Profesie 98

Die Ewige Fakkel is Weer Aangesteek in Afrika!


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die

RUACH HA KODESH

deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

Ontvang 22 Mei 2008

Vrygestel 3 Junie 2008


Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal ek aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes 42:8

In Julie 2016 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

LOOF YAHUSHUA die Ewige fakkel is weer in Afrika Aangesteek. Hier is die geboorte van ‘n ander Tak van ‘Almightywind Ministries’ in Afrika. Gaan asb na www.africaforyahushua.com om die nuwe Bediening Webwerf te besoek.

Daar is ook ‘n ander woord vir nog ‘n Judas in hierdie Profetiese Woord. In hierdie Woord word Sheree Rondon van New Zealand genoem sowel as weereens Nico Arnold. Laat ek jou vertel oor Sheree. Sheree het die einde van Januarie aan my geskryf en vir my gesê dat sy saamgestem het met wat YAHUVEH deur hierdie Bediening praat. Hieronder is haar eerste email aan my. Na hierdie email het ek oor die foon met Sheree gepraat en sy het gesê dat sy deur YAHUVEH vertel is om haar eerste-vrugte tiende te gee en 2 Eilande, Mana Eiland en ‘n ander Eiland wat sy veronderstel is om in New Zealand te besit, aan hierdie Bediening te gee. Sy het vir ons inligting deur die pos gestuur oor hierdie Eilande en hulle geskiedenis. Ons vind toe uit dat Mana Eiland ‘n baie vervloekte verlede het. Hulle het die Eiland onder kwarantyn geplaas en moes al die skape op die Eiland doodmaak as gevolg van ‘n sekere siekte en nou het die regering dit as ‘n voël-bewaring verklaar en niemand bly op die eiland nie.

In elk geval, ek het met Sheree ‘n hele paar keer oor die foon gesels en sy begin my toe vertel dat die woorde 'God' en 'Here' heidens is en teenstrydig met die bybel en dat ons veronderstel is om hierdie woorde van die Bediening webwerwe af te haal. Ek het vir haar gesê dat ek nie die woorde op die webwerwe sal verander nie en dat dit inderdaad die woorde was wat YAH in die verlede tot my gespreek het. Daarna het sy vir my nog ‘n email geskryf wat sê dat sy nie langer hierdie Bediening gaan ondersteun met haar eerste-vrugte nie en dat sy die Eiland terugvat. Hieronder is daardie email ook.

Sheree se eerste email aan my.

LIEWE KOSBARE SUSTER ELISABETH (ELISHEVA) ELIYAHU AS EK JOU BY JOU HEBREEUSE UITSPRAAK MAG NOEM, SHALOM IN DIE MAGTIGE Naam VAN YAHUSHUA HA MOSHIACH,YAH HET MY WAARLIK GESEËN.EK WAS NOG NIE WEG VAN HIERDIE WEBTUISTE SEDERT 22.1.08 TOE EK HIERHEEN GELEI WAS NIE.EK IS EENSTEMMING MET DIE WOORD VAN YAHUWEH WAT DEUR HIERDIE BEDIENING UITGESPREEK IS.DIT IS ‘N EER OM HIERNATOE GELEI TE WORD DEUR ONS MOMMA RUACH HA KODESH.EN ALLES WAT NUUT IS MAG DIT OPGENEEM WORD IN MY HART EN GESPREEK WORD UIT MY MOND.OM ANDER TE SEËN.HALLELUYAH.BID ASB EN VRA ONS HEMELSE VADER HOE EK JOU EN HIERDIE BEDIENING OP ENIGE MANIER KAN BYSTAAN. MY MAN EN EK GEE OP DIE OOMBLIK ONS TIENDES EN BYDRAES AAN ‘N BEDIENING IN AMERIKA UIT HEBREEUSE OORSPRONG LERINGS AANGAANDE SABBAT EN HEBREEUSE FEESTE.EK STEM NIE SAAM MET DIE DINGE WAT HY VAN AMERIKA SÊ NIE. SOOS HY LEER IS AMERIKA DIE BESTE PLEK OP DIE AARDE.SY 18 JARIGE DOGTER BEWEER DAT DIT NIE DIE WAARHEID IS NIE.WANNEER EK GAAN OM E-MAILS NA HOM TE STUUR,KOM DIT NET NIE BY HOM UIT NIE.MAAR EK HET BEGIN TWYFEL OOR HIERDIE BEDIENING, EK SOU GRAAG ALLES WOU STUUR WAT MOMMA RUACH MY WYS OM TE GEE AL DIE INLIGTING VANAF HIERDIE WEBSITE ,EK GAAN NET DIE NODIGE TOERUSTING VIR MY PRINTER KRY OM DIT AAN DIE GANG TE HOU, EN PASOP WÊRELD HIER KOM YAH.EK SAL DIE BESTE DOEN WAT EK KAN MET DIT WAT EK HET. DANKIE DAT JY GEHOORSAAM IS.HALLELUYAH.EK SAL GEHOORSAAM WEES OP ENIGE MANIER WAT EK KAN WAT JOU SEËN.VRA ASB VIR YAHUWEH OK.LIEFDE SHEREE.

