AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë
Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Dit is nie meer genoeg om net die Soom van MY Kleed aan te raak nie. Hou aan om aan MY deur te klop, en as die antwoord nie vinnig genoeg kom nie, hamer. As julle moeg raak, hou aan om te vra, te soek en julle sal vind, maar moenie ophou tot julle van die Hemel hoor nie.
Want, MY Kinders, EK het vir julle brood belowe en nie die krummels van hierdie wêreld nie. Want julle sien, oordeel het na die huis van YAHUVEH gekom en dit is nie so maklik soos raak MY soom aan, of klop saggies vir julle antwoorde nie, julle beter voorbereid wees, dit mag 'n worsteling kos vir julle seëninge, soos Jakob. Maar dit bewys slegs julle geloof en maak dit sterker, wat nodig is in hierdie eindtye. So hou aan om te sê, geen krummels meer nie. Dit sal julle nie ontsê word nie. Want julle is die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH wat met Bloed gekoop is.
EK sal julle antwoord en verlos. EK lieg nie. Want julle is nie die krummels van hierdie wêreld belowe nie, maar die Brood van Lewe, die kinders se brood van genesing, verlossing, voorspoed, lewe in oorvloed en vol van heerlikheid. Want YAHUSHUA is julle Brood van die Lewe en EK wil sien of julle MY nogsteeds sal eer en aan julle geloof vashou, alhoewel EK nie dadelik antwoord nie. EK is nie altyd 'n mikrogolf-GOD nie.
Ja, EK weet van mikrogolwe, wie dink julle het vir julle die uitvinding gegee? Julle het die skrifte om op te staan, lees Matt 15: 22-28 van die Kananése vrou se geloof. Sy het YAHUSHUA aanbid, tog het HY haar geignoreer en toegelaat dat die dissipels haar bestraf, haar 'n hond noem en gesê het dat die seëning vir 'n ander was en nie vir haar nie. Julle sê, "Hoekom YAHUSHUA, hoekom het U al hierdie dinge gedoen?" Omdat in hierdie laaste dae, sal al hierdie dinge met MY mees betroubare volgelinge gebeur, hulle wat MY aanbid, dit sal deur ander in MY NAAM gedoen word.
Julle sal beledig, verwerp, vervolg word, maar as julle aanhou om vas te hou aan julle geloof, alhoewel EK nie dadelik verlos nie, dan sal julle net soos hierdie Kananése vrou beloon word. Want EK sal sien hoe groot julle geloof is. Want in hierdie eindtye berei EK MY Liggaam op hierdie manier voor, wanneer EK weer kom, hoeveel sal aan hulle geloof vasgehou het? Hoeveel sal wegdraai wanneer hulle in gebed uitgeroep het vir 'n behoefte en EK het nie dadelik geantwoord nie?
Jy moet vir hulle vertel om bereid te wees om met MY te worstel vir hulle seëninge net soos Jakob gedoen het. Want EK begeer om te seën. EK wil slegs toets en kyk hoe ernstig julle hierdie seën soek. Sal julle MY steeds aanbid as EK nie dadelik antwoord nie? Dit is nie MY kastyding wat dit veroorsaak nie, want die vrou het aan MY voete neergeval en MY aanbid. Julle aanbid by MY voete. Maar oordeel het begin by die huis van YAHUVEH en een van die dinge wat EK toets, is hoe sterk is julle geloof?
Hoe lojaal en hoeveel sal julle op MY staatmaak? Net soos die Kananése vrou, sal julle geloof en lojaliteit beloon word want julle sal dit wat julle begeer, aanskou, en EK sal MY seëninge selfs meer oortreflik en meer oorvloediglik neerstort soos 'n rivier wat oorloop. Julle sal soveel vreugde hê en EK sal julle so baie seën dat julle verplig sal wees om vir ander ook te gee. Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Hou aan om te klop totdat die deur oopgaan na julle seëninge waarvoor julle gevra het. EK sal uiteindelik antwoord. Moenie op julle eie insig staatmaak nie, maar ken MY in al julle weë en EK sal julle paaie gelykmaak.
Onthou, die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. Hou julle oë op julle Verlosser en nie op die ontstuimigheid van die see nie, anders sal die golwe julle verdrink. Maar EK is hier om julle te red. Want EK is julle Redder en Verlossser, is EK nie? EK sal julle nie begewe of julle verlaat nie. EK weet hoeveel druk EK op die klei moet sit voordat dit breek, hoeveel hitte julle moet deurstaan voordat julle verteer word. Die golwe van vertwyfeling sal julle nie verdrink nie. Want EK is hier om julle te red en te verlos, nie net julle siele nie, maar julle verstand, liggaam en Gees. Vertrou MY en julle sal dit sien gebeur. Onthou dan wie julle verlos het, dit was nie 'n man of vrou nie, maar julle GOD wat julle geskape het.
Tog is dit EK wie julle geroep sal antwoord, want EK weet wat julle nodig het, voordat julle selfs vra. In die geestelike realm is dit volbring, maar julle moet wag vir MY perfekte tydsberekening om in die fisiese realm te manifesteer. Julle geloof dra by om dit te laat gebeur. Sê MY Woord nie, sonder geloof is dit onmoontlik om YAHUVEH te behaag, nie? Julle behaag MY deur julle geloof te wys in 'n GOD wat omgee en alles hoor en weet.
Julle bewys julle geloof as julle besef julle kan julle self nie verlos nie, maar MY nodig het, julle Verlosser om julle te verlos, en EK sal. Want is EK nie julle Meester en Verlosser nie? Is die GOD wat julle dien, doof? Nee. Is MY arm te kort om julle te verlos? Nee. Word julle geloof getoets? Ja. Begeer EK om julle te seën? Ja. Sal julle een van dié wees wat stewig vashou aan die soom van MY kleed en wat sal aanhou klop? Sal julle een van die wees wat staan en wag vir MY bevryding en die seëninge wat ek julle belowe het? Dit is julle keuse. EK het op hierdie dag deur hierdie Diensmaagd gespreek, sodat julle sal verstaan hoekom sommige beloftes nog nie in vervulling gegaan het nie. Hou aan om vas te hou aan die mate van geloof wat EK vir julle gegee het en julle sal spoedig verlossing aanskou.
Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu
* * * * * * *
Hierdie is die jongste profesie wat aan my gegee is om aan te gee en YAHUVEH se Skape te voed. Hou stewig vas aan die soom van SY kleed. Alhoewel my lang blonde hare in die modder sleep terwyl HY deur die skare beweeg, is my aangesig opgehef na SYNE, en ek gaan nie laat los nie. Wanneer julle hierdeur gaan, en ek moes dit lees toe ek dit gedoen het, om dit te ontvang sodat ek hierdie aan andere kon deurgee wat wou weet hoekom hulle gebede nie dadelik beantwoord word nie.
Is YAHUVEH doof? Nee. Is SY arm te kort om ons te bereik? Nee. Soos YAHUSHUA gesê het, ons geloof word getoets, nie 'n aangename ervaring nie, is dit? Maar nodig om te groei. Op die oomblik is ek, nes Jakob, besig om met GOD te worstel totdat HY my seën met die bevryding wat HY my belowe het. Maar ek het grond onder my voete en ek het vir my Meester YAHUSHUA gesê dit sal my nie geweier word nie, want HY het vir my belowe, geen krummels meer nie. Die wêreld gee krummels, maar vir ons is die Brood van die Lewe belowe, die kinders se brood van genesing, verlossing en voorspoed. Ons is lewe en lewe in oorvloed belowe. MY kneukels is seer van die gehamer. My gesig is dof van geween. Maar ons moet volhard. Wanneer YAHUSHUA weer kom, hoeveel sal HY vind wat nog geloof het? Ek wil by daardie getal getel word, wil jy nie ook nie?
'n Gebroke erdekruik in diens van die Meester, Verlosser YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar 'n magtige kryger in YAHUSHUA, Pastoor Elisheva Eliyahu. So as julle nog nie getoets is deur 'n gebed waarvoor julle al so lank wag en dit nog nie sien gebeur nie, (ek het 21 jaar gewag) dan sal julle nie verstaan waarvan ek praat nie. Maar ek is gestuur na hulle wie se gebede nog nie vervul is in die fisiese realm nie, alhoewel dit in die geestelike realm belowe was. Dit is hoekom YAHUSHUA selfs in hierdie eindtye gesê het, "Sal HY geloof vind wanneer HY terugkom?" Ek moet die mense waarsku. Nou moet julle die mense waarsku. Sodat hulle sal verstaan en nie opgee op YAHUSHUA en terugdraai na die wêreld vir antwoorde of na die gees van die antichris draai nie.
