Profesie 95

YAHUSHUA ha MASHIACH Sê,
Neem Op Julle Wapens, EK LEWE!


Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
Sabbat 12 April 2008
            Vrygestel Sabbat 19 April  2008

 

Elisabeth bid in Heilige Tale en Engels: Dit is die rede hoekom , omdat die TROOSTER gekom het. YAHUSHUA U het ons nie alleen gelaat nie, U het die TROOSTER gestuur.  Die MOEDER van alle moeders.  U eie Hemelse MOEDER.  Dank U geliefde YAHUSHA ha MASHIACH.  Ag mag ons waardig geag word om U Bruid genoem te word.  Ons is nooit, nooit selfvoldaan daarmee nie.  Ons sien hoe baie langs die pad val.  Hou ons styf teen U bors vas.  Moet asseblief nie eers toelaat dat daar ‘n blaaskans vir satan wees om in te kom nie.  Trek ons op hierdie Sabbatdag nader aan U, YAHUSHUA.  Vereer ons terwyl ons in U teenwoordigheid bid.  Ons is U s’n.  Satan het geen reg op ons nie.   Dit is alles net oor wat U op Golgota gedoen het.  Dit is waarlik ons enigste wapen wat ons in hierdie wêreld het.  Daar is geen ander wapen ander dan die Naam en die Bloed en die Liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie.  Daar is geen ander wapen nie.  Daar is niks, niks, niks wat die boosheid in hierdie wêreld kan beveg behalwe een ding nie.  Dit is hoekom U gesê het om die nagmaal (communion) met U te hou.  Heilig, Heilig, Heilig, Heilig.  U het ons so magtiglik geseën  Hierdie bediening het geen gebrek meer nie.  Wys ons net wat ons moet doen ABBA YAHUVEH.  Wys ons die land wat ons moet aankoop, ABBA YAHUVEH.

* * * * * * *

Profetiese Woord :

 

Nou begin julle dit verstaan MY Kinders!  Nou verstaan julle hoekom EK gesê het daar is ‘n wapen soos geen ander wapen wanneer julle gemeenskap het met MY nie.  Elisabeth, die woorde wat jy gespreek het is nie jou eie woorde nie, want MY Woorde is hoër as enigiets wat jy ooit kan dink.  Elke keer as jy gemeenskap (communion)  hou, elke keer as jy een met MY word, gee EK jou MY ore.   Gee EK jou MY oë.  Spreek EK uit jou mond.  EK besny jou hart terwyl jy jou hande aan MY offer om MY wil te doen.  En jou voete aan MY: sodat EK jou in die voetspore van die Heilige kan lei.

 

Nou verstaan jy Elisabeth.  Ag hoe haat satan dit.  Het EK nie gesê hoe meer jy nodig het om geseën te word, hoe meer jy verlossing van die vyand nodig het, dit gaan nie net oor vergifnis nie, dit gaan oor oorwinning in alle areas van jou lewe.  Vertel hulle MY Kinders.  Vertel hulle namens MY.

Hoe baie georganiseerde godsdienste wil net ‘n wafelkoekie in hulle mond sit?  ‘n Droë wafelkoekie wat niks anders as ‘styrofoam’ kan wees nie.  Hulle vergeet die prys wat EK betaal het.  Daar is geen vooraf berou oor sonde nie.  Hulle drink van die wyn en hulle  herhaal woorde uit gewoonte aan.  Daar word geen hart aan MY gegee nie.  En die vermetelheid wanneer iemand anders ‘n wafelkoekie in die ander se mond plaas en homself ‘n Biskop noem.  En hy noem homself die pous.  Jy kan dit nie vir iemand anders doen nie!  Nagmaal is een tot een.  Nou praat Ek nie met hulle wie invalides is nie, hulle wie die hulp van ander nodig het om die brood in hul mond te sit of die beker na die lippe te bring nie.  Want hulle harte is op die regte plek solank die een wie die nagmaal bedien, se hart op die regte plek is.  Sê vir hulle, voed MY skape.  Sê vir hulle.  Neem hierdie wapen op wat vir baie lank verwerp is, maar moet dit nie met vuil lippe doen nie.  Moenie dit met ‘n gees van onberou doen nie.  Moenie dit as net ‘n ritueel doen nie.  Woorde wat deur ‘n ander mens geskryf is nie.  Gee MY jou hart.  En EK sal MY Woorde uitspreek.  Moenie dit doen terwyl jy in sonde lewe nie!  Anders drink jy vernietiging oor jouself!  Waar is die vrees? Waar is die vrees?

