Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Emor / Spreek hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 13, 81, 119;

Levitikus 21:1-24:23;;

Esegiël 44:15-31;;

Jakobus 1:1-18;;



Profesie 13
Profesie 81
Profesie 119

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


18 Mei, 2024



Profesie 13 Vertel Vir Hulle My Kind, Vertel Hulle Namens MY!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu op 24 Januarie 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Gedurende gebed vandag 23/1/98, ek was besig om saam met my vriendin Sharon te bid. Ek was besig om vir haar te vertel van Gabriël en hoe ek steeds die visioen van die trompet teen sy lippe sien, wagtend vir die wagwoord van Vader YAHUVEH op die troon, om dit te blaas.

Sy het gesê, "O [Elisheva] het jy dit gesien?" En toe ek probeer om te antwoord, het daar instede daarvan tale uit my geskeur. Maar hulle was verskillende, dringende tale; warm trane het op my gesig geval. Toe het die RUACH ha KODESH vir my YAHUSHUA gewys. HY was knielend op die grond. HY kyk na Gabriël en SY gesig is met sy hande bedek en hy huil. HY snik so hard. HY het gepraat en ek kan hierdie woorde woor. Die snikke het uit my uit geskeur asof HY deur my huil. Die trane was so warm dat ek dit op my gesig gelos het. Wetende op een of ander manier dat dit nie vleeslike trane was nie, maar trane afkomstig van YAHUSHUA. Ek kan dit steeds op my gesig voel asof dit drooggeword en daar gebly het.

Hierdie is die woorde wat die RUACH ha KODESH nou terugsit in my gees want ek is opdrag gegee, "Vertel hulle MY kind, vertel hulle namens MY!" 24/1/98 gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH.

* * * * * * *

Alhoewel EK juig omdat EK kom om MY Kinders uit hierdie bose wêreld weg te neem, om MY Bruid huis toe te neem in MY arms, huil EK en snik EK want EK is in twee geskeur. So baie sal agtergelaat word, so baie wat hulleself MYNE noem en tog is MY Gees nie in hulle nie. Hulle sal agtergelaat word om die toorn van Almagtige GOD YAHUVEH te verduur. Vertel vir hulle MY Dogter, vertel vir hulle namens MY. Waarsku hulle. Baie sal luister en hierdie profesie gehoorsaam. EK huil oor die kerke wat oorloop en waar mense in toue staan om in die kerke in te kom.

Maar MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie in hierdie kerke nie. Hierdie mense noem hulleself MYNE en hulle ken MY nie. Hulle is die kerk van die huigelaars.Vertel vir hulle MY Kind, Vertel vir hulle namens MY. Hulle sal agtergelaat word om die toorn van die Almagtige GOD YAHUVEH te verduur as hulle nie BEROU toon nie. Wat 'n tragedie. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH IS VINNIG AAN DIE KOM! EK ween oor die mans wat hulle heidense vrouens sal verlaat. EK ween oor die vrouens wat hulle heidense mans sal verlaat. EK ween want hulle het probeer, maar die heidense huweliksmaats wou nie luister nie.

Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want EK kom, O so gou. EK ween oor diegene wat dink EK haat hulle. Tog het EK vir hulle sondes gesterf en opgestaan vir hulle.Vertel vir hulle MY Kind, Vertel vir hulle namens MY want EK kom nou O so gou. EK weet dit klink asof so min luister en meer hulle ore sal toedruk eerder as om te luister. Maar niks het verander nie. Het hulle nie dieselfde aan MY gedoen nie? Het hulle nie gekyk toe EK op Golgota gekruisig is nie? Het dieselfde persone wat die wonderwerke aanskou het wat EK gedoen het, nie geskree 'kruisig hom aan daardie kruis' nie? Terwyl al wat EK wou doen was om 'n seën vir hulle en vir julle te wees, en EK het vir almal gesterf om julle vir ewig vry te maak uit satan se greep.

En tog, hoeveel lippe vervloek, ontken, is ongehoorsaam, spot en laster MY nogsteeds? Jy sal soos 'n stem wees wat in die woestyn roep en MY Dogter, dit sal voorkom asof jy slegs jou eie eggo hoor wat terugkeer na jou eie ore. Maar dit is nie jou eggo nie, maar MY eggo wat die wêreld sal hoor wat oor jou lippe kom wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit te spreek, nie jou woorde nie.

Die prys was groot wat jy en ander wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit te spreek, betaal het, julle het 'n groot offer betaal. Maar julle belonings sal groot wees. Want niks wat julle namens MY prysgee, sal onbeloon wees nie. Geen pyn of lyding wat julle verduur het, sal onbeloon verbygaan nie. Vir wat julle ookal om MY NAAM ontwil gely het, sal EK julle nie net op hierdie aarde nie maar ook vir ewig in die Hemel beloon.Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, want EK Kom O so gou.

Die seëninge sal groot wees wat EK gereserveer het vir almal wie MY dien, gehoorsaam, tiendes gee, wie Heilig is en MY aanbid. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want EK Kom O so gou. EK sê vir jou dat ander hierdie profetiese eggo oor die ganse wêreld sal hoor en hulle sal nie die stem van 'n vrou hoor wat praat nie, maar hulle sal die stem van die Almagtige GOD YAHUVEH hoor wat praat. Hulle sal nie net een stem hoor nie, maar MY stem sal deur baie ander weerklink.

Selfs die heidene sal gedwing word om MY stem te hoor. Kan julle nie 'n eggo, selfs van veraf hoor nie? Al druk hulle hul ore toe, sal hulle MY stem hoor praat. Dit is hulle keuse of hulle gaan gehoorsaam, maar EK sal hulle dwing om te luister. Moenie die vyand se haat, toorn of verwerping en dreigemente vrees nie. Soos wat die wêreld MY gehaat het, so sal hulle julle ook haat en almal wat waarlik aan MY behoort. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY sodat siele steeds in MY NAAM en Bloed vrygemaak kan word van die toorn van YAHUVEH Almagtig wat gou oor hierdie wêreld gaan kom. EK kom eerstens om MY Kinders O so liefdevol huis toe te neem! EK weet wie MYNE is; hulle wie MY Gees in hulle het, het alreeds onsigbare vlerke om mee te vlieg.

Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, want EK kom O So gou. Hulle wie EK MY Kinders noem, sal MY stem hoor en herken. Hulle wie nie MY Kinders is nie maar van die kerk van die huigelaars (pretenders) is, sal hulle ore toedruk en sê, "Gaan weg, ons wil nie hoor wat jy sê nie." Selfs as dit wat EK profeteer, uiteindelik gebeur, sal hulle jou blameer dat jy dit veroorsaak het. Want jy spreek dit uit en wat jy profeteer aan ander, sal baie vinnig gebeur.

Hierdie wêreld sal NOOIT MY Kinders omhels nie. Hierdie wêreld is vol sonde en 'n stank in MY neusgate. Die stank van sonde in Amerika en in hierdie nasie se leiers en van hierdie wêreld, laat MY verstik en EK wil vrykom van hierdie stank. Dit is hoekom EK kom om MY Kinders veilig huis toe te neem. Dan sal die oordeel van YAHUVEH op hierdie aarde neerkom op 'n manier wat nooit van gedroom is of nooit weer sal gebeur nie. En dit sal met hierdie heidense land gebeur. Maar as die wêreld julle omhels wanneer EK kom, weet dit dan en pasop, want jy is dan nie MY Kind nie. Jy behoort aan satan, en jou naam is nie in die Lam se Boek van die Lewe onder die opskrif 'verlostes' geskryf nie. Julle is slegs geskik vir die oordeel en toorn van Almagtige GOD YAHUVEH. Die Hel is al wat julle sal sien.

Daar is 'n Lam se Boek van Lewe wat geskep is voordat die wêreld gevorm was en EK het vooraf geweet wie se name ingeskryf sou word en onder watter opskrif. Daar is slegs drie opskrifte daar. Die Verlostes .... uitgewistes (blotted out) ..... die verdoemdes .... jou naam is alreeds daar in een van die plekke. Selfs hulle wat onder die verlostes gelys is, se name kan uitgevee word en as dit uigevee is, sal dit wees omdat julle die goedheid van YAHUVEH die Vader geken het, maar gekies het om die god van hierdie wêreld te dien met vleeslike begeerte en julle rug op MY gedraai het en slegs voorgegee het om julle harte en lewens vir MY te gee. EK het dit alles vooraf geweet en geweet watter keuses julle sou maak, want EK is die GOD van alle wysheid en kennis en EK word nooit verras deur enigiets wat gebeur nie.

Onthou, wat ookal, wie ookal julle die liefste het, is die God wat julle dien. Die wêreld omhels en klap hande vir Mick Jagger, tog dien hy 'n ander god. Die god van boosheid en alhoewel EK die roem en rykdom toegelaat het, is dit al wat hy ooit sal ken want hy het lank gelede sy siel aan die hel verkoop. Nou probeer hy net om ander saam te neem waar hy heengaan. Daar is so baie 'rock'sterre, soos wat hulle genoem word, en satan bespot MY selfs met hierdie naam, want hy weet dat daar maar net een Lewende Rots (Rock) is en dit is EK, julle Here YAHUSHUA ha MASHIACH. Weet dit; 'rock' musiek is nie van die Lewende Rots (Rock) nie. 'Rock'sterre het nie die Gees van die Lewende Rots (Rock) nie. Hulle het hulle siele verkoop vir roem en rykdom. Verbonde met die duiwel aangegaan wat EK maklik kon breek en baie maal doen EK dit. Maar hulle kan nogsteeds berou toon, wegdraai en hulle in MY Gestorte Bloed op Golgota was.

Vermaaklikheidskunstenaars, julle het julle siele verkoop. Julle word betaal om alles wat Heilig is en MY NAAM te vervloek, bloot vir wêreldse roem en rykdom. Maar julle kan nie toegang tot die Hemel koop nie. Die rykes en beroemdes van hierdie wêreld is nie die rykes en beroemdes in Almagtige GOD YAHUVEH se oë nie. Julle is armlastiges, maar julle weet dit nie. Julle is uitgehonger vir die Brood van die Lewe, maar julle weet dit nie. Julle sterf van dors na die Lewende Water, maar julle weet dit nie. Julle is naak en het geen bedekking nie, maar julle weet dit nie. Julle is oppad hel toe, en julle weet dit nie. Julle is ryk aan wêreldse besittings, maar armlastiges in geestelike gawes. Julle geld kan nie koop wat EK gratis aan MY Kinders gee nie. MY Kinders dien MY en plaas MY eerste in hulle lewens, leef Heilig voor MY en getuig van MY, en ly om MY NAAM ontwil. MY Kinders gee tiendes, gee offergawes om die werk te ondersteun wat EK vir ander bedienaars beveel het om te doen, deur die Heilige tiendes en offergawes te gebruik.

Om hierdie rede sal EK hulle spaar op die Oordeelsdag. MY Kinders is nie bang om op te staan vir Heiligheid nie. Hulle sal teen homoseksualisme en aborsie, pornografie en alle maniere van sondes praat. Het EK nie lief genoeg gehad om selfs die Fariseërs te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? Het EK nie vir Moses gestuur om die bose Farao te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? MY Kinders weet dat EK dieselfde beloning belowe het as wat hierdie prediker in die Hemel sal ontvang deur aan die mense te preek, en siele na MY toe te bring, en te bid, en te onderrig, en die gevangenes in MY NAAM vry te maak. Om teen onheiligheid te praat en MY Profetiese Boodskappe te verkondig.

Dieselfde skat is weggelê vir enigeen wie hierdie Apostels, Profete, Evangeliste, Pastore, Leraars ondersteun, bemoedig en vir hulle bid. Hulle sal ook dieselfde beloning ontvang wat vir hulle in die Hemel weggelê word.

