Profesie 87

Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem En Die
Res Van Die Wêreld, Wat EK, YAHUVEH, Wil Sê!


Profesie gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)


27 Augustus 2006


* * * * * * *


Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.


EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)


In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16

maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui


Asook die volgende in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag om te probeer om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie my gesalfdes aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as ek, ABBA YAHUVEH jou tong uitgeskeur het!


*******

"Sh'ma Yisrael" Deut. 6:4
"Hoor, Israel, die HERE onse GOD is 'n enige HERE".


PROFESIE BEGIN


Hoor, O Geliefde Israel, Jerusalem en die res van die wêreld. Kan julle nie jul Skepper hoor huil en ween, omdat julle so ver weggedwaal het vanaf MY Heiligheid nie? Julle kan nie sê dat julle nie weet wat is reg en wat is verkeerd nie. O Israel en Jerusalem, het EK nie MY "Torah" op julle harte geskryf nie, het EK julle nie beveel om die wette van die "Torah" aan julle kinders te leer nie? Is julle nie die saad van Abraham, Isak en Jakob nie? Het julle niks geleer van julle Koning Dawid en Josua nie? So wat is julle verskoning?

Hoe kan julle julself verdedig deur verafskuwings toe te laat, soos homoseksuele propaganda, waaraan julle kinders blootgestel word en daardeur pervers word. Hoekom verwelkom julle dit wat ek 'n verafskuwing en 'n bespotting van 'n huwelik noem? Wil julle maar net MY "Tanakh" ignoreer? Verstaan julle nie hoedat julle 'n skaamte bring oor alles wat Heilig is, deur toe te laat dat hierdie perverse dinge in 'n stad inkom, wat eens op 'n tyd die Heilige Stad genoem was nie?

Die van julle in Israel en Jerusalem wie ween en rou oor die bose dinge wat in Israel ingebring is, wat julle beste gedoen het om te protesteer, julle moet weet dat EK julle sal beloon vir die hoeveelheid kere wat julle geprotesteer het teen die homoseksuele gees en die bose gees van Molech, wat aborsie genoem word. Israel, hoekom vermoor jou eie vroulike soldate die onskuldige babatjies in hulle baarmoeders, in plaas daarvan dat hulle eerder rein bly? Verstaan julle nie dat ek julle nie sal seën voordat julle nie gehoorsaam is en berou het nie, en wegdraai vanaf julle slegte weë en weer Heilig is teenoor MY, YAHUVEH nie?

O Israel en Jerusalem, waar is die vrees, gehoorsaamheid, eerbied, ontsag en Heiligheid wat julle voorvaders Moses, Abraham, Isak, Jakob, Josef, Dawid en Josua gehad het? Moet EK aangaan? O manne van Israel, hoekom dink julle dat julle militêre krag, julle manne van moed maak? Verstaan julle nie dat dit julle geregtigheid deur MY Seun YAHUSHUA is wat sal maak dat EK julle oorloë vir julle sal veg en dat julle sal wen nie?

O, Vrouens van Israel en Jerusalem, waar is die Heilige vaartuie, wie meer vrees het vir dit wat EK sê, as vir dit wat manne sê? Waar is die vrouens van Israel met die Heiligheid, gehoorsaamheid en geloof soos wat Sarah, Deborah, Rut, Ester en Miriam gehad het? Hoekom word die Delila's en die gees van Jezebel toegelaat om dit wat veronderstel is om Heilig te wees, te besmet? Weet julle nie dat een van MY twee getuies 'n gees sal hê soos die van Deborah s'n, wat 'n Regter was oor die hele Israel nie?

Hoe kan julle dit waag om MY te vra om Israel en Jerusalem te seën, voordat julle nie staan vir Heiligheid nie. Kan julle nie sien dat EK opreg is in alle weë nie; EK is Almagtig in liefde en in oorlog. EK seën diegene wat gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en EK vervloek diegene wat ongehoorsaam is. Kan julle nie sien dat dit in julle eie "Torah" en "Tanakh" geskryf is dat daar 'n heilge salwings krag in MY NAAM, YAHUVEH, is nie? Sê MY Woord nie in Psalm 91 "EK sal hom hoog plaas, omdat hy MY naam ken nie"? Hoekom bestudeer julle dit nie self nie, en tel hoeveel keer EK seëninge uitgespreek het oor diegene wie MY HEILIGE, HEBREEUSE NAAM ken en gebruik? Hoekom het julle toegelaat dat die “Rabbi's” hierdie seën van julle gesteel het? Dit is nie hoe dit altyd was nie. Watter liefdevolle Vader steek sy naam weg vir sy kind?

