Profesie 97

Die ‘Wildfire in Africa” Sal Aangaan!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Elisabeth Elijah Nikomia
9 Mei 2008
Vrygestel 3 Junie

Kort verduideliking oor wie Nico Arnold is:

Nico Arnold het aan die einde van Januarie 2007 aan hierdie Bediening geskryf en sy dienste aan die Bedieningswebwerwe gebied.  Hy het gesê hy was ‘n gelowige en was besig om die waarhede op Amightywind te leer.  Ons was huiweig om Nico op die persele te laat werk aangesien ons nie ‘n idee gehad het wie hy werklik was nie, so ons het dit toe in gebed opgeneem en YAH het vir ons gesê ons kon hom vertrou.  YAHUVEH het gesê dit was nie toevallig dat Nico dieselfde naam as Elisabeth se man Niko gehad het nie.  So Nico het saam met ons Webbestuurder Coenrad, in Suid-Afrika begin werk.  Nico is ‘n rekenaarwebontwerper en hy was deur YAH gekies om die almightywind bedieningswerf te herontwerp.

Nico en Coenrad het saam ‘n webwerf opgestel en dit op die internet in Suid-Afrika geplaas wat gekoppel was aan en die Amightywind Bedieningsperseel gepromoveer het, maar nou het Nico die Suid-Afrikaanse perseel afgehaal toe hy nie vir Coenrad kon oortuig om hierdie Bediening te verlaat nie.  Nico het ook ‘n voorleggingsontwerp vir die almightywindperseel opgestel en ons het hom sekere veranderinge gegee wat nodig was om aan die nuwe ontwerp te maak maar hy het nooit die werk voltooi wat aan hom gegee was nie.

Hy het begin om na webwerwe te gaan wat vyande van die waarheid en hierdie bediening was en alhoewel hy geweet het hierdie bediening verkondig niks anders die waarheid het, het hy die vyand ingelaat wat die deur na baie ander demoniese geeste opgemaak het wat hom aangeval het en nou is hy ‘n vyand van die waarheid en hierdie bediening.

‘n Paar maande gelede het Nico ons ‘n e-pos gestuur en gesê dat hy nie langter tyd het om die nuwe bedieningsperseel te doen nie.  Om die waarheid te sê, hier is sy laaste 2 e-posse aan ons.

Nico Arnold het aan die einde van Desember 2007 geskryf:

Hello Katherine;

Hoe gaan dit met jou?  Ek hoop alles gaan uitsonderlik goed daar.  Ek is op die oomblik met vakansie en nie so baie aanlyn soos ek gewoonlik is nie, so jammer vir hierdie laat terugvoer.

Sal jy en al die ‘demon stompers’ my asseblief verskoon van hierdie gebedsgroep, ek het ‘n nuwe besigheidonderneming aan die gang en ek kan my nie verbind aan my volle uur per dag nie.  Ek sal egter steeds almal van julle in my gebede hou.

Dankie vir alles wat julle ouens my geleer het en vir die openbaringe wat deur hierdie bediening en die profesieë aan my gebring was.  Ek hoop dat ons almal binnekort in die hemel sal ontmoet en dat die Here Yahweh almal van julle genadiglik sal seen!!

Alles van die beste in Yahishau (YAHUSHUA) se naam!

Jou vriend
Nico Arnold

Katherine het hierdie e-pos aan hom geskryf.

----- Oorspronklike Boodskap -----


Van: Katherine

Aan: Nico Arnold

Gestuur : Vrydag 28 Desember 2007 8:13 NM

Onderwerp: Re: nuwe woord van MOMMA

Hi Nico,

Dankie dat jy my op datum bring oor dinge met jou.  Werk jy nogsteeds op almightywind?  Ek onthou dat ek ‘n Profetiese Woord gelees het wat gesê het jy was soos ‘n ‘vroedvrou’ daar met die webwerf en die nuwe almightywind webwerf.  Maar ek het nooit van jou gehoor rakende wat jy daarvan gedink het nie.  Beteken dit dat jy nie die rol as ‘vroedvrou’ oor die webwerwe aanvaar nie?  Laat weet my asseblief. Jy weet jy hoef nie 1 uur te bid nie, dit kan minder wees as jy jou nogsteeds wil verbind om vir die bediening te bid.  Bid asseblief hieroor en laat my weet wat jy besluit.  YAHUVEH seën en lei jou.

