Profesie 84
EK, YAHUVEH, Sê, Pasop vir die Illusie!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH

deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

31 Maart 2006

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

PROFESIE BEGIN:

O Amerika, hoe bedroef maak julle MY nie. As julle maar net die kaalkop arend, wat julle State verteenwoordig, kon sien, dan sal julle sien die kaalkop arend huil!

O, mense van Amerika, julle regering verraai julle. Hulle wil dit rantsoeneer wat EK aan julle verniet gegee het. Want nie net sal julle sien dat julle kos gerantsoeneer word nie, nie net sal julle sien dat julle noodhulp voorrade gerantsoeneer word nie, julle sal water gerantsoeneer sien, julle sal die medisyne wat nodig is, gerantsoeneer sien.

Hulle sal sê, "Julle moet na ons toe kom vir toestemming om te koop." Julle met ore wat hoor, kyk na die aasvoëls wat vermom is as julle politici. Kyk na die demoniese gesigte weggesteek agter die gesigte van vlees. En dit affekteer nie net Amerika nie. Die nasies wat te arm is om dit te doen, glo dit of nie, sal die veiligste wees; die nasies wat die rykste is sal die mees gevaarlikste wees.

O Amerika, julle wat gemaak is om apart en heilig te wees…o, hoe ver het julle geval. As julle maar net die kaalkop arend kon sien wat julle verteenwoordig, sal julle sien hoeveel van julle vere uitgepluk is en tog weet julle dit nie, want julle erken dit nie. Julle nasie is gebou op 'n illusie. Julle is so opgepof in trots en sê "Kyk hoe ryk is ek." O, maar as hulle maar kon sien, julle vere is gepluk. Julle kan nie eers vlieg nie, dit is maar net 'n illusie.


Julle gaan van nasie tot nasie om oorlog te maak. Julle seuns en julle dogters lê hulle lewens neer, want EK noem hulle nie eers mans en vrouens nie, EK noem hulle seuns en dogters wat soos speelgoed soldate speel, geforseer om in oorloë te gaan waarheen EK hulle nie gestuur het nie.

O, hoeveel moeders huil. En hierdie nasies word geforseer om hulle seuns en hulle dogters te stuur om te veg teen die boelie wat op die speelgrond kom. O, maar julle het 'n vinger en julle wys na elke ander een en sê, "Julle is die slegste" en tog, hoeveel vingers wys nie terug na julle toe nie? Die wat julle terroriste noem, EK sê, “O, Amerika, julle is die terroriste.”

Die torings van kaarte is gereed om te val. Julle bou dit op, op die rue van die rykes, sodat julle illusie in plek sal bly. Julle het die leuens, "Ons is die nasie van die vryes en die wyses, kom en bring julle armes." Maar wanneer die armes kom is julle 'n illusie van 'n leuen. Wat doen julle aan hulle? Hoe behandel julle hulle? Hulle word minder behandel as menslike wesens. Hulle word weggedryf asof hulle rotte is. Hulle word binne in julle regering se strikke geplaas. Julle bestempel hulle as immigrante, onwettiges. Is julle nie die een wat hulle hiernatoe genooi het nie? Wat doen julle "Statue of Liberty" daar? ‘Kom na die land van die vryes en die brawes.’

EK SPUUG OP JULLE, O AMERIKA!

Julle het die nasies wat martel, gekritiseer. Kyk nou waarvan is julle lugstrome vol. Moet ons hulle nie martel voordat hulle ons martel nie? Kan julle nie sien nie, o Amerika, die wat waarlik van MY is? Kan julle nie sien hoe die verandering van die wagte plaasgevind het nie? Dit wat EK jare gelede vanaf hierdie “Ringmaiden” geprofeseer het, het nou plaasgevind. Daar is 'n paar van hulle, daar is baie min wie MY oorblyfsel is, wat steeds politici is wat steeds probeer terwyl hulle hul koppe slaan teen die muur van burokrasie, van die skynheiligheid, maar hulle staak, hulle gee op, hulle gaan ‘n kompromie aan met die regering se leuens.