MY Naam is YAHUVEH en dit maak nie vir MY saak hoe julle dit spel of uitspreek nie, solank julle erken dat "YAH" in MY Naam is. Net so is dit dieselfde met MY Seun, die enigste MESSIAS, SY Naam is YAHUSHUA, dit maak nie saak hoe julle dit spel nie, solank julle MY Naam "YAH", in dit hou. ONS Naam is nie amper 'n titel soos HaShem of Here of Adonai nie. MY Naam is bo alle name, en dit is YAHUVEH. Vat dit wat die “Rabbi's” van julle gesteel het, weer terug. Julle maak MY Naam nutteloos wanneer julle dit as G-D spel, of wanneer julle dit as YHVH of YHWH spel, hoe word dit dan uitgespreek? Jy het 'n naam, wat laat jou dink dat EK jou Skepper nie 'n naam het nie? Wanneer jy bid, roep MY op MY Naam, YAHUVEH. Die met geestelike ore sal hoor, al die ander sal doof bly.

O Israel, hoekom is julle dan nie gehoorsaam aan die wette wat vir julle neergelê was op die Berg Sinai nie? Het EK julle nie apart gestel vir MY Glorie nie? Het EK julle nie met liefde beskerm teen die plae en vervloekings wat oor julle vyande gekom het nie? Het EK julle nie veilig oor die Rooi see gebring, deur dit te skei en julle vyande, die Egiptenare, te laat verdrink nie? Wend julle ooit 'n poging aan om te tel hoeveel wonderwerke EK vir julle part gedoen het? O Israel en Jerusalem, dink julle dat EK daarvan hou om julle te slaan om julle aandag te kry? Daar is geen nasie op die ganse aarde soos julle nie. EK het julle so baie geseën, maar hoe het julle MY, julle Skepper, geseën en gehoorsaam? Israel, kom weer terug na MY, sodat EK julle oorvloedig kan seën. EK kan nie enige iemand seën, wie rebels is nie. Julle moet vandag kies watter ELOHIM julle wil dien!

O Israel, MY hart is bedroef. EK is YAHUVEH, EK is die ELOHIM van Israel, alhoewel julle soos 'n uittartende, rebelse vrou was. Julle doen die teenoorgestelde wat EK julle voorvaders, Moses, Abraham, Isak, Jakob, Dawid en Josua beveel het om te doen. Hulle wat MY Wil eerste gestel het, deur gehoorsaam te wees aan die gebooie wat aan Moses op die Berg Sinai gegee was. Julle Koning Dawid het die oorloë gewen, net so het Josua, omdat hulle geweet het dat dit nie deur hulle mag was nie, ook nie deur die getalle en krag van hulle soldate en wapens nie. Die oorwinning het gekom omdat hulle MY, YAHUVEH, se Wil eerste geplaas het. Hulle het na MY gekom met harte van berou, vas, gesalfde gebed, aanbidding en roem. Hulle het geweet dat die vyande in MY hande oorgelewer was. Hulle het geweet dat hulle gebruik was om in die oorloë te veg, maar dat dit EK, YAHUVEH was wat die oorloë vir MY Roem, Eer en Glorie alleen gewen het!

O Israel, julle het al die reg om julleself te verdedig, maar tot julle skaamte, maak julle nie meer staat op MY wapens van oorlogvoering nie. Julle sal omsingel word van alle kante, omdat julle op 'n Judas genaamd Amerika staatmaak vir julle Wapens. Julle moet verstaan, EK is YAHUVEH, en EK sal nie getart word nie, selfs nie deur Israel nie. Ja, EK het 'n verbond met Abraham gesluit om Israel te seën en te beskerm, maar julle sal eers 'n seën vir MY moet wees. Julle moet eers julle deel doen en gehoorsaam wees aan MY, voordat julle in MY seëninge van Deut. 28 kan loop.

EK, YAHUVEH seën die mense wat 'n seëning vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA is. EK kan nie die opstandiges seën nie. EK moet die mense wat EK lief het, kasty, anders kan EK nie sê dat EK julle lief het nie. EK voel bedroef oor dit wat EK moet doen, omdat daar slegs 'n oorblyfsel van Israel gered sal word. O Israel, julle straf julle vyande baie meer as wat EK bestem het. Julle vergeet dat Abraham voor MY gesig is en MY herinner dat julle vyande ook die saad van Abraham is, deur Ismael. Julle ontken MY Seun YAHUSHUA se Heilige Reddende Bloed wat Jerusalem se grond deurweek, net soos hulle dit ook ontken.