Hoe baie sien Ek en hulle het geen vrees meer nie.  Hulle bly in hulle sonde.  Hulle neem die nagmaalsbeker met sondige lippe.  EK is getrou om te vergewe.  Maar moet dit nooit doen met ‘n onberouvolle hart nie want julle drink net vernietiging.  Julle drink net vloeke.  Kom na MY toe met ‘n berouvolle hart.  Vra MY om julle van julle sonde te vergewe.  EK is getrou en EK is vol genade en net een druppel van MY Bloed, net een druppel  van MY Bloed kan die hele mensdom red as hulle MY net aanvaar het.  Net een druppel van MY Bloed.  En kyk hoe baie meer het  EK gegee.  Dit is wat EK wil hê julle moet vir hulle sê.  Dit is die nuwe Boodskap wat EK vir jou gee.  Dit is die boodskap wat vir die hele wêreld bedoel is.  Dit is die enigste wapen wat julle het.  Vertel vir hulle.  “So spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,” wanneer julle die wapens uit so baie verskillende rigtings na julle sien mik, lig die enigste wapen op wat EK vir julle gegee het.

Diegene wat aan MY behoort.  Hulle wie hul lewe vir MY gegee het.  Hulle wie MY gevra het om in hul harte in te kom.  Hulle wie daarna strewe om MY te gehoorsaam.  Hulle wie daarna strewe om MY te behaag.  Hulle wie MY aanbid en MY eerste in hulle lewens en hul liefde en in hul huwelike plaas, lig hierdie wapen voor die vyand op.  Slegs MY Naam en MY Bloed, slegs deur MY Liggaam, kan iemand gered word!  Slegs deur die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, kan iemand gered word!  Daar is geen naam op hierdie ganse aarde, in die ganse heelal waardeur iemand gered kan word nie behalwe deur MY Bloed en deur die prys wat EK met MY Liggaam betaal het, soos EK MY Lewe neergelê het nie.

Geen mens het MY lewe geneem nie!  Geen mens kon MY doodmaak nie!  Maar EK het dit vrywillig gegee.  Dit is EK wat gesê het, “Dit is volbring.”  Dit is EK wat MY Gees beveel het om te gaan.  Maar julle het geen idee wat EK gedurende hierdie tyd gedoen het nie.  Julle het geen idee nie want alhoewel MY Liggaam gesterf het, het EK opgestaan.  En EK het ‘n openbare vertoon aan satan gemaak, die een wat eens Lucifer genoem was en EK het hom laat weet en EK het die ganse hel laat weet, EK lewe! En EK het die sleutels van die hel en die doderyk uit sy hande geneem!  En hy kan niemand hel toe stuur tensy dit deel van MY plan was nie, tensy hulle name nie voor die grondlegging van die aarde in die LAM se Boek van Lewe gevind is nie.

En EK kan nie een verloor nie.  Ek verloor nie een nie.  Almal, almal almal wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf is voor die grondlegging van die aarde af, almal, almal, almal, almal sal in die Hemel wees.  Diegene wie se name uitgewis is!  Soos wat hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY op aarde.  Maar selfs daardie naam was voor die grondlegging van die aarde uitgewis.  Soos hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY op aarde.  Almal van julle werk julle eie verlossing met vrees en bewing uit want julle siele weet waarheen julle sal gaan.  Julle herhaal slegs wat  alreeds gedoen is.

