Profesie 83
EK, YAHUVEH, Sê,
“Maak Gereed Die Einde Is Naby!”

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die Ruach ha Kodesh
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
15 Maart 2006 op Heilige Purim Dag , Namiddag

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Elisabeth (Elisheva) praat:

Ek het begin praat in Heilige Tale terwyl ek besig was om saam met 'n ander lid van die Bruid van YAHUSHUA, genaamd Adam van Kanada, oor die telefoon te bid. Hierdie profesie het redelik onverwags gekom, [dit was] opgeneem.Wanneer die werklike opname gehoor word, sien ek kort visioene van vreeslike dinge wat gaan gebeur, asook hoor ek die woorde "Moorana, moorana, moorana." Ek weet die woorde beteken "Moord, moord, moord."

Ek weet nie watter taal dit is of hoe om dit te spel nie. Ook die woord 'Gruwel' kan ook saam met die woord 'Horrenda' gehoor word. Ek spel dit nie korrek nie, maar in hierdie profetiese woord kan hierdie meer as een keer in die opname gehoor word. As enige iemand hierdie woord in 'n ander taal herken, sal ek graag wil weet watter taal op aarde dit is. Dalk is dit net die Hemelse taal. Ons weet dat as daar in Heilige tale gepraat word, dan praat ons in tale van mense en engele soos die bybel sê.

Elisabeth [Elisheva] bid:

Ek smeek U, Abba YAHUVEH, laat hierdie woord nie voortkom as dit nie U is nie, as dit nie U tydsberekening is nie, laat daardie seël nie gebreek word nie. Ek smeek U, Abba YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.

EK, YAHUVEH, SE, “MAAK GEREED, DIE EINDE IS NABY”

O MY geliefde “Ringmaiden”! Hoe lank nog?

[Lees Profesie 76 waarin YAHUVEH verduidelik waarom Elisabeth (Elisheva) SY “Ringmaiden” genoem word.]

Ek het die Bruid van YAHUSHUA toegelaat om in die gaping te staan, net soos Abraham in die gaping gestaan het vir Lot. Hoe lank nog dink jy moet EK wag? Hoe word EK nie bespot nie! Hoe word MY Naam nie verag nie! Hoe word MY Heiliges wat MY verteenwoordig nie belaster nie! Hoe word hulle nie doodgemaak vir MY ontwil, regoor die werêld nie! Net omdat EK dit weerhou het om na Amerika te kom tot dusver, hoeveel is maar nie net as vanselfsprekend aanvaar nie! Nou sê EK vir julle om ‘n nuwe gebed te sê, want die Einde is naby.

Dit is hoekom die Bruid na MY moes kom op hierdie Purim (Joodse vakansiedag) en om Heilig te wees voor MY - voor MY oë! Dit is hoekom EK gesê het, "YAHUSHUA kry JOU Bruid gereed sonder vlek of kreukel!” Want die bose het meer boos geraak! En die Heiliges het meer Heilig geword! Voor MY oë! MY oë het heen en weer gegaan, veral met hierdie tyd van Purim. In die sogenaamde Christelike kerke was hierdie Heilige tyd nie eers genoem nie- of party het dalk, maar met 'n verbygaande blik.

Dit is hierdie Bediening wat EK deur jou geboorte laat gee het wat die mense die betekenis van die belangrikheid van die bloedlyn van 'n "Mordecai" en die gehoorsaamheid van ‘n Ester geleer het. Nou gee EK jou 'n nuwe mandaat om aan die Bruid te gee. Moenie bekommerd wees oor daardie wat wil terg en spot nie. Moenie bekommerd wees oor die uitdrukking op hulle gesigte nie. Julle moet slegs gehoorsaam en hierdie is die woorde wat EK wil sê.

EK, YAHUVEH, beveel die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag, om te bid vir die Twee Getuies. Bid vir die Twee Getuies. Want die tyd kom dat EK die engele gaan stuur, o so binnekort, om aan die Twee Getuies te bevestig wie hulle is in MY.

Weer en weer het satan probeer om hulle lewens te neem. Net soos daar 'n Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is, is daar 'n bruid van satan. Hierdie Bediening het al weer en weer met hulle te doen gehad, en dit nie geweet nie. Daar is hulle wie jou haat met so 'n wraak. Selfs die 200 hekse was deur die hand van satan opgerig om teen jou te bid, die een wat EK MY “Ringmaiden” noem. [Nota: Tydens Purim, op hierdie tyd wat hierdie Woord in Afrika gegee was, was dit op die nuus en internet: 200 hekse het saamgekom om hulle toordery en vervloekings uit te spreek.]