Hierdie is Sheree se email wat net die teenoorgestelde sê van haar ander e-pos.

EK SKRYF OM JULLE TE LAAT WEET, EK SÊ DIT IN LIEFDE, EK WIL JULLE NOU LAAT WEET DAT EK ALLE BANDE VERBREEK HET RAKENDE DIE GEE VAN TIENDES EN OFFERANDES EN EERSTE-VRUGTE VANAF HIERDIE HUISHOUDING. NA JULLE. ONS HET DEUR DIE PASSOVER GEGAAN,HET UIT UIT DIE WÊRELD SISTEEM GEKOM [KERK SISTEEM EN HET GEEN BEGEERTE OM DAARNA TERUG TE KEER NIE[EGIPTE], SO EK SAL DIT WAARDEER AS ALLES WAT EK GESTUUR HET, TERUGGESTUUR WORD,DANKIE.AS ‘N LID VAN DIE GEMEENTE VAN YISRAEL.VERGEWE MY EK HOU GEEN GRIEWE NIE.ALLES IN DIE MAGTIGE Naam VAN YAHUSHUA.SHALOM.

Nou hier is die email wat Sheree na ons Suster in New Zealand gestuur het om te probeer om haar af te pers om hierdie Bediening te verlaat.

5.6.08

Shalom

Ek is beveel om hierdie brief te skryf, bevestiging deur Lorraine van Napier, daarom het ek geen keuse nie. Vader het met haar gepraat, & sy het my daardie woord gegee, daarom skryf ek om te seën & te waarsku.

Die laaste email, wat ek gestuur het, was om jou te vertel dat ek Woord ontvang het van Ons Verbonds Vader, In antwoord op daardie Woord. Ek het gesê ja ek wil dit doen. Ek het Vader Yahuweh gevra om jou en die Gemeente te wys dat Hy dit gedoen het, Yah het my vertel dat jy en jou familie die eerste-vrugte van Hongoweka Bay & alle eerste-vrugte, afkomstig van my, sou hê. Ek het gesê dat ek dit sou doen. Maar ek waarsku jou, solank jy jouself verbind aan Egipte (Almightywind Ministry) en enigeen in Egipte wat nie ondergedompel is nie want Yahuweh het jou en jou familie gebring tot onderdompeling. Jy het ‘n Verbond met Hom gesluit, Hy het hierdie getroudes bymekaar gebring, Hy het dit gedoen. Jou verbond is met Hom en nie met ‘n mens nie.

Enigeen wat tussen hierdie huwelik kom sal oordeel oor hulself bring, ons is op die oomblik in die wildernis soos ek nou praat. (hierdie brief skryf.) Ons is in beproewing. Hy het die skape van die bokke geskei. Ons wat in die beloofde land ingaan sal ge-skei word van hulle wat ongehoorsaam is, die Almightwind.com Ministry is ongehoorsaam. Yah het nie net vir my gestuur nie, maar ander ook. Hulle het jul wapens na Israel asook die herstel skrifte. Twee jaar gelede het Vader Yahweh die waarheid gestuur, Vader Yahwen het & sal ander op die mense se pad bring totdat daardie deur gesluit is, nie Sy wil, maar hulle wat ‘n keuse maak.

