Profesie 85

Skree Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir Die Wêreld! Internasionale Bruid Van YAHUSHUA, Kom Vorentoe!

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
5 Mei 2006

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)


* * * * * * *

"Shalom" Geliefde Familie,

Ons skryf die gedeelte omdat daar dinge genoem is in die profesie deur YAHUVEH wat julle nie sal verstaan as ons nie 'n paar dinge duidelik maak nie. Aangesien julle nie daar was nie sal ons julle inlig.

Ons (Amightywind leierskap) bedank almal wat vir ons geskryf en vertel het dat hulle ons in hulle gebede insluit, sommige was selfs gelei om te vas en het nie geweet hoekom nie. Nou weet julle hoekom. Ons vertel nooit vir iemand behalwe die wat ons die meeste vertrou, waar ons is nie totdat ons daar aangekom het, of die meeste van die tyd wanneer ons alreeds vertrek het. Op die manier het die duiwel nie enige verwelkomings partytjies wat vir ons wag nie.

Die vreemdste van alles is dat ons gedink het ons gaan na 'n ander land, waar ons gereed gemaak het om 'n vlieg kaartjie te koop, na die land waar 'n ander profeet nogsteeds vir ons wag. En ek, Elisabeth [Elisheva] het wakker geword en gesê, "YAHUVEH het met my in my slaap gepraat en gesê 'Gaan na Switzerland'". Nie een van ons het enige iets, enige iets van Switzerland af geweet nie en ons was vertel om eerste klas vlieg kaartjies te koop, alhoewel ons nog nooit tevore met eerste klas gevlieg het nie. Ek het gesondheids probleme gehad en ons het gedink dat dit die rede was. Nou verstaan ons die belangrikheid om gehoorsaam te wees en 'n kaartjie vir eeste klas te koop. Omdat, as julle hieronder lees sal julle verstaan dat daar 'n ander rede was en hoe belangrik dit was. Dankie aan almal wat hierdie uittog moontlik gemaak het.



Hierdie profesie het die eerste oggend nadat ons in Zurich, Switzerland geland het voort gekom. Ek wil verduidelik waarna Vader YAHUVEH verwys met betrekking tot "Homeland Security" en die moeilike tyd wat ons gehad het om uit Amerika te kom. By die Seattle lughawe het ons langs 'n tonnel af gegaan om op die vlug na Zurich te klim.

Op pad het ons 'n paar "Homeland" offisiere in die tonnel sien staan net voor ons op die vliegtuig sou klim. Dit het gelyk of die offisier vir ons wag, terwyl hy al die ander laat verby gaan het en net aanhou staar het. Hy het gestop en gevra, "Waarheen ons gegaan het en waarom het ons soontoe gegaan". Hy het begin praat oor geld en gesê dat ons net toegelaat word om soveel kontant, wat $10,000 is, uit die land te neem. Hy het gevra hoeveel geld ons gehad het, wat 'n redelike bedrag was, maar ons was ver onder die toelaatbare limiet. Ons het vir ‘n oomblik gedink en 'n bedrag gesê wat ek geglo het, korrek was.

Hy het toe begin sê dat as ons nie min of meer die bedrag het wat ons sê ons het nie, dan sal "Homeland Security" al ons geld konfiskeer, en hy het vir ons gese dat ons 'n dokument moes teken, wat verklaar hoeveel geld ons aan ons gehad het. Ek was senuweeagtig maar het probeer om seker te wees dat ons akkuraat was met die syfer. Ek het geglo ons was.

Wel, net nadat ons die vorm ingevul en geteken het en begin agterkom het wat regtig aan die gang was, het ons gedink ons moet eerder elke pennie in my beursie tel, omdat “Homeland Security” dit wil hê. Terwyl ons die geld begin tel het, het ek geweet dat ons in die moeilikheid was, omdat ek baie meer geld gehad het as wat ek besef het, omdat Adam vir ons $500 in Kanadese geldeenheid by die Pasga gegee het, en nog $500 in Kanadese geldeenheid by die Seattle lughawe toe hy ons afgesien het.

Ek het al die Pasga geld geskenke in 'n koevert gesit en dit nooit eers getel nie. Inteendeel, ek wou verras gewees het hoe YAHUSHUA die geld verdubbel het, vir as dit tyd sou wees om dit te gebruik wanneer ons in Switzerland aangekom het. Daar was Euros wat vir ons gestuur was as Pasga geskenke, sowel as Engelandse geldeenheid. Plus die geld in Amerikaanse geldeenheid wat ek in 'n klein “mint” metaal boks gesit het, wat vir ons gegee was met "Hanukkah" en my verjaarsdag, asook tydens "Purim". Ek het dit gehou vir ingeval ons geld vir 'n noodgeval nodig sou hê. Dit was regtig net onder die bedrag van $500. Ek het dit in my beursie gehad maar heeltemal daarvan vergeet. Daar was 7 offisiere wat deur al ons besittings gegrawe het en gesoek het vir elke pennie wat hulle kon vind. Terwyl hulle deur alles gegrawe het, het die offisier wat hierdie hele ding begin het, ons paspoorte gevra om te sien of ons nie enige rekords teen ons gehad het nie. O, die uitdrukking van teleurstelling op sy gesig toe hy uitgevind het dat ons geen rekords teen ons het nie, nie eers 'n verkeerskaartjie nie! Prys YAHUSHUA! Ons vliegkaartjies was met 'n kontant geskenk gekoop en hulle was eerste klas, andersins is ons seker die vliegtuig sou sonder ons vertrek het, en selfs die eerste klas kaartjies was nie terugbetaalbaar nie. Die ander was alreeds op die vliegtuig, en sou die vliegtuig vertrek het, sou hulle in Europa gewees het sonder geld en ons sou alleen in Seattle gewees het. En as ons geld gekonfiskeer was, dan sou ons nog sonder geld ook gewees het. Dit was 'n klein voorbeeld hoe die "Homeland Security", wie ons ook "Gestapo Police" gedoop het, dalk die Jode gehanteer het toe hulle alles gesteel het wat hulle gehad het. Maar, YAHUVEH het alles onder beheer gehad.

