Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Behaalotecha / Wanneer Jy Opstaan hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 21, 118, 152;

Numeri 8:1-12:16;

Sagaria 2:10-4:7;

Filippense 2:1-18;



Profesie 21
Profesie 118
Profesie 152

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


22 Junie, 2024



Profesie 21 Is Julle Gereed Vir 'n Skok? Gabriël Het Sy Trompet Geblaas!

Luister na hierdie Profesie gelees deur Apostel Elisheva Eliyahu 7 Augustus 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Daniël 12:1

1 En in daardie tyd sal Migaél, die groot heerser wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op daardie tyd nie; maar in daardie tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boekrol opgeskryf staan.

2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot oneer, vir ewig afgryslik.

3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die lugruimte, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altyd.

Gespreek/ geskryf onder die salwing van die Heilige Gees deur

Apostel Elisheva Eliyahu

7 Augustus 1998

* * * * * * *

SKREE DIT VAN DIE INTERNET AF! SKREE DIT VAN DIE HUISE SE DAKKE AF!

PROKLAMEER DIT IN DIE STRATE, EN KERKE! RADIO en TELEVISIE!

YAHUSHUA MESSIAH IS OPPAD!

Gabriël het sy basuin geblaas! Die klankgolwe is geblokkeer met die verwoede oorlog wat nou in die Hemele aan die gang is. Mìgael en satan en die engeleskare veg, goed teen kwaad, maar goed triomfeer atyd. Daar is diegene wat die ramshoring gehoor het en hulle wat nie het nie.

Maar EK sê vir julle EK het die waarskuwing gegee aan hulle wat die ramshoring gehoor het, alhoewel Gabriël se ramshoring tot dusver slegs deur 'n PAAR gehoor was, was dit alleenlik om MY Bruid voor te berei want haar Bruidegom kom. Moenie bekommerd wees dat jy nog nie die basuin van Gabriël gehoor het nie want dit is nog vir 'n bepaalde tyd. Selfs die klankgolwe kan slegs geblokkeer word vir 'n vasgestelde tyd. Want is EK nie die een wat weet hoe ver die Hemel van die Aarde af is nie? Selfs die berekeninge hiervan het EK vooraf bepaal.

Doen vining waarvoor EK jou bestem en geroep het om te doen. Diegene wat EK finansieel geseën het, wanneer EK terugkom en EK vind julle het julle geld opgegaar vir ‘n reëndag en die profete en apostels gebrek laat ly wat die profetiese woorde oor die wêreld moet voortspreek en vertel van MY wederkoms en die noodsaaklikheid om gereed te maak.Wee hulle wat dit gedoen het.

Wee hulle wat MY Apostels en Profete gemuilband het of probeer muilband of ontmoedig of verhinder het om voort te spreek. Wee hulle wat MY Apostels en Profete gespot en mishandel het omdat hulle hierdie voortgespreek het. Julle is gewaarsku, vertel dit nou aan ander. EK het dit eerstens aan MY diensmaagd [Elisheva Eliyahu] vertel en vir haar gesê om die Gees wat praat te toets en om dit gaandeweg vir ander te vertel. Sy sou die bevestiging kry wat sy gesoek het, van diegene wat sy nie geken het nie maar EK het geweet dat hulle ore het om te hoor. Hierdie het teen haar leerstellings en oortuigings ingedruis wat sy geleer was wanneer Gabriël die basuin geblaas het. Dan sal julle wat nog leef opgeneem word om MY in die lug te ontmoet.

Hierdie is waar maar wat julle nie weet nie is openbarings wat EK nou deur hierdie diensmaagd openbaar. Dit sal teen julle godsdiens indruis, ja, en julle leerstellings. Maar MY Woorde is betroubaar en waar. Daar is 'n tydsverloop tussen hierdie gebeurtenisse. Eerstens blaas Gabriël die ramshoring, dan 'n groot oorlog in die Hemele wat hierdie aarde reeds sien, die weerlig en die gebrul van MY donderweer hoor. Hierdie aarde voel alreeds die kataklismiese skokgolwe soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die Hemele gee geboorte aan die Seun van YAHUVEH se wederkoms!!! Die Hemele trek krampagtig saam soos 'n vrou wat geboorte skenk. Die aarde sal hierdie kontraksies sien en voel net soos 'n vrou wat geboorte skenk. Daar sal orkane, tornados, vulkane en aardbewings wees en hulle omvang sal hewiger word terwyl MY koms nader.

Julle het altyd hierdie dinge gehad, dit is waar, maar nou sal julle 'n verandering sien in die atmosfeer, want EK alleen is die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH en EK sal bewys dat julle nie die kalender kan vertrou om te sien watter seisoen sal verskyn nie. Neem kennis van die planete terwyl EK dit wat julle geglo het verskuif en wys wat julle nog nie gesien het nie.

Neem kennis van die son en die maan en die sterre want weereens het EK verrassings gebêre vir hierdie aarde. EK sal bewys dat EK alleen ALMAGTIGE YAHUVEH is! Ek sal verskaf EK sal nie langer bespot word nie. Dit wat die heidene gesê het onmoontlik is, sal EK wys dat met ALMAGTIGE YAHUVEH is alle dinge moontlik. Die heidene se gode sal verkrummel tot puin. Die aarde sal oopgaan en vir Boeddha insluk. EK sal bewys in watter pieperige gode die heidene hulle vertroue gestel het. EK sal geen ander gode voor MY hê nie. Diegene wat ander gode aanbid sal saam met hulle gode sterf behalwe as hulle vandag bekeer. Môre mag dit te laat wees! Julle was gewaarsku! Enigiets wat julle voor YAHUSHUA ha MASHIACH stel is 'n god. Hetsy dit 'n persoon, plek of ding is. Enigiets wat julle liewer het as vir MY, sal EK verwyder. Nahum 1 sê duidelik EK is 'n jaloerse GOD.

Julle sal sien hoe EK my vyande beveg en vernietig. EK sal diegene afsonder wat aan MY behoort, in hul verstand, liggaam, geeste en siele. EK weet wie waarlik vir YAHUSHUA aanbid en wie waarlik die RUACH ha KODESH het om dit te bewys inwonend in hierdie aardse werktuie. EK word nie mislei deur herhalende woorde of aksies of 'n godsdiens nie. EK was bespot en ALLES wat heilig is was bespot, en MY Naam word verdoem, herhaaldelik vervloek op julle luggolwe, in liedjies, op televisie en selfs in huise waar MY Kinders woon. In 'n land wat afgesonder is vir MY heerlikheid. 'n Klein babatjie tog so onverskrokke en parmantig om vir die Skepper te sê "In GOD we Trust" en MY nogtans bespot deur MY RUACH ha KODESH nie toe te laat in hulle skole, howe of regering nie, EK sal die Hooggeregshof wys wie alleen Oppermagtig is. EK sal vir Amerika wys wat gebeur met 'n baba wat sê gaan weg, ek het nie meer hierdie Vader YAHUVEH nodig nie.

EK sal Amerika wys en haar gebruik as ‘n voorbeeld want EK het MY ergste gehou vir laaste. Julle straf is besig om opgehoop te word. Die arend sal die land wat dit moes bewaak, opvreet! O! O! Maar EK kan MY Babatjies, MY ware Babatjies, MY Kinders, hoor, beide klein en volwasse, beide wat vleis eet en steeds aan die melk van MY bors drink. En hulle sê, "Nie ek nie, sekerlik nie ek nie, ek bly in Amerika wat sal van my word?" Trane stroom uit sommige van julle se oë in vrees, ander knip die trane weg.

Hier is wat EK sê vir diegene wat MY RUACH ha KODESH het en MY eerste stel en nie skaam is vir die NAAM van YAHUSHUA of om 'n wedergebore, RUACH ha KODESH gevulde Christen genoem te word nie. Luister mooi en hulle wat MY stem ken sal 'n vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan en weet dit is EK, julle Meester YAHUSHUA ha MASHIACH, wat hier voortspreek uit hierdie diensmaagd tot die wêreld!

Hier is wat julle Verlosser YAHUSHUA spreek tot SY kinders gevul met MY RUACH ha KODESH, luister mooi en vertel vir almal wat wil luister. Soos in die dae van Moses, so sal dit weer wees. EK sal die Israeliete en die Egiptenaars skei.

MY seëninge en MY vloeke, seëninge vir diegene wat MY gehoorsaam en vloeke vir hulle wie ongehoorsaam is aan MY. Het EK nie 'n plek vir hulle voorberei, toe die bose Farao dit onmoontlik gemaak het om daar in die heiden land te woon nie? Gebeur dit nie ook nou in Amerika nie? Sien julle nie ook hoe die bose faraos verrys in die vorm van regering besig om julle Christelike vryhede weg te neem nie? Wette uit te vaardig wat sê julle mag nie praat teen dit wat EK 'n gruwel noem nie. Julle dwing om vir hierdie gruwels te betaal met belastinggeld wat EK nie beskik het vir julle om te betaal nie. Lewenswyses wat EK eenvoudig in MY Woord gesê het is ‘n gruwel vir YAHUVEH.

Julle woon in 'n land in Amerika waar MY NAAM konstant bespot en vervloek word. Die verdoeming val net terug op diegene wat MY NAAM verdoem vir wins. EK sal julle nie hiervoor vergewe as hierdie akteurs nie trane van berou stort en voor die mense bely dat hulle gesondig het nie. Het EK nie 'n veilige plek vir Lot voorsien wat moes vlug nie? Net Lot se vrou wat omgekyk het was vernietig. Want sy het verlang na die lewenswyse waarvan sy weggevlug het. Daarom het EK vir haar dieselfde loon gegee. Vernietiging!

Het Ek nie 'n veilige plek vir Noag voorsien nie? Hoekom sal EK nie 'n veilige plek voorsien vir MY Kinders gevul met MY RUACH ha KODESH nie? Hoekom sal julle MY Liefde betwyfel as hulle nie het nie?

O, hoe bedroef julle MY wanneer julle dit doen. Is EK nie instaat om almal op hierdie aarde te versorg wat aan MY en MY Vader behoort nie! Hou op om MY te betwyfel! Het EK nie in die tyd van Moses selfs die Heidene forseer om hulle silwer en goud op te gee nie sodat diegene wat heilig was nie met leë hande en armoedig vertrek het nie? Die rykdom van die goddelose word opgegaar vir die regverdiges.

Moenie na die ekonomiese wee luister nie. Dit is die heidene se wee, nie MY Kinders se wee nie. Tot Eer van YAHUSHUA, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH, sal EK MY Mense seën op maniere waarvan hulle nooit gewaag het om te droom nie, nie vir hulle selfsug nie. EK gee dit sodat MY Apostels en Profete vir die wêreld kan skree, Gabriël het sy ramshoring geblaas.

Kinders wat MY stem hoor EK beveel julle om MY Apostels en Profete te ondersteun wat dit waag om met vrymoedigheid te spreek. Dink julle dit is nie Skriftuurlik nie? Het EK nie 'n klein weduwee vroutjie voortbeskik met net genoeg om 'n broodjie vir haar en haar seun te bak vir 'n laaste maaltyd, om MY Profeet van Ouds Elia te voed nie? Maar sy het geglo dat wanneer jy 'n Profeet seën so sal jy voorspoedig wees. Op vele maniere buiten die finansiële het EK daardie weduwee geseën.

EK het selfs dat Elia van Ouds haar seun se lewe red, hom teruggebring uit die dood. MY Profete sal nie instaat wees om te werk soos julle werk nie, want wie wil 'n persoon in diens neem wat die stem van YAHUVEH kan hoor? Hulle sal vir hulle lewens vrees, en ook dat hulle sondes ontbloot word. So voed MY Apostels en Profete soos julle MY ander bedieninge gevoed het. Wanneer julle die apostels en profete se monde snoer deur vir hulle te sê hulle is nie belangrik genoeg om te ondersteun nie, maak julle MY Stem stil wat gehoor moet word op hierdie aarde in ‘n luide, suiwer, vrymoedige stem.

Dit is die ware apostels en profete wat hulle lewens daagliks op die altaar lê, wat gehaat en verwerp word terwille van MY NAAM maar hoe min van julle ondersteun 'n apostel of profeet. Hulle ly gebrek terwyl julle dít ondersteun wat julle as waardiger bedieninge ag.

GABRIËL HET DIE RAMSHORING GEBLAAS! DIE KLANKGOLWE IS GEBLOKKEER TOT DUSVER, AS GEVOLG VAN DIE VERWOEDE OORLOG IN DIE HEMELE, MAAR O NOG SO 'N KORT TYDJIE EN DIE EEN VIR WIE JULLE WAG SAL VERSKYN VIR SY BRUID! SAL JULLE GEREED WEES? SPREEK VOORT DIE GEHEIME WAT EK VIR JULLE VERTEL IN ONVERSKROKKENHEID!

Ondersteun die bedieninge, al lyk hulle minderwaardig teen die groteres met volop finansiële ondersteuning, dink julle EK sal julle seën omdat julle vir die bedieninge gee wat nie julle geld nodig het nie. Julle geld maak hulle net gulsiger en kragtiger in hul eie naam, vir hul eie roem. EK beveel julle om aan die Profete en Apostels te gee wat op MY staatmaak om hulle te ondersteun deur die saad te stuur deur MY Mense, die een tot wie EK hierdie spreek weet nie eers waar die volgende doller vandaan gaan kom nie, maar sy vertrou MY en EK sal voorsien.

Want deur dit te waag om te spreek wat EK nog deur geen ander Profeet tot dusver gespreek het nie, sal MY Dogter [Elisheva Eliyahu] vervolg word omdat sy dit voortspreek, en selfs gespot word deur haar eie tydsgenote. Groot sal hul toorn wees omdat hulle dit doen, en groot sal haar beloning wees om te spreek wat sy nie langer kan verswyg nie. In die tyd van Moses, het EK nie vir die Kinders van Israel voorsien nie? Nogtans het kinders van Israel hulle ondankbaar gedra.

Maar al MY Kinders tree een of ander tyd dieselfde op. Hoeveel van julle neem jul seëninge vanselfsprekend wat EK daagliks gee? Maar net soos julle jul kinders vergewe as hulle julle nie elke dag bedank omdat julle hul versorg nie, so vergewe EK julle omdat julle ook vergeet. In die tyd van Moses het EK nie water uit 'n rots voorsien vir hulle dors nie, 'n harde droë rots? Nogtans het dit MY Lewende Waters laat voortvloei wat hulle onderhou het. MY Kinders was dors daarom het EK vir hulle water uit 'n rots gegee en EK kan dit weer doen en EK sal, EK is GEEN aannemer van persoon nie.

Glo net en glo dat EK apostels en profete sal oprig en opgerig het wat al hierdie dinge sal doen en nog meer. EK SAL DIT WEER DOEN! Hulle wat nie MY Lewende Water aanneem nie sal dors ly, sal sterf en hel toe gaan. Vir MY Eer alleen sal EK Lewende Water uit rotse voortbring. Het EK my Kinders laat Hongerly in die woestyn? Verstaan julle hoeveel moes EK voed? Het EK 'n probleem gehad? NEE! Sonder om selfs 'n pyl af te vuur, sonder om selfs na die voëls te soek, het EK die voëls hulle lewens laat opoffer sodat MY Kinders vleis kon hê toe hulle moeg geraak het vir die manna, Engele-Brood uit die Hemel.

EK het hulle met kos uit die Hemel gevoed waaroor hulle gemurmureer en waarvoor hulle moeg geraak het en so sal EK hulle weer voed. Wanneer hulle dan gekla het omdat hulle moeg geraak het van kos uit die Hemel, het EK vir hulle die vleis van hierdie aarde gegee waaraan hulle gewurg het en duisende het gesterf. EK was kwaad oor hulle ondankbaarheid! So pasop, want weereens is EK 'n GOD wat nie VERANDER nie! Nou is julle geleer op hierdie dag. EK het vir Moses en MY Kinders die deurgang deur die Rooi See gegee toe hulle rue teen die dood was voor hulle, en agter hulle, en so sal EK weer doen.

Glo MY net; EK het 'n plek voorberei vir MY Kinders. EK het nog nie hierdie plek openbaar nie selfs aan die apostels en profete nie. Want die tyd is nog nie reg vir hulle om te maak dat MY Kinders vlug nie. Julle kan nie voor die wolk van heerlikheid uitgaan nie en julle kan nie agter dit aangaan nie. Julle moet reg onder dit bly en beweeg wanneer dit beweeg en staan wanneer dit staan. EK sal weer vir julle 'n wolk van heerlikheid gee om te volg en 'n vuurkolom om julle pad in die nag te verlig. Moenie bekommerd wees oor die elektrisiteitsmaatskappye nie.

As dit vir MY nodig is, sal EK die engele stuur om julle te lei. EK sal steeds ‘n volk hê. EK sal nogsteeds dit wat MYNE is beskerm. JA, sommige van julle sal gewillig julle lewens vir MY gee, maar EK sal net jou lewe vir jou teruggee. Sommige sal in die Hemel ontwaak wetende dat hierdie bloed net meer Stefanusse opgewek het. Want onthou Saulus het die kleed van Stefanus gehou toe Stefanus gestenig was en Saulus het Paulus geword. Hierdie martelaar Stefanus het MY gesien toe die Hemele geopen het en MY GLORIE het sy gesig laat skyn, so moenie dink dat dieselfde tipe martelaars wat verrys wat alreeds hulle lewens gegee het nie dieselfde gesien het nie.

Sommige van MY Apostels, Profete en Kinders sal doodgemaak word en nogtans weer lewe en die duiwel kan dit nie stop nie ook nie die mensdom nie. EK sal meer wonderwerke in hierdie eindtye tentoonstel as in die hele Bybel saam. Sal julle gereed wees? Sal julle aan die kant wees wat MY verloën of MY bely as Heer en Verlosser?

Jammer om te sê, maar selfs MY eie soos Petrus wat op die water geloop het, toe dit kom by vrees vir sy lewe, het MY verwerp en verloën, so sal dit wees en was dit ook reeds weer gewees. Wees nou dankbaar teenoor MY vir dit wat julle het, anders sal EK kom en selfs dit wegneem. So sal EK in julle leeftyd weer al hierdie dinge doen selfs al hoor julle nie daarvan nie. Weet dit sal gedoen word! EK is dieselfde God gister, vandag en tot in ewigheid. EK, die Here julle God YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH VERANDER NIE! Pasop om die aarde se vleis bo die Hemelse manna te verkies.

EK gaan al hierdie dinge doen en nog meer vir MY GLORIE om te bewys dat EK ALMAGTIGE God alleen die laaste sê het, nie satan, nie die antichris, nie die vals profeet en nie die regering nie. EK sal bewys dat YAHUSHUA ha MASHIACH (JESUS CHRISTUS) die skape kan versorg wat aan HOM behoort! Selfs Moses se skoene het nie verslyt nie. So sal dit weer wees. Neem MY op MY Woord. Weet dat EK ALMAGTIGE God is en vir MY is alle dinge moontlik. Want MY Kinders sal Gabriël se ramshoring hoor. Sommige het alreeds, slegs as 'n voorspel om vir MY Profete te sê, spreek dit voort om ander te bemoedig want die volgende keer wanneer hulle dit hoor sal al MY Kinders dit terselfdertyd hoor.

Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, kryger, Bruid, Profeet Elisheva Eliyahu 7/8/98 begin op 10:00 vm en geëindig 10:13 vm

* * * * * * *

IS JULLE GEREED VIR 'N SKOK?

GABRIËL HET SY RAMSHORING GEBLAAS!

Deel 2 "DIE DOOIES SAL OPSTAAN"

Hier is nog 'n openbaring wat EK gedeel het met hierdie Profeet waardeur EK spreek. Wees gereed vir 'n skok tot julle dogmatiese leerstellings en hoor 'n waarheid wat meeste nie verstaan het nie. Ek moes vir hierdie Profeet wat nou onder MY Salwing skryf, drome gee om dit te bevestig, en ook deur dit te spreek, en dit selfs gespreek deur haar eie jong seun.

Tog het sy nie geluister nie want dit het geskud wat sy geleer was as 'n nuwe baba in YAHUSHUA. Maak gereed vir 'n skok tot julle godsdienstige-opleiding en pasop om dit wat julle nie VERSTAAN nie te bespot! Ek is 'n GOD wat nie kan lieg nie, hierdie Profeet skryf onder MY salwing. Sy kan nie vir julle lieg nie en het GEEN rede om die bespotting teweeg te bring wat bo-op haar gestapel sal word nie, behalwe om MY waarhede voort te spreek nie.

EK het net onlangs vir [Elisheva] hierdie dinge gewys in die maand Julie en dit bevestig deur ander toe sy VRYMOEDIG voort gespreek het en dit bepeins het en die Gees getoets het wat gespreek het. O, inderdaad sê EK in MY Woord, "En die dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en dan sal julle wie nog lewe opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet". Maar hier is die gedeelte wat julle nie verstaan het nie. LUISTER AANDAGTIG! satan sal die opstanding van die heiliges bespot. Wanneer hulle Geestelike liggame kom en herenig met die aardse liggame sal hulle inderdaad op die aarde wandel soos toe EK opgewek is. Die heiliges het opgestaan het hulle nie? Satan na-aap alles wat EK doen, en so sal hy dit weer doen.

Daniël 12

1 En in dié tyd sal Mìgael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.

2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

EK vertel dit nou vir julle sodat wanneer julle hierdie dinge sien gebeur julle nie sy weermag van ZOMBIES sal vrees wat verslaan sal word deur die KRAG VAN DIE KRUIS van YAHUSHUA ha MASHIACH nie! Onthou slaan hulle met 'n plank of hout wat die KRUIS verteenwoordig. Die dooies in YAHUSHUA (Jesus Christus) wat sal loop en getuig tot MY Eer sal loop net soos in die tye van ouds en getuig van die Hemel, om nie die MERK VAN DIE DIER te aanvaar nie! Hulle sal bewys dat daar lewe na die dood is. MY heiliges sal julle hoor en sien in Verheerlikte Liggame, WAT NIE DOODGEMAAK KAN WORD NIE!

satan sal sê dit is nie net die Christene wat opgestaan het uit hulle grafte nie, maar diegene wat nie Christene is nie en hy sal dit bewys deur groot vrees te bring oor almal wat nie MY woorde op hierdie dag gehoor het nie. Hulle sal na sy bose vleisvretende demone kyk wat met die heidense aardse liggame verenig het, uit die bodemlose put kom, om chaos te veroorsaak sodat hierdie wonderwerk ongesiens verbygaan, maar satan se weermag van die dooies is nie in werklikheid die Moeders, Vaders, Susters, Broers, Mans of Vrouens van die heidene nie, maar demone wat sal byt en hierdie demone sal oorgaan in lewendiges in, maar weereens sal slegs die heidene hierdeur geaffekteer kan word.

Slaan hulle dus met 'n stuk hout in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH! Bestraf hulle en bind hulle! Dryf die demone uit en sê, "Die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is teen jou satan en alle demone moet wegvlug van my af" en hulle sal! Die heidense dooies sal op die grond neerval. Bestraling van VVO’s [UFO’s] het nie hierdie chaos veroorsaak nie; dit is 'n plan uit die hel en julle is vandag vooraf gewaarsku deur hierdie Profeet wat MY gevra het om haar nie hierdie te laat spreek voordat dit MY tydsberekening was nie. DIT IS NOU MY TYDSBEREKENING!

Nou vir nog 'n Skok, is julle gereed? Ja, julle sal opgeneem word om MY in die lug te ontmoet. Julle sal waarlik weggeraap word saam met julle Verlosser in MY arms. Maar eerstens moet EK julle herinner, het EK nie vir 40 dae na MY opstanding in MY Verheerlikte Liggaam op die aarde gewandel nie? Julle is die liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH en daarom sal julle weer dieselfde doen en vir MY getuig en die heidene waarsku om nie die Merk van die Dier te aanvaar nie. Bewys dat die Hemel werklikheid is. YAHUSHUA ha MASHIACH is werklik. Die dood is nie die einde nie maar die begin van óf verlossing, óf verdoemenis.

Dan na die 40 dae waar julle in julle Verheerlikte Liggame wandel, waar geen tralies julle kan vashou nie en geen behoefte vir kos of water nie, alhoewel julle dit kan kry as julle so verkies. Het EK nie vis geëet nie? Het EK nie 'n liggaam gehad waar Thomas sy hand in MY sy kon druk nie? So sal julle ook. Het EK nie deur mure geloop nie? Die deur was gesluit toe EK die eerste keer na MY dissipels gegaan het, onthou? So sal julle deur mure loop. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie vir 40 dae lank. Hulle wat nie Verheerlikte Liggame het nie sal treur want hulle sal onthou dat YAHUSHUA die waarheid gepraat het toe hy gesê het "Soos julle MY sien opgaan in die wolke so sal julle ook."

EK het hierdie woorde deur MY RUACH ha KODESH tot MY dissipels gespreek. Nou spreek EK dit weereens deur MY dissipel [Elisheva Eliyahu]. Verheug julle, julle wat aan MY behoort. Watter groter beloning vir hierdie aarde om jou in jou verheerlikte liggaam te sien en vir die vyand om te weet dat hulle jou nooit weer kan doodmaak nie.

