Profesie 77

ALLE "PENTECOST" (PINKSTER) PASTORE!
KONTAK VIR ELISABETH AS JULLE BELANGSTEL DAT SY NA JULLE KERK TOE MOET KOM OM DIE JOODSHEID VAN ONS MESSIAS TE LEER, SOWEL AS DIE LOSLATING VAN DIE HEILIGE "WILDFIRE" SALWING!


Elisabeth en Niko reis nou al deur die Verenigde State van Amerika N.S.E.W, waar hulle vir 2 jaar in 'n mobiele huis gebly het en oral gaan waar YAHUVEH hulle heen lei. Nou is die kans vir mense wat geseën is deur hierdie Ministerie, om hulle persoonlik te ontmoet. Stuur julle uitnodigings saam met julle Staat en Telefoon nommer, na Contact Us

Ons is gretig om die ware Bruid van YAHUSHUA te ontmoet, terwyl ons besig is om die Heilige Arende bymekaar te maak. Die opdrag is aan haar van YAHUVEH gegee, om 'n spesiale salwings, seëlings gebed vir beskerming te bid, vir die komende dae.

Die wat deur YAHUSHUA vertel is dat hulle die Bruid van YAHUSHUA is, e-pos haar, en as dit bevestig is, sal sy met jou die Geheime deel, wat slegs verberg is vir die Ware Bruid van YAHUSHUA, wat aan haar gegee is tydens die vrystel van profesie 76, Bid voor die tyd dat sy sal weet of sy die geheime moet deel, wat die salwing in jou lewe sal vergroot en jou met 'n dieper intimiteit met YAHUSHUA ons MESSIAS sal bring.

Liefde, julle Suster
Elisabeth

Profesie 77

Aanskou! EK, YAHUVEH Stuur Jou Voort Met 'n Nuwe Salwing Vir Die Pinkster Kerke, Vir Die Wat Wil Glo En Ontvang!


7 Januarie 2005

* * * * * * *

"O Abba YAHUVEH, O Abba YAHUVEH! Herhaal asb. die woord wat U voortgespreek het, in die Naam van YAHUSHUA ons MESSIAS." (Elisabeth wat bid)

* * * * * * *

Leer hulle MY dogter, leer hulle. Jy het 'n las vir die Pinksterlikes. EK het jou gered in 'n Pinksterlike Kerk. EK het jou gesalf in 'n Pinksterlike Kerk. EK het jou gevul met MY kosbare RUACH HA KODESH (Heilige Gees), waar jy die Heilige Tale ontvang het. Dit is waar EK jou die begeerte gegee het om MY al die dae van jou lewe te dien! Nou wil EK jou vra om terug te betaal. Jy sê jy is kwaad, omdat die Pinksterlike Kerke nie jou die Joodsheid van julle Messias geleer het nie, om die Heilige Sabbatte te Hou, en om die Heilige Feeste te Hou. Jy MOET HULLE LEER!

Dit is hoekom EK jou na hierdie land stuur, na hierdie Staat, waar jy gesê het jy wil nie gaan nie. Maar EK vertel jou dat 'n salwing sal kom, groter as enige van die "Azuza's". EK stuur jou voort na die Pinksterlike Kerke, omdat hulle nie gehoorsaam kan wees aan dit wat hulle nie weet nie. Tot dusver het jy gesê dat jy 'n Messiaanse Jood is, so die Pinksterlikes kom skaars na jou, behalwe die wat EK na jou toe stuur, een vir een.

Nou stuur EK jou voort, dit is die nuwe Geboorte. EK stuur jou voort om hulle te leer, EK stuur jou voort om hulle te salf, EK stuur jou voort, binne in die Pinksterlike Kerke, waar jy gesê het, "Ek gaan nie meer na 'n Sondag Kerk toe nie." O, maar nou is die tyd en nou is die seisoen wat EK jou voort stuur met 'n salwing wat jy nog nooit geken het nie, sodat hulle nie enige verskonings sal hê, wanneer hulle voor MY staan en sê nie , "Niemand het MY gesê nie." EK ken hulle harte, EK ken die harte van die wat MY waarlik aanbid en loof, hulle is soos jou hart en sê, "Niemand het vir ons gesê nie." So EK stuur jou voort om hulle te vertel!