Maar EK, YAHUVEH, sê! Hulle aanslae kon nie deurkom nie, omdat EK die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH gehad het om julle te bedek.Voordat hulle hierdie aarde verlaat, voordat die Twee Getuies losgekoop word as die eerste vrugte, sal hulle weet wie hulle is in MY. EK beveel al die lede van die BRUID van YAHUSHUA HA MASHIACH! Begin nou bid vir hierdie wie EK die Twee Getuies noem! Kyk, EK, YAHUVEH, vertel 'n geheim aan die wêreld! Kyk EK doen 'n nuwe ding! Dit is een vrou en een man!

Omdat julle manne terg en spot! Net soos EK Deborah opgerig het as Regter oor die hele Israel [Rigters 4:4], so ook sal EK [hulle] oprig, so ook was dit vooraf bepaal: die wat sal kom sal 'n gees hê soos ‘n Moses - die wat kom sal 'n gees hê soos ‘n "Elijah" [in Hebreeus, Eliyahu]. Maar soos die twee nog in die sterflike vlees is, het die aanslae op hulle gekom - EK, YAHUVEH, beveel al die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.. laat elke gebed van julle van nou af, hulle bedek: Dat hulle in goddelikke gesondheid sal wees terwyl hulle in hierdie sterflike liggame van vlees is! Dat hulle met meer vrymoedigheid sal voortspreek! Dat hulle vyande voor hulle eie oë vernietig sal word! Net soos "Elijah" van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] gebid het, so ook sal dieselfde Salwing op hierdie twee wees. Die vyande sal bewe van angs want hulle gaan agterkom die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is hier. So is dit op hierdie Heilige tyd van Purim. EK wys jou hoe naby die einde is. Want EK vertel julle alreeds om die Twee Getuies wat op hierdie aarde is te bedek. Ja, hulle is alreeds hier maar hulle is so nederig en hulle sê, "Waarlik, nie ek nie? As dit is, wil ek nie eers weet nie."

EK vertel julle dit. En EK praat met hulle, wie EK weet die Twee Getuies is:

Julle sal weet dat julle weet, selfs voordat julle van hierdie aarde geneem word. Julle sal terugkom in 'n verheerlikte liggaam. Julle sal staan voor dit wat die “Wailing Wall” genoem word. En vlamme sal uit julle lippe voortkom! En vuur sal uit julle hakke voortkom! En julle sal verkondig wat EK julle vertel om te verkondig! En geen man en geen vrou en geen duiwel en geen demoon sal staan nie!

Want DIE KONING VAN ALLE SKEPPINGS, WIE IS - EK, ABBA YAHUVEH, beveel die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag om te bid.

Maar onthou dit, wanneer julle agterkom wie hulle is, sal julle dinge in hierdie aarde sien gebeur op so 'n manier soos EK hulle vertel om die Woorde in die geestelike realm te begin loslaat, wat EK vir hulle sal gee om te sê. So, nou dadelik, Bruid van YAHUSHUA, bid dat hulle die Salwing sal ontvang en glo wat EK op hulle geplaas het. Onthou hierdie, dit is een man en een vrou. Doen die werk wat jy het en doen dit vinnig. EK sê weer, doen die werk wat EK vir jou gegee het en doen dit vining.

Die van julle wat goud en silwer opgegaar het, die van julle wat EK geseën het met edelstene - wat gaan dit jou baat wanneer dit agtergelaat word? EK het oorvloedig geseën, finansieel en in alle weë! En tog het party van julle, wie die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is nog nooit eens vir hierdie “Ringmaiden” geskryf nie. Tog het julle in geheim gegroei met kennis en geestelik vet geword van al die kennis en Salwing wat julle opgegaar het, en julle het nie gedeel nie. En steeds het EK julle geen tekort gegee nie. EK sal julle verantwoordelik hou vir wat julle doen vir die Koninkryk van die Hemel.