Ek sien profesie baie duidelik & dit wat gesaai word vanaf hierdie Bediening, soos Yahweh my gewys het, gaan satan die enigste wenner hier wees.

Ek het oordeel gesien kom op mense waarheen Yahuweh my gestuur het. Ek is niks. Maar Hy wat in my is, is die Magtige een. Hy het my gestuur om Sy woord aan jou te gee, ek het my deel gedoen.

As jy nie die beloofde land wil hê nie & die erfenis wat Yahoshua (Joshua en Caleb het nie, is die bloed nie aan my hande nie.

Ek is opdrag gegee en gee hierdie woord aan jou in liefde.

Yah ken reeds die antwoord, jy weet hoe om te ontkoppel, jy het dit saam met my gedoen. En ek is jou familie. Ek gee nie aanstoot nie ek vergewe.

Hongoweka Bay en alles wat Yah my gee, alles wat ek vrystel aan Yah deur eerste-vrugte sal aan jou gegee word wanneer jy in lyn met Yisrael kom.

Yah het ander verbondskinders wat julle plekke kan inneem. Yah sal Sy wil laat geskied, dit wat gebeur het met hulle wat in die wildernis gebly het. Hulle wou teruggaan na Egipte en hulle is dood. Hulle het oordeel oor hulself gebring.

Ek het gesien wat het gebeur met Gill (Jill). Nou het sy teruggekeer om Yahuweh te dien, sy het teruggekom voor passover en is vergewe sy het Egipte verlaat om nooit weer terug te keer nie. Yah se genade. Wow wat ‘n Vader dien ons.

Wat my en my huis aanbetref ons sal vir Yahuweh, Yahushua, & Momma Eema Yah dien. Shalom.

Sheree

Daar het julle dit mense. Weereens probeer die vyand om hierdie Bediening en ons familie om te koop. Ons het nooit enigiets aan Sheree gedoen nie tog probeer sy om hierdie Bediening te verdeel en te vernietig.

"Die Ewige Fakkel word Weer Aangesteek in

Afrika!"

22 Mei 2008

(Begin met Heilige Tale…) O Elisabeth [Elisheva], Elisabeth, moenie dink dit is toevallig so gou as wat jy die Ewige Fakkel aansteek wat Suid-Afrika bereik, die hele Afrika bereik, en binnekort sal die wêreld sien dat dit helder brand, dat julle aangeval word.

Onthou die Profesie waar EK jou vertel het dat EK deur jou sou spreek? Dit is begin en nooit klaar gemaak nie. Jy het nie nodig om die gees van ander Profete te toets nie want Coenrad stuur vir jou ‘n Profesie om getoets te word. EK het jou vertel dat EK 'n Woord deur jou sou spreek. Satan sou eerder jou lewe wou neem as wat daardie Woord uitgespreek word. Hy probeer onophoudelik hierdie dag. Die Heilige manskappe waarmee EK jou omring beskerm jou in hierdie huis, MY Heiligdom, sal intree en bid en hulle gedagtes sal nie op kruideniersware wees nie, (vandag was kruideniersware-inkopie dag) hulle sal hierdie huis nie verlaat nie want EK is omtrent gereed om geboorte te gee en klaar te maak wat EK in jou begin het, want die Afrikaners smag na ‘n Woord, nie ‘n Woord waaroor hulle kan goed voel nie, nie ‘n woord wat hulle op die rug klop, wat hulle op die kop streel en sê, "Moenie bekommerd wees nie Suid Afrika. Moenie bekommerd wees nie Afrika. YAHUVEH sal julle seën. Moenie bekommerd wees om terug te keer tot Heiligheid nie. Moenie bekommerd wees om julle dreun-sang herhalings “chanting”, en julle voodoo te staak en dan in ‘n kerk in te stap nie, moenie bekommerd wees nie, YAHUVEH sal julle sëen."

