Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Kedoshim / Heiliges hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 8, 61, 99;

Levitikus 19:1–20:27;

Amos 9:7-15;

1 Korinthiërs 6:9–20;



Profesie 8
Profesie 61
Profesie 99

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


11 Mei, 2024



Profesie 8 Sal Julle Bewys Dat Julle My Liefhet?

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu op 28 Mei 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

So spreek YAHUSHUA (Jesus Christus), so sal jy wees. Want EK sien jou hart. EK hoor jou uitroepe tot MY. EK voel jou gebrokenheid aan wanneer 'n leier vir wie jy vertrou het, jou mislei. Maar EK het jou geroep en georden. EK sal jou dra. EK, YAHUSHUA en die RUACH ha K0DESH (Heilige Gees) lei jou op. EK sal jou nie uitstuur na die voorste linies totdat jy instaat is om die teëspoed te weerstaan en te verdra wat jy sal verduur nie. Maar jou seëninge sal baie wees.

Baie siele sal na MY toe kom, terwyl EK jou geloof versterk en jy voortgaan in MY NAAM om groot werke in die NAAM van YAHUSHUA te doen. Almal sal weet dit is nie jy nie, maar die RUACH ha KODESH salwing wat hierdie manifestasies van bevryding en genesing voortbring en EK sal jou gebruik om MY Woorde te spreek en jy sal dit dapper doen, alhoewel baie beledig sal word. Dit is MY Woorde nie joune nie; jy word nie verantwoordelik gehou vir wat EK sê nie. Of die manier waarop EK dink nie. Want MY weë is hoër as jou weë. Is hulle nie?

EK praat nie net met jou nie, maar EK praat weereens met al die Profete en Apostels wie in MY NAAM bedien. Die weg is nie maklik nie en dit sal ook nie makliker word nie. Maar hou styf vas aan die mate van geloof wat EK vir elkeen van julle gegee het. Want dit is ver verhewe bo dit wat julle in hierdie eindtyd sal verdra. Want jullle Bruidegrom gaan kom, ja, EK is selfs al op die horison. Julle kan MY op hierdie oomblik voel, wees gereed.

Doen wat EK julle geroep het om te doen, slaan julle hand aan die ploeg en moenie terugkyk nie. Maar kyk vorentoe. Hou aan om die goeie wedloop te hardloop tot by die merk van die hoogste roeping. Moenie mislei word nie, die verdrukking het nog nie begin nie. Bid dat julle dit gespaar sal word, want die verdrukking is nie vir MY Bruid nie. Hoekom sal EK MY Geliefde Bruid aanrand en mishandel? Hoekom sal EK MY Wederhelfte doodmaak, MY Bruid wat haar bruidegom inwag? MY Bruid met al haar juwele aan en keurig versier en wie slegs vir MY aanbid, slegs vir MY lewe. EK sal nie.

EK sê vir julle, enigeen wat sê, EK gaan julle toelaat om deur die Groot Verdrukking te gaan, spreek nie MY Woorde nie. Hulle spreek woorde van vrees en misleiding. EK kom vir MY Bruid om haar sagkens weg te neem en haar liefdevol te beskerm. Sy is nie MY toorn waardig nie, want sy het MY lief en gehoorsaam MY. Sy vertrou MY. Sy maak staat op MY om haar te red. Moenie vrees vir wat sogenaamde deskundiges sê nie, en hulle sê, "Julle sal hier wees vir die toorn van Almagtige GOD YAHUVEH." Dit is nie van MY nie. EK het MY Bruid lief, MY Kinders, bo enigiets. EK het MY lewe gegee sodat julle gespaar kan word.

Soos julle MY vertrou om julle van die hel te bewaar, vertrou MY ook om julle van die komende euwel van die groot tye van ellende te bewaar, wat oor hierdie aarde gaan kom deur die onverdunde toorn van Almagtige YAHUVEH. MY Kinders, bid vir MY spoedige koms want oordeel moet begin by MY eie kinders en dan sal die heidene veroordeel word. Dit is die groot tye van ellende waarvan EK praat. Wat EK julle ookal geroep het om te doen, doen dit nou want binnekort sal dit te laat wees.

Hou julle oë ooswaarts gerig en weet dat MY koms naby is. Kan julle nie die opgewondenheid aanvoel nie? Want julle Bruidgom gaan kom. Maar vir MY Bruid is daar geen vrees nie, slegs gejuig. Vrees vir hulle wat spot, of MY misken. Vrees vir die verlore skape. Vrees vir die goddeloses en verwerpte silwer. Soos hulle MY verwerp het, so het EK hulle verwerp. Julle sal verwerpte silwer ken; want julle sal weet die RUACH ha KODESH trek hulle nie. Die RUACH ha KODESH sal nie altyd met mense wedywer nie, veral in hierdie eindtye.

Jy Daniël het na 'n woord kom soek. Jy Daniël is op hierdie dag beloon. Weereens het EK jou gebruik om die gawes in MY Diensmaagd op te roer. Julle het albei nie geweet dat EK 'n afspraak met julle gemaak het om aanlyn te ontmoet nie, maar EK het. Hierdie boodskap is nie net vir jou nie Daniël, maar weereens Geliefde Seun, het EK jou gebruik om met al MY Kinders te spreek.

Moenie vrees nie, julle Bruidegom gaan kom. Hou styf vas aan julle geloof, want alhoewel EK stil is, toets EK hulle wat hulle liefde vir MY proklameer. Maar deur MY Skape te voed en te waarsku, sal julle julle liefde vir MY bewys. Deur gewillig te wees om vervolging te ly, haat, verwerping terwille van MY NAAM, sal julle jul liefde vir MY bewys. Deur stewig vas te hou aan julle geloof, alhoewel julle nie met julle oë die antwoord op julle gebede kan sien nie, sal julle jul liefde vir MY bewys as julle sê, "YAHUSHUA, selfs al beantwoord U nooit weer 'n gebed nie, aanbid EK U vir wie U is, vir wat U vir MY gedoen het op Golgota."

Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur gewilliglik julle reputasies neer te lê vir MY en as dit nodig is om julle lewens op te offer vir die Evangelie van YAHUSHUA. Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur MY te gehoorsaam, en MY openlik te bely en te aanbid. Dit sal julle liefde vir MY bewys.

Deur die wolwe in die skaapkrale te ontbloot wat kom om die skape te verslind, deur MY swaard van die RUACH ha KODESH op te neem en MY Skape te verdedig sal julle jul liefde vir MY bewys. Julle sê julle het MY lief, MY Kinders? Deur dan op te staan vir Heiligheid en vir wat reg en wat verkeerd is, deur verander te word na MY gelykenis en nie van die wêreld nie, sal julle jul liefde vir MY bewys. EK sluit af met een vraag, "Sal julle jul liefde vir MY bewys?"

EK waak en julle is omring deur 'n wolk van getuies. Selfs die vyand van julle siel kyk vreesbevange. Sal julle jul liefde vir MY bewys deur mekaar lief te hê? Julle wat dit doen, weet julle is MYNE en julle sal dit weet. Sal julle julle liefde vir MY bewys deur skuiling te bied en hulle lief te hê en julle hande in gebed uit te strek na hulle? Dit sal julle liefde vir MY bewys. MY Skape ken MY stem; hulle sal na geen ander herder toe gaan nie. Het julle MY stem op hierdie dag gehoor? Dit is dan vir wie hierdie boodskap is. EK het MY Liefde vir julle op Golgota bewys. Sal julle nou julle liefde vir MY bewys?

Gegee aan hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA,

Profeet Elisheva Eliyahu op 28 Mei 1997

* * * * * * *

JA, Ek sal MY liefde vir U bewys YAHUSHUA. Dankie dat U weereens deur hierdie gebroke erdekruik gespreek het. Asseblief RUACH ha KODESH, salf hierdie woorde magtiglik tot YAHUSHUA se Eer, bid ek. Help asseblief die skape om YAHUSHUA se stem te onderskei. Asseblief, RUACH ha KODESH, help ons om ons liefde vir ons Meester, Regeerder, Verlosser, Koning van Konings, ons spoedig komende Bruidegom te bewys. Ons Aanbid, Prys en Bemin U, YAHUSHUA ha MASHIACH. Altyd U Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid.



Profesie 61 Waar Is Al My Heilige Mense Wat Hulle Heilige Hande Vir My, YAHUVEH, Oplig!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 11 September 2002, 11:45 in die oggend

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Ek is wakker. Ek is besig om wakker te word op die 11de September. Vader het met my gepraat terwyl ek nog geslaap het. HY het my wakker gemaak met hierdie woorde. En nou, nou op hierdie oomblik, selfs terwyl my oë nog toe is, gaan ek nou in-tree vir hierdie land op die 11de September. Ek sal die woorde voortspreek wat HY wil hê ek moet sê. [Begin praat soos met die uitlegging van tale.]

*******

[Elisheva], EK gee jou hierdie verantwoordelikheid om hierdie woorde voort te spreek nou. Dat hierdie Bediening nou hierdie waarskuwing gaan voortspreek. Selfs terwyl [Elisheva} geslaap het, het EK met haar gepraat om vir haar te sê wat om te sê, selfs terwyl haar vlees nou steeds begeer om te slaap. Selfs terwyl haar oë nog toe is, spreek EK hierdie woorde voort. Dit is 11 September 2002. En terwyl EK oor die mensdom kyk om te sien wat hulle gedoen het met hulle beskore tyd, die ekstra tyd wat EK die aarde gegee het, wat is dit wat EK sien? Wat is dit wat MY oë aanskou? Want EK beantwoord die gebede van die regvergdiges wat uitroep in MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, MY Seun. Hulle roep na MY en sê, "Gee ons meer tyd om die verlore siele te bereik" en so het EK dit gedoen.

Dit is wat MY oë aanskou. Mans wat by mans lê, vrouens wat by vrouens lê, babas vermoor in die baarmoeders, die mens geneig om boser te wees elke dag. Dit is geensins anders as in die dae van Noag toe EK die aarde vernietig het nie. Maar EK het die regverdiges gespaar, die gehoorsames, Noag en sy familie. So weereens sê EK en EK waarsku. EK sal alleenlik die regverdiges spaar. Van 11 September 2001 word daar gepraat regoor die wêreld, maar net oor die tragedie, net oor die verwoesting. Hoe min gee MY die Eer, want EK het lewens gered wat nie eers redding verdien nie. Maar in plaas daarvan om hierdie dag te gedenk om aan MY Heerlikheid te bring vir al die wonderwerke wat EK gedoen het, hoor EK eerder hoe MY Naam beswadder word, "Hoe kon God dit gedoen het?"

Selfs MY eie predikers wat MY Woorde spreek praat asof EK geen reg gehad het om oordeel oor hierdie aarde te bring nie. EK is die Skepper. Julle vergeet julle is die skepsels, en daarom is EK bedroef op hierdie dag terwyl EK dit hoor keer-op-keer. Vergeet julle wie is die regter van die ganse skepping? Van wanneer af moet die skepsels die Skepper oordeel? EK kyk na die woord "huwelik". EK sien wat dit vir julle verteenwoordig. EK het Adam en Eva geskape. Waarom trou mense van dieselfde geslag dan? Alles wat EK gesê het ‘n gruwel is, hoekom verhef hierdie aarde dit nou? Asof in trots neem hulle die sondes van hierdie aarde en gooi dit in MY gesig en waag dit nou om te sê, "Ons is die skeppers, ons sal ‘n nuwe mense-ras skep."

