Profesie 81

O, Yisrael!
EK, YAHUVEH, WYS JULLE TEREG!


Januarie 24, 2006 - 7:00 n.m. (1ste deel van die profesie)
YAHUVEH het gesê, moet dit nog nie vrystel nie, omdat dit nog nie klaar is nie.

2de deel Februarie 7, 2006 - 5:00 n.m.
Gegee aan Elisabeth (Elisheva) Elijah

* * * * * * *

O, Yisrael, O Yisrael, EK treur! Wat meer moet Ek doen. EK het MY Seun YAHUSHUA na julle gestuur.

* * * * * * *

[Elisabeth]

Elisabeth sê, "Hmmm."

"Stop, Stop, Stop!" [YAHUVEH het haar vertel om te stop en dat ons ons geestelike gesag moes gebruik om eers, satan en sy demone weg te bind vanaf die area waar ons gebly het, alle prinse, kragte, belangrikstes en heersers in hoë plekke in die area, te bind, in die naam van YAHUSHUA, sodat die woord nie verhinder kon word nie.]

[Elisabeth het aangehou in Heilige tale en dit is die preek wat na vore gekom het onder die salwing.]

"Dit is die woord wat aan Yisrael gegee moet word nadat my man 'n droom gehad het wat die salwing in my opgewoel het. So ek smeek U, Abba YAHUVEH, omdat U my liefhet, omdat U my gemaak het, omdat U hierdie lippe en tong gemaak het, sou ek eerder dat U nie my gemaak het nie as om my toe te laat om ooit valslik 'n woord te profeteer in U NAAM. So as dit waarlik vanaf U is, laat die Woord na vore kom. Indien nie, laat hierdie Woorde weggaan!"

"Ek bid in die naam van YAHUSHUA ons MESSIAS! Ek vra U Abba YAHUVEH, in die naam van YAHUSHUA, om U hemelse kole op hierdie lippe te plaas. Laat U woorde na vore kom, op 'n manier wat hulle nog nooit het nie. (Heilige tale) Heilig, Heilig, Heilig, ons prys U Abba YAHUVEH en YAHUSHUA."

[Ek het die Woord gestop om na vore te kom, totdat ek die geestelike gesag geneem het.]

"O, Heilige, Heilige, Heilige, Abba YAHUVEH, wat is dit wat U wil sê?"

[Persoonlike nota vir die wat wil weet hoe ek "YAHUVEH" uitspreek. Dit is "YAHUVEH". Baie Messiaanse Jode spel dit soos ek dit uitspreek. Ek voel, gelei deur die RUACH (Heilige Gees), om dit te begin spel soos ek dit uitspreek. Ek wou verduidelik sodat ek nie enige een van julle deurmekaar sal maak nie.]

* * * * * * *

O Yisrael, O Yisrael, dit wat 'n appel in MY oog was, dit het nou 'n wurm in, EK wys JULLE tereg! EK, YAHUVEH, die een wie Abraham, Isak, Jakob aanbid en gehoorsaam het… EK, YAHUVEH, WYS JULLE TEREG!

Julle sê, hoekom word ons geforseer om die land op te gee wat ons voorvaders vir ons gegee het? EK vra julle die vraag: Loop julle in "Torah"? Leef julle in "Torah"? Net soos julle voorvaders dit gedoen het?

O Yisrael, net so sekerlik soos MY Seun YAHUSHUA 'n Judas gehad het wat HOM vir 30 stukke silwer verraai het, net so het julle 'n Judas, die een wie aan julle die sogenaamde padkaart van vrede oorhandig, wat net sal eindig in julle verwoesting, om die weg voor te berei vir dit wat genoem word die antichris, die anti Messias.

Mense sê julle is die Heilige land, maar EK, YAHUVEH sê daar is geen heiligheid nie! So min van die oorblyfsel wat EK het, loop in die "Torah" en leef in die "Torah"! Julle het die gees van 'n fariseër! En EK sê julle dit: Alhoewel dit nie EK is wat julle land verdeel nie, sal EK die vyand toelaat om dit te doen vir julle ongehoorsaamheid!

Maar EK vertel julle dit, EK sweer by dit, by MY EIE NAAM, sweer EK, YAHUVEH dit, EK sal wraak neem oor julle vyande! Dit is MY, en MY alleen, se gesag om julle te straf op 'n manier wat EK besluit het. Hierdie vyande wat teen julle kom sal die noodlot van Judas hê.