Amerika, jy vlieg alleen. Jy dink jy het vriende? Hulle haat jou agter jou rug. Jy koop hulle om soos 'n boelie op die speelgrond, jy het nie ’n vriend nie. Wag tot die ander nasies sien dat jy maar net 'n illusie is. Jy is 'n damp in die lug. Daar is nie eens 'n vuur daar nie. Jy is maar 'n wolkie rook. Wag totdat die ander nasies uitvind dat jy 'n uitgeplukte arend is. Hoekom? Omdat julle nie MY gesag wou aanvaar nie. Hoekom? Omdat julle MY uit julle skole geskop het. Julle wou nie hê dat die Tien Gebooie in julle binnehowe, in die howe, gesien word nie. Die hipokrasie van die wat hulleself die Hoogste Hof noem.

EK praat nie nou net met Amerika nie, want hierdie Profeet is gestuur na al die nasies. Die laaste ding wat EK gedoen het, is om julle ryp te maak Amerika, nou wys EK, YAHUVEH, julle openlik tereg, O Amerika, julle dink julle was beskermd teen die siektes. Dit is julle wat die biologiese leuens vervaardig. Die chemiese leuens van chemiese oorlogvoering. Julle vergiftig MY lug. Maar EK sal nie hierdie Profeet toelaat om hierdie woord te spreek voordat sy veilig is nie.

O, maar Amerika, julle wie die burokrate en skynheiliges is, julle wie die kleintjies vertrap onder julle voete, die rykes en die magtiges wat die klein bietjie wat hulle het, van die kleintjies vat, en dan aan sulkes gee. Wat 'n prys gaan julle betaal. Julle dink julle swart knoeiery gaan werk? Julle dink dat julle beskermd is van dit wat julle gedoen het? Julle dink julle gaan die massas van die armes vermoor, en MY wraak sal julle nie aanraak nie? O, julle dwase wetenskaplikes. O, julle dwase geneeshere, EK sal julle dronkslaan. Vir die wat waarlik van MY, YAHUVEH is, vir die wat waarlik MY Seun YAHUSHUA as Messias en Here van hulle lewe stel, vir die wat ONS liefhet en gehoorsaam is en strewe om elke dag heilig te wees. EK het 'n ware entstof in die lug geplaas, EK het bonatuurlike antibiotika daar gesit en dit sal wees soos die kinders van Israel, en hierdie plae het nie naby hulle gekom nie.

En nou praat EK met al die nasies van die wêreld… satan wil Amerika gebruik om 'n kettingreaksie te stel waar al julle regerings ver en wyd julle sal verraai op dieselfde manier. Sommige van hulle het alreeds, maar EK maak dieselfde beloftes aan julle. Bid vir 'n seëning oor daardie water elke keer wat julle drink, sê, "Dit verteenwoordig die Lewende Water van YAHUSHUA ha MASHIACH en niks kan my skade aan doen nie." Moenie met opset drink van dit wat jy weet besmet is nie. Wanneer EK jou geen ander keuse gee nie, dit is wanneer dit geloof sal neem.

Bid oor daardie kos, want julle sal nie weet of dit gekloon is of nie. Onthou, satan wil alles namaak wat EK geskape het. Hy doen dit deur die naam van wetenskap. Maar bid oor daardie kos, glo MY, glo dat EK jou sal beskerm. Glo dat EK lewe in ‘n vleis sal sit wat jou liggaam sal seën en nie vervloek nie. Want EK vertel vir julle, gekloonde vleis is 'n vervloeking wat gestuur is van die Hel, om te sê, "EK kan skep net soos hy kan skep, eet my kos, dit is beter, ek kan 'n hoender maak wat nie die voëlgriep sal hê nie."