Waar is al MY Heilige manne wat hulle heilige hande ophef na MY? Hoekom is hulle nie die geestelike hoofde van die huishoudings nie? Hoekom regeer die vrouens die huwelike? Hoekom is die mans ineengekrimp in die hoeke? Weereens moet EK die Deborahs regoor hierdie wêreld oprig om die werk te doen wat die mans veronderstel is om te doen. Dit is die vrouens wat MY Woord ken, nie almal nie, maar in so baie gevalle is dit die vrouens wat sê, "Hierdie is die ware Sabbat dag, ons sal dit eerbiedig." Dit is die vrouens wat die kinders neem en hulle geestelik grootmaak en dan wonder julle hoekom ‘n huis wat verdeeld is val. Julle wonder hoekom die oortredings van die jeug styg, julle wonder hoekom julle skole ‘n plek is wat selfs die mees geharde krimineel sou vrees. Julle wonder hoekom die kinders die ouers regeer. Dit is omdat julle MY stemme nie wil hoor nie. MY stem wil julle nie hoor nie.

MY Goeie Boek word verwys na as net nog ‘n boek. Die Wette word verwys na as oudtyds. EK neem waar vandag, wat doen MY kinders met die nuwe kennis wat hulle nie voorheen gehad het nie. Want julle word aanspreeklik gehou vir wat julle weet. As julle nie geweet het hierdie Heilge Feeste is Heilige Dae vir MY nie, dan was julle nie aanspreeklik gehou nie. Maar EK wys nou vir julle hoe hierdie Hoogs- Heilige Dae, hoe die Heilige Fees Dae goed genoeg was vir MY Seun, YAHUSHUA, om te vier. Hoeveel te meer behoort julle hulle te hou.

MY Seun YAHUSHUA is die Here van die Sabbat, die Here van die Shabbat, selfs al ken julle die regte dag, vul hoeveel van julle steeds die kerke op ‘n Sondag? Julle predikers gaan aanspreeklik gehou word, keer-op-keer het EK gesê, "Julle eer die mens se Sabbat en stoot MY ware Sabbat opsy." Dit is goed genoeg vir die Skepper, maar die skepsels dink hulle het ‘n uitnemender weg.

So op hierdie dag van 11 September kyk EK oor die aarde en as dit nie was vir die gebede van die regverdiges wat baie vermag het nie, sou verwoesting na die aarde toe gekom het hierdie dag. Maar in plaas daarvan het EK vir julle meer beskore tyd gegee, alhoewel EK MY ware kinders hoor sê, "O kom YAHUSHUA, kom vinnig, vandag." Hierdie aarde is uiters vasbeslote, selfs die aarde sidder en bewe in vrees, want die aarde weet die regter van die ganse skepping gaan hierdie aarde oordeel en gaan vinnig verskyn. Julle waters is besoedel as gevolg van mensgemaakte sonde, julle wis diere spesies uit omdat julle net eenvoudig wil moor of omdat julle hul habitat wil uitwis vir julle eie dwase doelstellings. Maar EK het elke spesie in die Hemel bewaar, spesies wat hierdie aarde nie meer sien nie en MY Kinders wie se tuiste in die Hemel sal wees, wees verseker, hierdie spesies word vir julle bewaar.

EK het julle lief MY geliefde kinders, diegene wat nou nie bang is om alles te doen wat EK sê nie, diegene wat die Heilige Dae respekteer, diegene wat uitroep en verlang na YAHUSHUA om te kom. Hulle roep soos die vyf (5) wyse maagde. Hulle het die olie in hulle lampies terwyl hulle wag en hulle het ook ekstra olie boonop want hulle weet nie watter uur of watter dag nie. Hulle weet HY [YAHUSHUA] sal terugkeer op ‘n Shabbat, maar watter Shabbat? EK het vir hierdie diensmaagd gesê dit sal op ‘n Rosh Ha Shanah wees en sal een (1) koms sal wees, maar watter Rosh Ha Shanah?

MY woord sê HY kom in die middernag uur maar watter middernag uur? So, terwyl MY geliefdes probeer bereken watter uur MY Seun sal kom, MY dierbares, hierdie is dwaasheid. In plaas daarvan werk net vir MY en vertoef, hou julle lampe verlig, werk om die enigste skat te bring wanneer jy die aarde verlaat. Want niemand gaan weet nie, soos ‘n dief verskyn in die nag, so sal die Liefde van jou lewe. Maar sal HY jou vind sonder vlek of kreukel?

Want vroue-gades julle simboliseer die Bruid, manlike-gades julle simboliseer die Bruidegom. Dit is hoe julle sal weet as julle behaaglik is vir MY. Die vroue wat goddelike mans het, wat uitroep in YAHUSHUA se Naam wat alles doen wat hulle kan om MY en MY Woord te gehoorsaam. EK vra julle dit, “Doen julle alles wat julle kan om gehoorsaam te wees aan daardie gelowige man?” EK vra hierdie vir die mans wat die Bruidegom simboliseer, “Doen julle alles wat jul kan om haar lief te hê en te beskerm, om die kop te wees en nie die stert nie? Verdien julle hul respek dat sy begeer om aan jou gehoorsaam te wees op die manier wat die Bruid van YAHUSHUA aan HOM gehoorsaam behoort te wees? Bid jy saam met jou familie? Is jy op jou knieë saam met jou vrou? Hou jy haar hand vas wanneer jy bid? Seën jy jou kinders? Hou jy MY Heilige Dae? Eer jy MY op die ware Sabbat, of het julle maar net julle plesiertjies en julle manier? Is jy ‘n voorbeeld van die goddelikheid?”