Daar is ‘n prys om te betaal as jy goed met kwaad meng. EK gaan die Waarheid deur jou praat Elisabeth [Elisheva], die nuwe Afrikaanse website, sal die Ewige Fakkel ophef, maar dit sal die VUUR wees van die RUACH HA KODESH wat voortspruit uit die Amightywind Ministry! Dit sal nie ander verhoog nie! Jy ken nie hulle gees nie. Jy ken nie hulle lewens nie. Pasop My Geliefde Seun Coenrad. Pasop wie jy bevorder in die Naam van JESUS CHRISTUS. Pasop My Geliefde Seun Coenrad. Satan bring hierdie Bediening af (die Suid Afrikaanse werf wat Coenrad & Nico Arnold opgesit het) maar EK vertel jou, EK het dit opgewek soos ‘n Lazarus! En wat Nico Arnold probeer het om te doen het misluk! En nou sal die stem net harder voortspreek.

EK het Migael (Die Aartsengel) na Elisabeth ([Elisheva] gestuur op die 27ste Junie, hierdie herdenking is aan die kom. EK wil dit geplaas hê, nie net in Afrikaans nie maar ook in Engels omdat daar ‘n rede was en daar is ‘n plan. Net so seker as wat EK (‘n verbygaande suster) gestuur het op daardie dag, want sy moes kom voor Migael sou kom, alhoewel (sy) dit nie weet nie is sy ook gebruik as ‘n saad wat geplant is in die huishouding van hierdie Bediening, nie alleen om die Nederlanders te verteenwoordig nie maar om haar geboorteland, Suriname te verteenwoordig.

EK gaan nie baie meer praat nie, verstaan net hoekom die aanvalle op jou gerig is Elisabeth [Elisheva]. Die rituele is gedoen. Nico Arnold het ‘n verdrag met die duiwel gesluit dat hierdie Bediening sou ondergaan.

Sheree, jy praat nie namens MY nie! Hierdie Bediening is nie te koop nie! Nie vir beroemdheid of vir geld nie! Want Elisabeth [Elisheva] het lank gelede ‘n belofte gemaak, dat sy nie soos ‘n hoer sal wees en MY uitverkoop nie. Daar is geen prys op hierdie Bediening nie behalwe om hulle kruis op te neem en MY te volg! Behalwe die prys om Heilig voor MY te lewe! Behalwe die prys om gehoorsaam aan MY te wees! Jy wil weet wie die Bruid is? Voldoen jy aan hierdie kwalifikasies? Hierdie Bediening is nie vir almal nie. Dit is óf ter vernietiging van die vyand of vir seëninge aan hulle wie se name geskryf is in die Boek van die Lewe van die LAM. Maar nie almal sal geseën word nie. Daar is ‘n prys om te betaal om hierdie Diensmaagd “Ringmaiden” te wees. Daar is ‘n prys om te betaal om "Die Vyf Wyses" genoem te word. Daar is ‘n prys om te betaal om die Bruid te wees van YAHUSHUA ha MASHIACH! Hoeveel van julle is bereid om daardie prys te betaal?!

O EK luister en EK skud MY kop en EK ween as die een wegrapingsdatum na die ander gegee word en ook hulle, as die waarheid gesê word, nie hierdie kwalifikasies ewenaar nie. Hulle sê, "Genade, genade, al wat dit neem is genade! Dit maak nie saak hoe EK sondig nie. Dit maak nie saak hoe EK vir YAHUVEH en YAHUSHUA aanstoot gee nie. Ons sal dit op óns manier doen. Ons sal die datum vasstel. Laat ons sien, laat ons die berekening doen, ons sal dit in lyn kry! EK het wakker geword om 4:44… nee, EK het wakker geword om 1:11..." Weg van MY!!! Weg van MY!!! Weg van MY!!! Hierdie is nie die kwalifisering vir jou om weggeraap te word en MY in die lug te ontmoet nie!!! Waar is dit in die Heilige Skrifte?

Julle is in die aftel van die omer en EK is in die aftel van MY geduld! Hoe meer hulle probeer het om hierdie Bediening te vernietig, het EK julle weer en weer kennis gegee, en twee wat net gepas is vir MY Oordeel, weet hierdie Profetiese Waarskuwing sal binnekort uitgaan as EK name noem en dit is maar net die begin! EK het vir jou gesê dat 2008 ‘n oorlog sal wees soos geen ander! EK IS YAHUVEH en EK LIEG NIE!! Julle kan nie MY Diensmaagd “Ringmaiden” doodmaak nie! Julle kan julle offers doen, julle voodoo, julle heksery, julle hoodoo, julle kan kontrakte met satan sluit maar julle kan nie my Diensmaagd “Ringmaiden” doodmaak nie! Julle kan nie die Ewige Lig stop wat so helder skyn deur die Aleph en die Tav en die ‘Almightywind RUACH ha KODESH Fire Ministry’ nie!