Julle sien hierdie predikers langs die pad val.  Julle sien hulle verraai die skape en die lammers.  Julle sien hulle verkondig ‘n ander evangelie as wat EK beplan het.  Maar soos hulle MY nou verraai, so het hulle MY toe verraai.  Want EK vertel vir julle iets in Waarheid wat julle nie geweet het nie en Elisabeth, selfs jy sukkel om nou  hierdie Woorde uit te spreek, maar daar nie soiets soos ‘n nuwe siel nie.  Want die hele aarde en al die tye van die aarde was gevul met ou siele.  Dit is hoekom EK die getal hare op elkeen van julle hoofde ken.  Dit is hoekom EK elkeen van julle se name ken, of dit vriend of vyand is.  Dit is hoekom EK weet  toe EK MY Bruid op aarde gekies het, het EK alreeds geweet wie lojaal was in die Hemel.  Dit is hoekom EK weet en EK vir Jeremia laat weet het terwyl hy in sy moeder se skoot was, soos wat  elke dag van sy lewe opgeteken was, het EK geweet dat EK hom as profeet georden het want EK het geweet wie EK kan vertrou.

O MY skape en lammers, Pasop! Pasop! Pasop! Pasop! Pasop vir hulle wie hulself oppof met roem en rykdom en julle luggowe vul.  Pasop! Pasop! Pasop! Pasop vir hulle wie weier om die Boodskap van berou te preek, wie nie ‘n lewe van berou lewe nie, wie weier om ‘n lewe van Heiligheid leef, wie weier om die sondaars te waarsku teen sonde.  Pasop! Pasop! Pasop! Pasop, o skape en lammers!  Want hulle is nie MYNE nie en soos hulle MY vantevore verraai het, so verraai hulle MY nou weer!  O gulsige pastore, julle weet  julle behoort nie aan MY nie!  Julle is ‘n klug!  Julle is ‘n vervalsing!  MY GEES is nie in julle nie!  EK het die name voorheen deur hierdie Bediening genoem!  En daar is so baie meer wat EK nie genoem het nie.  Maar hou hulle dop, o skape en lammers.  Het hulle hulle siel soos ‘n goedkoop hoer verkoop net om die belastingvrystellingstatus te kry?  Pasop, MY skape en lammers, vir hulle wie probeer om al die godsdiens saam te voeg as een!  Vir die Een Wêreldorde!  Daar is maar net een YAH.  Julle het net EEN SKEPPER.  YAHUVEH is SY Naam.  Ander spreek dit uit as YAHWEH.  Maar daar is maar net EEN.  Daar is maar net EEN MASHIACH.  MY Naam is YAHUSHUA.  Noem MY YAHSHUA.  Maar moenie die Naam YAH uithaal en dink julle hoor van MY Gees nie.

Julle wie julself Messiaanse Jode noem, julle doen so baie dinge reg maar waar julle kompromiseer en julle nie langer MY lig het nie, het julle die Naam YAH uit MY Naam gevat om die Ortodokse Jode te paai want hulle ken die SKEPPER se Naam.  Hulle glo die Rabbies se leuens.  Maar lees jul eie Torah.  Lees die Bybel.  Hoeveel maal is dit geskrywe, “In MY Naam sal julle duiwels uitdryf.  In MY Naam sal julle hande op die siekes lê, slegs in MY Naam.  Sê die Bybel nie dit nie?

En in die Torah, in die Tanakh hoeveel maal sê dit, “In YAHUVEH se Naam”?  Wat sal julle met Psalm 91 doen,  julle Ortodokse Jode?  Julle lees so getrou die Torah en die Tanakh maar julle neem die krag weg wanneer julle nie julle SKEPPER, julle BESKERMER se Naam noem nie.  En julle het geen beskerming wanneer julle nie MY Liggaam en MY Bloed aanvaar nie want EK is die eniggebore Seun van ABBA YAHUVEH.  EK is die eniggebore Seun en MY MOEDER word genoem die RUACH ha KODESH.  SY is die MOEDER van WYSHEID.

Die tyd is nou so kort.  Die  lammers het oornag skape geword.  EK stort MY Waarheid uit.  EK het hulle laat opgegroei want daar is nie meer tyd om langer babas te bly nie.   EK vereis meer Heiligheid as ooit tevore want boosheid woed oral rond.  EK kyk vir die sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader op die aarde neerkyk.  Kyk, hulle wie aan MY behoort sprankel soos die helderste edelgesteentes, soos MY lig op hulle skyn.  Maar waarlik, julle is in en word omring met die vullis (feces)van onmenslikheid.  En EK soek vir die sprankel van die edelgesteentes en EK weet net waar hulle is en EK kan selfs vanuit die Hemel die meer kosbaarste van MY juwele waarneem.  Dit is almal van julle wie MY eerste in jul lewens en jul liefde plaas, wie daarna strewe om te alle koste te gehoorsaam.  Wie satan bestraf en hom laat verstaan hy het geen deel aan julle nie.  Julle is MY kosbare juwele.

