Profesie 93:

2008 en Vorentoe sal 'n Oorlog wees Soos Nog Nooit Tevore,

Teen die Vals Profete van Baäl!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH)

deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]

26 Desember 2007

* * * * * * *

Hierdie Profetiese Woord het na vore gekom toe 'n sogenaamde woord aan Elisheva voorgelees was van Linda Newkirk, "deur YAHUVEH gespreek". Sy beweer dat sy die "Hemelkoningin" die Moeder van 'JESUS' en later, die “Bruid van YAHUSHUA” in die Hemel sal wees. MOMMA SHKHINYAH, MOMMA RUACH HA KODESH (Die HEILIGE GEES) was baie kwaad oor Linda se bewerings!


* * * * * * *

Hier onder volg die Profesie soos dit voortgekom het

  • met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” - woorde van Die HEILIGE GEES van GOD (Handeling 2:3-4) in aardse of hemelse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU  יה  is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו-יה 

Wat letterlik beteken: “Prys YAH”

YAHUVEH/YAHWEH ה ו ה י GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA  יהושוע  GOD SE ENIG GEBORE SEUN

HA MASHIACH המשיח beteken ‘DIE MESSIAS’

ELOHIM אלוהים  beteken “GOD”

Die openbaring

van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניה תפארה

as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH רוח הקדש

In Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”- is ook op hierdie web werf.

(Ha SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH}

is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH אבא יה  beteken ‘VADER YAH”

En IMMA YAH אמא יה  beteken “MOEDER YAH’

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui. Regs 'click' op die voetnota nommers om 'n tweede 'tab' te open

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë geplaas moet word:

ELISABETH[ELISHEVA], EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU

OM HIERDIE BEDIENING NIE NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE,

SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS. EK HET DIT IN JOU GEES GEPLAAS

WANT NIKS HIERVAN WAS DEUR JOU EIE TOE DOEN NIE,

NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH GEBOORTE GEGEE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH GEBOORTE GEGEE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH,

JOU IMMAYAH GEBOORTE GEGEE.

AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS SOU DIT LANKAL MISLUK HET

DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR HIERDIE AARDE WAAI,

DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING,

DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE, ANDERS SOU DIT MISLUK HET.

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM;

EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE,

OF OOK MY LOF AAN DIE GESNEDE BEELDE NIE. JES 42:8

(PROPHECY 105)


In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:


“MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN ELOHIEM UITGELAG, SY WOORDE VERAG EN MET SY PROFETE GESPOT TOTDAT DIE GRAMSKAP VAN YAHWEH TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE.” 2 KRONIEKE 36:16

Asook die volgende in Julie 2016:

WEE OOR ENIGE EEN WAT DIT WAAG OM SEER TE MAAK — OM HIERDIE TWEE GESALFDES SEER TE MAAK. JY SAL SPYT WEES OOR DIE DAG WAT JY GEBORE IS. MOENIE MY GESALFDES AANRAAK NIE, EN MOET OOK NIE HIERDIE TWEE PROFETE PROBEER SEERMAAK NIE (SIEN PSALM 105:15; 1 KRON. 16:22). DIT SAL BETER VIR JOU WEES AS EK, ABBA YAHUVEH JOU TONG UITGESKEUR HET!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND MINISTRY – EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie (Psalm 105:15…1Kron16:22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën vir hierdie bediening is, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm

in Die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Elisheva se kommentaar: Ek wil nog ‘n Openbaring met julle deel wat aan my gegee was: Die spelling van MOMMA SHKHINYAH se NAAM is “SHKHINYAH” (nie net sommer SHKHINAH of SHEKINAH nie). Die NAAM VAN YAH is in HAAR NAAM. Maar ek het dit nie so gespel nie want minder mense sou die spelling gebruik het in die ‘soek masjien’ op die Internet. Alhoewel SY vir my gesê het dat dit die korrekte spelling is van SHKHINYAH. SY dra die NAAM van HAAR GELIEFDE BRUIDEGOM, YAHUVEH.

