PROFESIE 8


SAL JULLE BEWYS DAT JULLE MY LIEFHET?


Gegee aan Eerw. Sherrie Elijah op 28 Mei 1997

* * * * * * *

So spreek YAHUSHUA (Jesus Christus), so sal jy wees. Want EK sien jou hart. EK hoor jou uitroepe tot MY. EK voel jou gebrokenheid aan wanneer 'n leier vir wie jy vertrou het, jou mislei. Maar EK het jou geroep en georden. EK sal jou dra. EK, YAHUSHUA en die RUACH ha K0DESH (Heilige Gees) lei jou op. EK sal jou nie uitstuur na die voorste linies totdat jy instaat is om die teëspoed te weerstaan en te verdra wat jy sal verduur nie. Maar jou seëninge sal baie wees.

Baie siele sal na MY toe kom, terwyl EK jou geloof versterk en jy voortgaan in MY NAAM om groot werke in die NAAM van YAHUSHUA te doen en almal sal weet dit is nie jy nie, maar die RUACH ha KODESH salwing wat hierdie manifestasies van bevrydig en genesing voortbring. EK sal jou gebruik om MY Woorde te spreek en jy sal dit dapper doen, alhoewel baie beledig sal word. Dit is MY Woorde nie joune nie; jy word nie verantwoordelik gehou vir wat EK sê of die manier waarop EK dink nie. Want MY weë is hoër as jou weë, is hulle nie?

EK praat nie net met jou nie, maar EK praat weereens met al die Profete en Apostels wie in MY NAAM bedien. Die weg is nie maklik nie en dit sal ook nie makliker word nie. Maar hou styf vas aan die mate van geloof wat EK vir elkeen van julle gegee het. Want dit is ver verhewe bo dit wat julle in hierdie eindtyd sal verdra. Want jullle Bruidegrom gaan kom, ja, EK is selfs al op die horison. Julle kan MY op hierdie oomblik voel, wees gereed.

Doen wat EK julle geroep het om te doen, slaan julle hand aan die ploeg en moenie terugkyk nie, maar kyk vorentoe. Hou aan om die goeie wedloop te hardloop tot by die merk van die hoogste roeping. Moenie mislei word nie, die verdrukking het nog nie begin nie. Bid dat julle dit gespaar sal word, want die verdrukking is nie vir MY Bruid nie. Hoekom sal EK MY Geliefde Bruid aanrand en mishandel? Hoekom sal EK MY wederhelfte doodmaak, MY Bruid wat haar bruidegom inwag? MY Bruid met al haar juwele aan en keurig versier en wie slegs vir MY aanbid, slegs vir MY lewe. EK sal nie.

EK sê vir julle, enigeen wat sê, EK gaan julle toelaat om deur die Groot Verdrukking te gaan, spreek nie MY Woorde nie. Hulle spreek woorde van vrees en bedrog. EK kom vir MY Bruid om haar sagkens weg te neem en haar liefdevol te beskerm. Sy is nie MY toorn waardig nie, want sy het MY lief en gehoorsaam MY. Sy vertrou MY. Sy maak staat op MY om haar te red. Moenie vrees vir wat sogenaamde deskundiges sê nie, en hulle sê, "Julle sal hier wees vir die toorn van Almagtige GOD YAHUVEH." Dit is nie van MY nie. EK het MY Bruid, MY Kinders bo enigiets lief. EK het MY lewe gegee sodat julle gespaar kan word.

Soos julle MY vertrou om julle van die hel te bewaar, vertrou MY ook om julle van die komende euwel van die groot tye van ellende te bewaar, wat oor hierdie aarde gaan kom deur die onverdunde toorn van Almagtige YAHUVEH. MY Kinders, bid vir MY spoedige koms want oordeel moet begin by MY eie kinders en dan sal die heidene veroordeel word. Dit is die groot tye van ellende waarvan EK praat. Wat EK julle ookal geroep het om te doen, doen dit nou want binnekort sal dit te laat wees.

