Ninevè nie, omdat julle sondes selfs groter is as almal van hulle s'n saam! Die stank van julle sondes het MY neusgate bereik. Hoeveel hou hulleself nederig en val op hulle gesigte. O, as dit nie vir die bloed van YAHUSHUA HA MESSIAS was nie, sou EK julle almal uit die ganse mensdom uitgevee het!

O maar EK het 'n paar, so baie min, wie EK MY kinders en MY skat noem, wie huil en ween voor MY, wie sê , "Laat hierdie sonde nie teen ons tel nie!" En net so seker soos EK Noag en sy familie gespaar het, net so seker soos EK Lot en sy familie, behalwe een, gespaar het, net so seker sal EK 'n manier aanbied vir ontsnapping, 'n manier om te seën, 'n manier om MY geliefdes weg te steek. Gaan en steek julleself weg, MY Kinders. Julle beter onder die skuiling van MY vlerke inkruip, julle beter seker maak dat die gestorte bloed van YAHUSHUA, elkeen van julle sondes bedek. MY woede is magtig, so magtig soos MY NAAM, en die Groot Verdrukking wat sal kom, is nie so ver weg nie.

Julle wil oorloë begin teen die wat nie oorloë aangehits het nie. Julle wil hulle onder julle voete vertrap net omdat julle kan. EK het die wapens van 'n mens gesien, maar hulle kan nie vergelyk word met die wapens van die Hemel nie. Julle tart die fliek genaamd, "Passion of the Christ", nou tart julle ook 'n fliek, genaamd, "The Day After Tomorrow", wat julle die tyd vooruit vertel, omdat EK dit in die geheue van 'n heiden geplaas het om julle die Oordeel te wys wat sal kom! En julle politikusse staan op en sê, "Moenie luister nie, dit is verregaande, dit sal nie gebeur nie!", maar wie is hulle om te sê, hoe weet hulle waar EK die reën opberg? Hoe weet hulle waar EK die winde opberg?

O, hulle het hul mensgemaakte masjien, wat hulle sê, die weer kan beheer, maar EK is EK, en EK alleen sal julle wys wat EK met die masjien doen! EK sal die einste snare van hulle HARP breek! EK sal die dronkslaan, wie dink hulle is wys. EK is nie die skrywer van alle wysheid nie en julle het niks gemaak nie, dit is EK wat die uitvinder is. EK alleen is die Skepper, en EK sal julle wys wat EK doen met die wapens van massa vernietiging, omdat julle die verwoesting vanuit die Hemel sal sien, net soos Sodom en Gomora en die omliggende stede dit gesien het.

So julle wil MY tart! Nou sal EK julle wys wat gebeur wanneer EK, die Skepper julle sal tart! Die instelling van die huwelik was geskep sodat ons een kon wees. Dit was sekerlik nooit geskep vir mense met dieselfde geslag om een te wees nie. Julle tart selfs die instelling van 'n huwelik!

Orkane sal kom, soos nog nooit voorheen gesien nie, wat nie in verhouding sal wees nie! Tsunami golwe sal op die strand uitspoel, dit sal MY trane wees. Die aarde sal skud in golwe regoor die wêreld, op dieselfde tydstip! Terwyl julle oë op die lug gefokus sal wees, sal julle gruwelike dinge sien, terwyl satan in vermomming sal kom! Julle is op 'n ongeluks roete en julle sal MY woede maai! EK is die GOD YAHUVEH DIE ALMAGTIGE en daar is net EEN! A.g.v. die genade van MY SEUN, het EK MY woede teruggehou. Wanneer julle een nasie onder GOD sal sien, die laaste van die seëls wat gaan, sal julle waarlik selfs die woord, die generiese woord GOD, uit julle nasie gegooi het. Julle kies 'n paar, wat met die hand uitgekies is deur satan, om die een vryheid na die ander weg te neem. Julle bly stil, en tog kom julle na MY om te bid? Die vyand bly nie stil nie, die vyand brul en maak homself bekend, terwyl satan soos 'n brullende leeu rondgaan en soek wie hy kan verslind.