EK vermaan julle, saai julle saad slegs in bedienings wat die volle waarheid preek en verkondig, selfs as dit beledig. Bid vir hierdie bedienaars, ondersteun hulle. EK praat nie van mensegemaakte lisensies wat hierdie wêreld geestelike geloofsbriewe noem nie. Baie het dit en het ook enorme groot kerke, tog gebruik hulle dit om die mense te mislei. Slegs Almagtige GOD YAHUVEH orden, nie 'n mens nie.

Want EK ken die Gees van daardie man of vrou, EK weet of hulle geskik is om 'n geestelike leier te wees. Die mens speel weereens god. Baie is geroep en min is deur MY uitverkies. So, moenie toelaat dat satan julle mislei nie. Julle sal verantwoordelik gehou word as julle tiendes en offergeld aan 'n kerk gee wat julle weet nie die Ware Evangelie van YAHUSHUA verkondig nie. As daardie pastoor dwaling verkondig en ander mislei en julle help hom met julle tiendes en offergawes, sal julle veroordeel voel as julle hierdie lees, en julle sal weet dat EK nie ingenome is nie. Want deur dit te doen het julle die vyande gehelp om MY Kinders nederlaag te laat lei.

EK het behae daarin as julle tiendes en offergawes aan hulle gee wie daagliks sy of haar lewe neerlê vir MY. Wie daagliks 'n dienaar vir die mense en vir MY is. Hulle word meeste van die tyd mishandel, verwerp en gehaat deur op te staan vir heiligheid, en MY booskappe uit te spreek.

So baie van die bedienaars dra alleen die finansiële las. Waar is MY Kinders vir wie EK geseën het? Hoekom saai julle saad in harde, droë en onvrugbare grond? Hoekom bid julle nie en gevra waar om julle Heilige tiendes en offergawes te plant nie? Ja, EK het satan se vervalsers ontbloot wie MY beroof deur die Heilige tiendes en offergawes te steel en dit slegs gebruik tot hulle eie voordeel. Die wolwe in skaapsklere is ontbloot en hulle sal op die Oordeelsdag voor Almagtige GOD YAHUVEH staan vir wie hulle beroof het. Ellende wag op hierdie bedienaars.

Bid dat EK vir julle die onvervalste teenoor satan se vervalsing sal wys. EK het 'n gulsige dissipel gehad, 'n seun van die hel, maar dit beteken nie dat al die dissipels verraaiers was nie, het dit? So is dit weereens waar. Julle het gevra, "Hoekom word ek nie geseën omdat ek my tien persent gee nie?" EK sal vir julle vertel, dit is omdat julle saad in harde, droë grond saai wat dwaalleer verkondig en ander verlei tot in die ingewande van die hel. BEROU VANDAG! As jy MY Kind is en jy gee nie tiendes en offergawes nie dan is jy nie gehoorsaam aan MY nie. Hoekom sê jy dan dat jy MY liefhet as jy MY nie gehoorsaam nie. BEROU VANDAG! Sodat EK jou kan seën op dieselfde manier as die wonderwerk van die brood en vissies. Sodat jou gebede vinnig beantwoord kan word.

EK hoor hoe sommige van MY Kinders nou sê, "Ag nee, ek gaan nie van MY geld vir 'n bediening gee nie, ek glo nie in tiendes gee nie" en ander sal sê, "Ek gee vir 'n bediening, ek hou nie daarvan nie en ek erken dat ek nie gewillig gee nie, maar ek gee wel, nie veel nie, maar ek gee." Hier is MY antwoord aan die eerste groep wie hulleself MYNE noem. Ondersoek julleself, want as julle nie die Woord van YAHUVEH gehoorsaam nie, hoe kan julle sê dat MY RUACH ha KODESH in julle woon? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en MY nie gehoorsaam nie? Vir hulle wie spaarsamig en onwillig gee, sê EK dit, EK sal ook spaarsamig en onwillig aan julle teruggee.

Want met dieselfde maat waarmee julle meet, en dieselfde gesindheid, met dieselfde gesindheid sal EK aan julle teruggee. So daar het julle nou julle antwoorde. As EK nie julle gebede vinnig beantwoord nie, weet julle nou hoekom nie. Wanneer dit lyk of julle sakke gate in het, en die vernietiger kom en eet julle saad op sodat daar nie genoeg is om julle skuldenaars te betaal nie, weet julle nou hoekom. Daar rus 'n vloek op almal se finansies wat nie onthou om die 10% as ‘n tiende te gee nie. ‘n Offergawe is enigiets bo dit. Wanneer dit lyk asof alles wat verkeerd kan gaan in julle lewens verkeerd gaan. Nou weet julle hoekom.

Julle het YAHUVEH beroof. Maleàgi 3 het nie verander nie. Die beroemde bedienaars van hierdie wêreld praat nie altyd die waarheid nie, maar instede daarvan, ondersoek wat hulle sê, is dit in lyn met die Woord van YAHUVEH of verdraai hulle die skrifte om in lyn te wees met die Woord van YAHUVEH of om by die mens se beeld aan te pas? Julle tiendes en offergawes, ongeag hoe groot die offer, is nie vir MY Heilig as julle in satan se koninkryk saai nie. En dit is wat julle doen as julle iemand ondersteun wie dwaling verkondig en mensgemaakte leerstellinge onderrig, nie die Heilige Woord van YAHUVEH wat nie kan lieg nie. EK is die Woord wat vlees geword het. Julle word nou verantwoordelik gehou vir wat julle nie geweet het, of wat julle nie geleer is nie.

BEROU VANDAG!

EK kan geld uit die Hemel laat reën om die bedienaars se behoeftes te vul, tog het EK verkies om dit nie te doen nie maar wil instede daarvan hê dat julle in die seën deel deur julle 10% tiendes en offergawes te gee om die werk van YAHUSHUA te ondersteun. Baie van julle dink die tiende is na belasting, na julle julle rekeninge vereffen het, maar lees Maleàgi 3 versigtig deur en julle sal sien dit is die beste, nie die oorskiet nie. BEROU, voorheen het julle nie van beter geweet nie, nou word julle verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Julle sal weet julle is waarlik MYNE, wanneer julle begeer om tiendes te gee en julle sal opgewonde raak as julle dit in julle Gees ervaar. Wanneer julle tiendes gee gaar julle net julle seëninge in die Hemel op wat losgemaak sal word wanneer julle dit benodig en vinnige antwoorde op julle gebede. Beproef MY en kyk of EK 'n GOD is wat lieg. Lees Maleàgi 3 en beproef MY dan.

Aangesien EK weet dat die meeste nie sal tyd maak om dit te lees nie, sal EK MY dienaar hier laat ophou en dit uit tik vir julle. Onthou die duiwel het julle mislei deur sy dienaars te gebruik om julle te laat dink dat alle pastore Rolls Royces ry, privaat stralers het en hulle sakke vul met silwer en goud. Hulle wat hierdie dinge doen, roof die tiendes en offergawes van predikers wie dit nodig het en vir wie EK MY Mense aangesê het om tiendes en offergawes voor te gee. Hoekom praat EK van dit deur hierdie profetiese boodskap? Dit is omdat julle nie hierdie waarhede in die ryk bedienings sal hoor nie, hulle is te bang om iemand te beledig. Hulle sal julle nie waarsku waar die wolwe is nie. Hulle sal nie vir julle sê sonde is sonde nie, YAHUVEH het nie verander nie, die mens het. Die welgestelde bedienaars neem die heidene se geld en vertel nie eers vir hulle hulle moet berou, want hulle is oppad hel toe nie.

Die bedienaars wat EK oprig sal MY Woorde uitspreek; hulle het nie die rykdom van hierdie wêreld wat hulle bang sal wees om te verloor nie. Maar in hierdie eindtye het hulle het ook julle ondersteuning nodig. Dit sal hierdie bedienaars wees wie in dapperheid net soos Johannes die Doper sal wees. Baie van MY Kinders dink omdat die ryk en beroemde bedienaars kerke het wat oorloop, daar toue staan wat wil ingaan, en dieselfde beroemde name verskyn op TV en radio, dat die tiendes weliswaar meer saad sal maai as wat dit aan iemand gegee word wat MY Werk doen, maar wie nie beroemd is of die materiële besittings het wat hierbo genoem is nie. MY getroue bedienaars ondersteun die bedienings met hul eie finansies. Hulle maak op MY staat om die mense se harte te beweeg om saad in die nederige bedienings te saai. EK het met hierdie dienaar gepraat wie EK nou gebruik om hierdie boodskap oor te dra toe sy MY gevra het hoekom EK nie die visse met die goue geldstukke in hulle bekke gestuur het nie. So spreek die Almagtige GOD YAHUVEH aan al MY dienaars en bedienaars wie hierdie selfde vraag gevra het. EK het hulle gestuur, EK het vir hulle aangesê om te gee, maar hulle gehoorsaam nie.

Daarom sal EK gehoorsame dienaars oprig wie hulle saad in die vrugbare sielewenner-bedienings sal saai. Ja, selfs hierdie bediening, want die arbeider is die loon werd. Hoekom is dit so dat as 'n persoon 'n wêreldse werk doen, almal dink, ja hulle moet betaal word vir die harde werk. Maar as die persoon vir MY werk en selfs harder werk, want 'n bedienaar werk elke wakker oomblik, elke dag van hul lewe. Tog, hoe min verstaan dat hulle ook 'n salaris werd is. Is hulle nie? Dit is waarvoor die tiendes nodig is. Het EK nie beveel dat die eerste tiende na Aaron, die Priester moes gaan nie? Lees die hele Maleàgi 3 en vra vir MY om julle te onderrig hoekom daar 'n seën hierin is, nie net vir die grond waarin die saad geplant was nie, maar ook vir die saaier van die saad. MY RUACH ha KODESH oortuig en wys nou vir julle wie nou hier lees, of julle gehoorsaam is of nie. (Maleàgi 3:6-18. EK YAHUVEH verander nie. So julle, O kinders van Jakob, is nie vernietig nie.

Sedert die dae van julle voorvaders het julle van MY insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na MY en EK sal na julle terugkeer, sê die Almagtige GOD YAHUVEH. Maar julle vra: hoe moet ons terugkeer? Mag 'n mens YAHUVEH beroof? Nogtans beroof julle MY. Maar julle vra: waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawes. Julle is onder 'n vloek, die hele nasie, omdat julle MY beroof. Bring die hele tiende na die pakhuis, sodat daar voedsel in MY huis kan wees. Beproef MY hierin, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en kyk of EK nie die vensters van die Hemel (sluise) sal oop gooi en so baie seën sal uitstort dat julle nie genoeg plek vir dit sal hê nie. EK sal verhoed dat plae julle oeste verslind en die wynstokke op julle lande sal nie hulle vrugte afgooi nie, sê die Almagtige GOD YAHUVEH. Dan sal almal julle geseënd noem, want julle land sal genotvol wees, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en julle het skerp woorde teen MY gesê, sê YAHUVEH.

Nogtans vra julle: "Wat het ons teen U gespreek"? Julle het gesê: "Dit is tevergeefs om YAHUVEH te dien, wat het dit ons gebaat om sy behoeftes uit te voer en soos rouklaers voor die Almagtige GOD YAHUVEH te wandel?" Maar nou noem ons die verwaandes geseënd. Die kwaaddoeners floreer sekerlik, en selfs hulle wat YAHUVEH uitdaag, ontsnap. Toe het die wat YAHUVEH vrees, met mekaar gespreek en YAHUVEH het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor Sy aangesig geskrywe vir die wat YAHUVEH gevrees het en SY NAAM geëer het. Hulle sal MYNE wees, sê Almagtige GOD YAHUVEH, op die dag wat EK my kosbare besittings opmaak, sal EK hulle spaar, net soos 'n man sy seun spaar wat hom dien en julle sal weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat YAHUVEH dien en die wat HOM nie dien nie. Hulle wie MY Bediendings ondersteun wat MY Woord uitspreek, doen dit nie vir hulle lof, eer en glorie nie, maar vir MY Lof, Eer en Glorie. Sodat hulle goedheid 'n weerkaatsing van die GOD is wie hulle dien. Wat 'n vreugde is julle vir MY.