Hou julle oë ooswaarts gerig en weet dat MY koms naby is. Kan julle nie die opgewondenheid aanvoel nie, want julle Bruidgom gaan kom? Maar vir MY Bruid is daar geen vrees nie, slegs gejuig. Vrees vir hulle wat spot, of MY misken. Vrees vir die verlore skape. Vrees vir die goddeloses en verwerpte silwer. Soos hulle MY verwerp het, so het EK hulle verwerp. Julle sal verwerpte silwer ken; want julle sal weet die RUACH ha KODESH trek hulle nie. Die RUACH ha KODESH sal nie altyd met mense wedywer nie, veral in hierdie eindtye.

Jou Daniël het na 'n woord kom soek. Jou Daniël is op hierdie dag beloon. Weereens het EK jou gebruik om die gawes in MY Diensmaagd op te roer. Julle het albei nie geweet dat EK 'n afspraak met julle gemaak het om aanlyn te ontmoet nie, maar EK het. Hierdie boodskap is nie net vir jou nie Daniël, maar weereens Geliefde Seun, het EK jou gebruik om met al MY Kinders te spreek.

Moenie vrees nie, julle Bruidegom gaan kom. Hou styf vas aan julle geloof, want alhoewel EK stil is, toets EK hulle wat hulle liefde vir MY proklameer. Maar deur MY Skape te voed en te waarsku, sal julle julle liefde vir MY bewys. Deur gewillig te wees om vervolging te ly, haat, verwerping terwille van MY NAAM, sal julle jul liefde vir MY bewys. Deur stewig vas te hou aan julle geloof, alhoewel julle nie met julle oë die antwoord op julle gebede kan sien nie, sal julle jul liefde vir MY bewys as julle sê, "YAHUSHUA, selfs al beantwoord U nooit weer 'n gebed nie, aanbid EK U vir wie U is, vir wat U vir MY gedoen het op Golgota."

Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur gewilliglik julle reputasies neer te lê vir MY en as dit nodig is om julle lewens op te offer vir die Evangelie van YAHUSHUA. Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur MY te gehoorsaam, en MY openlik te bely en te aanbid. Dit sal julle liefde vir MY bewys. Deur die wolwe in skaapkrale te ontbloot wat kom om die skape te verslind, deur MY swaard van die RUACH ha KODESH op te neem en MY Skape te verdedig sal julle jul liefde vir MY bewys. Julle sê julle het MY lief, MY Kinders? Deur dan op te staan vir Heiligheid en vir wat reg en wat verkeerd is, deur verander te word na MY gelykenis en nie van die wêreld nie, sal julle jul liefde vir MY bewys. EK sluit af met een vraag, "Sal julle jul liefde vir MY bewys?"

EK waak en julle is omring deur 'n wolk van getuies. Selfs die vyand van julle siele kyk vreesbevange. Sal julle jul liefde vir MY bewys deur mekaar lief te hê? Julle wat dit doen, weet julle is MYNE en julle sal dit weet. Sal julle julle liefde vir MY bewys deur skuiling te bied en hulle lief te hê en julle in gebed uit te strek na hulle? Dit sal julle liefde vir MY bewys. MY Skape ken MY stem; hulle sal na geen ander herder toe gaan nie. Het julle MY stem op hierdie dag gehoor? Dit is dan vir wie hierdie boodskap is. EK het MY Liefde vir julle op Golgota bewys. Sal julle nou julle liefde vir MY bewys?

* * * * * * *

Gegee aan hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA,
Profeet Sherrie Elijah op 28 Mei 1997


JA, Ek sal MY liefde vir U bewys YAHUSHUA. Dankie dat U weereens deur hierdie gebroke Kleipot gespreek het. Asseblief RUACH ha KODESH, salf hierdie woorde magtiglik tot YAHUSHUA se Eer, bid ek. Help asseblief die skape om YAHUSHUA se stem te onderskei. Asseblief, RUACH ha KODESH, help ons om ons liefde vir ons Meester, Regeerder, Verlosser, Koning van Konings, ons spoedig komende Bruidegom te bewys. Ons Aanbid, Prys en Bemin U, YAHUSHUA ha MASHIACH. Altyd U Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid.