PROFESIE 9

PREEK DIT, ONDERRIG DIT

BEWEEG ANDER OM DIT TE GLO!

Gegee aan Eerw. Sherrie Elijah op 16 Oktober 1997

* * * * * * *

MY Geliefde, EK ken jou hart en hulle wie jou valslik veroordeel, weet nie waarvan hulle praat nie. EK is jou regter en jurie, nie hulle wie hof hou sonder MY toestemming nie. Staan eenkant toe en moenie vra hoekom nie, want as hulle jou nie verdedig in die klein dingetjies nie, sal hulle jou nie later in die groot sake verdedig nie.

Jy is MY Geliefde, en hulle wat hof hou teen jou sonder enige bewyse sal sien dat EK nie ingenome is nie. EK het jou na hierdie perseel gebring om jou te bemoedig en jou vernielde hart te streel. Want jy en EK ken die pyn wat jy voel. Die verwerping is egter nie teen jou nie, maar hulle verwerp 'n deel van MY.

Jy het jou sin van humor want EK het jou daardie sin van humor gegee, EK het jou geroep en georden net soos jy is. Jy is die gawe gegee om te lag, om te help om jou eie laste en die van ander te verlig. Lag is so goed soos goeie medisyne. Maar selfs lag en humor het 'n balans. EK is nie in die beweging in die kerke waar mal demone manifesteer en gekke van MY Mense maak nie.

Pasop waar enigiets aangaan, enige manifestasies wat jy jou nie kan voorstel jou YAHUSHUA in sal deel nie. Blaf jou GOD soos 'n hond, miaau soos 'n kat en grom soos 'n leeu? Bespot EK MY Eie Woord? Sal die RUACH ha KODESH enigiemand verneder en veroorsaak dat mense onbeheersd raak tot op 'n punt van steurnis? Hierdie demoniese manifestasie en erger, word toegelaat om aan te gaan en hulle kan nie eers onderskei tussen die ware beweging van MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) en die vervalste beweging van die anti-messias nie. Hulle wie agter die kansels staan en hulle self as wys beskou, tree so geklik op. Hulle stel hulself en die gemeente oop vir demoniese manifestasies, besetting en onderdrukking.

Bevryding moet gedoen word en MY Tempels moet skoongemaak word van almal wie bekend was as die mees gerespekteerde geestelike leiers van vandag. As gevolg van hierdie gekheid vergader EK nou troepe rondom die wêreld. EK sluit nooit 'n deur sonder om 'n ander een oop te maak nie. Moenie dink dit is die einde nie want dit is skaars die begin van 'n groter werk waarvoor EK julle gaan gebruik. Moet vir niemand verander nie behalwe vir die Almagtige GOD YAHUVEH wat jy dien. Jy kan nie al die tyd al die mense tevrede stel nie, so hou op om te probeer. In jou hart weet jy wat reg is, hou net aan om dit te doen.

Luister vir MY stem, spreek MY Woorde. EK veroordeel of verwerp jou nie, maar hulle wat jou valslik beskuldig het sal veroordeel word. Vergewe jy hulle, want hulle was deur die vyand van jou siel gebruik en hulle weet dit nie. Nuwe wyn en ou wyn kan nie sal sal nooit meng nie. Die nuwe wyn waarmee EK jou tot oorlopens toe gevul het, sal die sak skeur as jy probeer om die oue met die nuwe te meng. Die ou wyn wil geen deel hê aan die nuwe wyn nie. Moenie treur oor wat jy dink jy verloor het nie, want jy het niks verloor wat EK jou nie self meer sal teruggee nie, ingedruk en saamgeskud en oorlopend. Jy sal geseënd wees.

Jy moet die ou salwing losmaak om plek te maak vir die nuwe salwing. Hou jou ore en oë oop en praat wat EK vir jou sê, alhoewel jy skerp veroordeel sal word, ken jy MY stem en jy het die dapperheid van Johannes die Doper om MY Woorde uit te spreek. Wanneer jy dink jy klim af terwille van MY, het jy weliswaar net boontoe en voorwaarts gestap. Moenie oor jouself treur nie, maar treur oor hulle wat EK sal tugtig omdat hulle MY kleintjie soveel smart en droefheid veroorsaak. Treur oor hulle wat jou valslik beskuldig het.