Onthou julle “Elijah’ van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu]? EK het hom na ‘n weduwee van Sarfat gestuur. Al was daar baie, baie weduwees in daardie land, het EK self een uitgekies. Na wie hierdie Bediening gestuur word, na wie EK MY "Elijah" van Nuuts [in Hebreeus, Eliyahu] stuur-dit wat julle aan hulle gedoen het, net so het julle ook aan MY gedoen.

En EK vertel julle dit. EK, YAHUVEH, vertel julle dit! Enige een wie hierdie Amightywind Bediening op enige manier aangeraak of seergemaak het, of my “Ringmaiden” op enige manier, dit is asof julle aangeraak het, en 'n skerp gepunte stok in die pupil van MY, YAHUVEH se oë gedruk het. En EK sal wraak neem! En jy sal binne in MY Parskuip van woede gaan. En EK sal jou in sewe verskillende rigtings vermorsel en dit sal al wees wat hulle sal hoor terwyl EK jou in elke rigting vermorsel. Verstand, liggaam, gees en siel! [Soos bevestig in Profesie 80.]

Want het EK nie gewaarsku nie. "Moenie MY gesalfdes aanraak nie en moenie my Profete enigsins seermaak nie" (1 Kron 16:22; Ps 105:15)? Julle dink julle tonge het weggekom deur al hierdie lasterlike woorde te praat. En julle het dit wat in MY oë goed is, boos genoem! EK sal jou laat wens dat EK jou tong uitgesny het voordat jy toegelaat was om van sulke vuilhede te praat.

Maar die wat hierdie Bediening omhels, die wat die waarhede omhels, die wie hierdie “Ringmaiden” omhels - EK omhels jou. Want dit is nie net 'n vrou nie, dis nie net 'n eenvoudige vrou nie - hierdie is 'n tuig waardeur EK, YAHUVEH, MY waarhede voortgespreek het! Vir die van julle wat hierdie waarhede ontvang het, EK ontvang jou.

Vir die wat geminag en gespot het, EK, YAHUVEH het jou verwerp. Lees weer vir Ester. EK word voorgestel in daardie Koning! Hoeveel van julle is "Vashti's"? Julle dink julle is so vol prag; [Dink] julle hoef nie te kom wanneer EK, YAHUVEH sê, kom! So EK het julle verban! In MY Koningkryk sal julle nie kom nie! Daar is 'n GROTER BEMIDDELAAR as Koningin Ester. Dit is MY SEUN YAHUSHUA! EK vertel julle dit, o Magtige Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH. EK sal geen goeie ding van julle weerhou nie (Ps 84:11). Daar is 'n Boek van Herinnering, wat opgeskryf is en al julle name is in liefde geskryf (Mal 3:16; Ps 56:8). Julle het so swaar gekry, net om Heilig te wees. So EK wil hê julle moet weet, hoe lief EK julle het.

Dit is EK wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees. Dit is EK, YAHUVEH, wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees.

[Onthou dit, die Bruid van YAHUSHUA is nie net 'n vrou nie, maar die manne en vroue sonder vlek of kreukel - wat in gehoorsaamheid loop, en op die punt is om weggeneem te word om saam met YAHUSHUA te wees. Bid dat julle waardig geag sal word om een van die Bruid te wees (Luk 21:36)!]

Vir die wat MY stem ken, julle sal die GEES herken wat praat, julle is waarlik MY Lammers, julle is waarlik MY Skape. Vir die ander van julle, wat sê, "Hierdie is net Elisabeth [Elisheva], opgepof in trots," EK vertel julle dit: DIS JULLE WIE EK VERAFSKU! EK sal jou eendag forseer om te erken dat hierdie Bediening die een is wat EK lief het en al die Bedieninge wat hierdie Woorde sal vat en versprei na die vier hoeke van hierdie aarde - dit is julle wat EK sal liefhê, dit is julle wat EK omhels net soos julle die waarhede omhels van - hierdie waarhede word gerugsteun met MY Heilige Geskrifte. En hoe durf enige een hierdie profesieë vals noem! Vir die wat dit sê, julle sê MY SEUN YAHUSHUA is “vals”! Want is HY dan nie die LEWENDE WOORD nie?