Diegene oor wie EK ween word uitgebeeld in die skildery en visioen "One Minute until Midnight", en is die kerk van die huigelaars. Godsdiens sal julle weerhou om MY Bruid te wees. 'n Liefdevolle, gehoorsame verhouding met MY is die enigste manier hoe julle hierdie seën deelagtig kan wees. Ag, die droefheid en die trane en snikke en geweeklaag terwyl die vyf maagde sonder olie in hulle lampe haas om te kry wat die vyf maagde gehad wat hulle bruidegom ingewag het, met vars olie in hulle lampe, hulle sal wil hê wat julle het en sal nie instaat wees om dit te koop of te ontvang sonder om hulle lewens op te offer vir MY nie.

Diegene wat MY nie verwag nie, en nie glo dat EK sal kom om MY Bruid te red nie, diegene wat glo dat MY Bruid deur die Groot Verdrukking en Groot Toorn sal moet gaan, jammer om te sê, julle sal kry wat julle glo. Maar dit beteken nie dat julle nie gered sal word nie. Dit beteken net dat EK julle wou spaar maar julle was nie gereed nie. Na die 40 dae sal EK MY Bruid huis toe neem en ons sal feesvier aan die BruilofsMaal van die Lam. MY Verheerlikte Bruid sal die bose weermag van die dooies beveg terwyl hulle op die aarde is. Want hulle ken die krag van die kruis.

Dit is hoekom hulle MY Bruid genoem word. Dit is hoekom EK hulle Verlosser is. Hulle bruilofskleed is skitter wit en sal nie die bloed of toorn van hierdie wêreld op hulle hê nie. Slegs MY Bloed was witter as sneeu. Bid vir die diensmaagd tot wie EK hierdie profesie gespreek het, want die vyand sal verlang om haar mond permanent stil te maak omdat sy dit waag om met soveel vrymoedigheid te spreek.

Bid vir [Elisheva Eliyahu] om aan te hou om dit wat die wêreld onmoontlik ag uit te spreek. Julle het nie veel van haar gehoor nie, want reeds het hy probeer om die stem stil te maak wat EK sal aanhou gebruik om tot MY Skape te spreek, ryk en arm, leiers, hoe meer hulle probeer om hierdie stem stil te maak, hoe HARDER sal EK deur haar SKREE!

Hoe groter sal die toorn wees vir enigeen wat spot met dit wat soveel vrymoedigheid geverg het om MY toe te laat om te spreek. Hoe groter die seën vir almal wat ontvang het wat deur hierdie Profeet [Elisheva Eliyahu] gespreek is.

So is dit geskryf op 7 Augustus 1998 10:00 vm. So is dit gespreek en sal gebeur. EK het hierdie dinge gesê om julle vooraf te waarsku en sodat MY Kinders nie sal vrees nie en die vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH sal weet wie om te vrees, en wat om te vrees. YAHUSHUA ha MASHIACH is 'n GOD van genade en liefde en 'n GOD van oorlog! EK voer nie oorlog teen MY Kinders nie maar slegs teen MY vyande wat vir 'n ander een sê Heer en meester. Julle was gewaarsku!

* * * * * * *

Baie liefde in YAHUSHUA, 'n diensmaagd, kind, kryger, Bruid, Apostel Elisheva Eliyahu, 7/8/98 10:00 begin, geëindig 10:13 vm.



Profesie 118 Pasop! Die Groot Verdrukking Is Net ʼn Asemteug Ver!

Gespreek/Geskryf onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu

Ontvang 19 Februarie 2010 – Vrygestel op 27 Junie 2010

* * * * * * *

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het

EK is YAHWEH, dit is MY Naam; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Profetiese Woord Begin:

[Elisheva begin bid in Heilige Tale]

“Genoeg is genoeg! Judas was net toegelaat om te wandel tussen die Apostels vir so lank! Hy, eweneens, kon nie langer die speletjie speel van ‘n geveinste nie want daar is gelowiges en daar is volgelinge.

Dit is nie genoeg om te sê “Ek glo in YAHUSHUA/JESUS nie. Ek glo daar is ʼn GOD in die Hemel wat genoem word YAHUVEH/YAHWEH nie. Ek glo daar is ʼn HEILIGE GEES, die RUACH ha KODESH” nie. Die vraag is, volg jy ONS? Dit is nie genoeg om net te glo nie!

EK ontbloot die versteekte Judasse. EK ontbloot diegene wat hulself Christene noem en nie is nie! EK ontbloot wie die bruid van satan is! Geveinstes is oral rondom julle. Hulle beveg MY ware Bruid! Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is in ʼn oorlog teen die bruid van satan!

Julle wil weet wie julle dodelikste vyand is? Dit is nie die heidene wat weier om MY Naam te erken nie. Dit is die Kerk van die Geveinstes!

Op hierdie dag terwyl dit uitgeskree word vir die wêreld is hierdie iemand wat jy sal glo wanneer een genaamd Elton John verrys het en geproklameer het aan almal, ‘Ek dink JESUS was ʼn deernisvolle, super intellegente gay man wat menslike probleme verstaan het. Aan die kruis het HY die mense vergewe wat HOM gekruisig het en JESUS wil hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie want die Bybel sê JESUS was sonder sonde so dit skakel homoseksualisme uit, so dit kan nie ʼn sonde wees nie.’ So sê Elton John.

Maar EK YAHUVEH het genoeg gehad! Hierdie man, Elton John, durf om MY Heilige Woorde voort te spreek en hulle te verdraai! En sê dat JESUS CHRISTUS van die Evangelies gay is?!

Wêreld, vir hierdie gruwel sal julle drink van die Kokende Swart Bloed Plaag! [the Boiling Black Blood Plague] Maak gereed, wêreld! EK, YAHUVEH/YAHWEH spreekvoort, EK het genoeg gehad!!!

Hierdie siekte het gebroei in diegene wat homoseksuele en lesbiërs is, hierdie siekte het gewag vir MY tydsberekening om na vore te kom. Julle wat verskonings maak vir die homoseksuele, EK het vir julle tyd gegee om te bekeer...

EK sal nie vir julle die dag sê nie, EK sal nie vir julle die maand sê nie, EK sal nie eens vir julle die jaar sê wat hierdie plaag fisies sal manifesteer nie, maar EK sal vir julle hierdie sê nou, die Kokende Swart Bloed Plaag het die Withuis bereik. EK sê vir julle niemand sal ontvlug nie!

Hoe durf enige iemand sê, dit wat EK in MY Heilige Woord geproklameer het is ʼn gruwel, nou durf julle sê dat MY Enig Verwekte SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH, die perfekte geslagte LAM sonder ʼn merk, sonder ʼn vlek van sonde, het deelgeneem aan ʼn gruwel genaamd homoseksualisme, ʼn bespotting van wat EK geskep het toe EK Adam en Eva geskape het.

Die Judasse word ontbloot voor julle einste oë, ja, diegene wat Skrifte aanhaal en tog soveel op ‘n dwaalspoor lei want hulle volg nie eens die woorde van die Skrif nie. Wee die Judasse wat sê, ‘Moenie die Bybel glo nie. Moenie die Heilige Skrifte glo nie. Gooi weg die Torah, dit is net geskryf deur blote mens. Skeur uit hierdie Skrif. Skeur uit hierdie bladsy. Skeur uit hierdie hoofstuk’ EK sal vir julle sê wat EK sal uitskeur, wat EK uitgeskeur het, wat EK uitgewis het, dit is julle name in die LAM se Boek van Lewe!

EK, YAHUVEH/YAHWEH sê, EK het genoeg gehad, die stryd het gewoed vir so lank. Het EK nie gesê nie, “In hierdie dae voor die tyd van Jakob se Benoudheid, die Groot Verdrukking, sal die Heiliges Heiliger word en die onheiliges onheiliger.’ (Profesie 90, "Wat is die Naam van die RUACH ha KODESH?" AmightyWind Afrikaans | Heilige Profesieë van YAHUVEH”)

Nou durf hulle hulself ‘Christene’ noem. Hulle sê, ‘Moenie bekommerd wees om te sondig nie. Ek waarborg julle die Hemel in elk geval’.

En hierdie verworpeling, laakbare man van wetteloosheid en van die anti-chris gees, Elton John, probeer nou almal opnuut verseker in die homoseksuele gemeenskap en diegene wat durf hulself Christene noem, ‘Moenie bekommer nie. JESUS CHRISTUS was een van julle. Homoseksualisme kan onmoontlik nie ʼn sonde wees nie want julle sien Jesus Christus was sondeloos’. En tog praat hulle van MY en ken nie eens die Heiligheid van MY Seun YAHUSHUA nie, en hulle praat van MY Heilige Skrifte en tog dien hulle satan met alles wat in hulle is.

Weet julle MY Kleintjies, MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK vertrou julle. EK laat die Judasse toe om te kom in julle einste midde, net soos Judas Iskariot toegelaat was in die midde. Verstaan julle nie, hy het ook sy volgelinge gehad, maar EK sê vir julle dit, soos EK vir jou gesê het lank gelede, [Elisheva], wee die Judasse wat sou probeer om aan te sluit by hierdie Bediening. Hulle het aanvanklik begin deur die melk te drink en die geestelike vleis te eet en toe verraai hulle alles wat hulle geweet het was Heilig. So EK verbied jou om te huil oor ʼn Judas, want EK doen nie!

Die Judasse wat jou verraai op hierdie aarde verraai MY ganse Heilige Bruid, selfs diegene wat woon tussen hul eie huishoudings. Hoeveel het Judasse in hul eie huishouding? Hoeveel is ongelyk gejukte huishoudings, selfs diegene wat hulself MYNE noem? Hulle (die Judasse) het lank gelede verraai in die oorlog met Lucifer in die Hemel. Dink julle EK is verbaas? Sê EK nie dat EK die koring en die onkruid toelaat om saam te groei nie? (Matt 13:30). Nou het EK vir jou die onkruid gewys hierdie dag en EK sê vir jou hierdie, EK het vir jou gesê om die wêreld te waarsku dit is ʼn asemteug ver van die Tyd van Jakob se Benoudheid, die Groot Verdrukking.

MY Geliefde Seun (Amightywind Jeug Bedienaar), jy het ʼn lering gedoen wat die leuens ontbloot van die duiwel ten opsigte van die wegvoering genaamd die Wegraping, en hoe min wil die Waarheid weet. Die Kerk van die Geveinstes sou eerder die leuens glo, “leef enige manier wat hulle wil, sondig enige manier wat hulle wil, dis net genoeg om ander oortuig te laat wees jy is ʼn Christen, jy hoef nie regtig te volg wat jy skryf, wat jy praat nie, jy hoef nie ʼn voorbeeld te wees van wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie, dit is net genoeg om voor te gee. Dit is net genoeg om te sê, “Jesus seën jou”.

Wee hierdie Judasse wat MY Skape en Lammers lei op ‘n dwaalspoor, maar julle sien MY Skape en Lammers se name is geskryf in die LAM se Boek van Lewe en hulle sal weer terugkeer na die GOEIE HERDER, YAHUSHUA toe. Dit mag lyding verg deur die vure van vervolging met ongekende doodsangs in die Tyd van Jakob se Benoudheid, dit wat julle die Groot Verdrukking noem, maar MY Skape en Lammers sal terugkeer na MY toe selfs al is dit met hul laaste asem. Hulle geloof sal warm word deur die vuur van vervolging.

Pasop aan diegene wat louwarm is, EK het hierdie Bediening gestuur om MY Woorde voort te spreek om julle te waarsku. EK salf MY Profeet om MY Woorde voort te spreek en omdat sy nie ʼn man is met ʼn lang grys baard nie, wil julle haar ontslaan. Julle sê, “GOD kan onmoontlik nie spreek deur die mond van hierdie blote vrou nie.” Julle wil nie hoor nie. Julle wys julle dwaasheid. Julle wys watter jeukende ore julle het.

Die regte rede hoekom julle hierdie Bediening haat is as gevolg van die veroordeling. Julle wil nie vertel word dat louwarm Christene hel toe sal gaan nie en geen Christene hoegenaamd is nie en dat julle verkeerd doen wanneer julle nie die 10 Gebooie gehoorsaam nie. Julle wil net sê, ‘JESUS CHRISTUS het die prys betaal vir my by Golgota.’

Ja, YAHUSHUA ha MASHIACH het die prys betaal vir julle by Golgota, maar watter prys het julle betaal vir HOM? Is dit te veel regtig om julle te vra om te gehoorsaam? Wanneer julle waarlik wedergebore is en gevul is met die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES het julle nie langer ʼn verskoning om te sondig nie want julle het die RUACH ha KODESH binne-in wat julle oortuig wanneer julle sondig. Julle sal waarlik begeer om te gehoorsaam aan MY, YAHUVEH/YAHWEH, met elke Woord wat EK sê.

