PROFESIE 94

EK, YAHUVEH, Sê,

Moenie MY Woede Onderskat nie,

Want Dit Word Aangevuur Soos ’n Briesende Vuuroond.”


Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES

(RUACH ha KODESH)

deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]

22 Desember 2007, “Klein Boodskap” Verwys in Profesie 93


* * * * * * * *

Hierdie Woord het na vore gekom want Elisabeth [Elisheva] was op die Sabbat gelei om Esegiël Hoofstukke 9-16 te lees. Sy was ook besig om vir ‘n man te bid wat sy ‘n ruk gelede in ‘n droom gesien het. Die man wat “Kaleb” genoem word in hierdie Profetiese Woord, is die man wat Elisabeth [Elisheva] in die droom gesien het. Hy word gekenmerk deur sneeuwit hare sonder ‘n lyn op sy gesig. Hy het ‘n glimlag wat nie sy gesig verlaat nie, ongeag wat die soldate aan hom gedoen het, bedoelende hy was gemartel en uitgehonger. Hy het ook geween, maar niemand het dit opgemerk nie.

In die droom het Elisabeth [Elisheva] na hom toe gegaan. Sy het net aan hom verskyn. Hy het gebid en het ‘n gebedsmantel gedra. Sy het hom ‘n klein nagmaal wafelkoekie, soos ongesuurde brood, gegee. Sy het gesê, “Moenie bekommerd wees nie, ek kom terug en volgende keer bring ek vir jou meer brood en wyn.” Die man is lief vir YAHUSHUA. Sy het geweet hy was in Jerusalem. Hy het ‘n werk waar hy ander moet bemoedig, daarom is daar altyd die glimlag op sy gesig, om sy eie persoonlike hartseer en swaarkry terwille van YAHUSHUA weg te steek.

Toe Elisabeth [Elisheva] wakker word na die droom, was sy verbaas oor die liefde wat sy vir hierdie man gevoel het.)

Hier onder volg die Profesie soos dit voortgekom het

  • met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” - woorde van Die HEILIGE GEES van GOD (Handeling 2:3-4) in aardse of hemelse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU  יה  is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו-יה 

Wat letterlik beteken: “Prys YAH”

YAHUVEH/YAHWEH ה ו ה י GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA  יהושוע  GOD SE ENIG GEBORE SEUN

HA MASHIACH המשיח beteken ‘DIE MESSIAS’

ELOHIM אלוהים  beteken “GOD”

Die openbaring

van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניה תפארה

as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH רוח הקדש

In Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”- is ook op hierdie web werf.

(Ha SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH}

is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH אבא יה  beteken ‘VADER YAH”

En IMMA YAH אמא יה  beteken “MOEDER YAH’

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui. Regs 'click' op die voetnota nommers om 'n tweede 'tab' te open

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë geplaas moet word:

ELISABETH[ELISHEVA], EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU

OM HIERDIE BEDIENING NIE NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE,

SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS. EK HET DIT IN JOU GEES GEPLAAS

WANT NIKS HIERVAN WAS DEUR JOU EIE TOE DOEN NIE,

NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH GEBOORTE GEGEE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH GEBOORTE GEGEE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH,

JOU IMMAYAH GEBOORTE GEGEE.

AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS SOU DIT LANKAL MISLUK HET

DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR HIERDIE AARDE WAAI,

DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING,

DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE, ANDERS SOU DIT MISLUK HET.