Skrywer se Kommentaar: In hierdie Profetiese Woord, spreek MOMMA SHKHINYAH uit teen menige vals profete. Baie van hulle is welbekend onder die publiek en sommige minder bekend. Een van die minder bekendes is Linda Newkirk, 'n vals profeet, wat Elisheva ontmoet het nadat sy ‘n e-pos gestuur het aan hierdie Bediening.

Linda het gesê dat sy ‘n Bedienaar is en dat sy ‘n herlewing verwag in haar tuisdorp, Arkansas, en sy het vir Elisheva uitgenooi om te kom. Elisheva het na Arkansas gegaan en vir Linda Newkirk ontmoet. Daar aangekom het sy menige ondervindinge beleef wat onthul het dat Linda se ware natuur nie van YAHUVEH af is nie. Byvoorbeeld, dat dit Linda ontstel het om Elisheva se preek oor te vertaal na Spaans vir ‘n dame (vir wie Elisheva na YAHUSHUA toe gelei het). As Linda regtig belang gestel het in geestelike herlewing en die redding van hierdie vrou se siel, sou sy hieroor verheug gewees het!

YAHUVEH gebruik hierdie Bediening en Profeet Elisheva vir seëninge of oordeel: seëninge vir hulle wat YAHUVEH werklik liefhet en HOM eerste stel in hul lewe en liefde, en oordeel vir hulle wat net ‘n vorm van goddelikheid het maar van binne geen GODDELKHEID het nie.

Hierdie was deur ‘n bandopname opgeneem. Hier is die oorskrywing.

Profesie 93 Begin:

26 Desember 2007

Julle sal dit van die huise se dakke af skree. Julle sal dit van die Internet af skree. Eerstens wys EK vir julle en EK ontbloot die een wat Sherry Shriner genoem word, as 'n vals profeet, as 'n ruimtewese "alien". En nou wys EK vir julle Linda Newkirk, wat oor die lyn getrap het, en nou kan sy nie eers meer die verskoning gebruik dat sy kranksinnig is nie.

Sy WAAG dit om haarself die "HEMELKONINGIN" te noem!!! Nie eers die gees van kranksinnigheid het 'n verskoning voor MY nie!

Linda Newkirk, jy is skuldig aan GODSLASTERING! Daar is geen verskoning vir jou verstandelike gesondheid nie! Jy was gewaarsku om dit nie uit te druk nie! Drogbeelde van grootheidswaan het jou vernietig. Nie net jou verstand nie, nie net jou liggaam nie, maar nou het jy jou siel verdoem.

En almal wat haar boeke gekoop het, en wie Sherry Shriner se boeke gekoop het, EK hou julle nou verantwoordelik. VERBRAND DAARDIE BOEKE!

Elisabeth [Elisheva], EK laat jou nou uitrus vir 'n groot oorlog wat kom, vir die nuwe openbaringe wat EK voortspreek. Die klein boodskap wat EK reeds gespreek het [Profesie 94: Moenie MY Woede Onderskat Nie] volg op hierdie Profesie - julle gaan dit voor die wêreld op die webwerf plaas. Laat weet hulle dat daar nog ander kom.

Wel gedaan, "YAHUSHUA's Demon Stompers", MY getroue dienaars! Wel gedaan, MY getroue, geliefdes. Julle staan in die eerste linies. Julle offer 'n uur van julle tyd op. Want hierdie Bediening is nie 'n gewone bediening nie. EK gebruik dit as 'n Dawid om die goliats te verslaan.

Die een wie haarself Sherry Shriner noem, beweer dat sy van MY hoor en sy onthul die sogenaamde “Bybel kodes” en verdraai dit soos dit haar pas. Maar sy sê, "Gooi enige dissipel wat vir Paulus gevolg het weg". Sowaar EK sê vir julle, 1 hierdie een luister geheel en al glad nie na die Hemel nie! Maar Linda Newkirk, jy het 'n lyn oorgesteek, wat Sherry Shriner nie eers oorgesteek het nie.