So vir die wie nie hulle sondes laat was het in die bloed van YAHUSHUA nie, vir die wie nie MY en MY SEUN, eerste in hulle lewe en liefde gemaak het nie, julle sal hierdie rampe sien kom! O, julle sê dat EK knik vir hierdie sonde of daardie sonde, sekerlik gee GOD nie om nie. As jy van beter weet en jy aanhou om verskonings te maak, en nikswerd woorde sê wat EK nie eers hoor nie, sal EK jou wys dat EK 'n jaloerse GOD is! Alles wat julle bo MY stel, is 'n afgod.

Oordeel! Oordeel! Oordeel! Selfs die opregte woord REGTER "JUDGE". Julle sal julle hoogste hof van Amerika sien, wat so vroom daar bo op 'n heuwel sal wees, maar EK alleen is die REGTER, en een vir een sal hulle afgebring word, omdat hulle hul vuiste vir die ALMAGTIGE LEWENDE YAHUVEH, sonder vrees geskud het. Ek sê dit vir julle, MY Kinders, die agenda van satan het hier begin! Die antichris stelsel is opgestel en wag net vir die regte tyd en seisoen vir hom om te verskyn. MY Kinders, julle is gewaarksu. Kruip vir 'n rukkie weg. Wanneer EK julle vertel om te trek, moenie dit bevraagteken nie. MOENIE UITSTEL NIE, ANDERS SAL JULLE NIE VEILIG GEHOU WORD NIE EN DAN SAL JULLE NA MY TOE KOM EN VRA, HOEKOM!

Amerika, EK het die laaste oordeel vir julle bestem. Julle kyk al om die wêreld, terwyl julle een nasie na die ander vat, maar MY OOG is op julle gerig. EK sien julle hart, die harte van julle politikusse, die bloedgeld wat verwissel word, die dood van die soldate, die vrouens en mans wat SONDER REDE DOODGAAN, hulle KRY SONDER REDE SWAAR, omdat hulle 'n alliansie beloof het met 'n Land wat nie MY verteenwoordig nie! O, julle ander nasies wat luister na die woord, moenie dink dat julle beter af is nie, want EK sê weer, EK het MY OORDELE bestem, en julle eie profete praat, julle is niks beter nie, dit is net dat Amerika groter is in hulle goddeloosheid! Hulle het hul vrees vir die Skepper verloor, die EEN wie hulle apart gestel het.

EK spreek nie hierdie waarskuwing aan MY Kinders nie, EK dreig ook nie MY Kinders nie. Die wat MY Geliefdes is, die wat MY BABAS, BRUID EN UITVERKORENES IS. Julle hoef nie bang te wees vir die woede van julle VADER nie, solank julle doen wat EK julle vertel om te doen. EK sal julle veilig hou, EK sal julle weggesteek hou onder die skuiling van MY vlerke, dit is die salwing waarin julle sal gaan.

Die Stad van woede is die eerste sonde wat sal intree, om 'n klein kruis van die seël te vat. Dit wys jou die krag van die kerke in daardie Staat. Hulle het 'n vorm van Goddelikheid, geen begeerte van Goddelikheid nie, geen Goddelikheid binne in nie. Die wie in die Kerke is waar die pastore stilbly en kyk, het nie eers 'n gebed opgestuur nie, hulle het nie eers die vergadering vertel om te vas en protes aan te teken nie. JULLE IS HOERE! JULLE IS HOERE IN MY AANGESIG! JULLE VERKOOP JULLESELF VIR DIE HOOGSTE PRYS! WAT JULLE NIE SAL DOEN VIR DAARDIE BELASTING VRYSTELLING STATUS NIE! DIT WAT EK ALREEDS GEPROFESEER HET, SAL WEGGERUK WORD! O, maar julle verlang maar net na die dag, wanneer julle sal kan aanhou om dit op julle manier te doen!

EK het die mense vertel om uit die Kerke van Babilon te vlug! Maar steeds hou hulle aan om die Kerke te ondersteun, om hulle pastore te pamperlang, en seker te maak dat die rykdom geberg word vir die goddeloses. Hulle is niks meer as kerkbank verwarmers en EK sal hulle verantwoordelik hou, omdat hulle nie gevlug het nie, hulle hou eerder aan om die werke van satan, wat 'n namaaksel voor MY is, te ondersteun.