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM;

EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE,

OF OOK MY LOF AAN DIE GESNEDE BEELDE NIE. JES 42:8

(PROPHECY 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:

“MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN ELOHIEM UITGELAG, SY WOORDE VERAG EN MET SY PROFETE GESPOT TOTDAT DIE GRAMSKAP VAN YAHWEH TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE.” 2 KRONIEKE 36:16

Asook die volgende in Julie 2016:

WEE OOR ENIGE EEN WAT DIT WAAG OM SEER TE MAAK — OM HIERDIE TWEE GESALFDES SEER TE MAAK. JY SAL SPYT WEES OOR DIE DAG WAT JY GEBORE IS. MOENIE MY GESALFDES AANRAAK NIE, EN MOET OOK NIE HIERDIE TWEE PROFETE PROBEER SEERMAAK NIE (SIEN PSALM 105:15; 1 KRON. 16:22). DIT SAL BETER VIR JOU WEES AS EK, ABBA YAHUVEH JOU TONG UITGESKEUR HET!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself - en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND MINISTRY – EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie (Psalm 105:15…1Kron16:22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën vir hierdie bediening is, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm

in Die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

PROFESIE 94 BEGIN:

26 Desember 2007

Van nou af, wanneer die vyf van julle dit neem (nagmaal) , moet hierdie man nie uitgelaat word (uit julle gebede) nie. En EK sal vir jou meer openbaringe gee oor wie hy is. Vir eers kan jy hom Kaleb noem.

Hierdie dag, Elisabeth [Elisheva] beveel EK jou net, “Geniet hierdie dag”. EK wil jou sien speel. EK wil jou dit sien doen wat jy saam met MY geniet. Laat jou verstand rus. Want EK gaan vir jou wys en EK gaan aan jou openbaar en ‘n nuwe Profesie is op die punt om losgemaak te word rakende Israel, rakende die verborge skatte, beginnende met Esegiël 9.

Want weet dit! Geen man kan jou stilmaak nie! Geen vrou kan jou stilmaak nie! Geen duiwel kan jou stilmaak nie! EK, YAHUVEH het die mag om jou stil te maak en jy is altyd nederig aan MY Voete.

EK lag elke keer wat EK jou hoor sê, “Ek bemoei my met my eie sake”. Jy bemoei jou nooit met jou eie sake nie. Elisabeth [Elisheva], jy bemoei jou altyd met MYNE. Wanneer jy ‘n speletjie speel, is jy daar voor MY Troon. EK is konstant in jou gedagtes.

Want EK het jou opgevoed Elisabeth [Elisheva] en ‘n Woord gaan nou uitkom wat diegene verdedig wat waarlik MYNE is in Israel, wat alleen voel. Jy noem hulle Messiaanse Jode. Hulle het nie ‘n Profeet nie. Maar EK het ‘n Profeet opgerig en EK het jou geplaas presies waar jy is en jy sal gebruik word om vir hulle Vars Manna van die Hemel te bring.

Jy sal gebruik word om MY Oordeel oor die ander uit te spreek. Jy sal gebruik word om MY Nuwe Wyn voort te bring. Want EK het Heiliges wat in die Gasastrook opgesluit is. EK het Heiliges wat saam met die vyand gemartel word. EK het die Bruid wat opgesluit is in Gasa. En EK roep jou om hulle vry te bid.

EK het die Bruid in Libanon. Ja, EK het Bruid in Irak, selfs so weggesteek, so verwaarloos. Hulle het Woord uit die Hemel nodig. EK het Bruid in China. Hulle is MY Chinese Bruid. Daarom soek satan om jou te muilband, om jou stil te maak, maar EK sê vir jou: jy sal net harder skree!

Almal van julle, almal van julle, begin die Skrifte bestudeer wat EK vir Elisabeth [Elisheva] uitgelig het. Grawe diep in elke woord. Want EK sê vir julle daar is ‘n verborge goudmyn wat nog gaan kom en dit is nie ver weg nie.

Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur in Israel, weet dat EK nie maklik bespot word nie.

EK het reeds ‘n Profesie vrygestel en EK het dit daarin gemeld, “want EK, YAHUVEH sê”: 'jy kan nie weggee wat EK jou nie gegee het om weg te gee nie.' 1 Plaas weereens hierdie kennisgewing voor die wêreld. Want EK het gespreek.

DAAR IS GEVOLGE WAT GAAN KOM.

WANT EK HET ISRAEL BEVEEL OM TE BEROU.