Wees versigtig, MY geliefdes, die duiwel is kwaad. Hy weet dat sy tyd kort is.

Linda Newkirk! Jy het nie net die woede van ABBA YAHUVEH laat opvlam nie. Jy het nie net die woede van YAHUSHUA HA MASHIACH laat opvlam nie. Maar jy het die woede laat ontvlam en uiterste bedroewing veroorsaak vir die EEN genaamd RUACH HA KODESH! EK is die enigste “HEMELKONINGIN”! 2 En EK sal MY Heerlikheid met niemand deel nie (Jesaiah 42:8)!

Wie is jy om te sê jy het geboorte aan YAHUSHUA gegee?! Want EK het dit eerste gedoen in die Hemel! Die EEN wat die HEILIGE GEES genoem word, is die MOEDER van YAHUSHUA. Dit is EK, net EK, wat toegelaat het dat Miryam, ook Maria in ander tale genoem, die voorreg gehad het om MY KIND in haar baarmoeder te dra. Maar selfs sy moes 'n maagd wees. Wie is jy, Linda Newkirk?!

Watter godslastering het jy gedoen! Wie is jy, Linda Newkirk, om te dink dat jy die Kruis kan sy-stap? Om te sê dat enige heiden na die Hemel kan kom, om by die Bruilofsmaal van die LAM te wees?! EK sal jou nie verskoon (vir) die gees van kranksinnigheid nie, want jy het jou helder oomblikke ook gehad. Jy weet wat jy gedoen het.

En EK waarsku nou, laat hierdie Woord uit gaan!

Enige een wat hierdie gemors, wat uit die hel gestuur is, oorskryf en beweer dat dit die waarheid is, se naam is nie in die LAM se Boek van die Lewe geskryf nie. Julle sal dieselfde prys betaal wat sy betaal. Julle sal in die Poel van Vuur swem. EK stuur hierdie Profeet voort, om te waarsku voordat EK MY Oordeel stuur. Moenie mislei word nie, YAHUVEH word nie ligtelik bespot nie, en EK word nie ligtelik bedroef nie. (Gal. 6:7-9; Heb. 10:29)

Shelby Corbitt, EK sal jou nie verskoon nie! EK het vir jou gesê om op jou aangesig neer te val en berou te toon vir die misleiding wat gedoen is. Jou trots het jou weerhou om dit te doen - MY Kinders het seergekry - Almal wat gesê het: "Hierdie datum is die datum wanneer YAHUSHUA sal kom" en daardie datum het verby gegaan.

En wee al die Heiliges wat nie opgestaan het en gesê het, "Jy lieg!" nie. EK maak geen verskonings vir julle nie! Want julle het die leuenaar aangemoedig!

Hierdie Bediening, hierdie Dienaar, hierdie Profeet, hierdie Diensmaagd van MY het nie gelieg nie! Sy het julle voor die tyd gewaarsku. Moenie na die leuens van Kenneth Copeland luister nie! Moenie na die leuens van Choo Thomas luister nie! Moenie na die leuens van Shelby Corbitt luister nie! Moenie na die leuens van Sherry Shriner luister nie! En nou voeg sy by, moenie na die leuens van Linda Newkirk luister nie!

Die vals profete staan in lyn en hulle voer oorlog teen MY ware Heilige Profete! En dit sal 'n OORLOG wees soos GEEN ander nie!

Kim Clement jy is 'n leuenaar! Rick Joyner, jy is die saad van satan! Dit is net die begin! 2008 sal 'n oorlog wees soos geen ander nie! Terwyl EK hierdie Diensmaagd nou na vore roep, net soos EK Elia(Elijah) [Eliyahu] van Ouds na vore geroep het. Sal Vuur! Vuur! Vuur val op die profete van Baäl!