Vir dié van julle wat dink dat julle kan aanval, julle het net in satan se strikke geval en hy lag vir jou omdat hy weet wat EK aan jou sal doen. Vir dié van julle wat sê, "EK sal vir julle grond gee. Hier Amightywind, hier Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] hier, EK sal vir jou grond gee. EK sal vir jou huise gee. EK sal vir jou eilande gee. EK wil vir altyd my tiende aan julle Bediening gee, doen dit net op my manier." Weg van MY! Daar is geen toutjies verbind aan enige geskenke wat julle aan hierdie Bediening gee nie! Al wat julle gedoen het was om ‘n tou te vat en julself te hang! Elke, elke, elke Profesie waaruit EK gepraat het deur hierdie Bediening, moet in Afrikaans vertaal word en ander tale van Afrika want EK het in jul midde Profete geplaas waarvan julle nie hulle geeste ken nie.

EK het al voorheen gewaarsku. Luister versigtig na wat EK sê, wolwe soek om in te kruip. Hulle wil hulle woorde deur hierdie Bediening voortgespreek hê maar jy sal onderskei wie die skape en lammers is en wee aan enige wolf wat dink dat hy jou kan mislei want EK sal die masker van hulle afstroop en hulle ontmasker soos wat EK gaan doen met hierdie twee waarop die Oordeel aangekondig is.

Nico Arnold, EK het vir Elisabeth [Elisheva] gesê dat sy jou kon vertrou. Op daardie tyd het EK hierdie woorde gespreek: "Jy kon vertrou word." Maar toe het jy in ‘n Judas verander. Want om Heilig te lewe is te moeilik vir jou. Jy kan nie kers vashou by die Gees van Geregtigheid nie. So jy wou eerder dele van die Bybel uitgooi. Jy het begin soek totdat jy gevind het waarna jy op soek was en net soos ‘n Judas het jy MY verraai, so ook diegene wat jou lief het, jy verraai hulle, gaan sover om hulle te probeer afpers, nie alleen net ‘n ander lid van die Bruid nie, maar ‘n lid van hulle familie, want hulle web bestuurder is nie ‘n gewone web bestuurder nie, hy is heeltemal aan MY uitverkoop. En wanneer jy na hom toe gaan met jou transaksie, bestraf hy jou vir die duiwel wat jy is.

Sheree, wat so gemaklik daar in New Zealand sit, jy kom soos ‘n klein skapie en ‘n lam en jy sê, "Leer my. Lei my." Dit is waarlik MY begeerte dat jy sal leer. Maar EK ken jou hart. En EK ken die hart van die een genaamd Jill. EK ken jou motiverings. Weet jy nie dat die letter doodmaak en die GEES lewe gee nie!? EK is nie beindruk met hoe baie Skrif jy kan memoriseer nie want kwoteer satan dit nie ook agterstevoor nie? Jy sê jy is beledig omdat hulle die woord "Here" en "God" gebruik, want hulle het die Naam van Jesus Christus langsaan wanneer hulle die Heilige Hebreeuse Woord YAHUSHUA ha MASHIACH leer. Wie is jy om vir hulle te sê? Wie is jy om haar te leer? Sy het net een LEERMEESTER en EK sit in die Hemel! Wie is jy om hierdie Bediening "Egipte" te noem en te sê, "Dit is nie van Israel"? Watter prys het jy betaal? Volgens watter Standaard van Heiligheid lewe jy? Jy sal die prys betaal. Jy en jou krygsbende Jill. Want EK sê jou dit, die grond wat jy as omkoop aanbied, sal onbewoonbaar bly. Jy kan nie, aan ‘n Heilige Bediening, grond wat vervloek is weggee nie, wat slegs vir die voëls geskik is. Jy kan nie sê, "YAHUVEH het aan my gesê dat ‘n tiende van alles wat EK besit na hierdie Bediening gaan," nie en dan omdraai en sê, "Wag ‘n oomblik, EK het van plan verander. Jy het dit nie op MY manier gedoen nie. Jy het MY nie toegelaat om hierdie Bediening te manipuleer nie. Elisabeth [Elisheva], jy het geweier om my marionet te wees." Weg van MY Sheree!

