Kliek Play/Pause om te luister na die Shabbat Shalom Lied

Besoek AmightyWind.com
        

Shabbat Shalom !

Welkom by Pesach Shabbat Chol Hamoed hierdie week se Parasha (Torah Gedeelte).


Profesie 33, 53, 85;

Exodus 33:12-34:26;

Esegiël 37:1-14;

1 Korinthiërs 5:1-8;



Profesie 33
Profesie 53
Profesie 85

AMIGHTYWIND YAHUSHUA se Nuwe Bloed Verbond Profesieë


Dit is van Profesie 105, YAHUVEH het gesê dat dit van nou af voor elke Profesie bygevoeg moet word: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierde Bediening na 'n man of vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar 'n Bediening was, het ek dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA , jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

Vir alle Profesië kliek die knoppie onderaan


27 April, 2024



Profesie 33 Die Afgryse, Die Afgryse, Die Afgryse! Soos Dit Was In Die Tyd Van Hitler, So Sal Dit Weer Wees!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 29 April 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * * *

Waar julle ookal heen gaan sal EK julle veilig hou. Wat ookal moet gebeur, weet dat EK by julle is, en EK julle veilig sal bewaar. Laat 'n Bruidegom toe dat SY Bruid enige skade ly? Julle is MY Bruid, EK is julle Bruidegom. Ja, EK kom binnekort maar totdat julle MY sien, moenie dink dat EK MY Bruid nie sal beskud en beskerm nie. Sê MY Woord nie al val daar 1,000 aan jou sy, al omring die dooies jou, sal EK jou veilig hou nie (Ps 91:7)? Onthou toe die Israeliete en die Egiptenaars omring was deur duisternis en lig? Onthou toe die Egiptenaars plae gehad het en die Israliete geen? Hulle het sy-aan-sy gewoon, nie waar nie? Nogtans was die Israeliete beskerm. So was dit eens, en so sal dit weer wees.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE sal kom vir hulle wat te koop loop met MY Wette voor MY aangesig, op MY Torah gespoeg het en die Heilige Woord besmet het en dit aan flarde geskeur het.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE!

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE sal kom oor diegene wat gespot het oor die woord van YAHUVEH wat uitgegooi was en bestempel was as gemors.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! Julle sê EK is 'n GOD van genade en liefde en wanneer EK bestraffing spreek of in 'n harde stemtoon deur MY Profete, sê julle "Daardie is nie my liefdevolle en genadige Vader nie". Sê EK nie, "EK tugtig diegene wat EK liefhet" nie? Watter ouer dissiplineer hul kind sonder om hulle stem te verhef? DWASE, DWASE, DWASE mense. EK sal julle klap, EK sal julle links en regs slaan, EK sal voet-stamp bo-op julle. Maar ter wille van julle siele, sal EK satan toelaat om die vlees dood te maak, as gevolg van MY liefde en genade, roep MY aan wanneer daardie tyd aanbreek, en EK sal julle siele red.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE soos hierdie wêreld nog nooit gesien het nie. Maar luister, EK gee hierdie woorde nie vir MY Bruid, Babas, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes om vreesbevange te raak nie. Hulle is nie vir diegene wat MY stem hoor en MY vrees nie.

Dit is wysheid om die Here te vrees. Dit is wysheid om rein te probeer wees. Dit is wysheid om aan te hou om Heilig te lewe en onheiligheid te vermy. Julle vat die Woord van GOD en hou dit in die heiden se gesig en sê, "So sê die Here." Wag en kyk, jou buurman se huis sal platgevee word; plae, siektes, dood, verwoesting en armoede sal kom en kyk hoe bedek EK die wat MYNE is. EK bedek diegene wat MY Pasga ingegaan het. Diegene wat MYNE is, wat MY Pasga ingegaan het, julle sal die AFGRYSE van MY Oordeel wat kom ‘Passover” Verbygaan.

Daar kom groot verwoesting. Die aarde sal sidder en bewe in vrees. Kan die son MY glans oortref terwyl EK nader aan die aarde kom? Die lawa sal stroom, dit kan nie meer die woede van YAHUVEH hou nie. O, maar julle sal sien hoe MY engele laer trek rond-om diegene wat MY liefhet, julle hoef nie te vrees nie. Julle wat MY stem hoor hoef nie te vrees nie wanneer dit tyd is om te gaan sal julle weet. Het EK nie die Rooisee gekloof nie? EK het dit destyds gedoen, so sal EK dit weer doen. Net soos die bose farao en sy troepe MY Kinders van Israel agterna gesit het wat net wou vry wees om Heilig te lewe en MY te aanbid.

MY Kinders is diegene wat EK beskerm het. Hulle vyande was vernietig. EK het dit toe gedoen en EK sal dit weer doen. Die Israeliete was ongehoorsaam en was teruggehou om die Beloofde Land binne te gaan deur MY tugtiging. Aanskou hoe verwoesting kom oor die hoer van Babilon. Onthou vir Hitler? Soos EK vir MY Profete gesê het, leer van Hitler en julle sal sien wat in die verlede was sal in die toekoms wees.

O, O, O!!! Riviere van Bloed sal vloei! Julle sogenaamde Christene met julle monde vol goud. Dit is goud uit die hel gestuur! Goud uit die hel gestuur! Goud uit die hel gestuur! Julle is DWAAS, DWAAS! Sodat satan kan terugvat wanneer hy vir julle gegee het. Het Hitler nie goue tande uit die monde van die Jode getrek nie? satan spot en lag, soos dit destyds was sal hy dit weer doen. Hulle wat MY ken, hulle wat MY ken, weet dit is nie van MY af nie. EK beveel julle om nederig te wees. Hoekom sal EK dat julle laat spog met 'n mond vol goud? Is dit nie hoogmoed nie? EK verafsku die leiers wat dit onderrig en MY Mense op ‘n dwaalspoor lei. Julle sal weet dat julle weet dat julle goddelose geestelike leiers eendag voor MY sal staan en MY hoor sê, "Gaan weg van MY, julle werkers van onheil, EK het julle nooit geken nie! (Mat.7:23)”

Val op julle aangesigte en BEKEER! Laat ruk die goud uit julle monde, voordat satan dit uitruk want net soos Hitler gedoen het, sal hulle dit weer doen. Die antichris sal dit kampe van verdelging noem. Voorheen het hy 6 miljoen Jode vermoor, nou sal dit 666 miljoen christene en Jode wees. Menigtes sal louwarm in geloof wees, maar voordat hulle lewens geneem word, uitgedoof word soos 'n vuurhoutjie-vlam, sal hulle aan die brand wees met die liefde van YAHUVEH. Wat hulle nie nou het nie, sal hulle dan hê. Sal dit nie makliker wees om nou julle verstand, liggaam, gees en siel te offer, julle wil aan MY te gee, deur dit te doen op op MY manier nie of wil julle regtig eerder wag om die komende AFGRYSE deur te maak?

Sê EK nie in MY Woord diegene wat “louwarm” is sal EK uit MY mond uitspoeg nie (Openb.3:16)? Hoe kan julle dink wanneer julle MY Woord lees dat net enige iemand wat homself 'n “Christen” noem, in die lug in opgeraap sal word saam met MY(1 Tess. 4:17)? Die Bruid waarvoor EK kom sal voorbereid, gehoorsaam en lojaal wees, MY liefhê op elke manier, verstand, liggaam, gees en siel, reeds gekleed sonder vlek of kreukel. Watter Bruid laat haar Bruidegom wag? Dit is die gaste wat talm. Die Bruidegom wag nie vir SY Bruid nie; die Bruid is gereed wanneer HY verskyn. Die kampe van uitdelging sal nie gevul wees met MY Bruid nie. Geeneen van MY Bruid sal daar gevind word nie. Maar dit sal vol gaste wees. EK het net een Bruid.