Selfs duisende jare later, bedek een druppel van YAHUSHUA se Reddende Bloed die wêreld, en tog weier julle om die geskenk wat EK as julle Bloed Offer gegee het, te aanvaar. Dit is groter as enige dier se bloed offer. EK het nie net toegelaat dat MY geliefde Seun YAHUSHUA gekruisig word, doodgegaan het en begrawe is in 'n graf kelder, vir die sondes van hierdie wêreld nie. EK het YAHUSHUA ook uit die dood opgewek, as 'n teken aan Israel; nie net is daar lewe na die dood nie, maar dat EK, YAHUVEH, vir Jerusalem gekies het vir YAHUSHUA om in dood te gaan en begrawe te word op julle grond en weer op te staan. O Jerusalem, die tyd is hier dat die wêreld gaan sê, "Julle gaan sekerlik doodgaan en nie weer opstaan nie", maar wanneer Israel BEROU het en gehoorsaam is, sal EK Israel weer opwek.

Hoor, O Israel, Jerusalem, en die res van die wêreld. EK, YAHUVEH, het dit gedoen vir meer as een rede. YAHUSHUA simboliseer julle wonderwerk geboorte as 'n nasie, terwyl YAHUSHUA apart gestel is vir MY Glorie. Israel julle is ook bedoel om apart gestel te word, om aan MY, YAHUVEH Glorie te bring, veral in hierdie eind tye. EK het Lewende Water deur julle klaag muur laat vloei, dit simboliseer YAHUSHUA se trane toe HY in die Tuin van Getsemane was. HY het gehuil vir Jerusalem en Israel, net soos EK, YAHUVEH, nou ook doen.

Hoor, O Israel, EK is nou besig om MY 2 Getuies, wat nou op hierdie aarde leef, gereed te maak. Hulle gaan binnekort opgeneem word na die Hemel en daar sal 'n nuwe salwings Krag vanuit die Hemel aan hulle geskenk word en 'n Verheerlikte Liggaam, en hulle sal nie langer gebind wees aan 'n fisiese liggaam nie. MY 2 Getuies gaan na julle toe kom, en daar sal weer tekens, wonders en wonderwerke gedoen word. Daardeur sal hulle MY, YAHUVEH se Naam en Glorie en die enigste Prins van Vrede, die enigste MESSIAS, MY SEUN YAHUSHUA, aankondig. O Israel, MY 2 Getuies sal weer kom om julle tereg te wys en julle waarsku om te berou.

Hoor, O Israel en Jerusalem, omdat julle geweier het om YAHUSHUA se bloed, wat julle sondes sal wegwas, by Golgota te aanvaar, sal daar bloed vloei tot by die perde se stange, en dit sal deur julle land vloei. (Openbaring 14:20).

Hoor, O Israel en Jerusalem, Jakob het met MY, YAHUVEH geworstel, en hy was vermink en het met 'n gebrek geloop. (Genesis 32:24-26). Julle het geworstel met MY, O Israel, en julle sal vermink word en nie ware vrede ken nie, totdat julle uitroep, GESEËND IS HY WAT KOM IN DIE NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH! Dan sal julle geseën word op maniere, meer en oorvloediger as waarvan julle ooit kon droom of voor vra.

YAHUSHUA het die oë van blindes geopen en die skille het van hul oë afgeval, en hulle het vir YAHUSHUA geprys, omdat hulle weer kon sien. Hulle het ook aan MY, YAHUVEH Glorie en Roem daarvoor gegee. Julle, O Israel en Jerusalem, het ontken dat die wonderwerke van die Hemel was. So nou is julle blind, met skille op julle oë, en dit is hoekom julle mislei sal word deur die seun van satan, wie sommiges die anti-messias noem. Julle sal vir 3 ½ jaar mislei word en sy valse vrede glo.