Pasop vir die gedagtes wat gaan kom terwyl julle hierdie Skrifte bestudeer wat EK vandag vir Elisabeth [Elisheva] beveel het om te lees en oor te mediteer. Wanneer julle ‘n stem hoor sê, ”YAHUVEH sal nie dit doen nie,” weet net dit, o ja EK sal.

Moenie MY krag onderskat nie. Moenie MY woede onderskat nie want dit is aangevuur soos ‘n verwoede vuuroond. Dit het veroorsaak dat die hel baie warmer geword het. Hulle praat van aardverwarming. Die einste vlamme van die hel verhit hierdie aarde - “gekombineer saam met dit wat begrawe is en weggesteek is in die koudste gedeelte van die aarde! Kombineer dit alles met mensgemaakte besoedeling” - chemikalië in die lug. Want dit is meer as een. Die rykes dink nét hulle gaan oorleef.

Hulle glo die leuens wat satan vertel. Maar MY Woord sê, “Die sagmoediges sal die aarde beërwe,” (Ps 37:11; Mt 5:5) die nederiges, nie die trotses en die hoogmoediges en die rykes nie. 2

JULLE IS RYK DEUR JULLE GELOOF IN MY.

JULLE IS RYK DEUR SKATTE WAT ANDER NIE KAN SIEN NIE.

EK HET VIR JULLE ‘N BESKERMING GEGEE WAT GEEN GELD KAN KOOP NIE. 3

EK IS DIE VLEUELS WAARONDER JULLE SKUIL. (PS.91)

EK IS DIE EEN WAT JULLE BEMOEDIG.

MY GESTORTE BLOED OP GOLGOTA

IS DIE ENIGSTE DING WAT JULLE RED.

DEUR MY NAAM!

DEUR MY BLOED!

JULLE HET DIE GETUIE. (1JOHN5:9)!

JULLE HET DIE GETUIENIS! 4

SELFS VIR HULLE WIE SE LEWE OP HIERDIE AARDE UITGEDOOF WORD

DIT IS NET ‘N DOP 5 WAARVAN HULLE PRAAT.

HULLE KAN NIE DIT DOODMAAK

WAT BEDOEL IS OM EWIG TE WEES NIE. (MAT.10:28)

OM AFWESIG TE WEES VAN DIE LIGGAAM IS OM TEENWOORDIG TE WEES AAN MY SY, 5

VIR HULLE WIE SE NAME IN DIE LAM SE BOEK VAN LEWE OPGESKRYF IS.

Einde van Profesie

So is dit gespreek, so is dit geskryf op 22 Desember 2007

Profeet Elisheva Eliyahu

[Eindkommentaar op videoband:]

Elisabeth [Elisheva] : Ons stuur net seëninge aan Kaleb, ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA. Ons stuur vir hom bemoediging. Ons stuur gebede. Ons dank U dat hy hierdie gebede gehoor het. Ons dank U ABBA YAHUVEH dat hy sal skryf. Hy sal instaat wees om by ‘n rekenaar te kan uitkom. Ek weet nie waar hy is nie, ABBA YAHUVEH. Ek weet nie hoe U dit sal doen nie. Maar op een of ander manier, op een of ander wyse sal die Woord gegee word en hy sal hierdie Profesieë kry om almal te bemoedig wat die Bruid van YAHUSHUA in Israel is, in Jerusalem, in die NAAM VAN YAHUSHUA, in Lebanon, waar hulle ookal versprei is oor die wêreld, HEMELSE VADER.

U het gesê U het net een Diensmaagd. Wanneer die duiwel dit hoor dink hy, hy moet my verseker kry, maar net as U dit toelaat ABBA YAHUVEH. So selfs hierdie beproewing wat oor hierdie tenger liggaam gekom het, ABBA YAHUVEH, dit is net U wat dit heel kan maak in die NAAM VAN YAHUSHUA. Dit is net U wat die VERLOSSER is, YAHUSHUA. Dit is net U GESTORTE BLOED. Dank U. Dank U.