Hierdie is vrae wat EK julle vra hierdie dag. Staan julle op vir heiligheid en geregtigheid of soek julle vir pornografie op die internet? Dink julle julle sonde is weggesteek in die geheim selfs diegene wat agter kansel staan? Is jy waardig vir die respek van die woord ‘manlike eggenoot’ want jy staan vir die Bruidegom wat kom? MY Seun regeer met liefde en barmhartigheid. Dink julle julle gaan jul huishouding regeer met niks anders as brute krag nie? Bekeer vandag, diegene wat hulself manlike eggenote noem, want so baie van julle is nie die respek waardig van julle vroue nie. Maar vir die mans wat‘n weerspieëling is van die spoedig komende Bruidegom, julle is daardie respek waardig en julle moet daarop aandring dat julle huishouding alles respekteer waarvoor julle staan. En hulle sal jou liefhê en hulle sal jou eer en hulle sal begeer om te gehoorsaam net so seker as die Bruid van YAHUSHUA begeer om te gehoorsaam.

So in plaas daarvan, om op hierdie 11de September, om julle Skepper te beskuldig of te luister na diegene wat julle Skepper beskuldig, laat sak julle koppe in skaamte, want die geskape een wat EK gevorm het uit stof, net ‘n grondklont in‘n hand, en EK het daarin geblaas en die mens geskape, het geen reg of plek om die Almagtige God YAHUVEH, die Skepper, te oordeel nie. Oordeel gaan weer neerreën. Oordeel het reeds begin. Eerstens het dit begin by die Huis van die Here, diegene wat genoem word by YAHUSHUA se Naam, en as EK nie MY eie huis spaar nie, hoeveel te meer sal EK die heidene oordeel vir die stank van hulle sondes.

So het EK gespreek hierdie dag tot hierdie diensmaagd, en sy het MY gehoorsaam en gee nou vir julle hierdie woorde op 11 September 2002, so is dit gespreek, so sal dit geskryf word. Hoeveel van julle sal MY toelaat om julle kleed vlekloos en wit te kry voor EK MY Seun stuur. Watter Bruid sal in haar trougewaad staan oortrek met vlekke en kolle? Vra julself hierdie vrae af wanneer julle MY Seun smeek om te kom. Sal jy gereed gevind word? Is jou bruids-kleed rein en skoon? Is daar genoeg olie in jou lamp om aan te hou wag op HOM [YAHUSHUA]? Of sal jy wees soos die vyf (5) huilende en weeklaende dwase maagde wie se olie opraak in hul lampies, wat moeg word van die gewag? Wees nou gereed my Kinders want die middernag uur is laat!

* * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH Ha KODESH, op 11 September 2002, begin 11:45 vm. en geëindig 12:13 nm.

Ek bring hierdie soos dit aan my gegee was en ek lê dit nederig aan julle voor, en ek bid net dat diegene met ore sal luister.

Apostel Elisheva Eliyahu



Profesie 99 Ek YAHUVEH Is Besig Om My Geduld Met Julle Af Te Tel!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 25 Mei 2008

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word:

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal ek aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes 42:8

In Julie 2016 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16

“maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Oorskrywing van audioband opname begin ‘n entjie verder af op die bladsy.

Vyf Chinese paartjies was besig om hul troufoto’s te laat neem toe die aardbewing op 12 Mei getref het, en almal het ontkom sonder beserings. Die terrein van die fotosessie, ‘n eeu-oue kweekskool, was verwoes.

YAHUVEH gee ons dikwels "foto's" in die geskiedenis van dinge wat profeties is. Hierdie, glo ek, is wat gebeur het gedurende die onlangse Chinese aardbewing en die foto van die VYF bruide wat probeer het om hul troubeloftes te maak net toe die aardbewing tref (interessant, is dit nie – het jy agtergekom - dat daar VYF bruide was?) Dit is ‘n prentjie van hierdie wêreld wat YAHUVEH uitdaag deur basies te sê "Ons sal eet, drink en vrolik wees..." reg tot en met die EINDE. Die foto’s wys die vyf bruide wat almal in verwarring rondstaan NA die aardbewing met grondbesmeerde uitrustings – en daar is rommel, puin, stof en grond oral om hulle in hope…wat ‘n "foto" van hierdie wêreld! Wee hierdie wêreld wat die heiligheid bespot van lewe, aborsie, genadedood, homoseksualiteit, en dieselfde-geslag huwelike. YAHUVEH sal nie vir lank bespot word nie. Wee die nasies wat hulle rug keer op die een en ware Skepper YAHUVEH en Messias YAHUSHUA HA MASIACH en ons Kosbare Moeder die RUACH HA KODESH.

Dit is ironies dat daar 5 bruide staan te midde van verwoesting, verbrokkelende toevlugsoord, herinner my aan die 5 dwase maagde soos vertel in die gelykenis deur YAHUSHUA wagtend op hul Bruidegom om hulle te kom wegneem. YAHUSHUA kom maar HY neem net die 5 wyse maagde met ekstra olie in hul lampe. Lees oor die aardbewing en kyk die foto’s wat in China geneem is, hulle uitrustings is besmeer, geskeur, georganiseerde ou kerk lê in puin. Word wakker en sien hierdie is nie 'n toeval nie. Lees die profesie en bid en sien dat YAHUVEH spesifiek vir China noem en sê dat hierdie oordeel uit die Hemel was en wat met China gebeur het sal gebeur met Kalifornië en ander state, lande en nasies veral Amerika, wanneer hulle dit die minste verwag. 60,000 mense in China is dood, en nogsteeds word daar getel volgens die nuutste verslag wat ek gehoor het. Lees wat YAHUVEH hieroor te sê het. BID dat julle waardig geag sal word om SY TOORN te ontvlug terwyl HY aftel tot die dag wanneer SY GEDULD tot ‘n einde kom! Soos ons die dae van die Omer aftel, so ook tel YAHUVEH die dae af tot die einde van SY GEDULD, en wee hierdie aarde wanneer dit gebeur!

Moenie mislei word nie want YAHUVEH word nie maklik bespot nie! Diegene wat hierdie doen, satan spot met hulle want hy ken die prys wat betaal word vir die doen hiervan, hy betaal die prys vir ewig.