YAHUSHUA ha MASHIACH het bewys dat HY MY, YAHUVEH se Seun is, terwyl HY tekens, wonders en wonderwerke regoor Israel en Jerusalem gedoen het. Tog het julle HOM vervolg daarvoor en die wonderwerke, werke van die duiwel genoem. Tydens die Groot Verdrukking sal satan se seun (anti-messias) na julle toe kom en julle mislei met valse tekens, wonders en wonderwerke. Dit sal kragte van satan wees. Dit sal gebeur omdat julle die ware EEN verwerp het. Julle sal om die bos gelei word met die vervalste tekens, wonders en wonderwerke. (Openbaring 13:11)

MY 2 Getuies sal weer preek soos YAHUSHUA gedoen het. MY 2 Getuies se skaduwees sal gesond maak, restoreer en bevry, selfs die Heilige gemartelde dooies sal opgewek word. Kos sal 'n duisendvoudig vermeerder word, net soos die broodjies en die visse, waar YAHUSHUA gebid het. Wat gedoen was, sal weer in Jerusalem gedoen word. En maak nie saak na wie of waarheen MY 2 Getuies gestuur gaan word nie, as julle hulle ontvang en glo, sal hierdie wonderwerke weer in YAHUSHUA se Naam gedoen word. Hulle sal weer soos YAHUSHUA preek en oordeel uitspreek oor die Fariseërs. Net soos YAHUSHUA SY lewe opgeoffer het, sal MY 2 Getuies hulle eie lewens opoffer en doodgemaak word. Maar 3 ½ dae later sal hulle uit die dood opstaan, as 'n teken dat YAHUSHUA LEWE en REGEER en aan BEWIND is in die Hemel, en dat HY waarlik die SEUN is van MY, YAHUVEH. (Openbaring 11:3-13).

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, net soos die heidene bang was vir YAHUSHUA, net soos HY getart, bespot, gehaat en vervolg was, net soos daar mislukte pogings op SY lewe was, so ook sal MY 2 Getuies dieselfde lot oorkom. Net soos YAHUSHUA die vyeboom wat nie vrugte gedra het nie, vervloek het, sodat dit verwelk het en doodgegaan het, so ook sal MY 2 Getuies, die werke wat geen vrugte afwerp, en die sondes van die mensdom vervloek. (Mattheus 21:18-20). Die vrugtelose vyeboom simboliseer die heidense mensdom wat ook sal verwelk en doodgaan, terwyl daar Woorde van Vuur vanuit MY 2 Getuies se monde sal voortkom. Die vyande haat YAHUSHUA, Heiligheid en MY 2 Getuies en dit sal weer wees soos in die tye van Elia(Elijah) van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu) en MY vyande sal met vuur verdelg word.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, YAHUSHUA het 'n vrou by 'n put in Samaria ontmoet en vir haar die Lewende Water by die put gegee. Sy het die waarheid ontvang en teruggegaan na haar stad en die goeie nuus en die Lewende Water van waarheid met die ander gedeel. (Johannes 4). YAHUSHUA het aan die vrou by die put vertel om te gaan en te drink van die Lewende Water, sodat sy nooit weer dors sal kry nie. MY SEUN YAHUSHUA is die Fontein van Lewe, YAHUSHUA is die Put van Lewende Water, en niemand kan na MY, YAHUVEH toe kom, sonder om te drink van die Fontein van Lewe, en sonder om SY Bloed Offer by Golgota te aanvaar nie.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, EK het weer en weer die Lewende Water aan julle gestuur, deur MY gesalfde vaartuie, maar tog het julle die Lewende Water terug in hulle gesigte gegooi. Julle het MY Profete vervolg, geslaan, verban, in die tronke gegooi en doodgemaak. Dit is die rede hoekom EK MY 2 Getuies na Jerusalem sal stuur, hulle sal profeseer teen die boosheid wat julle, O Israel gedoen het, besig is om te doen en nog gaan doen. MY 2 Getuies sal die Hemelruim seël en geen reën sal val nie, omdat julle die Lewende Water van YAHUSHUA geweier en verwerp het. MY 2 Getuies sal die vervloekings van Deut 28 loslaat op diegene wie ongehoorsaam is en die godheid van MY geliefde SEUN YAHUSHUA ontken. MY Woede sal val op almal wie YAHUSHUA se NAAM vervloek. MY onverdunde woede sal almal wie die Merk van die Dier dra, of die Dier aanbid, verdelg. (Openbaring 13:16-18).

Hoor, O Israel, Jerusalem, en die res van die wêreld, omdat julle geweier het om te luister na MY Heilige gesalfde profete, wie se enigste begeerte is om gehoorsaam te wees en MY, YAHUVEH te dien, gaan EK MY 2 Getuies stuur, wat 'n salwing sal hê soos wat Moses en Elia(Elijah) van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] gehad het. Hulle sal gestuur word om die een wat die anti-messias genoem word, die seun van satan, die valse profeet en al sy dienaars wat die Merk van die Dier dra, te tormenteer. Net soos Moses gebruik was om die bose Farao te tormenteer, net so sal ek MY 2 Getuies gebruik.