O die skaamte wat EK vir julle het wie wel MY bedienaars ondersteun maar dit doen vir 'n belastingvrystelling. Daar sal weliswaar geen ander seën as dit wees nie. Pasop vir hulle wie vir liefdadigheidsorganisasies gee sodat hulle geld op hulle belasting kan terugkry. EK ken julle harte. Dit is ver van MY af. Dit is 'n stink offergawe wat nie aangenaam in MY neusgate is nie. BEROU VANDAG! EK het baie miljoenêrs maar so min ondersteun hulle wie dit waag om MY Boodskappers te wees. Hulle sal verantwoordelik gehou word op die Oordeelsdag.

BEROU VANDAG!

Belê in siele. Julle kan nie die geld en besittings saamneem wanneer julle hierdie aarde verlaat nie. EK sal aan hulle wie oorvloedig geseënd was vra, "Hoe het julle jul geld vir MY Eer gebruik, vir MY Kinders?" Wat sal julle sê? satan het laat mense saad in bose werke saai, bose herders wat MY Woorde verdraai, boodskappe uitspreek wat nie beledig nie, sodat hulle nie finansieel sou ly of hulle belastingvrystellingstatus verloor nie. Of wie bang is om die heidene te beledig en nie bang is om Almagtige GOD YAHUVEH te beledig nie. Ellende wag op julle. EK het bedienaars opgerig wie nie wêreldse rykdom het nie maar met dapperheid MY Woorde uitspreek, en MY Mense en vir MY seën.

EK praat tot die harte van MY Mense, en sê, gee tiendes, gee liefdesoffers en hulle tree op asof hulle doof en blind is vir die nood van die bedienaars. Ellende wag op julle opstandige kinders! EK sal dit wat EK vir julle gegee het, wegneem en vir een van MY Kinders gee wie nie gulsig is nie. Die werk wat julle het, het EK vir julle gegee, nie om op te gaar vir ingeval julle dit eendag sal nodig kry nie, maar om dit te gebruik om die Evangelie oor die hele wêreld te verkondig. EK praat nou tot die harte van hulle wie materiële besittings meer aanbid het as vir MY. Wie geld meer aanbid het as vir MY. Hierdie dinge sal julle nie spaar wanneer EK weer kom nie. Maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar, waar mot en roes nie kan verniel en waar diewe nie kan inbreek en steel nie. Hoeveel van julle doen dit? Klee julle die wat naak is? Voed julle die armes? Nie in julle naam nie maar in MY NAAM! Nie vir julle eer nie, maar vir MY Eer?

Vermaaklikheidsterre en die rykes gee vir allerhande liefdadigheid en dink dit sal MY woede kalmeer, maar dit doen nie. Want baie doen hierdie dinge, gee 'n bietjie uit hulle oorvloed vir hul lof, eer en glorie en nie vir MYNE nie, in hulle name nie in MY NAAM nie. Weliswaar is dit hulle enigste beloning. Geld kan nie die leemte vul wat EK veronderstel is om te vul nie. Elkeen het 'n leemte; dit is 'n vakuum wat binne in elke mens geplaas is wat na MY beeld geskape is om MY lief te hê en begeer om hulle Skepper lief te hê. Tog vul die mens daardie leemte met so baie wêreldse dinge, materiële dinge en soek na ander gode, tog is EK die enigste een wat daardie leemte kan vul. EK ween want die wêreld dink dat as iemand wat ryk en beroemd was, deur die dood weggeneem word en almal ken daardie persoon se naam, dat hierdie persoon terwille van sy roem en rykdom op hierdie aarde, die Koninkryk van die Hemel sal beërwe. Tog is dit 'n leuen uit die hel. As die rykes en beroemdes deur hierdie wêreld bemind was, en nie verwerp is omdat hulle aan MY behoort nie, dan sê EK weer vir julle dat hulle nie die Gees van die Lewende GOD in hulle het nie.

Vertel vir hulle MY kind; vertel vir hulle namens MY, is dit regtig die prys van ewige hel werd? Vertel vir hulle dat slegs deur YAHUSHUA ha MASHIACH te dien en te aanbid en lief te hê, MY eerste te stel in hulle lewens, MY te gehoorsaam, Heilig te lewe, Heiligheid te verdedig, ander genoeg lief te hê om hulle te waarsku, dit sal hulle in die Hemel bring. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, hulle het die liefde en bewondering gesteel wat bedoel was vir MY. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, as hulle verlossing wil hê, dit kom deur die Bloed wat EK op Golgota gestort het.

Die Vermaaklikheidsterre doen so baie goeie werke, tog hulle doen dit nie vir MY, vir MY Lof, Eer en Glorie nie. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY. Sê hulle moet BEROU; wegdraai van hulle sondes, daar is vergifnis in MY Gestorte Bloed op Golgota. EK het ook vir hulle gesterf sodat hulle vry kan kom. Vertel vir hulle, MY Kind; vertel vir hulle namens MY, want jy is nie net na die armes en mishandelde skape gestuur nie, jy is ook na diegene gestuur wie hulself bo die gemiddelde stel wie glo hulle het hul eie publisiteit gekoop. Jy is na die leiers van hierdie land gestuur, en baie [lande]. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want vir MY is die rykes en armes dieselfde, EK het MY Bloed vir hulle op Golgota gestort, sodat hulle vry kan wees van die hel. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want EK kom gou. Geloof sonder werke is dood. Baie van die rykes en die beroemdes het nie hul geloof in MY gestel nie, maar in die populariteit van hierdie wêreld. In die mag van die een wat die meeste geld het.

Selfs 'n geliefde gasvrou van 'n geselsprogram wat die wêreld ken, was eens MYNE, maar het nou verdwaal. Die wêreld omhels haar want sy staan vir die wêreld. Sy staan nie meer vir Heiligheid nie, maar instede spot sy met alles wat sy weet Heilig is. Sy bespot die Woord van YAHUVEH waarin sy eenmaal geglo het. Sy soek ander gode vir haar jeukende ore. Sy hoereer agter ander gode aan, maar vertel haar sy moet BEROU en terugkom na MY toe want dit is EK wat haar hierdie guns en gewildheid gegee het, sodat sy ander na MY reddende Bloed op Golgota kon lei. Vertel dit vir Oprah Winfrey. Vertel vir haar MY Kind; vertel vir haar namens MY want die lot van Prinses Diana sal ook tot in ewigheid hare wees as sy nie gou berou en terugkom na YAHUSHUA ha MASHIACH, wie die prys betaal het sodat sy vry kan kom van satan se greep nie. Vertel vir Oprah Winfrey om terug te kom na Golgota en terug te kom na die wortels van haar voorvaders waar sy hoort. Vertel vir haar dat niemand haar kan liefhê soos EK nie.

Vertel vir haar dat EK haar geseën het met elke begeerte van haar hart, en niemand kan daardie leemte wat GOD gemaak het, vul nie behalwe EK. EK wag vir haar om terug te keer en tog noem sy haarself MYNE, en MY Gees is ver van haar af. Vertel vir haar namens MY, MY Dogter, EK treur oor haar! EK ween oor hierdie wêreld wat sy verlei. Vertel vir Oprah, MY Kind, vertel vir haar namens MY alhoewel sy dalk mag spot, sy sal in haar gees weet dat 'n Profeet van YAHUVEH haar gewaarsku het en die een wat EK gestuur het, is jy. Vertel vir haar MY Kind, vertel vir haar namens MY, keer terug na die GOD van Heiligheid wat sy eens aanbid het, YAHUSHUA ha MASHIACH wie die prys op Golgota betaal het. Vertel vir haar dat sy volgens die Heilige Woord van YAHUVEH moet lewe, of sy sal nooit haar familie sien wat vir haar in die Hemel wag nie. Vertel vir haar; vertel vir haar namens MY, MY Dogter want EK het jou geroep om die wêreld se geselsprogram gasvrou, Oprah Winfrey te bedien.

Vertel vir haar dat sy bedoel was om MYNE te wees, maar sy het keer op keer weggehardloop van MY af. Vertel vir haar MY Dogter, vertel vir haar namens MY. Al MY Kinders wat elke dag na haar kyk en haar ryk maak, en woorde aanhaal wat sy sê, EK vonnis julle nou swaar met 'n boodskap soos hierdie. Julle noem julleself by MY NAAM, maar julle kyk daagliks hoe sy die betekenis van Heiligheid ontheilig. Staan op en sê dit vir haar, vertel vir haar namens MY, julle is ook MY stemme wat haar terug moet bring na die Gees van bekering deur MY Gestorte Bloed op Golgota. Vertel vir haar MY Kinders; vertel vir haar namens MY dat dit vir julle is wie sy probeer behaag en nie vir MY nie.

EK is verheug oor julle, MY Kinders wie ryk is in geloof. Nie julle geloof in die rykdomme van die wêreld plaas nie. Julle kan nie twee here dien nie. Julle sal die een haat en die ander liefhê. Julle kan nie twee wêrelde dien nie, die wêreld van die vlees, en die wêreld van die Koninkryk van die Hemel. Slegs hulle wie die vlees ontken en in die RUACH ha KODESH lewe en wandel sal EK spaar. Vertel vir hulle MY Kind, wees MY stem en vertel vir hulle namens MY. Aan hulle wie YAHUSHUA geestelike ore en oë gegee het, sal met hierdie boodskap vrygemaak word. Vertel vir hulle MY kind, vertel vir hulle namens MY. MY swart skape, maak nie saak hoe ver julle afgedwaal het nie, kom terug na julle enigste Goeie Herder, kom terug na MY toe.

Bestraf satan en vlug van hierdie demone van onheiligheid en julle sal die Hemel aanskou. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA het die prys op Golgota betaal. EK het alles gedoen wat EK kan doen; nou laat EK die keuses vir julle. Vertel vir hulle, almal wie ore het om te hoor en oë om te sien, gee hierdie boodskappe aan wat EK met julle gespreek het, sodat julle op die komende dag waardig geag sal word wanneer EK MY Uitverkorenes in MY arms gaan bymekaar maak en huis toe neem, julle sal weet want deur julle woorde sal julle nie alleen gaan nie. Vertel vir hulle MY Kinders; vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH kom gou. Want Gabriël hou sy oë op ons Vader YAHUVEH, die trompet teen sy lippe, hy wag slegs op Vader YAHUVEH se teken en dan sal YAHUVEH na MY toe draai en sê, "GAAN, NOU IS DIE TYD, GAAN HAAL JOU BRUID!" Tot dan wag, kyk en luister EK wetende wie sal gehoorsaam en hierdie waarskuwing oor die komende Oordeelsdag deurgee.

Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Laat julle stemme saam met hierdie Profeet van MY weerklink, terwyl daar nog tyd is. Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY. Om geloof in MY te hê is die sleutel tot hul bestemming. Maar dit is nie genoeg om net te glo wie EK is nie, MY Kinders moet die Groot GOD YAHUVEH 'EK IS' gehoorsaam, liefhê en dien. Vertel vir hulle MY Kind, alhoewel baie nie sal luister nie, vertel vir hulle namens MY! Hemel of hel is vir ewig. Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Julle is op hierdie dag gewaarsku, wat sal dit wees? Sal EK sê, "Welgedaan goeie en getroue dienskneg, kom in," of sal EK sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid en sonde, julle het nooit die RUACH ha KODESH van VADER YAHUVEH in julle gehad nie. Julle het die god van hierdie wêreld en sonde gedien, nou sal julle wie satan gedien het, vir ewig saam met hom ly". Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH KOM GOU! Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY.