Profesie gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 10 April 1993
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:
2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
(Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)
*******
Belastingbetalers, pasop, die bloed van die ongebore babas sal op alle Christene en nie-Christene se hande wees, as Clinton daarin slaag om aborsies goed te keur wat federatief betaal word. Almal wie ore het om te luister — hoor, al die ander bly Doof. Julle wie nooit julle babas sou vermoor het nie, sal moordadige aborsies pleeg as julle die regering toelaat om julle belastinggelde te gebruik om te betaal vir hierdie afskuwelike misdaad teen YAHUVEH en die Mensdom. Julle sal nie vir een aborsie, of een moord betaal nie, maar ontelbare miljoene babas sal sterf, en met geld wat EK vir julle gegee het sodat julle voorspoedig kan wees.
Hierdie onskuldige bloed sal op almal van julle se hande wees. Die toorn sal onverdun op hierdie nasie en die wêreld val en MY Volk sal MY woedend maak as hulle stilbly. Pasop, EK is nie net 'n GOD van liefde nie, maar EK is 'n GOD van geweldige toorn as EK kwaad is. Begin nou protesteer. Laat julle stemme gehoor word. Staan nou op vir wat julle weet reg is, voordat dit te laat is. Clinton praat homoseksualisme onder die gewapende magte goed. Hy wil hê julle moet hierdie sondige leefwyse ondersteun.
Julle MY Kinders, julle belastingbetalers sal dit vryspreek deur hulle salarisse te betaal, en as julle dit doen sal EK nie langer vir Amerika seën nie. Amerika sal nooit weet 'n oorlog wen nie, dit is slegs deur MY genade dat julle nog nie hierdie land verloor het nie. Almal wie ore het om te hoor, luister, al die ander bly doof.
Julle wie by MY NAAM geroep is (Christene) het feitlik niks gedoen om hierdie menseslagting op die ongeborenes te stop nie. Julle bid tot julle GOD om dit te stop, maar doen feitlik niks anders nie. Dit is die minderheid wat hulle reputasies, vryheid, finansies en lewens neerlê. Hierdie is MY Kinders op wie EK trots is en hulle seëninge sal groot wees in die Hemel. Sê MY Woord nie, "Groter liefde het geen mens as hy wie sy lewe neerlê vir 'n ander nie?" Dit is hulle wie geen aborsiebloed op hulle sal hê nie, want hulle het meer gedoen as net praat. Hulle het aksie agter hulle protesaksie gesit.
“Geloof sonder werke is dood!” Wanneer MY Kinders huis toe kom in die Hemel, sal julle wil hê dat al die ongebore babas na julle toe kom en vir julle vra hoekom het julle geld vir hulle dood betaal? Hoekom het julle nie harder probeer om die aborsies te stop nie, deur vir die regering te sê Nee? YAHUVEH se mense het meer krag in YAHUSHUA (Jesus) as die heidene in hulle valse gode. Bewys dit deur op te staan in MY NAAM. Laat die regering weet - genoeg is genoeg. MY Kinders, kyk na hierdie visioen van skoon hande, kyk nou na die bloeddeurdrenkte hande, kyk nou na die hande wat die bloed afskud.
As julle hande met die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) deurweek is en julle sit aksie en finansies agter hierdie gebede en julle waarsku die mense, protesteer teen die regering en weier om toe te laat dat julle geld vir die teregstelling van onskuldige babas gebruik word. Dan sal julle ook nie die bloed van die onskuldige babas op julle hande hê nie. Hoe meer julle protesteer en bid, hoe minder sal die bloed op julle hande wees. Hulle wie ore het om te hoor, luister, al die ander bly doof.
Laat die Withuis weet MY Kinders sal nie die bloed van onskuldige babas op hulle hande aanvaar nie, ook sal julle nie die stank van die sondes van homoseksualiste aanvaar nie, en julle weier om te betaal vir gewapende magte wat homoseksualiste is en hulle lewenswyses goedpraat. Moenie die publieke skole toelaat om hierdie vervloekte leuen te onderrig wat die jeug van hierdie nasie sal korrup en miljoene hel toe stuur nie.
Pasop weereens, homoseksualisme is nou in die minderheid, maar dit sal nie aanhou om so te wees as dit in die skole as 'n aanvaarbare lewenswyse onderrig word nie. Belastingbetalers, julle betaal vir hierdie skole en hierdie sonde sal weer op julle hande wees as julle nie nou opstaan en aksie agter julle gebede sit nie. Amerika was aan MY Kinders gegee; vat terug wat die heidene gesteel het voordat dit te laat is. (Genesis 19:1-28). “HY wat in julle is is groter as hy wat in die wêreld is.”
Staan op, praat en bewys dit nou! MY Woord sê, "Gee aan die Keiser wat die Keiser toekom", maar waarlik, EK sê dat die Keiser nie die onuitspreeklike dinge gedoen het wat Clinton probeer doen nie. Waarlik, EK sê dat Sodom en Gomorra sou beter af gewees het as Amerika. Hierdie nasie, Amerika, was deur MY Hand afgesonder, sodat julle vry kon wees om julle GOD YAHUVEH te aanbid en te eer. Hoe kan julle vir MY vra om Amerika te seën? Wanneer sal Amerika MY weer seën?
Julle MY Kinders, deur stil te bly, praat julle die daad van die heidene goed, terwyl die regering, terwille van 'n handjie vol mense, bepaal het geen GOD in die skole, geen Bybels, geen gebed; julle het dit toegelaat en nou wonder julle hoekom die publieke skoolstelsel en die jeug vervloek voorkom. Hoe kan julle MY vra om te seën wat die mense sê nie MYNE is nie. Vat die skole in MY NAAM terug en vat julle kinders uit hierdie hole van ongeregtigheid. Want sonder MY Lig, MY Teenwoordigheid, MY Waarheid, sal hierdie hole net donkerder word en die kinders ook. Hulle (die publieke skole) is vinnig besig om hole vir die antchris te word en julle stilswye en belasting dollars is besig om hulle te ondersteun.
Hulle wie ore het om te hoor, luister, hulle wie nie het nie, bly doof. Christene was eens op 'n tyd vir die leeus gevoer, gemoor, gemartel en tog het hulle opgestaan vir YAHUVEH! Groot is hulle beloning in die Hemel. Nou MY Kinders, hulle wie by MY NAAM geroep is (Christene) wat weier om op te staan, staan op en vertel vir die duiwel en die heidene om stil te bly in MY NAAM! Hulle is bang om hulle poste te verloor, of reputasies en vergeet dit was hulle GOD wat vir hulle daardie poste en promosies gegee het, en EK kan dit maklik wegneem van hulle af. Christene is bang om die heidene aanstoot te gee of hulle valse gode, en trotseer eerder 'n kwaai YAHUVEH die Vader! Ellende vir MY opstandige kinders wanneer EK sê, "Staan op, praat, sê vir die duiwel en sy heidense kinders om stil te bly," en MY Kinders sê, "Maar Here, ek is bang" waarlik EK sê EK sal hulle wie EK liefhet kasty tot 'n punt van korreksie, en daardeur vir hulle iemand gee om te vrees, EK.
Julle, MY kinders was lank genoeg die stille meerderheid. Julle het julle Hemelse Vader se krag in julle; gebruik dit om die vyand te verslaan. Julle moet iewers begin, teken dus petisies; neem dit oral waar julle gaan, kerke, besigheidsentrums, werke, deur-tot-deur, daar is krag in groot getalle, PROTESTEER, PROTESTEER, PROTESTEER! Totdat die vyande julle vrees as julle aankom, want dit is nie deur julle mag, julle krag nie, maar deur MY Gees wat julle sal oorwin — en alles terugneem wat die vyand gesteel het — gebruik MY Mag, MY Krag, MY Wysheid en julle sal oorwin, laat Clinton en die heidene die brul van die Leeu van Juda hoor en die brul van die Leeu van Juda se kinders.
Brul hard totdat Clinton en die heidene in die Withuis besef julle, MY Mense het meer as 'n gedaante van godsaligheid, julle het godsaligheid in julle. "Duiwel, pasop, as MY Volk oor wie MY NAAM uitgeroep is (Christene) hulleself verootmoedig en op hul aangesigte val voor hulle Vader YAHUVEH, sal EK hulle land genees.' Die mishoop stink nie as dit in die bure se erf is nie. Julle kyk daarna, skud julle kop en sê, dit is my buurman se probleem, dit is aaklig, maar dit is nie my verantwoordelikheid nie!
Maar EK sê nou vir julle, die mishoop is nou in julle erwe, in die voorerf vir almal om te sien dat dit nou julle verantwoordelikheid is om dit skoon te maak. Omdat julle belastingbetalers is, moet MY Kinders protesteer. Die onskuldige ongeborenes het geen stemme of gille van protes behalwe julle s'n nie, niemand hoor hulle gehuil behalwe EK nie. Laat Clinton en die heidene julle woedene krete hoor. Dink julle nie as YAHUSHUA nog op die aarde gewandel het, dat hy sou geprotesteer het nie. Waar is MY Kinders aan wie die Geeste van Jeremiah of Johannes die Doper gegee is?