Net soos Moses vervloekings en oordele oor die Egiptenare uitgespreek het as 'n bewys van MY, YAHUVEH se krag, so sal dit weer wees, net soos Moses die Rooi See geskei het sodat die Israeliete kon deurgaan om van hulle vyande te ontsnap, net so sal dit weer wees. Slegs 'n getroue oorblyfsel sal in Israel gered word, en net omdat hulle teruggekeer het na Heiligheid en die eerste wette onderhou, wette wat EK, YAHUVEH geskryf en gegraveer het met MY eie vinger van gesag, en omdat hulle MY SEUN YAHUSHUA aanvaar het as hulle MESSIAS, en HOM dien, en berou het van hulle sondes.

EK sal slegs diegene beskerm wat die Naam van YAHUSHUA seën. HY was op hierdie aarde gebore vanuit 'n Hebreeuse maagd, sonder die saad van 'n man. Dit het bewys dat YAHUSHUA MY, YAHUVEH se enig gebore SEUN is wat na die aarde gestuur was met MY Woorde en gesag. YAHUSHUA is die Lewende "Torah" en julle, O Israel, Jerusalem en die grootste deel van die wêreld, het HOM ontken, wanneer julle HOM ontken, ontken julle MY, YAHUVEH. EK het YAHUSHUA eerste na die Jode gestuur en daarna na die nie-Jode, om MY Gesag en Glorie te demonstreer.

EK sal MY 2 Getuies, een man en een vrou voort stuur, om MY, YAHUVEH se gesag te demonstreer, en om MY, YAHUVEH se oordele en vervloekings af te roep, en om gesalfde woorde voort te spreek, en om die Krag in die Heilige Ware Name van MY, YAHUVEH en YAHUSHUA te wys. Luister nou waarlik en hoor, O Israel en Jerusalem, EK sal Israel nie seën voordat hulle nie die NAME van YAHUVEH en YAHUSHUA seën nie, en voordat julle nie die Heiliges, wie kom en in ONS NAME preek, seën nie.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die mense van die aarde, daar is slegs een pad terug na die Hemel, en dit is deur die Heilige Offer wat aan hierdie planeet aarde gegee is, wat die sondes van die mense bedek, en dit is deur die NAAM en die Bloed van YAHUSHUA. Julle moet HOM aanvaar as MY, YAHUVEH se enig gebore SEUN, en julle sondes sal vergewe word en weggewas word deur die reddende Bloed van YAHUSHUA, maar dan moet julle berou hê en wegdraai van julle sondes en gehoorsaam wees. (Johannes 14:6)

Hoor, O Israel, dit is die boodskap wat MY 2 Getuies sal voortspreek. Enige vyand van YAHUSHUA is 'n vyand van MY, YAHUVEH, en as hulle nie berou het nie, sal daar geen vergewing van daardie sonde wees nie. Die Hel sal hulle volgende huis wees.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, daar is geen koninklike bloed op hierdie aarde nie, behalwe deur die gestorte bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Slegs diegene wie se name alreeds in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is (Openbaring 17:8), voor die grondlegging van die aarde, kan die koninklike bloed toe-eien. Dit is deur die koninklike bloed van die KONING van die HEELAL, die KONING van KONINGS, HERE van al die HERE, YAHUSHUA ha MASHIACH, KONING van die Jode! Al die ander wie hulleself as mense van 'n koninklike, aardse bloedlyn beskou, is indringers en daar is niks koninklik in hulle nie. Slegs MY Mense wat ingeënt is deur die bloedlyn van YAHUSHUA ha MASHIACH, is Koninklik in MY oë. Slegs YAHUSHUA se Bruid sal in die Hemel gekroon word.

MY 2 Getuies is deel van YAHUSHUA se Eerste Vrugte Bruid van Openbaring 14. Die liggaam wat hulle gaan ontvang, sal 'n Verheerlikte Liggaam wees. Net soos YAHUSHUA onsigbaar deur 'n groep mense geloop het, toe die vyand HOM gesoek het om dood te maak, so ook sal MY 2 Getuies dieselfde doen. (Lukas 4:28-30)