Vroeër daardie oggend het ek wakker geword uit 'n droom wat 'n waarskuwing was oor "Homeland Security". Ek het wakker geword, geskree en gehuil en gesê, "Ons kan nie op daardie vliegtuig klim nie, daar gaan moeilikheid wees met ons regering. Hulle gaan nie dat ons Amerika verlaat nie".

Ek het geweet YAHUSHUA het ons gewaarsku wat die duiwel beplan om te doen en dat ons nou daarteen moes bid sodat dit nie gebeur nie. Ons het vir ure gebid en satan bestraf, betrokke geraak in geestelike oorlogvoering en was in barensnood in die Gees, en het toe vrede gehad en het ‘n woord van YAHUVEH begin voortspreek. HY het gesê, "satan wil julle in 'n strik vang, maar niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie en EK sal dit nie toelaat nie. Die Rooi See sal oopgaan vir julle."

Daarna het ek vrede gehad en weer aan die slaap geraak. So ek wil sê, ons kan nie sê dat ons nie vroegtydig gewaarsku is van die strik wat vir ons gestel was nie. Ons het net nie geweet waar die strik sou wees nie. Nou kon ons dit duidelik sien. Ek het gebewe onder die salwing op daardie tydstip. Dit was hierdie profesie wat opgesluit was soos vuur in [my] bene, omdat YAHUVEH kwaad was omdat ons soos kriminele behandel was. En tog, was dit ons eie geld, net omdat ons nie die tyd gevat het om elke pennie te tel nie. Wat 'n tragedie dat Amerikaners toelaat dat hulle privaatheid so gesteel word soos dit. Ons is lankal nie meer die land van die vry en brawes nie soos Profesie 84 sê nie, "WAAK TEEN DIE ILLUSIE."

Teen hierdie tyd was die vliegtuig vol, behalwe vir ons en hulle het vir ons gewag sodat hulle kon opstyg. Terwyl hulle ons kontant getel het, het een offisier in besonder aangehou vra waar ons die geld gekry het, wat ons vir 'n lewe gedoen het, ens. Ons het hom vertel dat ons bedienaars was. Nodeloos om te sê, nadat hulle klaar was het ons meer geld gehad as wat ons verklaar het, en hulle sê toe dat hulle hul toesighouer sal moet inroep, om te sien of hulle ons geld gaan konfiskeer. Ons was ernstig besig met gebed, soos julle teen hierdie tyd kan dink.

Daar was 7 van hierdie "Homeland Security" offisiere wat daar gestaan het, besig om te besluit wat om te doen, omdat hulle nie hul toesighouer in die hande kon kry nie. Uiteindelik het een van hulle gesê, "Kom ons gee hulle die voordeel van die twyfel en glo dat hulle regtig nie geweet het hoeveel kontant hulle gehad het nie en laat hulle aan boord van die vliegtuig gaan". As ons nou 'n groot bedrag geld gehad het sou ons kon verstaan hoekom dit gebeur het. Maar net 'n bietjie meer as dit wat ons neergeskryf het, was belaglik.

Ons het ‘n 'Amen' daarop gesê, ons besittings bymekaar gemaak en aan boord van die vliegtuig gegaan, om nooit weer vir Amerika te sien nie. O, ja, daar is een ding wat ek vergeet het om te noem. Ons het verskeie een-ons goue muntstukke in my beursie gehad, wat as 'n geskenk aan ons gegee was deur 'n ander lid van die Bruid in Australië, genaamd John. Hy het dit vir ons laas jaar gestuur omdat YAHUSHUA vir hom gesê het om dit vinnig te stuur indien ons geld vir 'n noodgeval sou nodig hê of waar ons dit kon verruil op ons toer. Ons weet nooit wat kan gebeur nie. Ek het dit in my beursie gehou binne in 'n sakkie so groot soos 'n grimeer sakkie.

Een van die offisiere het dit gekry en daarna gekyk en ons het hom dopgehou en stilweg ernstig gebid, toe hy opgekyk het na ons met 'n goue muntstuk in sy hand, verseël in plastiek, en sê, "Wat is hierdie, aandenkings?" Ons het gesê, "Ja, jy kan dit sê", met 'n groot glimlag op ons gesigte. Ons weet dat hulle alles sou gehou het as die goud ook getel was, en hulle sou dit alles in elk geval gehou het as YAHUVEH en YAHUSHUA nie aan ons kant was nie. Ons weet dit, ons het soos kriminele gevoel net omdat ons kontant moes hê om te hervestig in 'n ander land, en alhoewel ons Hemelse Vader in beheer was, was dit steeds baie senu-tergend. satan het probeer om enigiets te gebruik wat hy kon om ons te keer van hierdie missie om met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA te vergader, en 'n nuwe, vars salwing na die Nasies te bring wat ons besoek. Waar ons gaan, volg tekens, wonders en wonderwerke, alles vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.

Na hierdie ondervinding, het ons aanhou vra vir YAHUVEH hoekom hulle so op ons afgekom het, omdat ons geweet het dat ons 'n teiken was en HY hierdie droom gegee het.