O soveel sê die Verlossingsgebed spog en sê, “Ek glo in Jesus,” maar hoe min volg wat hulle proklameer om te glo? Julle haat enige Bediening of enige persoon wat julle oortuig van julle sondes.

Lig en duisternis kan nie saamgaan nie. (2 Kor. 6:14). Met MY eie hand het MY Woord dit voortgespreek. YAHUSHUA ha MASHIACH het gekom met ʼn skeidings-swaard. (Matt. 10:34). Met MY eie Woorde was dit voortgespreek en wat is julle reaksie?

Diegene wat nie julle ongelyk gejukte huishoudings wil prysgee, sodat hulle jul nie sal verraai in die Groot Verdrukking nie, julle reaksie is, “Brandmerk haar ʼn vals profeet. Ruk daardie Woorde uit die Bybel. Ignoreer hulle. Wis hulle uit.” Dit is julle antwoord. ‘Lei ander op ‘n dwaalspoor’. Niks het verander nie!

Dieselfde gees van ‘n Fariseer wat MY Heiliges stenig. YAHUSHUA se Bruid, hulle leef hul lewens elke dag om behaaglik te wees vir MY, hulle beweer nie om perfek te wees nie en wanneer hulle MY per ongeluk aanstoot gee, bekeer hulle vinnig met trane in hul oë en hulle sê, ‘O asseblief help my om nie weer hierdie sonde te doen nie.’ Daar is baie soorte sonde, selfs hierdie Profeet wat EK hierdie Boodskap voortspreek nou, sukkel met die sonde van uitstel. Hoeveel van julle struikel op hierdie een? Julle weet wat om te doen, maar julle doen dit in julle tyd. O julle weet wat EK wil hê julle moet doen en EK praat nie van die Tien Gebooie nou nie. Dit kan iets so kleins wees, maar jy doen dit nie. Daar is baie soorte sonde.

Niemand is perfek nie, elkeen is ʼn werk in wording maar EK sê vir julle dit, wanneer dit tyd is om YAHUSHUA se Bruid te kry sal dit wees wanneer julle hemelse graderings op die hoogste vlak is, wanneer julle elke dag strewe om MY te gehoorsaam op elke manier, wanneer julle jul liggame lewende offers maak, wanneer julle die eerste Torah Wet ken, (1ste Gebod : Jy mag geen ander Gode hê voor MY nie) en nie terwille van ʼn huweliksmaat of geliefde sal jy dit verbreek nie selfs al beteken dit die einde van jou huwelik. Julle besef niemand kom voor YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH nie.

Die sterkste en mees geseënde huwelike sal diegene wees wat die Eerste Gebod onderhou en beide van hulle sal ‘uit balans’ wees in hulle liefde en gehoorsaamheid vir YAHUSHUA, hulle sal albei vir YAHUSHUA liewer hê as vir mekaar of enigiemand anders. YAHUSHUA is die Liefde van hul lewe, siel en gees en wanneer EK praat van ‘uit balans’, is dit nie wat dit behoort te wees wanneer jy YAHUSHUA liefhet bo alle ander nie? Julle is op hierdie aarde vir so ʼn kort tydjie. Hierdie is net een asemteug in jou lewe. Ons praat van ewigheid in die Hemel.

O Geliefde Bruid van MY, Geliefde Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, luister na MY, laat niks belangriker wees as die EEN wat jou hart laat klop nie, die EEN wie lewe deur jou blaas nie. O Geliefde Een niemand, kan jou liefhê soos EK, YAHUVEH/YAHWEH doen nie. Ken die een wat jy jou geliefde noem, jou huweliksmaat, die getal hare op jou hoof? (YAHUVEH/YAHWEH huil deur Elisheva terwyl HY hierdie gesê het, toe HY gepraat het oor hoe lief HY SY Bruid het.) Moet MY, YAHUVEH/YAHWEH en YAHUSHUA nie toelaat om laaste te kom op jou lippe nie.

O julle louwarm braak Christene, diegene wat YAHUSHUA sal uitspoeg as braaksel uit SY mond, hierdie is hoekom julle liefde afgekoel het. Julle stel soveel ander liefdes voor ONS, julle wêreldse wellus, vleeslike begeertes, bo ONS, ja, selfs diegene wat hulself MYNE noem en durf julself Christene noem! En julle wonder hoekom julle nie langer die Waarheid kan onderskei van die leuens nie, maar julle stenig die Heiliges en hierdie Bediening wat voortspreek net so seker as wat Stefanus gestenig was. (Hand. 7:59). EK praat met die braak louwarm Christene, julle hoef nie braaksel en opgooi te bly nie! Dit is julle keuse!

EK stuur hierdie Bediening en ander Bedienings en individue wat deel is van die Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH om julle te waarsku! EK stuur hierdie Elia van Nuuts (in Hebreeus, Eliyahu) en EK gee nie om of julle daarvan hou om dit te hoor of nie, maar EK het MY Elia van Nuuts (in Hebreeus Eliyahu) gebruik om hierdie Bediening voort te baar en dit het begin in Amerika en is nou reg oor die wêreld, om te waarsku, bestraf en bemoedig. EK spreek nie net seëninge voort nie maar EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vloeke voort. Genoeg is genoeg! EK sal nie vir Sodom en Gomorra om verskoning vra nie!

Hierdie wêreld het ʼn Sodom en Gomorra geword in MY oë. Skaam julle! Skaam julle wat nie die Heiliges verdedig wat hierdie waarskuwings voortspreek nie!

So, MY Geliefdes, hierdie dag het EK ʼn Judas ontbloot. Die lot van ‘n Judas is die dood en Hel. Julle sal Judasse sien kom en gaan. Wee diegene wat die Judasse volg want julle s’n sal dieselfde lot wees! Wee enige iemand wat sê om Nagmaal te neem ter herinnering van wat MY SEUN YAHUSHUA betaal het, SY Liggaam en Bloed te gee vir hulle sondes, is kannibalisme en vampierisme! Wee! Wee! Wee! Wee! Wee! Hierdie is godslastering, die uiterste bespotting van YAHUSHUA se offer.

(Ons het hierdie persoon geken vir ongeveer 3 jaar. Hierdie persoon was ʼn getroue ondersteuner en ons het hierdie persoon beskou as deel van YAHUSHUA se familie. Hierdie persoon het gegaan na ʼn web-adres op die internet wat sê om Nagmaal te neem is kannibalisme en vampierisme en die hartseer deel is, hierdie persoon het hierdie leuen geglo van die duiwel. So hierdie Judas het vele ande ge-epos en probeer om hulle hierdie leuen te laat glo. Hierdie persoon het selfs probeer om vir Elisheva te oortuig van hierdie leuen. Hierdie persoon is nou ʼn Judas en sal dieselfde lot hê as Judas.)

Van wanneer af! Van wanneer af! Wanneer jy bid dat jy een word met YAHUSHUA verstand, liggaam, gees en siel en vergifnis vra vir jou sondes en SY Bloed jou skoonwas, van wanneer af is hierdie boos? Wie sou durf om so ʼn leuen te sê? Wie sou durf om so ʼn leuen te glo? Die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES is nie binne-in hulle nie! Julle het kop-kennis en nie harts-kennis nie. Nagmaal is belangrik, en is ‘n wapen teen die vyand.

Vir julle wat sê “Nagmaal is nie belangrik nie”, YAHUSHUA se laaste woorde terwyl HY gesit het saam met SY dissipels was, “Hierdie is MY Liggaam, doen dit ter Herinnering aan MY.” (Matt. 26:26-28; Markus 14:22-24; Lukas 22:17-20; 1 Kor. 11:22-30). Van wanneer af is dit ʼn sonde? Wie behalwe satan sou so iets sê? Wie sou durf om so ‘n ding te sê? Hierdie is die uiterste smading want julle het MY SEUN se Bloed bespot! Julle het boos genoem wat EK perfek genoem het! Hierdie is die uiterste smading en dan probeer julle leuenaars MY Profeet op ‘n dwaalspoor lei waaruit EK voortspreek, en vir ander hierdie leuen vertel. Nagmaal is die uiterste wapen teen satan en julle het hierdie nagmaal boos genoem, en dit wat EK voortgespreek het as goed, noem julle dit boos?

So seker as wat julle nie net vir YAHUSHUA ha MASHIACH gelaster het en net vir MY YAHUVEH/YAHWEH, wie MY enigste SEUN gestuur het om SY liggaam en Bloed te gee vir julle nie, het julle die RUACH ha KODESH gesmaad. Julle het al DRIE gelaster! EK het vir julle gesê. EK het julle gewaarsku, ‘Pasop vir die tyd wat boosheid van gespreek word as goed en van goed word gespreek as boosheid.’ (Jesaja 5:20).

EK stuur altyd MY Profete uit om MY Woorde te spreek. Die Heilige Skrifte was nie voortgespreek deur die mens nie. Dit is geensins anders as EK voortsprekend uit hierdie werktuig van klei se mond nou nie. Dit is EK, YAHUVEH/YAHWEH, wat daardie Woorde binne-in hulle gesit het om te skryf. Die ware Woorde was bedorwe deur verskeie oorskrywers, en vertalers.

EK waarsku julle, moenie staatmaak op die King James Weergawe van die Bybel nie want King James brand in die hel. Hy het boeke en woorde uitgehaal wat hy nie wou insluit nie net so seker as wat hulle vandag doen en sê, ‘Hierdie Skrifte en Torah Wette is nie meer van toepassing nie. Hierdie is nie in lyn met my idee van wie God is nie. HY is nie veronderstel om te vervloek nie. HY het SY Enig Verwekte SEUN gestuur om die prys te betaal op Golgota om te ly en sterf in my plek, so nou ek kan enige iets doen wat ek wil, dit maak nie meer saak vir GOD nie. HY gee nie om wat ek doen nie want HY het SY Enig Verwekte SEUN gestuur om die prys te betaal. Die Wet was vasgespyker op die kruis, so ek kan enige iets doen wat ek wil. Die Vierde Gebod sê ek, enige dag sal deug vir die Sabbat, JESUS CHRISTUS, YAHUSHUA ha MASHIACH, het gesê ‘HY is HERE van die Sabbat, dit maak nie meer saak nie want hulle het daardie dag weggegooi.’

Leuenaars! Leuenaars! Leuenaars! Dink julle EK sou MY tyd mors om MY eie vinger te vat en te graveer op ʼn tablet van klip en dit gee vir Moses en die Israeliete verdedig en hulle beveel om MY te eer op die Sabbatdag deur te rus?! Deur te rus?! Nie deur te werk nie maar deur te rus?! Leuenaars!

Julle wat eis dat julle Christen is en hierdie videos opsit oor hoekom Christene ‘nie langer hoef te bekommerd oor die Sabbat nie, dit maak nie saak watter dag nie, dit maak nie saak nie, die Rooms Katolieke Kerk het dit verander nie.’

Leuenaars! As julle nie bekeer nie sal julle julself bevind in die Poel van Vuur! EK gaan nie speletjies speel nie! Die Groot Verdrukking, die Tyd van Jakob se Benoudheid, is byna op julle, die tyd van weeklaag, gehuil, van groot lyding, meer as wat hierdie wêreld ooit geken het!

Wat dink julle hou die hel aan die brand? Die vlamme word net warmer! Dit is MY, YAHUVEH se gramskap, raserny en drif!

EK wil MY Bruid by die huis hê! EK wil YAHUSHUA se Bruid by die huis hê! SY Bruid is MY Bruid. EK wil hulle by die huis hê.

EK kyk na hierdie riool genaamd aarde. Ontlasting is oral en EK sien klein flikkertjies in die ontlasting van diegene wat die Bruid is van YAHUSHUA ha MASHIACH en al die Heiliges, hier-en-daar. Dit is asof hulle begrawe is onder die ontlasting en o hoeveel ontlasting. Soveel stank is in die uitwerpsels in dit wat hulself die ‘Christen kerke’ noem! Oordeel! Oordeel! Oordeel het gekom na dit wat julle noem die ‘Huis van die HERE’!!

Toe die Ikabod Christen kerke ophou preek teen sonde soos aborsie, hoerery en dieselfde-geslag huwelike, toe julle sonde toelaat agter die kansel, toe julle homoseksuele laat preek agter die preekstoele en spog oor hulle sonde, toe julle opgehou het om sondaars te bestraf, was Ikabod op julle deure gesit en MY RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES was daar uitgeneem! (1 Sam. 4:21).

Julle sing julle liedere en vergader op Sondag en tog is EK nie daar nie! O, sommige van MY mense is daar maar MY ware Teenwoordigheid, MY RUACH ha KODESH Salwing, word nie verwelkom daar nie. Julle gebruik julle emosies en kry julself totaal opgewerk met liedere maar MY ware Profete word nie toegelaat om te praat nie.