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, net soos satan nie vir YAHUSHUA kon dood hou nie, en YAHUSHUA weer op die 3de dag opgestaan het, net so sal dit nie saak maak wat satan, die valse profeet en satan se seun, die anti-messias, doen nie, maar hulle sal nie kan verhoed dat MY 2 Getuies uit die dood uit gaan opstaan nie. Dit sal 3 ½ dae wees nadat hulle doodgemaak is. Satan kan nie dit verhoed dat mense regoor die wêreld dit gaan sien en daarvan hoor nie. Hulle sal dan hulle lewens en hulle siele oorgee en YAHUSHUA as die enigste ware Messias, die SEUN van MY, YAHUVEH, aanvaar.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, net soos YAHUSHUA opgevaar het na die Hemel, voor die aangesig van getuies, net so sal MY 2 Getuies opvaar na die Hemel, voor getuies van hierdie wêreld. Dit sal regoor die hele wêreld oor die lug gesien word. Soos dit geskrywe staan sal die wat dood is in (Christus) YAHUSHUA MESSIAS, eerste opstaan. Dit was 'n geheim gewees en is alreeds vrygestel deur hierdie profeet. MY 2 Getuies, tesame met MY ander Heilige kinders wat gemartel is, sal op dieselfde tyd uit die dood uit opstaan, en dieselfde krag wat YAHUSHUA opgewek het deur MY hand, demonstreer. EK, YAHUVEH, sal dit weer doen vir die wêreld om te sien.

Soos dit geskryf is, "Hulle wat oorbly en aan die lewe is, sal opgeneem word en YAHUSHUA in die lug ontmoet", hulle is deel van die Openbaring 7 Bruid. Die tyd vir getuies is 3 ½ jaar, wat gesimboliseer word deur 3 ½ dae, waar MY 2 Getuies se liggame sal dood lê, terwyl hulle Geeste in die Hemel sal wees. 3 ½ dae later sal hulle Geeste teruggeroep word in hulle liggame in, net soos YAHUSHUA s'n. Hulle sal opstaan uit die dood en menigtes sal neerbuig en berou hê en YAHUSHUA aanbid as MY SEUN en die Ware MESSIAS. (Openbaring 11)

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, soos dit geskryf is, die een wie julle Johannes die Doper noem, het die weg vir MY SEUN YAHUSHUA voorberei, net so sal dit weer wees, wanneer MY Elia(Elijah) van Nuuts [in Hebreeus, Eliyahu] die weg voorberei vir YAHUSHUA wat sal terugkeer om op die aarde te regeer, soos HY in die Hemel gedoen het.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, MY 2 Getuies kom nie net met die salwing en die Gees soos die van Moses nie, maar hulle kom ook met die Gees en salwing soos die van Elia(Elijah) [in Hebreeus, Eliyahu]. Geen wapen sal hulle stop nie, of dit nou geestelik, mensgemaak, biologies of chemies is. Dit maak nie saak watter wapen teen hulle gebruik gaan word nie, die wapen sal in elk geval terugkeer na die vyande toe. Hulle sal geen leed aangedoen word nie, totdat die tydperk van 3 ½ jaar se getuienis lewering verby is, eers dan sal EK toelaat dat hulle doodgemaak word vir MY Glorie, om dan te bewys dat EK hulle weer in 3 ½ dae sal laat opstaan.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, net soos EK, YAHUVEH, vir Elia(Elijah) van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] die salwing gegee het om sy vyande met vuur te verdelg, net so ook sal MY 2 Getuies dieselfde doen. Net soos YAHUSHUA beheer en gesag gehad het oor die wind en die golwe, net so ook sal MY 2 Getuies dieselfde doen. EK, YAHUVEH, sal MY 2 Getuies die krag gee om verplaas te word na enige plek in die wêreld. EK, YAHUVEH, sal hulle die gesag gee om MY Heilige Skape en Lammers, die Openbaring 7 Bruid, te beskerm, en om die Gaste van die Bruilofsmaal van die Lam, wie nou op die aarde is, aan te moedig.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, hoe julle jul tande sal kners van woede, O vyande, wie YAHUSHUA as die ware Messias ontken. Weet dit, julle sal nie MY 2 Getuies uit julle Sinagoges, Tempels en Kerke kan uithou nie, net soos julle nie vir YAHUSHUA uit julle Sinagoges, in die ou tyd, kon uithou nie. MY 2 Getuies sal aan die vyande van YAHUSHUA verskyn, waar hulle van MY, YAHUVEH, se woede sal vertel. MY 2 Getuies sal selfs in die anti-messias se slaapkamer inloop en hom in sy eie huis tormenteer, asook die huis van die valse profeet, en hy ook, sal nie die tormentering van MY 2 Getuies vryspring nie.