Gaan weg van MY! Gaan weg van MY! Julle hoort nie eers hier nie. Almal wie aan die Feesmaal Tafel wil sit en op die waarhede fees en die geestelike kos neem en ander voed, hoort hier. Dit is MY Edik. Dit is die Bevel - EK reik dit uit vanaf MY troon in die Hemel, en EK het dit voortgespreek op hierdie dag. [ Read the Banquet Table dream ]

Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH! Bedek hierdie Bediening meer in gebed. Bedek hierdie “Ringmaiden” meer in julle gebede! Wees ‘n seëning vir hulle soos hulle ‘n seëning is vir julle! Of EK sal jou eendag vra waarom jy nie was nie.

Bedek hulle wie EK die Twee Getuies noem. Aan die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH, as julle MY vra en as julle glo, sal EK julle die antwoord vertel - EK sal meer aan julle openbaar oor wie EK die Twee Getuies noem. Hulle het julle bedekking nodig. Hulle het julle gebede nodig. Terwyl die Twee Getuies in sterflike vlees is, probeer satan hulle lewens neem, om die waarhede wat ek gespreek het, stil te maak. So bedek, wie ookal die Twee Getuies is, met julle gebede!

EK, YAHUVEH was so gelukkig gewees soos die gebede van die Bruid van YAHUSHUA voor MY gekom het op hierdie Dag van Purim - soos 'n soet geur het hulle na MY gekom, soos soet wierook – die engele het hulle oopgemaak en EK is so tevrede. En dit is hoekom EK meer genade gehad het en EK gesê het, "Hoe lank nog wil julle hê dat EK moet uitstel?" O maar die einde is naby. Wanneer die verseëlde profesie vrygestel word [78], sal een van die seëls gebreek word (Openb 6:7-8). Wee oor hierdie wêreld wanneer Elisabeth [Elisheva] voortspreek wat EK verberg het (Sef 1:14-16; Amos 5:18-20). O maar vir MY Geliefde Bruid van YAHUSHUA, hulle wie die lede is van Openbaring 14 en Openbaring 7 - julle hoef nie te vrees nie. Al die Gaste wat genooi is na die Bruilofsmaal van die LAM - dit is waar dat julle sal moet swaarkry vir HOM, YAHUSHUA. O, maar die belonings wat na julle sal kom!

Op hierdie oomblik is die wapens wat die Bruid van YAHUSHUA het, in die Geestelike realm. Maar EK vertel julle dit! In die Groot Verdrukking, net soos die Koning die edik gegee het, die bevel, en gesê het, “Neem op julle wapens en verdedig julleself!” net so sal dit weer wees. Maar nie vir die Openbaring14 Bruid nie. Dit is hoekom EK hulle van hierdie aarde sal verlos en die Twee Getuies sal tussen daardie getal wees en dan sal hulle terugkom.

O, maar jy kosbare Bruid van Openbaring 7, julle is alreeds geseël, geliefdes. Niemand kan julle seermaak nie. Daar sal 'n kort tyd wees waar julle wapens sal moet neem en verdedig en die Gaste help om satan te beveg en dié met die merk van satan. En dan sal julle loop in daardie verheerlike liggaam, wanneer julle die Woorde hoor, "En die wat dood is in Christus sal eerste opstaan." (1 Thes. 4:16). Soos julle [die vers, met] die woord “Christus” geleer het, is dit die enigste rede dat ek dit voortspreek [op daardie manier]. Dit is dié ”wat dood is in YAHUSHUA HA MASHIACH” wat die Twee Getuies is en dié wat gemartel word in daardie tyd. Hulle is in die Tweede Wegraping, en sal ook saam met die Openbaring 7 Bruid opgeneem word voor die heidene se oë.

Hierdie is die geheime wat gereserveer is vir YAHUSHUA se Bruid.

Laat die ander maar spot en terg. Dit is die feesmaal tafel wat EK voor julle lê hierdie dag. Die met geestelike ore sal hoor en al die ander sal doof bly. Die met geestelike oë sal sien en al die ander sal blind bly. Hierdie is die Woorde wat EK, YAHUVEH vandag voortspreek, die KONING VAN SKEPPINGS, op hierdie Heilige Purim Dag.

EK, YAHUVEH, sê, maak gereed geliefdes, die Einde is naby! Soos EK deur Elisabeth [Elisheva] jare terug geprofeseer het van die “Boiling Black Blood Plague", wat sal kom as 'n teken van MY toorn – EK spreek dit nou voort deur MY “Ringmaiden”: Dit is, is alreeds losgelaat. Dit het begin. Die siekte is in die ontwikkelingsfase en daar sal geen kuur wees nie.