ONS word nie toegelaat daar nie. Wanneer EK sê ‘ONS’ bedoel EK die einste teenwoordigheid van YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. ONS teenwoordigheid is NIE daar nie anders sou hulle almal op hulle aangesigte geval het!

Hulle sal bekeer vir Amerika maar sal hulle ander waarsku oor die sonde waar hulle in is? Dit is ʼn bespotting. Wil julle weet hoekom die krag van die Salwing, nie is soos in die Eerste Kerk nie? Kyk en aanskou wat EK sien. Die stank is meer as wat EK, YAHUVEH/YAHWEH, kan verdra.

Die heiden kyk na hierdie sogenaamde Christene en sê, ‘Daar’s geen verskil tussen julle en my nie.’ Elton John sê, ‘Daar is geen verskil tussen julle en my nie. Ek kan ook die Skrifte herskryf. Mense sê ‘Gooi uit die Vierde Gebod,’ so ek kan sê, “JESUS CHRISTUS is gay,’ dit is geensins anders nie.’

Maar julle sien, EK het hierdie Bediening opgerig, wat weier om te skik met sonde, die Aleph en Tav (Alfa & Omega) Almightywind (ook genoem Amightywind) RUACH ha KODESH Wildfire Bediening!

MY Amightywind Bediening is ʼn magtige ruisende wind wat gaan deur die wêreld en satan kan dit nie stop nie! So hy kry almal gefokus op ʼn blote vrou [Elisheva Eliyahu].

Diegene wat haar ken en haar liefhet kan die verskil uitken tussen haar en wanneer EK, YAHUVEH/YAHWEH voortspreek. Maar dit is nie ʼn blote vrou wat voortspreek nie. EK is YAHUVEH/YAHWEH en EK sê vir julle hierdie Bediening roep die ware Bruid na vore van YAHUSHUA ha MASHIACH om na vore te kom want julle het mekaar nodig. Almal van julle word aangeval. Julle is soos ʼn gewonde dier wat jul eie wonde lek omdat julle nie enige iemand kan vertrou nie, so EK, YAHUVEH/YAHWEH het hierdie groep bymekaar gesit en EK gebruik hierdie werktuig voortsprekend om dit te baar in die fisiese realm. EK, YAHUVEH het dit reeds gebaar in die Geestes realm en dit is die YAHUSHUA Demon Stompers (YDS, Heilige Gebedsvegters).

Julle sal Judasse sien kom en gaan, dit is hulle keuse. EK het vir julle gesê, ‘Nie almal is geskik om die Bruid te wees van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, net diegene wat lojaal bly tot die einde. Julle sal weet wie die Bruid is.

MY Lieflinge, EK verbied julle om nog ʼn traan te huil oor nog ʼn Judas! EK verbied julle om te huil! Instede, kyk na al die Apostels en ware volgelinge van YAHUSHUA wat weier om gelykvormig te word aan sonde! Die Kerk van die Geveinstes weier om MY, YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH eerste te stel, en julle is omring deur die geveinstes en hulle sal die lot hê van ʼn Judas wees. Dit was alreeds neergeskryf.

ʼn Judas is die uiterste besmetting. Julle sien, hierdie Judas wou nie hierdie besmetting (om vir hierdie bediening en profeet te sê dat om nagmaal te doen van die duiwel is net soos kannibalisme en vampierisme) soos melaatsheid vir hulleself hou nie. Hulle het uitgereik om die Heilige Bruid, YAHUSHUA se Demon Stompers en selfs hierdie Heilige een wat hier voortspreek, te besmet en besoedel, om hulle te lei na die anti-chris toe. Die Judasse sal altyd hierdie doen. Hulle wil nie die besmetting hou vir hulself nie. Hulle wil dit deel, so huil nie meer vir die Judasse nie.

Hierdie is ʼn somber Boodskap. Dink julle YAHUSHUA het dit geniet die dag toe HY ontbloot het wie Judas was? Maar julle sien Geliefdes, EK sal net ʼn Judas toelaat om weggesteek te bly vir so lank.

Kyk rondom die wêreld. Sommiges het hulle vertroue gestel in hulle beroepe. Sommiges het hulle beroepe liewer as vir MY, YAHUVEH/YAHWEH. Sommiges stel hulle vertroue in finansies. Hulle sien hulle finansiële ryke verkrummel voor hul oë. Sommiges stel hul geloof in huweliksmaats en EK ontbloot dinge wat julle liewer nie wil sien nie. EK skei en EK sal aanhou om enige iemand te skei wat MY Bruid besoedel.

EK toets julle, wie het julle liewer, daardie heidense huweliksmaat? Diegene wat eis hulle is gelyk gejuk en tog wanneer een van die gades sou sê, ‘Ek moet meer kry van jou aandag’, wie sal jy bewys dat jy liewer het? Soveel wat begeer om die Bruid te wees van YAHUSHUA is in hierdie huishoudings. (Matt. 10:37, Joh. 21:15-17).

EK toets. Die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (1 Pet. 1:6-7). Hierdie is julle beproewing, wie het julle liewer?

Vir diegene nie getroud nie, julle huil, en treur en sê, ‘ek moet ʼn maat hê.’ Wie het julle liewer? Julle weet nie wat julle vra nie. Dit is hoekom EK gesê het EK sal nie ongelyk gejukte huwelike saamvoeg in hierdie Eindtye nie. Julle kan al die verskonings maak wat julle wil. Die huwelike wat EK saamvoeg, hulle het MY gelyk lief, werk vir MY, gehoorsaam MY GEES en nie hulle vlees nie. Diegene wat nie getroud is nie en huil en treur, julle ken nie die seën EK vir julle gee nie. Julle weet nie wat julle vra nie. Julle weet nie wat julle vra nie. EK herhaal, hierdie is hoekom EK gesê het EK sal nie ‘n ongelyk gejukte huwelik saamvoeg in hierdie Eind Tye nie… Die huwelike wat EK saamvoeg is Heilig. Diegene wat nie getroud is nie en huil en treur, julle ken nie die seën wat EK vir julle gee nie. Julle hoef nie besorg te wees om enigiemand te behaag behalwe EK, YAHUVEH/YAHWEH nie.

Op die einde sal geeneen van MY Bruid ongelyk gejuk wees nie. EK sal herhaal, YAHUSHUA ha MASHIACH sal die skeidings-swaard gebruik en voordat die Bruid geneem word van hierdie aarde af, as hulle ongelyk gejuk is, sal YAHUSHUA skei. EK sal nie MY Bruid toelaat om besmet te word nie, dit was slegs vir ʼn vasgestelde tyd, want lig en duisternis kan nie saamgaan nie. Hierdie is ʼn oorlog, YAHUSHUA veg vir SY Bruid, die vyand kan nie wen nie.

EK sit lig saam met lig en die lig word net helderder. Dit is nie ʼn stryd bymekaar wanneer julle YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH eerste stel in julle lewe en liefde nie.

Het EK nie gewaarsku, ‘Julle grootste vyande sal in julle eie huishoudings wees’? nie (Miga 7:6, Matt 10:36). EK waarsku weer nou, diegene wat nie geskei wil word nie, diegene wat hul huweliksmaat liewer het as vir MY, YAHUVEH/YAHWEH, diegene wat MY Woord terugspoeg in jou gesig en jou brandmerk ʼn vals profeet [Elisheva], weet dit, hierdies is nie jou Woorde nie, hierdies is MY Woorde! En dit is gerugsteun in die Heilige Skrifte ondersteun! Onthou

Profesie 111 - EK, YAHUSHUA MASHIACH, Vergun Julle ʼn HEILIGE Egskeidings-Dekreet, Vir Diegene Wat Dit Nodig Het.) AmightyWind Afrikaans | Heilige Profesieë van YAHUVEH

EK het dat ʼn ander profeet (Nehemiah, Neh. 13:23-30) letterlik vervloek en die manne se baarde trek en hulle klap vir ongelyk gejuk te wees, so wanneer die aanvalle kom en ja, hulle sal kom, wees soos ʼn Stefanus, Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, hou julle oë gefokus nie op die rotsblokke wat julle sal tref nie, hou julle oë gefokus op YAHUSHUA. Hulle stenig julle maar stenig in werklikheid vir YAHUSHUA/JESUS en ja, EK durf praat met diegene wat durf om hulself ‘Christene’ te noem maar EK, YAHUVEH noem julle Ikabod Christene.

(Neh. 13:25: Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by ELOHIEM besweer: julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

V.27: Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen ELOHIEM deur vreemde vroue te trou?)

So EK laat julle met hierdie Woorde. EK het vir julle gesê ‘Alles wat geskud kan word, sal Geskud word.’ EK herinner julle hieraan in

Profesie 105, “EK YAHUVEH Sê, “In 2009 gaan EK alles skud wat geskud kan word!” AmightyWind Afrikaans | Heilige Profesieë van YAHUVEH

EK het julle gewaarsku voor die tyd hoe 2010 sou wees in Profesie 116, “Julle Moet GeloofWaterlopers wees”.) AmightyWind Afrikaans | Heilige Profesieë van YAHUVEH

EK het gespreek hierdie dag, julle ABBA YAHUVEH/YAHWEH. Die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH wat hierdie Woord hoor, sal julle kontak, sal hierdie Woord bekragtig. Hulle het MY stem gehoor. Hulle sal staan aan jul sy, lojaal wees en verdedig. Hulle sal nie langer omgee wat mans en vroue sê nie. Hulle sal verdedig wat hulle weet om waar te wees.

Weet hierdie ook, hierdie Profesie gee net vir die vyande meer rede om julle te haat, maar hierdie is niks nuuts nie. YAHUSHUA was en word gehaat. Kan julle enigiets minder verwag, want julle is SY weerspieëling op hierdie aarde, diegene wat EK ‘YAHUSHUA ha MASHIACH se Bruid’ noem.

So is dit gespreek hierdie dag 19 Februarie 2010, ʼn Sabbat.

6:24 NM geëindig

Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH tot Apostel Elisheva Eliyahu

‘n Aanstoot vir meeste, maar ek is ʼn seën vir ander, ʼn Kind, Vegter Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS en geen duiwel kan dit wegneem van my af nie.

* * * * * * *

Hier is ʼn artikel geneem van die internet af rakende wat Elton John gesê het.

Elton John eis Jesus was gay

19/02/2010

Elton John staar ʼn vyandige terugkap in die gesig van konserwatiewe Christengroepe nadat hy in ʼn onderhoud gesê het Jesus was ‘n gay man.

Die 62-jarige musieklegende het sy opmerkings gemaak gedurende ʼn onderhoud met ‘US Magazine Parade’.

In die onderhoud, om more (2010/02/20) in Amerika gepubliseer te word, het Sir Elton gesê: “Ek dink Jesus was ʼn deernisvolle, super-intelligente gay man wat menslike probleme verstaan het.

‘Aan die kruis het hy die mense vergewe wat hom gekruisig het. Jesus wou hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie. Probeer om ʼn gay vrou te wees in die Midde-Ooste - jy is so goed soos dood.”

Stephen Green, direkteur van ‘Christian Voice’, het hierdie gay-bewering beskryf as ‘gemors’.

Hy het gese: “Die Bybel se Jesus was sonder sonde en dit skakel homoseksualiteit uit as ‘n sonde”.

“Hierdie is ʼn desperate uitroep vir aandag.” Mike Judge, van die ‘Christian Institute’- het die ster se sieninge afgewys en gesê: “Sou ʼn senior politieke figuur hierdie opmerkings gemaak het, het ek ʼn opinie gehad. Maar hierdie is Elton John en ek dink nie enigiemand neem hom ernstig op nie.”

Gay Christen Groepe het Sir Elton erkenning gegee, wat dikwels uitgebeeld word om ʼn kruis te dra, het ʼn debat her-open oor homoseksualisme en die kerk.

Jeremy Marks, stigter en direkteur van ‘Courage’, ʼn Christen organisasie vir Gays en Lesbiërs, het gesê: “Nie een van ons weet en sal nooit weet wat Jesus se seksualiteit was nie.

“Sekerlik was mense se persepsies oor verhoudings tussen mans en mans en vrouens, verskillend destyds en sou onerkenbaar wees vandag.

“Ek dink hy verduidelik hoe hy Jesus sien in sy lewe en wil ander mense aanmoedig om dit ook te sien.”

John Blowers, mede-sameroeper van die ‘Evangelical Fellowship for Lesbian and Gay Christians’, het gesê: “Wat geneig is om te gebeur tydens elke okkasie wanneer hierdie debat her-open word is dat die debat meer gepolariseerd raak. “Die eenvoudige feit is dat ons almal God se kinders is.”