So Amerika, EK profeseer deur hierdie handgemaakte Diensmaagd van MY, omdat sy van Amerika is, MAAK JULLE MONDE WYD OOP, omdat diegene wie nie die gestorte bloed van YAHUSHUA HA MESSIAS aanvaar nie, HULLE EIE BLOED DEUR MY SAL MOET WEGSLUK! Wanneer die verwoesting in golwe kom, sal daar nie een persoon wees wat sal kan sê, "ek weet die een, of daardie een het doodgegaan." EK het julle gewaarsku Amerika, profete het julle gewaarsku. EK het baie jare gelede waarskuwing na waarskuwing voortgespreek, deur hierdie handgemaakte Diensmaagd van MY. Regoor die wêreld bid hulle, "Wat het hierdie profeet om te sê?" Hoeveel keer moet EK MYSELF herhaal, julle ore is bot, hulle het was in, julle is hardhorend! Julle was nie eers gehoorsaam aan dit wat EK gesê het nie, en tog roep julle uit, "Gee MY nuwes!" Dit is maar 'n klein voorbeeld.

Nou gee EK julle 'n nuwe waarskuwing. Vir die wat glo dat YAHUSHUA weer sal kom, julle gebruik die woord wegraping, die wegneming van MY getroue Vroue en Mans en Kinders. EK waarsku julle nou, MY KINDERS WEES VERSIGTIG vir die nagemaakte wegraping, uitgedink deur wie julle vertrou. Wanneer hulle sê, "YAHUSHUA IS HIER", wanneer hulle sê, "YAHUSHUA IS DAAR, KOM EN ONTMOET ONS HIER". (Mattheus 24:23-24). MY Kinders, wees versigtig vir die hologram in die lug! Dit sal satan wees wat in vermomming sal kom! Nuwe wapens sal julle afmaai! Vir die wat nie luister nie, vir die wat nie weet nie, hulle sal verdamp, hulle sal niks meer wees as rook nie! Julle hoef nie iewers heen te gaan vir YAHUSHUA om te kom nie. MY SEUN sal kom na waar jy is!

MY Kinders, wees versigtig vir die BLOU STRAAL WEGRAPING "BLUE BEAM RAPTURE", wat nie 'n wegraping sal wees nie, dit sal die bose wees wat weggeneem word, wanneer hulle gedink het dat hulle gekom het om die gesig van YAHUSHUA te aanskou. EK het hulle toegelaat om mislei te word, want as julle waarlik van MY gehoor het, dan sou jy jou woord geken het, dan sou jy weet dat selfs die wat verkies is, mislei sou word. Dit is die plan, dit is die komplot van die vyand, net om julle te wys wat boos is. Nie almal wat sal saamkom sal boos wees nie, sommige het nog net nie die waarskuwings gehoor nie, sommige weet nie hoe om MY stem te hoor nie, so EK vertel julle om hulle te WAARSKU. MY SEUN sal kom, maar die duiwel sal probeer om voor die tyd te gaan! Toets die Gees wat praat.

Ja dit is waar dat die dooies in Christus sal opstaan, en julle wie sal agterbly, sal weggeneem word in die lug om MY SEUN te ontmoet. Maar die duiwel sal voor die tyd gaan. Wees gewaarsku, die met ore, luister, die met geestelike oë, sien, sodat julle nie om die bos gelei sal word wanneer hierdie namaaksel probeer om voor julle te gaan nie. Wanneer julle politikusse regoor die wêreld sal opkyk in die lug en sê, "Daar is 'n groter GOD wat sal kom as EK." hulle sal bonatuurlike verskynsels sien, ja, hulle sal sê dat hulle ruimte skepe sien. Dit sal julle nuus haal. 'n Onderhoud sal selfs met 'n ruimte mannetjie gevoer word! Onthou MY Kinders, wanneer dit kom, sal satan voor MY SEUN gaan!

Satan tart MY op alle maniere, die grootste tarting sal wees as hy MY ware BABAS, BRUID EN UITVERKORENES wil steel.