Kom na vore MY Kinders wie die Gees van die Lewende God van binne het, almal van hulle wie weet en die krag van die RUACH ha KODESH het, kom na vore almal wie weet dat julle meer as 'n oorwinnaar in YAHUSHUA se NAAM is. Kom na vore, julle wie weet wat reg en wat verkeerd is. Kom na vore julle wie verstaan. Die regering wat probeer om vrye aborsies aan die armes te gee en ook die meerderheid wat Spaans of swart is, sal probeer om volksmoord te pleeg op hulle want hulself nie kan red nie.
EK het alle lewe geskep. Alle lewens is kosbaar in MY oë, staan op, praat en wys vir die heidene dat alle lewe kosbaar is in julle oë. Die armes besef nie dat die regering volksmoord pleeg nie. Dit is goedkoper om te betaal dat 'n baba uit die moederskoot geskeur word, onder die voorwendsel dat dit tot die moeder en baba se voordeel is, terwyl die ware rede is dat die regering nie vir 18 jaar vir daardie arm moeder en kind se uitgawes wil betaal nie. Die armes moet wakker word en besef dat hulle uitgebuit word. Hoe lank voor die armes gedwing sal word om aborsies te hê?
WORD WAKKER! Hoe lank voor die regering Christene sal dwing om aborsies te hê? Sal dit nooit gebeur nie? Hulle het dit alreeds aan die Jode gedoen. Hitler het byna 'n hele geslag van mense uitgeroei. Wie is volgende? Watter ras? Watter ouderdom? Nou sê hulle 'maak dood die oues van dae, hulle het hul bruikbaarheid uitgeleef. Die ongeborenes het nooit gelewe nie, so wat maak dit saak'? Dit maak saak vir MY, die Groot GOD van die ganse Skepping kla julle aan, moenie langer die stille meerderheid bly nie.
Word wakker MY Mense. Julle het lank genoeg gesluimer. Die nagmerries het maar net begin. Die mishope is nou in julle erf, ons kan dit saam skoonmaak. Een stem alleen is moeilik om te hoor, maar miljoene stemme in harmonie, in een Gees, in een naam, die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, sal nie net die wêreld hoor nie maar die ganse Hel sal ook hoor. Kom na vore MY Kinders, staan op, praat, vertel vir die heidene en duiwels om stil te bly in YAHUSHUA se NAAM en julle het die krag, gebruik dit met wysheid vir MY Eer en terwille van die ganse mensdom.
Daar is hulle wie hulself by MY NAAM noem wie nie van MY is nie en nooit was nie, hulle is nie van MY RUACH ha KODESH nie, alhoewel hierdie valse profete in kerke sit, vermom as MY Skape, julle sal hulle herken vir wat hulle is, satan se gebroedsel, hulle sal die leuen van satan voed dat aborsie nie moord is nie, dat homoseksualisme nie verkeerd is nie. Sien hulle vir wat hulle is, want hulle verkondig hierdie dinge in YAHUSHUA se NAAM, tog is daar geen RUACH ha KODESH in hulle nie. Pasop vir hulle! Hulle wie ore het om te hoor, luister, al die ander bly doof.
* * * * * * *
So spreek YAHUVEH op 4 Oktober 1993, gegee aan hierdie gebroke erdekruik en Magtige Soldaat in YAHUSHUA ha MASHIACH, Elisheva Eliyahu. Hulle wie ore het om te hoor 'Luister' al die ander bly doof.
* * * * * * *
Nuwe Opdatering aangaande hierdie Profesie geskryf op 22 Desember 2015:
Hierdie Profesie was eerste aan my gegee in die jaar 1993, dit is die oudste Profesie wat ek geplaas het tussen die hoof Profesieë hier op die webblad. YAHUSHUA het hierdie Profesie vir my gegee selfs nog voordat ek ‘n rekenaar gehad het! Dit was eers jare later dat HY my beveel het om dit op die webblad te sit. YAHUSHUA het my beveel om dit Profesie 14 te noem. Op daardie tydstip het ek nie verstaan nie, maar nou is ek geseënd om te sien dat YAHUSHUA my dit Profesie 14 laat noem het. Dit is ‘n herinnering aan Openbaring 14 Bruid. Ek het nie op daardie tydstip geweet nie, maar nou weet ek.
Ek was ‘n tref-en-trap Evangelis/Profeet op daardie tydstip, ek het die Naam uitgedink om te beskryf wat ek gedoen het. Ek sou gaan waarheen JESUS my gestuur het, dit was die enigste Naam wat ek destyds geken het, en ek sou by verskillende kerke gaan bedien het. Indien die pastoor die waarheid kon hanteer was ek teruggenooi. Indien nie, het ek dit tref-en-trap genoem. LOL Ja dit is hoe ek dit gesien het, omdat ek na hulle toe gestuur was om hulle met die waarheid te tref, en hulle weggehardloop het daarvan af!
Hierdie Profesie was vir verskeie pastore geensins ‘n seën nie, ek het dit met die Pastoor sowel as die gemeente gedeel en was deur die meerderheid Pastore nie teruggenooi nie. Goeiste ek wonder hoekom! LOL. Ek het nie geweet hoe om die woord van YAH tot by die massa gehoor te kry nie daarom het ek dit in die grootste koerant geplaas in Indiana. Dit het $500.00 gekos vir ‘n halwe bladsy advertensie, in groot rooi letters en dit was hierdie Profesie! 1993! Nog voordat ek ‘n rekenaar gehad het! Ek is spyt dat ek nie meer die koerant bewyse het nie, maar ek het nooit kon droom dat ek ‘n profeet sou wees nie en soos ek gesê het, het ek niks van die Internet geweet nie. Dit was 1995 toe ek die eerste keer ‘n webblad gehad het met die Naam AmightyWind HOLY GHOST Fire Church, ek het net die Naam geken van JESUS CHTISTUS op daardie tydstip, en het toe siele na JESUS gelei in daardie naam. Ek het hierdie Profesie gedeel op daardie tydstip.
Gedurende die tyd wat YAHUSHUA vir my hierdie Profesie gegee het, het ek die Sabbat net geken as ‘n Sondag. Dit was nog nie tyd vir my om dit te weet nie maar ek sou vining leer aangaande die Sabbat en die Gewyde Naam van YAHUSHUA. Ek was oorspronklik Yeshua geleer, totdat ek ‘n Aramese Bybel letterlike vertaling gelees het en gesien het dat dit nie die manier was waarop die Naam gespel word nie. Ek het toe nog nie geweet dat die Naam van Yeshua die Naam van YAH verloën nie. Ek het YAH aangespreek op die Naam van Jehovah. Die Profesieë is Remah woorde, woorde van lewe, net soos die Bybel! Elke keer wanneer jy die Skrifte lees sal jy ‘n nuwe openbaring kry, en dieselfde met die Profesieë, ‘n sinsnede sal uitstaan wat nie vantevore uitgestaan het nie.
Ek het net geweet wat die Pinkster Kerke vir my geleer het. YAH het geweet dat niemand in 1993 die Ware Gewyde Hebreeuse Name sou aanvaar nie, en ons het reeds ‘n stryd in 2015 om die mense sover te kry om die belangrikheid te verstaan om die Hebreeuse Gewyde name te ken, en om die ware Sabbat te onderhou, die geslag van die HEILIGE GEES. Dit het 7 jaar geneem om ‘n boek te skryf daar is nou so baie bewyse om hierdie feit te rugsteun. Die Boek van Rigters is vol van die bewyse. Elke keer in die KJV Bybel wanneer jy sien dat Wysheid ‘n Sy genoem word. Maar in 1993 was daar geen bewyse of openbarings aan my gegee nie, ek was die eerste een waarvan ek weet wat die geslag van die HEILIGE GEES onderrig het op die Internet, ek dink so maar ek is nie seker nie.
YAH het toegelaat dat ek vir YAHUSHUA JESUS noem, en die HEILIGE GEES ‘n HY omdat daar ‘n tyd is vir alles. Ek is dankbaar dat ABBA YAH nie meer op SY Profete plaas as wat hulle kan hanteer nie want daar sou geen geloof gewees het om die feite te rugsteun nie, indien HY dit in 1993 sou doen nie. Ek leer terwyl HY spreek met elke Profetiese openbaring.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 24 Desember 2010 - Vrygestel op 1 Januarie 2011
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8
In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:
2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)
* * * * * * *
Elisabeth [Elisheva] praat op die audioband:
Ek het wakker geword en die telefoon het gelui, lui, lui en ek het die telefoon gehoor. Dit het gister die 22ste die eerste keer gebeur, die dag van dit wat genoem word die winter-sonstilstand. (In engels is dit winter-solstice. 'n Tydperk wat deur die okkulte gevier word). Ek het die telefoon op die 22ste Desember hoor lui en [huishouding] het gesê daar is nie ‘n telefoon wat lui nie.
Nietemin, dit is waar ek vandag (23 Desember) was toe ek vir die tweede keer wakker geword het met ‘n gelui, lui, lui, en hierdie keer, o gits, die telefoon wou nie ophou lui nie. Ek het [aan iemand] gesê; “jou telefoon lui”, maar hy het gesê dit doen nie. Ek het gesê; “ek hoor dit nogsteeds selfs terwyl ek met jou praat” en dit het gelui, o gits, so baie kere selfs terwyl ek gepraat het, het dit steeds van die mikkie af gelui.