Sir Elton se opmerkings was gemaak in ʼn verreikende onderhoud as hoofopskrif, “Daar Is Baie Haat In Die Wêreld”.

Hy het vir die tydskrif gesê, vir hom, het roem die aantrekkingskrag daarvan verloor.

“Prinses Diana, Gianni Versace, John Lennon, Michael Jackson, is almal dood, het hy gesê:

Twee van hulle is geskiet buite hulle huise. Niks hiervan sou gebeur het as hulle nie beroemd was nie.

Roem trek waansinniges. Ek het nooit ʼn lyfwag gehad nie, ooit nie, totdat Gianni dood is. Ek hou nie meer van beroemdheid nie”.

Die musikant het ook onthul hoe hy en sy burgerlike vennoot, Mnr Furnish, hulle liefde sterk hou.

Hy het gesê: “Elke Saterdag 16 jaar lank, stuur ons vir mekaar ʼn kaartjie, ongeag waar ons is in die wêreld, om te sê hoe lief ons vir mekaar is.

Ons was nooit jaloers nie. Ons praat oor die seksuele sy van dinge, dinge wat my normaalweg voorheen sou bang maak.”

Sir Elton het ook oor sy verhouding met dwelms gepraat en gesê, “Vir sommige mense kan ʼn gram kokaïne ʼn maand hou. Nie ek nie. Ek moet alles neem, en dan wil ek meer hê.

Aan die einde van die dag, het dit alles net gelei tot hartseer.”

* * * * * * *



Profesie 152 Luister & Word Bevry van die Demoon van Vrees!

Geskryf /Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Op 2 November 2001 deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu Opnuut Gespreek 20 Maart 2020 Gedurende Coronavirus Pandemie Her-vrygestel 4 April AmightyWind se 26ste Herdenking Aanlyn!

Hierdie Profesie, onderaan die volgende Shabbat boodskappe, was eerstens vrygestel & geplaas byna twintig jaar gelede, en is meer toepaslik vandag as ooit en is, opsigself, ‘n “Bewys Agter die Profesieë” — Profeet Elisheva was gelei om dit weer te lees, dit hierdie keer voort te spreek onder ‘n groter Salwing, en om ‘n nuwe video te laat maak.

*******

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Hand. 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1). Sy spreek voort in tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor. 14:6)

Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:

Soos in “Alleluia” (Hallelu YAH) wat beteken: “Loof YAH,” YAH is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD: YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER; YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID—as die Persoonlike Naam van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “HAAR” dit is so gereflekteer in Profesieë en Skriftuurlike aanhalings onder. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters

Skrifaanhalings vanuit Waarheid en Getuienis Bybel behalwe waar anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva), om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie. Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK IS die HERE YAHUVEH: Dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander gee, of Ook MY LOF aan die gesnede beelde nie” (Jes 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om die volgende by te voeg en diegene te waarsku wat spot:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

AmightyWind se 26ste Herdenking Aanlyn!

Elisheva se Shabbat Verwelkomings-Boodskap Oorskrywe | Saterdag, 4 April 2020

O ABBA YAHUVEH— ek dank U en ek loof U— GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH & KOSBARE RUACH HA KODESH — vir die EER wat U my gun om gekies te gewees het om geboorte te gee aan hierdie Bediening 26 jaar gelede aanlyn (en dit is in werklikheid ouer as dit, maar hierdie is aanlyn) beginnende in 1994: En daar is nie eens ‘n rekord dat dit so ver teruggaan nie want dit was op daardie tydstip in “Amerika aanlyn” [AOL]; en daar was geen WêreldWye-Web nie [op die manier wat dit nou bestaan nie].

Kan jy dit glo?

Maar ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE RUACH HA KODESH, ons aanbid U, ons het U lief! (En dit is AL wat ek die mense wil leer, is om hulle te lei om U Woorde te hoor—om U Boodskapper te wees—om hulle te lei na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, om die openbarings te deel wat U vir my gegee het, die besoeke uit die Hemel dat ek vir YAHUSHUA gesien het van Aangesig tot aangesig).

En die uitbeelding wat langs my is, is die naaste van enige voorstelling wat gegee kon word in hierdie wêreld, soos die jong meisie dit geteken het en U het werklik blou Oë.

En eendag sal diegene [wat sal wees] in die Hemel sien hoekom daardie uitbeelding gekies was.

En ek wil net hê dat almal moet weet—dankie, dankie AmightyWind gemeente! ABBA YAHUVEH, U het vir my die beste gemeente gegee REG OOR die wêreld in 52 verskillende tale nou, en Hindi was pas bygevoeg.

En die begeerte van my hart is nou vir daardie man van Judah om na vore te kom en my te help om Israel te bereik. Ek is ‘n Jood en tog was ek nie gebore in Israel nie en ek het daardie man van Judah nodig. Ek het die Hebreeuse vertaler nodig, ABBA YAH—en dit is die begeerte van my hart, HEMELSE VADER—om Israel te laat weet WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. HY is Jesaiah 53.

Ons dank U en ons loof U, ABBA YAHUVEH, op hierdie 26ste jaar Herdenking wat so pas plaasgevind het: U het 4/4/20 gekies [daardie dag vir die Bediening 26 jaar terug] om ook gebore te word op die Internet op my verjaardag. En—vir 30 dae! U het vir ons die opdrag gegee verlede jaar.

En U het gesê U wil hê ons moet feesvier [30 dae] en die mense kans gee om hulle videos in te stuur — en as hulle dit privaat wil hou—om my te laat weet as hulle nie sou [wil hê] dit moet in die openbare video wees nie, almal bymekaar op een plek nie. (Hulle het 30 dae om in staat te wees om dit te doen.) En op hierdie manier sal hulle privaatheid behoue bly ook, want dit sal net die uitknipsels wees van dit wat hulle gesê het en wat hierdie Bediening beteken en hoe hulle U wil verheerlik, en hoe hulle gered was of wat hulle ookal gelei voel [om te sê].

So YAHUSHUA HA MASHIACH , ek dank U dat selfs op Shabbat, hierdie Heilige tyd [4 April 2020] van feesviering hier is.

Ek wil U DANK want daardie Hebreeuse vertaler kom na vore. Ek wil U DANK vir die Heilige gesalfde broers in YAHUSHUA HA MASHIACH wat gebore was en opgegroei het in Israel of selfs nét opgegroei het in Israel, maar wat die Hebreeuse wortels ken wat belangrik is en Bybel-gebaseerd.

Ek wil U bedank en U loof, HEMELSE VADER, vir alles wat U doen.

O ABBA YAH, asseblief, seën ver bo alles AmightyWind gemeente en die besoekers wat hierheen kom om fees te vier—vir diegene wat hul lewens gegee het vir U, YAHUSHUA—en hulle weet nou daar’s ‘n Bediening wat nie toegewings maak met sonde nie.

Ons leer hulle dat, YAHUSHUA, U hulle sal vergewe as hulle waarlik sal bekeer met groot droefheid en hulle sondes bely. Belydenis lei na bekering en bekering lei na redding—en YAHUSHUA, ons dank U en ons loof U.

Ek loof U vir ‘n ieder en ‘n elk van die span, vir ‘n ieder en ‘n elk van die bedienaars. Ek dank U vir die video makers. Ek dank U vir die uiteindelike verkryging van betroubare web bestuurders!—waar al die res niks anders as Judasse was nie.

En ek dank U en ek loof U , HEMELSE VADER—die mense weet nie eens 5 keer was die Bediening gepoog om gesteel te word by my nie maar—hierdie is die HEILIGE DRIE EENHEID s’n [Bediening] en jy kan nie steel by die HERE GOD ALMAGTIG WIE IS & WAS en SKEPPER is VAN ALLES nie.

So ABBA YAHUVEH, ek bid dat op hierdie 30 dae van feesviering ons meer reddings berigte sal kry, ons meer videos sal kry en hulle die eer aan U sal gee. Want hierdie is U Bediening om eer te bring aan U SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH.

Shabbat Shalom!

Ek is lief, lief, lief, lief, lief vir elkeen wat YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid, en ek sien uit daarna om van julle te hoor. Regtig ek doen.

In die Naam van YAHUSHUA , Amen.

Vrees is die Teenoorgestelde van Geloof! | Psalm 91

Elisheva se Profetiese Shabbat-Boodskap Oorskrywe

Vrydag, 20 Maart 2020

Hê Geloof!

Shabbat Shalom! Aan die kosbare, geliefde AmightyWind gemeente! En welkom aan elkeen wat ‘n besoeker hier is vir die eerste keer!

Ek wil praat met die AmightyWind gemeente. Ek wil vir julle vertel dat ek die voorblad oorgedoen het en ek het die webblad bestuurders gevra om die nuus af te haal van dit alles wat aangaan met hierdie Wuhan virus en—omdat ek besef so baie van julle sukkel met vrees.

YAHUSHUA het vir my gewys hoeveel sukkel met vrees op hierdie oomblik—en dit is die feite versus vrees—maar YAH het nie vir ons ‘n gees van vrees gegee nie maar van krag, liefde en gesonde verstand.

Vrees is die teistering wat YAHUVEH en YAHUSHUA nie gestuur het nie! En perfekte liefde—die liefde van YAHUSHUA HA MASHIACH, die liefde wat julle weet julle HEILIGE VADER vir julle het in die Hemel, ABBA YAHUVEH en die liefde van die RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES, vir julle het— perfekte liefde verdryf die vrees, want hoekom? Ons vertrou HULLE!

Ons weet HULLE Arm is nie te kort nie. Ons weet HULLE Oë is nie blind nie, en ons weet HULLE Ore is nie doof nie. En ons weet HULLE weet wie is die Hamans op hierdie aarde op hierdie oomblik wat, in ‘n laboratorium, hierdie virus vervaardig het vir ‘n ander doel—en ek gaan nie nou daarop ingaan nie.

Maar ek wil hê julle moet weet—‘n groot uitroep van liefde vir die Asië gemeente, ‘n groot uitroep van liefde vir diegene in Italië. En ek sê vir julle YAHUSHUA gee vir my ‘n waarskuwing en herinner ons almal—die sosiale media sowel as elke [hoofstroom] nuus stasie word besit deur die Hamans. Onthou dit.

Ek wil ook sê vrees is die teenoorgestelde van geloof, en geloof is die enigste manier hoe jy in die Hemel gaan kom: Geloof dat die BLOED VAN YAHUSHUA elke sonde kan wegwas wanneer jy vir HOM sê dat jy jammer is, wanneer jy jou sondes bely—met groot droefheid—jy om vergifnis vra, en jy in geloof glo dat HY jou sal help om te seëvier waar jy ookal swak is met sonde.

Hê geloof! Dit is die enigste geld-eenheid in die Hemel! Weet julle dit? Niks van hierdie wêreld kan julle in die Hemel kry nie behalwe geloof. Sonder geloof, is dit onmoontlik om ons HEMELSE VADER, ons ABBA YAHUVEH te behaag.

So julle moet nou daardie geloof gebruik, want as julle nie nou geloof kan hê nie—en hierdie dinge het julle nog nie eens geraak nie—julle hoor net van hulle, wat gaan julle doen wanneer dinge begin erger word?

Hê geloof!—in Psalm 91 dat HY die plae sal weerhou om te kom naby jou woning.

Hê geloof!—om dit te glo wat Dawid gesê het, “Ek het nooit die regverdige verlate gesien, of sy nageslag dat hulle brood soek nie” (Psalm 37:25).

Hê geloof!—om te glo dat niks kan gebeur wat YAHUVEH nie toelaat nie!

En hê geloof om te glo dat alle dinge ten goede meewerk! Ja, selfs wanneer die Hamans agter die Esters aan is op hierdie oomblik, en ons is die Esters, ons is die Mordecais.

En ons wag vir die Rooisee om oop te gaan en die bose Farao te verdrink terwyl hulle ons nou jaag, veral elkeen wat ‘n gelowige is in YAHUSHUA HA MASHIACH.

Hê geloof om te glo dat HULLE jou so liefhet dat satan nie instaat sal wees om jou seer te maak nie behalwe as iets goeds daaruit kom. Hierdie is wat ek moet sê op hierdie 20 Maart 2020—en ek wil julle weer herinner, 20 is die getal van die verlostes, ( in Hebreeus [Bybel & Profesie]—die getal van verlossing).

Ons is verlos! Hierdie is ons jaar! Wanneer hulle dink hulle het ons so bang, BAKLEI TERUG! En sê ongeag wat julle “feite” sê, ongeag hoeveel julle sê—in die miljoene of biljoene—sal doodgaan, sê MY GELOOF vir my dat julle niks teen my kan doen behalwe as my YAH dit toelaat en iets goeds daaruit moet kom nie.

Hê geloof om te glo.