Ons [Kaleb en ek] is een. As ek bedroef raak, voel hy bedroef. Ons is almal een. Almal van ons moet nagmaal neem en elke nagmaal. HY het gesê [YAH het gesê] “Want EK gee julle nou die naam Kaleb.”

Esegiël (9)! Dit is presies daar. Dit behoort aan YAHUVEH. Die duiwel het ‘n nabootsing (UFO) en YAHUVEH het ‘n ware een [vurige Engel-strydwaens] die een wat dit voortgebring het. Dis ‘n vreemde vlieënde voorwerp” En Esegiël het die wiel gesien hoog bo in die middel van die lugruim en, nie te min, was daar nog altyd die wiel binne-in die wiel.

Oor Israel ook, iets gaan in Israel gebeur. Julle moet begin lees vanaf Esegiël 9. Ons het ‘n Profesie. Dit gaan oor die skrywer se Geskrif, ‘n Profeet wat gaan om al die Heiliges te merk en diegene sonder die merk in Israel gaan doodgemaak word. HY [YAHUVEH] is so kwaad. HY is kwaad vir Israel. HY is kwaad oor die onheiligheid. HY is op hierdie oomblik kwaad. HY het gesê die duiwel wou my doodmaak omdat hy nie wou hê hierdie Woord moet uitgaan nie.

Dit was alles oor hoekom die.... Dit was nie oor my nie. So ok, die geheime is verborge, beginnende met Esegiël 9 en toe het HY my [hoofstuk]13 laat lees regdeur tot by die valse profete. Wow, dit is groot. Dit is YAHUVEH. Dit is YAHUVEH wat in beheer van die goeie “UFO’s” en gevleuelde skepsels is.

HULLE praat nie van strydwaens nie. Geen strydwaens nie. My Bybel sê dit het die gesig van ‘n gevleuelde skepsel. Dit het die gesig van die mens, die gesig van ‘n leeu en die gesig van ‘n arend. Dit is weereens vier.

[En] die vlerke, as jy Esegiël 10 lees, praat dit van die wiele en dan praat dit van die gesigte.

Ek probeer nie eers voorgee om te verstaan nie. Ek probeer nie eers voorgee nie want dit is te diep. Dit is so diep en dit het nog nie plaasgevind nie, maar dit is op die punt om plaas te vind. Want ek glo ek het hierdie Openbaring nou ontvang en dat dit gebeur en ek glo dit is wanneer die ruimtewesens aarde toe kom en hulle beveg die mense, ek glo YAHUVEH stuur SY engele, ook SY wapens om terselfdertyd te veg want mense kan nie hierdie ruimtewesens oorwin nie.

Ons het bonatuurlike hulp nodig uit die Hemel. En HY stuur dit vir die Heiliges. Maar dit is huidiglik vasgemaak met Israel. Met alles wat in Israel aan die gang is. So dit is wat ek dink, hierdie nuwe Profesie gaan oor Israel. Dit gaan werklik grootliks oor Israel wees. Prys YAHUSHUA!

Einde van bandopname

* * * * * * *

1 In Profesieë 31, 32, 37, 42, 48, 50, 58, 80, 81, 87

2 Jakobus 5:1-8

1  Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. 2  Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. 3  Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae. 4  Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van Yahweh van die leërskare. 5  Julle het op die aarde 'n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op 'n slagdag. 6  Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie. 

7  Wees dan geduldig, broers, tot op die wederkoms van die Meester. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. 8  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Meester is naby

3 Mat.6:19-21   [YAHUSHUA het gese,] Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

4 Openbaring 12:11,17 11 En hulle het hom oorwin deur die BLOED VAN DIE LAM en deur die woord van HULLE GETUIENIS, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

...vers 17 " En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van Elohiem bewaar en die GETUIENIS VAN YAHUSHUA hou. En hy het op die sand van die see gaan staan. 19:10 GETUIENIS VAN YAHUSHUA is die GEES VAN PROFESIE.

