Profesie 80

BRUID VAN YAHUSHUA, BID DAT EK, YAHUVEH, JULLE VYANDE NA DIE PARSKUIP VAN MY WOEDE SAL STUUR

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
Januarie 18, 2006 - 1:40 in die oggend

Openbaring 14:17-20
En 'n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook 'n skerp sekel gehad;
en 'n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar gekom en met 'n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van YAHUVEH. En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.

Bruid van YAHUSHUA, moenie langer julle pêrels voor die swyne van die wêreld gooi nie. Sommige swyne is weggesteek agter kansels, die rykes en beroemdes wat hulleself Christene noem, selfs op julle lugstrome. Hierdie swyne is almal in sektariese godsdienste. Net soos die fariseërs nie YAHUSHUA verstaan het nie en HOM dood wou hê, so ook sal die, met die gees van godsdiens, wat deel is van die kerke van Babilon, jou nou ook nie verstaan nie. Hulle sal jou "Shkhinah" Gloriese lig, vermy.

Bruid van YAHUSHUA, die jaar van 2006 moet julle bid vir vrede in Jerusalem, op 'n manier waarop julle dit nog nooit gedoen het nie. Soos julle bid vir vrede in Jerusalem, moet julle besef dat julle bid vir die Prins van Vrede, wat MY Seun YAHUSHUA is, om SY koms te spoedig, sodat HY op die aarde kan heers as Koning van Konings, en alles wat onheilig is van die aarde weg te neem en 'n vasgestelde tydperk te stel.

Bruid van YAHUSHUA, besef dat EK, YAHUVEH julle beveel om dit te doen, besef dat YAHUSHUA nie kan terugkom en heers en aan bewind wees, totdat Yisrael nie grootliks swaargekry het nie. Baie weeklaag, huil, barenswee en bloed sal voort vloei en net EK, YAHUVEH, het geweet wat dit sou neem om Yisrael te kry, om weer in gehoorsaamheid te loop na MY "Torah" wette, wat EK hulle deur Moses gegee het, en lief te wees vir MY, YAHUVEH, waar hulle nie langer bang sal wees om MY Heilige naam, waarin daar 'n gesalfde Krag is, voort te spreek nie.

Hulle sal die leuens teregwys wat aan hulle oorgegee is. Yisrael sal YAHUSHUA aanvaar, nie net as YAHUVEH se Seun nie, maar ook as die Messias. Hulle sal die heilige bloed offer aanvaar, wat YAHUSHUA SE GESKENK WAT HY GEGEE HET BY GOLGOTA, is. SY REDDENDE, BEVRYDENDE, GENESENDE, OPSTANDINGS KRAG IN DIE BLOED VAN DIE ENIGSTE PERFEKTE LAM VAN YAHUVEH!

Yisrael sal nie die PRINS VAN VREDE weer na hulle nasie toe sien kom nie, voordat dit nie gedoen is nie. Satan sal valse vrede stuur vir 'n kort rukkie om julle te mislei, maar dan sal dit wees asof alle Hel losgebreek het regoor die wêreld, wanneer daardie kort tydjie verby is.

Yisrael, julle sal draai na julle Skepper en MY weer liefhê en gehoorsaam wees. Yisrael, onthou julle Koning Dawid van ouds, onthou julle wat hy gedoen het om die oorloë te wen, wat hy gewen het. Hy het homself nederig gemaak voor MY, YAHUVEH, en Roem en Aanbidding is wat die oorwinning gebring het vir die Israeliete van ouds. Bruid van YAHUSHUA, julle moet bid dat Yisrael weer Heilige heersers sal begeer, wat MY, YAHUVEH, liefhet en gehoorsaam.

Wanneer Yisrael weer aan MY, YAHUVEH, gehoorsaam is en liefhet, soos Abraham, Isak en Jakob was, dan sal EK dit teruggee wat van Yisrael gesteel was, dan sal EK Yisrael verlos van die vyande.