Maar geliefdes, wees versekerd - almal wat Heilig voor MY is, Heilig lewe en MY, YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hulle lewe en liefde plaas, en hulle beste doen om gehoorsaam te wees aan die Heilige Geskrifte - die "Boiling Black Blood" Plaag sal nie oor julle kom nie! Dit sal wees soos in die ou tye toe die plae losgelaat is deur Moses, uitgespreek onder die Salwing van die "RUACH HA KODESH" (Heilige Gees). En die plae het nie die Kinders van Israel geraak nie, net die Egiptenare wie ander gode gedien en aanbid het! En so sal dit weer wees.

Soos in die dae van Moses, so sal dit weer wees. Soos in die dae van Lot, so sal dit weer wees. Aan die sondaars wat weier om tot dusver te berou, vandag is die dag van Redding. Julle lees hierdie, wat kom vanaf die “Last Chance Ministry”. Mre kan dalk te laat wees. Waarvoor wag julle? 'n Godsdiens sal julle nie red nie. Slegs 'n Heilige, liefdevolle, gehoorsame verhouding met YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, sal julle red. Jy kan slegs teruggaan na die Hemel deur die Naam en Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Almal wat uitgenooi is na die Bruilofsmaal van die LAM, EK het hierdie waarskuwing vir julle, in die Groot Verdrukking, die een wat kom wat gewoonlik die anti-chris genoem word - wie werklik die seun van satan is, die seun van verdoemenis - hy sal kom en die naam gebruik en namaak wat wêreldwyd bekend is, in elke familie en taal, die naam wat Christene ken en liefhet...die naam van “Jesus Christus!”

[BAIE BELANGRIK! LEES HIERDIE VOLGENDE PARAGRAAF AANDAGTIG]

Pasop! Tekens, wonders en wonderwerke word steeds gedoen en siele word steeds gered [voor die Groot Verdrukking] in die naam van Jesus Christus. Moenie bang wees nie. Alhoewel, dit was nog nie die Eind tyd nie en julle was slegs verantwoordelik gehou vir wat vir julle geleer is. EK, YAHUVEH, het die naam “Jesus” geëer en gesalf, al was MY SEUN YAHUSHUA 'n Hebreeuse naam gegee deur SY Hebreeuse moeder. En EK IS SY VADER, SY Naam sal MY Naam YAH, bevat. Die naam van “Jesus” het MY GEWYDE NAAM uitgevee, DIE NAAM WAT BO ALLE NAME IS. MY Naam YAHUVEH en die Naam van YAHUSHUA vertaal na - 'n konstante herinnering in elke taal - "YAH Saves"! Is dit nie julle gewoonte om die Seun na die vader te vernoem nie? Hoekom dink julle is dit enigsins anders vir julle HEMELSE VADER om dieselfde te doen? Dit is 'n konstante herinnering vir jou dat, EK, YAHUVEH, en MY SEUN, YAHUSHUA, EEN is.

Dit is satan en sy dienaars wat die naam YAH vrees, maar EK ken my Kinders se liefdevolle harte. EK het julle selfs vergewe omdat julle MY ware Sabbat Rus Dag verlaat, die vierde Gebooie oor en oor breek, maar ek sal dit nie verder vergewe nie. Nou word julle verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Julle word verantwoordelik gehou om ander te waarsku. Daar is 'n
Hoër Gewyde Salwing in die Hebreeuse Naam van YAHUSHUA en in MY Naam, YAHUVEH. Nou is die Eind tyd naby en EK waarsku julle, leer ander wat julle nou ken as waarheid. Daar is meer Salwing in ONS Heilige Gewyde Name. Gebruik hulle! Moet geen verskonings meer maak nie! Gedurende die Groot Verdrukking moet julle roep op MY SEUN se Hebreeuse Naam YAHUSHUA HA MASHIACH. MY Naam is YAH - en dit is in SY Naam – DIE NAAM BO ALLE NAME (Jes 45:23; Rom 14:11; Fil 2:9-10).