Onthou die Weduwee van Sarfat? Onthou die vlessie olie wat nie opgedroog het nie? Onthou sy het die Profeet Eliyahu (Elia van Ouds), haar heel laaste bietjie olie gegee en haar heel laaste bietjie meel om daardie brood te maak? En onthou dit was die laaste maaltyd wat sy en haar seun sou eet, en tog het sy geloof gehad en HY het alles vermeerder. HY het dit vermenigvuldig.

YAHUSHUA & ABBA YAHUVEH is ‘n SKEPPER VAN VERMENIGVULDIGING!

MAAR WEE DIE HAMANS EN WEE DIE VYANDE VAN HIERDIE BEDIENING! Want HY is ook ‘n [BRINGER van] vermenigvuldiging van weë wat oor julle gaan kom! En o, HY het so baie maniere om julle te laat ly! So dit is wat ek te sê het in julle geval—van die vermenigvuldiging.

Ons wag! Ons wag ABBA YAHUVEH! Ons wag vir ons YAHUSHUA! Ons wag vir YAHUSHUA om te sê, “Kom hierheen!” Want ons weet terwyl ons opkyk, kom ons VERLOSSING nader (Luk.21: 28).

O as ek julle net ‘n drukkie kon gee en net my arms om elkeen van julle sit en julle wang soen, sou ek dit gedoen het op hierdie oomblik. Diegene wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën, en hierdie Bediening ondersteun en my bemoedig!

Al was ek sonder ‘n man en ‘n mede-leier nou vir twee jaar en meer, bedank ek julle net soveel vir julle gesalfde gebeds vegters, wat Messiaanse Joodse manne is wat as ‘n broer voort [ge] kom en my bemoedig het. Asseblief, kliek die kontak [blad]. Ek sal persoonlik terug antwoord.

YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle! Ek het julle liewer as wat woorde kan sê!

En o, dank U GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH! Tekens, wonders en wonderwerke het hierdie Bediening gevolg, want ons jaag nie agter tekens, wonders en wonderwerke aan nie, maar ons weet WIE die GOD VAN WONDERWERKE is en YAHUSHUA HA MASHIACH is SY Naam.

YAHUSHUA het vir my gesê om vir julle ‘n spesiale verrassing te gee en dit is ‘n her-lees van Profesie 52. Wat [eers] was in 2001—hierdie is ‘n “Bewys Agter die Profesieë” van dit wat julle nou sien—reeds voorspel was, die geheime, was aan hierdie Profeet vertel.

Ek laat dit in videos maak op hierdie oomblik en—maar, ek wil hê julle moet—waar julle ‘n balkie sien, kliek op daardie [play] knoppie en luister asseblief na die nuwe Salwing op my stem: Die her-versekering van hoe baie LIEF YAH en YAHUSHUA SY kinders het.

Shabbat Shalom!

Psalm 91|Skryf dit Neer & Memoriseer!

Hierdie is die Skrif wat julle moet neerskryf. En vir die van julle wat in ‘n plek is [waar] julle hierdie nie openlik kan doen nie, vind ‘n manier om dit te doen. Vra vir YAH om instaat te wees om dit te kan doen.

Psalm 91. Skryf dit neer.

Elisheva se Psalm 91 Omskrywing

• Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE sit, sal vernag in die Skaduwee van die ALMAGTIGE —YAHUVEH, en hierdie sluit YAHUSHUA HA MASHIACH in.

• Ek sal tot YAHUVEH sê: HY is my TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD op HOM sal ek vertrou.

• Vir seker sal HY my sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

• HY sal my dek met SY Vlerke, en onder SY Vleuels sal ek skuil; SY trou is my skild en pantser.

• Ek sal nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

• Ook nie vir die pes wat in die donker wandel, ook nie vir die siekte wat op die middag verwoes nie.

• Al val daar duisend aan my sy en tienduisend aan my regterhand - na my sal dit nie aankom nie.

• Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die afvallige sien.

• Want U, O YAHUVEH—(ADONAI, ELOHIM, EL SHADDAI, ABBA YAH, YAHUSHUA, U wie genoem word “HERE”)—U is my TOEVLUG, die ALLERHOOGSTE, het ek my BESKUTTING gemaak;

• En daarom sal geen rampspoed my tref en geen plaag naby my tent kom nie—jou woning, jou kamer;

• Want Hy sal SY engele aangaande my bevel gee, om my te bewaar op al my weë.

• Die engele sal my op hulle hande dra, sodat ek my voet teen geen klip stamp nie.

• Op die leeu en die adder [slang] sal ek trap, die jong leeu en die draak sal ek onder my voete vertrap.

• Omdat HY my liefhet, daarom het HY belowe om my te red: HY het gesê; HY sal ons beskerm, omdat ons SY Naam geken het.

• Hy sal MY aanroep—hierdie is ‘n belofte van YAH, YAHUVEH sê—HY sal MY aanroep, en EK sal hom antwoord en vir haar; EK sal by hom en haar wees in nood; EK sal hom en haar uitred en eer aan hulle gee.

• En met lengte van dae sal EK hom en haar versadig, en EK sal hulle MY VERLOSSING laat sien.

En WIE is jou VERLOSSING? Daar is net EEN, WIE die WAARHEID en die WEG en die LEWE is, WIE SE Naam VERLOSSING is, WIE SE Naam is YAHUSHUA HA MASHIACH.

En YAHUSHUA in Hebreeus beteken “YAH RED.” Leer daardie Naam.

Shalom.

Elisheva se Inleiding: MOENIE Vrees NIE!

Hierdie voorlesing van Profesie 152 (52 Opnuut) was opgeneem via audio. Hier is die oorskrywing.

Shabbat Shalom! HalleluYAH!

Heerlikheid aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA KODESH!

Hierdie is 20 Maart 2020–onthou, die getal 20 is die getal van [die] verlostes in Hebreeus [Profesie & Bybel]. Onthou dit is ‘n dubbele 20, die laaste keer– toe ek die Profesie gekry het–op 20 Januarie 2020, wat [Profesie] 150 is.

En ek wil net hê julle moet weet, hierdie is die Jaar van die Verlostes! Moenie Vrees nie!

Vrees is ‘n teistering wat YAHUVEH nie gestuur het nie. Ek het [dit wat was op] die voorblad afgehaal – van die informasie oor dit wat aangaan rondom hierdie wêreld –en ek het dit opgesit op ons YAHSTube (dat julle kan sien waar dit nou is terwyl julle kliek op die vaandel of as julle gaan na die media [menu op die webblad]) maar nou hoor ek dat ek julle geloof moet opbou!

Daar is te veel informasie oral op die Internet nou. Mens weet nie wat om te glo nie.

En wat julle ookal doen –as ‘n profeet sê dat hulle ‘n “Profeet” is en hulle beweer om Profesieë te hê, vra hulle waar die bewys agter hulle “profesieë” is, want ek sê dit vir julle: ek het “Bewys Agter die Profesieë” en dit sal 26 jaar op die Internet wees [aanlyn] op 4 April 2020.

Ons is in die jaar “20,” die getal van die verlostes! Wil julle nie in die verlostes wees nie? Dit beteken jy is gered deur die BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! Dit beteken jy het niks om te vrees nie. Want YAHUVEH sê HY het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en gesonde verstand!

O my AmightyWind gemeente – julle wat my jul Pastoor noem en die Apostel en die Profeet, ek gaan vir julle Profesie 52 lees, en julle gaan sien, wat nou op hierdie oomblik aangaan was reeds geprofeteer.

Moenie ‘n “Profeet” glo wat net die nuus vat en dan ‘n profesie daarvan maak nie. Kyk hoeveel jare gelede was dit geprofeteer en julle sal sien dat selfs hierdie sogenaamde Wuhan-virus –julle weet al dat dit reeds laboratorium vervaardig was, ek sal baie binnekort ‘n Profesie hê wat meer hieroor sê.

Ek gaan vir julle ‘n Profesie lees – maar ek moet gou maak.

Ek wil hê julle moet weet hoe lief ek ‘n ieder en elk van julle het, en julle is bedek in my gebede – enige iemand wat AmightyWind beskou as ‘n seën en wat my in hulle gebede hou en hierdie Bediening beskud met julle gebede!

Ek het gebid dat julle sal aanhou gehoorsaam. En as julle nie YAHUSHUA HA MASHIACH gehoorsaam nie kan julle nie die beloftes eis nie.

So gehoorsaam HOM! Staan op en hardloop in SY Arms in! En sê, “YAHUSHUA vergewe my, ek het gesondig!”

En HY sal getrou wees en jou weer vergewe en jy kan die beloftes eis dat geen plae naby jou woning kan kom nie, net soos Psalm 91 sê!

So, Profesie 52 EK, YAHUVEH, Sal Julle Weereens Verlos! En dit was vir my gegee op 2 November 2001. Baie jare gelede!

2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

Pasop om YAH se ware Profete aan te raak en hulle skade aan te doen (Ps. 105:15)– en dit is nie ‘n boodskap vir AmightyWind gemeente nie: Dit is vir die vyande wat daarvan hou om hierheen te kom. Om te kyk of ek nog leef! [lag] En of hierdie Bediening nog steeds staan! [lag] O my! Dit is nie my Bediening nie; dit is die HEILIGE DRIE EENHEID s’n. Ek is net die leier daarvan en neem my bevele uit die Hemel.

*******

Profesie 152 Begin

Ontvang 2 November 2001, Opnuut 20 Maart 2020

Liefste geliefde kinders van MY, hoeveel van julle roep uit na MY met weeklaag en trane en probeer julle vrees wegsteek vir die wêreld en vir julle vriende, maar neem julle PAPPA YAHUVEH en julle MESSIAS YAHUSHUA in julle vertroue! Julle kom na ONS toe met traanbevlekte gesigte in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA en sê, "Wat doen ons nou? Waarheen gaan ons?"

O lieflinge van MY, o EK is nie kwaad vir julle op hierdie tydstip nie. Dit is die bose waaroor - EK IS wit van woede is.

EK sien die bose se komplotte en planne. En dit is net soos in die tye van ouds met die slang in die Tuin van Eden, wat Adam & Eva wil bedrieg, en nou laat hulle julle dink dat julle nie kan wen sonder die wêreldse kennis van boosheid nie.

Julle VADER EK, YAHUVEH, is ALLE KENNIS en wanneer julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH (ook genoem “Jesus Christus”) en die RUACH HA KODESH (die HEILIGE GEES) soek soek julle WAARHEID & KENNIS. Wees verseker- solank julle soek, sal julle die antwoorde vind wanneer die tyd kom. As julle nie weet wat om te doen nie, wees dan verseker: Dit is nog nie tyd vir julle om te weet waarheen om te gaan, ook nie wat om te doen nie.

EK, YAHUVEH, sal nie vir julle die reiskaartjie gee alvorens dit tyd is om te gaan nie. EK, YAHUVEH, IS nooit te vroeg of te laat nie, maar EK IS altyd daar. Presies op tyd - nie ‘n sekonde om te spaar met tye nie, maar EK, YAHUVEH, sal jou nooit verlaat, of begewe nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER VAN DIE GANSE MENSDOM.

Julle hoef nie te vrees wat die bose mense sal doen nie. Want EK, YAHUVEH, gebruik die eenvoudige dinge, soos julle gebede, om die sogenaamde “wyse” (die bose) mense van hierdie wêreld te beskaam.

EK, YAHUVEH, IS selfs instaat om julle DNA te verander. Het julle dit geweet? Ja, as EK dit so verkies. EK, YAHUVEH, kan selfs die kleur van jou vel en jou oë verander. Moenie verwonderd wees nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER onthou? EK, YAHUVEH, IS daartoe instaat om julle onsigbaar te maak as EK, YAHUVEH, so verkies. Julle het GEEN IDEE watter standaard EK teen die bose mense sal oprig nie!

Die einste gebondenheid, siektes & plae wat die bose mense, wat satan se kinders genoem word, oor julle wil loslaat, sal hulle beskaam. Menige van MY kinders sal nie seerkry nie. Inteendeel, sal die bose mense se eie families hierdie siekte en plae opdoen, en hulle sal geen antwoord hê oor die rede hoekom nie. Al wat hulle sal moet erken is dat EK, YAHUVEH, dit gedoen het.

Die bose mense beywer om hulself te beskerm, en hulle ag hulself wys om selfs hulle eie families, en geliefdes en vriende ook in te ent. En tog, sal EK, YAHUVEH, daardie beskerming tot nul en gener waarde maak. Tot die mate wat die bose mense— die geveinstes —MY kinders wil leed aandoen, dit is die maat waarin die leed sal terugkom op hulself.

Begin nou hiervoor bid. Daar is groot krag in gebede gerig tot MY, YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, MY ENIG VERWEKTE SEUN.