Yisrael is 'n koppie van bewende terreur, aan die hele wêreld. Dit is waar die eind tyd oorlog geveg sal word--goed teen sleg. Satan sal sy Seun stuur om oor die wêreld te heers, vanuit hierdie een nasie, omdat satan MY terg en alles namaak wat EK, YAHUVEH doen.

EK, YAHUVEH, stuur MY Seun YAHUSHUA met MY Gees, om siele na die Hemel te lei, en satan stuur sy gees om almal te mislei, diegene wat na die gees van rebelsheid teen alles wat Heilig is, sal luister en volg, waar hulle na die Hel toe gelei word en 'n merk aan hulle gegee word.

Net soos YAHUSHUA, die gemerk het wat waarlik aan HOM behoort, die wie se name geskryf is in die Lam se boek van die lewe, voor die fondasie van die wêreld, net so het satan die gemerk wat aan hom behoort, en sal hulle weer fisies merk, om te bewys dat die wat hom volg, se name is in die boek van die vervloektes of die boek van die wat uitgeklad is. Niemand wat satan se merk neem, sal in die Koningkryk van die Hemel ingaan nie.

Yisrael sal nooit ware vrede ken, totdat sy sê, "Geseënd is HY wat kom in die naam van YAHUSHUA die MESSIAS!" EK het die BRUID VAN YAHUSHUA nou gestuur om tussenbeide te tree en te bid vir Yisrael en vir mekaar. EK YAHUVEH wil julle vertel van hierdie weelde van 'n bruid, terwyl EK deur die handgemaakte maagd praat van 'n Nuwe salwing wat deur YAHUSHUA aan SY Bruid gegee sal word, as hulle net kan glo en vertrou.

Bruid van YAHUSHUA, nou moet julle glo en vertrou wat hierdie woord voort bring, maar binnekort sal julle nie langer eers vertroue nodig hoef te hê om dit voort te spreek nie. Jy sal weet dat jy weet, net soos Elia (Elijah) van ouds, sy vyande voor hom sien verteer het, net so sal julle dieselfde sien. Julle sal oor die as loop, van die vyande van heiligheid, en nie terug kyk nie.

1 Konings 18:40
Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.

EK, YAHUVEH, het besluit dat daar oorlog op die planeet aarde sal wees, waar onheiligheid volop is. EK, YAHUVEH, gee nou hierdie nuwe volmag. Wanneer daar vir MY in MY Seun JAHSUA SE NAAM gebid word, kom dapper voor MY en vra dat Yisrael se vyande in die parskuip van MY Woede gegooi sal word! Die tyd is so min en kom so vinnig nader, so EK waarsku die Bruid van YAHUSHUA en Gaste van die Bruilofsmaal nou, deur hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA.

Satan sal sy valse vrede stuur, om eerstens die ware Prins van Vrede te terg, en om die wêreld te probeer mislei en te merk met sy merk. Satan het selfs 'n dag van die week gestel, wanneer hierdie merk gegee gaan word. Die met ore wat kan hoor en luister, Wees versigtig vir die mensgemaakte Sabbat. EK het MY profete gestuur om te waarsku dat die tyd gaan kom, wanneer almal moet kies watter GOD hulle gaan dien.

Binnekort gaan daar 'n seun van verdoemenis kom, wat meer as net julle ergste diktators gaan doodmaak. Die Seun van verdoemenis sal in 'n vorm kom wat julle nie gedink het nie. Die Seun van verdoemenis sal kom met 'n haat vir enige een wat 'n ander Messias erken. Die seun van verdoemenis het 'n haat vir almal wat waarlik Heilig is, en wie YAHUSHUA as hulle Messias aanvaar het.

1 Johannes 2:18
Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

Johannes 2:22
Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat YAHUSHUA die MESSIAS is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.

1 Johannes 4:3
en elke gees wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie, is nie uit YAHUVEH nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

2 Johannes 1:7
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

MY Heiliges sal nie MY, YAHUVEH, of YAHUSHUA die MESSIAS verraai nie. Net die met die gees van 'n Judas sal die Merk ontvang, asook die beloning wat deur satan gegee is, wat van korte duur sal wees.