Hoekom, julle dwase, julle wetenskaplikes, dink julle dat EK nie weet dat dit julle is wat daardie siekte vervaardig het nie? Dit het nie van MY af gekom nie. Wanneer hulle sê, "Julle moet ingeënt word, O, daar is 'n dodelike, dodelike virus hier. Ons moet julle bymekaar maak en in 'n stadion plaas as julle nie gehoorsaam is nie. Ons kan nie dat julle die res besmet nie."

Hardloop, hardloop, hardloop, MY Kleintjies hardloop, hardloop, hardloop weg, hardloop van "FEMA", en hardloop van enige burokrasie wat julle vertel om jou geloof van MY af weg te neem. Protesteer terwyl julle nog 'n stem het, protesteer. Breek die kapitaliste se lyne, sê “Julle sal nie ons voorsienings wegneem om aan julle, aan hierdie stad te gee nie, julle sal nie ons kos rantsoeneer nie, julle sal nie ons water rantsoeneer nie, julle sal nie ons noodhulp voorrade rantsoeneer nie." Kan julle nie sien dat as julle stil bly, die illusie sal wen nie? Het EK julle nie gewaarsku nie, hoeveel profesieë gelede, dat die homoseksuele in die minderheid was, maar nou glo jy die illusies se leuens.

Amerika, jy is die fabrikator van die illusie se leuens. Nou het jy daardie leuen regoor die wêreld gevat en jy het dit ver en wyd versprei en tog is dit 'n leuen! Homoseksualiteit is steeds in die minderheid en tog pas hulle wette toe en verander wette om dit goed te keur wat EK gesê het is 'n verafskuwing. Amerika, jy sal maai wat jy gesaai het, net so seker soos Sodom en Gomora gedoen het.

Maar die van die saad van Abraham wat Heilig is en EK praat nie van die biologiese Jode nie. EK praat met die ingegraveerdes, ingegraveer in een, in elke stam net soos hulle ingegraveer is in MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH. Soek MY, EK sal jou nie teleurstel nie. Daar is maniere wat EK jou sal beskerm. Maar nou is nie die tyd om die speletjie te speel van die kerke wat voorgee nie. Leer die waarheid en leer dit vining, moenie die mensgemaakte doktrines volg nie, die kerke van Babel, die georganiseerde kerke. EK sal herhaal, soek die waarheid, dit is wat jou sal vrymaak.

Dit is hoekom EK hierdie Bediening opgerig het. Dis hoekom EK hierdie een wat EK MY “Ringmaiden” noem, opgerig het om 'n profeet vir die nasies te wees, om hulle te waarsku dat, 'N SEEL IS OP DIE PUNT OM OOPGEMAAK TE WORD! Maar eers kry EK MY “Ringmaiden” veilig en verseker, [of] hierdie woord word nie vrygelaat nie.

En Elisabeth [Elisheva], EK het elke traan gesien. O Heiliges, die res van die Bruid van YAHUSHUA, EK het een van julle trane, een en elke een van julle trane. Hulle is gestoor in 'n fles, hulle is heilig voor MY. Vir elke keer wat julle opofferings gemaak het, vir elke keer wat julle uitgeskreeu het, "Asseblief O YAHUVEH, waar is U?” EK het julle trane soos julle huil vir julle familie. EK het julle trane, nie net nou nie, maar ook in die toekoms.

Almal van julle wie die Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam, EK het julle trane nog voordat julle hulle gestort het. Hulle is alreeds hier want EK weet waarvoor julle sou bid, nog voordat julle bid en EK sal jou antwoord nog voordat jy bid. EK het voor jou uitgegaan selfs nog voordat jy moes gely het. Vir die van julle wat regoor hierdie wêreld dit hoor, EK spreek vrede uit vir julle. Want party van julle sal gemartel word. Menigde van julle sal gemartel word. O, maar julle sal die vrede hê van YAHUSHUA, net so seker as wat Johannes die Doper gesê het, "Neem my hoof, ek wil huis toe gaan." Net so seker soos jy sal sê, "Kry dit oor en verby, ek wil huis toe gaan". Want EK verseker julle dit, EK sal julle drome gee van die Hemel. EK sal julle ‘n voorsmaak gee van visioene van die Hemel.