EK, YAHUVEH, sal genade hê met die oorblyfsel wat Heilig is, die van julle wat huil, rou en ween, soos julle sien hoe Judas verraai. Die van julle wat pleit vir die land, vir Jerusalem, die van julle wat 'n man van sonde teregwys en verafsku. Die van julle wat MY NAAM roep, in MY Seun, YAHUSHUA se NAAM, EK sal genade hê en julle seën! MY woede verwys nie na julle nie.

Maar julle, o Amerika! En die ander nasies wat saam met julle is, wat dit waag, om dit aan te raak wat EK julle gesê het om nie aan te raak nie, om dit te deel wat EK julle gesê het om nie te deel nie…julle sal die noodlot van Judas ly! Julle sal die dag betreur wat julle 30 stukke silwer na Yisrael se kant toe gegooi het! Soos julle die land deel, soos julle die een omkoop wat die land deel, net so sal EK julle deel in elke weg! 2005 was maar net 'n voorbeeld. Julle weet nie en verstaan nie, die gruwel wat EK vir julle het, wat reguit uit die Hemel kom, nie van 'n man gestuur nie!

O Yisrael, O Yisrael, hoe lank sal jy nog teen MY veg? EK ken die spesifieke dag toe jy jou wil aan MY losgelaat het. O, maar wat 'n bloedige pad sal julle moet reis, totdat MY Seun YAHUSHUA kom, en julle sal skree, "Geseënd is hy wat kom in die naam van YAHUSHUA ons MESSIAS!"

O, wat 'n bloedige pad sal julle moet reis, tot daardie dag. Die dooies is oral, na links en na regs, wat huil en weeklaag vir die gruwel wat in die nag kom. Julle het beter geweet, julle het beter geweet, en tog het julle gedoen wat EK julle vertel het om nie te doen nie. Julle het die omkoopgeld aanvaar, simbolies genoem, die 30 stukke silwer. EK bedek MY gesig elke keer as EK hoor dat daar na Yisrael verwys word as, Yisrael die Heilige land. EK soek ver en wyd en daar is slegs 'n oorblyfsel wat heilig voor MY genoem kan word, en hulle is die wat ween en weeklaag, omdat hulle sien wat besig is om te gebeur met hulle land.

Aborsie en homoseksualiteit, pornografie en afgodery moet geen deel hê in julle nie! Oor en oor sien EK die gees van 'n fariseër in julle heers! Jy, O Yisrael, het 'n vorm van godsvresendheid en hoeveel Godsvresendheid is nie binne in julle nie! EK, YAHUVEH, wys julle tereg en tugtig julle en dit is net die begin!

Bose "Rabbis" (priesters) wat nie "Rabbis" (priesters) is nie, en tog waag hulle om hulself "Rabbis" (priesters) te noem, het 'n vorm van godsvresendheid, maar geen Godsvresendheid binne in nie. Hulle het geen vrees vir MY, YAHUVEH, of MY Seun YAHUSHUA of vir die prys wat HY op Golgota betaal het nie. Hulle is slegs waardig vir die vuur van MY verwoesting. EK het 'n oorblyfsel, so min van 'n oorblyfsel! Hulle bewe selfs vir die naam "Rabbi" (priester), omdat hulle nederig voor MY is en hulle is die wat MY bly maak, wat sê daar is net een "Rabbi" (priester), en SY naam is YAHUSHUA ons MESSIAS!

O Yisrael, EK kyk oor julle land, en hoeveel van dit is "Torahless". Geen wet en orde is aan die dag nie en julle wonder hoekom? Julle vrees julle vyande van die wêreld meer, as wat julle MY, YAHUVEH, vrees. Julle laat toe dat die wat julle "Rabbi" (priester) noem, MY Heilige Name steel, om julle te leer, "Moenie op daardie naam roep nie, julle is nie waardig om te roep op daardie naam van die Skepper nie!" Julle het hulle leuens geglo, maar EK stuur MY handgemaakte profeet om julle nou te sê, "Moenie hierdie leuens glo nie!"

Roep MY weereens in MY NAAM, YAHUVEH, en gebruik die naam YAHUSHUA, om by MY troon te kom! Julle word toegelaat om MY naam te ken! Watter kind ken nie die Vader se naam nie? Moenie hierdie leuens glo nie! Daar is 'n gesalfde Krag in MY NAAM, en EK sal jou roeping hoor en antwoord, wanneer julle na MY toe kom in MY Heilige Seun, YAHUSHUA se naam!