Wanneer julle bymekaar gejaag word soos troppe beeste, teenmekaar vasgedruk waar julle nie links of regs kan beweeg nie, terwyl jy nog leef, sal die goud uit jou mond geruk word. Die goud sal uit jou mond geruk word. Die goud sal uit jou mond geruk word en die juwele van jou liggaam af. Dit is wat jy kry omdat jy vals misleidings, groot tekens en wonders volg. EK het hierdie Profeet gestuur om julle te waarsku. satan bluf julle; julle is aas aan die hoek. Kyk en ween terwyl geestelike leiers wat EK eens vertrou het MY Mense soos aas aan 'n hoek laat bengel oor die kake van die hel. Die bose geestelike leiers vul hul sakke met goud terwyl die hel die monde van die mense vul met goud sodat die bose dit kan uitruk soos hulle gemaak het met die Jode. Wat julle saai sal julle maai.

Julle in Israel wat hierdie weereens volg, het julle nie geleer om nie begerig te wees vir goud sodat dit uit julle monde geruk kan word nie? Val op julle aangesigte, BEKEER vandag! Vlug van hierdie leiers af weg wat julle op ‘n dwaalspoor lei. Aan diegene wat nie 'n “Pasga Seder” gedoen het nie, wat nie geweet het wat om te doen nie of dit nie wou doen nie. Leer nou. Julle benodig 'n “Passover” Pasga van MY oordeel. EK gee julle nog 'n kans, omdat EK 'n GOD van genade en liefde is. EK het met hierdie Profeet deur 'n droom gepraat, sodat julle nie kan sê dat julle GOD julle nie gewaarsku het nie. EK tugtig diegene wat EK liefhet. So was dit toe, so sal dit weer wees. Dit is julle keuse.

Wil julle nou gehoorsaam wees of wil julle MY tugtiging of MY verwerping later verduur? So was dit toe, so sal dit weer wees.

Elisheva se nota, "Ek het 'n droom gehad waar ek myself sien terwyl ek nog 'n “Pasga Seder” lei. Al wat julle nodig het is slegs die minimum. Ek het matzobroodjies gesien, appelmoes, peperwortel, pietersielie, radyse, druiwesap of wyn. Bestudeer om julleself as beproef te bewys. Baie inligting op die internet. Lees die verhaal van Moses, glo dat julle 'n “Passover” Pasga teen die komende afgryse sal hê. Lees Profesie 31).

* * * * * * *

So is dit geskryf, so is dit gespreek. Gegee onder die salwing, tydens gebed aan hierdie Kind, Vegter, Bruid en Diensmaagd van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Op 29/4/99 7:13 nm.

Voel Asseblief vry om dit te kopieer en te versprei soos julle dit nodig ag. In volledigheid. Die enigstes vir wie ek nie toestemming gee nie, is hulle wat wil spot en 'n oordeel oor hulself bring. Die bloed is nie meer aan my hande nie. Eerw. Elisheva Eliyahu



Profesie 53 "EK Het Julle die Oorwinning Gegee!" Pasga Profesie

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 28 Maart 2002

Hieronder is die Profesie soos dit voort gekom het

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) van hemelse of aarde tale (1 Ko 13:1). Elisheva spreek voort in tale wat Profesie bring (1 Ko 14:6).

Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:

Soos in Alleluia (Hallelu YAH) wat beteken “Loof YAH,” YAH is GOD Se Heilige, Gewyde Naam: YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER; YAHUSHUA, GOD SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID—as die Persoonlike Naam van RUACH HA KODESH (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webtuiste. (HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD SE BLYWENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH, “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en reflekteer op hierdie manier in Profesieë & Skriftuurlike aanhalings hieronder. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

Skrifaanhalings is uit Woord & Getuienis of OAV behalwe as anders aangedui.

YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om hierdie by te voeg om diegene te waarsku wat spot:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag

en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH

teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Profesie 53 Begin

Waarlik MY Kinders julle staar die Rooi See in die gesig.

Waarlik MY Kinders die bose Farao

en sy troepe is agter julle,

maar MY Kinders net soos EK ‘n weg van

ontvlugting gegee het

vir Moses en die Kinders van Israel,

so ook sal EK dit weer doen.

MY Kinders, in die dae wat voorlê

sal julle dinge oor hierdie wêreld sien kom

wat julle jul koppe sal laat skud.

En julle sal wonder en julle sal sê,

“Waar is ons YAHUVEH & YAHUSHUA vandag?”

Maar behou julle geloof en hou julle oë op MY

en julle sal sien—die Rooi See

gaan weereens oop

en julle sal dit oorsteek in veiligheid—

en die vyande sal vernietig word.

Al diegene wat julle agtervolg!

Almal wat julle agternajaag!

Hulle sal vernietig word.

Want EK IS YAHUVEH en EK verander nie.

EK IS YAHUVEH, en EK IS dieselfde

—vandag, gister & vir altyd.

En deur MY SEUN YAHUSHUA se Bloed,

kom julle moedig voor die Troon,

julle sê vrymoediglik vir MY

wat dit is wat julle nodig het.

EK sê vir julle hierdie dag,

het EK vir julle die oorwinning gegee.

EK sê vir julle hierdie dag!

EK sê vir julle hierdie dag

dat niks wat die vyand van voornemens was om te doen

sou EK toegelaat het om gedoen te word nie.

EK sê vir julle,

EK het julle die oorwinning gegee

—alhoewel vegtend vir ure lank

met die swaard van MY GEES in die hand

Weereens, MY kinders,

het julle die oorwinning gesien.

Dit was nie ‘n maklike oorwinning nie.

EK het julle nooit belowe dat dit ‘n maklike oorwinning sou wees nie.

Wanneer EK sê dat daar ‘n oorwinning sal wees,

Niemand het ooit vir julle gesê dat dit maklik sou wees nie.

Dit is waar dat MY juk sag is

en MY las is lig,

maar MY kinders daar is ‘n prys om te betaal

vir die salwing wat EK geplaas het

op almal van julle se lewens.

So julle eet hierdie Pasga feesmaal—julle eet dit

en julle

“murmureer murmureer” of brom nie

want in plaas daarvan doen julle dit

met ‘n dankbare hart

en onthou wat gebeur het

met die Kinders van Israel.

Onthou die Kinders van Israel

wat vir 40 jaar rondgedwaal het.

Dit sou nie so gewees het

as hulle nie gemurmereer het nie,

gekla en gebrom het nie,

maar EK het hulle om-en-om laat loop

in, sommige sou sê, in sirkels.

EK het hulle om-en-om laat loop

en hulle getoets keer-op-keer.

EK vertel vir julle MY Kinders. EK vertel julle dit waarlik.

Moenie murmereer nie, moenie kla nie, moenie brom nie

ongeag wat EK toelaat om te gebeur—met julle.

In plaas daarvan hef julle oë op na MY.

In plaas daarvan gee YAHUVEH & YAHUSHUA die eer.

En weet dat EK alleen IS julle VERLOSSER!

En weet dat alleenlik

deur die Gestorte Bloed van MY SEUN YAHUSHUA

dat julle die oorwinning het;

deur die Gewyde Naam van YAHUSHUA

het julle alleenlik die oorwinning.

EK het julle dit belowe

en as julle maar net sal gehoorsaam,

as julle jul ore wil neig

tot alles wat EK sê,

sê EK dit vir julle MY kinders,

julle sal die oorwinning hê.

as julle maar net jul ore sal neig tot elke woord wat EK sê,

as julle sal bly in Heiligheid en leef as

‘n voorbeeld vir ander om te sien.

Onthou, met ‘n oorwinning kom ‘n prys.

Onthou, daar is geen soldaat

wat in ‘n geveg ingaan

wat nie vermoeid voel nie.