"Die groot dag van SY toorn het gekom, en wie sal bestaan?" Openbaring 6:17

Johannes, In die sesde hoofstuk van Openbaring, beskryf die mees tragiese, nutteloosste gebedsbyeenkoms in die wêreld se geskiedenis! Bid nou terwyl julle gebede nog in staat is om gehoor te word vir genade! Bekeer en draai weg van sonde terwyl daar nog tyd is! Môre mag te laat wees!

Gehuil en gekerm, uitroepe en eise, gekla en Gefluister - alles sal gehoor word in daardie komende Dag van YAHUVEH wanneer die wraak en oordele van YAHUVEH losgelaat word. Selfs die berge en eilande sal uit hul plekke verwyder word.

Maar teen daardie tyd, sal die gebede en uitroepe van sondige mans en vrouens te min en te laat wees!

Al die ryk en beroemde akteurs, aktrises, kletsprogram-aanbieders, politici insluitend konings, president, heersers van ander lande, het die leuens geglo van die duiwel en wetenskaplikes en hulle vertroue en hoop gestel in hulself en ander met menslike vermoëns. Hulle stel hul geloof in “geld kan enigiets koop” tog sal hulle aansluit by die ander wat uitroep in vrees. Hulle sal uitroep na die verbrokkelende rotse en berge om op hulle te val en hulle te verberg vir die toorn van YAHUVEH, en die enig verwekte Seun van YAHUVEH SY Naam IS YAHUSHUA HA MASHIACH!

Ons is onder diegene wat glo dat die oordele van YAH seker is. Ons ken nie die dag of die uur nie. Maar YAHUVEH gaan inderdaad die aarde skud soos dit nog nooit vantevore geskud was nie, en HY sal dit oorhandig aan die enigste KONING VAN DIE HEELAL, YAHUSHUA HA MASHIACH!

Nota: Ons het die naam van die persoon in hierdie Profetiese Woord uitgelaat. Elisheva, en Katherineyah het saam ingetree in gebed vir ‘n vennoot wat sukkel met gehoorsaamheid aan YAHUVEH. Hy is in ‘n ongelyk gejukte huwelik en hy stel ‘n uitvindsel in gevaar wat MAMMA SHKHINYAH vir hom gegee het deur te bly in hierdie ongelyk gejukte huwelik. YAH het gesê die uitvinding sal nie voltooi word terwyl hy in hierdie huwelik bly nie, ‘n Huwelik wat nie van YAHUVEH was nie.

Die oomblik wat hulle begin bid het het Katherineyah die woord 'dryfsand' gehoor en ‘n visioen gesien van ‘n man wat wegsink in dryfsand. Hierdie Broer is vol modder in dryfsand. Katherineyah sien toe granietblokke oor sy voete. Elisheva het gesê dat hy gewoond geraak het aan die granietblokke en om nie in staat te wees om te beweeg nie maar sy het ‘n visioen gesien van ‘n groot hamer in sy hand as hy sou verkies om dit te gebruik. Hy kon losbreek van daardie granietblokke as hy sou verkies. Dit is in sy mag om dit te doen maar dit is sy keuse.

Audioband oorskrywing begin hier.

Elisheva: Hy het die hamer in die hand en hy is instaat om die graniet af te breek as hy so verkies, as hy so verkies.

Katherineyah: Ek voel of die HERE ‘n weerligstraal gaan stuur en daardie graniet gaan tref.

Elisheva: Dit is die salwing, die RUACH HA KODESH vuur op hierdie oomblik wat daardie graniet moet tref in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. Maar weereens, het hy sy keuse. Ek bly dit hoor keer-op-keer. Hy is so gewoond om granietskoene te dra, hy is so gewoond om nie instaat te wees om te kan beweeg nie, dat hy gemaklik geraak het. Hy is so gewoond om opdragte te neem van sy vrou, net soos Gary doen. Hy is so gewoond daaraan en tog weet hy. Hy weet wat hy moet doen. Hy kyk na ander om vir hom te sê wat om te doen maar hy ken reeds die antwoord. Hy weet hy moenie teruggaan werk toe nie. Hy kan nooit sê dat ‘n "So sê YAHUVEH," aan hom gegee was dat hy moes teruggaan werk toe nie. Sy 'werk' was daardie uitvinding. Dit is sy vrou wat vir hom die opdrag gegee het om terug te gaan werk toe. Sy gee vir hom ‘n ultimatum en ....... jy (Elisheva begin in tale bid) moet haar laat weet dat haar intimidasie en manipulasie nie sal werk nie dat sy nie gedagtebeheer, manipulasie, intimidasie teen jou kan gebruik nie. Sy is so begaan oor sekuriteit. As’t ware is sy gevul met skaamte, sy is meer geinteresseerd om haar ouers, haar familie te beïndruk. Ek weet nie of dit haar eie ouers is of iemand na wie sy draai vir ouerlike advies nie, maar hulle sê, “Hy is nog nie terug werk toe nie? Hoeveel gaan jy vat hiervan?" So dit is ‘n kwessie van haar trots. Sy is nêrens op nie, nêrens, ek sien ‘n boek met ‘n leë bladsy. Sy is nêrens, nêrens op.......se bladsy nie, nêrens, nêrens, nêrens ....... op jou bladsy nie. Jy hou aan om te wil hê sy moet op jou bladsy kom, maar sy is nêrens daar nie.

* * * * * * *

YAHUVEH begin praat:

Wie gaan jy vrees, sê YAHUVEH? MY geliefde Seun........ , wie vrees jy meer? Wie vrees jy om aanstoot te gee, te verontagsaam?

Jy word getoets. (Exodus 20:20; Sagaria 13:9) Daar is nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, van die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wat nie op hierdie oomblik getoets word nie om te sien wie hulle gehoorsaam, om te sien wie hul vrees om aanstoot te gee. Dit beter EK wees. Dit beter EK wees. Dit beter EK, YAHUVEH wees. Dit beter YAHUSHUA jou MASHIACH wees. Want het HY nie die voorbeeld gestel nie? Dat HY geweier het om YAHUVEH te verontagsaam. HY geweier het om SY Hemelse VADER te verontagsaam?