Yisrael sal altyd staan. Niemand sal haar ooit van die kaart afvee nie, omdat MY SEUN YAHUSHUA SY voete sal plant op die Olyfberg en sal heers en aan bewind wees vanuit Jerusalem. EK het 'n eed afgelê en Yisrael sal nooit heeltemal verwoes word nie. O, hoe anders is dit vir die wat 'n komplot teen Yisrael het, soos 'n Judas, wie gesê het dat hulle Yisrael van die kaart gaan afvee!

EK, YAHUVEH, is die enigste een wat die reg het om Yisrael te straf soos 'n eiesinnige kind. Die met die gees van 'n Judas en Haman (Ester 3:1-6) -- moderne dag se Hamas -- sal enige skade wat hulle aan Yisrael doen, self oes (Ester 8:7).

Soos die Bruid van YAHUSHUA, wie MY Ester is, bid vir vrede van Jerusalem, moet hulle besef dat hulle alles wat beveel was, nou aanjaag. Die koms van die Seun van satan, wat die Seun van verdoemenis genoem word, julle jaag ook die Groot Verdrukking aan, soos julle die koms van YAHUSHUA aanjaag, om te heers en aan bewind te wees in Yisrael en om te sit in die Heilige Tempel.

Wanneer julle sê, "Kom YAHUSHUA, kom vinnig," besef dan die nuwe salwing soos julle die woorde voort spreek in gesalfde gebed. Net soos Haman elke Jood probeer vind en doodmaak, so ook is Sataniese heersers op die aarde besig, hulle sal elke Messiaanse Jood probeer soek en doodmaak, asook die wat YAHUSHUA as die enigste Messias aanvaar het.

Esegiël 9 het alreeds begin. My Heilige Mense word deur MY hand alleen geseël! EK wil nou vooraf waarsku, verwoesting is oppad vir die onheiliges en goddeloses. EK het 'n oorblyfsel in Yisrael, wie weggesteek is, en tog is hulle deel van die lede van die Bruid van YAHUSHUA. Dit is nou die tyd om op te staan en die een deur wie EK hierdie woorde spreek, te kontak, omdat julle een is.

Vanaf hierdie jaar sal julle sien hoe hierdie wêreld se regerings verraai, soos julle dit nog nooit gesien het nie. Wat ookal EK, YAHUVEH, besluit het, 'n afskuwing is, sal deur die goddeloses in MY gesig gewuif word vir die hele wêreld om te sien. Nasies sal teen mekaar draai in woorde en oorloë, met 'n dors vir krag, begeerte en bloed. Met 'n onversadiglike dors soos bloedsuiers of bloed suigende vampiere. Politikusse wat swak verskonings maak om mekaar te vermoor en oorlog te voer.

O, hoe lank, rebelse mense van die aarde, dink julle kan julle jul vuiste skud vir MY, YAHUVEH, julle Skepper, en MY manne en vroue van heiligheid, terwyl julle MY Heilige skrifte vertrap onder julle voete, en terg en haat wat Heilig is? Hoe lank dink julle sal EK wag, voordat julle mense van rebelsheid die noodlot van Sodom en Gomora gaan verduur?

EK, YAHUVEH, het julle kanse gegee om te berou, veral jy, o Amerika, en tog word julle sonde net meer en die verafskuwing net erger as die vorige een. EK, YAHUVEH, het jou gemaak, o Yisrael en Amerika, om apart en heilig voor MY te wees, waar seëninge op julle uitgestort is. En julle land en mense was suksesvol en julle weer het EK geseën vir julle oes se onthalwe.

Vanaf hierdie jaar, vorentoe, sal EK die weer teen sekere dele van die aarde draai, deur dit te gebruik as 'n vyand teen MY vyande, in 'n groter maat as in 2005. O, Yisrael en Amerika, julle is 'n nasie wat gemaak was om 'n leier te wees. Nou lei julle ander nasies na rebelsheid en verafskuwing.