Daar is geen soldaat wat nie

op een tydstip wil weghardloop nie.

Maar onthou MY kinders, onthou dit

dat EK julle die oorwinning belowe het

as julle maar net sal gehoorsaam.

As julle maar net jul ore sal neig tot elke woord wat EK sê,

as julle net sal bly

in Heiligheid en leef

as ‘n voorbeeld vir ander om te sien

—EK sê dit vir julle—MY kinders,

julle en hierdie Bediening sal

algehele oorwinning sien.

Julle sal jul vyande sien doodgaan

—deur MY Hand alleen.

Julle sal jul vyande sien weghardloop

—deur MY Hand alleen.

Julle sal jul vyande sien buig en kniel

—en erken dat YAHUSHUA HERE en REDDER is.

En dit sal wees, alleenlik, soos EK bepaal het:

Die oorwinning in MY SEUN YAHUSHUA SE NAAM—

En julle sal weet watter prys jul ookal betaal

sal dit werd wees.

Want EK het julle die voorreg gegee

om aan MY Eer te bring deur julle lyding

—net soos die Profete van Ouds—

wanneer mense julle sien staan,

sal hulle weet dit is alleenlik deur MY Hand

wat julle beskerm en lei

—op alle maniere.

MY kinders, geniet hierdie Pasga feesmaal

wat EK vir julle voorsien het hierdie dag.

Dankie dat julle MY gehoorsaam.

Dankie dat julle luister.

Want die seën van hierdie Pasga Profesie

was bedoel vir ander en nie net vir julle nie.

Sê vir hulle as hul dit gemis het om die Pasga Seder te doen,

selfs op ‘n nederige manier—solank hulle MY erken

(dat EK dieselfde YAHUVEH is wat die

Kinders van Israel verlos het

van die Egiptenare en van die vloeke

en die plae wat gekom het);

Sê vir hulle, as MY kinders dit net op

‘n nederige manier sou doen—en MY erken,

ongeag die kalenderdag:

Waar hulle Pasga is, is waar hulle geloof sal wees

—en waar hulle geloof is, sal hulle Pasga wees.

Einde van Bandopname

Aanvallend vir Sommige, Verligtend vir Ander Vir die Liefde & Gehoorsaamheid & Eer Van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH

Gegee aan Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu



Profesie 85 Skree Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir Die Wereld!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 5 Mei 2006

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Gegroet Geliefde Familie,

Ons skryf hierdie want dinge word genoem in die profesie deur YAHUVEH wat julle nie sal verstaan as ons nie 'n paar dinge uitklaar nie. Aangesien julle nie daar was nie sal ons julle inlig.

Ons (Amightywind leierskap) bedank almal wat vir ons geskryf en gesê het hulle bedek ons in hulle gebede, en sommige was selfs gelei om te vas en het nie geweet hoekom nie. Nou weet julle hoekom. Ons vertel nooit vir iemand behalwe die mees vertroudes waar ons is totdat ons daar aangekom het nie, of meeste van die tyd nadat ons alreeds vertrek het. Op die manier het die duiwel nie enige verwelkomings partytjies wat vir ons wag nie.

Die vreemdste ding van alles is ons het gedink ons gaan na 'n ander land toe, gereed gemaak om 'n vliegkaartjie te koop vir ‘n ander land waar 'n ander profeet nogsteeds vir ons wag. En ek, Elisheva het wakker geword en gesê, "YAHUVEH het met my gepraat in my slaap en gesê “Gaan Switzerland toe". Nie een van ons het enige iets geweet van Switzerland nie en ons was aangesê dat dit eersteklas vliegkaartjies moet wees, alhoewel ons nog nooit vantevore eersteklas gevlieg het nie. Ek het gesondheids probleme gehad so ons het gedink dit was die rede. Nou verstaan ons die belangrikheid om te gehoorsaam en 'n kaartjie te koop wat eesteklas is. Want as julle die onderstaande lees sal julle verstaan daar was 'n ander rede en die belangrikheid daarvan. Dankie aan almal wat hierdie uittog moontlik gemaak het.

Hierdie profesie het voortgekom die eerste oggend nadat ons gearriveer het in Zurich, Switzerland. Ek wil verduidelik waarna Vader YAHUVEH verwys met betrekking tot “Homeland Security” Binnelanse Sekuriteit en die moeilike tyd wat ons gehad het om uit Amerika te kom. By die Seattle lughawe het ons deur die tonnel gegaan om aan boord te gaan van die vliegtuig na Zurich.

Oppad het ons 'n paar "Homeland" offisiere in die tonnel sien staan presies voor ons by die vliegtuig sou kom. Die offisier het geblyk om vir ons te wag, terwyl hy al die ander reg by hom laat verby gaan het en net aanhou staar het. Hy het gestop en gevra, "Waarheen ons gaan en hoekom ons daarheen gaan." Hy het begin praat oor kontant en gesê dat ons net toegelaat word om soveel kontant wat $10,000 is uit die land te neem. Hy het gevra hoeveel kontant ons gehad het, wat 'n redelike groot bedrag was, maar ons was ver onder die toelaatbare limiet. Ons het vir ‘n oomblik gedink en vir hom 'n bedrag gegee wat ek geglo het korrek was.

Hy het toe begin sê dat indien ons nie akkuraat is op ‘n paar dollars na nie dat Binnelandse Sekuriteit al ons kontant kon konfiskeer en hy het vir ons gesê ons moet 'n dokument teken en verklaar hoeveel kontant ons aan ons gehad het. Ek was senuweeagtig maar het probeer om seker te wees dat ons akkuraat was met die bedrag. Ek het geglo ons was.

Wel, net nadat ons die vorm ingevul en geteken het en begin agterkom het wat regtig aan die gang was, het ons gedink ons beter elke pennie in my beursie tel want Binnelandse Sekuriteit wil dit hê. Terwyl ons die geld begin tel het, het ek geweet ons is in die moeilikheid aangesien ek baie meer geld gehad het as wat ek besef het want $500 in Kanadese geldeenheid was vir ons gegee tydens die Pasga deur Adam, en by die Seattle lughawe toe hy ons afgesien het,het hy weer vir ons nog $500 gegee in Kanadese geldeenheid.

Ek het al die Pasga geldgeskenke in 'n koevert gesit en dit nooit eers getel nie. In plaas daarvan wou ek verras gewees het hoe YAHUSHUA dit vermenigvuldig het wanneer dit tyd geword het om dit te gebruik wanneer ons in Switzerland kom. Daar was Euros wat vir ons gestuur was as Pasga geskenke, sowel as Engelandse geldeenheid. Plus ek het binne-in ‘n klein mint blikkie Amerikaanse geldeenheid gesit wat vir ons gegee was met Hanukkah en my verjaardag asook tydens Purim. Ek het dit gehou vir ingeval ons geld vir 'n noodgeval sou nodig hê. Dit was regtig net onder die bedrag van $500. Ek het dit in my beursie gehad maar heeltemal daarvan vergeet. Daar was 7 offisiere wat gedelf het deur al ons besittings en gesoek het vir elke pennie wat hulle kon vind. Terwyl hulle deur alles gedelf het, het die offisier wat hierdie hele ding aangehits het ons paspoorte gevra om te sien of ons nie enige lasbriewe teen ons gehad het nie. O, die uitdrukking van teleurstelling op sy gesig toe hy uitgevind het dat ons geen lasbriewe teen ons het nie, nie eers 'n verkeersboete nie! Loof YAHUSHUA! Ons vliegkaartjies was gekoop met 'n kontant geskenk en hulle was eersteklas, andersins is ons seker die vliegtuig sou sonder ons vertrek het, en selfs die eersteklas kaartjies was nie terugbetaalbaar nie. Ander was reeds op die vliegtuig en as daardie vliegtuig opgestyg het sou hulle in Europa gewees het sonder geld en ons sou alleen in Seattle gewees het. En as ons geld gekonfiskeer was, sou ons nog sonder geld ook gewees het. Dit was 'n klein voorbeeld hoe die Binnelandse Sekuriteit, wat ons die bynaam van "Gestapo Police" gegee het, die Jode moes behandel het toe hulle alles gesteel het wat hulle gehad het. Maar YAHUVEH het alles onder beheer gehad.