Julle, vals profete, profeteer uit satan se mond! Want YAHUVEH is nie 'n YAHUVEH wat sal lieg nie. Gaan weg van MY julle datum makers! Is dit enige wonder, wanneer YAHUSHUA kom, hoe min nog geloof sal oor hê?

Virginia Arnke, jy spreek nie MY Woorde nie! Gaan weg van MY! Want jy het MY bedroef!

Pasop! Pasop! Pasop! O Heilige kleintjies! Toets! Toets! Toets die gees wat praat. Omdat satan agter julle siele aan is.

'Orgone' kan julle nie beskerm nie. EK het dit deur hierdie Diensmaagd se mond voortgespreek. EK het hierdie leuen ontbloot. Dit trek die boosheid aan! Dit stoot nie die boosheid af nie.

Nou begin hulle slinks raak want hulle wil die onskuldiges verwar, so daarom vat hulle hierdie Bediening van AmightyWind en hulle verdraai die Woorde daarin.

EK het geprofeteer. EK het vooruit gewaarsku. Moenie julle harte stel op die woorde wat Shelby Corbitt spreek nie. Wat begin het as 'n onskuldige misleiding, het 'n blatante leuen geword, gemotiveer deur die woord, “trots.”

Kersfees het gekom en gegaan. YAHUSHUA was nie gestuur nie.

Waar is die Heiliges wat hierdie profete wat geprofeteer het, verantwoordelik moet hou? Waar is die Heiliges? Wat dit noem wat dit inderwaarheid is, en dis ‘n leuen? Nie eens die een waardeur EK nou voortspreek, weet op watter datum YAHUSHUA gaan kom nie. Omdat EK gesê het dat EK die Heilige engele sal stuur om vir julle te sê, net voor HY kom.

Leef elke dag asof dit jou laaste dag is. Maak seker daar word geen sonde in jou gevind nie. Neem dit na die kruis van Golgota, omdat net die BLOED VAN YAHUSHUA dit kan wegwas. Slegs deur die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA & DIE NAAM VAN YAHUSHUA kan jy 'n nuwe dag begin. Waak en wag. Maar weg met die datumstellers. Druk toe julle ore. Is julle nie al moeg vir die pyn nie?

EK stel Openbaringe vry, (terwyl EK Elisabeth [Elisheva] eenkant hou), en die Geheime wat verseël was - dit begin by Esegiël 9. EK sê vir julle, dit sal Geheime en Openbaringe wees. Want sy is daardie skrywer. En Oordeel begin by die huis wat beweer dat dit van YAHUVEH af is - sonde is om te weet wat reg is en nog steeds aan te hou om verkeerd te doen. EK kom vir 'n Bruid sonder enige vlek of kreukel (sien Efesiërs 5:25) -YAHUSHUA spreek dit voort keer op keer.

Linda Newkirk, hoe durf jy dit waag om te dink jy kan sommer enigeen inlaat?! Wie het vir jou die sleutels na die Hemel gegee? Waar het jy die sleutels gekry Linda Newkirk? Jy het valslik geprofeteer.

Laat die Heiliges nou opstaan - elkeen wat hierdie Woord nou hoor - en bestraf haar! Bestraf Sherry Shriner! Onthou die waarskuwing wat EK gegee het, want die oorlog het net begin. En dit is nog nie eers 2008 nie.

Kan enige een onthou hoeveel profesieë gegee was? Amerika, hoekom hou julle nie die profete verantwoordelik toe hulle gesê het dat julle die oorlog in Irak gaan wen nie? Hoekom hou julle nie vir Kim Clement verantwoordelik op die spesifieke Kersdag wat hy gesê het dat, ‘Jesus Christus’ gaan kom nie"?

Profete moet verantwoordelik gehou word. Toets die vrugte van hierdie Bediening en julle sal sien dat dit goed is want by AmightyWind word net die Salwing gehoor. In 2008 sal die Profetiese Boodskappe wat na vore kom, net sterker word, met kragtiger vleis vir die Heiliges om in te neem.

