Profesie 75

EK, YAHUVEH Wil julle Heilig Maak en julle ontmoet in julle "Sukkot"
(EK beveel julle om MY Heilige Dae te Eer en te Onderhou!)


Sukkot – Fees van herinnering van YAHUVEH se beskerming.

O, skat van MY hart, glo julle nie dat EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA julle sal beskerm, terwyl julle hierdie Heilige Tyd beskou nie? Is EK nie in staat om julle veilig te hou nie? Selfs in Jerusalem, waar die gevaar groot is, en die Hebreeuse mense hulle "Sukkots" gemaak het, soos dit geskryf is, omdat hulle vertrou dat EK hulle sal beskerm, en EK sal. Vir wie is julle bang om te beledig, vir MY, YAHUVEH of julle bure? Gee julle regtig om wat ander sal dink, meer as dit wat MY en YAHUSHUA bly sal maak? Weet julle nie dat MY mense besonders genoem word nie, hulle loop nie na die klank van die wêreld nie, maar na die klank van die Hemel. Hoekom sal jy skaam wees hieroor, MY kleine kind. Dit sal dan eerder 'n getuienis vir MY, YAHUVEH se GLORIE wees! Bid dat julle bure notisie sal neem, sodat julle vir hulle die storie kan vertel hoekom julle 'n "Sukkot" ter herinnering van MY Woord bou. Dit sal MY bly maak, omdat Die wat dit doen, getuig van MY, voor hulle bure, nou vra EK julle om dieselfde te doen. Hoe kan julle van MY getuig en 'n voorbeeld van julle geloof wees, as julle jul "Leanto" in julle badkamers weg steek?

Die "Sukkot" moet buite wees waar julle die Opelug kan aanskou. Die Joodse mense besef nie eers hoekom die "Sukkot" 'n opening in die dak het nie. Dit is om die Skrif te vervul, wat sê, "Kyk op, julle verlossing kom nader, omdat YAHUSHUA julle MESSIAS vanuit die Ooste kom".

Julle moenie bang wees vir julle vyande wat julle seer maak nie, omdat EK, YAHUVEH die wat MYNE is, sal seën en beskerm, en die wat dink hulle is wys, sal EK dronkslaan, terwyl julle die bose weë van die wêreld en die houe van die vyande ignoreer. EK sal die tart, wat jou tart in hulle tye van nood.

Bou 'n Tydelike skuiling in die Ope lug. Vra MY en EK sal jou lei en bestuur hoe om dit te doen. Neem jou maaltye in die "Sukkot" en rus jou kop in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA se liefdevolle Arms. EK sal jou daar ontmoet. Vir die wat sê dat hulle 'n werk van die wêreld sal moet hê, EK sê vir julle, saai dan daardie saad in die Werk van die Koningkryk van Hemel en kyk of EK nie 'n seëning sal uitstort nie, so groot, sodat dit jou rede sal gee om MY, YAHUVEH en YAHUSHUA te Loof en Prys!

EK lê dit op jou hart, MY dogter Patricia, om hierdie vrae te vra en vir die Diensmaagd van YAHUSHUA te skryf, sodat sy dit met ander sal deel, die vir wie die Joodse Fees Dae nog nuut is, en die wie 'n begeerte het om dit te vervul. Julle dien 'n Messias wat opgestaan het. Moet julle ook nie doen wat HY gedoen het, om die Joodse Heilige Dae te hou en te eer nie? Die wat gekies is om YAHUSHUA se Bruid te wees, hoor asseblief wat sy skryf, soos EK, YAHUVEH haar die woorde gee. Dit wat goed genoeg is vir YAHUSHUA, is dit nie ook goed genoeg vir die wie YAHUSHUA HA MESSIAS volg nie? Seëninge sal na jou toe kom, MY dogter, omdat jy gehoorsaam was en vir Elisabeth geskryf het met hierdie vrae, nou sal ander ook saam met jou leer. Die woord is bedoel om gedeel te word met almal wat Geestelike oë het om te sien en Gesstelike ore het om te hoor. Al die ander bly doof en blind, net soos die Bose Faros en Fariseërs van die land.