Vroeër daardie oggend het ek wakker geword van 'n droom wat 'n waarskuwing was oor Binnelanse Sekuriteit. Ek het wakker geword, geskree en gehuil en gesê, "Ons kan nie op daardie vliegtuig klim nie, daar gaan moeilikheid wees met ons regering. Hulle gaan nie dat ons Amerika verlaat nie"

Ek het geweet YAHUSHUA het ons gewaarsku wat die duiwel beplan om te doen en dat ons nou daarteen moes bid sodat dit nie gebeur nie. Ons het gebid vir ure, satan bestraf, betrokke in geestelike oorlogvoering en met moeite in die Gees en toe vrede gekry en ‘n woord van YAHUVEH voortgespreek. HY het gesê, "satan wil julle verstrik, maar niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie en EK sal dit nie toelaat nie. Die Rooisee sal oopgaan vir julle."

Toe het ek vrede gehad en weer aan die slaap geraak. So gesê, kan ons nie sê dat ons nie vroegtydig gewaarsku was van die vangstrik wat vir ons gestel was nie. Ons het net nie geweet waar die vangstrik sou wees nie. Nou kon ons dit duidelik sien. Ek het gebewe onder die salwing op daardie tydstip. Dit was hierdie profesie wat opgesluit was soos vuur in [my] gebeente, want YAHUVEH was woedend oor hoe ons soos kriminele behandel was. In elkgeval was dit ons eie geld, net omdat ons nie die tyd geneem het om elke pennie te tel nie. Wat 'n tragedie dat Amerikaners sou toelaat dat hulle privaatheid so gesteel word soos hierdie. Ons is nie meer die land van die vry en dappere nie soos Profesie 84 sê, "PASOP VIR DIE ILLUSIE."

Teen hierdie tyd was die vliegtuig vol behalwe vir ons en hulle het vir ons gewag sodat hulle kon opstyg. Terwyl hulle ons kontant getel het, het een offisier in besonder aanhou vra waar ons die geld gekry het, wat ons gedoen het vir 'n lewe, ens. Ons het vir hom gesê ons was bedienaars. Nodeloos om te sê, toe hulle klaar was het ons meer geld gehad as wat ons verklaar het en hulle het gesê dat hulle hul toesighouer sal moet inroep, om te sien of hulle ons geld gaan konfiskeer. Ons was in ernstige gebed soos julle kan raai teen hierdie tyd.

Daar was 7 van hierdie Binnelandse Sekuriteits offisiere wat daar gestaan het besig om te probeer besluit wat om te doen want hulle kon nie hul toesighouer in die hande kry nie. Toe het een van hulle uiteindelik gesê, "Kom ons gee hulle die voordeel van die twyfel en glo dat hulle regtig nie geweet het hoeveel kontant hulle gehad het nie en laat hulle aan boord van die vliegtuig gaan." Nou as ons nou 'n groot bedrag kontant gehad het sou ons kon verstaan hoekom dit gebeur het. Maar net 'n bietjie meer as dit wat ons neergeskryf het was belaglik.

Ons het ‘n 'Amen' gesê daarop, ons besittings bymekaar gemaak en aan boord van die vliegtuig gegaan om nooit weer vir Amerika te sien nie. O ja, daar is een ding wat ek vergeet het om te noem. Ons het verskeie een-ons goue muntstukke in my beursie gehad, wat as 'n geskenk aan ons gegee was deur 'n ander lid van die Bruid in Australië genaamd John. Hy het dit vir ons gestuur verlede jaar want YAHUSHUA het vir hom gesê om dit vinnig te stuur indien ons kontant vir 'n noodgeval sou nodig hê of ruil transaksies op ons reis. Ons weet nooit wat sal gebeur nie. Ek het hierdie in my beursie gehou binne-in 'n sakkie so groot soos 'n grimeer sakkie.

Een van die offisiere het hulle gevind en daarna gekyk en ons het hom dopgehou en stilletjies verwoed gebid toe hy opgekyk het na ons met 'n goue muntstuk in sy hand verseël in plastiek en gesê het, "Wat is hierdie, aandenkings?" Ons het gesê, "Ja, jy kan dit sê" met 'n groot grinnik op ons gesigte. Ons weet dat hulle alles sou gehou het as die goud ook getel was, en hulle sou dit alles in elk geval gehou het as YAHUVEH en YAHUSHUA nie aan ons kant was nie. Ons weet dit, ons het soos kriminele gevoel net omdat ons bietjie kontant moes hê om te hervestig in 'n ander land, en alhoewel ons Hemelse Vader in beheer was, was dit steeds baie senutergend. satan het probeer om enigiets te gebruik wat hy kon om ons te weerhou van hierdie missie om te vergader met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA, en 'n vars nuwe salwing te bring na die [lande] wat ons besoek. Waar ons heengaan, volg tekens, wonders en wonderwerke, alles vir die Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.

Na hierdie ondervinding, het ons aangehou om YAHUVEH te vra waarom hulle so op ons ingefokus het want ons het geweet dat ons 'n teiken was en HY het hierdie droom gegee.

In die droom, het‘n broer agter die mense gestaan wat na die x-straal masjiene gekyk het, en hy het na die skerm gekyk. Hy het toe homself deur die x-straal masjien sien gaan maar hy was steeds agter hierdie mense wat ook na die skerm gekyk het. Die skerm het toe die presiese bedrag kontant wat hy aan hom gehad het, begin flikker. Nou aangesien hulle hierdie masjien het en duidelik kan sien hoeveel kontant jy aan jou het, was hierdie alles niks meer as teistering nie vir een rede omdat Homeland Security 'n ander manier is om die vryheid en privaatheid weg te neem van Amerikaanse burgers.

Ons is spyt dat ons Amerikaners genoem word want inderwaarheid was ons behandel met respek en meer regte vir ons privaatheid in Europa en ja, selfs Afrika. Homeland Security het geen begroting nie, dit is 'n finansiële bodemlose put wat geskep is deur President Bush en dit sal gebruik word, en word gebruik, teen die onskuldige burgers van Amerika om te steel, moor en ons vryhede en reg op privaatheid weg te neem. Lees hieronder en sien wat YAHUVEH sê omtrent Homeland Security en ander organisasies in ander lande wat dieselfde doen onder‘n ander naam.

Ons moes op 'n veilige plek kom om hierdie profesie vry te stel asook die ander wat nog nie vrygestel is nie. Ons is jammer dat dit so lank geneem het, maar dit kon nie verhoed word nie. Ons weet dat selfs al dink ons dit is laat is dit presies op tyd, want dit is YAHUVEH se tydsberekening. Miskien sal ons ondervinding iemand anders kan help.

Ter afsluiting glo ons waarlik die finansiële geskenke wat gegee is vir hierdie Bediening, is gegee deur Heilige mense, vernaamlik die Bruid van YAHUSHUA se finansiële geskenke en satan was gestop daardie dag. Wanneer hierdie profesie gekopieer en gedeel word, maak asseblief seker dat die verduideliking ingesluit is sodat ander sal verstaan.

* * * * * * *

PROFESIE 85

Skree Dit Van Die Huise Se Dakke af! Skree Dit Vir Die Wêreld! Internasionale Bruid Van YAHUSHUA, Kom Na Vore!