In 2008 sal daar 'n Oorlog wees soos geen ander nie. Omdat dit die ware Heilige Profete sal wees wat sal staan - net soos Elia(Elijah) dit gedoen het, net soos Elia(Elijah) [Eliyahu] van Ouds dit gedoen het en geprofeteer het en die profete van Baäl ontbloot en vernietig het.

Dit is hoekom EK jou geroep het Elisabeth [Elisheva]. Alhoewel jou laaste naam Elijah [Eliyahu] is, noem EK jou MY Nuwe Elijah[Eliyahu], omdat EK deur jou Profeteer, en net soos [in die tyd van] Elia(Elijah) [Eliyahu] van Ouds, sal die profete van Baäl vernietig word.

Net omdat dit nie gebeur soos jou vlees dink dit moet gebeur nie. Moenie so dink nie. Want waarlik sê EK vir julle!1 Nie een van hulle het YAHUVEH se Oordeel vrysgepring nie. As hulle met jou kon praat, sou hulle vir jou vertel het van die dinge wat met hulle gebeur het. Elkeen wat spreek, teen hierdie Woorde wat EK deur hierdie Profesieë gespreek het, hulle sal vir jou 'n verhaal van wee vertel. O hulle noem dit 'ongeluk'. Maar die tragedies wat oor hulle gekom het!

O maar diegene wat hierdie Profetiese Boodskappe, wat EK aan julle gegee het, soos voedsel ingeneem het, julle het met jul eie oë aanskou hoe hulle floreer en gegroei het! Hoedat hulle self Profete word, omdat EK hierdie gawe in hulle aanwakker! Hoe hulle lewens 'n lewe geword het van toewyding aan YAHUVEH en YAHUSHUA - en elke dag vra hulle meer van MY KOSBARE GEES! Hoe hulle lewens net gelei wil wees in ‘n lewe van Heiligheid, om aangenaam te wees vir YAHUVEH! Die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wag gretig vir elke Woord.

Kathrynyah en [die web bestuurder], die nuwe Woord wat gegee was, plaas solank net 'n kykie daarvan op die webwerf. Laat die mense sien dat dit 'n Profeet ook vir Israel is. Bemoedig die Bruid wat daar, en ook in ander dele van die wêreld skuil.

O MY kosbare geliefdes, alhoewel YAHUSHUA nie gekom het op die datum wat julle gestel het nie, moet julle nie mismoedig word nie, omdat julle werk nog nie klaar is nie. Maar EK beveel julle om kwaad te word, en die profete wat vals is, vals te noem! Moenie hulle aanmoedig om nog leuens te vertel nie.

Julle weet wanneer 'n droom maar net 'n droom van die vlees is - julle weet wanneer 'n droom maar net 'n droom van misleiding is - omdat die datum sal kom en die datum sal gaan. Julle weet wanneer 'n profesie maar net 'n profesie van die vlees is - 'n profesie van misleiding, omdat die datum sal kom en die datum sal gaan. Sommiges het dit op 'n onskuldige wyse gedoen - en al wat ONS hulle beveel om te doen is om te bekeer. Verneder hulself en erken dat hulle dit gemis het. Moenie verskonings maak nie.

Shelby Corbitt jy sê die wegraping kon teruggehou word [na aanleiding van die vers] “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees” Van wanneer af is die wegraping van die Bruid 'n straf? Hoekom sal YAHUVEH dit terughou? Die enigste ding wat wel sal gebeur is dat die tyd van genade vermeerder sal word, dit is waar. Maar dit sal nie YAHUVEH stop om vir YAHUSHUA te sê, "Gaan haal JOU Bruid!" nie!

Shelby Corbitt, erken dit, jy het dit gemis. Trots kom altyd voor 'n groot val. Die einde van die jaar sal kom. 2008 sal verskyn. Val op jou knieë en toon berou voor die wêreld, omdat jy dit gemis het. Jy het toegelaat dat die gees van 'n Kenneth en Gloria Copeland - die leuenagtige slangtong - jou verstand deurdring om dit te besoedel.

