Profesie 74

EK, YAHUVEH HET OORLOG OP DIE AARDE, VANUIT DIE HEMEL VERKLAAR!


25 Junie 2004
Gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Geliefde familie in YAHUSHUA…

Die profesie het na vore gekom nadat my man 'n droom gehad het. Ons het toe die droom na ons gebede geneem, en dit is toe wanneer die Profesie na vore gekom het. Ons sal eers die droom neerskryf, omdat dit die salwing in my laat opborrel het.

Hieronder is die droom wat my geliefde man gehad het op 25 Junie 2004. Ons wil vra dat diegene met die gawe om drome uit te lê, asseblief vir ons 'n e-pos sal stuur en die uitleg met ons sal deel by Contact Us.

DROOM

My man, Apostel Nikomia was besig om met die pad langs te ry, met die Ministerie se bussie. Dit het voorgekom of dit somer, lente of herfs was, maar nie winter nie. Die volgende oomblik hoor hy 'n waarskuwing oor die radio dat meteoriete die aarde enige oomblik sou tref. Eweskielik was die pad so besig van ander voertuie wat almal in dieselfde rigting ry, as hy. Hy draai toe skielik om en ry in die teenoorgestelde rigting om my en my seun te kom haal. Hy onthou dat hy ongelukkig was in die droom, omdat hy geweet het dat die meteoriete reën wel gaan plaasvind, maar dat hy nie gereed was daarvoor nie.

Hy was baie moeg gewees en besluit toe om by 'n Een Stop vulstasie stil te hou en vir 'n minuut te rus, maar VADER YAHUVEH vertel hom toe, "Daar is nie tyd om te rus nie, klim terug op die pad." Terwyl hy toe besluit om verder te ry, sien hy twee bane wat afdraai. Een wat links gaan en een wat na regs afdraai. Die een aan die linkerkant was wyd, geteer en 'n gladde pad. Die een aan die regterkant was 'n nou, opdraende pad met 'n afgrond aan die regterkant. Hy onthou dat hy gedink het die bussie sal omtiep as hy die regterkantste afrit sou vat, maar YAHUVEH het hom toe vertel dat dit die een was wat hy moes vat.

EINDE VAN DIE DROOM (onderskeiding hierdonder)

Ons glo dat my man opkom vir mense wat nie gereed is nie en dat daar besef moet word dat dit nie die maklike pad in die wêreld is wat ons moet vat om veilig te wees nie.

* * * * * * *

Profesie 74

EK, YAHUVEH HET OORLOG OP DIE AARDE, VANUIT DIE HEMEL VERKLAAR!

25 Junie 2004

Gespreek deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

['n Hoorbare boodskap waar Hemelse tonge uitgelê word, sal binnekort volg.]

O dwase mans! O dwase vrouens! Julle mans en vrouens van die aarde. Julle wie teen MY saamsweer! Julle wie probeer om MY ware kinders na die slagting te lei, soos skape gelei word om geslag te word. Julle wie die wette skryf en die wette van ouds weggooi. Julle sê die wette is outyds. Julle vergeet dat EK DIE ANTIEKE VAN DAE IS! Wat sal julle doen, o dwase mense van die aarde?

Julle met julle gevorderde tegnologie, wapens van massa verwoesting, pes en siektes wat julle ontdek het met die hand van satan. Julle wie so ryk en luisterryk is, julle wie die ondergrondse stede gebou het. Julle wie planete gaan en verower het, planete wat EK nie vir julle gesê het om te verower nie. Is dit nie genoeg dat julle alreeds een verwoes het nie? Moet julle ook nog ander gaan verower? Het julle nie genoeg oorlog op hierdie aarde nie? Moet julle nog gaan en verder vir moeilikheid gaan soek?