EK het jou lief MY Geliefde en net EK ken jou hart. Dit smag na MY soos 'n hert smag na water. Wanneer jy om MY NAAM ontwil vervolging ly, is jy waarlik geseënd. Die dienskneg is nie verhewe bo sy meester nie. EK het vervolging gely, vernaamlik van hulle wat hulself godsdienstig genoem het, en so het jy ook. EK ken hulle harte soos wat EK hulle ken wat jou valslik beskuldig het, hou jou hande skoon van toorn, en laat EK wraak neem. Want as hulle nie berou toon voor MY nie, sal hulle sien die wraak is MYNE, sê YAHUVEH en EK sal waarlik vergeld. Moenie MY oordeel volgens wat ander doen wat voorgee dat hulle MY verteenwoordig en jou veroordeel nie.

Jy is MY Geliefde en MY Kryger en EK het jou geroep en jou georden en niemand kan dit van jou wegneem nie. Die pad van 'n Profeet is uitgelê met beproewinge en smartlike misverstande. So min wil waarlik hoor wat die Almagtige GOD YAHUVEH te sê het. Hulle wil glo dat EK slegs liefde en genade is, en vergeet dat EK IS wie EK IS en EK IS ook 'n GOD van balans in alle dinge. Dit meen dat saam met liefde en genade EK ook gebalanseerd is met toorn en oordeel en ja, haat. So baie vergeet dat EK toorn en haat vir MY vyande het.

Sê MY Woord nie, "Jakob het Ek liefgehad, Esau het EK gehaat" nie? Sê MY Woord nie, "Seëninge vir hulle wat gehoorsaam. Vloeke vir hulle wat ongehoorsaam is" nie? Julle moet verkondig wie EK in totaliteit is. Nie net die kant van YAHUVEH wat nie beledig nie, maar die kant van Almagtige GOD YAHUVEH wat baie beledig. SONDE IS SONDE en EK het nie gewankel of verander nie, EK sal nooit nie. Kyk na Openbaring 19 en 20. Hoeveel verstaan dat EK slegs eenmaal die geslagte Lam was. EK was slegs eenmaal 'n slagoffer. EK het vir julle die slagoffer geword.

Maar nou is EK nie langer daardie sagmoedige, sagsinnige Lam nie. Wanneer EK weer kom om hulle te vernietig wat MY en Heiligheid teëstaan, sal julle sien dat EK Almagtig is selfs in oorlog. MY Kinders hoef nie te vrees nie, maar MY vyande sal bewe en hulle bewe wel want hulle weet EK is 'n GOD wat wraak sal neem op MY vyande. EK is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. EK het MY woede ingehou en opgebou vir daardie dag. Niemand sal in MY pad staan nie.

Verkondig dit; onderrig dit sodat ander dit sal glo. EK is 'n GOD wat nie net verlossing bring nie, maar verdoeming oor hulle wat kies om MY teen te staan en MY Reddende Bloed en Reddende NAAM te weier. Daar is geen verlossing anders as om deur die Gestorte Bloed op Golgota en deur die NAAM van YAHHUSHUA ha MASHIACH te kom nie. EK ken MY Kinders en hulle ken MY, en EK ken almal wat MY vyande is. Wanneer hulle julle aanraak, raak hulle MY aan. As hulle julle onskuldig benadeel het MY Kinders, sal EK vergewe want die vyand is daarop uit om te bedrieg en te verwar. Maar as HULLE bewustelik daarop uit is om julle te vernietig, vertel vir hulle om te pasop.

Want dit is MY toorn wat hulle in hul nekke sal voel blaas. Slegs deur belydenis sal hulle weer MY guns geniet. EK tugtig hulle wie EK liefhet. EK vernietig hulle wie EK haat. Wat nie Heilig is nie, is nie van MY nie. Maak nie saak wie staan agter die kansel en sê, "God is liefde, Hy sal verstaan" nie. SONDE IS SONDE! EK is 'n GOD wat nie verander nie, die mens verander, EK, die Groot 'EK IS' verander nie. Verkondig dit; onderrig dit, sodat ander dit sal glo. Hulle wie MY stem ken sal erken dat EK gespreek het, al die ander sal doof bly. Want vir MY vyande is dit 'n vreeslike ding om in die hande van 'n lewende GOD YAHUVEH en YAHUSHUA te val. Ja, somtyds moes EK julle pakgee, maar MY hande beskut, lei en beskerm julle ook. MY hande want MY Kinders, wie probeer om MY te gehoorsaam, het niks om te vrees nie, hulle wie gewas is in MY Reddende Bloed.

Maar hulle wie MY haat en haat waarvoor EK staan, het alle rede om te bewe en hulle sal ook. Berou, die Koninkryk van die Hemel is op hande. EK het julle die gawe van Verlossing aangebied, nou is dit julle keuse of julle verlossing of verdoeming kies. Kies julle vandag watter GOD julle sal dien. Verkondig dit; onderrig dit sodat ander dit kan glo.

**********

Gegee aan hierdie Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH op 16/10/1997

Profeet Sherrie Elijah