 

O die stank, die stank, die stank wat van die aarde af kom!  O die stank, die stank, die stank van menslikheid, omring deur onmenslikheid!  Selfs MY eie Heilige engele roep uit, “Kan ons nog nie weggaan nie?:”  Maar hulle is soontoe gestuur om hulle te beskerm wie se name in die Lam se Boek van Lewe opgeskryf gevind word.

Sommige van julle het julle grootste gevegte in jul eie huise.  Julle kom op elke manier oor die weg met julle gades behalwe wanneer dit kom by die Waarheid van wat EK sê.  Dit is julle toets.  Dit is julle beproewing.  Wie sal julle meer liefhê.  Wie begeer julle om meer te behaag?  Sal julle na die woorde luister wat hulle sê?  Of sal julle die Woorde gehoorsaam wat EK sê?  Wat is die prys vir julle siel?  Want as julle nie  nou hierdie besluit maak nie, waarborg EK julle, julle sal nie die regte besluit in die komende Groot Verdrukking maak nie.  Dit is julle siel.  Watter vrou, watter man is julle siel werd?  EK het MY Liggaam en MY Bloed gegee.  EK het weer opgestaan uit die dood vir almal om te sien dat satan nie oorwinning oor MY het nie.  Sodat julle  nie langer ongelyk gebind hoef te wees nie.

Dit is die Woorde wat EK jou vandag laat sê.  Jy het gesê, “Gee my iets om U skape en lammers mee te voed.”  Elisabeth dit is wat EK wil hê jy moet sê.  Dit is wat EK wil hê jy moet skryf.  Dit is wat deur Kathrynyah oorgeskryf moet word.  YAHUSHUA se Demon Stompers, o MY kosbare kleintjies, Intersessor Gebedsvegters, Heilig voor MY!  O julle sukkel net soos enigeen.  Versoekings kom van links en regs na julle toe.  Maar julle weet om die wapenrusting van Efesiërs 6 aan te trek.  Julle weet om sterk te staan in MY Naam deur MY Bloed.  Dit is ‘n Bediening wat EK vir julle gegee het om magtige gebedsvegters te wees!  Skilddraers om Amightywind Bediening te bedek, om Elisabeth en Niko te bedek, om mekaar in Waarheid te bedek.

Beleë/ervare vegters kom na vore!  Sluit aan by hulle in die gevegslinies.  MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH kom na vore!  Sluit by ons aan in die gevegslinies!  Want daar is oorwinning.  Hoe meer julle verlossing nodig het, hoe meer julle seën nodig het, hoe meer julle genesing nodig het, hoe meer julle vergifnis nodig het..... hoe meer, hoe meer, hoe meer, moenie jul enigste wapen verwerp nie, dit wat julle nagmaal (communion) noem.  En EK sê vir julle, moenie dit met ‘n sondige mond, ‘n sondige hart neem nie, bely voor julle dit doen en belydenis is nie eenvoudige woorde wat oor lippe kom nie.  Belydenis is wegdraai vant dit wat julle weet boos is!  Want EK is getrou en EK is eg en wanneer julle julle hart vir MY gee en julle lê hierdie belydenis voor MY, sal EK julle vergewe.  En die van julle wie hier lees en hierna luister, julle het nognie julle lewe vir MY gegee nie, maar julle kom hier en julle lees die Woorde wat EK deur hierdie Profetiese Diensmaagd uitspreek, EK herinner julle hieraan, moenie wag tot julle volmaak is nie.  Moenie wag tot julle dink, “O nou is ek Heilig nie”.  Want dit kan nie so gebeur nie. 