Die tyd is so kort. EK het hulle uitgetrek een vir een. Daar is geen gratis ritte meer nie. EK het vir julle gesê EK is op ‘n aftelling van MY geduld. Waarom dink julle hou EK aan om vir julle te vra, "Tel julle die Omer af? (Levitikus 23:15-16) As julle MY nie nou kan hoor nie, hoe sal julle MY hoor dán? Hierdie Bediening het die salwing om die begeerte te gee vir die mense wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe om MY stem te hoor, om MY wil te doen, want julle is ‘n voorbeeld vir hulle. Wat gaan julle doen .......? EK weet reeds.

Dit sou so maklik wees vir MY......... om dit op die maklike manier te doen vir jou maar hoe sou jy jou toets geslaag het? Hoe sou jy gehoorsaamheid bewys? Hoe sou jy bewys wie jy liewer het? Dit geld vir al die mans op hierdie oomblik en al die vroue op hierdie oomblik wat in ongelyk gejukte huwelike is. Dit was nie deur MY hand wat hulle saamgevoeg was nie. Wat gaan julle doen wanneer die tyd van die Groot Verdrukking kom en as julle nie waardig gevind word om MY Bruid genoem te word nie, as julle nie waardig gevind word om die Bruid te wees van YAHUSHUA nie? Want onthou wat ookal YAHUSHUA s’n is is MYNE. En wat ookal MYNE is is MY SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH s'n. Wat gaan julle doen wanneer julle agtergelaat word? Sal dit dit werd wees? Die einstes waarmee julle julself gejuk het sal die einstes wees wat julle sal verraai. Wat gaan julle doen? Julle dink dit is nou moeilik? Julle het nie ‘n idee nie. Op daardie tydstip sal mans vroue-eggenote verraai en vroue sal manlike-eggenote verraai. Kinders sal ouers verraai en ouers sal kinders verraai. Daar sal geen lojaliteit wees nie. Die enigste familie wat sal tel sal die familie in YAHUSHUA HA MASHIACH wees. Hierdies sal die enigstes wees wat julle sal kan vertrou. Selfs wanneer julle ‘n vreemdeling ontmoet, sal jul herken wie hulle is. Dit sal duidelik wees vir almal om te sien.

So manne, EK gaan nie julle toetse kanselleer nie. Dit is wat julle wil hê EK moet doen. Almal word getoets. Sê MY Woord nie, "Die beproewings van jou geloof is meer werd as goud" nie (1 Petrus 1:7) Die een waardeur EK spreek nou, hierdie vyf wat die Vyf Wyse Maagde verteenwoordig, almal was getoets. Adam het weggestap van dit wat hy sy huis genoem het vir baie, baie jare. Hy het weggestap van ‘n winsgewende werk en o hoe lank het hy gewag daarvoor om eensgesind te word, maar EK het vir hom gesê om weg te stap. [Wanneer ‘n moeder] haar biologiese familie moes verlaat, haar eie kind van haar lendene -almal van julle, almal van julle, almal van julle, die moederhart wat voor MY kom so verniel en gebroke en gekneus. Julle mis julle kinders maar julle het hulle op die offeraltaar neergelê en julle [ouers] het gesê, "Doen met hulle soos U wil want hulle is nie my kinders nie maar U s’n". So EK wek vir julle geestelike kinders op wat uitroep tot julle soos ‘n Mamma en ‘n Pappa en hulle begeer jul berading en hulle begeer jul liefde. Hulle wil MY gehoorsaam en EK sê vir julle om hulle te lei en om hulle te rig. EK is omtrent gereed om vir julle ‘n skok te gee, hierdie geestelike kinders het julle liewer as wat jul biologiese kinders jul ooit kon liefhê. Hulle respekteer julle. Hulle eer julle. Moet geen een van hulle as vanselfsprekend aanvaar nie. Soos julle geduld het met julle biologiese kinders, hê geduld met julle geestelike kinders. Moenie jul hande in die lug gooi en sê, "Ek het genoeg gehad" nie.

Moet nooit so opgeblaas raak in trots, om mense te laat glo dat julle altyd aan MY gehoorsaam was nie want almal, almal, almal het op een of ander stadium gesukkel, almal van julle het gesê, "Ek sou dit eerder doen op my manier." Dit is net dat EK julle so ‘n agterent loesing gegee het, almal van julle op die harde manier geleer het. En dit is hoekom julle nou sê, "Wat U ookal sê ABBA YAHUVEH, ek doen dit op U manier. EK hoef nie eens MY stem te verhef nie. Julle weet wanneer julle verkeerd doen. EK sê nie dat enige iemand perfek is nie behalwe MY SEUN YAHUSHUA, maar EK sê al wat EK verwag van enige van MY kinders is probeer net.

So julle doen jul deel, julle weet wat EK vir julle gesê het om te doen. Julle weet wat EK vir julle gesê het om nie te doen nie. satan wil nie hê hierdie uitvinding moet ooit die lig sien nie. So hy het een vrou wat in die pad staan. En sy is soos ‘n muis wat brul en jy skarrel in die hoekie in. Hoe kan sy hierdie respekteer?