In die droom het ‘n broer agter die mense gestaan wat na x-straal masjiene gekyk het, terwyl hy na die skerm gekyk het. Hy het toe homself gesien deur die x-straal masjien gaan, maar hy was steeds agter hierdie mense wat ook na die skerm gekyk het. Die skerm het toe die presiese bedrag kontant wat hy aan hom gehad het, begin flikker. So, terwyl hulle die masjien het en duidelik kan sien hoeveel kontant jy aan jou het, was al hierdie niks meer as teistering nie, vir een rede, omdat "Homeland Security" net 'n ander manier is om die vryheid en privaatheid van Amerikaanse burgers weg te neem.

Ons is spyt dat ons Amerikaners genoem word, omdat ons inderwaarheid met respek en meer regte vir ons privaatheid, in Europa en ja, selfs Afrika, behandel was. "Homeland Security" het geen begroting nie, dit is 'n finansiële bodemlose put wat geskep is deur President Bush en dit sal gebruik word, en word gebruik, teen die onskuldige burgers van Amerika om te steel, dood te maak en ons vryhede en reg op privaatheid weg te neem. Lees hieronder en sien wat YAHUVEH sê omtrent "Homeland Security" en ander organisasies in ander lande wat dieselfde doen onder ‘n ander naam.

Ons moes na 'n veilige plek gaan om hierdie profesie vry te stel en ook ander wat nog nie vrygestel is nie. Ons is jammer dat dit so lank geneem het, maar dit kon nie verhoed word nie. Ons weet dat, al dink ons dit is laat, is dit regtig op tyd, omdat dit YAHUVEH se tydsberekening is. Miskien sal ons ondervinding iemand anders kan help.

Ter afsluiting, glo ons waarlik dat die finansiële geskenke wat vir hierdie Bediening gegee is, deur Heilige mense gegee is, veral die Bruid van YAHUSHUA se finansiële geskenke, en satan was daardie dag gestop. Wanneer hierdie profesie gekopieer en gedeel word, maak asseblief seker dat die verduideliking ingesluit is sodat ander dit sal verstaan.

* * * * * * *

PROFESIE 85


Skree Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir Die Wêreld! Internasionale Bruid Van YAHUSHUA, Kom Vorentoe!

Jy het dit nie vooraf geweet nie, Elisabeth [Elisheva], maar EK het dit nou net vir jou in 'n visioen gewys. Toe julle voete neergesit het in Zurich, Switzerland, het EK bewys dat EK julle veilig uit Amerika kon kry. Alhoewel julle nog nooit ‘n wet oortree het nie, wou satan nie hê dat julle daar weggaan nie, omdat hy nie wou hê dat hierdie salwing losgelaat moet word na die nasies nie en dat julle persoonlik jul voete op die lande moes plaas nie. satan wil nie hê dat julle moet saamkom met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie.

Ten spyte van dit wat die vyand probeer doen het, het die hele Hemel toegejuig, die Engele het toegejuig, in die Hemel het die ramshorings weerklank, omdat hulle sê dat daar niks sterker in Amerika is as "Homeland Security" nie. Maar EK het bewys en EK sal aan almal bewys dat die wat MY toets en in MY glo, wie aan MY gehoorsaam is, wie die KRAG ken van MY Heilige Name. EK, YAHUVEH, maak hierdie plegtige eed: Diegene wat die waarhede volg wat EK gegee en voortgespreek het in hierdie Bediening, sal dieselfde oorwinning hê oor "Homeland Security" of in watter naam ookal dit aangespreek word in die nasies. Want soortgelyke agentskappe is opgestel om nie net die kriminele nie, maar die onskuldiges vas te trek.

En in die komende dae van donkerte, sal dit die Heilge mense wees wat 'n teiken van hulle sal wees. Net so seker as wat EK julle gewys het geen krag is groter as EK, die Groot, “EK IS” YAHUVEH, wanneer julle na MY kom in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, sal EK die Rooi See open. EK sal diegene stop wat probeer om julle te vervolg. Julle wie MY Heiliges is, wie uitskree in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH net soos in die ou tyd, EK sal julle verlos.

So julle sien MY kinders, daar was 'n ander rede dat EK julle Europa toe gestuur het, en dit is om te bewys, wanneer EK die Rooi See oop maak, sal die ander ook deurgaan. O Amerika, julle plaas julle sekuriteit in iets wat julle noem, "Homeland"? EK sal julle "Homeland Security" wys, julle is net gepas vir een ding en dit is MY, YAHUVEH se verwoesting. EK, YAHUVEH spreek dit nou. Julle probeer MY Kinders verhinder, julle probeer MY Kinders vertraag, EK sê nee. Julle het amper toegelaat dat hulle daardie vliegtuig verpas het. Julle wou van MY Kinders steel, julle wou MY Kinders arresteer en julle het nie eers 'n parkeer kaartjie teen hulle gehad nie en julle kon nie verby die Bloed, wat vir hulle Gestort is op Golgota, gaan nie. Julle kon nie verby MY, YAHUVEH gaan nie, omdat hulle hul sekuriteit in YAHUSHUA en MY geplaas het. Hulle het MY gehoorsaam en hulle het gevlug voor die dae van verwoesting kom.

Nou spreek EK hierdie voort! Skree dit vanaf die huise se dakke, skree dit vir die wêreld. EK het julle bevry, soos 'n teken sal EK ander ook op dieselfde manier bevry. EK het julle uit Amerika gestuur, julle uittog, om nooit weer terug te gaan nie. Net soos EK met julle gepraat het, net so het EK met die ander gepraat en hulle het nie geluister nie en hulle het nie geleer nie en tog word hulle geroep deur MY Naam. So baie sal moet leer op die harde manier. Hulle glo die waarhede wat julle glo en tog het hulle gebly. Maar EK stuur julle voort in hierdie Messiaanse Joodse Laaste Kans Bediening om die mense van Amerika en Kanada te vertel dat wanneer EK hulle vertel om te vlug, dat hulle eerder moet vlug. Andersins moenie by MY kom huil nie. Onthou daar is altyd vrede in die oog van die orkaan. Kanada, EK het jou jare terug deur hierdie profeet gewaarsku, om nie in jou suster Amerika se voetspore te volg nie, maar het jy geluister? Nee, jou bespotting het net erger geword.