Julle ander nasies het gekyk en geweier om te luister en gehoorsaam te wees, so EK het julle ore bedek en julle oë toegemaak, terwyl EK gepraat het en gebrul het deur die vure, hael, orkane, vloede, tornados, droogte, aardbewings, tsunamis en vulkane. Julle het geweier om te luister toe EK MY een voet op die grond gestamp het en die aarde veroorsaak het om te bewe in vrees, so groot dat die rotasie van die aarde nou steier soos 'n dronkaard. Wat sal julle sê as EK albei voete in woede stamp?

Nasies wie MY heilige mense slag asof hulle skape is wat gelei word om geslag te word, huil by hulleself, wanneer EK aardbewings, tsunamis en oordeel stuur vir die moord van onskuldige Christene wie geen bloed op hulle hande gehad nie, mans, vrouens en kinders was en is vermoor a.g.v. een rede…hulle het geweier om YAHUSHUA die MESSIAS te ontken, die een wie hulle Jesus Christus genoem het, wie die Messias is, MY, YAHUVEH se enigste vaderlike Seun.

Alle nasies, insluitend Indonesië, EK het julle bloed en julle geliefdes geëis, omdat julle die lewens geneem en ge-eis het van ware Heilige Christene. En so sal dit aanhou met die mense van alle nasies van die aarde. Julle sal maai wat julle saai. As julle Heiligheid en gehoorsaamheid aan MY Heilige Skrif saai, en MY, YAHUVEH, as julle Skepper sien, en erken dat YAHUSHUA, MY, YAHUVEH, se Seun is en julle Messias, so sal julle MY seëninge maai van die Hemel. 2006 sal julle Jubeljaar wees, as julle kan glo en geloof het in YAHUSHUA se Naam, dat EK, YAHUVEH, julle sal bevry van MY woede wat gaan kom, veral vir die getroue Bruid van YAHUSHUA, wie EK MY Ester noem.

1 Tessalonisense 5:9
Want YAHUVEH het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur YAHUSHUA

Dit is wat EK, YAHUVEH, besluit het, die van julle wat onheiligheid saai, wat verskonings maak om sondige leefstyle te volg, onskuldige bloed vergiet, terg, rebels is, julle dienaars kinders van satan wat weier om berou te hê van julle toordery, heksery, "voodoo", satanisme, en alle vorms van die okkulte, insluitend die oproeping van geeste…binne in MY parskuip van woede, MY vleismeul, sal julle gaan! Julle goddeloses wat, liefhet om dood te maak en oorlog te maak, wie die geeste van rebelsheid aanbid, steel, doodmaak en verwoes, moor en gulsig is. Julle goddeloses stenig, maak dood, martel, julle wie MY Heilige Saad aanval en in die tronk gooi, en hulle forseer om martelare te word…binne in MY, YAHUVEH, se parskuip van woede, binne in MY vleismeul, sal julle gaan.

Openbaring 19:15
En uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van YAHUVEH, die Almagtige.

EK, YAHUVEH, sal die seën, wie 'n seën is vir MY Seun YAHUSHUA en die wie 'n seën is vir MY kinders van Heiligheid. EK, YAHUVEH, sal die vervloek, wie 'n vervloeking vir MY en MY Seun YAHUSHUA is, EK sal MY vervloekings van Deuteronomium 28 stuur aan almal wie, YAHUSHUA se Bruid, MY Ester, wil seermaak, of hulle verwoesting en dood soek.

EK, YAHUVEH, sal MY Heilige mense seën met Deuteronomium 28, die seëninge wat geberg is vir YAHUSHUA se Bruid, wie die Heilige Vuur van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) openbaar. EK deel MY geheime met MY gesalfde en ware apostels en profete. EK, YAHUVEH, sal al MY vervloekings van Deuteronomium 28 stuur aan almal wie beweer dat hulle MY Seun YAHUSHUA dien, maar eintlik satan met woord en daad dien, en weier om aan MY gehoorsaam te wees, en 'n namaaksel van die salwing openbaar, wat die "strange fire" genoem word…en hulle siele verkoop het soos 'n Esau, vir roem en rykdom, wie 'n kompromie aangaan met MY Heilige Skrif en van dwaling en die duiwel se leerstellings leer.