Julle sien, EK spreek nie net deur Elisabeth [Elisheva] voort nie, maar dit is 'n nuwe Salwing. Waar ABBA YAHUVEH gepraat het, waar YAHUSHUA HA MASHIACH gepraat het, praat EK nou, die RUACH HA KODESH, die EEN wie julle die HEILIGE GEES noem, vir MYSELF ook. Want kyk hierdie is Iets Nuuts. (Jesaiah 43:19)

Hierdie is 'n Joël 2 (vers 28-29) Uitstorting en MY Diensmaagd [“Ringmaiden”] sal profeteer - en diegene wat EK die Uitgesoekte Vegters van "YAHUSHUA'S Demon Stompers" noem - weet dit, satan haat julle. Die gebede word wêreldwyd gevoel.

Bly Heilig. Want slegs diegene wat op die Voorste Linies is, sal toegelaat word. Diegene wie nie gekwalifiseer het nie, weet dat daar ander range is. ONS het julle nodig in die Agter linies.

Hou aan om hierdie Bediening in julle gebede te bedek. Hou aan om mekaar in julle gebede te bedek. Hou aan om die mense se nood in te sluit in julle gebede. Hou aan om hierdie Diensmaagd “Ringmaiden”, deur wie EK nou praat, te bedek, omdat satan weet dat daar net een Diensmaagd is en hy probeer om haar lewe te neem. O maar die gebede van die regverdiges vermag baie. (Jakobus 5:16)

Julle vas gekombineer met julle ondersteuning en liefde, julle Jerigo Marse, en julle opofferings van julle uur-tyd. Almal van julle, almal van julle, almal van julle wat dit gedoen het! Groot, groot, groot seëninge word vir julle voorbehou. Julle is soos 'n skild - 'n Heilige Goue Skild - en EK gebruik julle en die Skild drup van die BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. En die NAAM is ingegraveer op YAHUSHUA HA MASHIACH se skild, en EK het julle bestem om "Demon Stompers" te wees vir ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA, & vir MY, die KOSBARE RUACH HA KODESH - julle KOSBARE RUACH HA KODESH – julle MOMMA SHKHINYAH, julle MOMMA WISDOM - die EEN wie julle die HEILIGE GEES noem. ONS het julle so lief.

Groot, groot, groot is julle seëninge, nie net in die Hemel nie, maar ook hier op die aarde. Julle sal 'n beskerming hê. 'n Bonatuurlike sfeer is letterlik oor julle geplaas, en julle word beskerm solank julle nie toelaat dat sonde inkom nie. Staan daar nie geskryf, "Wees Heilig want EK IS Heilig" (1Pet. 1:16)? EK wat in jou is, is groter as enige versoeking in hierdie wêreld. (1John.4:4)! Dit is jou keuse.

En diegene van julle wat hierdie Profesie lees en glo dat julle deel moet wees van YAHUSHUA se "Demon Stompers", julle het alreeds YAHUSHUA eerste in julle liefde en lewe geplaas. Julle offer alles op vir HOM. Julle word nie versoek met sonde nie. Skryf. Stel julleself voor.

Maar wee enige vyand wat wil inkruip. Wees gewaarsku, hierdie groep het onderskeiding en die wolf sal doodgaan, omdat EK nie sal toelaat dat hierdie groep besoedel word nie.

Daar is onskuldige klein skape en lammers wat wil inkruip en soos 'n klein kindjie sê hulle, "Ek wil veg. Ek wil veg."

EK streel net hulle koppies en sê, "Wag totdat jy nog 'n bietjie groter geword het. Daar moet nog vir jou gepreek word. Jy is nog nie waardig genoeg om self te kan Bedien nie. Daar moet nog vir jou gebid word, eerder as wat jy 'n gebedstryder is. Hou aan om te groei, MY klein mensies. Moenie dit as 'n belediging beskou nie, omdat julle nog nie die vuur van die voorste linies kan hanteer nie." Dit is hoekom dit 'n uitgesoekte mag is wat deur die Hemel versamel is.