EK, YAHUVEH, gee MY BABAS, BRUID en UITVERKORENES, Geestelike Vleis om te voed. EK wil hê dat julle MY sal herken, waar EK deur MY Handgemaakte Diensmaagd 'n mandaat gee. Julle moet al die Joodse Heilige Dae vier, asook die komende dae van die "Sukkot", as 'n herinnering dat julle net in 'n Tydelike Woning bly. Die aarde is julle tydelike woning, totdat julle huis toe gaan na die Hemel. Jy is slegs 'n reisiger wat deur trek, totdat jy die werk klaar gemaak het wat EK jou na die aarde gestuur het om te doen.

Vernietiging gaan na na die wêreld kom, tesame met die dood en pes en weer en natuur rampe, wat gemaak is deur die mens wat God wil speel. Julle moet hierdie "Sukkot" waarneem, al het julle dit nog nooit voorheen gevier nie. Julle moet al die komende Heilige Dae hou. Waar jou geloof is, daar sal jou Pasga "Passover" wees! Julle moet vas op "Yom Kippur" (Joodse heilige dag, waar jy jouself rein hou) en jullself nederig hou voor MY, YAHUVEH, en vas vir die boosheid in julle land, sodat julle gespaar word wanneer die dood MY vyande besoek, die wat hulleself teen alles wat Heilig is, stel.

Herinner julleself, terwyl julle 'n tydelike Skuiling bou wat so teer is, hoe swak enige skuiling is wat deur 'n mens gebou word. 'n Ligte windjie kan dit omslaan, maar as EK, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA, met jou is, in die midde van die breekbare skuiling, selfs in jou breekbare Tempel wat jou liggaam genoem word, sal EK maklik daartoe in staat wees om die te beskerm wat EK MY BABAS, BRUID EN UITVERKORENES, noem!

Toets MY, YAHUVEH, en aanskou MY BABAS, BRUID en UITVERKORENES wat dit doen…kyk of EK nie met 'n sterker salwing hulle sal seën nie, hulle wat ywerig liefhet, dien, gehoorsaam is, en soek na MY, YAHUVEH en YAHUSHUA HA MESSIAS!

Is dit, wat goed genoeg is vir YAHUSHUA om te eer, nie ook goed genoeg vir jou om te eer nie? EK, YAHUVEH plaas julle in herinnering. Julle aanbid en dien nie 'n Christelike Messias nie, maar eerder 'n YAHUSHUA wat gebore was van 'n Hebreeuse Maagd, op Hebreeuse grond, wat geloop en bedien het, wat tekens, wonders en wonderwerke op Hebreeuse grond verrig het. YAHUSHUA het die "Torah" gehou en was sonder sonde gevind. YAHUSHUA het as 'n "Rabbi" bedien op die enigste ware Sabbat.

YAHUSHUA het nie gepreek in die Tempels, op Sondae nie. Die met Geestelike ore, luister. Al die ander bly doof. Die Sabbat is ewigdurend en sal vir ewig staan, omdat EK, YAHUVEH die aarde in ses dae gemaak het, en op die sewende dag het EK, YAHUVEH gerus en die mensdom beveel om dieselfde te doen. MY SEUN YAHUSHUA het die SABBAT HEILIG GEHOU en HY word die HERE VAN DIE SABBAT GENOEM. HY is 'n voorbeeld van hoe om die Sabbat Heilig te hou. MY GELIEFDE SEUN YAHUSHUA was gemartel en gekruisig, met woorde wat vasgespyker was bokant sy kop, wat geen duiwel of mens kon wegvat nie, en YAHUSHUA het doodgegaan en opgestaan op Hebreeuse grond, vanuit 'n Hebreeuse Graf.

Nadat al die dinge gesê is, en Bewys is dat YAHUSHUA 'N JOODSE OPGERYSDE MESSIAS IS, moet dan nie die weë van die Heidene volg nie, en moet ook nie die heidense feeste hou wat YAHUSHUA nie gehou het nie. As dit nie in die Heilige Skrifte is nie, hoekom maak julle MY, YAHUVEH kwaad, en voeg by MY woorde by, en leer dat die Heidense dae geëer moet word, en vermy die dae wat EK, YAHUVEH besluit het is HEILIG, en moet herinner word soos in die tye van OUDS?