Wat wil julle doen om mekaar uit te wis, julle intimideer mekaar, oorloë op oorloë vir gretigheid, en krag, maar terwyl julle dit doen, weet julle nie wanneer EK, YAHUVEH, die oorlog wat EK teen julle vanuit die Hemel verklaar het, sal uitvoer hier op die aarde nie, julle sal dit ook nie kan stop nie! Julle wie MY tart. Julle wie die ware kinders van YAHUVEH en YAHUSHUA tart. Julle wie saamsweer om hulle vryheid te steel. EK, YAHUVEH het oorlog vanuit die Hemel hier op die aarde verklaar, en die bose sal verslaan word! Julle dink julle sal gaan wegkruip, julle wie boos is en gereed gemaak het, julle gee net om vir julle eie families. Hoeveel miljoene het julle nie bestee nie? O julle sê Biljoene! Julle wie die geld uit die mense se sakke vat en sê, "Ons het meer belasting nodig!" Eintlik word dit net gebruik om julle ondergrondse stede te bou! Luukshede van enige soort, skatte wat julle opgehoop het, en julle gebruik die mense se geld sodat julle 'n plek het om na te ontsnap, terwyl julle dink hulle sal net sommer doodgaan!

Maar dit is EK, YAHUVEH, dit is EK, YAHUVEH, die SKEPPER van nie net hierdie planeet nie, maar ook alles wat tussen in lê, EK sal die klippe vanuit die Lug gooi! En net soos in Sodom en Gomorra en die sewe stede, buitendien EK IS dieselfde YAHUVEH wat Ninevé verwoes het. Was sy nie nog steeds verwoes, hoewel EK haar tyd gegee het om te berou in die einde nie? EK is dieselfde YAHUVEH, dieselfde ANITIEKE VAN DAE, en wat EK eenkeer voorheen gedoen het, sal EK weer 'n keer doen.

Julle is so besig met julle oorloë, dat julle MY nie eers vrees of notisie neem van MY nie. EK het oor en oor vir julle tekens in die lug gegee en die oordeel kom al hoe nader aan julle! Maar nie vir MY kinders nie, julle dink hulle is so onkundig en naïef, maar julle, slegtes van "Lucifer", vergeet dat hulle waarlik aan MY behoort! Hulle het nie geld om gereed te maak nie, maar hulle weet hulle het 'n HEMELSE VADER YAHUVEH, wat omgee! Dit sal MY Engel se arms wees wie hulle skuiling sal bied van die woede wat uit die lug gaan kom! Die Regerings vat julle geld en hulle gaan en sê dat hulle die buitenste ruimte wil verower. Van wanneer af het EK hulle die planete gegee. Hulle het dan nie eers dit wat EK gegee het, goed versorg nie!

O, hoekom bly die massas stil? Selfs van die Heidene weet dat die wette wat nou uitgevaardig word, hulle sal laat skud en bewe. EK is YAHUVEH, en EK haat die bose mense van die aarde! EK IS DIESELFDE GISTER EN VIR ALTYD! EK sal nie verander net vir die nukke van 'n mens nie! Amerika…jy sê jy het geen God nodig nie? Wanneer selfs die heiden nasies buig na 'n God. Hulle weet by hulleself dat hulle niks is nie, daarom begeer hulle 'n hoër krag. Alhoewel dit vals is, darem neem hulle kennis dat hulle nie 'n God is nie! O, maar julle bose, bose, bose nasie van Amerika. EK praat nou nie van MY Kinders, MY skape, MY lammers nie. EK praat van julle bose politikusse en die wat hou van oorlog maak, wie probeer om die ruimte, asook elke nasie van die land, te verower! Regoor die wêreld, van See tot See, sou jy, Amerika, as jy jou wil kon kry, sê dat alles aan jou behoort!

O julle besluit op oorloë en neem die saad van Ismael in besit, maar julle vergeet dat dit steeds Abraham se saad is! MY kinders, EK alleen is julle skild. Julle wat in Amerika woon, ween en rou, omdat EK op oorloë besluit het vir Amerika. Sy is die bullebak van alle nasies, so opgepof met trots, wat nie langer meer dit in ag neem dat dit in GOD was, op wie julle vertrou het nie. Waar julle selfs die woord GOD en enige iets Heiligs uit die mense se sieninge wou neem. O, maar julle ander nasies wat luister van wyd en syd, julle is ook nie baie beter nie, omdat julle politikusse julle op die verkeerde weë gely het. Mense julle het deel geword van dit waarvan julle nie weet nie.