Die volheid van MY RUACH HA KODESH (Heilige Gees) word nie gevind in enige priester wat 'n kompromie aangaan met wat hulle weet, waar is nie, of die skrifte en MY gebooie verdraai, om aangepas te word om die mensdom of die regerings van die wêreld tevrede te stel nie. Moenie mislei word nie. EK, YAHUVEH het nie MY opinie verander oor wat sonde is nie, en waar sondaars wat nie berou het nie, die ewigheid sal spandeer.

Julle moraal en interpretasie van sonde mag verander het, maar EK IS wie EK IS, en EK, YAHUVEH, het nie verander nie, ook nie MY Seun YAHUSHUA nie. EK, YAHUVEH het die twee tablette van wette geskryf, genaamd, die gebooie in steen, met MY eie vuur vinger hulle gegraveer, waar EK dit aan Moses oorhandig het. Dwase, wat dink dat EK MY Seun YAHUSHUA van die Hemel gestuur het om die wette te verander, insluitende die wette van MY Sabbat Dag.

In 2006 en hierna sal MY Heilige mense groei in Heiligheid, en hard strewe om MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, in all weë te gehoorsaam, lief te hê en te dien. MY Heilige Mense sal nie 'n kompromie met die vyand aangaan nie. Die Bruid van YAHUSHUA het MY permissie en gesag om op MY, YAHUVEH, in YAHUSHUA se Naam te roep, en MY te vra om die demone wat hulle tormenteer, binne in MY hemelse parskuip van woede, MY vleismeul, te sit. Demone wat gestuur is om julle te tormenteer, of julle geliefdes en ander mense wat verlos is. Julle is 'n opdrag gegee om tussenbeide te tree in gebed vir bevryding.

Bruid van YAHUSHUA, roep op MY om julle te bevry van die menslike dienaars van satan, wie julle dood en verwoesting soek. Kom voor MY troon, dapper en sonder sonde, en vra MY in YAHUSHUA die MESSIAS se naam, om MY Abba YAHUVEH in YAHUSHUA die MESSIAS te vra, om hierdie goddelose vyande van MY en julle, binne in MY vleismeul, MY Parskuip vanWoede, te sit. Die, wat waag om hulle vervloekings, towerspele en heksery te werp, en alle maniere van boosheid doen, om te probeer om die Bruid YAHUSHUA,wie MY GESEËLDES IS, seer te maak, verwoes of dood te maak. Wraak is MYNE, sê YAHUVEH. EK sal die vyande van die Bruid van YAHUSHUA terugbetaal en hulle op maal in Sewe verskillende rigtings!

Bruid van YAHUSHUA, julle moenie wraak neem as hierdie menslike dienaars van satan julle seermaak nie. Bruid van YAHUSHUA, vergewe julle menslike vyande, maar lewer hulle in MY, YAHUVEH se hande. Dit is 'n skrikwekkende ding om in MY, YAHUVEH, se hande te val. Julle mag nie wraak neem nie, maar laat MY, YAHUVEH, wraak neem vir julle. EK, YAHUVEH sal al julle goddelose vyande se verstand, liggaam, gees en siel, op maal.

Daar sal niks oor wees nie, behalwe die geluid van bene wat gekraak word, wanneer EK, YAHUVEH klaar is met hulle. Enige vyand van die Bruid van YAHUSHUA, is 'n vyand van YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (Heilige Gees)! Sommige van hierdie vyande verkondig die naam van Jesus Christus, en tog is die Messias se Heilige Gees nie in hulle nie. Daar is werkers van die bose wat net hulleself flous.

Sommige wat die lees sal sê "Wie is die Bruid van YAHUSHUA?" EK sê julle dit, julle aksies spreek harder as julle woorde. Die Bruid van YAHUSHUA aanbid, is lief vir en vereer MY en MY Seun YAHUSHUA(wat ONS liefhet bo alles), wat ONS wil, in hulle lewe begeer, en bid en vra hoe om ONS te dien en tevrede te stel, hoe om 'n glimlag op die gesig van YAHUVEH en YAHUSHUA te plaas. Hulle weier om 'n kompromie aan te gaan, hulle weier om satan se leuens te glo.