11John.5:3 -13   3 Want dit is die liefde tot ELOHIEM, dat ons SY Gebooie bewaar; en SY Gebooie is nie moeilik nie.... 5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat YAHUSHUA DIE SEUN VAN ELOHIEM is? 6  Dit is HY wat deur WATER en BLOED gekom het, YAHUSHUA DIE MESSIAS; nie deur die WATER alleen nie, maar deur die WATER en die BLOED; en dit is die GEES WAT GETUIG, want die GEES is die WAARHEID. 7  Want daar is DRIE WAT GETUIG: 8   (“ 7 THE FATHER, THE WORD & THE HOLY SPIRIT” ) die Gees en die water en die bloed, en die DRIE is EENSTEMMIG.  (“8 And there are THREE that bear WITNESS on Earth: THE SPIRIT, THE WATER, & THE BLOOD [ LINK COMING]; and these THREE agree as ONE.”)

9  As ons die getuienis van die mense aanneem - die GETUIENIS VAN ELOHIEM is groter, omdat dit die GETUIENIS IS VAN ELOHIEM wat HY aangaande SY SEUN getuig het. 10  Wie in die SEUN VAN ELOHIEM glo, het die GETUIENIS in homself. [Rom 8:16, Joh.15:4-7] Hy wat ELOHIEM nie glo nie, het HOM tot leuenaar gemaak, omdat hy die Getuienis nie geglo het wat ELOHIEM aangaande SY SEUN getuig het nie. 11  En dit is die getuienis: dat ELOHIEM ons die EWIGE LEWE gegee het, en hierdie LEWE is in SY SEUN. 12  Hy wat die SEUN het, het die Lewe; wie die SEUN VAN ELOHIEM nie het nie, het nie die lewe nie. 13  Dit het ek geskryf aan julle wat glo in die NAAM van die SEUN VAN ELOHIEM, sodat julle kan weet dat julle die Ewige Lewe het." (,and that you may continue to believe in the NAME of the SON OF GOD.)

5 2 Corinthians 5: 1-9;

 1  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n Gebou het van ELOHIEM, 'n Huis-nie-met-hande-gemaak nie, Ewig, in die Hemel. 2  Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die Hemel Oorklee te word, 3  as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie. 4  Want ons wat nog in die tent [ons aarde liggaam] is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word. 5  Maar HY wat ons juis hiervoor voorberei het, is ELOHIEM, wat [WIE] ons ook die GEES as onderpand gegee het. 6  Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Meester (LORD YAHUSHUA) uitwoon. 7  Want ons wandel deur Geloof en NIE deur aanskouing nie. 8  Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Meester (LORD YAHUSHUA) in te woon. 9  Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om HOM welbehaaglik te wees. sien Philip 1:23 

6 Mat.10: 16-34  Kyk, EK stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. 17  Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. 18  En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om MY ontwil tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene. 

19  Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal praat nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet praat; 20  want dit is nie julle wat praat nie, maar die GEES van julle VADER wat in julle praat. 21  Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 22  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van MY NAAM. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 

23  En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want amein EK sê vir julle, julle sal met die stede van Yiesraél beslis nie klaar kry voordat die SEUN van [YAH] die mens kom nie. 24  'n Leerling is nie bo die meester nie en 'n dienskneg ook nie bo sy meester nie. 25  Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy meester. As hulle die meester van die huis Baálzevul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote! 26  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 27  Wat EK vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. 28  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees HOM liewer wat [WIE] die siel sowel as die liggaam kan verderwe in Ghehenna. 29  Word twee mossies nie vir 'n assarius verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle VADER [FATHER'S Will] nie. 30  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. 31  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. 32  Elkeen dan wat MY sal bely voor die mense, hom sal EK ook bely voor MY VADER wat [WIE] in die hemel is. 33  Maar elkeen wat MY verloën voor die mense, hom sal EK ook verloën voor MY VADER wat [WIE] in die hemel is. 34  Moenie dink dat EK gekom het om vrede op die aarde te bring nie. EK het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard."


* * * * * * *

Print Friendly and PDF