Hoekom weet julle nie? Hoekom glo julle nie dat EK, YAHUVEH OORLOG VERKLAAR HET OP HIERDIE PLANEET AARDE NIE? Omdat julle jul vuiste vir MY skud! Omdat julle sê van julle WETTE, "EK SAL VRYGESTEL WORD!" Dan sal julle van MY WOEDE proe! Maar dit is nie vir MY Kinders nie, nie vir die wie YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hulle liefde en lewe plaas nie! Nie vir die wat uitroep, "Ons wil U KEN, wys ons U WIL, wys ons U WEG, wys ons hoe ons U vandag kan BLY maak!" Julle is nie MY vyand nie, en EK sal julle op daardie dag beskerm.

Julle wie die Kerke vul, so luisterryk en trots! Julle sê watter gebooie moet gehou word, watter gebooie is verouderd, om nie meer langer gevolg hoef te word nie! Julle sê julle ken MY…maar niemand ken MY nie, behalwe MY Seun! Maar MY ware Kinders roep uit, "O, VADER ONS WIL U KEN, O, net soos Moses U geken het, O, ABBA, ons wil U ken, O, YAHUSHUA, ons vinnig komende Bruidegom, ons wil U ken!" Die eerste vrugte wat nou verlos is, bid ook hierdie gebed, omdat EK dit in hulle harte geplaas het om te ween en om te gee.

EK, YAHUVEH, HET OORLOG VERKLAAR OP DIE AARDE! Vuur gaan uit die Lug kom! En niemand sal MY kan stop nie! Moet EK julle herinnner wat by die Toring van Babel gebeur het? So sal dit weereens wees, en julle torings van Babel sal val! EK het julle kanse op kanse gegee om berou te hê. EK het die mense vertel om die vryheid terug te neem wat van hulle weggeraap was! Hulle trek net hulle skouers op en sê, "Wat kan ons doen? Niks!" Julle koerante word gesensor! Julle nuus word gesensor! Maar julle kan nog steeds protes aanteken. Hoekom bied julle nooit eers aan om te bid nie?

EK het hierdie Diensmaagd instruksie gegee om te begin met 'n nuwe gebed. Moenie net aanneem dat mense gemartel gaan word net vir MY toedoen nie. Waar is die gebede? Moet EK julle herinner aan Saul, die een wie julle Paulus noem? Weet julle nie dat die gebede daar was, sodat daar tussenbeide getree kon word nie, dit is ook die rede hoekom hy gespaar was!

EK het hierdie Diensmaagd instruksies gegee om vooruit te begin bid vir 'n kragtige veld "force field" wat julle liggame sal omring, wat 'n beskerming sal wees teen die wapens van 'n mens, en enige een wat naby julle sal kom. My geringstes wat uitgekies is, die wie die eerste vrugte genoem word, julle is MY keuse. Dit is asof jy in 'n groente skottel uitsoek…kies jy nie die bestes nie? Net so, het EK MY BRUID gekies, MY UITVERKORENES EN UITGESOEKTES! Daar is 'n kragtige veld "force field" wat jou sal omring, wat 'n mens nie in staat sal wees om te sien nie, totdat die wapen letterlik na jou gerig sal word.

Hulle probeer om jou vertsand te beheer. Die bose wil jou wil neem, maar hulle het vergeet, MY geliefdes, dat dit MY wil is, MY GEES, MY RUACH HA KODESH, en hulle kan dit nie aanraak nie! Dit is nie jou verstand nie, omdat jy dit aan MY oorgegee het, sodat jou Skepper met jou kan praat, sodat julle MY sal hoor. EK het ook profete grootgemaak volgens MY EIE GEES. Die valse mense sê, "Moenie na die profete luister nie", maar EK het nog altyd 'n profeet gehad. EK stuur na die Aarde, die Profeet van Profete, HY is MY Seun YAHUSHUA! HY het nie die Aarde verlaat voordat die Vertrooster gekom het en om die ware geskenk van profesie bekend te maak nie, sodat MY Kinders dit weer kan hoor.