Op een of ander manier, elkeen wat gemartel sal word…elkeen wat gemartel was vir MY Seun YAHUSHUA se ontwil, sal EK 'n voorsmakie van die Hemel gee, en EK het 'n voorsmakie van die Hemel gegee sodat hulle liggaam nie na sy graf toe sal gaan sonder om 'n kykie van YAHUSHUA se gesig te kry nie, en EK neem hulle gees uit hulle liggaam selfs voordat hulle liggaam enige pyn sal voel. EK beloof julle dit. EK beloof julle dit. EK beloof julle dit.

Onthou Stefanus? (Handelinge 7:54-59). Het hy nie dit aanskou nie, en het die lug nie oopgegaan nie, het hy nie vir YAHUSHUA gesien voor hy deur die eerste steen getref is nie en het hy geen pyn gevoel nie? Sy gees was geneem, dit belowe EK julle. Maar wee op die teregstellers. Hy kan nie eers indink, die gruwel wat hy sal voel, nie net nou op hierdie aarde nie, maar in alle ewigheid. So wees gewaarsku, julle wat dink julle kan martel en weg kom met dit, julle kan nie eers indink wat EK met julle sal doen wanneer julle een van MY Heiliges aanraak nie.

Geseënd is almal wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam, julle sal omhels word. Jy is nie net 'n Gas nie, jy is 'n “V-I-P” Gas, vir jou om daar te wees, het jy die grootste prys betaal en die Bruid sal jou omhels, meeste van alles, EK, YAHUVEH en YAHUSHUA sal jou omhels. Die 24 ouderlinge sal jou omhels, die vier lewende wesens sal jou omhels, die engele van die Hemel sal jou omhels. So moenie ‘n kompromie aangaan nie, moenie die illusie se leuens glo nie, want die seun van verdoemenis, die ware Judas, is op die punt om terug te kom, die seun van satan. Moenie ‘n kompromie aangaan nie. Moenie die illusie se leuens glo nie. Moenie die kerke van Babel glo nie; gaan terug na wat die eerste kerk geleer het.

Moenie die manier glo hoe Paulus, Saulus, verkeerd verstaan was en oor en oor verkeerdelik vertaal was nie. Hy was Joods, hy het dit nooit versaak nie. O, die leuens wat vertel word. Natuurlik hang jou redding nie af van besnyding van die vlees nie, want dit is nou die besnyding van die hart. Dit is 'n dwase argument, net soos die ou bloed verbond nie langer staan nie omdat daar 'n Nuwe Bloed Verbond is, dit beteken nie dat MY Sabbat nie meer staan nie.

Net omdat die Grieke MY SEUN 'n naam gegee het, net omdat die "King James" bybel die naam van Jesus Christus oor en oor herhaal het, beteken nie dat SY Naam verander het nie. Dit sal altyd 'n Hebreeuse Naam wees, 'n Naam wat die Naam hou van MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, 'n Naam wat 'n herinnering vir hierdie

aarde is, vir die prys wat MY Seun YAHUSHUA moes betaal het. Weer, EK sal dit weer en weer en weer en weer en weer sê…jy kan hierdie profeet godslasterlik noem, jy kan haar belaster, jy kan sê dat sy hel toe gaan, maar EK vertel dit vir jou…EK, die Koning van Skeppings, EK die Heilige Ewige Een, vertel dit vir jou…SY Naam wat bo alle Name is, is genoem na MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH. Dit beteken "YAH SAVES" [Read about the Sacred Names of YAHUVEH and YAHUSHUA]