Dit was so werklik en ek kon dit nie verstaan nie en toe sê ek; “o gits, dit is in die geestelike (realm), God is besig om my aandag te trek”. So ek het weer aan die slaap geraak en toe ek wakker word, “ek het 10 uur die oggend wakker geword “ - en van die telefoon en gebed wat ek hardop gebid het, het ek gesê; (en gebid) “jy weet, ek hoor die gelui van die telefoon en dit gaan bonatuurlik wees dat ek die telefoon hoor lui. Wat is dit, wat probeer U vir my sê, Hemelse Vader?” En toe hoor ek dit.
Dit is ‘n oproep wat niemand antwoord nie en dit ís wat gebeur het en daarom het ek begin berou en ek het begin..... wag het ek gesê, ‘n oproep wat niemand geantwoord het nie” en ek het gesê, “wel wat is dit, watse tipe oproep?” Ek het gesê, “het ek U op enige manier gefaal?” en toe hoor ek dit is ‘n oproep om te berou. “Ag ABBA YAH, ek doen, ek berou, ek is so jammer en weet ek is nie volmaak nie, ek weet ek het opgemors”. Ek het probeer dink wat ek verkeerd gedoen het, waarvan God kon sê ek nie berou oor het nie.
Ek is regtig bekommerd oor die ding met YouTube, ek is bekommerd waar my hart was, daar was soms so ‘n koudheid op my hart. Hierdie mense is brutaal en dit was sonder ophou vir ‘n jaar lank en ek is bekommerd dat bitterheid ingetree het omdat God dit toegelaat het en die vyande spot en lag en hulle sê, “ sien jy, sy is nie’n Profeet nie, ek staan nog hier en ek lewe nog en niks het gebeur nie.” Veral hierdie Molly en ek het gelees hierdie vrou, ek ken nie eers haar naam nie, het op haar ‘sock account’ gespot. Ek ken nie die mense nie. So, ek het berou getoon en ek was bekommerd want dit waaroor ek die tweede keer gebid het voordat ek weer aan die slaap geraak het, was hoe baie seën voortgekom het en hoe mense met die Verlossingsboodskap en die Profesieë bereik is, maar ek voel ek het myself op verskeie maniere seergemaak.
So, dit was regtig ‘n tweesnydende swaard, hierdie YouTube, net soveel soos dit ‘n seën was, was dit ook net so verskriklik, maar ek het oor alles gedink en gebid en gedink dit is hoekom God kwaad was en gesê het niemand het die oproep om te berou, geantwoord nie.
Toe hoor ek HOM sê:
Die Profetiese Woord begin hier:
“Dit is nie jy nie, Elisabeth [Elisheva]; dit is nie van jou wat EK praat nie”. HY het gesê, “Dit is hulle wat nie antwoord nie. Dit is (hulle in) die wêreld wie weier om die oproep om te berou, te antwoord, wetende dat EK gewaarsku het. Net hulle wie waardig geag word, sal die Groot Verdrukking ontsnap. Dit is hulle wie weet wat hulle doen en MY beledig en aanhou in hulle sonde, wie sê “ek het die Heilige Gees binne my” maar nogtans hou hulle aan met hulle sonde, (hulle) wie verskonings maak wetende dat EK alles sien wat hulle doen, of dit pornografie is, of dit homoseksualisme is, of dit drank is, of dit owerspel is, egbreuk, dronkenskap, dwelms, vloekery, hulle weet EK kyk, hulle weet hulle moet ‘n voorbeeld wees, hulle maak aanspraak op die naam Jesus Christus, selfs YAHUSHUA en tog is EK ver van hulle af. Die Heilige Gees kan nie in ‘n Tabernakel van sonde woon nie, nogtans toets hulle MY weer en weer.
EK het ‘n oproep om te berou uitgegee, hoe min het geluister. Dit is soos ‘n telefoon wat lui en lui en niemand antwoord nie. EK het julle op ‘n media ver en wyd geplaas, EK het julle daar geplaas om te wys EK is ‘n God van oordeel sowel as genade, EK lieg nie. Nogtans skel hulle die Profeet, hulle noem MY Bediening boos, hulle daag MY uit en hulle spot en hulle sê, “niks sal met ons gebeur nie, Elisabeth [Elisheva], gaan weg!. Hulle sê, “dit is alles deur genade en dit is aan die kruis afgehandel. Nou kan ek sonde doen soos ek wil, kyk, my siel is nie verlore nie. Dit is jy, jy lewe volgens die wet, jy sê jy dink jy moet hierdie God gehoorsaam maar ons sê daar is nie so iets soos sonde nie, daarmee is weggedoen”.
Hulle haat jou (Elisabeth [Elisheva]) met ‘n passie; hulle haat almal wie teen sonde sal praat. Hulle haat almal wat waarsku. Jy het ‘n oproep uitgegee, Ek het jou daarheen gestuur Amightywind, om die mense wie hulself Christene noem, te waarsku om te berou oor hulle sondes. EK het dit weer en weer en weer gesê. Hoe min sal luister.
EK het Amightywind Bediening na YouTube gestuur en wat hulle aan jou gedoen het, doen hulle aan MY en tog maak hulle aanspraak op MY Heilige Naam en tog is EK ver van hulle af. Hulle haal MY Woorde aan, hulle gebruik dit as ‘n wapen teen jou en enigiemand wie waarsku om te berou en YAHUSHUA se aangesig te soek voordat HY hulle in SY woede van die aarde afvee.
Hulle vergeet EK was net eenmaal die Lam. Hulle vergeet EK kom met vuur in MY oë. Hulle vergeet dit is die toorn van die Lam. Hulle vergeet dat EK sonde verafsku. Hulle maak verskonings om te sondig en hulle wie die meeste verantwoordelik gehou word, is hulle wie ‘n Bediening wat EK Amightywind genoem het, mishandel, gespot, gehaat en gelaster het.
Elisabeth [Elisheva], daarom het EK jou die telefoon laat hoor lui. EK wil hê jy moet hulle weereens waarsku. Hoe min het die oproep om te berou geantwoord en weggedraai van sonde! Hoe min gaan gered word wanneer die Groot Verdrukking begin.
Dit is nie genoeg om te sê berou nie, daar moet aksie agter daardie woorde wees. Daar moet ‘n skeuring (geweldige losskeur-snippering) en skeuring van julle klere wees, maar nie op ‘n fisiese manier nie. EK het gesê berou. EK het hierdie Heilige Bediening daar geplaas vir die hele wêreld om te sien as hulle so verkies en tog het die meerderheid hulle ore gesluit en hul oë verblind, hulle sê, “ons sien nie, ons hoor jou nie en Amightywind Bediening en Profeet Elisabeth Elijah[Elisheva Eliyahu], dit is julle wie ons verag. Ons is die Christengemeenskap en maak nie saak wat jy sê nie, vat jou Amightywind Bediening en vat jou Profesieë weg want ons wil voortgaan in ons sonde en jy sien, ons lewe nog en dit maak nie saak of ons Amightywind Bediening verag nie, want julle God het ons nog nie doodgemaak nie. Julle God het ons selfs nie eers aangeraak nie, so, julle God kan nie óns God wees nie, want óns God sê ons kan sondig. Ons God sê ons kan jou haat. Ons God sê ons kan Amightywind vernietig. Ons God sê jy is ‘n vals profeet en dit is nie nodig om oor ons sonde te berou nie.
Ag maar julle dwase, dwase mense, dit is EK, YAHUSHUA, wie deur hierdie kleipot praat. Julle het MY beproef en MY beproef en MY beproef en EK het hierdie Bediening gebruik vir ‘n oproep om te berou en tog sê julle dit is die duiwel wat dit gestuur het. Julle vergeet wat EK met die vyeboom gedoen het. Julle vergeet dit was EK, YAHUSHUA wat dit vervloek het omdat dit geweier het om goeie vrugte te dra. Julle vergeet dit het verdroog en doodgegaan. Julle vergeet daar is ‘n verworpene wat EK verag. Daardie vyeboom verteenwoordig jou met ‘n hart van klip, jy wie MY Woorde gebruik, jy wie MY Naam gebruik, jy wie die Bediening boos noem omdat jy die woord “berou en draai weg van jou sondes” hoor. Jy haat dat EK gespreek het en jy noem haar ‘n vals profeet omdat jy dink jy het al die kennis en nogtans sê EK vir jou, jy is ‘n gek want openbaringe is aan hierdie Profeet gegee, maar jy dink jy weet alles. Maar EK noem jou ‘n Bybel- geleerde dwaas, want jy gebruik net die woord wat doodmaak en daar is geen gees in dit wat jy sê nie en jy gebruik die Heilige Skrifte en sê net die King James Weergawe sal doen, weg met die res van julle. Julle het ekstra boeke bygevoeg en nee, ons gaan nie eers kyk nie.