Jy het dit nie vooraf geweet nie, maar EK het dit nou net vir jou gewys, [Elisheva], in 'n visioen. Toe jul betree het in Zurich, Switzerland, het EK bewys dat EK julle veilig uit Amerika kon kry. Alhoewel julle nooit‘n wet oortree het nie, wou satan nie hê julle moes weggaan van daar af nie want hy wou nie gehad het hierdie salwing moes losgelaat word nie en vir julle om persoonlik die lande te betree nie. satan wil nie hê julle moet vergader saam met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie.

Ten spyte van wat ookal die vyand probeer doen het, het die ganse Hemel gejuig, die Engele het gejuig, in die Hemel het die ramshorings weerklink, want in Amerika sê hulle daar is niks sterker as Homeland Security nie. Maar EK het bewys en soos EK aan almal sal bewys wat MY toets en in MY glo, wat MY gehoorsaam, wat die KRAG ken van MY Heilige Name. EK, YAHUVEH, maak hierdie plegtige eed: Diegene wat die waarhede volg wat EK gegee en voortgespreek het in hierdie Bediening sal dieselfde oorwinning hê oor Homeland Security of by watter naam ookal genoem in watter nasie ookal. Want soortgelyke agentskappe word opgestel om nie net die kriminele nie maar die onskuldiges te verstrik.

En in die komende dae van duisternis, sal dit die Heilges wees wat 'n teiken sal wees van hulle. Net so seker soos EK gewys het geen krag is groter as EK, die Groot, “EK IS” YAHUVEH wanneer julle na MY toe kom in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, sal EK die Rooisee oopmaak. Sal EK diegene stop wat probeer om julle te agtervolg. Julle wat MY Heiliges is, wat uitroep in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH net soos in die tye van ouds, sal EK julle verlos.

So julle sien MY kinders, daar was 'n ander rede hoekom EK julle Europa toe gestuur het, en dit is om te bewys wanneer EK die Rooisee oopmaak sal die ander ook deurgaan. O Amerika, julle stel julle sekuriteit in iets genaamd “the Homeland”? EK sal julle wys Homeland Security, julle is net gepas vir een ding en dit is MY, YAHUVEH se vernietigting. EK, YAHUVEH, spreek hierdie nou. Julle probeer MY Kinders verhinder, julle probeer MY Kinders vertraag, nee sê EK. Julle sou gemaak het dat hulle daardie vliegtuig verpas. Julle wou roof by MY Kinders, julle wou MY Kinders arresteer en tog nie eens 'n parkeer kaartjie het julle teen hulle nie en julle kon nie verbykom by die Bloed Gestort vir hulle op Golgota nie. Julle kon nie verby MY, YAHUVEH gaan nie, want hulle het hul sekuriteit gestel in YAHUSHUA en in MY. Hulle het MY gehoorsaam en hulle het gevlug voor die dae van verwoesting kom.

Nou spreek EK hierdie voort. Skree dit van die huise se dakke af, skree dit vir die wêreld. EK het julle verlos as 'n teken EK sal ander verlos op dieselfde manier. EK het julle uitgestuur uit Amerika, julle eksodus, om nooit weer terug te keer nie. So ook soos EK met julle gepraat het, so ook het EK met ander gepraat en hulle het nie geluister nie en hulle het nie geleer nie en tog word hulle genoem by MY Naam so baie sal moet leer op die harde manier. Hulle glo die waarhede wat julle glo en tog het hulle gebly. Maar EK stuur julle voort in hierdie Messiaans Joodse Laaste Kans Bediening om vir die mense te vertel van Amerika en Kanada wanneer EK vir hulle sê om te vlug, beter hulle vlug. Andersins moenie by MY kom huil nie. Onthou daar is altyd vrede in die oog van die orkaan. Kanada, EK het julle gewaarsku om nie in julle suster Amerika se voetspore te volg nie deur hierdie profeet jare gelede, maar het julle geluister? Nee, julle spottery het net harder geword. Wanneer hierdie lande ingehok word soos EK vir jou gewys het, [Elisheva], in hierdie visioen keer-op-keer. 'n Groot rooi weggooibare beker gemaak van swaar plastiek en 'n groot hand vat daardie beker, oor 'n klein bang muisie, 'n klein wit muisie, en maak dit toe met die druk van die hand, en die muis hardloop heen en weer onder die beker wetende dat daar geen ontsnapping is nie, dit is julle. Diegene wat sê hulle is Heilig, diegene wat uitroep in MY Naam, en tog aangedring het hulle bly. EK profeteer nou hierdie is julle. As julle nie vlug en doen wat EK vir julle sê om te doen nie wanneer EK vir julle sê om te vlug, moet julle gehoorsaam. Anders is dit julle, julle is die bang wit muisie en julle regerings is die hand wat julle sal verhoed om te vlug.

Wanneer EK vir julle sê om te verkoop wat julle het, ontsnap terwyl julle nog kan vlug. Bevraagteken menige van julle MY nog steeds. Hoekom dink julle het EK vir julle gesê om Pasga te doen? Selfs al het julle dit nog nooit gedoen voorheen nie, het EK julle gewaarsku om dit te doen sodat die engel van die dood oor julle sou verbygaan en nie julle families of huise sou aanraak nie en die vloeke nie oor julle kon kom nie. Hoeveel van julle het geluister toe EK voortgespreek het deur hierdie “Ringmaiden” en julle 'n mandaat gegee het om hierdie te doen. Na die Pasga kom‘n eksodus. [Elisheva] het geen idee gehad dat hulle uittog sou kom sonder enige voorafgaande waarskuwing nie. Hoewel EK julle gewaarsku het. Hulle gaan julle vooruit.

Amerikaners en Kanadese, hardloop, vlug terwyl julle kan, as julle weet dat julle weet EK het vir julle so gesê het. Gehoorsaam. Onthou, EK het vir julle gesê die lande wat derde wêrelds genoem word, alhoewel armer, sal die veiligste wees teen die korrupte, ryk regerings wat die een sal in-begelei wat antichris genoem word, en tog noem EK, YAHUVEH, hom die seun van satan, die seun van verderf, wat die Merk van die Dier bring. Moenie enige regering vertrou om julle te beskerm in die komende dae van duisternis nie, want EK stuur Amightywind om gebruik te word as 'n standaard teen die bose in hierdie wêreld en die boosheid wat kom na hierdie wêreld toe. Memoriseer die skrifte wat julle sal bemoedig terwyl julle dit nog vrylik kan lees. Die tyd kom wanneer die woord weggesteek sal moet word op 'n ander manier.

Maar vir die van julle wat moet agterbly in Amerika en Kanada, gee EK MY vrede wat alle verstand te bowe gaan en EK het MY Heiliges wat moet agterbly, dit is waar julle geloof sterk moet bly. Maar jy beter weet dat jy weet dat jy weet dat EK vir jou gesê het om te bly en nie te gaan nie. EK bedank julle dat julle MY toelaat om julle te gebruik as 'n geseënde geskenk vir hierdie Bediening. En soos hulle wandel in 'n groter salwing en geseënd en beskud is, so is julle ook gesalf, geseënd en beskud. Die skaakstukke is op die bord nou, alles is in plek. Aan MY vyande en die vyande van hierdie bediening, nou baie binnekort, gaan EK, YAHUVEH, sê, "SKAAKMAT!"

Kanada jou lot is dieselfde as Amerika. Wanneer EK kyk na Amerika en EK kyk na Kanada, is daar geen verskil nie. Julle is sonde, julle is stank, julle is ontlasting in MY oë. O, EK sal begin om te profeteer vir die ander [lande], maar nou is MY oog op die een wat soveel op ‘n dwaalspoor gelei het. Amerika, julle sal betaal. Nou kan hierdie profeet die woorde van vuur voortspreek wat EK opgestoor het. In die komende dae, terwyl julle die dag nader van Pinkster, almal wat aan MY behoort, almal wat MY Heilige Naam aanroep beter Psalm 91 begin aanhaal keer-op-keer, omdat hy MY Naam ken, sal hy MY aanroep in nood en EK sal hom antwoord en EK sal hom verlos, EK sal nie lieg nie.