MY 2 Getuies sal gaan na wie of waarheen EK hulle stuur, so dikwels soos EK hulle ook sal stuur. Geen vyand sal instaat wees om hulle uit te hou nie, of om hulle te keer om die seun van satan en die valse profeet te tormenteer en beledig nie, totdat 3 ½ jaar se lewering van getuienis verby is nie. EK sal hulle direk in hulle slaapkamers instuur, terwyl hulle slaap en probeer om te rus en te eet. EK, YAHUVEH, sal die vyande vervolg, net soos Moses dit gedoen het, niks sal hulle stop nie, geen alarms, geen wagte en geen wapens sal gebruik kan word teen MY 2 Getuies nie, totdat 3 ½ jaar se lewering van getuienis verby is, en dit is wanneer hulle werk klaar is. Die vyand kon nie vir YAHUSHUA keer om te preek nie, hulle kon ook nie die mense keer om die waarheid te aanvaar nie, niemand sal instaat wees om MY 2 Getuies te keer nie.

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, julle kon nie Johannes die Doper se mond stil kry nie. Slegs nadat EK dit toegelaat het, kon julle dit doen, en dit was omdat sy werk van getuienis lewering op die aarde klaar was. Net soos julle nie die monde van MY 2 Getuies kan stil kry nie. Hulle sal aanhou praat met die salwing, soos wat Johannes die Doper gehad het. MY 2 Getuies sal Profeseer van MY oordeel; hulle sal vervloekings afroep soos wat hulle goed dink en praat van dit wat nog gaan kom. Met boodskappe wat vol is van veroordeling en berou, sal hulle teregwys, selfs met 'n salwing wat groter sal wees as die van Johannes die Doper.

MY SEUN kan nie as die Prins van Vrede na Israel toe kom, voordat daar nie baie wreedaardigheid gaan plaasvind nie, en voor die vervalsing ook nog nie plaasgevind het nie. Wanneer julle bid dat die Prins van Vrede nou moet terugkom na Israel toe, besef julle nie watter gruwel daar eers moet plaasvind nie, en dit sal plaasvind. Dit het begin om plaas te vind. 'n Trein is aan die loop gesit en dit sal nie gestop word nie.

('n Visioen is aan Elisabeth (Elisheva) gewys: Ek sien twee treine kom. Hulle weet dit nie, maar hulle gaan teen mekaar bots want hulle is op dieselfde spoor!)

EK straf Israel, omdat EK lief is vir Israel, maar die treine sal bots, omdat albei op die verkeerde spoor is. Die Bruid van YAHUSHUA is nou besig om te voel wat gebeur in die fisiese Israel. Die Bruid van YAHUSHUA is die geestelike Israel. Fisiese Israel, julle sal geseën word met die seëninge van Deut. 28, wanneer julle weer terugkeer na Heiligheid en gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en die enigste manier hoe dit gedoen kan word is, wanneer julle YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar en erken dat HY julle enigste Bloed Offer is wat by Golgota gegee was. Die seëninge wat EK opberg vir Geestelike Israel en al diegene wie MY lief het en gehoorsaam is aan MY, en MY eerste in hulle liefde en hulle lewe plaas, ook diegene wie gehoorsaam is aan MY "Torah", die van julle wat die Heiligheid van MY Heilige Naam respekteer en die van julle wie YAHUSHUA as MESSIAS ontvang.

Dit is waarom julle treur, terwyl julle sien en voel wat besig is om in Israel te gebeur. Abraham is voortdurend voor my aangesig en sê: “Wat sal U doen met die kinders van Ismael, is U nie lief vir die saad van my ander seun nie? Stuur u boodskapper na my saad and gee hulle 'n kans om te glo.” Dit is waarom julle ween vir Lebanon, want is hulle nie die saad van Abraham nie? EK het geestelike Israel wat in Lebanon is wie YAHUSHUA as MESSIAS aanvaar het.

EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Lebanon. EK het MY Bruid in Irak en Iran. EK het MY Bruid in Sirië. Onthou om te bid vir die Bruid van YAHUSHUA, maak nie saak waar sy oral oor die wêreld gestrooi is nie. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in China, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Rusland, Ek het MY Bruid van YAHUSHUA in Hong Kong, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Australië, EK het MY Bruid in Amerika, Kanada, Duitsland, Frankryk en Europa, hulle is deur MY regoor die wêreld gestrooi. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Indië, Indonesië, Afrika, Suid Amerika en regoor die wêreld.