Julle dwase, dwase, EK kyk na julle lewens en EK skud MY kop! Dit is julle wat as julle nie berou en waarlik wegdraai van sonde nie, dit is julle vir wie EK sal sê, “gaan weg van MY julle werkers van onheil want EK het julle nooit geken nie”. Net omdat julle ‘n verlossingsgebed opgesê het, moet julle aksie agter julle woorde sit, julle kan nie net sê julle het My lief en gehoorsaam MY nie. Dit is ‘n leuen direk uit die hel uit. Dis is ‘n leuen en omdat hierdie Bediening die een is wat vir julle vertel en elke Bediening wat in MY Heiligheid wandel, wat weier om met sonde en sondaars te kompromitteer. Julle wie julself die Christene noem, daar is geen heiligheid in julle nie en julle verag enigeen wie na julle toe kom met die Gees van Heiligheid en met MY salwing op hul gesigte, en dit het sedert die vroeë tye nie verander nie. Julle verag enigeen wie MY Woorde spreek, wie gesalf en vrymoedig is en daarom het EK vir Elisabeth [Elisheva] ‘n teken gegee waar julle binnekort ‘n nuwe jaar ingaan. Daar was ‘n oproep om te berou en ag, hoe min, hoe min luister of hoor selfs die telefoon lui!
Verstaan julle nog nie? Verstaan julle nog nie? Die enigste weg na die Hemel is, dat julle die oproep moet antwoord. Julle moet die telefoon hoor lui. Julle moet die oproep om te berou en wegdraai van sonde, antwoord. Hou op om verskonings te maak want binnekort gaan dit te laat wees.
Die wreedste/hardste oordeel gaan kom op diegene wie hierdie Bediening, wat EK op ‘n media met so baie oë en ore geplaas het, mishandel het en julle het geweet van dit en julle het dit nie verdedig nie en julle het haar woorde gehaat omdat EK hard en duidelik geskree het “BEROU, BEROU en draai weg van julle sondes!”
Julle wil die Profesieë uitmekaar trek en julle eie menslike intellek gebruik ten spyte daarvan dat EK julle oor en oor gewaarsku het dit is net deur die Heilige Gees dat julle die Woorde sal verstaan wat gespreek is en dit moet nie deur die intellek van ‘n mens geinterpreteer word nie. Elke Profesie sonder uitsondering, lei mense tot berou. Lei mense in MY liefdevolle arms in. Lei mense en leer hulle Heiligheid. Hulle is nie die Woorde van ‘n vrou of ‘n man nie. EK gebruik net hierdie kleipot, dieselfde een wat julle gehaat en mishandel het, julle het gesê, “ons sal jou vernietig, ons sal verneder, ons sal ons woorde van haat spreek want ons kan. Ons sal selfs die naam van die Amightywind Bediening steel en besoedel, want jy durf ons sondaars noem en jy durf ons sonde blootstel want ons kan nie die Heiligheid op jou gesig of die gesigte van die werkers wie langs jou werk, vat nie, nou vertel ons almal om seker te maak hulle verag jou ook en luister nie na die Heilige Profesieë nie want hulle is vals en julle verblind hulle, o julle skynheiliges en julle verdoof hulle!”
O julle verworpenes, omdat julle haat, sal EK julle wys wat EK doen. Daar is geen Heilige Gees in julle nie. Julle is satan se gebroedsels en EK was vir o so lank geduldig met julle. EK het die ‘Last Chance’ Bediening voor die dae van oordeel geplaas en onthou, wat julle aan haar gedoen het, het julle aan MY gedoen. Julle sal voor MY in ‘n Hof wat van die Hemel kom, staan en julle sal voor MY aangesig staan en EK sal julle aan julle woorde van haat herinner en EK sal sê, “gaan weg van MY julle werkers van onheil want EK het julle nooit geken nie”. MY Heilige Gees het of lank gelede onttrek of was nooit selfs in julle nie.
So, Elisabeth [Elisheva], EK het jou die telefoon laat hoor. EK het jou laat hoor hoe lank dit al lui, net ‘n simbool van dit, 8 maal. Sommige sal luister en dit sal hul nuwe begin wees en hulle sal waarlik berou en hulle sal waarlik weet dat Amightywind Bediening Heilig is en ‘n Bediening deur God gestuur.
Aan almal van hulle wie hulself sal verneder en wegdraai van hulle sondes, hulle sal waarlik, waarlik met hulle verstand, liggaam, hart en siel berou. Hulle sal waarlik, waarlik berou. Hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Julle antwoord daardie oproep, o Heiliges, van berou, elke liewe dag. Selfs jy Elisabeth [Elisheva], jy het gesê, “wat is dit wat ek nog nie geantwoord het nie? Hoe is dit dat ek nog nie berou het nie? Ag, vergewe my asb vir enige manier wat ek U gefaal het want ek weet ek is nie volmaak nie”. EK het vir jou gesê Elisabeth [Elisheva], dit is nie jy nie, want jy hoor MY gelui en jy het MY oproep geantwoord en almal wie langs jou sy bedien en almal wie weet dat Amightywind Bediening die waarheid spreek en nie gejok het nie. Hulle het die oproep om te berou geantwoord, maar dan is daar sommige wie weet die waarhede is in hierdie Bediening en nogtans toets hulle MY en hulle glo dit is net genoeg om jou te ken. Hulle glo dit is net genoeg om die Profesieë te lees. Hulle glo EK gaan altyd genade hê en daar gaan geen gevolge van sonde wees nie. Dit is hulle vir wie EK die swaarste gaan oordeel want hulle besef nie hulle word verantwoordelik gehou vir die sonde wat EK verag nie.
So, vertel hulle MY Dogter, hulle wou gehad het ‘n nuwe Woord moet na vore kom. Vertel vir húlle hoe tevrede EK met hulle is wat die ekstra myl loop, wie nie net daarna strewe of MY elke dag te gehoorsaam nie, maar glo en vertel en die Woorde wat EK sê met ander deel. Hulle is nie bang om ‘n mens te beledig nie want hulle siel begeer om MY, YAHUSHUA, te behaag want hulle weet hulle belonings sal van die Hemel kom.
So, vertel vir hulle MY Dogter, wees daardie Nuwe Elijah [in Hebreeus, Eliyahu] wat EK jou die salwing en ‘n taak gegee het om te doen.
Vertel vir hulle MY Dogter, alhoewel hulle in jou gesig sal spoeg, waarsku hulle MY Dogter, hulle gaan binnekort uit die mensdom gevee word.
Vertel vir hulle MY Dogter, o EK kom weer. EK kom weer, maar hierdie keer sal dit met vuur in MY oë wees en EK praat nie van wanneer EK MY Bruid aan MY sy roep nie, EK praat van die vyande wie soos daardie vyeboom is. EK sal dit vervloek en dit sal verdroog en doodgaan vir almal om te sien.
Vertel vir hulle MY Dogter, wees jy daardie dapper Profeet. Hou op om jou te bekommer oor wat vrouens en mans sê.
Vertel vir hulle MY Dogter, vertel vir hulle namens MY want dit is die gelui van die telefoon. Jy het ‘n roeping om ‘n Profeet te wees. Jy het dit lank gelede geantwoord. EK sal nie toelaat dat jy nie daardie telefoon optel nie. Dit is ‘n oproep op jou lewe, wat jy nie kan ontvlug nie, want EK het jou geroep MY Dogter, om hierdie mensdom te waarsku voordat die Verdrukking hier is, die tyd van Jakob se Benoudheid. Ag en vir so baie, so baie sal dit te laat wees!
Hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Die vyande sal weereens haat en spot vir jou stuur. Weet net dit, hulle is nie van MY nie. Weet net dit, hulle is nie deur MY gestuur nie. Weet net dit, hulle is satan se kinders, die bruid van satan, die verworpenes, die werkers van onheil en hulle sal met hulle siele betaal met die Hel en die Poel van Vuur, hul spoedig komende lot.
Moet net nie daardie woorde van haat vashou nie, gee hulle vir MY. EK kan hulle hanteer, julle kan nie. Dit is nie eens vir julle bedoel nie, o Heiliges, die woorde van haat is vir MY bedoel. Die spottery, die beledigings is vir MY bedoel. Hulle kan nie die salwing en die Heiligheid aanskou wat EK op ALMAL wie MYNE is geplaas het nie, veral MY Bruid wie elke dag daarna strewe om MY te behaag en MY te dien en MY te aanbid en MY ALMAGTIGE GOD en HEER, HEERSER van hul lewens, MEESTER, REDDER, noem. Hulle erken MY. Hulle is MY Bruid. Hulle vat die mishandeling, hulle vat die haat, hulle word gevloek, hulle word gelaster, hulle name word boos genoem. Hierdie is MY Bruid en ag, EK gaan julle spoedig na MY toe trek. Julle weet wie julle is. Julle aanvaar die waarheid wat voortkom. Julle weet wie julle is. Julle herken die goeie vrugte in hierdie Amightywind Bediening wat soos ‘n magtige wind oor hierdie aarde spoed. En nou neem EK dit in so baie tale en daar is baie meer wat kom.