Niks het verander nie. Omdat EK die naam van Jesus Christus geëer het, omdat EK die naam van Jesus Christus gesalf het, omdat EK gered het in die naam van Jesus Christus, omdat EK vrygemaak het en tekens, wonders en wonderwerke gedoen het in die naam van Jesus Christus, omdat EK dit steeds doen in die naam van Jesus Christus, beteken dit nie dat julle nie SY Ware Hebreeuse Naam hoef te ken nie. Jy sal en jy word verantwoordelik gehou vir wat jy weet. Omdat EK al hierdie tyd toegelaat het dat julle byeenkom en Sondag MY Sabbat dag noem, het EK dieselfde ding gedoen, EK het dit toegelaat. Dit was nie MY wil nie, EK het dit toegelaat. Maar in die Groot Verdrukking sal satan julle wys hoe hy gaan namaak. [Beware the Sunday Churches]


Want EK sê weer, selfs die baie ryk evangeliste wat hierdie waarheid ken, het hierdie waarheid uitverkoop, het ‘n kompromie aangegaan met hierdie waarheid, sal julle reg in die arms van die anti-messias lei, die seun van satan. En hulle sal sê, "Dit is Jesus Christus, dit is jou Messias, hy het gekom. Hy het gekom en nou is daar vrede regoor hierdie aarde, moenie bekommerd wees oor die Hel nie." Hoekom kan julle nie sien nie? Hulle wil MY nie namaak nie. MY Naam is YAH. “King James" sal betaal. "King James" het betaal toe hy MY SEUN se Heilige Naam uitgeklad het. LEES! LEES! LEES! Bestudeer en wys jouself waardig. Dit was nie altyd "King James" nie, lees die heilige manuskripte. Lees waar die Hebreeuse vertalings is. Lees waar selfs die "Aramaic" SY Naam ken. HOEKOM? HOEKOM? HOEKOM wil julle nie glo nie?

Die Christelike kerk gaan deur soveel lyding gaan, omdat hulle die Messiaanse Jode uitgegooi het. En julle van die Messiaanse Joodse sinagoges, EK wys MY vinger ook na julle. Julle wat MY Naam YAH uitgehaal het en gesê het, "Yeshua sal reg wees". Jy wou nie die ortodokse Jode beledig nie. Julle het ‘n kompromie aangegaan. Julle wat hierdie Profeet van MY wat praat, 'n Heilige Naam gebruiker noem, julle is reg, dis hoekom EK haar gesalf het en nie julle nie. Julle wat dit waag om MY Naam te spel as 'G-d'. Wat is dit? Wat is dit veronderstel om te beteken vir MY? Julle neem selfs MY Godheid weg en dan wonder julle waar is die wonderwerke van die ou tye? Hoekom kan ons nie die dooies in die kerke inbring nie? Hoekom staan hulle nie op nie? Waar is die wonderwerke van ouds? As ons die melaatses sou bring, hoekom word hulle nie gereinig nie? As ons die verlamdes bring, hoekom loop hulle nie? As ons die stommes bring, hoekom praat hulle nie? Wanneer ons die dowes bring, hoekom hoor hulle nie? Wanneer ons die terminaal siekes bring, hoekom lewe hulle dan nie?

Dwase kerke van Babel, hoekom luister julle nie? Doen dit op die ou manier en julle sal hierdie wonderwerke weer sien. EK vertel julle dit alles selfs voordat MY wraak uitgestort word. Stuur EK nie MY Profete om te waarsku voordat die oordeel kom nie? Julle in julle georganiseerde, ryk, luisterryke kerke, julle en die kerk wat gemaak is van glas, julle wat nie wil praat van wat sonde is nie, julle wat die omkopery van die regerings vat, julle wie die profete stilmaak en uitskop. MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie eens in julle kerke nie. Dit is alles 'n illusie, 'n strik van die duiwel, niks anders as ‘n David Copperfield, 'n towenaar wie onder satan se krag werk. Of een wat homself Criss Angel noem ('n towenaar wat die dood uittart), wie 'n gevalle engel in vermomming is. Wie nie eens menslik is nie. Hy is 'n illusie voor julle oë.