Lees julle eie Skrifte. Hoeveel keer moet EK jou vertel om uit te roep in MY NAAM, en EK sal jou bevry? Vra julleself, wie dit is, wat julle sal leer dat julle nie waardig is om op die naam van die Skepper te roep nie? Dit is die duiwel se leerstellinge en leuens wat vir julle geleer was deur julle eie "Rabbis" (priesters). Wys hierdie Leuens tereg! EK is nie G-d nie! EK is nie "Here" nie! Toe julle MY naam uitvee, het julle gesondig, en was MY naam nutteloos!

EK is YAHUVEH! Hoe ook al julle dit uitspreek, ten minste neem julle dit in ag! EK verafsku julle, vertel MY waar het EK julle vertel in MY Heilige Skrifte dat julle nie waardig is om te roep in MY NAAM nie? MY NAAM is nie "Hashem" (die naam) nie! MY NAAM is ook nie amper "Adonai" (Here) nie!

EK is YAHUVEH, Skepper van alles. MY naam word nie as "God" gespel nie. Hierde is etikette en titels wat aan MY gegee is deur julle "Rabbis" (priesters) en vertalers van die skrifte, wie begeer om MY naam weg te laat, en dit spel as "YHVH" of "YAHUVEH". EK het elke mens 'n naam gegee. EK is YAHUVEH! EK het 'n Naam! Bewys dat jy MY lief het en MY vertrou, deur MY Heilige Naam te gebruik!

Het Koning Dawid nie op MY Naam geroep vir bevryding nie? Lees julle nie julle eie Psalms nie? Wat belowe Psalm 91, as jy op MY NAAM roep? O Yisrael, so baie is van julle gesteel, selfs toe die Heilige Boeke oorgeskryf was om MY naam uit te sluit. Neem terug wat gesteel was, en sien dat wanneer julle roep op MY, YAHUVEH, en MY Seun, YAHUSHUA se NAAM, sal EK julle vinnig bevry van julle vyande.

O Yisrael, O Jerusalem, YAHUSHUA jou MESSIAS, MY Seun, was gestuur vanuit die Hemel, gebore uit 'n Hebreeuse maagd. YAHUSHUA is 'n Jood en HY het geprofeseer in julle land, en HY het wonderwerke gedoen en die blindes het gesien, die verlamdes het geloop, die dowes het gehoor, die stommes het gepraat, melaatses was genees, siekes was gesond gemaak, die dooies het opgestaan, alles in julle land, O Yisrael. YAHUSHUA het in julle Tempels op die Sabbat, geleer dat julle al die Heilige feesdae moet hou. Sien julle nie dat YAHUSHUA in al daardie Heilige feesdae gesimboliseer is nie?

YAHUSHUA het ontelbare wonderwerke in julle land gedoen. Hy het geleer en HY is die Lewende "Torah" soos HY geprofeseer het. YAHUSHUA het gelewe, en was tereggestel, al was HY sonder sonde, vir die wêreld se toedoen. YAHUSHUA het uit die dood uit opgestaan vanuit 'n grafkelder in Yisrael, nadat SY Heilige bloed uitgestort was oor julle land, terwyl die mense by Golgota geskree het, "Kruisig hom!"

YAHUSHUA het vir julle gebid met SY sterwende asem, "'Abba' vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie." Daarvoor sal EK genadig wees op julle land, O Yisrael, o Jerusalem! Soos YAHUSHUA aan 'n boom vasgespyker was en sy hande deurboor was met spykers, het HY meer marteling en pyniging deurgemaak as wat enige man kan weerstaan!

EK, YAHUVEH het julle land gekies, O Yisrael, om geboorte te gee aan die enigste Messias van die wêreld. Dit is hoeveel EK, YAHUVEH julle lief het en julle begunstig, O Yisrael! YAHUSHUA se bloed sal julle Yisrael verhoed om heeltemal verwoes te word, en ook om weerhou te word om heeltemal van die kaart afgevee te word, al verafsku die meeste Jode die naam YAHUSHUA en ontken hulle SY godheid!