Julle nooi MY na julle mensgemaakte vakansie dae, hoekom sê julle, dat julle YAHUVEH en YAHUSHUA volg, dien, aanbid en gehoorsaam, as julle steeds verskonings maak dat dit slegs vir die Hebreeuse mense is? Is julle nie Hebreeus, deur DIE BLOED VAN MY SEUN YAHUSHUA BY GOLGOTA TE AANVAAR, WAAR HY ALLEEN DIE BLOED OFFER VIR JULLE SONDES GEWORD HET NIE?

GLO JULLE NIE DAT HY NOU BINNE IN JULLE LEWE DEUR DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) NIE? Om regtig MY Seun YAHUSHUA te Ken, moet julle die Joodsheid van julle Opgerysde Messias leer Ken. Hoekom dring julle daarop aan om YAHUSHUA, JESUS CHRISTUS te noem, as wat julle HOM eerder op SY Hebreeuse naam YAHUSHUA noem, dit is 'n konstante herinnering aan Satan dat JAH sal red! Hoekom dring julle daarop aan om die skrifte in die Bybel te verdraai, om verskonings te maak hoekom julle nie die Ware Sabbat Dag Heilig hou en Eer voor MY, YAHUVEH nie?

Is dit regtig so erg om die tyd, Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder, eenkant te sit en waar te neem dat dit die WARE SABBAT DAG IS, EN DIT HEILIG TE HOU? As jy nie van beter weet nie, dan het jy 'n verskoning, maar nadat jy die waarheid weet, en jy dit nie jou laat vrystel nie, en jy sê, dat jy nie gebind is onder die wette van ouds nie, watter ander gebooie wil julle hê moet EK uitgooi, omdat dit julle nie pas nie?

Net omdat ander dalk nie verstaan nie…as jy na 'n Sondag kerk gaan en nie daar is om die Pastoor of die gemeente te laat verstaan dat hulle verkeerd is, om nie die Joodsheid van die Opgerysde Messias te leer nie, dan noem EK, YAHUVEH, jou 'n lafaard en JY WORD DAN VERANTWOORDELIK GEHOU!

EK stuur jou voort om ander te waarsku en jy onderhandel dan met dit wat jy weet waar is. Aanbid MY 7 dae 'n week en kom bymekaar as julle dit begeer, maar gee vir YAHUVEH die Eer, deur die SABBAT DAG TE ERKEN EN HEILIG TE HOU, EN RUS VAN JULLE WERK OP DIE DAG EN GENIET DIT SAAM MET MY. DIT IS NIE BEDOEL OM 'N DAG VAN LAS TE WEES NIE, MAAR VAN BLYDSKAP!

Is dit regtig so moeilik? EK GEE AAN JULLE, HEILIGE FEES DAE om fees te vier, met die uitsondering van "YOM KIPPUR", DIE DAG VAN VERSOENING, wanneer julle moet vas en onthou van die prys wat YAHUSHUA vir julle sondes betaal het. Is dit regtig so moeilik vir julle om te leer van die HEBREEUSE HEILIGE DAE?

EK kon gekies het dat YAHUSHUA gebore was van enige nasionaliteit, maar EK, YAHUVEH, eer die Hebreeuse Mense, deur hulle bloedlyn te eer. Julle, wie YAHUSHUA SE BLOED OORTAPPING aanvaar, is nie langer meer nie-Joodses nie en julle moet ook nie langer die heidense weë of vakansiedae volg nie. Instede, volg die HEILIGE DAE, soos EK, YAHUVEH, besluit het om 'n seën oor julle te wees.

Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet, wat julle doen daarmee, is nie MY dogter Elisabeth se verantwoordelikheid nie, haar verantwoordelikheid is om die woorde wat EK, YAHUVEH, deur haar spreek, aan julle te oorhandig. Dit het SY nou gedoen.