Die Bruid van YAHUSHUA strewe om MY wette te gehoorsaam, soos dit uiteengeset is in die Heilige Bybelse Skrifte. Die Bruid van YAHUSHUA lewe heilige lewens, omdat hulle Heilig is. Hulle omhels die Joodsheid van YAHUSHUA, soos hulle MY Sabbat hou en eer, en hulle sien die Heilige Feeste as 'n seën, waar hulle dit in ag neem, en YAHUSHUA Messias, erken as hulle Bruidegom in almal van hulle.

Vanaf die dag vorentoe, beveel EK die Bruid van YAHUSHUA, MY Ester van nuuts, om die Fees van "Purim" in ag te neem en vrolik te maak. Herdenk en loof MY vir die bevryding van Ester, want sonder haar, hoe sou die bloed lyn van YAHUSHUA na vore gekom het?

Daar sou nie enige Hebreërs op die gesig van die aarde oor gewees het nie, as Haman geslaag het nie. Wat Haman een keer probeer het, sal weer probeer word op dieselfde manier. Belonings sal geplaas word op alle Jode en die wat glo in YAHUSHUA. Dieselfde Gees het weer deur die Gees van Hitler gekom, so dit sal weer gedoen word, wanneer die Seun van verdoemenis kom, wie die Seun van Satan is. Bruid van YAHUSHUA, leer die boek van Ester.

Bruid van YAHUSHUA, wees verheug! Weer sê EK, YAHUVEH, wees verheug! Dit is die Jubeljaar. Moenie gefokus wees op die oordeel en wraak wat EK gaan uitgiet oor julle vyande nie, die goddeloses en heidene. Vir die wat MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, aanbid, liefhet en dien…julle is gered en gewas in die gestorte bloed van YAHUSHUA, en julle word nie verwys na MY woede nie, maar julle sal eerder geseën word, as julle maar net in geloof kan glo dat julle jul Jubeljaar sal ontvang.

Bruid van YAHUSHUA, so baie van julle sukkel met teer, sieklike en ou liggame, wat oud geraak het voor hulle tyd, a.g.v. konstante fisieke, emonisiële en geestelike aanvalle en aanvalle van satan se dienaars kinders en demoniese geeste. Julle vyande het julle geestelik en verstandelik uitgeteer, tog het julle geestelik aangehou groei en sterker geword in die Naam van YAHUSHUA en deur SY gestorte bloed by Golgota.

Verheug, Bruid van YAHUSHUA! Binnekort sal julle opgeraap word, om YAHUSHUA lewendig in die lug te ontmoet, en julle liggame sal binne 'n rukkie, met 'n oogknip, verander word. En wanneer julle terugkom, sal julle nie langer gehinder word in teer aardse vaartuie van klei nie, maar instede, sal dit bonatuurlike liggame wees met krag, jeugdelike voorkoms en gesond in alle weë. Niks sal ontmoontlik wees vir julle nie.

Oorwinning oor al julle vyande en elke demoon! As julle kos wil eet kan julle soveel eet as wat julle wil, tog sal kos julle nie voeding gee nie. Instede, sal die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) julle voed. Elke Geestelike Woord wat uit jou mond sal kom deur die Heilige Skrif, sal jou voed.

Matheus 4:4
Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van YAHUVEH uitgaan.

Lukas 4:4
Maar YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van YAHUVEH.

As julle wil slaap kan julle slaap, maar dit sal nie nodig wees om julle kragte te herwin nie.

Jesaja 40:31
maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Geen tralies van 'n tronk sal julle binne hou nie, geen deure sal julle verhinder om te gaan waar EK julle vertel om heen te gaan nie. Julle sal liggame hê wat onsigbaar kan wees, as julle dit wil, julle sal enige verskynsel kan aanneem, as julle dit wil. Geen afstande sal ontmoontlik wees nie, selfs al is dit na die Hemel of na 'n ander planeet of na die ander kant van die wêreld of die maan. Dit sal so maklik wees as om net aan 'n plek te dink, dan sal julle daar aankom. Geen man, vrou, demoon en nie eers satan homself sal julle kan weerhou om te gaan waar YAHUVEH of YAHUSHUA julle vertel om te gaan nie.