Vir die met geestelike ore, julle sal hoor. Vir die van julle wat gaste is, moenie raai nie. Vir die van julle met geestelike oë om te sien, dit is julle wat EK geseën het. Dit is julle wat beskerm sal word; dit is julle wat MY woorde hoor. Dit is julle wie EK MY Heiliges noem. Dit is julle wat hierdie Woord vat en soos hierdie “Ringmaiden” dit voort vertel het, dit reg rondom hierdie aarde sal laat gaan. Want EK is op die punt om julle te wys wie EK, YAHUVEH is. EK is op die punt om julle te wys. Weet julle hoe broos julle aarde is? Weet julle dat dit 'n illusie is, dat julle selfs stil staan? Skilder vir jou 'n prentjie waar 'n tol so vinnig spin en al wat jy moet doen is om dit net te raak, dis al wat EK doen, om dit net te raak en dit sal so vinnig en maklik uit rotasie gaan, al raak EK dit net net…sal almal van julle afvlieg.

En kyk na julle weer. O, EK ken julle in die lande met die weer masjien. O, EK weet waar julle is. EK lag vir julle weer masjien want EK sal julle wys wie die weer gemaak het. EK sal julle wys wie die hael gemaak het. EK sal julle wys wie die aardbewings en die storms en die tsunamis maak. EK sal julle die Skepper van die tornados en warrelwinde wys. EK sal julle masjien in skaamte plaas. Wat gaan julle doen, bewoners van die aarde, wanneer EK die voetstoeltjie skop, want EK het dit maar skaars geraak. Wat gaan julle doen wanneer EK dit skop? EK het een voet gestamp. Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, albei voete stamp?

Julle wat dink julle is so ryk en magtig en kragtig, julle wat julle illusie van rykdom het, julle wat die armes onder julle voet vertrap. Wat gaan julle doen wanneer EK daardie rykdom uit jou hande gryp, wanneer julle die armes is en die armes is die een wat EK optel. Wanneer jy die een is wat honger en dors ly, en sonder 'n huis, en al jou waardevolle besittings wat weg is, wanneer julle die is wat julle huise ondergronds bou, en EK dit sal laat oorstroom en al jou skatte sal vernietig wees.

Julle wat die ondergrondse stede bou en dink dat julle so veilig is. Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, 'n einde gaan maak aan julle illusie en julle daar binne begrawe soos grafte.

Net wat jy doen vir MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH is wat gaan tel! Net wat jy doen met die geld wat EK jou toegelaat het om te hê. Net die woorde wat jy met jou mond gaan spreek tydens jou belydenis, jou berou, jou lof en jou aanbidding, slegs jou getuienis, slegs jou getuienis terwyl jy ander waarsku van die woorde wat EK gespreek het, sal tel, slegs jou getuienis vir die prys wat MY Seun YAHUSHUA betaal het, met die woorde wat EK, YAHUVEH, sê, sal tel.



Wanneer jy voor MY staan en spog en sê, "Ek het vir daardie liefdadigheid gegee"…was dit gebasseer in MY? Het jy MY Heiliges gevoed? Het julle MY profete uitgehelp of het julle hulle daarsonder laat gaan? Daardie is die vrae wat EK jou sal vra. Selfs die van julle wat deur MY Naam geroep is, selfs die van julle wie YAHUSHUA eerste in julle lewe en julle liefde plaas, EK gaan julle vra "Wat het julle gedoen om hierdie Bediening te help om hierdie woorde uit te spreek?" Julle het MY stem gehoor, julle het MY geglo. Wat het julle gedoen?