Net omdat julle lande, 'n ander nasie as die vyand bestempel, moet dit nie julle vyand maak nie, want die regerings van hierdie wêreld is nie van MY nie. Hulle praat nie namens MY nie, hulle respekteer MY nie en hulle wil geen deel van MY hê nie. Julle vyande is slegs die waarop EK besluit. Die saad van satan is julle vyand. Hulle wie die saad van satan is, is almal wie se name NIE gevind word in die Lam se Boek van die Lewe nie. Hulle was nooit MYNE nog gewees, toe hulle op hierdie aarde gebore was nie.

(Daar word hardop in Engels gebid, Heilig, Heilig, Heilig)

O Israel, O Jerusalem, EK ween en EK huil oor julle. Julle het 'n vorm van Goddelikheid, maar waar is die Goddelikheid binne in julle. Julle wil hê dat die wêreld genadig moet wees met julle, maar waar is julle genade, O Israel? Julle het die reg om julleself te beskerm, maar julle het te ver gegaan, toe julle die wapens van biologiese en chemiese oorlogvoering opgetel het. EK is nêrens naby hierdie gevegte nie, julle roep nie tot MY om hulp nie, julle probeer dit met julle eie hande doen en julle gebruik wapens van 'n ander land. Wanneer julle wapens van biologiese en chemiese oorlogvoering gebruik, straf julle jul vyande baie meer as wat EK ooit toegelaat het. Wees versigtig, julle sal die warrelwind van MY, YAHUVEH, se woede maai, omdat dit wat julle stuur, sal terugkom in julle gesig. Die nasies wat hierdie wapens aan julle gee, sal dieselfde noodlot maai.

Wanneer EK MY 2 Getuies voortstuur, stuur EK hulle na albei geslagte van Abraham se saad. EK stuur hulle nie net voort na die Stam van Juda nie, maar al die Arabiere, Israeliete en nie-Joodse nasies sal dit hoor. Dit wat hulle in Israel vertel, gaan oor die hele wêreld uitgesaai word, oor die lug en in die koerante. EK het hierdie tyd met sy tegnologie gekies, omdat MY woorde regoor die wêreld gehoor sal word. Daar is geen ander tyd soos hierdie nie.

Satan gebruik hierdie tegnologie om sy agenda uit te brei, maar EK gebruik die tegnologie om MY agenda te versnel. O, waar is die klaagliedere? Waar is die gehuil en geween? Hoekom skud die mense net hulle koppe en sê, "is dit nou nie sleg nie"? Hoekom staan die geestelike Israel nie op nie? Hoekom bid hulle nie? Ek het dan ook 'n oorblyfsel saad in Lebanon. Wat as dit julle Babas was? Wat as dit julle vrouens was, julle mans, julle geliefdes, julle families en julle bure? Wat as dit julle huise was? Waansin het sy sitplek ingeneem in die Regerings.

O Israel, O Jerusalem, julle mense ween en huil, hulle hardloop rond in verwarring, EK huil oor almal. Daar sal slegs vrede wees tussen die Broers en Abraham se saad, wanneer EK, YAHUSHUA, gaan kom. Tot en met daardie tyd sal dit wees soos dit nog altyd was, julle albei sal probeer om mekaar van die aarde af te vee. Wanneer die valse vrede gaan kom, sal die woede en haat nog steeds daar wees. Daar is geen vrede, totdat die PRINS VAN VREDE SAL KOM (Jes 9:6), en dit is EK, YAHUSHUA ha MASHIACH!



*******


So is dit gespreek, so is dit geskryf en gegee aan die Kind van YAHUSHUA
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) op 27 Augustus 2006

Daar was 'n persoonlike krisis wat in my lewe gekom het, soos die vyand my familie op 'n ander manier geslaan het. Dit was om my te verhoed om hierdie profesie vry te stel. Hierdie profesie het in 2 dele na my toe gekom, maar ek moet nog nie die tweede deel vrystel nie. YAHUVEH sê daar is so baie geestelike vleis hier, wat verteer moet word. Dit is openbaringe, spesiaal vanuit die Hemel. EK het geen idee hoekom hierdie woord, met 'n beroeps beskrywing vir die 2 Getuies, aan my vrygestel is nie.

Daar is 'n prys wat 'n profeet moet betaal om sulke tipe openbaringe vanuit die Hemel te kan ontvang, en die geestelike aanvalle was baie intens gedurende hierdie tyd gewees, maar ons het die OORWINNING in die naam van YAHUSHUA.


* * * * * * *

Print Friendly and PDF