Gegee aan Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA, Profeet Elisheva Eliyahu op 24//1/1998 om 12:46 vm.



Profesie 81 O, Yisrael! EK, YAHUVEH, Bestraf Julle!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

24 Januarie 2006 om 7:00 nm. (1ste deel van die profesie) YAHUVEH het gesê, moet dit nog nie vrystel nie, dit is nog nie klaar nie.

Vrygestel 2de deel 7 Februarie 2006 - 5:00 nm.

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

O, Yisrael, O Yisrael, EK is bedroef. Wat meer moet EK doen, want EK het MY Seun YAHUSHUA na julle toe gestuur.

* * * * * * *

[Op Band opname]

Elisabeth [Elisheva] sê, "Hmmm."

"Stop, Stop, Stop!" [Sy was aangesê deur YAHUVEH om te stop en ons geestelike gesag op te neem, eers satan en sy demone weg te bind van hierdie gebied waar ons woon, alle prinse, kragte, owerhede en heersers in hoë plekke oor hierdie gebied te bind, in die Naam van YAHUSHUA, sodat hierdie woord nie verhinder sou word nie.] [Elisabeth (Elisheva) het voortgegaan in Heilige Tale en hierdie is die gebed wat na vore gekom het onder die salwing.]

"Hierdie is die woord wat aan Yisrael gegee moet word na 'n droom wat die salwing in my aangewakker het. So ek smeek U, Abba YAHUVEH, omdat U my liefhet, omdat U my geskape het, U het hierdie lippe en tong geskape, ek sou eerder dat U my nooit geskape het nie as om my toe te laat om ooit 'n woord vals te profeteer in U NAAM. So as hierdie waarlik van U is, laat hierdie Woord na vore kom. Indien nie, laat hierdie Woorde weggaan.

In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH bid ek. Ek vra U Abba YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA, om U hemelse kole op hierdie lippe te plaas. Laat U woorde na vore kom op 'n manier wat hulle nog nooit vantevore het nie. (Heilige Tale) Heilig, Heilig, Heilig, ons loof U Abba YAHUVEH en YAHUSHUA."

[Ek het die Woord gestop om na vore te kom, totdat ek die Geestelike gesag opgeneem het.] O, Heilige, Heilige, Heilige, Abba YAHUVEH, wat is dit wat U wil sê?"

* * * * * * *

Profesie 81

O, Yisrael! EK, YAHUVEH, Besraf Julle!

O Yisrael, O Yisrael, dit wat 'n appel in MY oog is wat 'n wurm daarin het, EK besraf julle! EK, YAHUVEH, die een vir wie Abraham, Isak en Jakob aanbid en hulle gehoorsaam het,

EK, YAHUVEH, BESTRAF JULLE!

Julle sê hoekom is ons geforseer om die land op te gee wat ons voorvaders vir ons gegee het? EK vra julle hierdie vraag: Wandel julle in Torah? Leef julle in Torah? Soos julle voorvaders gedoen het?

O, Yisrael, net so seker soos MY Seun YAHUSHUA 'n Judas gehad het wat HOM verraai het vir 30 stukke silwer, so ook het julle 'n Judas, die een wat vir julle die sogenaamde padkaart van vrede oorhandig wat net sal eindig in julle verwoesting, om die weg voor te berei vir dit wat genoem word die antichris, die anti-Messias.

Mense sê julle is die Heilige Land, maar EK, YAHUVEH sê daar is geen heiligheid nie. So min van ‘n oorblyfsel het EK wat as’t ware wandel in Torah en leef in Torah. Julle het 'n Fariseër gees. En EK sê dit vir julle: alhoewel dit nie EK is wat julle land verdeel nie, maar EK sal die vyand toelaat om dit te doen vir julle ongehoorsaamheid.

Maar EK sê vir julle dit; EK sweer hierby, by MY EIE Naam, EK, YAHUVEH sweer hierby. EK sal wraak neem op julle vyande want dit is MY, en MY alleenlike outoriteit om julle te straf op 'n manier wat EK bepaal het. Hierdie vyande wat teen julle kom sal die lot hê van ‘n Judas. EK, YAHUVEH, sal genade hê op die oorblyfsel wat Heilig is, die van julle wat huil, rou en weeklaag terwyl julle ‘n Judas verraad sien, die van julle wat pleit vir die land, vir Jerusalem, die van julle wat die man van sonde bestraf en verafsku. Die van julle wat MY Naam aanroep in MY Seun YAHUSHUA se Naam, EK sal genade hê en EK sal julle seën. Julle is nie bestem vir MY woede nie.

Maar julle o Amerika en die ander nasies wat by julle aansluit, wat dit waag om aan te raak wat EK vir julle gesê het om nie aan te raak nie, om te verdeel wat EK vir julle gesê het om nie te verdeel nie, julle sal die lot van ‘n Judas ly. Julle sal die dag berou wat julle die 30 stukke silwer na Yisrael se kant toe gegooi het. Want soos julle die land verdeel, soos julle die een omkoop om die land te verdeel so sal EK julle ook verdeel op elke manier. 2005 was net 'n voorbeeld. Julle weet nie, verstaan ook selfs nie, die verskrikking wat EK in julle rigting laat kom nie reguit uit die Hemel gestuur deur geen mens nie! O Yisrael, O Yisrael, hoe lank sal jy nog teen MY veg? EK ken die spesifieke dag wanneer jy jou wil sal neerlê vir MY. O, maar wat 'n bloedige pad sal julle moet deúrreis totdat MY SEUN YAHUSHUA kom en julle sal skree, "Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH!"

Maar tot daardie dag, o wat 'n bloedige pad sal julle moet deúrreis. Die dooies is oral rond, na links en na regs, huilend en weeklaend vir die verskrikking wat kom in die nag. Julle het van beter geweet, julle het van beter geweet, en steeds het julle gedoen wat EK julle beveel het om nie te doen nie. Julle het die omkoopgeld aanvaar, simbolies genoem die 30 stukke silwer. EK bedek MY aangesig elke keer wat EK hoor na Yisrael word verwys as, Yisrael die Heilige land. EK soek ver en wyd en daar is slegs 'n oorblyfsel wat Heilig genoem kan word voor MY en hulle is diegene wat ween en weeklaag, want hulle sien wat gebeur met hulle land.

Aborsie en homoseksualiteit, pornografie, hoerery, afgodery behoort geen deel te hê in julle nie. Keer-op-keer sien EK die Fariseër gees regeer julle steeds. Julle, o Yisrael het 'n vorm van goddelikheid en hoeveel Goddelikheid is binne-in? EK, YAHUVEH, bestraf julle en EK tugtig julle en dit het maar net eers begin.

Bose Rabbis wat nie ‘n Rabbi is nie, maar hulle waag dit om hulself Rabbis te noem, het 'n vorm van goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. Hulle het geen vrees vir MY, YAHUVEH, of MY Seun YAHUSHUA of vir die prys wat HY betaal het op Golgota nie. Hulle is net geskik vir die vuur van MY vernietiging. EK het 'n oorblyfsel, so min van 'n oorblyfsel. Hulle sidder selfs vir die naam Rabbi, want hulle is nederig voor MY en hulle is diegene wat MY behaag wat sê daar is maar een Rabbi, en SY naam is YAHUSHUA ha MASHIACH.

O Yisrael, EK kyk oor julle land en hoeveel daarvan is Torah-loos. Wetteloosheid is volop en julle wonder hoekom? Julle vrees julle vyande van die wêreld meer as wat julle MY, YAHUVEH, vrees. Julle het diegene toegelaat wat julle Rabbi noem om MY Gewyde Naam te steel, om julle te leer, "Moenie daardie Naam aanroep nie, julle is nie waardig om die Naam van die Skepper aan te roep nie!" Julle het hulle leuens geglo maar EK stuur MY Diensmaagd Profeet om nou vir julle te sê, "Moenie hierdie leuens glo nie!" Roep MY aan in MY Naam, YAHUVEH weereens en gebruik die Naam van YAHUSHUA, om by MY troon uit te kom. Julle is toegelaat om MY Naam te ken. Watter kind ken nie die Vader se Naam nie? Glo nie hierdie leuens nie. Daar is gesalfde Krag in MY Naam en EK sal julle uitroepe hoor en antwoord wanneer julle kom na MY toe in MY Heilige SEUN YAHUSHUA se Naam!

Lees julle eie Skrifte. Hoeveel keer sê EK vir julle om uit te roep in MY Naam en EK sal julle verlos? Vra julleself wie is dit wat ons sou leer dat ons nie waardig is om die Naam van die Skepper aan te roep nie? Hierdie was die duiwel se leerstellings se leuens vir julle geleer deur julle eie Rabbis. Bestraf hierdie leuens. EK is nie G-d nie. EK is nie L-rd nie. Toe julle MY Naam uitgevee het, het julle gesondig en MY Naam ydelik gebruik. EK is YAHUVEH. Hoe julle dit ookal uitspreek (YAHVEH, YAHWEH), ten minste erken julle MY Naam. EK daag julle uit sê vir MY waar het EK vir julle gesê in julle Heilige Skrifte julle is nie waardig om MY Naam aan te roep nie? MY Naam is nie Ha Shem (die naam) nie. MY Naam is nie net Adonai (Here) nie!

EK is YAHUVEH, Skepper van alles. MY Naam word nie as God gespel nie. Hierdie is etikette en titels aan MY gegee deur julle Rabbis en vertalers van die skrifte, wat begeer om MY Naam weg te laat deur dit te spel as YHVH of YHWH. EK het vir elke mens 'n naam gegee. EK is YAHUVEH, EK het 'n Naam. Bewys dat julle MY liefhet en MY vertrou deur MY Gewyde Naam te gebruik. Het Koning Dawid nie MY Naam aangeroep vir bevryding nie? Lees julle nie julle eie Psalms nie? Wat belowe Psalm 91 as jy MY Naam aanroep? O Yisrael so baie is by julle gesteel, selfs terwyl die Heilige Boeke herskryf was om MY Naam uit te laat. Neem terug wat gesteel was, en kyk wanneer julle uitroep na MY, YAHUVEH, in MY SEUN YAHUSHUA se Naam, EK julle nie vinnig sal bevry van julle vyande nie.

O Yisrael, O Jerusalem, YAHUSHUA ha MASHIACH MY SEUN was gestuur uit die Hemel, gebore uit 'n Hebreeuse maagdelike meisie. YAHUSHUA is 'n Jood en HY het geprofeteer in julle land, en het wonderwerke gedoen en die blindes het gesien, die verlamdes het geloop, die dowes het gehoor, die stommes het gepraat, melaatses was gereinig, siekes was genees, die dooies het opgestaan, alles in julle land, o Yisrael. YAHUSHUA het onderrig in julle eie Tempels op Shabbat, al die Heilige Feeste gehou, want sien julle nie dat YAHUSHUA gesimboliseer word in al daardie Heilige Feeste nie?

YAHUSHUA het ontelbare wonderwerke gedoen in julle land. Hy het onderrig en is die Lewende Torah soos HY geprofeteer het. YAHUSHUA het gelewe en was tereggestel selfs al was HY sondeloos, ter wille van hierdie wêreld. YAHUSHUA het verrys uit die dood opgestaan uit 'n graf in Yisrael nadat HY SY Heilige Bloed vergiet het uit oor julle land terwyl mense uitgeroep het, "Kruisig HOM" by Golgota. YAHUSHUA het vir julle gebid met SY sterwens asem, "Abba vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie." Daarom sal EK genade hê oor julle land, o YISRAEL, o Jerusalem. Terwyl YAHUSHUA se hande vasgespyker was aan 'n boom met ysterpenne in SY hande ingedryf, het HY meer marteling en pyniging deurstaan as wat ‘n blote mens kan verdra.