Johannes 20:19
En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het YAHUSHUA gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!

Julle sal wees soos "Elijah" (Elia) en Henog van ouds. Die Bruid van YAHUSHUA sal liggame hê wat nie seergemaak of doodgemaak kan word nie, behalwe die 2 getuies, by 'n geskrewe tyd, deur 'n bonatuurlike wapen vanuit die bodemlose put, geïnspireer deur satan. Maar 3 en 'n halwe dae later sal die 2 getuies weer lewe en in hulle glorieryke liggame en opgeneem word saam met YAHUSHUA julle MESSIAS die Bruidegom.

Geliefde kinders, moenie moeg wees om goed te doen en gehoorsaam te wees aan MY, YAHUVEH en julle Messias YAHUSHUA, of julle nou de Bruid is of die Gaste nie. Geseënd is almal wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam. Soos julle sien, groei die bose met spronge en perke. Dit verhaas net YAHUSHUA se terugkoms.

Soos julle sien, is die onheilige rykes en bekendes, wie net gewone manne en vroue is, wie niks meer as illusies is nie, "idols" (afgode) van die wêreld, wie vergeet het hulle liggame is maar net van stof gemaak in MY hande, en in MY tyd sal hulle liggame van klei weer teruggaan na stof. Tog sal hulle geestelike liggame vir ewig in die Hel swaarkry en dan in die Poel va Vuur vir die sondes wat hulle gepleeg het in hulle aardse liggame. So moenie hulle beny nie.

Moenie mislei word nie, daar 'n is ewige prys wat betaal sal moet word, wanneer julle MY, YAHUVEH of YAHUSHUA, terg. Dit is soos om te probeer om 'n speld in MY, YAHUVEH se oog te steek, en EK sal terug betaal! En EK sal hulle onder MY voete op die grond vasdruk, maalvleis van hulle lewens maak, tot hulle laaste asem op die aarde! Dan sal hierdie vyande die verterende vuur van MY woede in die Hel voel, asook die Poel van Vuur! EK, YAHUVEH, beskerm MY Seun YAHUSHUA se Bruid, die verloste geseëldes, op 'n manier wat EK nog nooit voorheen gedoen het nie.

Dit is die aangeduide eindtyd en uur, op 14 Januarie, 2006, waar EK vir Elisabeth (Elisheva) Elijah wakker gemaak het en haar vertel het van 'n menslike vyand wat, terwyl sy geslaap het, na haar toe gekom het deur die geestelike koningkryk en haar probeer doodmaak het, sodat sy vir MY kon bid en MY vra dat EK haar goddelose vyande na MY parskuip van woede kon stuur, genaamd, MY Vleismeul.

EK het haar gesalf gedurende gebed. Nie net sy en haar man alleen nie, maar al die ware lede van die Bruid van YAHUSHUA het ook die gesag om MY te vra om dieselfde te doen.

Genoeg is Genoeg! Die Bruid van YAHUSHUA mag nie onder die voete vertrap word van die dienaars kinders van Satan nie. EK, YAHUVEH, gee die nuwe salwing aan die Bruid van YAHUSHUA. Die dienaars kinders van satan, en die bruid van satan, wie die Bruid van YAHUSHUA aanval, julle sal die vervloekings van Deuteronomium 28, 'n duisendvoudig maai en julle sal dit dra soos 'n tweede vel. Hulle sal kerm van die pyn en sê, "As dit nie vir slegte geluk was nie, sou ons geen geluk gehad het nie." EK sal persoonlik hierdie vyande van die Bruid van YAHUSHUA onder MY voete vertrap, en julle bloed sal vloei soos die "crimson" (karmosyn) rivier, soos EK YAHUVEH, die vyande van die Bruid van YAHUSHUA, binne in die parskuip van MY woede sit.