As julle dit nie nou leer nie, in die Groot Verdrukking wanneer julle bid vir bevryding, of genesing, en julle gebruik die naam ”Jesus”, onthou dat die seun van satan hierdie naam gaan gebruik as God. Hoe kan julle verwag om genees, bevry of geseën te word, deur die dieselfde naam te gebruik wat die seun van satan sal gebruik? Julle sal die seun van satan aanroep en dit nie weet nie. In die Groot Verdrukking, sal die seun van satan sy eie dag hê, om eenkant gesit te word, om aanbid te word, en dit sal Sondag wees. Wanneer Sondag aanbidding verpligtend sal word en julle almal regoor die wêreld beveel gaan word om na julle naaste Sondag kerk te gaan, pasop! MOENIE GAAN NIE.

Dit is 'n strik van die seun van satan. Want elkeen wat 'n Sondag kerk besoek gedurende die Groot Verdrukking - hulle sal die deur binnegaan, betower, gevange gehou met die geeste van illusie en geheue manipulasie en afgodery en rebelsheid, tussen baie ander kragtige demoniese geeste. Waarsku hulle nou! Hulle sal die “merk van die dier” geneem het en 'n kerk van besoedeling binnegegaan het en gekies het om die “dier” te aanbid en sy fisieke asook geestelike merk aanvaar. Waarsku mense nou, voordat dit te laat is.

Dit beteken nie dat alle Sondag kerke nou boos is nie, maar julle is nou so naby. Die Einde is naby. Julle moet die mense waarsku waar die pastore misluk om dit te doen. Julle moet die waarheid leer van die
Hebreeuse Gewyde Name van MY, YAHUVEH en MY SEUN YAHUSHUA, DIE ENIGSTE MESSIAS. DIE ENIGSTE BLOED WAT VERGIET IS VIR DIE MENSDOM vir die belydenis van sondes. EK sal geen ander bloed opoffering aanvaar nie. En geen ander tussenganger kan intree vir jou nie! En dit sluit in geen sogenaamde dooie heiliges nie. Nie eens YAHUSHUA se EIE moeder, Miriam, ook Maria genoem, nie. Want selfs sy het YAHUSHUA nodig gehad as haar MESSIAS.

Dit is die enigste rede hoekom enige van YAHUSHUA se Bruid na ‘n Sondag kerk moet gaan, om die Skape en Lammers die waarheid te leer waar die pastore geweier het. Selfs al is dit een persoon op 'n slag! Hier is die goeie nuus: Net soos MY Geliefde Kinders, wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf is, en vooraf gekies is - net so is satan se boek van die verdoemenis.

YAHUSHUA SAL NIE EEN SIEL VERLOOR WIE SE NAME GESKRYF WAS IN DIE LAM SE BOEK VAN LEWE VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WÊRELD NIE! Julle kan nie per ongeluk kies om die “merk van die Dier” te aanvaar nie. Julle sal weet om dit nie te doen nie, en sal eerder doodgaan voordat julle dit doen.

Die enigste ware genesing, tekens, wonders en wonderwerke en opstandings kom van die Hemel. Enige ander genesing of verlossing is 'n illusie! En gedurende die Groot Verdrukking gaan daar illusies wees wat voorkom of dit waar is, maar is leuens direk van die troon van satan. Leer nou! En waarsku ander nou! In die Groot Verdrukking, slegs in die Naam van YAHUSHUA --nie die naam van Jesus – sal ware verlossing, genesing, opstandings krag vorendag kom. Mense wat 'Jesus' nou lief het en dien sal wonder hoekom hulle gebede nie beantwoord word nie. En hulle geloof sal swaarkry en hulle sal selfs doodgaan vir hulle geloof, sonder om te verstaan hoekom verlossing nie gekom het in daardie naam nie.

Waarsku hulle. Sodat hulle gewoond sal raak om die Hebreeuse Naam YAHUSHUA, en YAHUVEH en die "RUACH ha KODESH” te gebruik. satan wil nie die naam YAHUSHUA, met MY Naam YAH binne in, vervals nie.

Daar is miljoene wat hierdie nou lees wat die Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LAM. En geseënd sal julle wees! Alhoewel, julle sal alles of 'n gedeelte van die Groot Verdrukking sien en julle oë sal gedwing word om die gruwel te aanskou. Onthou dit, MY woede is nie op julle gemik nie. Dit is gemik op MY vyande.