Gaan julle behulpsaam wees vir haar, of gaan julle haar verhinder? Die van julle wat hierdie, asook die ander woorde wat EK, YAHUVEH en YAHUSHUA voortgespreek het, nou lees en geseënd is terwyl hulle geleer het van die Apostoliese Eind Tyd Ministerie, en tog niks doen om 'n seën te wees vir haar en hierdie Ministerie nie, julle is dan eerder 'n verhindering, en EK, YAHUVEH hou julle dan verantwoordelik, omdat julle haar werk harder maak en die las groter.

Hoeveel van julle het haar gevra om julle naam op te lig voor MY, YAHUVEH, en vir MY, YAHUVEH gevra om julle te seën en tussenbeide te tree vir julle? Terwyl sy dit doen, kyk EK, YAHUVEH na die name wie sy in gebed noem, en neem ook kennis van hulle. Het hulle die tyd geneem en opofferings aangebied wat 'n seëning is vir hierdie Ministerie?

Hoe skaam is EK nie, as EK sien hoe min van julle op enige manier hulp aanbid. Hulle neem die tyd om vir seëninge te vra, en tog doen hulle nie eers soveel as om net te vra wat hulle vir haar kan doen nie! Weet dit, vir elke keer wat sy gebid het, "Stuur ons asseblief vennote om ons te help in die Ministerie", en wanneer julle in staat was om haar op enige manier te help, maar nog steeds geweier het en verskonings gemaak het, dit is hoeveel gebede EK van julle sal ontken, wanneer julle MY, YAHUVEH vra!

Elke keer wanneer julle van hierdie Ministerie se benodighede gehoor het en 'n dowe oor gedraai het, het julle veroorsaak dat sy huil, sommiges het EK na hierdie Ministerie gestuur met die Rykdomme van die wêreld, en tog draai hulle ook 'n dowe oor na die Apostoliese Profeet van MY, net so sal EK ook veroorsaak dat julle huil, terwyl EK, YAHUVEH, julle versoeke ontken, wat julle voor MY bring.

Hoeveel van julle sit julle kinders, eggenote en familie in julle testamente, en tog gee julle nie om vir die Ministerie wat julle voed nie? Hoeveel van julle wat die nou lees, het die luuksheid van 'n werk, meer as een huis, land, eiendom, antieke dinge, bote, vliegtuie en 'n inkomste wat julle opberg, deur gretigheid, om julleself tevrede te stel. Sê MY WOORD nie, waar jou hart is, daar sal jou skat wees nie? Julle het MY gewys waar julle harte is. Elkeen wat na die Ministerie gely was, kon iets gedoen het, maar tog doen baie, niks nie!

Hoekom is dit dat julle so maklik 'n kelnerin 'n fooitjie gee wanneer sy julle fisiese kos bedien, maar julle gee niks aan die een wat swaarkry, in die proses om die salwing te hê, wat EK aan haar gegee het, om weer aan julle te kan voer, as Geestelike kos. Wat is van meer waarde vir julle? Fisiese kos wat julle slegs tevrede stel vir 'n paar uur, totdat julle weer honger word…of Geestelike kos wat julle altyd sal onthou en waardeer, veral in tye wanneer julle bevry of aangemoedig sal moet word.

Wat sal jou verskoning wees wanneer jy voor MY, YAHUVEH moet staan, in die, nie te verre toekoms? Julle is gewaarsku; Die wat hierdie Joodse Diensmaagd seën…moenie net haar seën nie, maar ook vir MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA. Elisabeth is die een wat EK MY Elia "Elijah" van nuuts noem. EK, YAHUVEH het haar na die Weduwees van Sarfat gestuur, maar hulle weet dit nie. Julle, wie weier om te help in hierdie wêreldwye oesland, het geen finansiële nood nou nie, maar julle sal hê. EK het Elia van ouds gestuur om 'n seën vir een weduwee te wees, terwyl die land vol van weduwees was vanwee die droogte en hongersnood.

EK het vooraf geweet van 'n weduwee wat 'n seëning nodig gehad het en bereid was om haar laaste maaltyd met 'n profeet met die naam Elia te deel, terwyl sy geweet het dat sy en haar seun dit sou eet en dan doodgaan. Sy het gelewe en was finansieël geseën en haar kruik olie het nooit opgedroog nie. EK, YAHUVEH, begeer om dieselfde vir julle te doen. Dit is geen ongeluk dat jy na die Ministerie gekom het en die woorde nou lees nie.