EK, YAHUVEH, het julle land gekies o Yisrael, om geboorte te gee aan die enigste MESSIAS van hierdie wêreld. Dit is hoeveel EK, YAHUVEH, julle liefhet en julle begunstig o Yisrael. YAHUSHUA se bloed sal julle Yisrael weerhou om heeltemal verwoes te word en dit weerhou om heeltemal van die aangesig van die kaart afgevee te word alhoewel selfs die Naam van YAHUSHUA die meerderheid van Jode daardie Naam verafsku en SY Goddelikheid verloën. YAHUSHUA se are en slagare is uitgesprei regoor Yisrael. YAHUSHUA het SY lewensbloed uitgespuit wat die grond binnegedring het by Golgota en geestelik nou die vier hoeke van hierdie aarde bereik. EK, YAHUVEH, het julle gekies, o Yisrael, van al die nasies in die wêreld om hierdie te doen. Vir wie ookal kan glo en MY Seun YAHUSHUA sal ontvang as die enigste Heilige Bloed Offer vir die kwytskelding van sondes. YAHUSHUA is die enigste Middelaar voor MY, YAHUVEH.

YAHUSHUA is die enigste Heilige Bloed versoening wat EK sal aanvaar. Vir diegene wat weier dat hierdie gestorte Bloed hulle sondes wegwas, diegene wat YAHUSHUA se sondelose Bloed weier terwyl HY tereggestel was in die plek van 'n sondaar, julle sal geoordeel word deur Moshe (Moses) wat geen genade oor julle sal hê wanneer julle sê dat YAHUSHUA nie waardig is om die Seun van YAHUVEH genoem te word nie en om julle Mashiach te wees nie en julle het gedink om 'n Jood genoem te word en die Torah te volg is genoeg om jou siel te red. Dwase mense, weet julle nie daar is niemand perfek wat hierdie aarde bewandel het buiten MY Seun YAHUSHUA nie. Totdat Yisrael weereens uitroep ‘Hosanna’ tot YAHUSHUA en HY regeer as Koning van Konings, sal daar geen ware vrede wees nie totdat Yisrael erken YAHUSHUA is MY, YAHUVEH se enig Verwekte Seun, gebore uit ‘n maagdelike Joodse diensmaagd, geheel en al sondeloos. En YAHUSHUA is alles wat HY geprofeteer het en alles wat geprofeteer was deur die profete van ouds voorspellend van SY koms.

YAHUSHUA se hartklop pols dwarsdeur Yisrael, SY are en slagare dra die enigste Heilige Bloed offer wat die stank van sonde wegwas regoor die wêreld, vir diegene wat sal erken dat EK YAHUSHUA gestuur het in MY, YAHUVEH se Naam om die enigste MASHIACH te wees.

O Yisrael, daar is geen kwytskelding van sonde sonder 'n bloedoffer nie. Waar is julle bloedoffer? Dink julle regtig 'n dier sal weer genoeg wees? O Yisrael, o Jerusalem, kan julle nie sien daar sal geen ware vrede wees nie. Die vrees, geweeklaag en bloed sal aanhou vloei van julle land totdat jy die Judasse bestraf wat ook kom in die vorm van politici en bose Fariseers, bose Rabbis, met 'n vorm van goddelikheid maar met geen Goddelikheid van binne nie. Yisrael, pasop vir die koms van die seun van satan, hy is die seun van verderf wat sal kom met sy vals vrede en sal lieg vir julle wanneer julle dink vrede het uiteindelik gekom, nou kan julle jul waaksaamheid verslap. In plaas daarvan vertrou die enigste Prins van Vrede en aanvaar die enigste sondelose bloedversoening wat EK vir julle gegee het deur MY SEUN YAHUSHUA by Golgota.

Daar is geen redding, geen ware vrede vir julle nie o Yisrael, tot julle nie langer die nuwe BloedVerbond verwerp wat EK vir julle gegee het deur YAHUSHUA nie, aangesien YAHUSHUA die enigste Heilige MASHIACH (Messias) is! Die ou bloedverbond kan nie julle siel red van die Hel nie. Die ou bloedverbond was net daar tot die vasgestelde tyd wanneer daar 'n beter, nuwe bloedbedekking verbond sou wees. O Yisrael, moenie langer gelykvormig wees aan ander nasies se beeld oor wat sonde is nie. In plaas daarvan wees soos ‘n Koning Dawid weereens. Loof MY, YAHUVEH, verneder julself en bekeer van julle sondes in MY SEUN YAHUSHUA se Naam. Moenie op enige nasie vertrou om julle te red van vernietiging nie, want julle sal seerlik teleurgestel word.

As gevolg van die verbond wat EK gemaak het met Abraham en MY SEUN YAHUSHUA, sal EK julle land genees wanneer julle bekeer voor MY, YAHUVEH, en weer terugdraai om die wette te volg van Torah wat Moshe (Moses) vir julle gegee het op die berg Sinai. Staan vir Heiligheid selfs al spot die wêreld julle. O Yisrael, moenie die Profete stenig, of in die tronk gooi of die Profete doodmaak wat EK vir julle sal stuur om julle te bestraf nie. In plaas daarvan wees dankbaar dat EK julle lief genoeg het om julle te tugtig en julle te waarsku voordat EK MY woede loslaat op diegene wat weier om gehoorsaam te wees en wie MY vyande is.

Julle klaagmuur is deurdrenk met trane en is geweek in gebede smekend om genade. Julle vyande omring julle aan alle kante. Nou het diegene wat julle mislei het julle oorreed om Jood teen Jood te draai, selfs om mekaar dood te maak, mekaar uit te sit uit julle huise en lande, verloënend teenoor mekaar. Julle hardloop weg van julle Goliatte in plaas daarvan om na MY te draai soos Koning Dawid gedoen het as 'n skaapwagterseun. EK kan julle nie seën, totdat julle nie staan vir Heiligheid nie. O Yisrael, EK maak hierdie belofte aan julle en herinner julle deur hierdie diensmaagd van MY. Julle sal neergevél word, maar nie totaal vernietig nie. O Yisrael en Jerusalem, julle sal verbysterd wees maar nie verlaat nie. EK, YAHUVEH sal vir julle hoop stuur wanneer dit lyk of daar geen uitkoms is nie. EK, YAHUVEH sal julle tugtig maar nie verlaat nie. Julle sal vertrap word deur die heidene, maar julle sal weer verrys tot groter heerlikheid. Soos in die tyd van Moses, sal EK diegene seën wat my gehoorsaam en seën, en diegene vervloek wat verontagsaam en MY, YAHUVEH vervloek.

Hierdie wêreld sal sien wanneer MY woede uitgestort word in hierdie eindtye, dat EK diegene sal wegsteek wat weggesteek is in MY SEUN YAHUSHUA. Al die plae wat uitgestort was in die tyd van Moses sal uitgegiet word in 'n groter maat oor MY vyande uit MY, YAHUVEH se hande. Daar sal steeds weer martelaars wees soos die apostels en profete van ouds, en al diegene wat Heilig is, wie se bloed gevloei het destyds selfs soos dit nou steeds doen in verskeie dele van die wêreld, want MY Heiliges sal nooit ‘n kompromie aangaan of ontken dat YAHUSHUA die enigste MASHIACH en MY enig Verwekte SEUN is nie gestuur uit die Hemel om te heers en regeer. O Yisrael, EK het jou 'n beker van sidderende verskrikking gemaak vir die wêreld en hulle sal daarvan drink. Die vyande kners hulle tande vir julle en ontbloot hulle kloue vir julle, afgunstig op alles waarmee EK, YAHUVEH, julle land geseën het. Julle vyande tel die aantal dae voor hulle sal probeer om julle te plunder en julle mans, vrouens, en kinders dood te maak sonder genade.

Weer sê EK EK het 'n eed gesweer EK sal julle nooit verlaat of versaak nie, EK sal en EK het begin om julle te tugtig totdat julle staan vir Heiligheid en sê, "Geseënd is HY wie kom in die Naam van die Here YAHUSHUA HA MASHIACH." Dan sal EK, YAHUVEH, julle verdedig o Yisrael direk uit die Hemel, en die wêreld sal sien, net soos in die tyd van Moshe (Moses) kon niemand, behalwe EK, YAHUVEH, hulle bevry uit die hand van die vyand nie en so sal dit weer wees. Daar is 'n geheime goue kis genoem die Verbonds Ark wat geheimenisse van ouds bevat in julle land, o Yisrael. Die Ark wat niemand sal aanraak nie behalwe die wat EK voortbestem het wat waarlik Heilig is voor MY, YAHUVEH. satan wil vernietig wat in daardie goue kis is, want daar is 'n gesalfde krag behou in die voorwerpe binne-in daardie goue kis. satan stuur sy seun genaamd anti-messias om die Ark te soek en te vernietig.

Van al die nasies in die wêreld het EK jou gekies o Yisrael om weg te steek wat beskerm was totdat dit benodig word. In die hele wêreld het EK julle gekies o Yisrael en Jerusalem, om vir MY Lof, Eer en Heerlikheid te bring. EK, YAHUVEH, het YAHUSHUA ha MASHIACH se Heilige bloed gekies om te drup en in te vloei in die grond in en bo-oor die Versoendeksel en dit is in Yisrael waar EK satan sy finale hou sal toedien. Hierdie Geheime kis bevat die staf wat die Rooisee verdeel het onder ander wonderbaarlike voorwerpe soos die Manna uit die Hemel. Die Verbonds Ark is 'n duplikaat van dit wat in die Hemel is. EK sê dit vir julle nou as 'n waarskuwing soos in die tye van ouds, dink nie dat net enige iemand sal leef wat hierdie kis aanraak nie genoem die Verbonds Ark, mits hulle vooraf bestem was om waardig genoeg te wees om dit aan te raak en dit oop te maak.

Bestudeer julle Skrifte en sien alleenlik met baie gebed en lofprysing en Heilige hande gewas in MY Seun YAHUSHUA se Bloed kan Die Verbonds Ark oopgemaak word en dit sal weereens gebruik word op 'n vasgestelde en voorafbepaalde tyd. Net soos in die tyd van Moshe (Moses), sal dit gebruik word om YAHUVEH se volk te bevry op 'n manier, in 'n tyd wat julle nie dink vir MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA alle Lof, Eer en Heerlikheid sal bring nie. O Yisrael, weet julle toe die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere afgestroop het en SY kledingstukke verdeel het soos gesê word in die Tanakh, “Hulle het MY klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp." (Johannes 19:24)

“En hulle het vir mekaar gesê: laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, om te sien wie s'n sal dit wees." O Yisrael, sien julle nie net soos die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere verdeel het, so ook word julle land verdeel en Rome het 'n hand daarin agter die skerms. Net soos daar oor YAHUSHUA se kleed gedobbel was, sal die een met die hoogste bod om julle land te verdeel julle blootlê en verraai vir die hele wêreld om te sien.

O Yisrael, EK stuur altyd MY Profete om te waarsku voor die Oordeel kom. Julle was gewaarsku hierdie dag maar net die Heilige oorblyfsel sal luister en gehoorsaam. Vir wie ookal roep tot MY, YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, wie ookal sal bekeer, wegdraai van hulle sonde en vir MY, YAHUVEH, om vergifnis vra, MY liefhet en gehoorsaam, glo en MY en MY SEUN se Godheid ontvang sodat YAHUSHUA jou enigste middelaar kan wees voor MY. Want HY alleen is waardig om te kom voor MY in SY Naam. Moenie probeer om MY Hemelse troon te nader sonder YAHUSHUA se Naam nie. Moenie kom in julle geregtigheid nie maar kom eerder geklee in SY klere van geregtigheid. Dan sal EK hoor en julle gebede beantwoord en julle sal van die Hel se vuur gered wees.