Die tyd is later as wat julle dink en EK het China gestuur as ‘n voorbeeld van wat gebeur wanneer MY geduld begin opraak. Lank gelede het EK vir jou ‘n Woord gegee, [Elisheva], “Einde van rondte een, nou vir rondte twee.” Pasop China want ‘n rondte drie kom. (China het pas ‘n verwoestende aardbewing gehad wat ten minste 60,000 mense gedood het)

En Amerika, EK het nog nie eens begin nie. Keer-op-keer het EK gesê, EK het die ergste vir laaste gebêre. Jy het nog nie eens, eens, eens begin om MY toorn te proe nie. En Europa, dink nie dat jy jou lot sal vryspring nie. Op hierdie oomblik is daar net een luide stem wat dit protesteer wat EK ‘n gruwel vind en EK gebruik die Katolieke kerk, onthou, soos EK die donkie gebruik het om van uit te spreek (Num. 22:22-32), gebruik EK die Katolieke kerk om te waarsku, om te waarsku oor die heiligheid van lewe. Waar is die ander? Waar is die ander georganiseerde godsdienste? ‘n Wêreldwye uitroep moes uitgegaan het om ‘n dier- en menslike embrio saam te voeg, om selfs so ‘n plan te bedink, om ‘n half mens en half dier te hê, julle begin nie eens om die pad te ken waarop julle begin stap het nie. Om MY te tart met die heiligheid van die huwelik? Daar moes ‘n wêreldwye uitroep gewees het teen dieselfde-geslag huwelike! Hoekom is dit so stil? Waar is die kerke? Hoekom staan al diegene in Islam nie op nie? Hulle gee om oor ‘n tekenprent! Hulle stuur verskrikking in enige iemand wat nie met hulle saamstem nie. Maar hoekom is hulle stil?

Dit is hoekom EK op ‘n aftelling van MY geduld is nou. Dit wat julle dink is jare weg, almal van julle, almal het ‘n wrede ontnugtering wat kom. EK beveel hierdie Bediening om dit te doen wat hulle moet doen en dit gou te doen. Daar is geen tyd meer om die babas te pamperlang (oorbeskerm) nie. Dit is tyd vir hulle om groot te word. Dit is tyd vir manne om manne te wees. Dit is hoekom EK vrouens in die leierskap gestel het. Dit is hoekom EK ‘n Deborah opgerig het! Die manne is Baraks! [Rigters 4] Hulle is lafaards! Nie al MY manne nie. EK het MYNE, MY eie. En hulle hoor MY stem en hulle spreek MY Woorde voort maar o hoe min, hoe min. En julle vrouens wat neergebuig was in hierdie ongelyk-gejukte huwelike en die Skrifte was teen julle gebruik om te sê, "Bly stil." EK het julle net beveel om daardie man te gehoorsaam terwyl hy in lyn is met MY Woord. As hy nie is nie, skop hom uit op die straat! Genoeg is genoeg! Genoeg is genoeg!

MY liefling EK salf jou hierdie dag om die woorde uit te spreek in onverskrokkenheid aan hierdie manne sodat hulle kan onthou wat ‘n man veronderstel is om te wees! Hulle moet MY behaag voor hulle enige vrou behaag, voor hulle enige kind behaag en vir die vroue wat ongelyk gejuk is in ‘n huwelik, EK herinner julle aan die gees van Deborah! Julle moet MY behaag. Julle moet YAHUSHUA behaag! Voor julle probeer om enige man te behaag! Voor julle jul kinders behaag. Gehoorsaamheid, gehoorsaamheid, gehoorsaamheid is beter as offerande! Neem weg julle tiendes en neem weg julle offerhande en neem weg julle lofsang, as julle MY nie gehoorsaam nie! Want as julle MY nie nou gehoorsaam nie, wat laat julle dink julle sal MY gehoorsaam in die Groot Verdrukking wanneer dit raar sal wees om ‘n Profeet te hoor spreek soos hierdie? Leer om te gehoorsaam nou! Hoe bewys jy dat jy YAHUSHUA HA MASHIACH liefhet? Sê MY Woord nie, "As julle MY liefhet, sal julle MY gehoorsaam" nie? [Evangelie van Johannes 14:15;21] Hoe het YAHUSHUA HA MASHIACH bewys dat HY YAHUVEH liefhet? Deur gehoorsaamheid aan elke Woord wat EK sê. Moenie beloftes aan MY maak wat julle nooit van plan is om te hou nie.

EK is nie begaan oor mensgemaakte huweliks-beloftes aan huwelike wat EK nie eens saamgevoeg het nie en nou sien julle mekaar vir wie julle is. EK is net begaan oor daardie huwelike wat beskik is uit die Hemel. En hoe weet julle hulle is beskik uit die Hemel? Want julle is een In MY. Dit is waar dat die Woord sê die man behoort die geestelike leier van die huishouding te wees [Efesiërs 5:22] en wanneer daardie man nie geskik is om die geestelike leier van die huishouding te wees nie, dan sal EK ‘n leier van die huishouding hê, hetsy dit die vrou is of hetsy dit ‘n kind is, EK sal iemand hê wat MY Woorde voortspreek! EK sal iemand hê wat MY Woorde voortspreek! Selfs al is dit ‘n klein kindjie, sal EK iemand hê wat MY Woorde voortspreek! MY Heerlikheid sal duidelik wees vir almal om te sien! Julle in hierdie georganiseerde kerke, julle weet hulle is ‘n stank in MY neusholtes maar julle sê julle moet ‘n gebou hê om samekomste in te hou. Wat het geword van ‘n samekoms met MY een-tot-een? Wat het geword van ‘n een-tot-een samekoms met MY SEUN? Julle is in die aftelling van die Omer. Julle is in die aftelling van MY geduld.

Wee, wee, wee, wee hierdie aarde wanneer MY geduld op is! Bid dat julle waardig geag sal word om MY Toorn te ontvlug! Hierdie behoort julle konstante gebed te wees ‘n ieder en elke dag. EK is nie kwaad vir diegene wat MY gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat probeer om MY te gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat sal sê, "Ek luister vir U stem. Leer my en rig my" nie. EK is ook nie eens kwaad vir diegene wat sal sê, "Asseblief vergewe my" nie. EK is kwaad vir diegene wat weier om te gehoorsaam. En Oordeel begin by die Huis van YAHUVEH. Die heidene weet nie hoe om MY stem te hoor nie. Maar EK is kwaad vir diegene wat beweer dat hulle MYNE is en aan YAHUSHUA HA MASHIACH behoort en weier om te gehoorsaam!