Bly Heilig en moenie ‘n kompromie aangaan nie, en roep op die Naam van YAHUSHUA en vertrou op SY Krag en Salwing en hou styf vas aan jou geloof. Want dit gaan nie maklik wees nie. Want daar sal geheue golwe in die lug wees wat sal probeer om julle te breinspoel. Leer Heilige Geskrifte nou om te gebruik as 'n wapen gedurende daardie tyd wanneer Bybels gaan verban word. Maar selfs satan sal nie in staat wees om al die bybels te verbrand nie!

YAHUSHUA sal die Heilige Engele, Openbaring 7 Bruid en Openbaring 14 Bruid gebruik, asook die Twee Getuies om te weet waar die Gaste is en om hulle te help soos benodig. Die Twee Getuies sal die Gaste verdedig en wraak neem vir hulle. Leer MY
ware Sabbat, omdat, EK, YAHUVEH spesiaal die sal seën en beskerm wie MY eer op die dag wat EK, die KONING VAN ALLE SKEPPINGS, eenkant geplaas het as die Sabbat Dag van Rus. Net soos YAHUSHUA op die aarde geloop het en tekens, wonders en wonderwerke op die Sabbat gedoen het – selfs in die Groot Verdrukking, veral op MY Sabbat, MY Heilige dae - sal dieselfde gedoen word in die naam van YAHUSHUA onder die Salwing van die "RUACH ha KODESH”.

Daar is geheime wat EK het wat nog nie uitgespreek word nie. Weet net dat EK, YAHUVEH, sal nooit iemand agter los, ook nie verlaat, wat waarlik YAHUSHUA en MY, die KONING VAN ALLE SKEPPINGS, liefhet, aanbid en dien nie. Leer MY Naam. Dit is YAHUVEH! Die Ewigdurende Een! YAHUSHUA is MY SEUN. YAHUSHUA HA MASHIACH is julle ENIGSTE BEVRYDER – DIE ENIGSTE NAAM EN WEG TERUG NA DIE HEMEL! Aan almal wat hierdie Profetiese Woord tart en spot, julle sal op die harde manier leer dat dit van MY, YAHUVEH se mond gekom het, en gegee is aan hierdie “Ringmaiden”. Aan MY Skape en Lammers regoor die wêreld, neem hierdie Woord soos 'n kettingreaksie en laat dit lui regoor die wêreld. Onthou, selfs die Uitverkorenes sal mislei word, indien moontlik (Mat 24:24) omdat julle pastore die Lammers en Skape laat honger ly het. Wanneer julle hierdie
Profesieë lees, is julle besig om Heilige geestelike vleis met 'n feesmaal in te neem.

Al die ander wat hierdie Woord ontken, al gee hulle toe dat hulle “Jesus” lief het, en steeds weier om die Hebreeuse Gewyde Name, die Sabbat en Heilige Dae en Feeste te leer – hulle sal aanhou om met melk gevoed te word want hulle wil nie geestelike tande hê om hierdie Geestelike vleis te eet nie. In die Groot Verdrukking, sal hulle onthou wat hulle gelees het. En sommige sal berou en weet dat hierdie Bediening werklik van die Hemel gestuur was. Want MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Verkiesdes, kyk op! Julle Verlossing kom nader. Een of ander manier sal julle weer terugkom huis toe, na die Hemel!

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie Heilige Dag van Purim op 15 Maart 2006.

Gegee aan hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH en YAHUSHUA, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)


Persoonlike nota…

Ek is geinteresseerd om te hoor van die wat hierdie vraag van YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA vra en 'n antwoord gegee is, sal julle vir my skryf en dit met my deel? Ek weet dit, dat die Twee Getuies, wie hulle ook al is, die gebede en die liefde van die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilofsmaal van die LAM, nodig het. Ek het wakker geword met hierdie neerslagtige openbaring en uitgeroep vir die beskerming van die Twee Getuies, nadat hierdie woord gegee is. Openb. 11:3-13.

Voel asseblief vry om hierdie profesie te kopieer en te deel. Die oes is groot en werkers so min. Al wat ek vra is dat julle asseblief net sal terug “link” indien julle op julle website publiseer en hou asseblief hierdie boodskap ongeskonde, ingesluit hierdie persoonlike nota, waarmee ek deur die RUACH gelei was om te deel. Vertalers, sluit asseblief alles in wat geskryf is.