EK het jare gelede geboorte gegee aan hierdie Bediening deur een genaamd Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu]. Wie is jy, jy Sheree van New Zealand, om hulle aan te val, om ‘n ander tak van die Bediening aan te val? En die Ewige Fakkel is aangesteek in New Zealand as nog ‘n tak van hierdie Bediening. Jy kan (hulle) nie omkoop nie. Jy kan nie sê, "Los net vir Elisabeth [Elisheva] en doen dit op my manier. Los Amightywind en EK sal jou die grond gee. EK gee jou my tiende." (Hulle in New Zealand) lag in jou gesig. Hou jou grond wat vervloek is want dit is nie eens joune nie. (Van wat ons nou verstaan, die eiland wat Sheree sogenaamd vir die Bediening gegee het, is oorgeneem deur die regering en is verklaar as ‘n voël bewaring. Sheree sê die eiland is steeds hare en sy betaal steeds belasting daarop maar dit is ‘n regerings voël-bewaring. ‘n Klein bietjie verwarrend om die minste te sê.)

En jy Nico Arnold, jy probeer om die web bestuurder te vat en jy sê, "Los hulle en EK sal jou toelaat om my internet ‘server provider’ te gebruik, maar as jy hulle nie los nie, dan sal ek dit wegneem" en dit ís wat jy gedoen het, maar jy sien, Nico Arnold en almal van hulle agter hom wat in die geheim lê en wag, julle kon nie hierdie Ewige Fakkel keer om aangesteek te word nie en nou gaan dit éérs op ‘n magtiger manier voortspreek, want daar is geen salwing in enigiets wat jy gedoen het nie Nico Arnold, jy wat gesê het dat jy ‘n web bladsy sou maak, ‘n nuwe een vir Almightywind. Jy was beledig omdat jou harde werk in jou gesig teruggegooi is want al wat jy ken is teg-niek en niks oor die salwing nie. Dit is waar bitterheid en gekrenktheid ingekom het soos jy oor en oor vertel is, "Ons kan dit nie gebruik, dit is nie gesalf nie." So in plaas daarvan om MY Salwing te soek, in plaas daarvan om die leiding van Waarheid te ontvang, het jy die gees van Judas toegelaat om in te kruip.

Hierdie Woord gaan diegene bemoedig wat die Waarheid ken, sprekende deur hierdie Bediening, wie EK gesalf het as Profete van Afrika om te skryf aan Elisabeth [Elisheva)] [wie] sal onderskei en julle sal saamgevoeg word en selfs helderder skyn vir Afrika, want EK het jou nie verlaat nie Afrika. Maar EK streel julle nie op die kop en sê, "Alles is reg" nie. Want alles is nie reg nie. Maar hierdie Profesie sal voortkom en is nou in Elisabeth [Elisheva] gebore en wat EK begin het sal klaargemaak word maar nie nou dadelik op hierdie tydstip nie.

Einde van Woord

Elisabeth [Elisheva]: 22 Mei 2008. Ek het wakker geword met hierdie Woord nadat ek etlike aanvalle moes bestraf, etlike voodoo en heksery en ons het nagmaal gehou en dit het aangehou en ons het gehoor dat daar ‘n Woord gaan wees en gister op 21 Mei 2008 is africaforyahushua.com gebore en ons moet haar net agtermekaar kry, haar ‘n bietjie skoonmaak en dit gaan gekoppel word met www.allmightywind.comen dit is al. Oor en uit. Loof YAHUSHUA! Amen.

Offensief vir die meeste en Verligtend vir ander.

Apostel Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]

Indien hierdie profesie 'n seën is vir jou, e-pos my asb en laat my weet.

Kontak ons


www.allmightywind.com

www.almightywind.com



* * * * * * *

Print Friendly and PDF