Wanneer hierdie lande afgeskort is, Elisabeth [Elisheva] soos EK jou oor en oor in hierdie visioen gewys het. 'n Groot rooi weggooibare beker gemaak van swaar plastiek en 'n groot hand vat daardie beker, oor 'n klein bang muis, 'n klein wit muis, en maak dit toe met die drukking van die hand, en die muis hardloop vorentoe en agtertoe onder die beker, wetende dat daar geen wegkom kans is nie, dit is julle. Die wat sê hulle is Heilig, die wat uitskree in MY Naam, en tog dring hulle daarop aan om te bly. EK profeseer nou, dit is julle. As julle nie vlug en doen wat EK julle sê om te doen wanneer EK julle vertel om te vlug nie, julle moet gehoorsaam wees. Andersins is dit julle, julle is die bang wit muis en julle regerings is die hand wat julle sal verhoed om te vlug.

Wanneer EK julle vertel om te verkoop wat julle het, ontsnap terwyl julle nog kan vlug. Menigtes van julle bevraagteken MY nogsteeds. Hoekom dink julle het EK julle vertel om Pasga te doen? Selfs al het jy dit nog nooit voorheen gedoen nie, het EK julle gewaarsku om dit te doen sodat die engel van die dood oor julle sou verby gaan en nie julle families of huise sou aanraak nie, en die vloeke nie oor julle kan kom nie. Hoeveel van julle het geluister toe EK deur hierdie “Ringmaiden” voort gespreek het en julle 'n mandaat gegee het om dit te doen. Na die Pasga kom ‘n uittog. Elisabeth [Elisheva] het geen idee gehad dat hulle uittog sou kom sonder enige voorafgaande waarskuwing nie. Tog het EK julle gewaarsku. Hulle gaan voor julle.

Amerikaners en Kanadese, hardloop, vlug terwyl julle kan, as julle weet dat julle weet dat EK julle so vertel het. Wees gehoorsaam. Onthou, EK het julle vertel dat die lande wat derde wêrelds genoem word, alhoewel hulle armer is, die veiligste sal wees van die korrupte, ryk regerings wat die antichris as deurwagter sal aanneem, en tog noem EK, YAHUVEH, hom die seun van satan, die seun van verdoemenis, wie die Merk van die Dier bring. Moenie enige regering vertrou om julle te beskerm in die komende dae van donkerte nie, want EK stuur "Amightywind" om gebruik te word as 'n standaard teen die bose in hierdie wêreld en die boosheid wat na hierdie wêreld kom. Memoriseer die skrifte wat julle sal bemoedig terwyl julle dit steeds vrylik kan lees. Die tyd gaan kom wanneer die woord weggesteek moet word op 'n ander manier.

Maar vir die van julle wat moet agterbly in Amerika en Kanada, EK gee MY vrede wat alle verstand te bowe gaan en EK het MY Heiliges wat moet agterbly, dit is waar julle geloof sterk moet bly. Maar jy moet beter weet dat jy weet dat jy weet dat EK jou gesê het, om te bly en nie te gaan nie. EK dank julle dat julle MY toelaat om julle as 'n geseënde geskenk vir hierdie Bediening te gebruik. En soos hulle in 'n groter salwing loop en geseën en beskerm is, net so ook is julle gesalf, geseën en beskerm. Die skaak stukke is nou op die bord, alles is in plek. Aan MY vyande en die vyande van hierdie Bediening, nou baie binnekort, gaan EK, YAHUVEH, sê, "SKAAKMAT!".

Kanada jou noodlot is dieselfde as Amerika. Wanneer EK kyk na Amerika en EK kyk na Kanada, is daar geen verskil nie. Julle is sonde, julle is stank, julle is mis in MY oë. O, EK sal begin om te profeseer na die ander nasies, maar nou is MY oog op die een wat soveel van die pad afgelei het. Amerika, jy sal betaal. Nou kan hierdie profeet die woorde van vuur voort spreek, wat EK bewaar het. In die komende dae, soos julle die dag van Pinkster (die gedenkdag van die afdaling van die Heilige Gees oor die Disippels en die Vroulike volgers van YAHUSHUA) nader, elkeen wat aan MY behoort, elkeen wie op MY Heilige Naam roep, moet eerder begin om Psalm 91 oor en oor op te sê, omdat hy MY Naam ken, sal hy MY aanroep in nood en EK sal hom antwoord en EK sal hom bevry, EK sal nie jok nie.

Die wie MY Sabbat Dag eerbiedig, die wat aan MY "Torah" (Hebreeuse leerstelling) gehoorsaam is, die wat YAHUSHUA aanbid, EK sal julle antwoord, EK sal julle bevry. Die wat hierdie Bediening liefgehad het, omdat net MY Woorde voortgespreek is, EK sal jou antwoord, EK sal jou bevry, as julle maar net gehoorsaam wil wees. As julle agterbly omdat julle sê, "O, maar my man is nie gered nie," as julle agterbly en sê, "O, maar my vrou is nie gered nie," as julle agterbly en sê, "O, maar my kinders is nie gered nie"…moet EK julle nog herinner wat het met Lot se vrou gebeur? En so sal dit weer wees.