In YAHUSHUA se Liefde, Katherineyah

Hierdie was Nico se laaste e-pos en die laaste keer wat ons van hom gehoor het.

Hello Katherine;

Ongelukkig beteken dit ook dat ek nie instaat is om hierdie webwerf te voltooi soos oorspronklik belowe was nie.  Toe ek my verbind het tot hierdie ontwerp, was ek in ‘n posisie om dit te doen, maar nou, net meer as ‘n jaar later, is ek nie meer so buigbaar in my tyd nie.  Jammer vir enige ongerief wat ek veroorsaak het.  Ek dink dit sal in elkgeval die beste wees om iemand te kry wat persoonlik langs jou kan sit terwyl ‘n ontwerp gemaak word om misverstande oor die verwagting van die ontwerp te vermy.

Jou vriend in Christus
Nico


Toe ons hierdie laaste e-pos van Nico Arnold ontvang het, het ons geweet dat daar baie meer is as wat hy sê en hy vertel ons NIE die waarheid oor hoekom hy nie langer gaan doen wat hy deur YAHUVEH geroep was om te doen nie.  My man Niko, gaan hom e-pos en hom vertel dat ons geweet het daar was meer agter sy besluit as sy nuwe pos, maar Niko het nooit sover gekom om hom te e-pos nie.   Soos julle sal sien het ons nooit enigiets aan Nico gesê nie, maar hy kon nie hierdie bediening uitlos nie en het probeer om ons webbestuurder te mislei.

Dit alles het nou gelei tot hierdie e-pos wat ons sopas van Coenrad ontvang het wat gesê het:


Hi Katherineyah


Ek wil jou graag van Nico Arnold vertel.

Hy het my gekontak en gevra of ek hom sou ontmoet om saam met hom ‘n koppie te gaan drink en net ‘n bietjie te gesels.  Ek was baie skepties en ek het vir YAH baie maal gevra of dit die regte ding vir my was om te doen.  ‘n Paar dae later het ek gevoel YAH wou hê dat ek vir Nico moes ontmoet.

Ons het toe by ‘n koffiewinkel ontmoet en ek het gedink hy wou net oor daaglikse dingetjies praat.  Maar kort nadat ons in die stoele gaan sit het het hy sy skootrekenaar uitgehaal en vir my begin preek en vir my vertel dat ek die almightywind bediening moes verlaat, want niks wat daar gesê word is die waarheid nie.  Hy het toe probeer om op die net in te skakel, maar ek dink YAHUSHUA wou nie hê hy moet op daardie tydstip inskakel nie.  Nadat hy meer as 10 maal probeer het, het hy so gefrustreerd geraak, sy gesig het rooi geword.  Hy wou my ‘n webwerf wys wat hy bestudeer het.  Ek was geskok om te hoor wat hy te sê gehad het.  Hy glo nie dat daar eendag 2 getuies sal wees nie, hy glo nie dat daar eendag ‘n groot verdrukking gaan wees nie.  Hy glo nie dat die RUACH ha KODESH (Ons Kosbare Geliefde IMMAYAH SHKHINYAH GLORY) vroulik is nie.  Hy glo nie aan die wegraping van die Bruid nie. Ek was onbeskryflik geskok.

Ek het toe my bybel oopgemaak en  hom al die skrifte begin wys dat al hierdie dinge gaan plaasvind.  Ek (Hy?) het probeer om met alles wat ek hom gewys het, te redeneer.  Ek het MOMMA gevra om my te lei.  Later kon ek nie anders as om net te lag vir sy verduidelings oor ‘feite’ nie.  Hy het so gefrustreerd geraak dat hy uit die koffiewinkel gehardloop het.  Die volgende dag het hy my ‘n sms gestuur en vir my gesê dat as ek nie wil glo wat hy my vertel nie, sal hy ‘n webwerf toemaak wat ons saam begin het.  Dit is ‘n Suid-Afrikaanse webwerf waarop ek vir mense van die spoedige wederkoms van YAHUSHUA vir SY Bruid vertel en ek het baie skakels van die Amightywind by daardie perseel gevoeg. Ongelukkig was een van sy eie webverskaffers die gasheer van die webwerf.  So hy het al die gebruikersname en kodewoorde verander.  En later het hy alles uitgewis.  Ek kan sien hy is deur sekere b-o-s-e-g-e-e-s-t-e oorgeneem.