YAHUSHUA se are en slagare is regoor Yisrael versprei. YAHUSHUA het SY lewende bloed uitgegiet, waar dit die grond gepenetreer het by Golgota en geestelik die vier hoeke van die aarde bereik het! EK, YAHUVEH, het jou gekies, O Yisrael, om van al die nasies in die wêreld, dit te doen. Vir wie ookal kan glo en MY Seun YAHUSHUA, wil ontvang as die enigste Heilige Bloed Offer vir die afskrywing van sonde. YAHUSHUA is die enigste een wie tussenbeide kan tree voor MY, YAHUVEH!

YAHUSHUA is die enigste Heilige Bloed versoening wat EK sal aanvaar! Die wat weier dat die gestorte Bloed hulle sondes weg was, die wat YAHUSHUA se sondelose bloed weier, waar HY tereggestel was in 'n sondaar se plek, julle sal geoordeel word deur Moses, wat geen genade oor julle sal hê nie, wanneer julle sê dat YAHUSHUA nie waardig is om die Seun van YAHUVEH genoem te word nie en om julle Messias te wees nie…en julle dink om 'n Jood genoem te word en die "Torah" te volg, is genoeg om jou siel te red.

Dwase mense, weet julle nie dat niemand wat op die aarde vertoef het nie, perfek was nie, behalwe MY Seun YAHUSHUA! Voordat Yisrael nie weer "Hosanna" vir YAHUSHUA gaan skree nie, en HY heers as die Koning van Konings, sal daar geen ware vrede wees nie, totdat Yisrael erken dat YAHUSHUA, MY, YAHUVEH, se enigste gebore Seun van 'n handgemaakte Joodse maagd is, en totaal sondeloos. En YAHUSHUA is alles wat HY geprofeseer het en alles wat geprofeseer was deur die profete van ouds, wat vertel het van SY koms!

YAHUSHUA se hart klop polssend regdeur Yisrael, SY are en slagare dra die Enigste Heilige Bloed offer wat die stank afwas van sonde regoor die wêreld, aan die wat erken dat EK vir YAHUSHUA gestuur het in MY, YAHUVEH se naam, om die enigste Messias te wees!

O Yisrael, daar is geen afskrywing van sonde sonder 'n bloed offer nie. Waar is jou bloed offer? Dink julle regtig dat 'n dier weer voldoende sal wees? O Yisrael, O Jerusalem, kan julle nie sien dat daar nie weer ware vrede sal wees nie. Die vrees, weeklaag en bloed sal aanhou vloei van jou land, totdat jy die Judas teregwys, wat ook sal kom in die vorm van politikusse, bose "Rabbis" (priesters), met 'n vorm van godvresendheid, maar met geen godvresendheid binne in nie.

Yisrael, wees versigtig vir die koms van die Seun van Satan, hy is die Seun van Verdoemenis, wat sal kom met sy valse vrede, en sal vir jou jok wanneer jy dink dat vrede uiteindelik gekom het en dat jy nou nie meer op jou hoede hoef te wees nie. Instede, vertrou die Enigste Prins van Vrede en aanvaar die enigste Sondelose bloed versoening wat EK julle gee deur MY Seun YAHUSHUA by Golgota.

Daar is geen redding, geen ware vrede vir jou, O Yisrael, totdat jy nie langer die bloed verbond, wat EK, jou deur YAHUSHUA gegee het, verwerp nie, omdat YAHUSHUA die enigste Heilige Messias is. Die ou bloed Verbond kan nie jou siel red van die Hel nie. Die ou bloed verbond was net daar tot 'n vasgestelde tyd, wanneer daar 'n nuwe, beter bloed verbond sou wees.

O Yisrael, moenie langer by ander nasies se beeld van wat sonde is, aanpas nie. Instede, wees weereens soos 'n Koning Dawid. Loof MY, YAHUVEH, maak julleself nederig en berou julle sonde in die naam van MY SEUN YAHUSHUA! Moenie op enige nasie staat maak om van verwoesting gered te word nie, omdat julle seerlik teleurgesteld gaan wees.

As gevolg van die verbond wat EK met Abraham en MY Seun YAHUSHUA, gesluit het, sal EK julle land gesond maak wanneer julle voor MY, YAHUVEH, berou het en julle terugdraai en die wette van die "Torah" volg, wat Moses aan julle op die berg Sinai, gegee het. Staan vir Heiligheid, al gaan die wêreld julle terg.

O Yisrael, moenie die profete stenig, of in die tronk gooi of doodmaak nie. EK stuur hulle na julle om julle tereg te wys. Instede, wees dankbaar. EK het julle lief genoeg om julle te tugtig en te waarsku, voordat EK MY woede loslaat op die wat weier om gehoorsaam te wees, en die wie MY vyande is.