Julle kan nie eers dink wat EK vir julle beplan het nie, o Amerika en Kanada. Die wat vlug vanaf Amerika en dink hulle gaan na 'n veilige hawe genaamd Kanada, die in Kanada vlug na wat hulle dink is 'n veilige hawe in Amerika…maar hulle is almal dieselfde, daar is geen verskil nie, hulle albei spot MY Heilige Naam! Die van julle wat dink julle ontsnap armoede om na 'n ryk land te kom; julle het nie 'n idee wat hulle aan julle sal doen nie! EK het meer kinders wat gesalf en Heilig is in die armer lande as wat EK het, in al die ryk lande saamgevat. Meer van die Bruid van YAHUSHUA is wat EK noem die Internasionale Bruid van YAHUSHUA. So min word gevind in die ryk nasies. Afrika Bruid van YAHUSHUA, kom vorentoe. Stel julleself voor aan hierdie “Ringmaiden”. Julle gebede is die Lig wat die boosheid terughou om Afrika heeltemal oor te neem.

O, EK weet die meerderheid van die Europese kerke is net louwarm. Julle is slegs waardig om uit MY mond gespuug te word en tog fokus EK nie nou al in op julle nie. Inteendeel, EK, YAHUVEH, beveel die Europese Bruid van YAHUSHUA, kom vorentoe. Stel julleself voor aan hierdie “Ringmaiden”; dit is julle gebede wat gehelp het om my wraak op Europa terug te hou, tot dusver.

Soos julle die pryse van petrol sien opgaan in Amerika, sal julle 'n vrees oor die mense sien kom, wat hulle nog nie geken het nie. Want julle sien, die olie maatskappye sê dat dit julle is wat hulle besit. En hulle gaan julle verpletter. Hoe dink julle gaan julle finansies nie verpletter wees nie? Soos julle die pryse in alles sien opgaan. Net wat julle vir YAHUSHUA gedoen het, sal bly staan, dit is die enigste manier hoe EK, YAHUVEH, julle finansiële seëninge sal vermenigvuldig. Vir die van julle wat julle geloof plaas in iets genaamd

olie, swart vloeibare goud, in plaas daarvan om julle geloof te plaas in MY, YAHUVEH, in MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, julle sal vrees ken soos julle dit nog nooit geken het nie. EK praat met die wie hulle self Christene noem. Julle moes eerder gebid het en vir MY beskerming gevra het. In plaas daarvan het julle jul geloof om beskerm te word in iets gesit wat julle "Homeland Security" noem, in plaas daarvan om te glo, in God YAHUVEH, sal ek vertrou. Nou, o Amerika, nou, o Kanada, nou is julle net bevoeg dat EK julle sal verpletter.

O, maar die van julle wie se name EK geskryf het in die Lam se Boek van die Lewe, voor die grondlegging van die aarde. Die wat uitskree na MY, die wat uitskree in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA, hou net julle geloof en hou styf vas en moenie laat los nie. Hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en moenie laat los nie. Maak nie saak wat gebeur nie, moenie laat los nie. As EK julle vertel het om agter te bly dan sal EK julle beskerm waar julle bly. Maar as EK julle vertel het om te vlug, onthou dat julle ongehoorsaam is aan MY as julle nie gegaan het nie.

Nou Elisabeth [Elisheva], het julle 'n nuwe adres om op te sit. Julle pos hoef glad nie meer aangestuur te word vanaf Oregon nie. Julle het nie meer hierdie ekstra uitgawe nodig nie. Julle het MY toestemming om julle adres in Alaska op te gee.

'n Nuwe salwing het regoor Europa gekom toe julle voete daarop land. Nou sal die kragte van lig en donkerte in groter maat oorlog voer. Want die Bruid in Europa gaan weet dat hulle nie langer alleen is nie. O, hulle het MY nog altyd gehad, maar hulle het aanhou vra, "O, waar, O, waar is die ander?" Nou is die tyd wat EK begin om julle bymekaar te bring. Dit wat soveel jare terug geprofeseer is en 'n splinternuwe, meer kragtige salwing. MY Bruid sal voortgaan en oorlog voer teen die bose geeste regoor die wêreld.

Elisabeth [Elisheva], jy sal 'n manier kry om op daardie Internet te kom. Daar is een wat vir jou geskryf het en jy moet haar dadelik kontak, omdat dit in MY Naam is in wie sy aanhoudend bid. Daar is 'n Duitse Bruid wat jy vorentoe moet roep; hulle het jou eenmaal tevore gekontak en nou moet jy hulle weer kry. YAHUSHUA het 'n Italiaanse Bruid en wanneer EK praat van Bruid, dan praat EK van meer as net een. Italiaanse Bruid van YAHUSHUA, kom vorentoe. Stuur julle uitnodigings nou en stel julle self voor aan die “Ringmaiden”. Is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Sal julle hulle omsluit met julle gebede en liefde?

Oor al die nasies van Europa, nou roep EK, YAHUVEH, julle vorentoe! Kom en vergader met hierdie “Ringmaiden”, omdat daar 'n nuwe salwing is wat oorgedra sal word soos julle almal julle lantern liggies saam bring, dit sal meer van die donkerte regoor Europa uit blokkeer. Dink daaraan. Hoe meer lig, hoe minder donkerte. Europa julle is bedek met donkerte! Maar EK bring die lig om die donkerte te verdryf. Europese Bruid, is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Is julle bereid om julle salwing saam te bring?

In die komende dae sal profesieë voortkom vir Europa en ander nasies. Amerika, jy het geweier om te luister. Kanada, jy het geweier om te luister. Toe [hulle] vertrek het, het hulle die stof van hulle voete afgeskud en EK het hulle hulle instruksies gegee. Moenie weer ingaan nie, omdat dit sal wees soos toe Lot teruggegaan het in Sodom en Gomora, waar EK hulle vertel het om te vlug. EK sal goedgunstelik almal onthou wie 'n seën was vir hierdie Bediening, almal wat dit moontlik gemaak het om te vergader met die Internasionale Bruid. Hoe meer julle gedoen het, hoe meer beskerming sal EK vir julle gee, meer genade. Want julle sal dieselfde seëninge deel as hierdie “Ringmaiden” wat hier voort spreek.