Ek het agterna besef dit was YAHUSHUA se wil dat die webwerf toegemaak was.

Ek het so baie van die Almightywindbediening geleer en dit is ‘n voorreg om deel van julle spesiale span te wees!! Dankie almal.  Julle is my ware familie!  Prys YAHUSHUA!!!

Seën in die Naam van YAHUSHUA!!

Groete
Coenrad

Daar het julle dit mense.  Dit is wat met Nico Arnold gebeur het.  Dit lyk of dit nooit misluk nie, hulle wat eens vennote in hierdie bediening was en dan ‘n Judas word lyk altyd asof hulle deur die gees van kranksinnigheid geslaan word en probeer om hierdie Bediening te vernietig en nou is Nico Arnold ook daarmee getref.  Hier is die Woord wat aan Nico Arnold gegee is.

 

* * * * * * *

YAHUVEH Praat:

Die ‘wildfire’ moet aangaan MY Kinders.  Steek weer die fakkel in Afrika aan.  Die vyand dink hy het daardie stem stilgemaak.  Maar die Afrikaperseel sal opgaan! Want dit is ‘n tak van hierdie Bediening. 

Sê vir Coenrad om die ISP teen ‘n redelike prys te deursoek.  Maar wat is die prys van ‘n siel?  Hoekom dink jy het satan die een wat EK vir jou gesê het jy kon vertrou, die een met ‘n naam soos die van jou geliefde s’n, Elisabeth?  Hoekom dink jy spot satan en plaas boosheid in sy siel?  As hy kon, sou hy dieselfde aan jou Niko doen, maar die stem in Afrika sal net harder praat!  Die Profesieë sal soos ‘n wilde-vuur-herlewing wees want dit het alreeds begin.  Dit is hoekom satan vir Nico Arnold gebruik het om daardie stem stil te maak.  Maar dit sal nie vir lank stil wees nie. 

 

EK het dit toegelaat sodat Coenrad geen twyfel sal hê oor die bose gees in Nico Arnold nie.  EK het dit toegelaat omdat die bose nooit hierdie Bediening op enige manier kan aanraak nie.  En so lank as wat Nico Arnold vol van satan se gees is, kan hy nie op hierdie manier toegang tot hierdie Bediening hê nie.  Hy is soos ‘n man wat kranksinnig geraak het.  Want jy kan nie enigiets wat Heilig is, enigiemand, enige Bediening, aanraak of probeer vernietig wanneer jy vol boosheid is nie, want dit wat hulle soek om te vernietig sal slegs hulle verwoesting maai.  Nou het hy vernietiging oor homself gemaai, instede van seëninge wat julle eens oor hom gebid het.  Nou sal hy in YAHUVEH se vloeke in Deut 28 wandel.  Instede dat hy ‘n helder verstand het, het hy nou die leuen en misleidende gees ontvang wat hom tot kranksinnigbheid dryf.  Moenie hom langer beskou as ‘n man wat julle eens geken het nie.

 

Pasop! Pasop! Pasop!  Enigeen wat soek om te vernietig en af te breek wat Heilig is, en hierdie Bediening is nie van jou nie, dit is nie na jou vernoem nie (Elisabeth), dit lig jou nie op nie, so wanneer hulle hierdie Bediening aanval, val hulle MY, YAHUVEH, MY Seun YAHUSHUA DIE MASHIACH en julle IMMAYAH (RUACH ha KODESH), MY SHKHINYAH, aan.  Hulle val die Aleph en die Tav aan.  Hy is van die hel om te vernietig wat EK bepaal het MY baie Prys, Eers en Glorie bring!  So Nico Arnold jy sal jou beloning maai.  MY Kinders, die bose word boser maar die Heiliges klou vas aan MY.  Die Heiliges wie daarna strewe om elke Woord te gehoorsaam wat EK sê en hulle harte behoort net aan MY.  Hulle is soos ‘n ligtoring wat die skepe lei sodat hulle bots nie en EK plaas hierdie lighuise soos takke van hierdie Bediening en spreek hierdie Waarhede voort in dele van die wêreld waarvan jy nie weet nie, want dit neem slegs een dit vat nie ‘n gebou nie, want julle is die tempel van die RUACH ha KODESH.