Voortaan, wanneer hulle sê, "Watter soort?" sê dan, "Messiaanse Joodse 'Pentecostal' (Pinksterlik)!" Ek het gesê, "Messiaanse Joodse 'Pentecostal' (Pinksterlik)!" Julle sien, hulle sal nie die woorde, Messiaanse Joods herken nie, maar hulle sal die woord Pinksterlik herken!

Elke dag moet 'n dag van Pinkster wees. Elke dag wil EK julle met MY krag vul. Elke dag wil EK met julle praat. Die Pinksterlikes regoor die wêreld roep uit en sê, "Vul my met U salwing, O YAHUVEH." O, hulle noem MY by die naam JEHOVAH, maar EK ken MY NAAM!

Leer hulle, hou op om te kla!

EK sal die verantwoordelik hou, wie hulleself herders noem. Julle sal nie deur almal ontvang word nie. Julle sal weet van watter gees hulle vandaan is. Wanneer julle na hulle kerke toe gaan, EK sal jullle wys watter kerke, EK sal julle die Pastore wys. O, EK weet selfs nou, MY dogter, sê jy, "Wie ek? Sekerlik nie ek nie?" Onthou jy die woorde Niko, wat EK gesê het wat sy sou sê. Dit is die einste woorde waarmee sy sal probeer om teen MY te stry, omdat EK haar tong beheer. Leer hulle!

Sê vir Charles dit is die nuwe boodskap, dit is die nuwe woord, EK wil hê dat die Pinksterlikes die aanvulling van die nuwe salwing sal kry, wat groter is as dit van die "Azusa"!

Wanneer hulle MY Seun aanroep, nie net in die naam JESUS CHRISTUS nie, wanneer hulle die erfdeel wat EK vir hulle op die aarde gee. HY het gekom van die Lyn van Dawid, HY het gekom as 'n Hebreër, so leer hulle! EK wil hê dat HY ge-eer word, en dat HY op SY naam YAHUSHUA geroep sal word. EK maak 'n belofte en lê 'n eed af, die wat gehoorsaam is, die wat hulleself Pinksterlikes noem, julle is wêreldwyd verspreid, dit is waaroor satan skud en bewe. As julle net die waarheid van die Joodsheid van die Messias, vir wie julle jul lewe gegee het, sal aanvaar. As julle maar net gehoorsaam wil wees en weet dat die Sabbat Dag nie op 'n Sondag is nie!

EK het nie net vir 'n mens se ontwil verander nie. As julle maar net MY Heilige Feeste wil ontvang. EK wil steeds hê dat julle dit waarneem. Dit is omdat dit 'n seëning is oor julle Pinksterlikes, en EK praat net met die wat 'n hart vir MY het. Die, wie die VADER GOD YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) eerste in hulle lewe en hulle liefde gesit het, EK ken julle harte en julle begeerte om aan MY gehoorsaam te wees, julle is gesalf, julle baklei vir Heiligheid, maar daar is 'n groter salwing aan die kom, groter as waarvan julle nou reeds weet. Julle het dit nodig om teen die bose te baklei. Sê MY woord nie,"Wanneer die vyand kom soos vloedwater, sal EK 'n maatstaf teen hulle oprig!" Dit is die vloed MY kinders, as julle maar net wil ontvang, as julle maar net wil glo, as julle maar net die mensgemaakte leerstellinge en dae wil neerlê, en die waarheid optel.