Diegene wat MY Sabbat Dag eerbiedig, diegene wat MY Torah hul waarlik gehoorsaam, diegene wat YAHUSHUA aanbid, EK sal julle antwoord, EK sal julle verlos. Diegene wat hierdie Bediening liefgehad het, want net MY Woorde was voortgespreek, EK sal julle antwoord, EK sal julle verlos, as julle maar net sal gehoorsaam. As julle agterbly omdat julle sê, "O, maar my man is nie gered nie," as julle agterbly en sê, "O, maar my vrou is nie gered nie," as julle agterbly en sê, "O, maar my kinders is nie gered nie” is dit nodig dat EK julle herinner wat gebeur het met Lot se vrou? En so sal dit ook weer wees.

Julle kan nie eers begryp wat EK vir julle beplan het nie o, Amerika en Kanada. Diegene wat vlug uit Amerika dink hulle hardloop na 'n toevlugsoord genaamd Kanada, diegene in Kanada vlug na wat hulle dink is 'n toevlugsoord in Amerika maar hulle is dieselfde daar is geen verskil nie, hulle albei spot MY Heilige Naam. Die van julle wat dink julle ontvlug armoede om na 'n ryk land toe te kom; julle het geen idee wat hulle aan julle gaan doen nie. EK het meer kinders wat gesalf en Heilig is in die armer lande as wat EK het in al die ryk lande altesaam. Meer van die Bruid van YAHUSHUA is wat EK noem die Internasionale Bruid van YAHUSHUA so min word gevind in die ryker nasies. Afrika Bruid van YAHUSHUA, kom na vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”. Julle gebede is die Lig wat die boosheid terughou om Afrika heeltemal oor te neem.

O, EK weet die meerderheid van die Europese kerke is net louwarm. Julle is net waardig om gespoeg te word uit MY mond en tog fokus EK nog nie in op julle nie. In plaas daarvan beveel EK, YAHUVEH, die Europese Bruid van YAHUSHUA, kom na vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”; dit is julle gebede wat gehelp het om my wraak oor Europa terug te hou, tot dusver.

Soos julle die pryse van brandstof sien opgaan in Amerika, sal julle 'n vrees oor die mense sien kom wat hulle nog nie geken het nie. Want julle sien, die olie maatskappye sê dit is julle wat hulle besit. En hulle gaan julle verpletter. Hoe dink julle gaan julle finansies verpletter word? Terwyl julle die pryse in alles sien opgaan. Sal alleenlik dit wat julle vir YAHUSHUA gedoen het bly staan, dit is die enigste manier hoe EK, YAHUVEH, julle finansiële seëninge sal vermenigvuldig. Vir die van julle wat julle geloof stel in iets genaamd olie, swart vloeibare goud in plaas daarvan om julle geloof te stel in MY, YAHUVEH, in MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, julle sal vrees ken soos julle dit nog nooit geken het nie. EK praat met diegene wat hulself Christene noem. Julle moes gebid het en MY vir beskerming gevra het. In plaas daarvan stel julle jul geloof om julle te beskerm in iets genaamd Homeland Security in plaas daarvan om te glo in God YAHUVEH sal ek vertrou. Nou, o Amerika, nou, o Kanada, nou is julle net geskik vir MY om te verpletter.

O, maar diegene wie se name EK geskryf het in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie aarde. Diegene wat uitroep na MY, diegene wat uitroep in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA, hou net julle geloof en hou styf vas en moenie laat los nie. Hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en moenie laat los nie. Ongeag wat gebeur, moenie laat los nie. As EK vir julle gesê het om te bly dan sal EK julle beskerm waar julle woon. Maar as EK vir julle gesê het om te vlug, onthou julle het MY verontagsaam as julle nie gegaan het nie.

Nou [Elisheva], het julle 'n nuwe adres om op te sit. Nie langer hoef julle pos aangestuur te word uit Oregon nie. Nie langer het julle hierdie bykomende uitgawe nou nodig nie. Julle het MY toestemming om julle Alaska adres op te gee.

'n Nuwe salwing het voortgekom regoor Europa toe julle jul voete geplant het daarop. Nou sal die kragte van lig en duisternis veg op‘n groter manier. Want die Bruid in Europa gaan weet dat hulle nie meer alleen is nie. O, hulle het altyd vir MY gehad, maar hulle het gevra, "O waar, o waar is die ander?" Nou is die tyd wat EK begin om julle bymekaar te bring. Dit wat soveel jare gelede geprofeteer was en 'n splinternuwe, kragtiger salwing. MY Bruid sal uitgaan en veg teen die bose geeste regoor die wêreld.

[Elisheva], jy sal 'n manier kry om op daardie Internet te kom. Daar is een wat vir jou geskryf het en jy moet haar dadelik kontak, want dit is in MY Naam wat sy voortdurend bid. Daar is 'n Duitse Bruid wat jy na vore moet roep; hulle het jou eenmaal vantevore gekontak en nou moet jy hulle weer vind. YAHUSHUA het 'n Italiaanse Bruid en wanneer EK praat van Bruid, praat EK van meer as net een. Italiaanse Bruid van YAHUSHUA kom na vore. Stuur julle uitnodigings nou en stel julself voor aan die “Ringmaiden”. Is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Sal julle hul bedek met julle gebede en liefde?

Oor al die nasies van Europa nou roep EK, YAHUVEH, julle na vore! Kom en vergader met hierdie “Ringmaiden”, want daar is 'n nuwe salwing wat deelagtig sal word terwyl almal van julle jul lantern liggies bymekaarbring, sal dit meer van die duisternis blokkeer regoor Europa. Dink daaraan. Hoe meer lig, hoe minder duisternis. Europa julle is bedek met duisternis! Maar EK bring die lig om die duister te verdryf. Europese Bruid, is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Is julle bereid om julle salwing byeen te bring?

In die komende dae sal profesieë voortkom vir Europa en ander nasies. Amerika, julle het geweier om te luister. Kanada, julle het geweier om te luister. Toe [hulle] vertrek het, het hulle die stof van hulle voete afgeskud en EK het vir hulle hul instruksies gegee. Moet dit nie weer binnegaan nie, want dit sal wees so asof Lot Sodom en Gomora weer binnegegaan het toe EK vir hulle gesê het om te vlug. EK sal goedgunstiglik almal onthou wie 'n seën was vir hierdie Bediening, almal wat hierdie weg moontlik gemaak het om te vergader met die Internasionale Bruid. Hoe meer julle gedoen het, hoe meer beskerming sal EK vir julle gee, hoe meer genade want julle sal dieselfde seëninge deel as hierdie “Ringmaiden” wat hier voortspreek.

Diegene wat weier om hierdie Bediening te ondersteun, julle weet dit nie, maar julle steel net seëninge van julself, seëninge wat EK vir julle voorbehou het. Hierdie is die woorde, MY Kinders, wat julle moet opsit saam met die woorde wat EK vir julle in Seattle Lughawe gegee het voor julle vertrek het vir Europa.

O [Elisheva], jy het MY soveel behaag, want jy wandel in geloof en nie met aanskouing nie. Toe EK vir julle gesê het om te gaan, het jy MY nie bevraagteken nie, jy het net gehoorsaam. Toe EK julle na 'n vreemde land stuur, het jy gesê, "Maar ek praat nie hulle taal nie," en tog het jy net gehoorsaam. O, hoeveel behaag jy MY; dink jy regtig EK sal julle laat honger ly? Jy het gesê, "O, maar die pryse is so hoog hier." Het EK, YAHUVEH, bankrot geraak en niemand het MY vertel nie? Besef jy nie jy het die ganse Hemel se goud en silwer tot jou beskikking soos EK dit bewillig nie?