Eers aanvaar julle  MY as julle MASHIACH.   Eers vra julle vergifnis vir julle sondes.  Eers vra julle MY om MY lewe in julle te lewe, om die bose begeertes in julle weg te neem, om julle met MY gestorte Bloed skoon te maak en dan maak EK julle skoon.  Dit is soos ‘n baba wat gebore word.  Wanneer daardie baba uitkom, is dit oordek met die liggaamsvloeistof van die moeder.  Dit moet afgewas word.  Dit moet geslaan word voor dit asemhaal.  Asem in o kleintjie, kom na MY toe.  Laat EK hierdie wêreld se sonde van julle afwas.  EK kasty diegene wat EK liefhet sodat julle in MY kan asemhaal, sodat MY Gees in julle kan lewe, die RUACH ha KODESH in julle kan lewe.

 

MY kosbare, kosbare, kosbare kleintjies.  EK begeer, EK begeer, EK begeer om julle te verlos.  Moenie, moenie, moenie toelaat dat hierdie wêreld  julle vertel daar is nie so iets soos sonde nie, want sondaars kan nie die Koninkryk van die Hemel beërwe nie.  Maar sondaars wat vergewe is kan.  Kom na MY toe lamal wat vermoeid en belas is met die sorge en die laste en die sondes van hierdie wêreld.  Gee dit vir MY want EK sal vir julle rus gee.  Elisabeth, hierdie is die Woorde wat EK wil hê jy moet vandag, op hierdie Sabbat sê.

.

Sê vir hulle die Tien Gebooie bestaan nog.  Geskryf deur ABBA YAHUVEH se eie vurige hand.  Hulle is op ‘n tafel van klip geskrywe, nie op ‘n papier of ‘n rol om uitgevee of verander te word nie.  Wat toe sonde was is nou sonde.  En pasop vir enige leier wat vir julle iets anders vertel.  EK het meer te sê maar dit sal op ‘n ander dag wees want die Heiliges sal Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word en wie wie is in Hollywood is waarlik wie is wie in die hel.  Moenie die maniere van hierdie wêreld naboots nie want alhoewel julle in hierdie wêreld is, is julle nie deel van hierdie wêreld nie.

EK het meer te sê maar die Woorde wat EK te sê het, sal nie vir die wêreld wees om te hoor nie.  Dit is vir julle vyf.  O MY geliefde Kleintjies, julle het ‘n ‘Passover’ nodig.  Diegene wat hierdie Woorde lees, diegene wie hierdie Woorde sal hoor, julle het ‘n “Passover” nodig.  Julle het nodig om van julle laste verlos te word, van julle vyande.  Maak nie saak hoe ‘n nederige “Passover” julle doen nie, doen dit net.  Erken net die feit dat julle ‘n “Passover” nodig het.  Julle het ‘n nuwe begin nodig.  Julle het wonderwerke uit die Hemel nodig.  Julle het verlossing van die vyande se hande nodig want EK waarsku julle, julle grootste vyande is julle eie regerings en julle eie land.  EK waarsku julle hieroor.  Amerka, julle is gedoem.  EK het dit weer en weer en weer en weer geprofeteer.  So Amerika, EK gaan vir julle ‘n leier volgens julle hart gee.  Julle is ‘n afknouer/bullebak.  Julle is brutaal (brutish).  Julle was eens so geseënd en nou is julle ‘n vloek vir MY en almal wie in Amerika se voetspore volg, al julle nasies, EK praat deur hierdie Profetiese Diensmaagd, sodat julle ‘n vloek voor MY sal wees.  Sodat julle ‘n vloek voor MY is.  EK het jou gewaarsku Kanada, moenie in jou suster se voetspore volg nie.  Maar jy het jouself verkoop, O Kanadese, die regering van Kanada het hulself vir die prys van goud verkoop.  Omhels nou immoraliteit, omhels die gees van ateïsme.

O Engeland, O Verenigde Koninkryk, daar is niks verenig aan jou nie.  Jy het eens vir moraliteit gestaan, daar is niks moreel meer oor jou nie.  Julle laat julle politici toe om alles te omhels wat EK verafsku.