Diegene wie weier om hierdie Bediening te ondersteun, julle weet dit nie, maar julle is net besig om seëninge van julleself te steel, seëninge wat EK vir julle voorbehou het. Hierdie is die woorde, MY Kinders, wat julle moet op sit saam met die woorde wat EK julle in Seattle Lughawe gegee het voordat julle na Europa vertrek het.

O, Elisabeth [Elisheva], jy het MY so gelukkig gemaak, omdat jy in geloof loop en nie met sig nie. Toe EK jou vertel het om weg te gaan, het jy MY nie bevraagteken nie, julle was net gehoorsaam. Toe EK julle na 'n buitelandse land stuur, het jy gesê, "Maar ek praat nie hulle taal nie," en tog was jy net gehoorsaam. O, hoe bly maak julle MY nie; het jy regtig gedink dat EK julle sal laat honger ly? Jy het gesê, "O, maar die pryse is so hoog hier." Het EK, YAHUVEH bankrot geraak en niemand het MY vertel nie? Weet julle nie dat julle al die Hemel se goud en silwer tot julle beskikking het, soos EK dit wil hê nie?

Wanneer EK julle vertel om 'n Heilige Byeenkoms plek te kry en verwag dat ander ook sal kom, weet EK dat julle gehoorsaam sal wees. Dit is MY eer om julle op hierdie manier te seën. En Groot, Groot, Groot, sal die seëninge wees van [hulle] wat groot onkostes aangegaan het, julle deel dieselfde seëninge, omdat julle een is. Jy het hulle omhels en hulle gesoen en jy het geweet dat dit EK was in daardie soene en drukkies. Voor die hele wêreld bedank EK jou nou. EK seën jou omdat dat jy gehoorsaam was.

Adam, weer het EK jou voort gestuur, waar jy vanaf Vancouver na Seattle gegaan het met groot onkoste. Jy het gekom in MY salwing, jy het gekom in MY liefde. EK het geweet EK kon jou vertrou, omdat jy die een was wat EK gestuur het toe hulle Seattle verlaat het en na Alaska gegaan het. So EK het geweet EK kon jou weer vertrou, en Adam M. jy het MY nog nooit in die steek gelaat nie en O, hoe seën EK jou nie. En daar is twee Kathy's. Julle ken julle vanne. Net soos julle 'n seën vir hierdie “Ringmaiden” is, is julle 'n seën vir MY, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA. MY dierbare geliefde dogter Kathy A., jy werskaf om al die profesieë wat EK vir Elisabeth [Elisheva] gegee het in boeke vrygestel te kry, wat sal wees as ‘n versteekte waardevolle skatte huis van geloof, tydens die tyd van die Groot Verdrukking. Kathy A., jy wie die ekstra myle gegaan het en opofferings op alle maniere gedoen het, weer sê EK voor die wêreld, jy is so 'n seëning. EK verorden dat jou naam grootliks ge-eer word in die Hemel saam met jou gebede en tiendes en offergawes.

MY Heiliges wat finansieel opgeoffer het sodat EK hierdie Bediening regoor die wêreld kan gebruik om te preek, julle name is geskryf in 'n boek van seëninge saam met Adam en Joseph W. in Hong Kong wie so getrou was vir so lank. EK roep julle name voort om julle te bemoedig. Groot! Groot! Groot! Groot, sal julle seëninge wees, want waar ookal hulle voete gaan, in die gees, so sal julle ook gaan. In die Hemel, wanneer belonings uitgedeel word vir die siele wat hierdie Bediening na YAHUSHUA toe gelei het, sal julle almal by hulle staan. Sonder julle wat 'n seëning is vir hulle, wie sou EK gebruik het om 'n antwoord op hulle gebede te wees? EK gebruik mense om mekaar te seën, hoe meer jy ander seën, hoe meer sal EK, YAHUVEH jou seën.

Daar is van julle wie se name EK nie voortgespreek het nie en julle het finansiële opofferings gemaak vir hierdie Bediening. Wees verseker dat dieselfde seëninge ook vir julle gereserveer is, geliefde kinders, omdat EK weet wie julle is. O, geliefde dogter Sharon M., deur hierdie baie jare was jy oor en oor 'n seën. Jy is soos die weduwee van Sarfat en jy deel die bietjie wat jy het om plek te maak vir meer seëninge. Jou geloof en gehoorsaamheid eer MY.

EK het die rykes na hierdie Bediening gestuur en julle ken MY stem en tog staan julle ver weg, sonder om julleself eers voor te stel, en tog is dit die Salwing van die "RUACH ha KODESH" (Heilige Gees) wat julle hierheen trek. Is julle gewillig om dit waarmee EK julle geseën het te deel, om te help werk in hierdie oesland saam met hierdie Bediening? Het julle nog nie besef dat julle rykdom julle nie gesond sal maak en onderhou in die Groot Verdrukking nie? Het jy nog nie besef dat die waarhede wat jy hier leer jou sal voed en onderhou nie? En wanneer jy geloof nodig het om aan te gaan of wonder wat volgende gaan gebeur, het EK dit alreeds geprofeseer. Het EK jou nie oor en oor oortuig om 'n seën vir hierdie Bediening te wees nie, sodat EK 'n groter seën vir jou kan wees?