Die werk van die Twee Getuies sal wees soos geen ander werk wat gegee is nie. Ek ween vir hulle onder die Salwing, omdat die werk wat hulle moet doen nie beny moet word nie. Hulle sal meer afsku sien as wat nog ooit op hierdie aarde gesien was. Doen asseblief soos YAHUVEH gesê het en bid vir die Twee Getuies. Bid asseblief vir seëninge op hulle in al hul weë. Terwyl hulle in hierdie sterflike liggaam is, bid dat die Heiliges hulle liefdevolle ondersteuning en aanmoediging sal gee. Bid asseblief dat hulle die salwing wat aan hulle gegee is, sal glo en ontvang, en sal gehoorsaam en alles sal doen, wat hulle moet doen. Bid vir beskerming van Die Heilige Muur van vuur wat hulle sal omring van alle kante, sodat geen man, vrou, demoon, duiwel, hulle sal kan seermaak terwyl hulle in daardie sterflike liggaam is nie.

Pasop Grootpratendes wat Voorgee!

Enige een wat spog dat hulle een van die Twee Getuies is, soos die een wat homself "Elijah the Tishbite" noem, of die man Hawkins wat godslastering geskryf het in die “Book of YAHUVEH” is nie een van hulle nie. Selfs wanneer die Twee Getuies in die straat lê, het hy gesê hulle lê daar vir 3 ½ jaar in plaas van 3 ½ dae, ek het dit gelees met my eie oë, hierdie mans en ander wat dit doen met trots.

Die regte Twee Getuies wil nie eers hierdie roeping op hulle lewens erken nie. Hulle is nederig en glo nie dat hulle waardig is vir so 'n hoë roeping nie en hou aan sê, "Sekerlik het julle iemand beter." Dit is wat YAHUVEH my gewys het, dis hoekom die geskrifte sê dat hulle aangetrek is in saklinne en as. Dit is simbolies deur nederig en in rou te wees vir die afsku en sonde wat hulle sal sien en wat hulle nou sien.

Ek het nog altyd geweet vandat die Geestelike Staf aan my gegee is, en my, op daardie stadium 6-jaar-oue seun, een van my identiese tweeling seuns, dit in die Geestelike realm gesien en beskryf het en ek die gewig daarvan gevoel het, 19 jaar gelede, en elke keer wanneer dit in die Geestelike realm gebruik was, het dit net swaarder geword het tot op 'n punt waar dit nou ander neem om my arms op te hou, wanneer dit gebruik word onder leiding van YAHUVEH.

Hierdie Bediening het iets te doen met die vind van die "Ark of Covenant", die 144,000 soos in Openbaring 14 en die Twee Getuies. Alleen soos die jare verby gegaan het, het ek begin verstaan en is daar meer openbaringe gegee deur die profetiese woorde wat aan my gegee is. Daar word nou 'n boek geskryf deur 'n ander lid van die Bruid van YAHUSHUA [Openbaring 14] wie betaal en al haar tyd skenk om al die profesieë, visioene, drome en hoorbare woorde van YAHUVEH te publiseer. Bid asseblief vir haar, want dit is ‘n groot werk. Bid asseblief ook vir die regte uitgewer. Ons probeer om die Profesieë in verskillende tale vertaal te kry sodat hulle ook in boekvorm kan wees. Wanneer ons nie langer op die internet gaan wees nie, dan sal die boeke ten minste hier wees tydens die Groot Verdrukking.

Ons het nog steeds 'n Hebreeuse vertaler nodig, tesame met baie ander tale. Kom asseblief na vore as jy jou tyd wil vrywil om hierdie werk te doen. Ons het vertalers nodig wat toegewyd en gefokus sal wees wat die werk ernstig sal opneem soos ek, nie verbygaande skepe in die nag nie. Bid asseblief en kyk of dit jy is.

YAHUVEH (ook gespel YAHUVAH, YAHVEH, YAHWEH) seën julle almal.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)



Don’t Miss These Related Postings!
“YAHUSHUA! We Are Your Bride! We Wait For You!”
Streaming MP3, Real Audio and Transcript!
Prophetic Dreams and Visions 
Devastating Earthquake Coming On A Passover 
Dead Birds [Bird Flu Now Spreading World-Wide!] Audible Words Spoken By YAHUVEH To Elisabeth (Elisheva)

Also…
Emails: Importance of the True Sabbath
Prophecy 79: “People, You Are Missing The Point!”

Purim Celebration, 2006

What Must I Do To Be Saved?


* * * * * * *

Print Friendly and PDF