Het julle ‘n kompromie aangegaan? Het julle gedeel wat julle gehad het? Het julle 'n toevlugsoord aangebied? Het julle soveel as 'n sluk water aan 'n profeet gegee in MY Naam? In MY Seun YAHUSHUA se Naam? Het jy net gesê, "Die Here sal jou seën, ek sal bid vir jou" of was jy 'n seën? Hierdie is die vrae wat EK jou sal vra wanneer jy voor MY troon staan. Het julle hierdie woorde geneem; het julle dit geneem na die Sondag kerke sodat die pastoor verantwoordelik gehou sal word vir wat hy weet? Het julle ingegaan soos Jeremia se weermag, ten minste twee twee? Het julle na die byeenkoms gegaan en aan hulle verduidelik van die Sabbat feeste? Wat het julle gedoen? Het julle MY Hebreeuse naam geleer? Het julle geleer van die krag en die salwing in die heilige Hebreeuse name van MY, YAHUVEH, van MY Seun YAHUSHUA?

Dit geld vir elke nasie regoor die wêreld wat hierdie woorde hoor. Wat het jy gedoen? EK gaan julle vra. Het jy hierdie “Ringmaiden” op enige manier gehelp? Het jy haar gehelp om teen die vyand te baklei? Hoeveel keer het julle gebid? EK gaan julle vra. Wanneer julle weet en julle lees Openbaring en julle weet hoeveel martelare daar gaan wees, het julle vir hulle vroegtydig gebid? Bid julle nou vir hulle? Ek gaan julle vra. Wanneer EK julle beveel om vir die Twee Getuies te bid, dat hulle sal glo en ontvang wie hulle is, EK gaan julle vra, was julle gebede tussen hulle s’n wie vir hulle gebid het? EK gaan julle vra. Hoeveel siele het julle na die Hemel gelei? Hoeveel keer het jy getuig van YAHUSHUA ha MASHIACH? Die prys wat HY betaal het by Golgota en hoe HY weer op die derde dag opgestaan het sodat julle vir ewig kon vrygestel word? Hoeveel keer het julle mense vertel dat hulle Heilig moet wees, dat hulle gehoorsaam moet wees? EK gaan julle vra.

Jy sien, dit is nie genoeg om vir jou eie siel te sorg nie. EK gaan jou vra, het jy oor enige iemand anders omgegee behalwe jou familie? Want wie het EK, YAHUVEH, gesê wie was jou familie? Het EK nie deur MY eie Seun YAHUSHUA se Naam gesê wie jou familie was nie? En dit is die wat aan MY behoort, die wie YAHUSHUA ha MASHIACH as Messias en MY enigste verwekte Seun aanvaar. (Markus 3:31-35) Wil jy weet hoekom jou familie nie gered is nie? Wil jy weet of jou familie gered sal word?

Net soos daardie tronkbewaarder gesê het, "Wat dit my en my huis aangaan, ons sal YAHUSHUA dien". O, EK weet julle was geleer, "Wat dit my en my huis aangaan, sal ons die Here dien". Maar weereens, hulle het die Naam van MY Seun uitgeklad. Lees die Heilige Manuskripte en jy sal sien dat MY Seun se Naam daar was. Dit het beteken dat, nie net moes daardie tronkbewaarder alleenlik sy hart na YAHUSHUA draai nie, maar sy familie ook. Dit is nie 'n "carte blanche" nie, 'n vry pas vir ‘n familie. Elkeen werk hulle eie redding uit met angs en bewing. Voordat hulle op die aarde geplaas was, weet hulle siel alreeds of hulle naam in die Lam se Boek van Lewe geskryf is of nie, of hulle in die "Book of the Blotted Out" is.

So dit is die woorde wat EK vandag uitspreek deur hierdie “Ringmaiden”. Hierdie woord sal geseël word; dit sal nie nou dadelik vrygestel word nie. EK gaan haar eers op 'n veilige plek kry voordat hierdie woord vrygestel sal word, omdat daar meer oppad is.


* * * * * * *


So is dit gespreek, so is dit geskryf, gegee aan hierdie “Ringmaiden” om met julle te deel, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)


Gegee op 3/31/06 en vrygestel op 10 Junie 2006. Dit het so lank geneem om by hierdie land te kom waar YAHUSHUA gesê het, stel die profesie nou vry.


* * * * * * *

Print Friendly and PDF