Het julle nog nie agtergekom dat wanneer julle ander seën wat gebruik word as MY, YAHUVEH, se mondstuk, dat julle MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA seën, en dat julle seëninge en skatte in die Hemel berg nie? Sê MY Woord nie, "As julle net 'n slukkie water vir my profeet aanbied, dan sal julle 'n profeet se beloning ontvang"? Hoekom vertel EK dit alles vir julle in die midde van 'n profesie? Omdat so baie van julle wil weet hoekom julle gebede nie beantwoord word nie? Hoekom groei die salwing nie sterker nie? Daar is 'n prys om te betaal vir MY seëninge en dit word GEHOORSAAMHEID genoem.

Dit is hartseer om te sê, maar daar is van MY Kinders wat hierdie lees en hoor en sê, "Ek herken die stem van YAHUVEH. Ek kom hierheen om te sien wat HY sê…maar ek weier om hierdie Bediening te ondersteun of te bemoedig op enige manier". Hoeveel van julle het begin as 'n seën en daarna in 'n vloek verander, wat n kompromie aangaan vir wat julle weet waar is? Julle het na MY uitgeskree en gesê, "Waar is die antwoorde op my gebede, waar is my bevryding en my genesing? Waarom is my sielsgenoot teruggehou?” Dit is julle laaste kans om 'n seën te wees en te gehoorsaam!

Word julle nie gevoed deur hierdie gesalfde, geestelike, groen weivelde en groei in wysheid en openbaring nie? Net omdat ander die prys betaal om vrylik MY woorde te voer vir MY lammers en skape en aan almal wat omgee om te hoor, regoor die wêreld. Dink julle nie daar is 'n prys wat hierdie profeet wat EK gebruik om deur voort te spreek, betaal nie, tesame met almal wie by haar staan en geestelik in oorlog tussenbeide tree en bid, en tog hou hulle aan om MY wil en weg te doen. Hoe min van julle wat hierdie lees en wie hulle liefde vir YAHUSHUA verklaar, sal gewillig wees om die prys te betaal vir wat dit vat om hierdie woorde voort te spreek, wat nie vir ore is wat jeuk nie, om ‘n Bediening te ondersteun wat weier om ‘n kompromie aan te gaan.

Oral waar hierdie gesalfdes hulle voete neersit, sal of MY seëninge of vloeke volg, in elke nasie, sal of redding of oordeel volg. So sal dit wees met almal van YAHUSHUA se Bruid. Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH…begin om uit te roep en te vra vir jou bruidskat ("dowry"), die een wat EK vir jou gereserveer en eenkant gesit het. Soos wat EK dit vir die “Ringmaiden” gee, net so sal EK dit vir jou gee. Want die rykdom van die goddeloses is gestoor vir die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH en dit is jy. Want EK weet wie dit sal gebruik vir MY Glorie en MY Glorie alleen.

EK, YAHUVEH, het hierdie waarskuwing vir die wat ingekom het as 'n vriend, wat finansiële geskenke bring en dan toegelaat het dat satan inkom en jou in 'n Judas verander het. Dit sou beter gewees het as julle nooit die naam van hierdie “Ringmaiden” gehoor het nie, omdat EK julle sal laat swaarkry vir al die bedroefdheid wat sy voel deur julle verraad en elke traan wat sy oor julle gestort het. Toe julle haar verraai het, het julle die een verraai wat gestuur was om 'n seën te wees en nie 'n vloek nie. Wanneer julle gebede nie meer beantwoord word nie en julle wonder of EK 'n dowe oor na julle hulp krete gedraai het, wanneer julle jul ergste vrese agterkom, en dit alles oor satan, 'n leuenaar wat julle geglo het, en ‘n kompromie mee aangegaan het. Wanneer julle hier is tydens die Groot Verdrukking en ongenadiglik swaarkry, moet julle nie wonder hoekom nie. Het EK nie gewaarsku nie, "Moenie aan MY gesalfdes raak nie en ook nie enige van MY Profete seer maak nie"? Wanneer sal julle leer, verraad deur 'n vriend is die ergste leuen? As julle nie berou en bely wat julle gedoen het nie, sal julle die noodlot van ‘n Judas ly en die geliefde een waarvoor jy ons verraai het, sal doodgaan.

Elisabeth [Elisheva], alles wat EK julle gegee het, het julle agtergelaat vir ander. Al wat julle gevat het was julle tasse en nie eers die voertuie wat EK julle gegee het nie. Omdat julle die geskenk van 'n voertuig van julle drome, agtergelaat het, O, maar EK sal julle seën. EK sal nie een goeie ding van julle weerhou nie. EK sal met die Heilige mense se harte praat en julle wat lees en luister, dit is julle wat weet dat julle geroep is en gekies is om saam met hierdie Bediening te staan. Aan julle is die geskenk van behulpsaamheid gegee. EK het julle geseën in julle werk. Saam word julle geroep om te werk in hierdie oesland om MY waarhede regoor die nasies van hierdie wêreld te neem. EK spreek dieselfde seëninge oor julle. EK sal geen goeie ding weerhou nie en julle sal onsigbaar wees vir die vyande wat julle ondergang soek.

So Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK praat nou met daardie in Europa. Is julle bereid om wat julle het te deel met hierdie Bediening? Bring julle helder aangesteekte geestelike lanterns saam en wees 'n seën vir mekaar en bring dit soos die vyf wyse maagde dit gedoen het. Die ligte sal groei soos 'n vuurtoring baken lig en julle salwing sal groei en saam sal julle een word in MY. O, die tekens, wonders en wonderwerke wat julle sal sien in YAHUSHUA se Heilge Naam as julle maar net geloof sal hê en glo. EK, YAHUVEH, sal verheerlik wees, vir die Glorie van MY SEUN YAHUSHUA ha MAHIACH.