O Yisrael en o Jerusalem, julle, wat kies om doof te bly, EK, YAHUVEH, herhaal MYSELF keer-op-keer vir julle onthalwe. Word nou wakker, want die tyd is laat. EK sê nie vir julle om oor te skakel na Christendom nie want selfs hulle sien YAHUSHUA net gedeeltelik. Hulle het die belangrikheid verloën om die Joodsheid te onderrig van YAHUSHUA. Hulle het die salwing verloën in die spreking van YAHUSHUA en MY Heilige Name. Hulle het MY Sabbatte verloën, MY Heilige Feeste en Heilige Dae, diegene wat hulleself Heilige Christene noem en tog moet leer om die Joodsheid te omhels wat EK in julle geplaas het met en deur Abraham, Jakob en Isak se saad.

O Yisrael en Jerusalem, word nou wakker uit jul sluimerende slaap. Dit was as gevolg van julle hardkoppigheid, en terwille van die Heidene, dat EK jul oë toegemaak het, maar die tyd het nou gekom, maak julle oë wawyd oop, ontbloot diegene wat bose leuens vertel.

‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.

* * * * * * *

Geliefde Familie, voel asseblief vry om die profesieë te kopieer en ons te help om die nasies van hierdie wêreld te bereik, veral Yisrael en Jerusalem. Alle nasies van hierdie wêreld word geaffekteer deur dit wat gebeur in Yisrael. Al wat Elisabeth [Elisheva] vra is laat die boodskap asseblief onveranderd, selfs haar persoonlike notas.

Elisabeth [Elisheva] weet name word nie gewoonlik alles in hoofletters geskryf nie, maar die RUACH ha KODESH het vir haar gesê dat die name van ons SKEPPER en MESSIAS apart gestel en anders geskryf moet word, om die gewydheid en respek te toon vir HULLE name. Uit respek vir dit wat aan haar gesê was, doen asseblief dieselfde wanneer julle die profesieë vertaal.

Elisabeth [Elisheva] maak verskoning vir die lang tyd wat dit geneem het om die profesieë gepubliseer te kry, maar daar was 'n prys om te betaal vir profesie 80 en 81. Dit was 'n geveg teen satan, maar as gevolg van julle gebede en ondersteuning in die Naam van YAHUSHUA, het ons die oorwinning gekry oor daardie geveg. Alle Lof, Eer en Heerlikheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.

Omdat ek beide 'n biologiese Jood is van my biologiese ma en pa en 'n Geestelike Jood deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Het ek 'n liefde vir Yisrael en Jerusalem en die Joodse volk, selfs al weet ek die meeste in Yisrael sal my haat vir hierdie woord. Ek is maar net 'n Profeet, gestuur deur YAHUVEH om SY woorde voort te spreek en ek doen dit met ontsag en bewing. Enige ware profeet wat dit nie doen nie, bevraagteken ek… hoe kan hulle 'n Heilige Profeet wees?

Ek bid dat ek nie een woord uitgelaat het of een bygevoeg het nie, en lewer nou hierdie profetiese boodskap en vra al diegene wat Yisrael en Jerusalem liefhet om hierdie te kopieer en te plaas op hulle webwerwe. Ons het al ortodokse Jode en Moslems gekry wat YAHUSHUA aanvaar het as MASHIACH en jy weet nooit wanneer ons saad saai wat sal groei tot pragtige vrugte van Redding nie. Hierdie profetiese boodskap het gekom na 'n droom oor my en die 12 stamme van Israel. Dit sal so gou as moontlik gepubliseer word. Die boodskap het na vore gekom op 24 Januarie 2006 maar YAHUVEH het gesê moet dit nog nie vrystel nie want HY was nie klaar nie. Op 7 Februarie 2006 het YAHUVEH weer begin profeteer en dit was die voortsetting van hierdie profesie.

N.S. Dringend. 'n Profeet 'n broer in YAHUSHUA het vir my geskryf verlede jaar uit Jerusalem en vir my gesê hy neem die profesieë wat aan my gegee was regoor Israel en waarsku mense. Ek het nooit ‘n kans gehad om hierdie man te bedank nie, en ek wil dit nou doen. Ek is so jammer dat ek nie in staat was om vir jou terug te skryf nie want ek het jou e-pos adres verloor. Ek ken nie jou naam nie, maar ek wil hê jy moet weet dat ek regtig dankbaar is en jy is in my gebede en dat jy my weer sal e-pos.

Ek het gebid vir 'n Hebreeuse vertaler om die Engelse profetiese boodskappe in Hebreeus te vertaal. Gedurende gebed, het YAHUSHUA my vertel dat HY alreeds die vertaler gestuur het wat hierdie kon doen en YAHUSHUA het my aan jou herinner. Stuur asb weer vir my 'n e-pos. Ek het geen twyfel dat hierdie Broer 'n lid van die Bruid van YAHUSHUA is nie. Indien enige iemand wat hier lees weet van iemand wat Hebreeus vlot kan praat en skryf sodat die profesieë wat aan Yisrael gegee is opgeteken kan word in Hebreeus, stuur dan aseblief vir my 'n e-pos so vinnig as moontlik: Contact Us Ek het geen twyfel daar is sommige van die Bruid van YAHUSHUA wat woon in Israel en veral Jerusalem.

Kom asseblief na vore, want die tyd is nou so kort om Yisrael te bereik. Ons is 'n asemteug weg van die Groot Verdrukking. Asseblief, lede van die Bruid van YAHUSHUA, stem saam met my in gebed dat hierdie man weer vir my sal skryf, en dat 'n Hebreeuse vertaler na vore sal kom. Hierdie jaar moet ons oë nie op onsself wees nie, maar op Yisrael. Bruid van YAHUSHUA, bid asseblief vir die vrede van Yisrael en Jerusalem, op 'n nuwe manier. Bid dat die Prins van Vrede YAHUSHUA ha MASHIACH, weereens sal kom.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

7 Februarie 2006 om 5:00 nm.

*******

E-POSSE ONTVANG I/S: PROFESIEË 80 EN 81:

*******

Hi sus,

Het net ‘n bybel gevat en wou sommige daarvan uitlig om vir iemand te gee. En ek het dit oopgemaak by Openbaring 14:14-20. Hier praat dit oor dit wat jy gehoor het. Die Parskuip van God se toorn. Saam met die groot oes. En voor dit dat YAHUSHUA SY bruid gereed het en verseël. So ons is op die punt om die plae te sien kom oor hierdie wêreld, onverdun. Dit alles ontvou, want die antichris is nie ver nie.

L

*******

Seëninge vir jou huishouding,

Ek moet vir jou sê dat ek vir ‘n groter salwing gebid het vanoggend van Profesie 81 en toe ek ‘n bemiddelings gebed gehad het vir iemand anders vanmiddag het die salwing so sterk oor my gekom dat dit geklink het asof ‘n ander stem uit my kom met trane! Wow dit was oorweldigend maar meer as welkom en ek is gereed om te doen wat Yahu’weh en YAHUSHUA vir my het om te doen.

Shabbat Shalom.

Michelle

*******

Liewe Sus,

Ek het so pas die Profesieë 81 & 80 gelees en ek wil en moet jou laat weet dat hierdie soos ‘n bevestiging is vir jou. 2 weke gelede op ons Sabbat Samekoms het ons gebid en terwyl ons bid het ek die salwing gevoel soos ek dit vir ‘n rukkie nie gevoel het nie. En dit was oor Israel en Jerusalem en Haman(S). Hulle is dieselfde vyand in ‘n nuwe vorm. Maar die naam staan vir dieselfde ding. En ek het geweet dat die komende Purim ‘n feesviering behoort te wees dat net soos Haman nie geseëvier het nie, so sal Hamas ook nie seëvier nie.

L……’n Lid van die Bruid in (Holland)

*******

Geliefde suster Elisabeth (Elisheva),

Ek bid vir jou gesondheid en welstand. Ek het so pas die nuutste Profesieë gelees van jou webblad. Profesie 80 is baie versekerend en kom ons bid vir die vrede van Israel! Wanneer ek die profesieë lees, kry ek die gevoel van die teenwoordigheid van ons hemelse vader YAHUVEH! Dit voel so goed.

Baie liefde in YAHUSHUA,

Stephen

*******

Shalom in Yeshua!!!

Die inhoud van 80 en 81, Het RUACH HaKodesh my reeds laat bid!!! HalleluYAH!!!

Broer Tito

*******

Shabbat Shalom in Yeshua!!!

Wow!!! Ek het die Shofar geblaas soos ek gesê het vir jou en jou familie, en vir YHVH om ‘n Vyand te wees vir ons vyande. Ek weet nie of ek flou geword het nie en of YHVH deur RUACH my platgeslaan het grond toe nie, maar ek het inderdaad grond toe gegaan!!!

HalleluYAH!!!

*******

Shalom Elisabeth (Elisheva),

Dankie dat jy die droom deel “Elisabeth (Elisheva) en die “Wok” i/s: olywe in die gaarmaak proses. Dit val bymekaar op die bodem. Die getroue bruid genaamd “Israel”

Wat ingedagte opgekom het oor die olywe, ja ek stem saam die olywe verteenwoordig die 12 stamme van Israel.

Hierdie 12 stamme is die oorblyfsel van YAHUVEH wat getrou is en sy gebooie gehoorsaam, en die getuienisse het van Yahushua. Dit is nie die Israel (sekulêr) wat ons vandag dink nie. Die ware Israel is die gelowiges wat wandel en sy stem hoor. Hulle is die getroue bruid sonder kreukels en vlekke. Wanneer al 12 stamme bymekaar kom soos een. Sal dit baie kragtige en groter salwing word in die eindtyd voor Yahushua terugkom. Yahushua sal nie terugkom voordat die 12 stamme bymekaar kom nie. Daar is baie reiniging nodig om gedoen te word tussen die gelowiges. O laat ons ontslae raak van ons kreukels en vlekke om gereed te maak vir ons komende bruidegom, Yahushua.

John Davies

*******

Hi Elisabeth (Elisheva),

Miskien is dit tyd vir die Twee Getuies om herken te word of geroep te word deur Yahuveh. Ons moet bid siende dat die salwing oor hierdie mense kan kom en Satan mag dalk baie kwaad wees. Ons het die heiliges nodig om te bid vir die Getuies se beskerming. Hulle word op die uiteinde geprofeteer om doodgemaak te word maar weer opgewek na drie dae.

Dit is tyd om vir jou ‘n artikel te stuur oor Elijah en die Profete van Baal. Dit is baie insiggewend. Ek het dit nie geskryf nie, maar dit het my hart geroer nou reeds vir baie jare.

Ek stuur dit uit oor nuusgroepe elke nou-en-dan.

Ek is eenstemmig met die Yahushua wat die 12 stamme bymekaar bring deur Elisabeth (Elisheva). Daar sal sommige helpers wees hierin. Ek het die versugtinge in my gees gehad om die ‘Verlore Tien Stamme’ te verbind met die webblad Kosher for Gentiles wat reeds onder konstruksie is. Ek het gewag vir bevestiging op my webblad en vir Yahushua om my te help om dit te bou. Dit is al meer as 1 jaar terwyl ek wag vir ‘Sy tydsberekening.’ Ek glo ek moet eers gereinig word voor hierdie gebeur. Ons moet almal geduldig wees en soos Koning David sê, “wag vir Yahuveh se Tydsberekening.”

Die bestraffing mag wees omdat Juda nie die 10 stamme toegelaat het om terug te kom nie omdat hulle soos die gelykenis van die Verlore Seun (10 stamme) gaan hoereer het agter ander gode aan (Christenskap) en het Heidene geword, hulle is in die proses van terugkering na die Vader se huis (Torah) en die getroue seun (Juda) wat tuisbly is jaloers op die terugkerende seun en verwerp hom as deel van die Familie (Israel). Juda het geweier om Ephraim te laat huis toe kom. Ephraim se iedere poging was deur Juda beskou as nog ‘n poging van vervangings teologie of dispensasionalisme.