Die Heilge engele het self gekom en vir Elisabeth [Elisheva] vertel van die geboorte van hierdie nuwe Bediening, "YAHUSHUA'S Demon Stompers". Want die Heerlikheid behoort alleenlik aan HOM. Slegs deur SY NAAM en deur SY BLOED word enige gebed beantwoord.

Dit is die Woorde wat EK vandag te sê het. Terwyl [dit] die valse profesie van Linda Newkirk gelees was, en Elisabeth [Elisheva] het gevoel hoe MY woede opvlam, sy het gegaan om in Engels te bid, maar in plaas daarvan, het MY Heilige Tale van Woede voortgekom. Dit is hoe hierdie Woord voortgekom het.

Op hierdie datum van 26 Desember 2007. So is dit gespreek en so sal dit geskryf word. Elke Woord wat onder die SALWING gespreek was, deur die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH en deur die BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH.

En nog een ding, "YAHUSHUA'S Demon Stompers", EK gaan geheime wat op hierdie dag aan Elisabeth [Elisheva] bekend gemaak is, ook aan julle gee. Dit moet net tussen julle gehou word. Dit mag nie met enige iemand gedeel word nie, hetsy dit nou 'n suster, of 'n broer, of 'n moeder, of 'n vader of jou eie kinders is. Wat EK julle gee, bly net by julle. Wee enige Judas wat hierdie Mandate uit die Hemel wil verontreinig. Want dit is bedoel om 'n seën te wees vir julle, MY Gebedstryders wat die ekstra myl loop.

Elisabeth [Elisheva], lank gelede het EK vir jou gesê om die troepe op die muur te versamel. EK het vir jou 'n paar drome na mekaar gegee, en dit was vir baie, baie jare op die webwerf geplaas. Hulle, "YAHUSHUA'S Demon Stompers" is daardie troepe op die muur. Hulle is die wagte. Hulle is die mense wat uitkyk. Hulle is die soldate van YAHUSHUA HA MASHIACH. Diegene wat oorbly, want soos 'n Gideon, sif ONS hulle uit - wie op die eerste linies kan oorbly, sal weet dat hulle die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is.

Einde van Profesie. Verligtend vir sommige, offensief vir meeste mense, Apostel Elisheva Eliyahu

[Einde van kommentaar op die audioband:]

Elisabeth [Elisheva]: Prys U ABBA YAHUVEH. Prys U, GELIEFDE YAHUSHUA. Prys U, KOSBARE MOMMA RUACH HA KODESH. Ons MOMMA SHKHINYAH. Ons MOMMA “WISDOM”. Dank U. Dank U. Dank U dat U my eer met hierdie Woord. Dank U dat U ons almal eer met hierdie Woord. Ons dank U. Ons loof U. Ons aanbid U. Ons is lief vir U. U is so dierbaar vir ons. Dank U. Dank U vir die Efesiërs 6 se wapenrusting. 3 Ons staan in die Efesiërs 6 se wapenrusting. Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U ABBA YAHUVEH. En Amen.

Adam (& Kathrynyah uit die gang ‘n entjie verder.) Amen. Amen. Amen!

Elisabeth [Elisheva:] Dankie broer Adam. Prys YAHUSHUA!

* * * * * * *

1 ‘n Oeroue uitdrukking vir “Ek vertel jou die waarheid”

2 Kyk asb na: Don’t Worship the False ‘Queen of Heaven’

3 Efesiers 6: 13  Daarom, neem die volle wapenrusting van Elohim op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van rampspoed en, nadat julle alles vervul het, staande kan bly. 14  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, 15  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die goeie nuus van vrede. 16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 17  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees - dit is die woord van Elohim -


* * * * * * *

Print Friendly and PDF