Julle weet wie julle is o MY kosbare Bruid. Hoe weet julle? Want julle was gehaat, julle was gelaster, julle was verag, julle was uitgewerp as boos. Terwyl al wat julle doen is om te probeer om MY op elke manier te behaag en julle vertel die sondaars om te berou en weg te draai van sonde en julle was mishandel as gevolg van dit. Julle weet wie julle is, maar julle verkondig nie net Heiligheid nie, julle leef ‘n lewe van Heiligheid en julle mediteer nooit vooraf oor sonde nie. Julle is MY Bruid. Julle is MY Eerste Vrugte. So min van julle wanneer EK oor hierdie aarde kyk, maar julle is MY Bruid en dit is julle wie EK liefhet het en soos ‘n skat bewaar. Terwyl EK julle vyande wat MY vyande net soos Esau is, verag.
Neem hierdie woorde, Elisabeth [Elisheva], waarsku hulle die telefoon is besig om te lui. EK het jou as ‘n Profeet gestuur om vir hulle te vertel. Hoe baie het dit gehoor en weier nogtans om te erken hulle het dit gehoor. So, EK sê vir jou, o MY Profeet, vertel vir hulle van die oproep om te berou, vertel vir hulle wat EK jou laat hoor het en daar sal diegene wees wie sal berou en wegdraai van sondes en vertel vir hulle van die telefoon wat lui. Hulle sal hoor. Hulle sal hoor en hulle sal vergewe word en soos die getal 8 sê (8 luie op die telefoon) sal ons ‘n nuwe begin hê net omdat EK ‘n Profeet het wie gewillig is om gespot en verag te word om MY Naams ontwil terwyl jy uitroep, “antwoord die oproep om te berou, die telefoon lui vanuit die Hemel”, want EK het lief genoeg om deur MY Nuwe Elijah (in Hebreeus, Eliyahu) te waarsku, hoe word selfs jou naam ‘Elijah’ (in Hebreeus, Eliyahu) verag. Onthou net, die Gees van Jesebel het Elijah van Ouds (in Hebreeus, Eliyahu) gejaag en kan jy enigiets minder verwag? Kan enige Heilige Profeet iets minder verwag? Kan enige van die Bruid van YAHUSHUA, MY Bruid, iets minders verwag? Want as hulle MY aanvaar het, as almal MY met liefde aanvaar het, sou hulle julle aanvaar het, maar julle kyk oor hierdie aarde en EK het selfs dié wat koud is gestuur om die harte van klip te wys en nogtans berou hulle nie, hulle draai nie weg nie. Hulle sê dat EK net ‘n God van liefde en genade is en EK sal nie eers sonde oordeel nie, maar hulle gaan sien hoekom daar, dit wat, Die Groot Verdrukking genoem word, gaan wees.
Dankie Elisabeth [Elisheva] omdat jy die oproep geantwoord het, want indien jy in sonde gelewe het, sou jy nie eers die telefoon hoor lui het nie, maar jy het en dit het 8 maal gelui, want baie, baie sal luister en dit sal hulle nuwe begin wees.”
Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH
Aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]
Beledigend vir baie en ‘n seën vir ander, ‘n Kind, Kryger Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS
* * * * * * *
Numeri 30:2-36:13;
Numeri 30:2-36:13
*~ Numeri Hoofstuk 30 ~*
2 As iemand aan YAHUVEH ‘n gelofte doen of ‘n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
3 Maar as ‘n vrou aan YAHUVEH ‘n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
4 en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
5 Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en YAHUVEH sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het.
6 Maar as sy trou terwyl haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het,
7 en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
8 Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en YAHUVEH sal haar dit vergewe.
9 Maar die gelofte van ‘n weduwee of van ‘n vrou wat verstoot is—alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees.
10 En as sy in die huis van haar man ‘n gelofte doen of haarself met ‘n eed verbind om haar te onthou,
11 en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
12 Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en YAHUVEH sal haar dit vergewe.
13 Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig—haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak.
14 Maar as haar man van dag tot dag geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar geloftes of elke onthouding waartoe sy verbind is, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het.
15 Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, dan dra hy haar ongeregtigheid.
16 Dit is die insettinge wat YAHUVEH Moses beveel het tussen ‘n man en sy vrou, tussen ‘n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is.
*~ Numeri Hoofstuk 31 ~*
1 En YAHUVEH het met Moses gespreek en gesê:
2 Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.
3 Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van YAHUVEH aan Mídian te voltrek.
4 duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.
5 Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalf duisend wat vir die oorlog gewapen was.
6 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
7 En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos YAHUVEH Moses beveel het, en al die manlike persone gedood.
8 Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.
9 Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.
10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand
11 en al die roof geneem en al die buit, mense en diere.
12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Eleásar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van Jérigo is.
13 En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
14 het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.
15 En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe?
16 Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir die kinders van Israel ‘n oorsaak van troubreuk teenoor YAHUVEH in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van YAHUVEH was.
17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met ‘n man gehad het.
18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met ‘n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.
19 En julle, slaan sewe dae lank ‘n kamp op buitekant die laer; elkeen wat ‘n mens gedood en elkeen wat aan ‘n gesneuwelde geraak het—julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.
20 Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.
21 En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat YAHUVEH Moses beveel het.
22 Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood—
23 elke ding wat in die vuur kan kom—moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
24 Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
25 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
26 Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;
27 en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.
28 En hef ‘n bydrae vir YAHUVEH van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het—een uit elke vyf honderd—van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.
29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar as ‘n offergawe aan YAHUVEH.
30 Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van YAHUVEH waarneem.
31 En Moses en die priester Eleásar het gedoen soos YAHUVEH Moses beveel het.
32 En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was ses honderd vyf en sewentig duisend stuks kleinvee;
33 en twee en sewentig duisend beeste;
34 en een en sestig duisend esels;
35 en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ‘n man gehad het nie, al die siele was twee en dertig duisend.
36 En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee.
37 En die bydrae aan YAHUVEH uit die kleinvee was ses honderd vyf en sewentig.
38 En die beeste was ses en dertig duisend, en die bydrae daarvan aan YAHUVEH twee en sewentig.
39 En die esels was dertig duisend vyf honderd, en die bydrae daarvan aan YAHUVEH een en sestig.
40 En mensesiele was sestien duisend, en die bydrae daarvan aan YAHUVEH twee en dertig siele.
41 En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan YAHUVEH bestem was, soos YAHUVEH Moses beveel het.
42 En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het—
43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd;
44 en die beeste was ses en dertig duisend;
45 en die esels dertig duisend vyf honderd;
46 en mensesiele sestien duisend—
47 uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem—van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere—en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die Tabernakel van YAHUVEH waarneem, soos YAHUVEH Moses beveel het.
48 Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses
49 en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.
50 Daarom bring elkeen van ons as offer aan YAHUVEH wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van YAHUVEH.
51 Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.
52 En al die goud van die offergawe wat hulle aan YAHUVEH afgegee het, was sestien duisend sewe honderd en vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.
54 So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die Tent van Samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van YAHUVEH in gedagtenis te bring.
*~ Numeri Hoofstuk 32 ~*
1 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, ‘n groot menigte. En toe hulle die land van Jaéser en die land Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek ‘n plek vir vee was.
2 Daarop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moses en die priester Eleásar en met die owerstes van die vergadering gespreek en gesê:
3 Atarot en Dibon en Jaéser en Nimra en Hesbon en Eleále en Sebam en Nebo en Behon—
4 die land wat YAHUVEH voor die vergadering van Israel uit verower het—is ‘n land vir vee, en u dienaars het vee.
5 Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as ‘n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie.
6 Maar Moses het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil júlle hier bly?
7 Waarom tog wil julle die hart van die kinders van Israel daarvan afkerig maak om deur te trek in die land wat YAHUVEH aan hulle gegee het?
8 So het julle vaders gedoen toe ek hulle van Kades-Barnéa af gestuur het om die land te bekyk.
9 Toe hulle tot by die dal Eskol opgetrek en die land bekyk het, het hulle die hart van die kinders van Israel afkerig gemaak om in die land in te trek wat YAHUVEH aan hulle gegee het.
10 Daarom het die toorn van YAHUVEH dieselfde dag ontvlam, en HY het gesweer en gesê:
11 Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat EK aan Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om MY te volg nie—
12 behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, en Josua, die seun van Nun; want hulle het volhard om YAHUVEH te volg.
13 En die toorn van YAHUVEH het teen Israel ontvlam, en HY het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van YAHUVEH.
14 En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, ‘n egte kroos van sondige mense, om die toorngloed van YAHUVEH teen Israel nog te vermeerder.
15 As julle van HOM afvallig word, sal HY hulle nog langer in die woestyn laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde laat gaan.
16 Toe kom hulle na hom toe aan en sê: Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders.
17 Maar ons self sal ons haastig wapen voor die oë van die kinders van Israel, totdat ons hulle op hul woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die bewoners van die land.