Maar ‘n mens kan nie net die Heilige Vuur hê nie, ‘n mens kan nie net die Waarheid hê nie, want as hulle die Waarhede van hierdie Bediening neem, is daar ‘n dryfkrag vanuit die Hemel wat daardie lig in elkeen forseer.  Hulle kan net so min stilbly as wat jy kan stilbly, want waarlik, dit is Heilige Vuur wat in hul gebeente opgesluit is en die Profesieë is soos ‘n goue ketting en dit vou rondom hierdie wêreld en bind die vyande want dit is die Waarheid, die kennis van die Waarheid wat die gevangenes vrylaat wanneer dit al die Lof, Eer en Glorie aan MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH bring.  So steek weer die vlam aan.  En sê vir Coenrad om net harder te skree en moenie die krag van hierdie vyand onderskat nie

 

Ag MY geliefde Seun Coenrad, EK het so min mans soos jy.  Kyk wat het EK uit jou hande voortgebring.  Daar is nie ‘n groter perseel op die internet te sien nie.  Die Salwing deur alles wat jy (en) Niko doen en die Woorde wat EK vanaf hierdie Bediening voortspreek, kan niemand vergelyk nie.  Coenrad, satan kners op sy tande in woede omdat jy net sterker teruggekom het met meer vasberadenheid dat jy sal aanhou om MY op hierdie manier te dien, want jy is deel van die Amightywind Span.  Laat niemand jou stop nie, MY Seun.  Laat niemand sê, “Draai jou kop hierheen.  Gaan werk vir ‘n ander Bediening” nie.  Want Coenrad, EK het jou nie tot hier gebring om vir jou te sê draai nou terug nie.  Alhoewel goedbedoelende vriende in jou oor fluister, “Kom hierheen,” praat hulle nie met MY stem nie.  En hulle is nie deel van MY plan nie.  So pasop MY Seun, hulle wat met goeie intensies na jou toe kom, kan jou ondergang beteken.  EK het jou van die begin af gesê, EK gee jou die teken wat geskryf was dat jy hierdie Elijah kon vertrou deur wie EK spreek.  So maak diegene stil wat teen die werk praat wat jy nou doen.  Selfs as dit van jou eie eggenote kom, weet dit, jy word verantwoordelik gehou om te doen wat EK jou aansê om te doen en EK het jou saam met hierdie Bediening gebind en jy het jou hand aan die ploeg geslaan.  Moet nou nie terugkyk nie.  En eendag sal jy sien, MY geliefde, jy sal in die Hemel langs al die siele staan wat bereik was en wat EK uitgeruk het uit wat genoem was die donker kontinent van Afrika, jy was soos ‘n fakkel en jy het met ander fakkels saamgebind en Afrika is aan die brand met MY ‘Wildfire’ Salwing!  En Nico Arnold sal nie slaag nie, net soos geen ander daarin geslaag het om hierdie vuur uit te blus nie!  Want dit is die RUACH ha KODESH ‘Wildfire’ Salwing!  En niemand sal die goeie werk uitblus wat EK begin het nie en EK sal die goeie werke voltooi want wanneer julle hierdie aarde verlaat, sal die ‘Wildfire’ steeds voortgaan!  Siele sal steeds op gebuigde knieë na MY toe kom en as hulle nie nou berou nie, sal hulle die Woorde onthou en hulle sal dan berou.  Wel gedaan MY goeie en getroue kinders.  EK is tevrede met almal van julle!  Daar is nie een gebed wat tevergeefs gesê is nie.  Julle dek mekaar in die YDS (YAHUSHUA se Demon Stompers, Gebedsintersessors).