Julle weënende muur is deurdrenk met trane en is geweek in gebede wat smeek om genade. Julle vyande omring julle van alle kante. Nou het die wat julle mislei het, julle oorreed om Jood teen Jood te draai, selfs om mekaar dood te maak, dat julle mekaar uit julle huise en lande gesit het en mekaar ook verraai het. Julle hardloop weg van julle Goliat, in plaas daarvan dat julle na MY draai soos Koning Dawid dit gedoen het as 'n skaap herders seuntjie. EK kan julle nie seën, voordat julle nie staan vir Heiligheid nie.

O Yisrael, EK maak hierdie belofte aan jou, en herinner jou deur hierdie handgemaakte maagd van MY. Jy sal neergegooi word, maar nie heeltemal verwoes word nie. O Yisrael en Jerusalem, julle sal verslae wees, maar nie verlate nie! EK, YAHUVEH sal julle hoop stuur, wanneer dit lyk of daar geen ontsnapping is nie. EK, YAHUVEH sal julle tugtig, maar nie verlaat nie! Julle sal plat getrap word deur die heidene, maar julle sal weer opstaan na 'n groter glorie! Soos in die tyd van Moses, sal EK julle seën, die wat gehoorsaam is en MY seën, en die vervloek wat ongehoorsaam is en MY, YAHUVEH vervloek.

Die wêreld sal sien wanneer MY woede uitgestort word in die eind tye, dat EK die sal wegsteek wat weggesteek is in MY Seun YAHUSHUA! Al die plae wat uitgestort was in die tyd van Moses, sal op 'n groter maat uitgestort word op MY vyande, van MY, YAHUVEH se hande.

Daar sal steeds weer martelare wees soos die Apostels en profete van Ouds, en al die wat Heilig is, wie se bloed toe gevloei het en net soos dit nou doen in verskeie dele van die wêreld, omdat MY Heiliges nooit 'n kompromi sal aangaan of ontken dat YAHUSHUA die enigste Messias en MY enigste Seun is, wat van die Hemel gestuur is om te heers en aan bewind te wees!

O Yisrael, EK het jou 'n bewende koppie van terreur gemaak aan die wêreld, hulle sal daarvan drink. Die vyand kners hulle tande en wys hulle kloue vir jou. Hulle is jaloers op alles waarmee EK, YAHUVEH, julle land geseën het. Jou vyande tel die aantal dae voordat hulle gaan probeer om julle te plunder en julle mans, vrouens en kinders dood te maak sonder genade.

Weer sê EK, EK het 'n eed afgelê dat EK julle nooit sal los of verlaat nie, EK sal en EK het begin om julle te tugtig, totdat julle sal staan vir Heiligheid en sê, "Geseënd is HY wie kom in die naam van die HEER YAHUSHUA ONS MESSIAS." Dan sal EK, YAHUVEH, julle verdedig, O Yisrael, direk vanuit die Hemel, en die wêreld sal sien, net soos in die tyd van Moses, dat niemand, behalwe EK, YAHUVEH, hulle kan bevry uit die hand van die vyand, en so sal dit weer wees.

Daar is 'n geheime goue boks, genaamd die "Ark of Covenant" (Verbonds Ark), wat geheime van ouds, van julle land hou, O Yisrael. Die Ark wat niemand sal aanraak, behalwe die wat EK beveel het, wat waarlik Heilig voor MY, YAHUVEH is. Satan wil dit wat binne in die goue boks is, verwoes, omdat daar 'n gesalfde krag binne in die goedere in die boks, gehou word. Satan stuur sy Seun, die anti Messias, om die Ark te soek en te verwoes.

Van al die nasies in die wêreld het EK jou gekies, O Yisrael, om dit weg te steek wat beskerm was, totdat dit nodig is. In die hele wêreld het EK julle gekies, O Yisrael en Jerusalem, om vir MY Roem, Eer en Glorie te bring. EK, YAHUVEH, het gekies dat YAHUSHUA julle MESSIAS se Heilige bloed drup en in die grond invloei oor die Genade Sitplek en dit is in Yisrael waar EK satan sy finale slag sal gee!