Hel is besig om te oorspoel en die tekens sal voortkom vanuit die lava wat sal uitgespoeg word in verskeie dele van die wêreld. Die aarde bewe en skud deur MY woede, met die naderkoms van MY WARE SEUN, en die BRUID sal weet dat die Bruidegom kom. So, satan tart en probeer voor MY Seun gaan en vat alles en enige iets wat HEILIG is, weg voor die aangesig van die mense, sodat hulle die prys sal vergeet wat MY SEUN betaal het. YAHUSHUA HA MESSIAS is julle ENIGSTE MESSIAS, julle ENIGSTE LIG OM TE VOLG.

EK het julle in die lug gewaarsku, EK het julle hierdie jaar teken na teken gegee. EK het julle wonders en verbasing gegee, terwyl komete in verskillende groottes gekom het. Hoeveel het opgekyk en besef dat die verlossing naderkom. Maar MY vyande, OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL! Is al wat julle sal ken! OORDEEL OP DIE WIE MENSGEMAAKTE HONGERSNODE GEMAAK HET! OORDEEL OP DIE WIE PES, SIEKTES EN SIEKLIKHEID GEMAAK HET! OORDEEL OP DIE WIE DIE LUG BESOEDEL HET MET PESTE! OORDEEL OP DIE WIE GIF IN DIE KOS EN WATER SIT! OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL! EK ALLEEN is die HOOGSTE REGTER, en julle sal sien dat EK nie 'n GOD is wat getart kan word nie! Julle sal sien wat EK met die vyande doen, die wat so ryk en luisterryk sit en die armes in die stof skop!

OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL! Terwyl EK julle monde oop sal forseer en MY WOEDE daarin gooi! Die wat skree, "Ek is homoseksueel, ek is "gay" en ek is trots." PESTE SAL OOR JULLE KOM, PLAE SAL OOR JULLE KOM, MENSE SAL IN ANGS VANAF JOU WEG HARDLOOP EN JY SAL WEGKRUIP EN 'N LAFAARD WEES, EN JY SAL SKREE, "MAAK MY DOOD, OMDAT EK NIE LANGER MEER DIE PYN KAN WEERSTAAN NIE." OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL! Nie net in Amerika nie, maar in elke nasie wat nie aan MY gehoorsaam is nie. In elke Stad, in elke Staat, EK gee nie om hoe klein jy is nie, van die Stad, tot die platteland tot die Voorstede, EK weet waar julle is! EK sal julle daar kry! OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL!

OORDEEL sal nie naby die, wie regverdig is in MY SEUN SE NAAM, kom nie. Julle sal kyk en julle sal in vrees aankou, julle sal die, wie julle ken, sien waar hulle MY oordele sal maai, of dit nou familie, vriend of vyand is. Net soos EK in staat was om die Kinders van Israel te beskerm van die plae van Egipte, so sal EK dit weer doen. EK IS DIE ALMAGTIGE LEWENDE REGTER, EK IS DIE ALMAGTIGE SKEPPER, en EK sal OORDEEL maai, terwyl MY vyande dit soos klere sal dra, soos 'n tweede vel.

Eerstens huil EK, dan word EK kwaad, en nou MY Kinders, STEEK JULLESELF WEG VIR 'N KORT RUKKIE, omdat julle ABBA BAIE KWAAD is! Maar nie vir julle nie, MY kleines, die wie op MY SEUN roep, nie die wat hulle bes probeer om 'n glimlag op MY en MY SEUN se gesig te bring nie. Nie die wie sê, "O, ons is so skaam dat ons deel is van hierdie mensdom wat soveel skande vir ons Hemelse Vader bring." EK vryf julle hoofde, EK soen julle wenkbroue, EK sê, "STEEK JULLESELF WEG MY KINDERS, NET VIR 'N RUKKIE." Terwyl OORDEEL sal kom oor MY vyande. Regoor die wêreld, van See tot See, sal die OORDEEL oor MY vyande kom!

So is dit gespreek, so is dit geskryf
2 Junie 2004 7:00 namiddag

www.allmightywind.com
www.almightywind.com

DEEL ASSEBLIEF MET AL DIE WIE SAL OMGEE. MOENIE JULLE PÊRELS VOOR DIE SWYNE GOOI WAT SAL SPOT NIE!