EK spreek hierdie woorde nou voort. Moenie bang wees nie, O, Bruid in Israel, en moenie dink dat EK nie omgee nie, want EK sal hulle na julle toe ook stuur. Dit is net 'n eerste tree om hulle daar te kry. Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH in Israel, kom vorentoe. Stel julleself voor aan hierdie “Ringmaiden”, want dit is deel van hierdie Bediening se werk om te bid vir seëninge en beskerming oor die Bruid van Israel. Julle is een met haar net soos sy een (is) met julle. Is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Dit is nou die tyd om te begin om haar uit te nooi en om te begin bid en tussenbeide te tree, vir hierdie Bediening om te kom en die Heiliges in Israel te seën, om te bid dat die vyande sal weg hardloop in sewe verskillende rigtings. Oordeel sal op die goddeloses val en hulle sal binne in die parskuip van MY, YAHUVEH se woede val. Bid, o Bruid van Israel en Bruid van die Midde Ooste, wie aan YAHUSHUA behoort, dat die salwing op hierdie Bediening groter sal word sodat julle salwing ook groter sal word.

EK, YAHUVEH, praat met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA. EK gee julle hierdie opdrag. Help hierdie “Ringmaiden” om die wêreld te bereik vir YAHUSHUA se Glorie. Wees vrywillig en vertaal hierdie profesieë in julle verskeie tale. Daar is 'n Hebreeuse lid van die Bruid van YAHUSHUA wat hierdie nou lees en weet hulle moet al die profesieë in Hebreeus vertaal. Ander weet dat hulle hierdie profesieë in Afrika tale en Arabies moet vertaal. Hoekom het julle nie vorentoe gekom en julle voorgestel aan hierdie Bediening nie? Hoekom is die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie gehoorsaam nie, en gebruik die seëninge, geskenke en talente wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het nie? Hoekom verberg julle dit waar dit geen waarde vir enige een is nie?

Vir die ander wat begin werk het aan die vertalings van die profesieë in julle tale, EK het hierdie vraag vir julle. Hoekom maak julle nie klaar waarmee julle begin het nie, die werk teen die muur, voel julle so min vir julle eie land? Almal van julle wat dit gedoen het, EK sal julle die vraag eendag vra voor MY Troon vra. Wees gereed om 'n antwoord te hê, omdat julle geroep was en die taak gegee was om te doen, en tog het julle nie die taak klaar gemaak nie. Dit vertraag YAHUSHUA se koms vir SY Bruid, want hierdie profesieë en boodskappe moet in baie tale wees voordat HY terugkom. Bruid van YAHUSHUA in al die Internasionale Nasies, EK was verantwoordelik dat (hulle) vir altyd hulle tuisland moes verlaat, dat hulle al hul wêreldse besittings agter moes los, om te kom en 'n seën te wees en met julle te deel wat hulle het. Is dit regtig te veel om van julle te vra? Is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Apostoliese Messiaanse Joodse Pinkster Bediening? Maak Heiliges bymekaar om as middelaars op te tree en aanhoudend vir hulle te bid, want die geveg is vurig, maar die Oorwinning is alreeds gedoen vir YAHUSHUA se Lof, Eer en Glorie!

* * * * * * *


So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)

Apostel Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA!


* * * * * * *

Woord Gegee By Seattle Lughawe, 3 Mei 2006

Hierdie woord het na Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] gekom in Seattle, by die lughawe, voor hulle vlug na Europa.

EK het weer en weer gewaarsku en hulle wou nie luister nie. Elisabeth [Elisheva], jy dra swart, want EK rou. Dit is nie MY wil dat EK moet doen wat EK moet doen nie, maar EK is geforseer om dit te doen. Want daar is ‘n prys te betaal vir ongehoorsaamheid. O, dat hulle net geluister het, want waarlik, die dag van verwoesting het alreeds begin.

Daar sal krag en salwing wees in dit waarvoor julle geliefde Adam en Luigi geroep was om te doen. Dit nie ‘n toeval dat hierdie bediening in Europe sal wees nie, en jy doen dit. Bid vir die beskerming, bid dat hulle versteek is. Bid dat die groei van die rykdom van die sondaars vrygelaat word deur die Bruid se hande, want nou is die tyd, nou is die vasgestelde tyd.

Adam, wanneer die tyd kom dat EK jou vertel om te gaan; EK vertel jou nou: Pak daardie vlugsak! Vra vir MY wat jy daarin moet sit, geen vertraging meer. Sien jy hoe vining kry EK vir Elisabeth [Elisheva], want Kanada wou nie luister nie. EK het waarskuwing na waarskuwing gestuur. Hulle het geweier om te luister! So, hulle is nie beter af as Amerika nie. Want hulle, wie gedink het dat Kanada veilig is, hulle is sekerlik mislei.

Nou, Elisabeth [Elisheva] stuur ek jou voort om die heerskappy van MY Oordeel op Europa, op die louwarmes, te bring. Vertel hulle EK sal hulle uit MY Mond spuug. Hulle is die wie sê dat hulle van MY is maar hulle ken MY nie eers nie. Jy sal meer weet wanneer jy dit kry. ‘n Nuwe salwing sal oor jou kom. Dit is al vir nou.

Maar Adam, weet dit, nie een haar op jou kosbare hoof sal geraak word nie, want jy behoort werklik aan MY en EK is jaloers oor jou. Enigeen wat jou seermaak, dit is asof hulle MY seergemaak het, en nogtans, moet MY nie toets nie. Wanneer EK sê, pak daardie vlugsak, dan pak jy dit, want waarlik, die weë van die geboorte van die Dag van Verwoesting, het alreeds begin. Niks sal die Groot Verdrukking stop nie, die geboorte van MY Wraak!

Maar, hulle wie aan MY behoort, hulle wie MY soek, hoef nie bekommerd te wees nie!

www.allmightywind.com
www.almightywind.com


* * * * * * *

Print Friendly and PDF