Wanneer die tyd van verwoesting en toetsing kom, sal EK julle seën en beskerm op 'n manier waaraan julle nie gedink het nie, indien julle gehoorsaam is aan alles wat EK, YAHUVEH vir julle sê. Hou die Joodse Heilige dae, HEILIG voor MY, YAHUVEH.

Herinner MY op "Passover" PASGA, terwyl julle dit vier en julle die suurdeeg vanuit julle huise wegneem, terwyl EK die kinders van Israel beskerm het, as hulle die bloed van die lam op hulle deur kosyne gesmeer het, hoeveel meer sal EK hulle nie beskerm nie, die wat die bloed van YAHUSHUA het, om hulle en hulle huise te bedek.

Terwyl julle jul tydelike skuilings oprig op die "Sukkot", sal dit 'n simbool vir MY wees, hoe julle op MY, YAHUVEH, staat gemaak het om julle Liggaam te beskerm, omdat jou Gees en MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) daarin woon, terwyl julle vreemdelinge is in die Tydelike Skuiling, genaamd aarde, en slegs deur beweeg om julle Hemelse Huis, genaamd Hemel te kry.

Laastens, die wie in Amerika woon, EK het hierdie Profeet van MY 'n waarskuwing gegee, wat sy aan julle moet gee. EK het aan haar 'n mandaat gegee om ook met julle 'n droom te deel wat EK aan haar gegee het, en dit sal gedoen word. EK weet dat die, wat 'n gawe van onderskeiding het, na George W. Bush sal kyk en weet dat hy 'n vorm van Goddelikheid het, maar geen Goddelikheid binne in hom het nie.

EK, YAHUVEH sê aan julle, George W. Bush is die kleiner een van twee booshede. Weet julle wat is verkeerd met George W. Bush, hy het nog nie onderhandel in sekere dinge nie, alhoewel die druk op hom is om oor sy posisie te onderhandel, terwyl Visie President Cheney hom alweer verraai. Cheney ken geen skaamte nie en verdedig sy goddelose homoseksuele dogter, net soos sy naam sê dat hy aan die prins van donkerte vasgeketting is.

George W. Bush is teen Aborsie, Gedeeltelike geboorte Aborsie, Stamsel navorsing, vuil afskuwelike dinge teen My, soos homoseksualiteit en dieselfde geslag huwelike. Moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie, maar George W. Bush sal die volgende Presidensiële verkiesing wen, soos ek MY dogter in 'n droom vertel het, as julle rondstaan en niks doen nie en nie stem nie of met gebed tussenbeide tree nie, dan sal die Demokrate die volgende Presidensiële verkiesing wen, en die bloed sal dan in hierdie land vloei, en die onskuldiges sal dan in die tronk gegooi word en vir misdade skuldig bevind word wat, hulle nie gepleeg het nie. Moenie 'n fout maak nie, John Kerry en sy vrou is dienaars van satan en sal nie eers heiligheid versin nie. Julle is gewaarsku!

EK waarsku julle nou dat John Kerry en sy vrou julle sal laat berou hê dat julle nie geluister het toe EK julle deur MY Handgemaakte profeet gewaarsku het nie. Skep 'n prentjie waar die mees boos en goddeloses verheug sal wees op Verkiesingsdag! Die wolwe in die Wit Huis wat hulleself nou vermom, sal hulle maskers op die dag afruk, en daar sal geen einde wees aan die boosheid wat gedoen sal word nie en die vryheid van die wat YAHUVEH en YAHUSHUA vrees, wat verloor sal word nie.

Moenie 'n fout maak nie, dit sal alle godsdienste affekteer, selfs die Moslems. Al die wie 'n valse god dien, maar steeds begeer om 'n morale karakter te hê, hulle sal spyt wees dat hulle niks anders gedoen het as om toe te staan en te kyk nie. Die van julle wat gebeds vegters is, begin daarop aandring by julle Pastore om op te hou om te onderhandel en teen alle koste uit te spreek.