China proe MY Toorn nou. Maar EK spaar diegene wat MYNE is. Hulle het opgestaan en hulle het gesê, "Geen Bybels hier toegelaat nie." Hulle sluit MY heiliges op, diegene wat MY waarlik liefhet en dien, hulle stel hul tereg. Hulle martel hulle. Hulle honger hulle uit! Proe MY Toorn China want meer gaan kom!

Elisheva sê: "Ek het ‘n visioen nou op hierdie oomblik en ek sien wolke en in die wolke voor die aardbewing en nou verstaan ek hoekom, was daar ‘n wolk en dit het, as ons daarna kyk sou ons kon sê dit het die helderste reënboog gehad in die wolk. (Ons stem nie saam met al die kommentaar op die skakel na youtube toe nie), maar ek het dit gesien op youtube en ander nuusberigte. Dit was so helder, verskillende kleure ligte binne-in ‘n wit wolk en dit het so pragtig gelyk en hulle sê vir 30 minute voor daardie verwoestende aardbewing, het hierdie wolke gehang en ek het die foto’s gesien wat hulle geneem het en ons moet hierdie foto’s kan opsit vir al die mense om dit te kan sien maar nou verstaan ek en ek het gesê, "Waarom sou sulke prag voor die aardbewing gekom het in China?" En dit is wat YAHUVEH vir my sê nou terwyl HY vir my die visioen wys.")

Woord gaan voort: Want die reënboog verteenwoordig ‘n belofte en EK het ‘n belofte gemaak aan diegene wat uitgeroep het tot MY, aan die geteisterdes, aan die vervolgdes, aan diegene wat gemartel was in China, om in die tronk te wees, diegene wat in die tronk is en wat gemartel was omdat hulle YAHUSHUA aanbid, EK het ‘n belofte gemaak dat EK wraak sou neem vir hulle! En hierdie is net die begin China! Hierdie is net die begin, as ‘n voorbeeld terwyl een nasie rondom hierdie wêreld dieselfde doen.

Sê MY Woord nie dat EK, YAHUVEH wraak neem nie? Wraak is MYNE sê EK, YAHUVEH! (Deut.32:35) Roep MY aan en EK sal julle vyande laat hardloop in 7 verskillende rigtings! Hoeveel verskillende rigtings hardloop julle nou o Chinese regering? Maar EK maak seker die Heilige engele is daar om te beskerm en te voorsien vir julle broers en susters in YAHUSHUA HA MASHIACH. Wee die wêreld want hou vir China dop. Julle gaan sien wat met China gebeur het tref Kalifornië. Ek gaan nie die ander dele van die wêreld noem nie maar Amerika jy wil ‘n harp speel? (H.A.A.R.P.) Wag tot EK MY harp speel. Jy wil die weer beheer, jy het nog niks gesien nie.

EK stuur verwarring vir die wetenskaplikes. EK stuur verwarring vir die astroloë. Daar is waansin in die Wit Huis. Daar is waansin in die regering. Die mense hardloop heen-en-weer. Die politici is waansinnig. Hoe kan hulle die mense lei? So roep MY aan. Roep MY aan. Roep MY aan terwyl EK nog sal luister, roep MY aan. EK doen nie enige iets tot EK eers voortspreek uit die Profete nie. (Amos 3:7) EK het gewaarsku uit hierdie Profeet se mond wat sou gebeur vanaf die oomblik wat hulle Amerika verlaat het, ‘n Profesie was vrygestel en EK het julle gewaarsku wat sou gebeur wanneer die prys van olie opgegaan het, EK het julle gewaarsku oor die voedselpryse. (Profesie 85) EK het julle gewaarsku oor die koste. EK het julle selfs gewaarsku oor die trokdrywers terwyl hulle koste opgaan, julle het nog niks gesien nie.

Maar weet dit, hierdie hongersnood is nie MY toedoen nie. Dit is die manipulasie van diegene wat vol hebsug is. Terwyl hulle die goud en silwer ophoop vir hulself en saamsweer om diegene dood te maak wat behoeftig is. Dit het begin met aborsie en toe gegaan na diegene te siek om hulself te verdedig. Hierdie was die volksmood waarvan EK praat. Daar is dood in die inentings. EK het gewaarsku keer-op-keer. Want hierdie wêreld dink nie dit het arm kinders nodig nie. EK het julle gewaarsku dit sou na die bejaardes toe gaan. Alles daarvan is volksmoord. Al hierdie is sodat die rykes voorsien kan word in hulle eie oë. En nou wring julle julle hande en wonder hoekom tienerselfmoord so hoog is. Julle enigste hoop is in YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle enigste hoop is in bekering en gehoorsaamheid. Julle enigste hoop is in MY genade. Want EK is lankmoedig. So hou aan waarmee julle besig is. Hou aan waarsku. Terwyl julle die Vryheid het om voort te spreek want daar is kragte wat is wat julle wil stilmaak, wat MY Ware Profete wil stilmaak. So praat terwyl julle kan.

Einde van Woord

* * * * * * *

Elisheva: Dit is ‘n ongelyk gejukte huwelik en hy het ‘n uitvinding gekry om die wêreld te verander en ‘n ongelyk gejukte huwelik hou alles terug.

Katherineyah: Hê geloof dat YAHUVEH weet waarvan HY praat wanneer HY vir jou sê om iets te doen. Moet HOM nie betwyfel nie. Dit is ‘n belediging vir HOM. As jy gehoorsaam is is jy respekvol teenoor GOD Almagtig wie die Outoriteit is bo almal.

Katherineyah: Dit bedroef VADER wanneer hulle HOM verontagsaam. Dit grief GOD Almagtig, alle mans, alle vroue wat nie na VADER luister en gehoorsaam nie, punt. En ek weet julle wil HOM nie bedroef nie, so luister soos [Elisheva] gehoor het, gehoorsaam, oor en uit.

Offensief vir die Meeste en Verligtend vir Min.

Apostel Elisheva Eliyahu