Wil julle weet hoekom julle nie kan hoor nie? So baie sukkel en sê, "Ek sal maar net luister wat hierdie profeet sê". Maar julle moet leer, soek na MY, by jouself. Begeer met jou hele hart om MY stem te hoor, en EK sal julle nie teleurstel nie. Selfs die Bybel Kodes, sommige is waar, sommige is nagemaak, maar slegs woorde hier en daar, as jy nie die kundigheid het nie, sal satan dit neem en jou op die verkeerde pad lei! So wees versigtig na wie jy luister, is dit in lyn met MY WOORD?

Wees versigtig vir die wat van ondergang praat, wat profesieë gee wat geen hoop het nie. Die Diensmaagd praat altyd van woorde van waarskuwing aan die vyande, maar nog nooit het EK geprofeseer van dit wat sal kom, sonder om julle die hoop te gee dat EK beheer het nie, dat EK omsien na julle en dat EK, YAHUVEH die sal beskerm wat waarlik MYNE is nie. Hoe word jy MYNE? Deur YAHUSHUA HA MESSIAS te aanvaar, die EEN wie die Grieke JESUS CHRISTUS noem. EK sal nooit enige iets doen sonder om eers MY profete te waarsku nie! So EK stuur hierdie Diensmaagd nou voort, om julle te waarsku van dit wat gaan kom.

Die grootste manier vir julle om gereed te maak, is om MY GESIG te soek, MY WIL, omdat EK nog steeds sakke het, waarin julle sal veilig wees. Skep vir julle 'n prentjie, van die hand van ALMAGTIGE SKEPPER YAHUVEH, wat betrokke is in 'n klip geveg vanuit die Hemel. Maar julle dink julle het klippe om terug te gooi, tog sê EK, "Julle het niks!" Amerika, EK lag vir julle tekens van waarskuwings "red alerts", omdat verwoesting nog sal kom na die nasie. Die wie EK veroordeel het, wie slegs waardig is vir verwoesting, dit sal kom vanaf die hand wie die Hemele en die Aarde geskape het.

O dwase, dwase mense, wat sal julle doen wanneer julle te laat agterkom dat daar OORLOG VERKLAAR IS VANUIT DIE HEMEL! Maar die wat waarlik aan MY behoort, die wat die "Torah" letterlik opneem, die wat glo dat EK in staat is om te beskerm, die wie MY eerste in hulle lewe en liefde geplaas het, die wat alles op die altaar van opoffering neergelê het, julle sal agterkom dat EK 'n YAHUVEH is wat nie 'n leuen kan vertel nie! O dwase Aarde, die bose mense wat op die aarde woon, dit is waar, net soos EK aan hierdie Diensmaagd lank terug vertel het, toe sy die Aardbewings gesien het, toe sy die wind gekombineer met vloede en vulkane gesien het, vir die wat oorleef het en boos was en selfs die wie regverdig deur MY Seun is, het sy die volgende gehoor, "Nou, die einde van rondte nommer een. Nou vir rondte nommer twee!"

Dit is soos 'n boks geveg, hoeveel rondtes? En dit sal gebeur wanneer julle dit die minste sal verwag, dit is hoekom EK julle vertel het MY Kinders, "Steek julleself weg, net vir 'n kort tydjie." Steek julleself weg in die teenwoordigheid van MY boesem, steek julleself weg onder MY VLERKE, omdat dit slegs EK, YAHUVEH sal wees wie julle dan sal kan beskerm. Dieselfde een wie julle nou beskerm, sal julle ook dan beskerm.

So, MY Kinders, bid vooruit vir hierdie kragtige veld "force field", bid vooruit vir die wat regoor die wêreld gemartel word in MY NAAM, in MY SEUN SE NAAM. Moenie net aanneem nie. As julle net aanneem, moet EK julle dan herinner wat die eerste 3 letters ("assume" in engels) is? Luister na die stem van hierdie Diensmaagd, waar EK julle waarlik waarsku, soos EK oor en oor dit doen, VERWOESTING GAAN UIT DIE HEMEL KOM! 'N GESIG SO ANGSWEKKEND DAT DIE WÊRELD HULLE OË SAL TOE HOU!