Wanneer EK vir julle sê om 'n Heilige Vergader plek te kry en verwag die ander om te kom, weet EK jy sal gehoorsaam. Dit is MY eer om jou op hierdie manier te seën. En Groot, Groot, Groot, sal die seëninge wees van [diegene] wat groot onkostes aangegaan het, julle deel dieselfde seëninge, want julle is een. Jy het hulle omhels en hulle gesoen en jy het geweet dat dit EK was in daardie soene en drukkies. Voor die hele wêreld nou bedank EK jou. EK seën jou omdat jy gehoorsaam was.

Adam, weer het EK jou uitgestuur, jy het gekom van Vancouver af om na Seattle toe te gegaan teen groot onkoste. Jy het gekom in MY salwing, jy het gekom in MY liefde. EK het geweet EK kon jou vertrou, want jy is die een wat EK gestuur het toe hulle Seattle verlaat het en Alaska toe gegaan het. So EK het geweet EK kon jou weer vertrou en, Adam M. jy het MY nooit in die steek gelaat nie en o, hoe seën EK jou. En daar is twee Kathy's. Julle ken julle vanne. Soveel soos julle 'n seën vir hierdie “Ringmaiden” is, is julle 'n seën vir MY, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA. MY dierbare geliefde dogter Kathy A, jy arbei om al die profesieë wat EK vir [Elisheva] gegee het in boeke vry te stel wat sal wees soos‘n versteekte waardevolle skathuis van geloof gedurende die tyd van die Groot Verdrukking. Kathy A, jy wat die ekstra myle geloop het en opgeoffer het op alle maniere, weer sê EK voor die wêreld, jy is so 'n seën. EK verklaar jou naam word grootliks vereer in die Hemel saam met jou gebede en tiendes en offergawes.

MY Heiliges wat finansieel opoffer sodat EK hierdie Bediening kan gebruik regoor hierdie wêreld julle name is geskryf in 'n boek van seëninge saam met Adam en Joseph W. in Hong Kong wie so getrou was vir so lank. EK roep julle name uit om julle te bemoedig. Groot, Groot, Groot, Groot, sal julle seëninge wees, want waar hulle voete ookal gaan, in die gees so sal julle. In die Hemel, wanneer belonings uitgedeel word vir die siele wat hierdie Bediening na YAHUSHUA toe gelei het, sal julle almal direk langs hul sy staan. Sonder julle om 'n seën vir hulle te wees , wie sou EK gebruik het om 'n antwoord op hul gebede te wees? EK gebruik mense om mekaar te seën hoe meer jy ander seën hoe meer sal EK, YAHUVEH, jou seën.

Daar is van julle wie se name EK nie voortgespreek het nie en julle het finansieel opgeoffer vir hierdie Bediening. Wees verseker dieselfde seëninge is gereserveer vir julle ook, geliefde kinders, want EK weet wie julle is. O, geliefde dogter Sharon M., oor hierdie vele jare was jy 'n seën keer-op-keer. Jy is soos die weduwee van Sarfat en jy deel die bietjie wat jy het om plek te maak vir meer seëninge. Jou geloof en gehoorsaamheid eer MY.

EK het die rykes na hierdie Bediening gestuur en julle ken MY stem en tog staan julle ver weg, stel nooit eens julself voor nie, en tog is dit die Salwing van die RUACH ha KODESH wat julle trek hierheen. Is julle gewillig om dit te deel waarmee EK julle geseën het om te help arbei in hierdie oesland met hierdie Bediening? Besef julle nog nie julle rykdom sal julle nie gesond maak of onderhou in die Groot Verdrukking nie? Besef julle nog nie dat die waarhede wat julle hier leer julle sal voed en onderhou nie? En wanneer julle geloof nodig het om aan te gaan of wonder wat volgende gaan gebeur, het EK dit reeds geprofeteer. Het EK julle nie keer-op-keer oortuig, om 'n seën vir hierdie Bediening te wees, sodat EK 'n groter seën vir julle kan wees nie?

Besef julle nog nie dat wanneer julle ander seën wat gebruik word as MY, YAHUVEH, se mondstuk. Seën julle MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en julle stoor seëninge en skatte in die Hemel? Sê MY Woord nie, "As julle net soveel as 'n beker water vir ‘n profeet gee, sal julle 'n profeet se beloning ontvang" nie? Hoekom sê EK dit alles vir julle te midde van 'n profesie? Omdat so baie van julle wil weet hoekom word julle gebede nie beantwoord nie? Hoekom groei die salwing nie sterker nie? Daar is 'n prys om te betaal vir MY seëninge en dit word GEHOORSAAMHEID genoem.

Dit is hartseer om te sê maar daar is MY Kinders wat hierdie lees en hoor en julle sê, "Ek herken die stem van YAHUVEH. Ek kom hierheen om te sien wat HY sê maar ek weier om hierdie Bediening te ondersteun of te bemoedig op enige manier." Hoeveel van julle het begin as 'n seën en toe verander in 'n vloek, ingeboet wat julle weet om waar te wees? Julle het uitgeroep na MY en gesê, "Waar is die antwoorde op my gebede, waar is my bevryding en my genesing? Waarom is my sielsgenoot uitgestel?” Hierdie is julle laaste kans om 'n seën te wees en te gehoorsaam!

Voed julle nie op hierdie gesalfde, geestelike, groen weivelde en groei in wysheid en openbaring nie? Net omdat ander die prys betaal om MY woorde vrylik te voer vir MY lammers en skape en aan almal wat omgee om te hoor regoor die wêreld. Dink julle daar is nie 'n prys wat hierdie profeet betaal wat EK gebruik om voort te spreek saam met almal wat aan haar sy staan en geestelik intree in oorlogvoering en gebede nie, en tog hou hulle aan om MY wil en weg te doen. Hoe min van julle wat hierdie lees en wat hulle liefde verklaar vir YAHUSHUA sal gewillig wees om die prys te betaal vir wat dit verg om hierdie woorde voort te spreek wat nie vir jeukende ore is nie, om‘n Bediening te ondersteun wat weier om te skik.

Oral waar hierdie gesalfdes hulle voete plant, sal óf MY seëninge of vloeke volg, in elke nasie, sal of redding of oordeel volg. So sal dit wees met almal van YAHUSHUA se Bruid. Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH begin om uit te roep en vra vir jou bruidskat, die een wat EK vir jou gereserveer en eenkant gesit het. Soos EK dit aangee vir die “Ringmaiden” so gee EK dit ook vir julle aan. Want die rykdom van die goddeloses is gestoor vir die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH en dit is julle. Want EK weet wie dit sal gebruik vir MY heerlikheid en MY heerlikheid alleen.

EK, YAHUVEH, het hierdie waarskuwing egter vir diegene wat gekom het as 'n vriend, wat finansiële gawes bring en toe het julle satan toegelaat om in te kom en hy het jou in 'n Judas verander. Dit sou beter-af gewees het as julle nooit die naam van hierdie “Ringmaiden” gehoor het nie, want EK sal julle laat ly vir elke droefdheid wat sy voel deur julle verraad en elke traan wat sy oor julle gestort het. Toe julle haar verraai het, het julle die een verraai wat julle gestuur het om 'n seën te wees en nie 'n vloek nie. Wanneer julle gebede nie meer beantwoord word nie en wonder of EK 'n dowe oor gedraai het vir julle hulpkrete, terwyl julle ergste vrese realiseer, alles as gevolg van satan, het julle 'n leuenaar geglo en geskik. Wanneer julle hier is tydens die Groot Verdrukking en ongenadiglik ly, sal julle nie hoef te wonder hoekom nie. Het EK nie gewaarsku nie, "Moet MY gesalfdes nie aanraak en ook nie MY Profete seermaak nie"? Wanneer sal julle leer om 'n vriend te verraai is die ergste leuen? As julle nie bekeer en goedmaak wat julle gedoen het nie, sal julle die lot van ‘n Judas ly en die geliefde waarvoor jy ons verraai het sal sterf.