Leer hulle, MY kind. Leer hulle, MY Elisabeth. Moenie brom nie, moenie kla oor al die jare wat jy nie geweet het nie, maar leer hulle en hulle sal kom, en hulle sal by MY voete val en sê, "VADER, ek het nie geweet nie, YAHUSHUA, ek het nie geweet nie, EK het nie U Hebreeuse naam geken nie." Julle sien, daar is nie regtig baie verskil tussen julle en hulle nie. Hulle ook, en EK praat van die ware en nie die valse nie, hulle is gevul met die RUACH HA KODESH (Heilige Gees). EK spreek in woorde wat hulle ook verstaan, EK praat met hulle deur tekens, wonders en wonderwerke, wat duidelik gemaak word, deur hulle. Tot dusver het hulle net vaagweg deur die glas gesien, nou wil EK hê dat hulle baie duidelik deur die glas moet sien, veral aan die einde van dae.

MY kinders, dit is die "Wild Fire" salwing waarvan EK praat. Neem dit in hulle kerke in. So baie Kerke is verskroei en verdroog, hulle het 'n keuse of hulle hul monde wil wyd oopmaak en die nuwe Lewende Vars water wil ontvang, direk vanaf die Hemel. EK gee julle albei opdrag, voed MY kinders! O, maar julle sê, "Ons het dit gedoen." Maar daar was 'n skeiding. Hulle verstaan nie, so voed die wat nie verstaan nie, bereik die Pinksterlike Pastore, bereik die Pinksterlike skape en lammers. Hulle het hulle in spesifieke kerke ingedeel, so EK gebruik daardie spesifieke name en EK sê, bereik hulle vir MY GLORIE, bereik hulle, omdat EK begeer om hulle te seën op 'n groter manier as waarop hulle as geseën is. Ek het 'n begeerte om hulle te gebruik, om 'n maatstaf teen die bose mense op te rig!

Onthou dit, MY kinders, een met MY, YAHUVEH, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA, is 'n meerderheid! 'n Miljoen, selfs tien miljoen sonder MY, sonder MY Seun YAHUSHUA se bloed wat hulle beskerm, is 'n minderheid! Jy kan alle dinge doen, deur MY, YAHUVEH wat jou sterk maak!

So dit is net een van die nuwe geboortes, MY kinders, waarna EK julle gestuur het.

Moenie selfvoldaan wees, as julle in hul kerke ingaan nie, al is dit op 'n Sondag. Moenie hulle as nikswerds sien vir wat hulle nie weet nie, moenie hulle veroordeel vir wat hulle nie weet nie, omdat EK hulle vergewe het. Dit is slegs nadat hulle weet, dat hulle verantwoordelik gehou sal word. Net soos julle nou verantwoordelik gehou word.

So is dit gespreek, so is dit geskryf op die Dag van 26 Desember 2004.

Gegee aan die Bruid van YAHUSHUA,

* * * * * * *

Die woord het na vore gekom, nadat ons 'n TV program gekyk het oor Pinksterlikes, op "MSNBC Investigates". Ek het begin treur en uitgeroep, "O, YAHUSHUA, stuur asb. iemand om die Pinksterlikes te leer wat aan ons geleer was, oor die Joodsheid van die MESSIAS!"

My man en ek het toe saam gebid en gelees "communion". Dit is die nag toe ons Webwerf Bestuurder voor die hele wêreld moes berou hê, omdat hy visioene wat nie goedgekeur was nie, gepubliseer het, dit was van iemand met die naam "Raven", en ons het nie 'n getuie gekry dat sy die visioene spreek, waar dit vanaf YAHUVEH kom nie. Dit was 'n tyd van groot hartseer en ween, gedurende gebed. Tot ons verbasing het die woord toe voortgekom. Ons was deur YAHUVEH vertel dat ons 'n geestelike geboorte sal gee, en dat dit in drieë (3 op 'n slag) sal kom, dit was die eerste geboorte.

As jy 'n Pinksterlike is en dit lees, kontak my asseblief. Kontak ons gerus, as jy 'n Pinksterlike Pastoor is en wil hê dat ons na jou toe moet kom en deel wat YAHUSHUA ons leer. Ons is besig om nou deur Amerika te reis, en in YAHUSHUA se tyd sal daar geen afstand wees wat ons nie in staat sal wees om te reis nie.