Bid dat EK, YAHUVEH, vir julle groter geestelike wapens sal gee om te gebruik teen die vleeslikes wat opstaan teen MY geliefdes, wat MY aangesig en MY wil daagliks soek. Bid dat soos Elisa die mantel sien val het van Elia van Ouds, so sal julle dit ook weer aanskou — en julle sal toegerus word met nog meer van die RUACH HA KODESH se Salwings-krag.

Wanneer dit gebeur, hoef julle nie besorg te wees nie — hoe sal julle by ‘n sekere nasie uitkom? Wanneer EK, YAHUVEH, julle stuur sal julle net verskyn. Dink julle dit is vreemd? Lees julle Skrifte en sien hoeveel keer reeds, het hulle die krag gehad om te transporteer [d.i. wonderbaarlike verplasing] en weet dat die bose mense reeds sulke kragte gebruik vir bose doeleindes.

Die bose mense hou donker geheime, en tog sal EK, YAHUVEH, MY geheime vertel aan diegene [wat] die LEIDENDE LIG volg, WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. EK, YAHUVEH, sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Noukeurig Uitgesoektes beskerm! YAHUSHUA HA MASHIACH is ‘n LAMP vir julle voete.

Wanneer die bose mense julle lig wegneem, kyk na MY, YAHUVEH, en EK sal MY engele stuur om jou pad te verlig.

Die bose mense wil julle vrymoedigheid, geloof, vertroue, waarheid, privaatheid, vryheid, blydskap, vreugde —onuitspreeklik en vol van heerlikheid— en julle finansies van julle af wegneem! Dit is maklik vir hulle om te doen AS julle vir die gees van vrees luister, en al die slegte terugvoering op die nuus, meer as wat julle luister en die goeie verslae lees wat alles geskryf is in die Skrifte.

Ten minste MY Kinders kom in balans. Hoe kan julle hoop om vrees te oorwin wanneer ál wat julle doen is om die vreeswaansin te voed?

MY weggesteektes het die kennis, en ‘n uitweg rond-om ELKE wapen van die vyand wat MY kinders se vernietiging wil hê. En hierdie is die wêreld se vernietiging. Vertrou nie op jou eie insig nie, maar in al jou weë erken MY, YAHUVEH en EK, YAHUVEH, sal al jou weë rig in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle eie insig sal veroorsaak dat julle die onbekende vrees.

EK, YAHUVEH, slaap nie. EK, YAHUVEH, sal nie sluimer nie. MY Oë is op die nasies waar MY mense uitroep na MY in gebed, “Red ons!” — om hulle te red!

Luister nie na doem-en-swaarmoedige waarsêers nie. Hulle spreek en skryf dat EK, YAHUVEH, nie ‘n plek sal voorsien van toevlug vir MY geliefdes wat vir YAHUSHUA HA MASHIACH volg en hul bes doen om MY wette te gehoorsaam nie.

Hoekom wil MY kinders gehoorsaam wees aan MY, YAHUVEH? Omdat hulle hul HEMELSE VADER liefhet!

Die waarsêers het ingesluip in die ordes van die vyf-voudige ampte van die kerke, en van die politici, en die nuusgewers. Hulle spreek skrikwekkende dinge tot MY kinders. Hulle praat van neerlaag en nie oorwinning nie. Hulle wek twyfel in julle gedagtes [soos] OF EK, YAHUVEH, MY kinders sal red. Hulle waarsku dat almal gereed moet wees om aangeval te word, “Almal sal doodgaan of swaar beserings opdoen!” — sonder MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH aan julle kant, is hierdie waar.

Wat die nuusgewers en vele politici en die waarsêers vergeet is dat EK, YAHUVEH, nie MY kinders verlaat het nie.

Hoe sal dit vir MY Eer bring? Ja, MY kinders sal eendag by MY aansluit in die Hemel. Hierdie is waar, maar as EK nie ‘n weg van ontvlugting wou voorsien nie, waarom sou EK so sê in MY Skrifte? (Lk. 21:36, 1 Tess. 5:9) MY Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie. Dit sal uitvoer wat EK voortbestem het.

EK IS YAHUVEH! En EK het nie verander nie.

Wat EK, YAHUVEH, gedoen het vir Israel in die tyd van Moses; EK sal dit weer doen!

Wat EK gedoen het vir Lot; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Josef en Maria, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Noag, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir die drie Hebreeuse kinders, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Eliyahu, die Elia van Ouds, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Henog, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Elisa, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen.

Die galg wat Haman gebou het, EK YAHUVEH, sal hulle daaraan ophang! EK het ‘n Ester en net soos in die tye van ouds, sal EK, YAHUVEH, MY mense weer verlos. EK het ‘n Koning Dawid [diegene met so ‘n gees] en sal musiek en lofsange gebruik om die vyand te verslaan terwyl Psalms weereens tot MY opgehef word in geloof dat EK, YAHUVEH, weer sal verlos!

Wys MY in julle Skrifte waar EK nie MY mense verlos het —wat MY gebooie gevolg het en liefgehad het en MY, YAHUVEH, eerste gestel het in hul lewens nie? EK, YAHUVEH, sal MY kinders bevry uit die strik van die voëlvanger! Al wat julle moet doen is bid en geloof hê en te glo dat EK groter is as al hierdie skrikwekkende dinge wat probeer om oor MY kinders te kom! EK, YAHUVEH, sal julle gebede beantwoord wanneer julle na MY roep in die Gewyde Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Kom met vrymoedigheid voor MY Troon, en gee MY julle versoeke. EK, YAHUVEH, IS nie kwaad vir MY geliefde kinders nie.

By tye dwaal julle af en julle verontagsaam, en is die wolf gereed om julle te verskeur (alles net omdat julle weier om gehoorsaam te wees) — dus soos skape — is EK IS gedwing om julle agterbene te breek, maar dan soos ‘n GOEIE HERDER, dra EK jou liefdevol in MY arms. YAHUSHUA HA MASHIACH is die EEN wat jou nou liefdevol in SY Arms dra totdat jy gesond is en weer instaat is om te loop.

Waar los ‘n goeie herder ooit sy skape sonder toesig? Waar slaan ‘n goeie herder ooit die skape & lammers? NOOIT! Maar EK belowe wel dat EK diegene wat julle wil verskeur sal laat BEROU oor die dag wat hulle ooit gebore was.

Het EK, YAHUVEH, nie vir Lot gewaarsku en hom versper met MY engele sodat hy nie kon ingaan terug binne-in die stad van sonde nie genaamd Sodom & Gomorrah? EK het hom en sy familie beskerm (behalwe sy vrou. wat gekies het om MY te verontagsaam) teen die vuur en swael, wat ‘n vorm van verdrukking was vir Lot en sy familie ook.

Het EK, YAHUVEH, nie vir Josef en Maria gewaarsku om te vlug met YAHUSHUA as ‘n baba nie? In die tye van ouds was dit ‘n vorm van verdrukking — vir die moeders met babas. Want al die babas moes vermoor word, want die bose mense wou die ware MESSIAS vind om HOM dood te maak! EK, YAHUVEH, het ‘n engel gestuur om vir Josef te waarsku in ‘n droom en EK het vir hom gesê waarheen om te vlug en vir hom gesê wanneer om terug te kom.

Dink julle EK, YAHUVEH, sal nie vir julle dieselfde doen nie?

Het EK, YAHUVEH, nie ‘n ark vir Noag en sy familie voorsien nie? Voor daardie groot verdrukking van water die aarde oorstroom het?

Wat van Ester? Dink julle dit was nie ‘n vorm van verdrukking om vooruit te sien hoe die Joodse mense om haar vermoor word nie en tog het EK, YAHUVEH, nie ‘n uitkoms vir die Joodse mense voorsien nie? Anders sou daar geeneen gewees het vandag nie!

Het EK, YAHUVEH, nie die einste wapen gebruik wat veronderstel was om Mordecai en Ester dood te maak nie! (Die galg wat Haman gebou het, van mening dat hy vir Mordecai en Ester vasgetrek het — en al die Joodse mense doodgemaak sou word! En tog, het EK, YAHUVEH, vir Haman aan die einste galg laat hang— en sy tien seuns en sy vrou!)

Hoe kan die einstes wat sê dat hulle Profesieë hoor en hulle glo, ontken dat EK, YAHUVEH, altyd ‘n manier gehad het om MY mense te beskerm? Wees versigtig vir diegene wat hierdie dinge profeteer wat jou wanhopig laat voel.

Ongeag wat die verdrukking is, EK, YAHUVEH, sal ‘n manier van uitkoms voorsien vir diegene wat op MY vertrou en staatmaak in al hul weë. Vertrou meer in YAHUVEH, en julle YAHUSHUA HA MASHIACH as jou vrou, jou man, jou vriende en die vyf-voudige ampte— of regerings.

EK, YAHUVEH, sal julle nie belowe dat dit altyd ‘n maklike pad vir almal sal wees nie. EK sal julle nie belowe dat daar nie martelaars sal wees wat hulle lewens sal neerlê vir YAHUVEH en YAHUSHUA nie; EK sal julle belowe dat hierdie martelaars by MY in die Hemel is op hierdie oomblik en NOOIT weer sal hulle swaarkry nie.

EK sal julle nie belowe dat al MY kinders veilig gehou sal word [op elke fisiese manier] nie, maar EK, YAHUVEH, sal hulle beskerm soos EK die kinders van Israel beskerm het in die tye van ouds— toe die plae, en die duisternis, en dood oor hulle gekom het — het EK diegene gespaar wat die bloed van MY verbond gehad het in die tye van ouds. Hoeveel te meer sal EK nou doen met die NUWE BLOED VERBOND VAN YAHUSHUA HA MASCHIACH!

Wees gewaarsku wolwe: Julle sal ontbloot word. MY skape sal julle name ken en julle planne. EK, YAHUVEH, sien en ken elke persoon met die hart van ‘n wreedaardige wolf. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH alleen is die GOEIE HERDERS. EK, YAHUVEH, alleen sal julle wolwe beskaam— met julle eie skeppings en wapens van oorlog. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is die STAF VAN WOEDE wat julle sal weg-slaan van MY skape & lammers af.

Wees nie mislei nie! EK sal die wolwe doodmaak in MY tydsberekening en hulle nie net in die hel gooi nie, maar in die Poel van Vuur!

Aan almal wat die vernietiging wil hê van [die goeie in] Amerika & Israel en al die Christene & die Jode, wat is die prys van jou siel? En EK praat nou met die hele wêreld. As jy aanhou om dit te doen, dan sal jou siel vir ewig verdoem wees! As jy wegdraai hiervan— Draai dan na YAHUSHUA HA MASHIACH toe! — Dan sal jy vir ewig gered wees!

Dit is jou keuse.

Einde van Profesie

Offensief vir Sommiges, Ophelderend vir Ander

Vir die Liefde & Gehoorsaamheid & Heerlikheid

Van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH.

Gegee aan Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

Eerste ontvang Vrydag 2 November 2001, om 1:50 VM.| Her-lees 20 Maart 2020

In — die jaar was 2001. Profesie 52 was so pas gelees onder ‘n nuwe Salwing. Ek wil hê julle moet weet, ek wil nie hê dat julle die feite moet vrees wat ek op die voorblad opgesit het nie. Dit is nou, julle kan vind —as julle wil gaan kyk onder die “Corona[virus] Heroes & Information” [onder die AmightyWind.com media afdeling]— julle kan na YAHSTube gaan waar ek ongesensor is. En ons het ‘n hele bladsy aan hulle opgedra.

En ek wil ook sê hoe lief het ek ‘n ieder en elk wat vir my skryf en vir my sê hierdie Bediening is ‘n seën vir hulle, en hulle het hul lewens gegee vir YAHUSHUA HA MASHIACH.

Ek kan nie begin om julle te vertel hoe baie ek julle waardeer deur hierdie jare wat daar geen man was nie en daar geen mede-leier was nie. Ek kan nie begin om julle te bedank nie.

Vir julle Joodse Profete, julle manne, ek het julle nodig om aan te hou om na vore te kom. Ek het my broers in YAHUSHUA MASHIACH nodig om te omring [deur hulle gebede] en daardie manlike bedekking te wees vir my.

Ek het julle almal lief in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam — vir diegene wat my sowel as hierdie Bediening beskou as ‘n seën vir hulle.

Amen.

Einde van oorskrywing.

Bid dat julle sal uitvind waar in hierdie wêreld julle ark is en wanneer julle moet ingaan om die boosheid wat kom te ontvlug. Bid in die Gewyde Naam van YAHUSHUA— Maria [Miriam] het nie vir haar Joodse baba ‘n Griekse naam "Jesus" gegee nie. Daar is Salwings-krag in die Naam wat beteken YAHUVEH red: YAHUSHUA.