Julle wie hierdie peste en plae uitvind, dit sal oor julleself en julle eie huishoudings kom! Julle sal nie in staat wees om uit te werk hoekom nie! Maar die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) en die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA is die teen ligaampies wat MY Kinders sal gebruik, en die plae sal nie naby aan hulle wonings kom nie, al diegene wie MY bly sal maak! Dit is MY belofte aan MY Geliefde Babas, Bruid en Uitverkorenes! So, steek jullself weg vir 'n kort rukkie, MY Kinders, omdat EK weer sê, EK, YAHUVEH HET OORLOG VERKLAAR VANUIT DIE HEMEL, op MY vyande, op die wie MY tart, op die wie MY WETTE oorskryf, op die wie probeer om MY Skape na slagting te lei. EK, YAHUVEH HET OORLOG VERKLAAR VANUIT DIE HEMEL, MAAR JULLE WEET NIE WATTER TYD DIE VERWOESTING SAL KOM NIE!

So baie dooies en geen tyd om hulle te begrawe nie, dit is wat julle politikusse sal ween! Hulle skud hulle vuiste vir MY, nou sal EK my vuiste vir hulle skud! Dit is 'n vreeslike ding om in die hand van die ALMAGTIGE LEWENDE YAHUVEH te val! EK IS DIE BEGIN, EN EK KEN GEEN EINDE NIE! Maar julle, aan die ander hand, o vyande van MY, julle is maar slegs baie brose mans en vrouens.

Dwase, Dwase, Dwase mense van die wêreld, wat moet dit vat vir julle om te luister? EK praat met julle in die weer en julle skud net julle koppe en sê, is dit nou nie eienaardig nie? EK het julle vertel dat Ek met julle praat in die vloede, en julle gee nog steeds nie aandag nie, selfs tydens die orkane. Hoeveel mense moet doodgaan voordat julle jul aandag na MY sal draai? Dit lyk net of dit slegs geboue en afgetorwenes is waarop julle jul aandag vestig, julle neem nie eers kennis van MY nie! So sal julle sien dat julle weer nog meer eienaardig sal raak. Die mens dink hy kan die weer beheer. O, julle spoggerige Amerika, julle het die masjien, maar julle vergeet wie die hael opberg, wie die sneeu opberg, wie die reën opberg, wie veroorsaak dat die vulkane uitbars! Julle vergeet die een wat die aarde skud, en EK het geen masjien nodig nie!

Hoekom is dit dat julle dink dat EK slegs julle geliefdes se trane sien, wanneer julle soldate sneuwel. Maar in ander lande, waar julle jul vyande oordeel, hoekom is dit dat julle dink, o Amerika en die ander nasies met wie EK praat, dat EK nie die trane wat julle stort vir die dooies, sien nie? Die pyn wat julle dink EK nie voel nie. Wee oor die Nasies wat opgepof is met trots. O Amerika, julle plaas selfs 'n punt op die I, van die woord "Pride".

Selfs EK is teleurgesteld. EK het van MY Kinders met rykdom geseën, en hulle sê hulle volg MY, hulle kom selfs hier na die Diensmaagd van MY toe, om na die woorde wat EK aan haar gegee het te luister, tog stoor en stapel hulle die rykdom op, wat EK hulle gegee het. Hulle sê dit is vir 'n reënerige dag. Ek het hulle skepe gegee, Ek het aan hulle lande gegee, EK het hulle vliegtuie gegee, EK het hulle goud gegee, EK het hulle silwer gegee en hulle weer en weer veroordeel! Hulle stoor hulle skatte hier op aarde, hulle oudhedes, hulle bankrekeninge en tog is hulle bankrot in die Hemel se stoorkamer! Moet EK julle herinner aan die een wat 'n dissipel van YAHUSHUA sou wees, omdat hy die "Torah" gevolg het, hy het alles wat MY SEUN YAHUSHUA gesê het, getrou gevolg, maar toe hy by YAHUSHUA kom en sê, "Wat meer moet ek doen?" Het YAHUSHUA nie vir hom gesê, "Verkoop alles wat jy het en gee dit aan die armes"? En die man het hartseer weggegaan en sy kop geskud, nee.