Tweedens, ewenwel soos die 12 hoofde van die stamme (die broers) vir Josef (Ephraim) verkoop het as slaaf (sonde) en Josef toe tweede in bevel gekom het om te heers oor die regerende ryk (Amerika) toe hy homself aan hulle gewys het aan sy broer (Juda) het hulle hom (Ephraim) nie herken nie totdat hy homself aan hulle openbaar het. Yahuveh het hulle oë geopen en toe was die Familie herenig.

Ek sal die Jode moet insluit, aangesien hulle nuuskierig sal wees oor Gentiles and Kosher.

Michelle

*******

Liewe Elisabeth (Elisheva),

Daar was ‘n bose gees wat my gebind en weerhou het van lofprysing en gebed en het gaandeweg by die punt gekom om nie instaat te wees om die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA te spreek nie. Ek het gewag vir SY perfekte tydsberekening om hiervan bevry te word, en toe ek eers die nuutste profesieë 80 & 81 gelees het is ek VRY!!!!! Loof YAHUVEH, YAHUSHUA en RUACH HA KODESH!!!!!



Profesie 119 2011 ‘n Oproep Om Te Berou Of Om Te Vergaan, YAH Het Jou Nommer!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH

Deur Apostel Elisheva Eliyahu

Ontvang 24 Desember 2010 - Vrygestel op 1 Januarie 2011

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:

2 Kronieke 36:16

maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Elisabeth [Elisheva] praat op die audioband:

Ek het wakker geword en die telefoon het gelui, lui, lui en ek het die telefoon gehoor. Dit het gister die 22ste die eerste keer gebeur, die dag van dit wat genoem word die winter-sonstilstand. (In engels is dit winter-solstice. 'n Tydperk wat deur die okkulte gevier word). Ek het die telefoon op die 22ste Desember hoor lui en [huishouding] het gesê daar is nie ‘n telefoon wat lui nie.

Nietemin, dit is waar ek vandag (23 Desember) was toe ek vir die tweede keer wakker geword het met ‘n gelui, lui, lui, en hierdie keer, o gits, die telefoon wou nie ophou lui nie. Ek het [aan iemand] gesê; “jou telefoon lui”, maar hy het gesê dit doen nie. Ek het gesê; “ek hoor dit nogsteeds selfs terwyl ek met jou praat” en dit het gelui, o gits, so baie kere selfs terwyl ek gepraat het, het dit steeds van die mikkie af gelui.

Dit was so werklik en ek kon dit nie verstaan nie en toe sê ek; “o gits, dit is in die geestelike (realm), God is besig om my aandag te trek”. So ek het weer aan die slaap geraak en toe ek wakker word, “ek het 10 uur die oggend wakker geword “ - en van die telefoon en gebed wat ek hardop gebid het, het ek gesê; (en gebid) “jy weet, ek hoor die gelui van die telefoon en dit gaan bonatuurlik wees dat ek die telefoon hoor lui. Wat is dit, wat probeer U vir my sê, Hemelse Vader?” En toe hoor ek dit.

Dit is ‘n oproep wat niemand antwoord nie en dit ís wat gebeur het en daarom het ek begin berou en ek het begin..... wag het ek gesê, ‘n oproep wat niemand geantwoord het nie” en ek het gesê, “wel wat is dit, watse tipe oproep?” Ek het gesê, “het ek U op enige manier gefaal?” en toe hoor ek dit is ‘n oproep om te berou. “Ag ABBA YAH, ek doen, ek berou, ek is so jammer en weet ek is nie volmaak nie, ek weet ek het opgemors”. Ek het probeer dink wat ek verkeerd gedoen het, waarvan God kon sê ek nie berou oor het nie.

Ek is regtig bekommerd oor die ding met YouTube, ek is bekommerd waar my hart was, daar was soms so ‘n koudheid op my hart. Hierdie mense is brutaal en dit was sonder ophou vir ‘n jaar lank en ek is bekommerd dat bitterheid ingetree het omdat God dit toegelaat het en die vyande spot en lag en hulle sê, “ sien jy, sy is nie’n Profeet nie, ek staan nog hier en ek lewe nog en niks het gebeur nie.” Veral hierdie Molly en ek het gelees hierdie vrou, ek ken nie eers haar naam nie, het op haar ‘sock account’ gespot. Ek ken nie die mense nie. So, ek het berou getoon en ek was bekommerd want dit waaroor ek die tweede keer gebid het voordat ek weer aan die slaap geraak het, was hoe baie seën voortgekom het en hoe mense met die Verlossingsboodskap en die Profesieë bereik is, maar ek voel ek het myself op verskeie maniere seergemaak.

So, dit was regtig ‘n tweesnydende swaard, hierdie YouTube, net soveel soos dit ‘n seën was, was dit ook net so verskriklik, maar ek het oor alles gedink en gebid en gedink dit is hoekom God kwaad was en gesê het niemand het die oproep om te berou, geantwoord nie.

Toe hoor ek HOM sê:

Die Profetiese Woord begin hier:

“Dit is nie jy nie, Elisabeth [Elisheva]; dit is nie van jou wat EK praat nie”. HY het gesê, “Dit is hulle wat nie antwoord nie. Dit is (hulle in) die wêreld wie weier om die oproep om te berou, te antwoord, wetende dat EK gewaarsku het. Net hulle wie waardig geag word, sal die Groot Verdrukking ontsnap. Dit is hulle wie weet wat hulle doen en MY beledig en aanhou in hulle sonde, wie sê “ek het die Heilige Gees binne my” maar nogtans hou hulle aan met hulle sonde, (hulle) wie verskonings maak wetende dat EK alles sien wat hulle doen, of dit pornografie is, of dit homoseksualisme is, of dit drank is, of dit owerspel is, egbreuk, dronkenskap, dwelms, vloekery, hulle weet EK kyk, hulle weet hulle moet ‘n voorbeeld wees, hulle maak aanspraak op die naam Jesus Christus, selfs YAHUSHUA en tog is EK ver van hulle af. Die Heilige Gees kan nie in ‘n Tabernakel van sonde woon nie, nogtans toets hulle MY weer en weer.

EK het ‘n oproep om te berou uitgegee, hoe min het geluister. Dit is soos ‘n telefoon wat lui en lui en niemand antwoord nie. EK het julle op ‘n media ver en wyd geplaas, EK het julle daar geplaas om te wys EK is ‘n God van oordeel sowel as genade, EK lieg nie. Nogtans skel hulle die Profeet, hulle noem MY Bediening boos, hulle daag MY uit en hulle spot en hulle sê, “niks sal met ons gebeur nie, Elisabeth [Elisheva], gaan weg!. Hulle sê, “dit is alles deur genade en dit is aan die kruis afgehandel. Nou kan ek sonde doen soos ek wil, kyk, my siel is nie verlore nie. Dit is jy, jy lewe volgens die wet, jy sê jy dink jy moet hierdie God gehoorsaam maar ons sê daar is nie so iets soos sonde nie, daarmee is weggedoen”.

Hulle haat jou (Elisabeth [Elisheva]) met ‘n passie; hulle haat almal wie teen sonde sal praat. Hulle haat almal wat waarsku. Jy het ‘n oproep uitgegee, Ek het jou daarheen gestuur Amightywind, om die mense wie hulself Christene noem, te waarsku om te berou oor hulle sondes. EK het dit weer en weer en weer gesê. Hoe min sal luister.

EK het Amightywind Bediening na YouTube gestuur en wat hulle aan jou gedoen het, doen hulle aan MY en tog maak hulle aanspraak op MY Heilige Naam en tog is EK ver van hulle af. Hulle haal MY Woorde aan, hulle gebruik dit as ‘n wapen teen jou en enigiemand wie waarsku om te berou en YAHUSHUA se aangesig te soek voordat HY hulle in SY woede van die aarde afvee.

Hulle vergeet EK was net eenmaal die Lam. Hulle vergeet EK kom met vuur in MY oë. Hulle vergeet dit is die toorn van die Lam. Hulle vergeet dat EK sonde verafsku. Hulle maak verskonings om te sondig en hulle wie die meeste verantwoordelik gehou word, is hulle wie ‘n Bediening wat EK Amightywind genoem het, mishandel, gespot, gehaat en gelaster het.

Elisabeth [Elisheva], daarom het EK jou die telefoon laat hoor lui. EK wil hê jy moet hulle weereens waarsku. Hoe min het die oproep om te berou geantwoord en weggedraai van sonde! Hoe min gaan gered word wanneer die Groot Verdrukking begin.

Dit is nie genoeg om te sê berou nie, daar moet aksie agter daardie woorde wees. Daar moet ‘n skeuring (geweldige losskeur-snippering) en skeuring van julle klere wees, maar nie op ‘n fisiese manier nie. EK het gesê berou. EK het hierdie Heilige Bediening daar geplaas vir die hele wêreld om te sien as hulle so verkies en tog het die meerderheid hulle ore gesluit en hul oë verblind, hulle sê, “ons sien nie, ons hoor jou nie en Amightywind Bediening en Profeet Elisabeth Elijah[Elisheva Eliyahu], dit is julle wie ons verag. Ons is die Christengemeenskap en maak nie saak wat jy sê nie, vat jou Amightywind Bediening en vat jou Profesieë weg want ons wil voortgaan in ons sonde en jy sien, ons lewe nog en dit maak nie saak of ons Amightywind Bediening verag nie, want julle God het ons nog nie doodgemaak nie. Julle God het ons selfs nie eers aangeraak nie, so, julle God kan nie óns God wees nie, want óns God sê ons kan sondig. Ons God sê ons kan jou haat. Ons God sê ons kan Amightywind vernietig. Ons God sê jy is ‘n vals profeet en dit is nie nodig om oor ons sonde te berou nie.

Ag maar julle dwase, dwase mense, dit is EK, YAHUSHUA, wie deur hierdie kleipot praat. Julle het MY beproef en MY beproef en MY beproef en EK het hierdie Bediening gebruik vir ‘n oproep om te berou en tog sê julle dit is die duiwel wat dit gestuur het. Julle vergeet wat EK met die vyeboom gedoen het. Julle vergeet dit was EK, YAHUSHUA wat dit vervloek het omdat dit geweier het om goeie vrugte te dra. Julle vergeet dit het verdroog en doodgegaan. Julle vergeet daar is ‘n verworpene wat EK verag. Daardie vyeboom verteenwoordig jou met ‘n hart van klip, jy wie MY Woorde gebruik, jy wie MY Naam gebruik, jy wie die Bediening boos noem omdat jy die woord “berou en draai weg van jou sondes” hoor. Jy haat dat EK gespreek het en jy noem haar ‘n vals profeet omdat jy dink jy het al die kennis en nogtans sê EK vir jou, jy is ‘n gek want openbaringe is aan hierdie Profeet gegee, maar jy dink jy weet alles. Maar EK noem jou ‘n Bybel- geleerde dwaas, want jy gebruik net die woord wat doodmaak en daar is geen gees in dit wat jy sê nie en jy gebruik die Heilige Skrifte en sê net die King James Weergawe sal doen, weg met die res van julle. Julle het ekstra boeke bygevoeg en nee, ons gaan nie eers kyk nie.