[Elisheva], alles wat EK vir julle gegee het, het julle agtergelaat vir ander. Al wat julle gevat het was julle tasse en nie eers die voertuie wat EK vir julle gegee het nie. Terwyl julle die geskenk van 'n voertuig van jul drome agtergelaat het, o, maar EK sal julle seën. Nie een goeie ding sal EK van julle weerhou nie. EK sal spreek tot die Heilige mense se harte en julle wat lees en luister, dit is julle wat weet dat julle geroep is en gekies is om saam met hierdie Bediening te staan. Julle is die geskenk van behulpsaamheid gegee. EK het julle geseën in julle werk. Saam word julle geroep om te arbei in hierdie oesland om MY waarhede dwars oor die nasies reg oor hierdie wêreld te neem. EK spreek dieselfde seëninge vir julle. Geen goeie ding sal EK van julle weerhou nie en julle sal onsigbaar wees vir die vyande wat julle vernietiging soek.

So Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK praat met diegene in Europa nou. Is julle gewillig om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Bring julle helder verligte geestelike lanterns byeen en wees 'n seën vir mekaar en bring hulle soos die vyf wyse maagde gedoen het. Die ligte sal groei soos 'n vuurtoring baken lig en julle salwing sal groei en saam sal julle een word in MY. O, die tekens, wonders en wonderwerke wat julle sal sien in YAHUSHUA se Heilge Naam as julle maar net geloof sal hê en glo. EK, YAHUVEH, sal verheerlik word, vir die Heerlikheid van MY SEUN YAHUSHUA ha MAHIACH.

EK spreek hierdie woorde voort nou. Moenie vrees nie, o, Bruid in Israel en dink EK gee nie om nie want EK sal hulle ook na julle toe stuur. Hierdie is net 'n skry tree om hulle daar te kry. Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH in Israel, kom na vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”, want dit is deel van hierdie Bediening se werk om seëninge en beskerming te bid oor die Bruid van Israel. Julle is een met haar soos sy - een met julle. Is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Nou is die tyd om haar te begin uitnooi en om te begin bid en tussenbeide te tree vir hierdie Bediening om te kom en die Heiliges in Israel te seën, om te bid dat die vyande sal weghardloop in sewe verskillende rigtings. Oordeel sal op die goddeloses val en hulle sal val binne-in die parskuip van MY, YAHUVEH se woede. Bid, o Bruid van Israel en Bruid van die Midde Ooste, wat behoort aan YAHUSHUA vir die salwing op hierdie Bediening om te vermeerder sodat julle salwing ook sal vermeerder.

EK, YAHUVEH, praat met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA. EK gee vir julle hierdie mandaat. Help hierdie “Ringmaiden” om hierdie wêreld te bereik vir YAHUSHUA se Heerlikheid. Bied vrywillig aan en vertaal hierdie profesieë in julle verskeie tale. Daar is 'n Hebreeuse lid van die Bruid van YAHUSHUA wat hierdie nou lees en weet hulle behoort al die profesieë in Hebreeus te vertaal. ‘n Ander weet hulle behoort hierdie profesieë in Afrika tale en Arabies te vertaal. Hoekom het julle nie na vore gekom en julself voorgestel aan hierdie Bediening nie? Hoekom gehoorsaam die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie en gebruik nie die seëninge, gawes en talente wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het nie? Hoekom begrawe julle hulle waar hul van geen nut is vir enige iemand nie?

Aan die ander wat begin werk het aan die vertalings van die profesieë in julle tale, EK het hierdie vraag vir julle. Hoekom maak julle nie klaar waarmee julle begin het nie, die werk op die muur, gee julle so min om vir jul eie land? Almal van julle wat dit gedoen het, EK gaan julle hierdie vraag eendag voor MY Troon vra. Wees gereed om 'n antwoord te hê, want julle was geroep en aangestel vir hierdie taak, en het nog nie die taak voltooi nie. Hierdie vertraag YAHUSHUA se koms vir SY Bruid, want hierdie profesieë en boodskappe moet in baie tale wees voor HY terugkom. Bruid van YAHUSHUA in alle Internasionale Nasies, EK het laat (hierdies) vir altyd hulle tuisland verlaat, al hulle wêreldse besittings agter laat, om te kom en 'n seën te wees en te deel wat hulle het met julle. Is hierdie regtig te veel om te vra van julle? Is julle bereid om te deel wat julle het met hierdie Apostoliese Messiaans Joodse Pinkster Bediening? Versamel Heilige bemiddelaars om vir hulle te bid op‘n voordurende grondslag, want die geveg is verwoed maar die Oorwinning is reeds gedoen vir YAHUSHUA se Lof, Eer en Heerlikheid!

* * * * * * *

So was dit gespreek, so was dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH

Apostel Elisheva Eliyahu vir die Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA!

* * * * * * *

Woord Gegee By Seattle Lughawe, 3 Mei 2006

Hierdie woord het na Elisheva Eliyahu gekom in Seattle, by die lughawe, voor hulle vlug na Europa.

EK het keer-op-keer gewaarsku, en hulle wou nie luister nie. [Elisheva], jy het swart aan, want EK rou. Dit is nie MY wil dat EK moet doen wat EK moet doen nie, maar EK geforseer word om dit te doen nie. Want daar is ‘n prys om te betaal vir ongehoorsaamheid. O, dat hulle maar net geluister het, want waarlik het die dag van verwoesting reeds begin.

Daar sal krag en salwing wees en dit waarvoor julle geliefde Adam en Luigi geroep was om te doen. Dit is nie‘n toeval dat hierdie bediening in Europa sal wees en julle dit doen nie. Bid vir die beskerming, bid dat hulle versteek is. Bid dat die sondaars se rykdom, groei losgelaat word deur die Bruid se hande, want nou is die tyd, nou is die vasgestelde tyd.

Adam, wanneer die tyd kom dat EK vir jou sê om te gaan; EK nou vir jou sê: Pak daardie vlugsak! Vra MY wat jy daarin moet sit, moenie langer uitstel nie. Sien jy hoe vining gaan haal EK vir [Elisheva], want Kanada wou nie luister nie. EK het waarskuwing na waarskuwing gestuur. Hulle het geweier om te luister! So, hulle is nie beter-af as Amerika nie. Want diegene, wat Kanada beskou as veilig, hulle is sekerlik mislei.

Nou, het EK jou uitgestuur [Elisheva] om MY Oordeel te vel op Europa, op die louwarmes. Sê vir hulle EK sal hulle uit MY Mond uitspoeg. Hulle is diegene wat sê hulle is van MY en tog ken hulle MY nie. Jy sal meer weet wanneer jy dit kry.‘n Nuwe salwing sal oor jou kom. Dit is al vir nou.

Maar Adam, weet dit, nie een haar op jou kosbare hoof sal aangeraak word nie, want jy behoort werklik aan MY en EK is jaloers oor jou. Enige iemand wat jou seermaak, dit is asof hulle MY seergemaak het, en desondanks, moet MY nie toets nie. Wanneer EK sê, pak daardie vlugsak, pak jy dit, want waarlik het die geboortepyne van die Dag van Verwoesting reeds begin. Niks sal die Groot Verdrukking stop nie, die geboorte van MY Wraak!

Maar, diegene wat aan MY behoort, diegene wat MY soek hoef nie bekommerd te wees nie!