Julle sien, MY Kinders, hy het die rykdomme van die wêreld meer belangrik geag as die GOD wat hy dien! Net so het niks verander nie, en EK rou.

O, waar is die Kinders met die Wit Bokse? O, waar is die trane? Wie sal MY SEUN se voete was? Waar is diegene wat sal treur, huil en kla oor die sondes van die wêreld wat MY so baie opdraende gee? Hoekom huil julle net oor julle eie soldate? Hoekom huil julle nie oor die ander nie? Julle vyand is nie die wie julle regering sê hulle is nie, julle vyand is "Lucifer". Julle vyand is enige een wie homself MY vyand noem! Julle vyand is teen alles wat Heilig is! Julle vyand vertel julle dat dit wat verkeerd is, eintlik reg is! Ek is besig om te kyk, MY OË GAAN ORAL OOR DIE AARDE om te sien wie waarlik omgee, en EK weet dat dit MY Kinders is, omdat hulle hierdie sal oplig in gebed. Julle vyand is die wie Onskuldige Babas uit hulle ma's se baarmoeder ruk en hulle in 'n asblik gooi, of hulle opmaal en in Kosmetiese dinge sit. Dit is julle vyande!

EK het julle 'n waarskuwing in Esegiël 9 gegee, EK seël diegene wie beskerm sal word van MY woede, terwyl julle oë net gefokus bly op oorlog na oorlog. Julle vergeet, O vyande van MY, EK SAL DIE LAASTE SÊ, SÊ! EK praat vanuit die lug, en baie vinnig sal julle sien dat EK nie 'n SKEPPER YAHUVEH is wat maklik getart kan word nie! EK bêre my WOEDE vir MY vyande! Vir almal wat die woord Trou neem en die naam daarvan sleg maak. Dieselfde geslag huwelike van die wêreld wat hulle toe-eien! Hulle marseer in hulle homoseksuele optogte, hulle vertoon hulle sondes voor die Wêreld. O, maar julle dwase vrouens en dwase mans, EK SAL DIE LAASTE SÊ, SÊ! Julle is slegs besig om julle pad af na die Hel toe te werk, waarin julle sal afdaal!

Die stank van die sondes van hierdie Aarde het aan die Hemel geraak en nou het EK geen alternatief as om OORLOG op hierdie aarde, vanuit die HEMEL, te verklaar nie! Julle oë sal iets in die lug sien wat julle nie wou sien nie! Maar dit sal nie enige wapen van 'n mens wees nie, so moenie bedrieg wees nie, omdat EK, YAHUVEH hierdie PROKLAMASIE VAN OORLOG gee, net soos EK dit op vorige geleenthede gegee het, so sal EK dit weer doen! So MY Kinders, EK waarsku julle voor die tyd van wat gaan kom, kyk dat julle hande nie te blameer is nie, kyk dat jou mond gewaarsku het, sodat die bloed van die slegtes nie op jou hande is nie!

Dit is slegs deur MY genade dat EK selfs die Profete laat waarsku, want selfs MY Kinders skud hulle koppe en is minagtend teenoor sekere Profesieë. Maar EK sal niks doen voordat EK nie die profete daarvan vertel het nie, so weer spreek EK voort vanaf hierdie Diensmaagd, dit is 'n PROKLAMASIE VAN OORLOG!

Die wat voor MY berou het, die wie trane van jammer kry stort, die wie na YAHUSHUA HA MESSIAS draai, die wie gehoorsaam sal wees en wegdraai vanaf hulle bose sondes op hierdie dag, EK IS GETROU en EK sal VERGEWE, voordat dit te laat is! Maar EK wil julle dit vertel MY Kinders, dit is slegs 'n klein oorblyfsel van die Ganse Mensdom!

O, Amerika en Engeland en al die wie so opgepof is met trots. Moet EK julle herinner dat trots kom voor 'n groot val, en 'n groot val is aan die kom, en niemand sal in staat wees om julle te red nie! So Kinders, julle is gewaarsku. Julle sal weet wat die vuur in die lug beteken! So steek jullself weg MY kinders, net vir 'n rukkie!!!

* * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf Die Diensmaagd van YAHUSHUA
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

25 Junie 2004