Die geheime boks bevat die staf wat die Rooi See geskei het, saam met ander wonderwerk voorwerpe soos Manna van die Hemel. Die Verbonds Ark is 'n duplikaat van dit wat in die Hemel is. EK vertel dit nou vir julle, as 'n waarskuwing soos in die ou tye, moenie dink dat enige een wat die boks, genaamd die Verbonds Ark, aanraak, sal lewe nie, behalwe as hulle beveel was om waardig genoeg te wees om dit aan te raak en te open.

Bestudeer julle Skrifte en julle sal sien dat met baie gebed en roem en Heilige hande wat gewas is in MY Seun YAHUSHUA se bloed, kan die Verbonds Ark oopgemaak word en sal dit weereens gebruik word op 'n vasgestelde datum en tyd. En net soos in die tyd van Moses, sal dit gebruik word om YAHUVEH se mense te bevry, op 'n manier, op 'n tyd wat julle nie sal dink nie, wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA alle Roem, Eer en Glorie sal bring!

O Yisrael, weet julle dat, toe die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere afgeruk het en SY kledingstukke opgedeel, soos dit gestel was in die "Tanakh"…

"…hulle het MY klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp." Johannes 19:24

…hulle het dus onder mekaar gesê, "Laat ons nie die gewaad skeur nie, maar laat ons looitjies trek vir dit, om te sien wie s'n sal dit wees." O Yisrael, sien julle nie, net soos die Romeinse soldate, YAHUSHUA se klere verdeel het, net so word julle land verdeel, en Rome het 'n hand in dit, agter die skerms. Net soos daar vir YAHUSHUA se gewaad gedobbel was, die een met die hoogste bod om julle land te verdeel, sal julle ontbloot en verraai, vir die hele wêreld om te sien.

O Yisrael, EK stuur altyd MY profete om te waarsku voordat die oordeel kom. Julle is gewaarsku, op die dag, maar slegs die Heilige oorblyfsel sal luister en gehoorsaam wees.

Wie ookal roep op MY, YAHUVEH, in die naam van YAHUSHUA julle MESSIAS, wie ookal sal berou, wegdraai van hulle sonde, en vir MY, YAHUVEH, vra om vergifnis en liefde, en aan MY gehoorsaam is, en ook glo en MY en MY Seun se godheid ontvang, sodat YAHUSHUA jou enigste tussenganger kan wees, voor MY. HY alleen is waardig om voor MY te kom in SY naam. Moenie probeer om MY Hemelse troon te benader sonder YAHUSHUA se naam nie. Moenie kom in julle regverdigheid nie, maar kom eerder geklee in SY gewaad van regverdigheid. Dan sal EK julle gebede hoor en beantwoord en julle sal van die Hel se vuur gered wees!

O Yisrael en O Jerusalem, julle, wie eerder verlang om doof te bly, EK, YAHUVEH, herhaal MYSELF oor en oor vir julle toedoen! Word nou wakker, omdat die tyd laat is. EK sê nie dat julle nou moet oorskakel in Christendom nie, omdat selfs hulle, YAHUSHUA net gedeeltelik sien. Hulle het die Belangrikheid, om van YAHUSHUA se Joodsheid te leer, ontken. Hulle het die salwing ontken, deur YAHUSHUA en MY Heilige name nie te noem nie. Hulle het MY Sabbatte ontken, MY Heilige Feeste en Heilige Dae, die wat hulleself Heilige Christene noem. Tog moet hulle leer om die Joodsheid te omhels wat EK in hulle geplaas het, deur Abraham, Jakob en Isak se saad.

O Yisrael en Jerusalem, word nou wakker vanuit julle sluimerende slaap. Dit was a.g.v. julle hardkoppigheid en vir die nie-Joodses se part, dat EK julle oë toegemaak het, maar die tyd het nou gekom, maak julle oë wawyd oop, bring die uit wat bose leuens vertel!

* * * * * * *

[Elisabeth]

Beledigend vir sekeres, ophelderend vir ander, in die naam van YAHUSHUA ons MESSIAS.

Geliefde familie, voel asb. vry om die profesieë te kopieër en ons te help om die nasies van die wêreld te bereik, veral Yisrael en Jerusalem. Alle nasies in die wêreld word geaffekteer deur dit wat gebeur in Yisrael. Al wat Elisabeth vra is dat u die boodskap onveranderd sal los, selfs ook haar persoonlike notas.

Elisabeth (Elisheva) Elijah weet dat name nie gewoonlik alles in hoofletters geskryf word nie, maar die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) het haar vertel dat die name van ons Skepper en Messias apart gesit en ander geskryf moet word, om die heiligheid van HULLE name te wys en te respekteer. Doen asb. dieselfde wanneer julle die profesieë vertaal, uit respek vir wat vir haar vertel was.