 

Julle Heiliges wie in Amerika sit en julle sê vir die eerste keer is daar niemand om voor te stem nie, EK het alreeds vir julle die enigste kandidaat gegee wat gestaan het vir moraliteit en sy naam is Ron Paul.  So, selfs al sou jou stem nie tel niee, plaas jou stem in die Hemel.  Skryf jou stem op aarde, die van julle wat kan.  EK ken julle hart.  Maar moenie skik nie.  Obama is ‘n afskuwelikheid voor MY,  EK het dit eenmaal gesê, EK sal dit weer sê.

John McCain is die seun van Kain.  EK het dit eenmaal gesê, EK sê dit weer.  Hillary Clinton, jou siel is so swart soos swart kan wees.  Daar is nie ‘n minder  bose een wat vir president staan nie.  Almal van julle in boos in MY oë.  En die enigste hoop wat daar was, wil die media nie eers aandag aan gee nie.  Julle sien, EK het altyd ‘n volk en hulle is die verborgenes.  Ag hoe min Regter Roy Moores het EK, want hulle wil nie praat soos hy doen nie.  Amerika, ag hoe anders kon dit gewees het as die een wat julle Regter Roy Moore noem, julle president kon wees, maar daar is geen begeerte meer vir moraliteit of Heiligheid nie en dit gaan van die een nasie na die volgende!

EK het deur hierdie Diensmaagde van MY geprofeteer, wat in die minderheid was, sou in die meerderheid gewees het as julle nie hierde sonde beveg nie en kyk nou na die gees van homoseksualitteit, waar het dit nognie  ingesypel nie want julle glo ‘n leuen.  EK het lank gelede vir hierdie Diensmaagde van MY gesê in die begin was Adam en Eva (Adam and Eve), dit was nooit Adam en Steve nie (Adam and Steve).  Dit moes nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit so gewees het nie en daarom sal die swart bloed plaag losgelaat word. boiling black blood plague  Julle het nou  nie meer lank nie.  Almal wat hierdie gees van homoseksualiteit vryspreek, of wie stilgebly het en gesê het, “Laat hulle net hul eie ding doen.”  Julle sal ‘n plaag beleef (sufferrr) soos geen ander nie!  Hulle wie aan hierdie afskuwelikheid voor My deelneem, julle sal swaaaaaarkry soos geen ander nie!  En dié van julle wie weet dit is verkeerd, selfs al behoort julle nie aan MY nie,  julle het wegvlug van hierdie sonde af en dit sal nie op julle kom nie.   Praat nou uit! Terwyl julle nog ‘n stem het!  Julle pastore wie die homoseksualiste omhels het sodat julle hulle nie hoef te konfronteer nie, wag en kyk wat EK aan julle gaan doen, want julle sal deel hê in dieselfde plaag!   Dream of Boiling Black Blood Plague
 

Diegene wie aborsies omhels het, nie teen dit gepraat het nie, pastore, julle wie julle selfs leiers noem en nie MY leiers is nie, julle sal die pynnnnn van daardie baba voel.  Julle sal hul geskree vir ewig in julle ore hoor terwyl dit soos julle eie vel voel wat in daardie soutoplossing gebrand het.   Dit sal voel asof julle liggaam uitgemekaar geruk word. Dit sal voel asof julle koppe afgekap word.  Julle het nie ‘n idee wat EK met julle gaan doen nie!  Julle moeders wie julle babas aborteer, julle het geen verskoning voor MY as julle nie berou het oor hierdie gruweldaad nie.  Die bloed sal nooit van julle hande afkom nie!  Want die geskree van die ongeborenes eggo in die Hemel se ore en alhoewel hulle veilig huistoe geneem word, wil hulle steeds oordeel hier onder hê.  Dit is wat gedeeltelik van gepraat is wanneer julle in die Bybel lees dat die siele onder die altaar wil oordeel hê en hulle roep uit en hulle sê, Hoe lank nog?  Hoe lank nog?  (Open 6:10).  Hierdie is nie net die martelare wat hulle lewens neergelê het vir MY nie, hierdie is die ongeborenes wat gebore sou word en wie Heilig voor MY sou wees.   Dit is wat EK in die geheim vir julle vertel wat ander profete nie van praat nie.  Dit is julle vars manna uit die Hemel.  Kou nou dit wat EK vandag vir julle gesê het.