18 Ons sal nie na ons huise teruggaan voordat die kinders van Israel elkeen in besit van sy erfdeel gekom het nie.
19 Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen sonop, ons s’n geword het.
20 Toe sê Moses vir hulle: As julle dit doen, as julle jul voor die aangesig van YAHUVEH vir die oorlog wapen
21 en elke gewapende man van julle voor die aangesig van YAHUVEH deur die Jordaan trek, totdat HY SY vyande voor SY aangesig uit verdrywe het
22 en die land voor die aangesig van YAHUVEH onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor YAHUVEH en voor Israel, en hierdie land sal vir julle ‘n besitting word voor die aangesig van YAHUVEH.
23 Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen YAHUVEH, en weet dan dat julle sonde julle sal uitvind.
24 Bou vir julle stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee, en doen wat uit julle mond uitgegaan het.
25 Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben met Moses gespreek en gesê: U dienaars sal doen soos my heer beveel het.
26 Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons lasdiere sal daar in die stede van Gílead bly;
27 maar u dienaars, almal wat vir die oorlog gewapen is, sal voor die aangesig van YAHUVEH na die oorlog oortrek soos my heer gespreek het.
28 Toe het Moses aangaande hulle aan die priester Eleásar en aan Josua, die seun van Nun, en aan die familiehoofde uit die stamme van die kinders van Israel bevel gegee,
29 en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van YAHUVEH, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land Gílead as ‘n besitting.
30 Maar as hulle nie gewapend saam met julle oortrek nie, moet hulle onder julle in die land Kanaän besittings verkry.
31 En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord en gesê: Wat YAHUVEH aan u dienaars gesê het, so sal ons doen.
32 Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van YAHUVEH na die land Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s’n wees.
33 So het Moses dan aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, die land volgens sy stede met die grondgebied wat daarby behoort, die stede van die land rondom.
34 En die kinders van Gad het Dibon gebou en Atarot en Aroër
35 en Aterot-Sofan en Jaéser en Jógbeha
36 en Bet-Nimra en Bet-Haran, versterkte stede en skaapkrale.
37 En die kinders van Ruben het Hesbon gebou en Eleále en Kirjataim
38 en Nebo en Baäl-Meon—met verandering van die name—en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.
39 En die seuns van Magir, die seun van Manasse, het na Gílead gegaan en dit verower en die Amoriete verdrywe wat daarin was.
40 En Moses het Gílead aan Magir, die seun van Manasse, gegee; en hy het daarin gewoon.
41 En Jaïr, die seun van Manasse, het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dit tentdorpe van Jaïr genoem.
42 En Nobag het gegaan en Kenat en die onderhorige plekke ingeneem en dit sy naam Nobag gegee.
*~ Numeri Hoofstuk 33 ~*
1 Dit is die trekke van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder leiding van Moses en Aäron.
2 Volgens die bevel van YAHUVEH het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.
3 Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur ‘n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,
4 terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat YAHUVEH onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het YAHUVEH aan hulle gode strafgerigte voltrek.
5 Toe die kinders van Israel van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.
6 En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan in Etam wat aan die kant van die woestyn lê.
7 En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai na Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor Migdol.
8 En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hulle het drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.
9 En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.
10 En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.
11 En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin.
12 En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.
13 En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.
14 En hulle het van Alus af opgebreek en laer opgeslaan in Ráfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.
15 En hulle het van Ráfidim af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sinai.
16 En hulle het uit die woestyn Sinai opgebreek en laer opgeslaan in Kibrot-Hattáäwa.
17 En hulle het van Kibrot-Hattáäwa af opgebreek en laer opgeslaan in Háserot.
18 En hulle het van Háserot af opgebreek en laer opgeslaan in Ritma.
19 En hulle het van Ritma af opgebreek en laer opgeslaan in Rimmon-Peres.
20 En hulle het van Rimmon-Peres af opgebreek en laer opgeslaan in Libna.
21 En hulle het van Libna af opgebreek en laer opgeslaan in Rissa.
22 En hulle het van Rissa af opgebreek en laer opgeslaan in Keheláta.
23 En hulle het van Keheláta af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Sefer.
24 En hulle het van die berg Sefer af opgebreek en laer opgeslaan in Hárada.
25 En hulle het van Hárada af opgebreek en laer opgeslaan in Mákhelot.
26 En hulle het van Mákhelot af opgebreek en laer opgeslaan in Tahat.
27 En hulle het van Tahat af opgebreek en laer opgeslaan in Terag.
28 En hulle het van Terag af opgebreek en laer opgeslaan in Mitka.
29 En hulle het van Mitka af opgebreek en laer opgeslaan in Hasmóna.
30 En hulle het van Hasmóna af opgebreek en laer opgeslaan in Móserot.
31 En hulle het van Móserot af opgebreek en laer opgeslaan in Béne-Jáäkan.
32 En hulle het van Béne-Jáäkan af opgebreek en laer opgeslaan in Hor-Hággidgad.
33 En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en laer opgeslaan in Jotbáta.
34 En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer opgeslaan in Abróna.
35 En hulle het van Abróna af opgebreek en laer opgeslaan in Éseon-Geber.
36 En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin, dit is Kades.
37 En hulle het van Kades af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die land Edom.
38 Toe het die priester Aäron volgens die bevel van YAHUVEH op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
39 En Aäron was honderd drie en twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.
40 En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.
41 En hulle het van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona.
42 En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon.
43 En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan in Obot.
44 En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab.
45 En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan in Dibon-Gad.
46 En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim.
47 En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor Nebo.
48 En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo.
49 En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot af tot by Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab.
50 En YAHUVEH het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
51 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan in die land Kanaän intrek,
52 moet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ook moet julle al hulle gegote beelde verniel en al hulle hoogtes verwoes.
53 En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want EK het die land aan julle gegee om dit te besit.
54 En julle moet die land deur die lot as erfdeel verwerwe, volgens julle geslagte; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe.
55 Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon.
56 En soos EK gedink het om aan hulle te doen, sal EK aan julle doen.
*~ Numeri Hoofstuk 34 ~*
1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.
3 Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees;
4 en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kades-Barnéa; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.
5 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.
6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.
7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.
8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.
9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.
10 Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.
11 En die grens moet afloop van Sefam af na Ribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.
12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.
13 En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat YAHUVEH beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.
14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang—hulle het hul erfdeel ontvang.
15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.
16 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
17 Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.
18 Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.
19 En dit is die name van die manne: van die stam van Juda—Kaleb, die seun van Jefúnne;
20 en van die stam van Símeon se kinders—Sémuel, die seun van Ammihud;
21 van die stam van Benjamin—Elídad, die seun van Kislon;
22 en van die stam van Dan se kinders as owerste—Bukki, die seun van Jogli;
23 van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste—Hánniël, die seun van Efod;
24 en van die stam van Efraim se kinders as owerste—Kémuel, die seun van Siftan;
25 en van die stam van Sébulon se kinders as owerste—Elísafan, die seun van Parnag;
26 en van die stam van Issaskar se kinders as owerste—Páltiël, die seun van Assan;
27 en van die stam van Aser se kinders as owerste—Ahíhud, die seun van Selómi;
28 en van die stam van Náftali se kinders as owerste—Pedáel, die seun van Ammihud.
29 Dit is hulle aan wie YAHUVEH bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.
*~ Numeri Hoofstuk 35 ~*
1 En YAHUVEH het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
3 En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees.
4 En die weiveld van die stede wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend el rondom wees.
5 En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant twee duisend el en aan die suidekant twee duisend el en aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.
6 En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses vrystede wees wat julle moet gee, dat die een wat ‘n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee en veertig stede gee.
7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet wees agt en veertig stede, hulle saam met hul weiveld.
8 En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van Israel gee—julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elke stam moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.
9 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
10 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan na die land Kanaän trek,
11 moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat ‘n doodslag begaan het, een wat per ongeluk ‘n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug.
12 En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat ‘n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie.
13 En die stede wat julle gee, moet vir julle, ses in getal, as vrystede dien.
14 Drie van die stede moet julle oos van die Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die land Kanaän gee; vrystede moet hulle wees.
15 Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ‘n mens doodgeslaan het.
16 Maar as hy hom slaan met ‘n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
17 En as hy hom slaan met ‘n klip in die hand—waardeur iemand kan sterwe—en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
18 Of as hy hom slaan met ‘n houtvoorwerp in die hand—waardeur iemand kan sterwe—en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
19 Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak.
20 En as hy hom uit haat stamp of met opset na hom gooi, sodat hy sterwe,
21 of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is ‘n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.
22 Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigiets sonder opset na hom gooi;
23 of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe—as hy, sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy onheil nie gesoek het nie,
24 dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.
25 En die vergadering moet hom wat ‘n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.
26 Maar as hy wat ‘n doodslag begaan het, ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,
27 en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat ‘n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
28 Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat ‘n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê.
29 En dit moet vir julle ‘n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.
30 As iemand ‘n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.
31 Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van ‘n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.