Elisabeth maak verskoning vir die lang tyd wat dit geneem het om die profesieë gepubliseer te kry, maar daar was 'n prys om te betaal vir profesie 80 en 81. Dit was 'n oorlog teen satan, maar a.g.v. julle gebede en bystand in die naam van YAHUSHUA, het ons die oorhand oor die oorlog gekry. ALLE ROEM, EER EN GLORIE AAN YAHUVEH EN YAHUSHUA ONS MESSIAS!

Omdat ek altesaam 'n biologiese Jood van my biologiese ma en pa is en 'n geestelike Jood, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA is. Het ek 'n liefde vir Yisrael, Jerusalem en die Joods mense, alhoewel ek weet dat die meeste in Yisrael my sal haat vir hierdie woord. Ek is maar slegs 'n profeet, gestuur deur YAHUVEH, om SY woorde voort te spreek. En ek doen dit bewend en met eerbied. Enige ware profeet wat dit nie doen nie, vra ek, hoe kan hulle 'n Heilige profeet wees?

Ek bid dat ek nie een woord uitgelaat het of bygevoeg het nie, en lewer nou hierdie profetiese boodskap. Ek wil al die vra wat Yisrael en Jerusalem lief het, om die te kopieër en te pos op hulle webwerwe. Ons het al ortodokse Jode en Moslems gehad wat YAHUSHUA as hulle Messias aanvaar het. Jy weet nooit wanneer jy saad gesaai het wat sal groei en pragtige vrugte van redding geword het nie.

Hierdie profetiese boodskap het gekom na 'n droom wat my man oor my en die 12 stamme van Israel gehad het. Dit sal so vinnig as moontlik gepubliseer word. Die boodskap het na vore gekom op 1.24.06, maar YAHUVEH het gesê om dit nie nou al vry te stel nie, omdat HY nog nie klaar was nie. Op 2.07.06 het YAHUVEH weer begin profeseer, en dit was die tweede deel van die profesie.

N.S. Belangrik! 'n Profeet, 'n broer in YAHUSHUA het laas jaar vir my vanaf Jerusalem geskryf en my vertel dat hy die profesieë wat aan my gegee was, sal neem, om regoor Israel te versprei, om mense te waarsku. Ek het nooit die kans gehad om vir die man dankie te sê nie, maar ek wil nou dit doen. Ek is so jammer dat ek nie in staat was om terug te skryf nie, omdat ek jou e-pos adres verloor het. Ek ken nie jou naam nie, maar ek wil hê dat jy moet weet dat ek regtig dankbaar is. Jy is in my gebede, en ek wil hê dat jy weer vir my 'n e-pos moet stuur.

Ek het gebid vir 'n Hebreeuse vertaler om die engelse profesieë in Hebreeus te vertaal. Gedurende gebed, het YAHUSHUA my vertel dat HY alreeds 'n vertaler gestuur het wat dit kan doen. YAHUSHUA het my toe aan jou herinner. Stuur asb. vir my weer 'n e-pos. Ek het geen twyfel nie, dat hierdie Broer 'n lid is van die Bruid van YAHUSHUA.

Indien enige iemand wat dit lees, weet van iemand wat Hebreeus vlot kan praat en skryf, sodat die profesieë wat aan Yisrael gegee is, opgeneem kan word in Hebreeus, stuur dan asb. vir my 'n e-pos so vinnig as moontlik: Contact Us. Ek het geen twyfel nie, dat daar sommige van die Bruid van YAHUSHUA voorkom, in Israel en veral Jerusalem.

Kom asb. na vore, omdat die tyd nou so kort is om Yisrael te bereik. Ons is 'n oogknip weg van die Groot Verdrukking. Asseblief, lede van die Bruid van YAHUSHUA, stem saam met my in gebed dat die man weer vir my sal skryf en dat 'n Hebreeuse vertaler na vore sal kom. Die jaar moet ons oë nie op onsself wees nie, maar op Yisrael! Bruid van YAHUSHUA, bid asb. vir die vrede van Yisrael en Jerusalem, op 'n nuwe manier? Bid dat die Prins van vrede, YAHUSHUA ons MESSIAS, weer sal kom!

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
Februarie 7, 2006 - 5:00 n.m.