En wanneer julle bid, stel vir julle ‘n lighuis voor met so ‘n helder vuurtoring.  Want elke keer  as julle bid, kyk EK af op die aarde en EK sien julle lig.  EK sien julle sprankel soos die helderste van die edelgesteentes.  Ag, hoe lief het EK een en elk van julle wie vasberade is om dit volgens YAHUVEH se manier te doen.  Ag, hoe tevrede is EK met jou en almal van julle, julle belonings sal julle eendag na die Hemel volg!  Hou aan!  Hou aan!  Hou aan!  Julle het julle hand aan die ploeg geslaan, moenie terugkyk nie!  Moenie aandag gee aan die vyand ander dan om hulle te bestraf nie.  Julle ken die waarheid wat julle vrymaak.  Nie net nou nie, maar tot in ewigheid.


Einde van Woord

Elisabeth: Dankie.

Niko: Reg. Prys YAHUVEH vir daardie een!

Elisabeth: Wat is die datum?

Niko : Dit is vandag die 9de Mei.  Dit is 11:04 in die oggend voltooi.  Ons het net klaar nagmaal gehou en ewe skielik het hierdie Woord van nêrens af uitgekom nie.  Eintlik het ons net klaar gebid en vir Nico Arnold gebid, want YAH se Toorn is op hom, geen genade en daardie Woord het uitgekom.

Elisabeth: Want hy het die webwerf afgehaal.  Coenrad het ‘n webwerf opgestel wat met die hele Afrika praat en ons het die saad gesien wat daaruit voortkom en nuwe vennote wat na vore kom, hoofsaaklik siele wat na vore kom en Nico Arnold, aangesien dit op sy internetdiensverskaffer was, wel, hy het net vir Coenrad gesê, “Of jy verlaat Amightywind Bediening of (ek) sal die webwerf afhaal.”  En hy het dit afgehaal!  En raai wat mense, dit gaan weer opgaan en dit gaan harder uitroep as ooit tevore!  So, vat so duiwel!  Jy het nie die oorwinning nie, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.  Daardie stem gaan voort en die “Wildfire” gaan net sterker groei oor Afrika!

Niko: Amen!  So, broer Coenrad, gaan voort met die goeie werk!  Bly op daardie regte pad!

Elisabeth: Gaan vind vir ons ‘n Internet Diensverskaffer.

Niko: Dis reg!  Vind vir ons ‘n ISP daar en ons sal sorg dat jy versorg word!

Elisabeth: Amen!

Niko: Amen!  Ons is lief vir jou!  Shalom (Vrede) in die huis!  Liefde van bo af.  Vrede vir almal.

Elisabeth: (Lag) Amen!

Niko:  Oor en uit!

Elisabeth : Ons is lief vir julle!  Elke YDS ons het julle baie, baie lief!  Ek wil net dankie sê vir julle verjaarsdaggroete.  Vergewe my, vergewe my, vergewe my.  Ek het regtig bedoel om vir elkeen van julle te skryf.  Julle weet ek het julle lief.  Julle weet ek waardeer julle.  Diegene wie vir my daardie groete gestuur het, ek het gehuil.  Dit was so mooi, so vol van die salwing.  Dit was asof die woorde van die Hemel kom.  Net om te weet ..... so hard soos wat satan probeer het om my te vertel ....dat my lewe nikswerd en onbruikbaar was, het veral YAHVEH en YAHUSHA my op my verjaarsdag gewys dat daar diegene was wat gejuig het oor my lewe as gevolg van dit wat ek gewoond was om te doen.  En ek dank julle en ek is lief vir julle.  Ek sien uit daarna om een en elk van julle ‘n drukkie te gee.  So in plaas van om dit te skryf, kan ek net vir julle in my eie woorde vertel hoe baie ek julle liefhet en waardeer?  Ek bedoel, liedjies  word geskryf wat onder die Salwing is.  ‘n Jong meise genaamd Sini, my geliefde Sini, jy was so skaam en tog het jy iets geskryf, gevvul met salwing.  Ek kan nie nou elkeen noem nie, maar ek voel gelei om dit nou in hierdie boodskap te plaas omdat julle wag vir ‘n persoonlik dankie.  En ek dank julle, elkeen, elkeen, wie net gestop het en YAH gedank het dat ek gebore was.  Ek dank julle.  Ek dank julle net.  Ek is lief vir julle.  Totsiens.

Niko: Oor en uit ......

Baie word beledig, Andere word verlig

Apostel Elisabeth Elijah Nikomia


www.allmightywind.com
www.almightywind.com