32 Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad—sodat hy kan teruggaan om in die land te woon—tot op die dood van die hoëpriester nie.
33 En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.
34 En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat EK daarin woon; want EK, YAHUVEH, woon in die midde van die kinders van Israel
*~ Numeri Hoofstuk 36 ~*
1 En die familiehoofde van die geslag van die kinders van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Josef se kinders, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die familiehoofde van die kinders van Israel, gespreek
2 en gesê: YAHUVEH het aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook het my heer van YAHUVEH bevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selófhad aan sy dogters te gee.
3 As hulle nou die vroue word van een van die seuns uit die ander stamme van die kinders van Israel, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word.
4 En as die jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.
5 Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van YAHUVEH gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.
6 Dit is die saak wat YAHUVEH aangaande die dogters van Selófhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in ‘n geslag van die stam van hulle vader,
7 sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.
8 En elke dogter wat ‘n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.
9 So sal dan ‘n erfdeel nie van een stam na ‘n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen sy erfdeel vashou.
10 Soos YAHUVEH Moses beveel het, so het die dogters van Selófhad gedoen:
11 Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selófhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;
12 hulle het die vroue geword van manne uit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.
13 Dit is die gebooie en die verordeninge wat YAHUVEH deur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.
Jeremia 2:4-28; 4:1-2;
Jeremia 2:4-28; 4:1-2
*~ Jeremia Hoofstuk 2 ~*
4 Hoor die woord van YAHUVEH, huis van Jakob, en alle geslagte van die huis van Israel!
5 So sê YAHUVEH: Watter onreg het julle vaders in MY gevind, dat hulle ver van MY afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?
6 En hulle het nie gesê nie: Waar is YAHUVEH wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in ‘n land van wildernis en kuile, in ‘n land van droogte en doodskaduwee, in ‘n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?
7 En EK het julle gebring in ‘n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het julle MY land verontreinig en MY erfenis ‘n gruwel gemaak.
8 Die priesters het nie gesê: Waar is YAHUVEH nie? En die wat die wet handhaaf, het MY nie geken nie; en die vorste het teen MY oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.
9 Daarom sal EK nog met julle twis, spreek YAHUVEH; en met julle kindskinders sal EK twis.
10 Want gaan oor na die eilande van die Kittiërs, en kyk; en stuur na Kedar, en gee daar goed ag op; en kyk of so iets gebeur het:
11 of ‘n nasie sy gode verruil—wat nie eers gode is nie. Maar MY volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie.
12 Verbaas julle hieroor, o hemele, en huiwer, verstyf heeltemal van skrik, spreek YAHUVEH.
13 Want MY volk het twee verkeerde dinge gedoen: MY, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.
14 Is Israel ‘n dienskneg? Of is hy ‘n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy dan ‘n buit geword?
15 Die jong leeus het oor hom gebrul, hulle het hul stem laat hoor en van sy land ‘n woesteny gemaak; sy stede is verwoes, sonder inwoner.
16 Ook skeer die kinders van Nof en Tágpanhes jou die hoofskedel kaal.
17 Het jou verlating van YAHUVEH jou ELOHIM in die tyd toe HY jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
18 Wat het jy dan nou te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te doen met die pad na Assur, om die waters van die Eufraat te drink?
19 Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy YAHUVEH jou ELOHIM verlaat het, en dat MY vrees nie by jou is nie, spreek die Here, YAHUVEH van die Leërskare.
20 Want van ouds af het jy jou juk verbreek, jou stroppe stukkend geruk. En jy het gesê: Ek sal nie dien nie; want op elke hoë heuwel en onder elke groen boom gaan jy lê om te hoereer.
21 Nogtans het EK jou geplant as ‘n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir MY verander in wilde lote van ‘n vreemde wingerdstok!
22 Want al sou jy jou was met loog en baie seep vir jou neem, tog bly jou ongeregtigheid ‘n vlek voor MY aangesig, spreek die Here YAHUVEH.
23 Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie; ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? Kyk jou weg in die dal; weet wat jy gedoen het, jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop!
24 ‘n Wilde-eselin, gewend aan die woestyn, wat in haar heftige begeerte die wind opsnuiwe—haar hittigheid, wie sal dit keer? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry.
25 Hou jou voet terug, dat dit sy skoen nie verloor nie; en jou keel, dat dit nie dors word nie. Maar jy sê: Dit is tevergeefs, nee; want ek het vreemdes lief en sal agter hulle aan loop.
26 Soos ‘n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,
27 wat vir ‘n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir ‘n klip: Jy het my gebaar. Want hulle het MY die rug toegekeer en nie die aangesig nie. Maar in die tyd van hulle onheil sê hulle: Staan op en verlos ons!
28 Waar is dan jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan verlos in die tyd van jou onheil; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!
*~ Jeremia Hoofstuk 4 ~*
1 As jy jou bekeer, Israel, spreek YAHUVEH, bekeer jou tot MY; en as jy jou verfoeisels van MY aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.
2 Dan sal jy sweer: So waar as YAHUVEH leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in HOM seën en hulle in HOM beroem.
Mattheus 23:1-25:46;
Mattheus 23:1-25:46
*~ Mattheus Hoofstuk 23 ~*
1 Toe het YAHUSHUA die skare en SY dissipels toegespreek
2 en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.
3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.
4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.
5 En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.
6 En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
7 en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!
8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.
9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want Een is julle Vader, HY wat in die hemele is.
10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want Een is julle Leermeester: Christus.
11 Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.
12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
14 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.
15 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.
16 Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel—dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
17 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?
18 En: Elkeen wat sweer by die altaar—dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.
19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?
20 Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is;
21 en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by HOM wat daarin woon;
22 en wie sweer by die Hemel, sweer by die troon van YAHUVEH en by HOM wat daarop sit.
23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
24 Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!
25 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
26 Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
27 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.
28 So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;
30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
32 Maak die maat van julle vaders dan vol!
33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
34 Daarom, kyk, EK stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,
35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
36 Voorwaar EK sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou EK jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
39 Want EK sê vir julle: Julle sal MY van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUVEH!
*~ Mattheus Hoofstuk 24 ~*
1 En YAHUSHUA het uitgegaan en van die tempel vertrek, en SY dissipels het nader gekom om HOM die geboue van die tempel te wys.
2 En YAHUSHUA sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar EK sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
3 En toe HY op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na HOM en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U Koms en van die voleinding van die wêreld?
4 En YAHUSHUA antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
5 Want baie sal onder MY Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.
9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van MY Naam.
10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
14 En hierdie evangelie van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—
16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat mag plaasvind nie.
21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.
24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
25 Kyk, EK het dit vir julle vooruit gesê.
26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, HY is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, HY is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.
27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die Koms van die SEUN VAN YAHUVEH wees.
28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
30 En dan sal die teken van die SEUN VAN YAHUVEH in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die SEUN VAN YAHUVEH sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
31 En HY sal SY engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal SY uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
34 Voorwaar EK sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar MY Woorde sal nooit verbygaan nie.
36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die Hemele nie, maar net MY Vader alleen.
37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die Koms van die SEUN VAN YAHUVEH wees.
38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,
39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die Koms van die SEUN VAN YAHUVEH wees.
40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.
43 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.
44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die SEUN VAN YAHUVEH kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
45 Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.
47 Voorwaar EK sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—
49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
50 dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;
51 en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
*~ Mattheus Hoofstuk 25 ~*
1 Dan sal die Koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
6 En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die SEUN VAN YAHUVEH kom nie.
14 Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.
15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.
16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.
17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.
18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.
19 En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.
21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.
23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;
25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.
27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.
28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;
29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.
31 En wanneer die SEUN VAN YAHUVEH in SY Heerlikheid kom en al die heilige engele saam met HOM, dan sal HY op SY heerlike troon sit;
32 en voor HOM sal al die nasies versamel word, en HY sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
33 en HY sal die skape aan SY regterhand en die bokke aan SY linkerhand sit.
34 Dan sal die Koning vir die wat aan SY regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van MY Vader, beërf die Koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
35 Want EK het honger gehad, en julle het MY te ete gegee; EK het dors gehad, en julle het MY te drinke gegee; EK was ‘n vreemdeling, en julle het MY herberg gegee;
36 EK was naak, en julle het MY geklee; EK was siek, en julle het MY besoek; in die gevangenis was EK, en julle het na MY gekom.
37 Dan sal die regverdiges HOM antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
38 En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar EK sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van MY, het julle dit aan MY gedoen.
41 Dan sal HY ook vir dié aan SY linkerhand sê: Gaan weg van MY, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
42 Want EK het honger gehad, en julle het MY nie te ete gegee nie; EK het dors gehad, en julle het MY nie te drinke gegee nie.
43 EK was ‘n vreemdeling, en julle het vir MY nie herberg gegee nie; naak, en julle het MY nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het MY nie besoek nie.
44 Dan sal hulle HOM ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
45 Dan sal HY hulle antwoord en sê: Voorwaar EK sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan MY ook nie gedoen nie.
46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.