 

En almal van julle, almal van julle, almal van julle wat luister, almal van julle, almal van julle, almal van julle wie ontvang, moenie vergeet julle het ‘n “Passover” (Offerlam?) nie, nodig as julle maar net die eenvoudigste  kan doen en EK sal dit eer as nog ‘n “Passover” wat kom.

 

Julle georganiseerde kerke, EK lag vir julle.  Julle het MY Opstanding voor die ‘Passover’.  Geklike, geklike mensgemaakte godsdienste.  Geklike, geklike mensgemaakte godsdienste, hoe baie siele is hel toe asgevolg van julle?  Maar EK sê weer, EK  het nie een verloor wie se naam voor die grondlegging van hierdie aarde af in die LAM se Boek van die Lewe opgeskryf gevind is nie.

Geen ander planeet as net een, het ‘n VERLOSSER nodig nie, die planeet waarheen Lucifer uitgegooi is.  Dink daaroor, want julle loop bo op die hel.  Dink daaroor.  Want satan strewe daarna om die aarde so na aan die hel te maak as wat hy kan, om julle na sy beeld te  vorm.  Dink daaroor.  En prys MY, want as EK nie daardie prys op Golgota betaal het nie, waar sou julle wees?

Vir die van julle wie nie aan hierdie Bediening deur wie EK praat, geskryf het nie, julle het geweet, julle het geleer, julle het die Woorde ontvang wat EK gespreek het, julle lewens het verander! Julle begeer Heiligheid waar julle gewoond was om sonde te begeer, waarvoor wag julle?  Hoekom het julle julself nog nie voorgestel nie?  Hoekom het julle nognie deel geword van die Heilige vegters op die muur nie?  Het EK nie lank gelede deur hierdie Diensmaagd van MY, gesê,”Daar is nie meer eensame swerwers (lone rangers) nie”.  Julle het mekaar nodig.  Glo MY.  Satan se bruid is voltooi.  Julle kan van een punt van die wêreld na die ander punt gaan en julle sal hulle vind.  Sy netwerke is oraloor versprei.  EK gebruik hierdie Bediening om MY Heilige Bruid bymekaar te vergader want hulle is Heilig voor MY.  Waarvoor wag jlle?  Ag julle sê, “Ek het eenmaal vir hulle geskryf, maar hulle het nie teruggeskryf nie”.  Sien, EK hou tred.  Waarvoor wag julle?


Einde van Woord

Elisabeth : Dankie YAHUSHUA.  Dankie.  Wat is die datum vandag?

Niko : 12 April.  Het begin om 2.40 nm.  Geëindig om 3.40 nm.

Elisabeth : Sjoe, dit is Sabbat!  Saterdagmiddag en ek was besig om saam met my man te bid.  EK het wakker geword besig om te bid en ek het geweet daar was ‘n Woord aan die kom en ek het aanhou wag en wag en wag vir die Woord en ek het die duiwel bestraf en HOM geprys en toe, meteens het HY die Woord gegee, “Gehoorsaam MY, en hou nagmaal.”  Ons het nog nie eers by die nagmaal uitgekom nie, my man het dit in sy hand gehad en die Woorde het na vore gekom!  So ek kon hoor en dit is al wat dit was en dit is hoe dit begin het.  Totaal onverwags.  En ons prys U YAHUSHUA ha MASHIACH en op hierdie datum het U U skape en lammers gevoed.  EK weet die skape en die lammers het vir so lank sonder dit gegaan en ek weet hulle het ‘n Woord nodig gehad en ek het gebid vir dit en HY het nie deur my gepraat totdat ons gehoorsaam het en ons daardie nagmaalbrood en wyn in ons hande geneem het nie, en dit is ‘n les in gehoorsaamheid.  Dit is al wat ek te sê het.  Soos ons uitsien na ons Passover Dag wat soos geen ander Passover gaan wees nie, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.  Amen.  Wil jy iets byvoeg!

Niko: Amen!
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

www.allmightywind.com
www.almightywind.com

Posadres:
Almightywind
P.O. Box 40007
Upper Hutt
New Zealand 5018

E-pos Adres:
Contact Us