Lede van die Bruid van YAHUSHUA, aan julle is 'n unieke salwing gegee. EK stuur hierdie salwing oor julle, waar YAHUSHUA se Diensmaagd Elisabeth (Elisheva) Elijah dit voortspreek met gesalfde gebede en geskrewe woorde.

Lede van die Bruid van YAHUSHUA, as julle bereid is om hierdie nuwe gesag duidelik te glo en te ontvang, wat EK, YAHUVEH julle gee, dan sal EK duidelik julle bevry van julle en MY vyande, op 'n manier wat julle nog nie voorheen aan gedink het nie. Bruid van YAHUSHUA, vra MY en kyk of EK nie die demone wat julle tormenteer, sal stuur na YAHUVEH se parskuip van MY woede nie, waar EK hulle sal "uncreate".

Bruid van YAHUSHUA, op hierdie dag gee EK aan julle 'n nuwe gesag en nuwe salwing, wanneer julle MY in YAHUSHUA se naam sal vra, nie net ter wille van julle gee EK hierdie salwing nie, maar ter wille van Yisrael ook. Hoeveel sal kies om hierdie standaard te aanvaar teen die bose in die wêreld? Dit is julle keuse. Dit is slegs verberg vir die Bruid van YAHUSHUA. Al die ander wat vir dit bid sal dit geweier word.

Beledigend vir sekeres wat weier om te luister, ophelderend vir ander, wie die stem van YAHUVEH hoor,

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
Januarie 18, 2006 – 1:40 in die oggend

DIE WEGRAPING VAN ELIA EN HENOG
2 Konings 2:11 En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens 'n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.

Hebreërs 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om YAHUVEH te behaag; want hy wat tot YAHUVEH gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

PURIM (JOODSE VAKANSIE DAG)
"Purim" is Dinsdag 14 Maart, 2006. Die "Feasts of Lots" word waargeneem op die veertiende dag van die Hebreeuse maand van "Adar" (Februarie-Maart). Dit is die viering van die bevryding van die Persiese Jode, oor die mees lafhartigste komplotte in die geskiedenis, om die die Jode uit te roei. Die boek van Ester in die Ou Testament vertel die storie van hoe die mooi Joodse vrou Ester (Hadassah) en haar niggie (Mordecai), die bose Haman, wie 'n slagting teen die Jode beplan het, belemmer het.

HAMAN

Esther 8:7
Toe sê koning Ahasvéros aan koningin Ester en aan die Jood Mórdegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.

Esther 9:10
die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

Esther 9:12
en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyf honderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? --dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? --daaraan sal voldoen word.

Esther 9:24
Want Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, teëstander van al die Jode, het 'n plan beraam teen die Jode om hulle uit te roei, en die Pur, dit is die lot, gewerp om hulle te vernietig en hulle uit te roei.

Deuteronomium 28
28:1 As jy dan goed luister na die stem van YAHUVEH om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal YAHUVEH jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
28:2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van YAHUVEH.
28:3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
28:4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
28:5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
28:6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
28:7 YAHUVEH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
28:8 Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat YAHUVEH jou sal gee.
28:9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van YAHUVEH hou en in sy weë wandel.
28:10 En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van YAHUVEH oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.
28:11 En YAHUVEH sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat YAHUVEH aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee.
28:12 YAHUVEH sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

HAMAS
Palasteinse Islamitiese terroristiese organisasie. Hamas het selfmoord en ander moorddadige aanvalle teen die Joodse Israelitiese burgers uitgevoer (hoofsaaklik op tansportasie gebiede en markte, asook aanvalle op militêre teikens in die Gaza strook), om verder in sy doel te slaag om 'n Islamitiese Republiek van Palestinië in Israel, Die Wes Bank en Gaza Strook te vestig [Dit sal nooit gebeur nie]. Die groep word gelys as 'n terroristiese organisasie deur Australië, Kanada, die Europese Unie, en die Verenigde State van Amerika, en is ook verban uit die Jordaan.