Die grootste lastering van MY NAAM sal gedoen word deur Ellen Degeneres, wat die ergste godslastering van MY, YAHUVEH, DIE SKEPPER VAN ALLE SKEPPINGS sal uitbeeld!

Daarvoor sal sy met haar siel betaal, asook almal wat deel gehad het in die fliek! EK, YAHUVEH sal MY woede voort stuur oor die wat hulleself groot hou oor ander. Dit sluit in, die Studio, Vervaardigers, Skrywers van die Manuskrip, Akteurs, Uitrusters, spyseniers, Grimmeerders, en selfs die bystand akteurs en aktrises. EK, YAHUVEH sal selfs MY woede uitstort op die Staat waarin dit verfilm sal word. EK, YAHUVEH waarsku enige Adverteerder…EK, YAHUVEH, beveel MY BABAS, BRUID, UITVERKORENES EN SELFS DIE WIE NIE MY HEILIGE WOORD DIEN OF AAN MY GEHOORSAAM IS NIE, MAAR WEET DAT DAAR 'N GOD YAHUVEH IS OM TE VREES, OM IN PROTES TE KOM EN HULLE PRODUKTE TE BOIKOT.

'n VROU met die naam Ellen Degeneres sal MY openlik tart, DEUR VOOR TE GEE DAT SY DIE ALMAGTIGE GOD IS. SY IS NIE NET OPENLIK HOMOSEKSUEEL NIE, MAAR OOK DIE EERSTE IN AMERIKA WAT OMHELS WAS DEUR DIE WITHUIS, INSLUITENDE DIE PRESIDENT VAN AMERIKA, TERWYL HULLE 'N ETE VIR HAAR EN HAAR DEELGENOOT GEHOU HET. IEMAND VAN DIESELFDE GESLAG, EN AAN WIE SY BEWEER SY GETROUD IS! EK, YAHUVEH, noem Ellen Degeneres, "Ellen Degenerate"! Sy is goddeloos en ken geen skaamte nie, terywl sy deur satan met beroemdheid en rykdom vergoed word, omdat sy die eerste was wat gesê het dat sy 'n huwelik met iemand van dieselfde geslag gehad het, en sy ken geen skaamte nie en is trots op haar naam. Begin om in protes te kom en te boikot en waarsku almal wie sal luister. Enige een wat die film kyk en luister na haar uittarting teenoor MY, YAHUVEH, en nie met vrees in protes gaan nie, sal maai wat sy saai.

EK het deur MY Dogter Elisabeth geprofeseer, en die profesie is nou al vir jare gepos, vir almal om te lees. [Lees profesie 18]. Ellen Degeneres het die kinders en die mense, die gees van homoseksualiteit met 'n lepel ingegee, terwyl sy daaroor gelag het. As gevolg daarvan het EK, YAHUVEH GEPROFESEER dat sy die eerste sal wees wat die "Black Boiling Blood Plaque" sal proe, wanneer sy sal smeek om dood te gaan, terwyl sy swart bloed vanuit haar mond sal spuug. Al die seksuele nie-morele mense sal swaarkry van hierdie eindtyd plaag!

EK, YAHUVEH het dit deur MY Handgemaakte Diensmaagd geprofeseer, omdat EK geweet het wat Ellen DeGeneres se meester, satan, haar sou laat doen het, en dit is om die Skepper van Skeppings, te tart!

* * * * * * *

So is dit geskryf en gespreek op hierdie dag van
27 Augustus 2004. Gegee aan die Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA HA MESSIAS
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

Dit is die 16de Herdenking van die Geestelike Wapen wat aan my gegee was, naamlik YAHUVEH SE STAF. Julle kan meer hiervan lees op my getuienis bladsy, veral oor die Grootste salwing in my lewe by Muai Hawaii.

Terloops, terwyl ek hierdie profesie geskryf het was ek deur 'n by gesteek. Die duiwel is nie gelukkig met die pos van hierdie woord nie, en wou my stop met 'n by, so verspot, dis lagwekkend.

* * * * * * *