Julle dwase, dwase, EK kyk na julle lewens en EK skud MY kop! Dit is julle wat as julle nie berou en waarlik wegdraai van sonde nie, dit is julle vir wie EK sal sê, “gaan weg van MY julle werkers van onheil want EK het julle nooit geken nie”. Net omdat julle ‘n verlossingsgebed opgesê het, moet julle aksie agter julle woorde sit, julle kan nie net sê julle het My lief en gehoorsaam MY nie. Dit is ‘n leuen direk uit die hel uit. Dis is ‘n leuen en omdat hierdie Bediening die een is wat vir julle vertel en elke Bediening wat in MY Heiligheid wandel, wat weier om met sonde en sondaars te kompromitteer. Julle wie julself die Christene noem, daar is geen heiligheid in julle nie en julle verag enigeen wie na julle toe kom met die Gees van Heiligheid en met MY salwing op hul gesigte, en dit het sedert die vroeë tye nie verander nie. Julle verag enigeen wie MY Woorde spreek, wie gesalf en vrymoedig is en daarom het EK vir Elisabeth [Elisheva] ‘n teken gegee waar julle binnekort ‘n nuwe jaar ingaan. Daar was ‘n oproep om te berou en ag, hoe min, hoe min luister of hoor selfs die telefoon lui!

Verstaan julle nog nie? Verstaan julle nog nie? Die enigste weg na die Hemel is, dat julle die oproep moet antwoord. Julle moet die telefoon hoor lui. Julle moet die oproep om te berou en wegdraai van sonde, antwoord. Hou op om verskonings te maak want binnekort gaan dit te laat wees.

Die wreedste/hardste oordeel gaan kom op diegene wie hierdie Bediening, wat EK op ‘n media met so baie oë en ore geplaas het, mishandel het en julle het geweet van dit en julle het dit nie verdedig nie en julle het haar woorde gehaat omdat EK hard en duidelik geskree het “BEROU, BEROU en draai weg van julle sondes!”

Julle wil die Profesieë uitmekaar trek en julle eie menslike intellek gebruik ten spyte daarvan dat EK julle oor en oor gewaarsku het dit is net deur die Heilige Gees dat julle die Woorde sal verstaan wat gespreek is en dit moet nie deur die intellek van ‘n mens geinterpreteer word nie. Elke Profesie sonder uitsondering, lei mense tot berou. Lei mense in MY liefdevolle arms in. Lei mense en leer hulle Heiligheid. Hulle is nie die Woorde van ‘n vrou of ‘n man nie. EK gebruik net hierdie kleipot, dieselfde een wat julle gehaat en mishandel het, julle het gesê, “ons sal jou vernietig, ons sal verneder, ons sal ons woorde van haat spreek want ons kan. Ons sal selfs die naam van die Amightywind Bediening steel en besoedel, want jy durf ons sondaars noem en jy durf ons sonde blootstel want ons kan nie die Heiligheid op jou gesig of die gesigte van die werkers wie langs jou werk, vat nie, nou vertel ons almal om seker te maak hulle verag jou ook en luister nie na die Heilige Profesieë nie want hulle is vals en julle verblind hulle, o julle skynheiliges en julle verdoof hulle!”

O julle verworpenes, omdat julle haat, sal EK julle wys wat EK doen. Daar is geen Heilige Gees in julle nie. Julle is satan se gebroedsels en EK was vir o so lank geduldig met julle. EK het die ‘Last Chance’ Bediening voor die dae van oordeel geplaas en onthou, wat julle aan haar gedoen het, het julle aan MY gedoen. Julle sal voor MY in ‘n Hof wat van die Hemel kom, staan en julle sal voor MY aangesig staan en EK sal julle aan julle woorde van haat herinner en EK sal sê, “gaan weg van MY julle werkers van onheil want EK het julle nooit geken nie”. MY Heilige Gees het of lank gelede onttrek of was nooit selfs in julle nie.

So, Elisabeth [Elisheva], EK het jou die telefoon laat hoor. EK het jou laat hoor hoe lank dit al lui, net ‘n simbool van dit, 8 maal. Sommige sal luister en dit sal hul nuwe begin wees en hulle sal waarlik berou en hulle sal waarlik weet dat Amightywind Bediening Heilig is en ‘n Bediening deur God gestuur.

Aan almal van hulle wie hulself sal verneder en wegdraai van hulle sondes, hulle sal waarlik, waarlik met hulle verstand, liggaam, hart en siel berou. Hulle sal waarlik, waarlik berou. Hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Julle antwoord daardie oproep, o Heiliges, van berou, elke liewe dag. Selfs jy Elisabeth [Elisheva], jy het gesê, “wat is dit wat ek nog nie geantwoord het nie? Hoe is dit dat ek nog nie berou het nie? Ag, vergewe my asb vir enige manier wat ek U gefaal het want ek weet ek is nie volmaak nie”. EK het vir jou gesê Elisabeth [Elisheva], dit is nie jy nie, want jy hoor MY gelui en jy het MY oproep geantwoord en almal wie langs jou sy bedien en almal wie weet dat Amightywind Bediening die waarheid spreek en nie gejok het nie. Hulle het die oproep om te berou geantwoord, maar dan is daar sommige wie weet die waarhede is in hierdie Bediening en nogtans toets hulle MY en hulle glo dit is net genoeg om jou te ken. Hulle glo dit is net genoeg om die Profesieë te lees. Hulle glo EK gaan altyd genade hê en daar gaan geen gevolge van sonde wees nie. Dit is hulle vir wie EK die swaarste gaan oordeel want hulle besef nie hulle word verantwoordelik gehou vir die sonde wat EK verag nie.

So, vertel hulle MY Dogter, hulle wou gehad het ‘n nuwe Woord moet na vore kom. Vertel vir húlle hoe tevrede EK met hulle is wat die ekstra myl loop, wie nie net daarna strewe of MY elke dag te gehoorsaam nie, maar glo en vertel en die Woorde wat EK sê met ander deel. Hulle is nie bang om ‘n mens te beledig nie want hulle siel begeer om MY, YAHUSHUA, te behaag want hulle weet hulle belonings sal van die Hemel kom.

So, vertel vir hulle MY Dogter, wees daardie Nuwe Elijah [in Hebreeus, Eliyahu] wat EK jou die salwing en ‘n taak gegee het om te doen.

Vertel vir hulle MY Dogter, alhoewel hulle in jou gesig sal spoeg, waarsku hulle MY Dogter, hulle gaan binnekort uit die mensdom gevee word.

Vertel vir hulle MY Dogter, o EK kom weer. EK kom weer, maar hierdie keer sal dit met vuur in MY oë wees en EK praat nie van wanneer EK MY Bruid aan MY sy roep nie, EK praat van die vyande wie soos daardie vyeboom is. EK sal dit vervloek en dit sal verdroog en doodgaan vir almal om te sien.

Vertel vir hulle MY Dogter, wees jy daardie dapper Profeet. Hou op om jou te bekommer oor wat vrouens en mans sê.

Vertel vir hulle MY Dogter, vertel vir hulle namens MY want dit is die gelui van die telefoon. Jy het ‘n roeping om ‘n Profeet te wees. Jy het dit lank gelede geantwoord. EK sal nie toelaat dat jy nie daardie telefoon optel nie. Dit is ‘n oproep op jou lewe, wat jy nie kan ontvlug nie, want EK het jou geroep MY Dogter, om hierdie mensdom te waarsku voordat die Verdrukking hier is, die tyd van Jakob se Benoudheid. Ag en vir so baie, so baie sal dit te laat wees!

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Die vyande sal weereens haat en spot vir jou stuur. Weet net dit, hulle is nie van MY nie. Weet net dit, hulle is nie deur MY gestuur nie. Weet net dit, hulle is satan se kinders, die bruid van satan, die verworpenes, die werkers van onheil en hulle sal met hulle siele betaal met die Hel en die Poel van Vuur, hul spoedig komende lot.

Moet net nie daardie woorde van haat vashou nie, gee hulle vir MY. EK kan hulle hanteer, julle kan nie. Dit is nie eens vir julle bedoel nie, o Heiliges, die woorde van haat is vir MY bedoel. Die spottery, die beledigings is vir MY bedoel. Hulle kan nie die salwing en die Heiligheid aanskou wat EK op ALMAL wie MYNE is geplaas het nie, veral MY Bruid wie elke dag daarna strewe om MY te behaag en MY te dien en MY te aanbid en MY ALMAGTIGE GOD en HEER, HEERSER van hul lewens, MEESTER, REDDER, noem. Hulle erken MY. Hulle is MY Bruid. Hulle vat die mishandeling, hulle vat die haat, hulle word gevloek, hulle word gelaster, hulle name word boos genoem. Hierdie is MY Bruid en ag, EK gaan julle spoedig na MY toe trek. Julle weet wie julle is. Julle aanvaar die waarheid wat voortkom. Julle weet wie julle is. Julle herken die goeie vrugte in hierdie Amightywind Bediening wat soos ‘n magtige wind oor hierdie aarde spoed. En nou neem EK dit in so baie tale en daar is baie meer wat kom.

Julle weet wie julle is o MY kosbare Bruid. Hoe weet julle? Want julle was gehaat, julle was gelaster, julle was verag, julle was uitgewerp as boos. Terwyl al wat julle doen is om te probeer om MY op elke manier te behaag en julle vertel die sondaars om te berou en weg te draai van sonde en julle was mishandel as gevolg van dit. Julle weet wie julle is, maar julle verkondig nie net Heiligheid nie, julle leef ‘n lewe van Heiligheid en julle mediteer nooit vooraf oor sonde nie. Julle is MY Bruid. Julle is MY Eerste Vrugte. So min van julle wanneer EK oor hierdie aarde kyk, maar julle is MY Bruid en dit is julle wie EK liefhet het en soos ‘n skat bewaar. Terwyl EK julle vyande wat MY vyande net soos Esau is, verag.

Neem hierdie woorde, Elisabeth [Elisheva], waarsku hulle die telefoon is besig om te lui. EK het jou as ‘n Profeet gestuur om vir hulle te vertel. Hoe baie het dit gehoor en weier nogtans om te erken hulle het dit gehoor. So, EK sê vir jou, o MY Profeet, vertel vir hulle van die oproep om te berou, vertel vir hulle wat EK jou laat hoor het en daar sal diegene wees wie sal berou en wegdraai van sondes en vertel vir hulle van die telefoon wat lui. Hulle sal hoor. Hulle sal hoor en hulle sal vergewe word en soos die getal 8 sê (8 luie op die telefoon) sal ons ‘n nuwe begin hê net omdat EK ‘n Profeet het wie gewillig is om gespot en verag te word om MY Naams ontwil terwyl jy uitroep, “antwoord die oproep om te berou, die telefoon lui vanuit die Hemel”, want EK het lief genoeg om deur MY Nuwe Elijah (in Hebreeus, Eliyahu) te waarsku, hoe word selfs jou naam ‘Elijah’ (in Hebreeus, Eliyahu) verag. Onthou net, die Gees van Jesebel het Elijah van Ouds (in Hebreeus, Eliyahu) gejaag en kan jy enigiets minder verwag? Kan enige Heilige Profeet iets minder verwag? Kan enige van die Bruid van YAHUSHUA, MY Bruid, iets minders verwag? Want as hulle MY aanvaar het, as almal MY met liefde aanvaar het, sou hulle julle aanvaar het, maar julle kyk oor hierdie aarde en EK het selfs dié wat koud is gestuur om die harte van klip te wys en nogtans berou hulle nie, hulle draai nie weg nie. Hulle sê dat EK net ‘n God van liefde en genade is en EK sal nie eers sonde oordeel nie, maar hulle gaan sien hoekom daar, dit wat, Die Groot Verdrukking genoem word, gaan wees.

Dankie Elisabeth [Elisheva] omdat jy die oproep geantwoord het, want indien jy in sonde gelewe het, sou jy nie eers die telefoon hoor lui het nie, maar jy het en dit het 8 maal gelui, want baie, baie sal luister en dit sal hulle nuwe begin wees.”

Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH

Aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]

Beledigend vir baie en ‘n seën vir ander, ‘n Kind, Kryger Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS

* * * * * * *